Page 1

courant swartland en weskus

die

Uitgawe 262

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

Damme nou 74% vol

tel: 022 487 3221

12 Maart 2014

Spairs kry sportdrag

Kavaliers pak Vrystaat

• posbus-Vliegtuig ‘n bekende baken

Kreatief ná aftrede

Om mooi dinge te maak, is sy lewe. Maar soos dit dikwels gaan, het ook Pietie Botma van Malmesbury eers sy kreatiwiteit begin uitleef nadat hy afgetree het. Hy teken, skilder, maak beelde en skep nou, na sy aftrede, voluit. “Hierdie skilderye van my wissel vanaf Angus Buchan, Desmond Tutu, Nelson Mandela en ander bekendes, tot die hondjies wat ons al vroeër

gehad het. Die vreugde wat ek hieruit put, is baie groot.” Pietie se vliegtuig-posbus is sekerlik vir bui­ testaanders sy bekendste werk. Dié vliegtuig wat perfek volgens skaal uit hout gebou is, moes hy reeds agt maal restoureer. “Toe ons in 1971 Malmesbury toe getrek het, het my vrou Annie gesê sy wil nie ‘n gewone posbus hê nie, toe maak ek vir ons die eerste posbus Pietie Botma van Malmesbury was nog altyd kunstig, maar eers ná aftrede kon hy sy kreatiwiteit begin uitleef.

van ‘n vliegtuig van ‘n prentjie af. “Maar die reën, hitte en nattigheid maak dat die nate uitmekaar trek, daarom het ek later ‘n posbusvliegtuig van glasvesel gemaak.” Dié glasveselvliegtuig is toe met groot sorg geverf, sodat dit die SAL-logo en verf kon dra, maar dié staan deesdae in die garage. Die huidige vliegtuig voor hul deur is “só swaar dat twee mense dit moes dra,” vertel Pietie. Volgens hom kon die buurt se kinders hulle altyd verkyk aan die manier waarop dié vreemde

“Deesdae wonder ek gereeld wáár het al daardie energie vandaan gekom?” posbus oopmaak: “Mens skuif ‘n pennetjie, dan maak ‘n deel van die sykant van die posbus oop en daar val die pos dan uit. Die posbus in die garage het weer aan die agterkant oopgemaak, tot groot vreugde van die jongelinge van die buurt!” “As ‘n mens jonger is, kom die dryfkrag en ener­gie mos vanself. Deesdae wonder ek gereeld wáár het al daardie energie vandaan gekom?” Pietie was op 26 Januarie reeds 51 jaar getroud met sy vrou, Annie. Vanweë sy destydse werk as finansiële direkteur vir die destydse Weskusdistriksraad, moes hy baie reis. “Ek was gereeld saam met hom op die pad,” vertel Annie oor daardie bedrywige dae. Ná sy aftrede was Pie­tie ook ‘n lid van die Rotariërs, maar deesdae woel en werk dié twee in en om die huis. die courant het ook onlangs berig oor die liefdevolle huis wat hulle tans bied vir Gracé, ‘n jong Alsation-kruising, wat as baba ‘n gewisse dood vrygespring het nadat hulle hom aangeneem het. “Ons het nou mooi foto’s van Gracé geneem en my volgende skilderye sal van haar wees,” verklaar Pietie.


nuus • news

2

12 Maart 2014

Veiligheid op weskuspad bekyk

Nuwe padstal langs R27 kry groen lig Jan Tceka (Oom Jan; Kuru-kunstenaar), Xgaiga Qhomatcã (vertalings by Kuru) en Maude Brown, een van die stigters van die Kuru-kunsprojek.

Colours of Change: Uitstalling by !Kwattu !Kwattu is die opvoedkundige kultuursentrum waar die tradisie en kultuur van die Sanmense gevier en bewaar word. Geleë teen die Weskuspad naby Yzerfontein, is dit sy hoofdoel om die kultuur en geskiedenis van die San te bewaar en te laat herleef. Kunstenaar Nicolaas Maritz het Vrydag die kunsuitstalling by !Kwattu geopen om kuns­ werke wat in Botswana deur the Kuru Kunsprojek geskep is, hier bekend te stel. Omdat kuns reeds sedert die Rotsverf-dae vir die San belangrik is, moedig argeoloë en ken-

ners dié mense aan om deur kuns hul nalatenskap te herontdek en te koester. Dié uitstalling bewys waarom San-kuns reeds wyd bekendheid verwerf het, soos op boek­ omslae, in kunsuitstallings wêreldwyd en selfs op die stertkant van British Airways-vliegtuie. Die Switerse filantropiese groep UBUNTU Foundationondersteun die !Kwattu-projek. Dié uitstalling op die sogenaamde Weskuspad op die R27, is te sien tot einde Mei. Sien http://www.khwattu.org vir meer inligting.

‘n Voorgestelde toerisme-ontwikkeling langs die kruising van die Weskuspad en die pad tussen Darling en Yzerfontein, is Woensdag goedgekeur tydens die portefeuljekomiteevergadering van die Swartland Munisipaliteit (SM). Die terrein van die goedgekeurde nuwe kompleks grens aan die bestaande Weskus Padstal met sy ingang van die R315. Volgens die aansoek, is die voorneme om ‘n bestaande skuur (ongeveer 200 meter vanaf die Weskuspad (R27) geleë) en 500 meter suidwes van die kruising, te omskep in ‘n toerisme-plek met ‘n plaasstal, restaurant, ruskamers en ‘n speelterrein vir kinders. Die eienaars van dié deel van die plaas Slangkop, is Weskus Killarney CC verteenwoordig deur Dirk en Karen Linde. Die Swartland Ruimtelike Oriëntering vir die omgewing is, luidens ide aansoek, ook ingestel op toerisme, soos by !Kwa ttu, Jakkalsfontein en Buffelsfontein, die aangrensende Weskus Nasionale Park, die Vygevallei Plaasstal asook die aangrensende Weskus Padstal. Terwyl dié grond luidens die verslag swak landboupotensiaal bied, daar te min water is en die terrein oortrek is met indringerbome, sal die toerisme-punt nie net werksgeleenthede skep nie, maar ook die gasvryheidsbedryf in die omgewing sal uitbrei, aldus die verslag. In die aansoek word ook gemeld dat die skuur reeds die teiken is vir gereelde inbrake en

vandalisme en dat die ontwikkeling nie net verhoogde beweging en veiligheid in die omgewing bied nie, maar ook ekstra werksmoontlikhede. Die ontwikkelaars het onderneem om die indringerbome op die terrein uit te roei asook proteas aan te plant op die aangrensende dele grond. Die voorkoms en Rustic afronding van die gebou sal aansluit by dié van die omgewing. Belanghebbendes het in die proses hul kommer uitgespreek oor die veiligheid van motoriste wat 500 meter voor die kruising wil afdraai na die padstal, aangesien daar reeds in die verlede verskeie ernstige ongelukke op en rondom die kruispad plaasgevind het. ’n Verslag van die Weskus Biosfeerreservaat het aangedui dat dié ontwikkeling groen beginsels tydens bouwerk moet gebruik, sodat daar so min as moontlik kunsmatige verhitting en verkoeling nodig sal wees, dat die projek in die konstruksiefase so veel as moontlik van plaaslike arbeid gebruik moet maak en dat die landskappering uitsluitlik van endemiese plantegroei gebruik moet maak. Volgens dié verslag bevat die terrein plante wat op die Rooi Data-lys van bedreigde plant­ spesies voorkom, dus moet die terrein eers deur wetenskaplikes bestudeer word ter wille van diebewaring en hervestiging van dié plante voordat die konstruksiefase kan begin. Ook die noukeurige toesig oor die bouwerk by die ekologies sensitiewe grond ter sprake, is aanbeveel.

Die aansoek om ‘n padstal op die Weskuspad naby die kruising tussen Yzerfontein en Darling in te rig, is deur die Swartland Munisipale raad goedgekeur.

Damme meer as 74% vol Dis hoogsomer in die Swartland en die Wes-Kaap se damme is gemiddeld 74,8% vol, danksy konstante goeie reëns verlede winter, asook in die lente en selfs onlangse somer, wat weliswaar die parstyd met twee weke vertraag het. ‘n Jaar gelede was die Wes-Kaap se damme gemiddeld 63,6% vol, wat beteken die damme is tans meer as 11 persentasiepunte voller as ‘n jaar gelede.

‘n Week gelede was die Wes-Kaapse damme 76,7% vol. In die Swartland is die Voëlvleidam tans 71,8% vol. Dit is meer as 9 persentasiepunte voller as ‘n jaar gelede se 62,2%, Die Misverstanddam in die Bergri­ vier is oudergewoonte byna 100% vol. Dié dam is tans 98,4% vol. Dit is byna 3 persentasiepunte minder as op die ooreenstemmende tyd verlede jaar toe die

dam se waterinhoud op 101,5% gemeet is. Die Misverstanddam het ‘n week gelede op 90,7% gestaan. Die Wemmershoekdam in die Wemmersrivier hou volgens die jongste meting van die Departement Waterwese 75,3% water. Dis ‘n skrale 0.9 persentasiepunte minder as ‘n jaar gelede. Die Wemmershoekdam se waterinhoud is ‘n week gelede op 77,1% gemeet.


3

nuus • news 12 Maart 2014

Minister loof Never Despair

Prestasies ‘teken van gesonde klub’

Lionel Richie: Schoon-

spruit Sekondêr op Malmesbury het die naweek hul naam as kunsen kultuurskool gestand gedoen en ‘n huldeblyk-konsert aan Lionel Richie gelewer. Hier blink Kevin Isaacs, Roche Europa, Ranleigh Smith en Dustin Julies uit tydens een van hul items. Foto: David Howburg

Oplossing vir skoolbus wat nou verby ry is ‘naby’ ‘n Groep laerskoolleerlinge wat al ‘n maand gestrand sit op hul plaas weens ‘n probleem met hul busvervoer, kan binnekort terug wees op skool danksy ‘n naderende oplos­sing. Die nege leerders van die skool Anne Pienaar Gedenk, nagenoeg 25 km buite Malmesbury op die Paarlpad, is kinders van werkers op die plaas De Grendel van Truter de Kock. “Hulle ry al jare met die Henry Magermanskoolbus, wat deur die provinsiale onderwysdepartement gekontrakteer is.” ‘n Maand gelede het hy net “uit die bloute” ‘n brief van die prinsipaal, Jan Sass, ontvang dat die kinders in plaas van die gewone 200 meter tot by die bushalte, voortaan daagliks ‘n bykomende 2 km tot by die volgende optelpunt by die Tweekuil Plase-ingang sou moes stap, het De Kock, aan die courant verduidelik. Die rede hiervoor, het navrae laat blyk, was dat die optelpunt by De Grendel nog nooit geregistreer was nie, wat beteken in geval van ‘n ongeluk sou geen versekeraar uitbetaal nie. Gevolglik het Magerman besluit om nie meer met dié vergunning voort te gaan nie. Die huidige roete tot by Anne Pie­ naar Gedenk, ‘n skool met nagenoeg 250 kinders, strek oor ‘n afstand van 39,2 km vanaf Blomfontein, Grasrug, Dassenheuwel, Kersfontein, Tweekuil Plase, Klipfontein en Rhenosterbosrug. Altesame 48 kinders word daagliks op die roete skool toe vervoer. Die lang ent wat die kinders voortaan langs die besige hoofpad tussen die Paarl en Malmesbury sou moes stap, was ook nie aanvaarbaar nie. ‘’Ek weier dat die kinders langs daardie pad stap,’’ het De Kock gesê. Sass het gewaarsku dat daar die risiko van ontvoering en aanranding bestaan as die kinders daagliks langs die besige hoofpad moet stap. Hy is egter ewe bekommerd oor die kinders wat nou reeds ‘n maand se skoolopleiding misgeloop het en binnekort met toetse moet begin en take inhandig. ‘n Aansoek om die oplaaipunt by die plaas

De Grendel te registreer, is reeds geruime tyd gelede by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement ingehandig. Die WKOD se direkteur van kommunikasie, Paddy Attwell, het by navraag bevestig dat so ‘n aansoek vir ‘n bykomende oplaaipunt ontvang is. “Dit sal beteken die roete word met 8 km verleng,” volgens hom. Hy sê die buskontrakteur het tot nou hierdie bykomende afstand gratis tot die roete toegevoeg. Attwell meen die aansoek om die De Grendel-oplaaipunt te registreer, behoort te slaag en binnekort afgehandel te word. “Die departement verwerk tans die aansoek. Ons verwag om die proses binnekort af te handel,’’ het hy by navraag aan die courant ge-e-pos.

Agter: Kevin Malgas (DCAS) Liewellyn Adonis (Never Despair), Dual Erasmus (Never Despair), Remo Arendse (Never Despair) en Joggie Scholtz (Munisipale Bestuurder). Voor is Leigh Borman (Never Despiar), Tijmen van Essen (Burgemeester), Ivan Meyer (Minister), Pietie Pieters (Voorsitter Never Despair) en Johann Maarman (Sekretaris Never Despair). “Hierdie gebaar van ondersteuning maak ons trots. Dit maak dat ons kan fokus op sportontwikkeling as ons weet ons hoef nie nou fondse te soek vir ons klere nie,” het Coach Boetie Kaza van die Never Despair-rugbyklub op Malmesbury, verlede week gesê nadat Never Despair nuwe sportdrag in ontvangs geneem het. “Ons klub se leuse is A player in sport, is a player out of court, daarom is dié klub en sy pres­­­­­­­­­asies vir ons belangrik,” het Kaza bygevoeg. Dr. Ivan Meyer, die provinsiale minister van sport en kultuur, het die sweetpakke aan die bestuur en spelers van Never Despair oorhandig. “In die Wes-Kaap praat ons nie baie nie - ons doen baie!” het Meyer tydens die oorhandiging

gesê. Meyer het verwys na die geskiedenis van die klub, wat reeds in 1892 gestig is. “Jul prestasies is ‘n bewys dat die klub gesond is en ons in die Wes-Kaap het ‘n houding om eerder er­ kenning te gee en die geld te belê by mense wat presteer, eerder as om dit toe te wys aan plekke waar daar vermorsing is!” Meyer het aangehaal uit die geskiedenis van die klub se groot mylpale en verwys na krisistye en die moeilike jare waardeur die klub wel kon oorleef. “Ons departement het waardering vir die feit dat julle presteer, al moes julle al moeilike tye trotseer. Dit maak dat ek ook opgewonde raak oor jul Derby wat voorlê!” * Never Despair het die laaste jaar vriend en vyand verras deur sy vordering en ontwikkeling.


courant

die

4

Skeer met kleur

Vra die graad 4-kind Maandag vir die Tannie by die Kansa-kantoor: “Tannie, gaan alle mense wat Kanker kry, dood?” Gelukkig kan die Tannie ‘n eerlike “Nee” antwoord. “Hoe vroeër Kanker gediagnoseer word, hoe groter is die kans dat dit suksesvol bestry kan word.” Daar is bitter min (indien enige) mense in ons streek wat nie op een of ander tyd met dié groot K gekonfronteer word nie. Maar gelukkig is daar hoop. Kansa is betrokke by wêreldwye navorsing om antwoorde teen Kanker te kry. Kansa lei ook mense op om diegene wat Kanker het, by te staan en het ook projekte om die gemeenskap op te voed vir ‘n lewenstyl wat die kans op Kanker verklein. Kansa ondersteun ook Kankerpasiënte waar nodig. Omdat daar hiervoor fondse nodig is en omdat Maart Kansa se nasionale Shavathon-maand is, het die courant sy gewig gegooi agter ‘n Shavathon wat op 26 Maart by die de Bron-sentrum op Malmesbury saam met Kansa en Pick n Pay-aangebied word. Daar sal geleentheid wees om jou hare te kom kleur-spuit in die veldtog teen Kanker en daar sal ook haarkappers wees wat jou kop kan skeer as deel van hierdie Shavathon. Ondersteun hierdie projek en help sterk só die hande van Kansa in die stryd teen Kanker. Vir navrae, skakel die Kansa-kantoor by 022 482 1111.

menings•nuus

12 Maart 2014

Klein Rob Louw by Kavaliers

Geskiedkundige rugbysessie: In wat as ‘n ge-

skiedkundige oefensessie en kliniek vir gevangenes van die Malmesbury Medium A Gevangenis beskryf is, het die rugbyspelers van die Boland Kavaliers gister spelers hier afgerig en sommer ook in die gevangenis se gimnasium geslyp vir die komende naweek se kragmeting teen die Vrystaat op die Wesbank-sportterrein. Boland spanbestuurder, AK Warnick van Darling, het vir die gevangenes gesê om die geleentheid aan te gryp omdat hulle ‘n “tweede kans kry deur sport”. FOTO LINKS: Robbie Louw, seun van die oud-Springbok Rob Louw, het ook sy rugbykennis met die gevangenes op Malmesbury kom deel. Hy het vandeesweek op ‘n proefbasis by die Boland Kavaliers ingeval as senter en losskakel. Hy is ‘n oud-leerder van Paul Roos Gimnasium en was voorheen verbonde aan die WP Rugbyinstituut.

Swartlandertjies kry ook gratis inenting teen papiloomvirus

Dis goeie nuus

dr. Andrew Bosman

Die dissipels verstaan nie In die Nuwe Testament, in die evangelie volgens Markus bring die mense kindertjies na Jesus, dat hy hulle kon aanraak. Die reaksie van die dissipels was dat dit ‘n fout is, en dat hulle weggewys behoort te word. Jesus neem egter die dissipels baie kwalik dat hulle die kindertjies wegstuur. Hy het vir hulle gesê dat die kindertjies na Hom moet kom en dat hulle nie die kinders moet verhinder nie. Die koninkryk van God behoort aan sulkes. Jesus het verder vir hulle gesê dat elkeen wat nie die koninkryk soos ‘n kindjie ontvang nie, nie daar sal ingaan nie. Jesus het sy arms om die kindertjies gesit en hulle die hande opgelê, en hulle geseën. As die kinders van hierdie geslag nie die evangelie of goeie nuus van Jesus se reddende verlossing hoor nie, hoe gaan die volgende geslag dit hoor? Verhinder ons ook ons kinders, of hoor hulle die boodskap met ons voorbeeld?

Verpleeglui in die Wes-Kaap besoek hierdie maand elke laerskool met die doel om ‘n nuwe inenting aan jong dogters toe te dien. Ook Swartlandse verpleegsters het reeds begin met skoolbesoeke om die nuwe entstof, die HPV-inen­ tings, gratis toe te dien aan dogters wat 9 jaar oud en in graad vier is. “Byna 70% van servikale kankers word veroorsaak deur die menslike papiloomvirus (MPV), maar die entstof voorkom MPV-infeksie in meisies,” dui ‘n verslag van die Wes-Kaapse departement van gesondheid aan. Volgens navorsing is dié entstof (Ceravix®) die effektiefste wanneer dit op negejarige ouderdom toegedien word en dit is effektief vir minstens tien jaar. Die regering beoog voorlopig om dié inentings vir die volgende drie jaar gratis te verskaf. “Suid-Afrika is in die gelukkig posisie dat ons regering ‘n baie goeie entstof vir hierdie doel bekom het,” sê dr. Carl Albrecht, beskermheer van die nasionale kankervereniging (Kansa). “Ons het nou die geleentheid om hierdie siekte te keer; al wat die ouers moet doen, is om die toestemmingsbrief te teken en te sorg dat jou kind in die skool is op die betrokke dae dat die inenting toegedien word.’’ Twee inentings word ses maande

uit mekaar toegedien; indien ‘n kind nie die eerste inenting gekry het nie, sal sy ook nie die tweede een kan ontvang nie. Die opvolg-inentings word teen September tot Oktober toegedien. Hierdie reëling geld by alle openbare- en spesiale onderwysskole in die provinsie, maar is ook privaat by geneeshere en apteke beskikbaar. * Vrae wat ouers nou vra, is of ‘n dogter wat die inenting ontvang het, steeds servikale sifting (papsmeer) nodig sal hê wanneer sy ouer is. Ja: Onthou, die entstof beskerm net teen die twee algemeenste tipes MPV, tipe 16 en 18, wat verantwoordelik is vir 70% van servikskanker. Daar is ander minder algemene tipes MPV wat servikskanker kan veroorsaak. * Onthou dat die entstof nie teen ander seksueel oordraagbare siektes beskerm nie. Dit is dus steeds belangrik om kondome te gebruik en veilige seks te beoefen. * Hoe word die entstof gegee of toegedien? Die entstof word in die boarm ingespuit. * Wat is in die entstof? Sal dit my kind siek maak? Die entstof is op groot skaal getoets en in baie ander lande, onder andere Australië, die Verenigde Koninkryk, Amerika en Indië, gebruik. Daar was geen ernstige nega-

tiewe (onverwagse) voorvalle wat aan die inenting toegeskryf is nie. Soos met alle inentings kan die inentingsplekkie van sommige kinders gekneus of rooierig wees. In baie min gevalle het meisies braking en naarheid aangemeld, maar dit blyk hulle was net senuweeagtig oor die gedagte aan ’n inspuiting eerder as wat dit ’n reaksie op die entstof was! * Daar is niks in die entstof wat kanker of ander siektes kan veroorsaak nie. * Inenting bly een van die mees effektiewe maniere om siektes in ons kinders te voorkom. Die WesKaapse Gesondheidsowerheid bied alreeds baie inentings aan wat kinders gesond hou. Beskerming teen MPV is dieselfde soos hierdie inentings; u beskerm u dogter se toekomstige gesondheid. * Wat is MPV? MPV staan vir menslike papiloom-virus. Die virus kom baie algemeen voor en daar word beraam dat sowat 80% van vroue in hul leeftyd met die virus besmet sal word. * Agt vroue sterf elke dag in SuidAfrika aan servikskanker (kanker van die baarmoeder). MPV veroorsaak servikskanker. Die MPV-entstof sal keer dat servikskanker in die serviks of baarmoeder vorm. * Die entstof is die doeltreffendste op hierdie ouderdom.


5

nuus • news 12 Maart 2014

Easter specials Cheapest on shelf

Uithourit: Julia de Kock op Golden Cross Zashah en Jean-Pierre Peens op Lormar Savannah tydens die Darling uithourit, waar 135 perde Saterdag weggetrek het. Dit was ‘n 2-sterbyeenkoms, waar ruiters oor afstande van 40km, 60km, 80km, 100km en 120 km kon ry.

Brokkies uit die SM-Raadsaal Die Collabarator-stelsel gaan binnekort die Legal Suite-stelsel by die Swartland Munisipa­ liteit (SM) vervang en hiermee nie net finansiële voordele vir die publiek meebring nie, maar ook daarvoor sorg dat agterstallige diensterekeninge stelselmatig uitgewis word. Die agterstallige skulde wat nog deur Swartlandse verbruikers aan die SM verskuldig is, het 31 Januarie op R28 280 522,30 gestaan. Dit is egter nie ‘n statiese bedrag nie, omdat daar nog afbeta­lings volg ná die datum, het Kenny Cooper, die direkteur: finansies, verlede week tydens ‘n portefeuljekomiteevergadering op Malmesbury gesê. Dit sluit die bedrag van R1 085 772,05 wat nog geïn sal word, in. Die bedrae sluit die betalings en nie-betalings in alle woongebiede en plase in die Swartland in. Op ‘n vraag van raadslid Felicia Haumphreys (Darling) oor watter maatreëls getref word om dié skulde in te vorder, het Cooper aangedui dat nie-betalers eerstens gebel om ‘n afbetalings­ reëling te tref. Daarna, as die verbruiker steeds die reëling verontagsaam, word hy gedagvaar. Cooper het bygevoeg dat ‘n nuwe watervoorsieningstelsel binnekort in die Swartland ingefaseer gaan word, waardeur waterregulering aan nie-betalers moontlik gemaak sal word. Dit behels dat nie-betalers daagliks ‘n beperkte voorraad water sal ontvang. “Een van die grootste veranderinge wat die Collabarator-stelsel sal meebring, is die omskakeling van die regsproses. Dit beteken dat die oudste skuld eerste afbetaal word wanneer

betalings gemaak word en dat alle skulde saamgevoeg gaan word - let wel, nie gekonsolideer word nie! Dit sal meebring dat dié elektroniese kommunikasiestelsel gekoppel gaan wees aan ‘n dagboekstelsel: Die Collaborator-stelsel gaan dadelik en outomaties ‘n dagvaarding uitstuur sodra die stelsel ‘n wanbetaling registreer. Dié stelsel gaan einde Junie vanjaar in wer­ king tree en die eienaars ontvang die rekeninge. “Binnekort sal die SM geen onderhandelinge meer voer met die huurder van ‘n eiendom oor rekeninge nie. Dit sal baie kostes vir die SM spaar en minder personeel verg om die rekeninge te hanteer. Ons toegewing is wel om aan verhuurders wat reeds vroeër ‘n kontrak met die huurder gesluit het, te respekteer. Daarom sal ons vanaf 1 Julie 2015 geen verdere onderhandelinge met huurders aangaan nie. • ‘n Tweede veeldoelige Thusongsentrum word vir Wesbank, Malmesbury, beoog. Die voltooiing van die projek af van sekere staatsdepartemente en of die voorgestelde VPUU-projek in Malmesbury goedgekeur sal word. Op vrae in die Raad oor die wetlike korrektheid daarvan of ‘n tweede Thusong-sentrum só naby aan die eer­ ste een in Illengu Lethu kan wees, het die UBKlede aangedui dat ‘dit vir ons belangrik is om die behoeftes van die mense te dien, daarom sal ons dit ondersteun’. Die VPUU behels die instel van ‘n veilige roe­te rondom Wesbank en Illengu Lethu, met die doel om onveilige, maar gewilde roetes in dié areas te beveilig met lokale vir ont­ spannings- en ontwikkelingsmoontlikhede.

Die huise wat teen die N7 buite Abbotsdale gebou word, is feitlik 30% voltooi, terwyl die munisipale dienste, soos die water-aanleg na die ontwikkeling, 100% voltooi is. Só sê Johannes Steenkamp, direkteur van ontwikkelingdienste by die Swartland Munisipaliteit. Gevra oor die alternatiewe boumetode wat vir dié huise gebruik word, verduidelik Steenkamp dat dit die Die huis se raamwerk en vloer word eerstens met beton gegiet. manier is waarop al die ASLA-huise oor die laaste jare gebou word so stewig en veilig soos ‘n konvensionele huis.” Die huise sal teen einde April oorhandig kan nadat Asla-ingenieurs dié konsep ontwikkel en gepatenteer het. “Dis 100% veilig mét ‘n plafon, word. Elke inwoner teken ‘n ‘happy letter’ wanhoewel baie goedkoper en vinniger om te bou. neer hulle die huise ontvang, waarin hulle er­ Die ander voordeel is dat dit met hierdie metode ken dat die huis sonder foute is en waarin hulle makliker is om ongeskoolde arbeiders in diens onderneem om die huis verder in stand te hou. te neem, want dit is die ideaal dat bouwerk by “Ons beplan om ook groen beginsels hier toe te elke projek die plaaslike mense bevoordeel. As pas, soos die gebruik van gryswater. Verder wil die bouproses lekker vloei, kan die bouer drie tot ons graag vir elke nuwe huis ‘n boom skenk, om vyf huise per dag bou. Die uiteindelike huis is net eie tuine aan te moedig,” aldus Steenkamp.

Nuwe huise vir Abbotsdale

49 18

R

31

95 PnP NO NAME™ Fresh Chicken Braaipack 5s or 6s Per kg

Bulk Lean Beef Mince Per kg

Garnish and decor not included

90

PnP NO NAME™ Large Eggs 18s

18

R

Cheapest on shelf

BUY ANY 2 FOR

33

R

Helios Medium Fat Spread 1kg Tub

7 R 29 95

Clover Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

Blue Ribbon Toaster White Sliced Bread 700g

PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre

19

99 PnP White Sugar 2.5kg

17 14 50

Spekko Parboiled Rice 2kg

Coca-Cola Regular 2.5 Litre

Omo Auto Washing Powder 2kg Flexi Bag, Concentrated Liquid 750ml or Liquid Detergent 1.5 Litre Each

90

28

90

45

R

PRICES VALID 13 - 16 MARCH 2014 AT PICK N PAY LANGEBAAN, MALMESBURY VREDENBURG AND WELLINGTON ONLY

www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop

Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 10s

Best Customer Loyalty Programme 2013*

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1185102_39x4


6

Die rekenaars was oud en die stelsel onstabiel. Die woordverwerkingsprogram was XYwrite (dié is nie meer versoenbaar met vandag se Windows nie). Die kantoor was deurmekaar, minder skoon en halfmuf in die kelderverdieping aan die AGTERkant van die AI Perold-gebou. Leë koffiekoppies as stille getuiens van laat nagte het die wêreld volgestaan. Studente het gekom en gaan en elke tweede Donderdag was ons op straat. Dan het die hele span op die stoep van die Lanzerac gaan sit en die baba bespreek. Met ‘n ondergemiddelde studentebegroting was hierdie stoep­sit-kuiers met die twee weke se stories en stories agter die stories eintlik duur maar bitter kosbaar en goeie waarde vir geld. Dit was opwindende tye. Leersame tye. Tye waar studentevryheid dikwels bietjie verder gestrek het as die spraakvryheid van die dae. By Die Matie het ons geskryf van die Voëlvrytoer toe Mike de Vries op ons kantoormure as Voëlvry verklaar is. Daar is diep gegrawe in die politiek en persoonlike voorkeure by die universiteit se sportklub. Kampuspolitiek met die Blou Alliansie van SR-lede soos Tjaart van der Walt en André Gaum (....vir Lebensraum was sy slagspreuk vir die SRverkiesing), Mark Behr en Leslee Durr se Nusas en die Hermann Thiels wat by Jeugkrag was saam met die Marthinus van Schalkwyks van die wêreld. Jool en Vensters. Sport was altyd ‘n belangrike deel van die pakkie. Rugby en atletiek. Coetzenburg se Bonita-, Weetbix- en Boland Bank-byeenkomste met Johan Fourie se droommyle, Yvette de Klerk en Myrtle Bothma in die naellope. Charmaine Gale en Desiree du Plessis se hoë spronge. Ook Okkert Brits met die paal en die ingevoerde atlete om die politieke isolasie te probeer verbloem. Onder hulle die spiesgooier Tom Petranoff. Behalwe fietsry met die Lemmer-broers en hul Pa, Oubaas Lemmer, wat altyd in Bakoven saam met Eckard Roseman koffie gedrink het, was die jaarlikse trapkar-kompetisie op die kampus ook ‘n groot hoogtepunt. Dit was die ingenieursstudente se kans om al hul kennis en vernuf in te span om

motors • motoring

12 Maart 2014

Die Matie, strippers en nuwe Corolla vir Lebensraum

die beste, sterkste, ligste, vinnigste trapkar te bou. Dan was die tegniek om so vinnig moontlik in die kuipe te ruil met die uitruk-aksie en die wegstoot van die volgende trapper ook bitter belangrik. Op daardie muur van die Perold-gebou sien die uwe Sondag sit presies daardie swart plaatjie nog steeds. DIE MATIE, S.A.A.K en U.S. DEBATSVERENIGING. Die paar aande voor Die Matie op straat was en jy elke keer broeis sit en wag het om jou storie en foto in druk te sien, het ons die afronding en uitleg by Die Burger se kantoor in Kaapstad gedoen. In die studentebussie, waar daar met die terugkomslag dikwels ‘n paar botteltjies geknak is, was mense soos Daan Mostert (redakteur), Pierre de Vos (deesdae grondwetkenner), Anneliese Burgess (deesdae woordvoerder van die Pistorius-familie),

Pearly Joubert (deesdae senior joernalis by Sunday Times), Tanja Hichert en Jaco Strauss (wat ons bang gery het). In die Kaap is die stories persklaar gemaak en dan in lang bene uitgedruk om gesny en met gom op die bladsye geplak te word. Daardie mense wat die uitleg met die hand gedoen het, is strippers genoem. Die studentebussie was ‘n Toyota – hy was ruim maar hy was vol. Sondag neem ‘n ander Toyota ons toe terug na daardie einste swart plaatjie van Die Matie. Hierdie keer was dit ‘n splinternuwe Toyota Corolla van generasie elf. 40 miljoen Corollas in die wêreld (waarvan een miljoen in Suid-Afrika) is dit geen wonder dat Toyota hier op ‘n sterk aar wat reeds in 1966 raakgeboor is, voortbou nie.

‘n Paar feite van belang:

6-spoed handrat Lengte: 4,620m , Breedte: 1,755m Hoogte: 1,465m, Waarborg: 3 jaar/100 000km Standaardrys: R 241900 Brandstoftenk: 55l

Toyota Corolla 1.6 Prestige 4 silinder Krag: 90kW @ 6000 r/min Wringkrag: 154Nm @ 5200r/min Verplasingsinhoud: 1598cm3

En onmiddellik val die spiksplinternuwe model (wat terloops môreaand by Malmesbury Toyota bekendgestel word) se aantreklike hipermoderne lyn jou op. Daar is nou ‘n lang pad geloop sedert die boks-modelletjies van destyds. Wanneer jy agter die stuur van die 2014 1.6 Prestige-model inskuif, is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Hier is ruimte. Ja, die ontwerpspan het die uitdaging aanvaar om ’n selfs nog groter binneruim te ontwerp. Hiervoor is die asafstand met 100 mm verleng. Leerbekleedsel is standaard-toerusting by al die modelle buiten die intree-Esteem. Daar is ‘n raakskerm-klankstelsel met trurat-kamera wat ook uniek aan dié klas is, vir ekstra rygerief (en, so wil die uwe glo, vir diegene wat nog steeds nie met truspieëls kan parkeer of terugstoot nie). Miskien is dit omdat daar soveel ruimte is waar jy soveel mense kan inpak (soos met die studentebussie) dat hulle dalk die omkyk-parkeerders se aandag sal aftrek. Stel die stuurwiel (nader of verder, op en af na gelang van jou armlengte - en maaggrootte neem ek aan), buckle up en ….take off. Nie om te jaag nie, maar om in ‘n soort vredige stilte (besonder stil binne hierdie motor) die Woordfees op Stellenbosch te besoek of by die be­ kendstelling van die beeldskone Lika Berning se rol in Vrou soek Boer (net jammer hierdie heerlike Afrikaanse voel-goed-film se naam voel so “yesterday” soos 1987 op Die Bos) in te loer. Corolla 11 is nuut en vars. Baie vars en bied jou ‘n handvol (wou eintlik sê ‘n bekvol) vir daardie prys­etiket. Hy (sy as jy wil) het nie verniet koning gekraai (of dan kekkelekek gesê) in die CAR-tydskrif se jaarlikse Top 12-beste kopies, en met die titel Beste Kompakte Sedan vir 2014 weggery nie. Ruim (ruimer as ruim) ba-ga-sie-bak (so genome want deesdae sal die SPCA jóú daar toesluit as jy dit vir katte gebruik). Telefoonversoenbare radiostel met klank wat selfs die kinders (en hulle luister mos almal eintlik net na ‘n klomp geraas) hulle ore laat toedruk, kontroles op die stuur, USB- en auxiliarysokke. Gaan klim agter sy stuur in by Malmesbury Toyota en ervaar rygerief. Toyota se betroubaarheid spreek vanself. Neem sommer jou gesin saam, want hier is oorgenoeg Lebensraum vir hulle ook. Cheers tot die wiele weer rol vir volgende saktyd.

Promosie

Jaco Jooste (Verkope), Jolanda Kotze (Diensadviseur), Gerhard Murtz (Verkope), Chrizaan Gilbert (Onderdele-verkope), Wynand van Zyl (Verkope), Vien van Aarde (Admin.), Cobus Edas (Verkope), Nadia Timotheus (Skoonmaker), Quinton Alkaster (Drywer), Grand Petersen (Hulptegnikus), Johan Malan (Werktuigkundige), Willie von Abo (Handelaarshoof).

Hyundai Malmesbury vier 2de jaar

Hyundai Malmesbury vier nou sy tweede verjaardag en wil graag aan al sy kliënte baie dankie sê vir die afgelope twee jaar se lojale en getroue ondersteuning. “Ons maatskappy het ’n gesonde en konstruktiewe groeiproses behaal en wil baie beslis hierop voortbou,” sê Willie von Abo, handelaarshoof. Hyundai het nou nog ’n verdere uitgebreide produkreeks met onder andere die Accent Luikrug in handrat, sowel as Outomaties. Die “Grand” i10 Model wat tussen die gewone i10 en i20 modelle geskeduleer is, word ook binnekort bekendgestel. Wees gerus op die uitkyk vir nuwe byvoegings in Hyundai se immergewilde IX35-, Elantra- en Veloster-reeks, wat ook binnekort bekendgestel word. “Kom loer gerus in by ons kantoor, ontmoet ons span en drink ’n lekker koppie koffie saam met ons,” nooi Von Abo.


7

nuus • news 12 Maart 2014

MRB Relay ’n reuse-sukses Die tweede Kansa Relay for Life wat die afgelope naweek op Moorreesburg plaasgevind het en waaraan meer as ‘n 1 000 inwo­ners en kan­ ker-oorwinnaars van die omge­wing deelgeneem het, was ‘n reusesukses. Dit sluit die mense van Moorreesburg, Piketberg en Ko­ ringberg in. Meer as R85 000 is ingesamel om by te dra om kanker in SuidAfrika te beveg. “Hierdie spanpoging wat R30 000 meer as in 2013 ingebring het, het ons stoutste verwagtinge oortref,” aldus Lisna Hugo, die streekbestuurder van Kansa. “Verblydend is die feit dat die breë gemeenskap insluitende die besighede, kerke, organisasies en individue hande gevat het om met 35 spanne van hierdie Relay ‘n

groot sukses te maak. ‘‘Ek kan nie anders as om van Hoërskool Dirkie Uys melding te maak nie. “Nie minder nie as 164 leerders het opgedaag om saam te stap, dis eintlik ongelooflik. “Die plaaslike Buurtwag doen ook puik werk om te sorg dat alles veilig verloop het,” sê Hugo. Daarbewens het borgskappe van veral Swartland Boudienste en Nexus ‘n groot verskil gemaak en ‘n entoesiastiese reëlingskomitee van vrywilligers het hard gewerk om alle reëlings goed te laat afloop”, het Hugo dit saamgevat. Die drie spanne wat die meeste fondse ingesamel het, is Swartland Boudienste (eerste), Spar Moorreesburg (tweede) en Moorreesburg Lions in die derde plek.

Atletiek

: William de Bruin (bo), top-naelloper van Ruststasie Primêr, gaan aan die SA Kampioenskappe in die Paarl deelneem, asook Keishan van Rooy (onder) van Steynville Primêr op Piketberg.

Moorreesburg Tiere Netbalklub het Saterdagaand die Kansa Relay op Moorreesburg ondersteun. Bo wys hulle hul toewyding aan dié verdienstelike saak voor die aanvang van die Relay Saterdagaand.

Netbal

: Malmesbury Netbalklub se besigheidsnetbaltoernooi sorg hierdie week vir aksie tussen agt plaaslike besighede, met links Lana Pretorius, Thys Cronje, Nicolene Cronje, Rania Breytenbach en Jorrie Jordaan. Voor is Marais Liebenberg, Amoré von Wielligh en die reserwes: Daniel Breytenbach en Rudi van Hansen. Wedstryde is 7 minute lank en word slegs eenkant toe gespeel. Ondersteuners is welkom om die “moeë” lywe te kom aanpor Woensdagaand. Bo: Herman Wolfaardt, Nantes Zwiegelaar, Elfriede Wolfaardt, Johann Loubser en Carl Cooper. Voor is Karen en Kobus Duminy, Deoné van Dyk en Pompies van Niekerk , ‘n paar Swartlanders wat aan die Argus-fietstoer deelgeneem het.

Swartlanders trap hard in Argus-fietsren

Swartland Swemklub het aan die WP

Junior Liga Kampioenskappe deelgeneem. Die klub het 18 medaljes gewen. Onder is Malmesbury se medaljewenners. Van links na regs verskyn Gerrit Calitz, Jaime Hartman en Marcus Engelbrecht.

Skoolhoof se 21ste

Willie Taylor (hoof van CPM Malmesbury) het vanjaar sy 21ste opeenvolgende Argus voltooi. By hom is Allyssa Bester van CPM.

Bo is Porterville se medalje wenners: Jani van der Merwe, Paul Louw en Anke van der Merwe.

Promosie

Esmé weer top-verkoper in Wes-Kaap

Internet kafee op Chatsworth

In Chatsworth word menige inisiatiewe in die gemeenskap ingeploeg om nuwe ontwikkelings vir die inwoners te verseker. Een daarvan is Chatsworth se eerste internet-kafee, waar die kinders van die omgewing die geleentheid kry om rekenaars te leer gebruik en waar internet vir hulle beskikbaar is. Van links is Amanda Mahafu, Royston Welkm, Bianca Davids, Danielle Davids en Chante Davids. Agter staan Mandy Ridgeway en Charmaine Rangasamy, wat dié internet-kafee bestuur. Foto Derrick Young

Esmé van Reenen van Malmesbury is Saterdag in die One and Only Hotel in die Waterfront aangewys as die WesKaapse top-verkoper vir 'n bekende skoonheidsonderneming. Sy is ook die tweede grootste Suid-Afrikaanse verkoper vir dié produk en wen hiermee 'n vakansie in 'n luukse hotel in Knysna. Esmé verkoop reeds vir 36 jaar skoonheidsprodukte en kan nie uitgepraat raak oor haar ondersteuners en kliënte se getroue klandisie nie. "Alle dank kom my vriendinne en ondersteuners toe, anders sou ek nie so suksesvol wees nie!" sê Esmé oor haar prestasie.


sallas transport

8

12 Maart 2014

Sallas Transport het in 2006 met een vragmotortjie begin, vertel die eienaar, Sallas van der Westhuizen. ‘’Ons het begin druiwe ry op plase. Toe kry ek navraag omtrent ‘n tipper (‘n tipbak-vragmotor). ‘’Toe koop ek my eerste tipper - en raak die navrae al hoe meer. Toe koop ek maar nog ‘n tipper. “Mens moet onthou tippers het destyds ont­ staan as gevolg van die behoeft­e aan vervoer vir landboukalk en gips en dis later ook aangewend vir die aanry van koring van boere na silo’s en later begin ons ook sand en klip ry vir die boubedryf. Ons gebruik dit ook nou vir die aanry van grondstowwe vir die die bou van paaie.’’ Die onderneming is destyds saam met sy vrou, Jolize, van die plaas af bedryf. ‘’Net voor dit in ‘n egskeiding ontaard het, toe besluit ek ons moet personeel aanstel en die besigheid dorp toe skuif. ‘‘Nou gaan die huwelik darem nog aan sedert sy nie meer die administratiewe werk doen nie!’’ Sallas het daarna een van sy dry­ wers as logistieke bestuurder aange­ stel. Hy het alles gedoen, maar toe raak die werk te veel vir hom. Toe stel hy nog iemand aan. Later raak die werk weer te veel en toe stel hy nog iemand aan. Vandag bestaan die personeel uit ‘n logistieke bestuurder, ‘n kredietklerk en ‘n debietklerk.

Só het Sallas besigheid gebou

Danksy die uitbreiding van die onderneming is daar tans nagenoeg tien vragmotors wat daagliks moet haas om al die werk gedoen te kry. Dis nou 6 tippers, ‘n laebed-vragmotor wat abnormale vragte, soos masjinerie, landwyd en tot in Namibië verskuif. Agt jaar later is die besigheid steeds aan die groei. ‘’Ek het in die beginjare nie vreeslik geld gemaak nie, maar mettertyd begin jou naam ‘n faktor raak. ‘’In die begin was dit ‘n gesukkel en ek moes rondbel vir werk. Nou bel die mense my. “‘n Mens probeer mos jou naam opbou, maar daar is altyd diegene wat dit altyd weer kom afbreek,’’ vertel Sallas van sy dure ondervinding. Hy skryf die rede vir sy uiteindelike sukses toe aan goeie diens en ‘n kompeterende prys. ‘’Die groot ding gaan oor dienslewering. Dis nou stiptelikheid, akkuraatheid en kommunikasie met die kliënt. ‘’Ek is self ‘n boer en het ook transport gebruik. Jy doen jou beplanning vir kalk saai vir more. As jy nie die kalk betyds kan aflewer nie, bel minstens die mense en kommunikeer. As jy nie vandag kan ry nie, moet jy vir die kliënt laat weet.’’ Oor die toekoms is Sallas versigtig. ‘’Ek sien maar swarigheid met die verhoogde dieselprys en lone. Dis nie so maklik nie. En groot maatskappye raak al groter en manipuleer die prys,’’ verduidelik hy sy versigtige toekomsverwagtings vir die bedryf.


sallas • calender

swartland kalender/diary

12 Maart 2014

9

LINKS: Sallas van der Westhuizen saam met sy raakvatters in die kantoor: Belinda van Rensburg (voor) en Jeanette Coetzer.

AGS hou biduur 12 Maart - AGS Riebeek-Wes hou biduur om 19:30 met die onderwerp “Gebed die fondament van jou omstandighede.’’ Malmesbury Netbaklub-toernooi 12 Maart - Hierdie gewilde toernooi vind weer plaas op die gronde van Laerskool Swartland. Navrae: Christine 083 333 8645/ Nadine 082 824 8103 Malmesbury Netbalklub Proewe 13 Maart om 18:00 op die Laerskool Swartland se netbalbane. Navrae: Christine 083 333 8645 Nadine 082 824 8103 VLV hou vergadering 12 Maart - Vergadering om 9:30 by Malmesbury Gholfklub. Speelkasteel Pretloop en Braai 13 Maart - Die jaarlikse pretloop en braai vanaf die Speelkasteel om 18:30, gevolg deur heerlike ete van braaivleis en slaaie @ R55 elk, poeding R12 en worsbroodjies R15. Bestel teen 11 Maart by 022 482 3742. Loodsing van Ontwikkelingsforum 13 Maart - Alle welsynsorganisasies word genooi na die formele stigting van dié forum, wat dienste rondom maatskaplike kwessies koördineer, veral dié rondom kindersorg. Minister Albert Fritz van die dept. maatskaplike ontwikkeling is die hoofspreker. Clerise du Plessis: 022-4879400 vir navrae. Storie-aand onder die sterre 14 Maart - Piketberg Museum bied om 18:30 vir 19:00 aan “Storieaand in die skuins­dorp met die regop mense’’. Kom luister hoe oues van dae om ‘n tafel sit en staaltjies van Piketberg en sy mense vertel op die grasperk voor die kerk. Daar sal ook ‘n uitstalling van kiekies en skyfievertoning wees. Die boek met dieselfde titel is ook teen R50 te koop. Ligte peuselhappies en koeldrank sal verkoop word. Kontak Anita Raubenheimer by Piketberg Museum by 022 913 2177 of info@piketbergmuseum.co.za vir inligting. Aglow meeting in Malmesbury March 15th - The meeting starts at the Malmesbury House of Prayer at 3p.m. The speaker is Alta Edwards. Everyone is welcome. Refreshments will be served. Enquiries : Elaine Walker 0725906636 AGS hou kerkdiens 16 Maart - AGS Riebeek-Wes hou erediens om 10:00 met as onderwerp “Parstyd vir God’’. Lewende Woord op Moorreesburg 16 Maart - Die Lewende Woord-gemeente Durbanville bied ‘n Lewende Woord-diens om 17:00 aan op die plaas Goudmyn van Gerhardt en Yvonne Tolmay, net buite Moorreesburg. Alle belangstellendes welkom. Kerkdiens op Malmesbury 16 Maart - Die AGS Corpus Christi hou hul oggenddiens om 09:30 met die prediker: Past. Piet Smit. Titel: Gebed

Die aanddiens is ‘n gesinsdiens en volg om 18:30. Navrae: 073 447 2902 Skog hou Voorsaai-Boeredag 19 Maart - Die Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep (Skog) se Voorsaai-Boeredag in die Jan Bassonsentrum, Sentraalstraat, Moorreesburg. Die ekonoom dr. Roelof Botha is die hoofspreker. Hy sal praat oor groeivooruitsigte en die toekoms van die landbou. Kontak Gert Conradie by gertc@elsenburg. com of 022 433 2370. Vroue-oggend by Aandskemering 19 Maart - Annique Vroue-oggend om 9:30 ten bate van mediese aankope vir Aandskemering in Die Herehuis op Malmesbury. R80 pp. Kaartjies by Carien Bredenhand by 022 482 1920 of suster Jooste by 0828256993. Drankforum hou vergadering 20 Maart - Swartland Drankforum vergader om 14:00 by Bloues Klubhuis. Aanbieding deur Wes-Kaapse Drankowerheid. Kontak Henfre Brand by 0827038666 vir inligting. Gesprek oor dwelmplan 20 Maart - Tijmen van Essen, burgemeester van Swartland Munisipaliteit, inisieer die Stigting van ‘n Plaaslike Dwelm Aksiekomitee vir die Swartland. Die komitee gaan ‘n geïntegreerde Dwelm Aksie Plan opstel en implementeer. Kontak Gertrude van der Westhuizen by 022-4879400 vir nog inligting. Kansastap by Piketberg 22 Maart - By Moutonshoek, (Scheppie Saus) by Piketberg. Inskrywingsfooi is R60.00 vir volwassenes/hoërskoolleerlinge en R30.00 vir kinders. Visbraai met slaai, gebakte brood en drinkgoed. Inskrywings vanaf 07:00, stap begin 08:00. Trekker en wa vir ouer persone na die kampeerterrein. Gewone voertuie ook reg. Geen troeteldiere. Kampeerfasiliteite. Kontak Danie Smit – 083 233 7772 / Annatjie Smit – 083 460 4051 of 022 942-1848. Verkoping op Moorreesburg 29 Maart - Bootsale/ markdag op die terrein van die Moorreesburg koringmuseum-terrein van 8:00 tot 12:00. Stalletjies kos R30 elk; almal is welkom. Skakel Hermien: 022 433 1072. Charity Run op Moorreesburg 4 en 5 April - Dié tweede jaarlike insameling vir plaaslike welsyn op die skougronde beloof twee dae van pret, musiek en stalletjies. Vrydag van 16:00 tot 24:00 en Saterdag vanaf 8:00 met Voices du Bois, Viljoen Retief en Burger le Roux, met Live Band tot laat. Skakel Francois by 083 956 0606 vir meer inligting. Passiespele op Darling 18 April - ‘n Aangrypende vertolking van die kruisgebeure, met deelnemers van VGK, Lewende Woord, Presbiteriaanse Kerk en NG Kerk en 3 koorgroepe en die Darling Blaasorkes om 17:00 by Die Vlei op Darling. Toegang is gratis. Bring eie stoele. House of Prayer Bible teaching on Tuesdays at 19:00 and on Thursdays at 10:00 in the House of Prayer in Nywerheidsingel, Malmesbury. Enquiries to pastor Joshua at 0844717914.


10

smalls • dienste 12 Maart 2014


11

smalls & dienste 12 Maart 2014

Dienste Services SOEK DRINGEND 2de handse melktenk of chiller om te koop @ ‘n redelike prys. Kontak 071 332 1843.

Dienste Services AANDAG!- CJ TUINDIENSTE EN VULLISVERWYDERING! Skoonmaak van beddings. Sny van gras en rante. Afmaak van bome. Tuinuitleg. Verwyder vullis en bourommel. Gratis kwotasie. Skakel 071 274 4782. ----------------------------ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. -----------------------------ALLES in een tuindiens- JK Skoonmaakdiens- Sny van grasperke en rante. Snoei van bome en struike. Skoonmaak van beddings. Uitleg van tuine. Verkoop en le van gras. Verwydering van tuinvullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. -----------------------------ASSORTED edible photos/pictures for cakes and cupcakes @ R50.00 per sheet. Contact 022 482 2741.

JUST 4 FUN BALLOONS- (Malmesbury) Helium Balloons & Balloon Decor. Kontak 082 565 3722. -----------------------------KONTANTLENINGSgeswartlys welkom. Kontak 061 460 6669/021 910 4743. -----------------------------MS’S MIN Cleaning Services: Cleaning of houses, businesses, offices, vehicles, windows, carpets, etc. Supervision, chemicals, equipment provided. Openings left in Malmesury and Riebeek. Contact 072 271 2881 or email amorettemeyer@ gmail.com -----------------------------SKULD KONSILIDASIE Geswartlys welkom. Ons reël vir slegs een bekostigbare paaiement. 061 460 6669/021 910 4743. ----------------------------YSKASTE HERSTEL: Ons verkoop ook 2de handse kaste met waarborg. Diens en installeer ook lugversorgers. New Freeze, Royalstraat 44, Moorreesburg. 022 433 3831 / 071 953 1292 of 082 573 1589 ----------------------------VERDIEN EKSTRA as

Kontak Theresa by 022 487 3221 om jou geklassifiseerde advertensie te plaas.

survey assistente. Wonderlike geleentheid. SMS asb u volle naam, tel, faks en/ of epos adres na 074 114 2554 vir meer inligting.

Te Huur To Let

2 SLAAPKAMER woonstel met koopkrag met privaat tuin en ingang. Geen troeteldiere @ R2750 per maand (water ingesluit). Skakel 083 784 0692/083 628 9718

Te Koop For Sale ISUZU Kappie @ R4500 asook tralies vir Isuzu bakkie @ R3500 te koop. Kontak 072 245 1850. -----------------------------SPITSDAK 3x4m Wendy huis met diefwering. Kom breek self af in Malmesbury @ R3500 ohb. Navrae: 082 849 6744.

Betrekkings Vacancies

BAKKERY - Positiewe, hardwerkende dame benodig om deel van produksiespan te wees. Faks CV na 086 649 9510 (Heg matrieksertifikaat aan) Sluitingsdatum:

17 Maart 2014. As u binne 7 dae na sluitingsdatum nie gekontak is nie, beskou u aansoek as onsuksesvol. -----------------------------FULL TIME sales consultant. Must have matric, sales experience, received basic plus commission. Contact Maxie Smith at 022 487 2078. -----------------------------PAAIE-VOORMAN Gesoek met sober gewoontes, geldige rybewys en eie vervoer, woonagtig Piketberg omgewing met verwysings. Fax CV na: 086 260 0490 of email CV na: info@ hydrotrenching.co.za -----------------------------SPEEDY MALMESBURY: Tyre Fitter gesoek: Ondervinding met goeie verwysings en lang diensjare. Skakel 082 370 9521. -----------------------------VERDIEN EKSTRA as freelancer by Ellerines in Malmesbury. Kontak Maxie vir meer inligting by 022 487 2078. -----------------------------VAKATURE vir Glassnyer en Algemene Werker met sober gewoontes. Skakel

Stephanie 027 213 4043.

Memorium In Loving Memory

Op 13 Maart 2011 het Ma ons verlaat. Dit is nou reeds 3 jaar wat Ma van ons af weg is. Op 13 Maart is Moeder ook 59 jaar oud. Ons mis Ma baie. Ons sal u nooit vergeet nie. Van: Kinders en Kleinkinders en al die Familie.

Besigheid te Koop Business for sale

WINKEL TE KOOP. Verskeidenheid lekkers, chips, roomyse, koeldranke, ens. Vrieskaste, yskaste en voorraad ingesluit. Skakel 072 471 8655. Kontak Theresa by 022 487 3221 om jou geklassifiseerde advertensie te plaas.


courant

die

SPORT

tel 022 487 3221

12 Maart 2014

Sportuitslae - Sports results

Slaan ’n gaping

: Abbotsdale se Adam Barlow kom deur ‘n gaping in die rugbywedstryd om die Burgemeesters­ trofee teen Kalbaskraal (Coronation). Die kompetisie word deur die Swartland Sportforum aangebied. Abbotsdale het ‘n wegholoorwinning van 57-14 op sy tuisveld behaal. Foto: David Howburg

•Boland pak Vrystaat in titaniese stryd

Wesbank laat glip 1ste bekerstryd in Mpumalanga Die rugbyspan van Wesbank het sy eerste Gemeenskapsbekerwedstryd in sy hande gehad, maar laat glip. Die Swartlanders het die afgelope naweek na Mpumalanga gereis vir sy eerste wedstryd teen Shumba Ferros in die Puma-stadion. Nadat Wesbank teen rustyd nog 15-10 voorgeloop het, het hy uiteindelik 33-20 verloor. Die feit dat Wesbank vier drieë gedruk het teenoor die tuisspan se drie vertel die verhaal van ‘n wedstryd wat Wesbank ewe maklik kon gewen het. Eerskomende Saterdag pak die Regent Boland Kavaliers die Vrystaat in die Wesbank-stadion op Malmesbury. In die hoofvoorwedstryd speel Wesbank teen Moorreesburg. Wesbank se driedrukkers in Mpumalanga was, volgens www.sarugby.co.za, kaptein Andre Coetzee (slot), Dashton Wellman (skrumskakel), Nadius Solomons (senter) en Salmon Coetzee, (vleuel). Ongelukkig het Theodore Marinus (losskakel), Rodville Bradley Jonkers (heelagter) en Nevan Edas ‘n paar skoppe rakelings gemis, wat Wesbank uiteindelik 14 punte gekos het. Volgens Hennie Lategan, president, het die spelers goed aangepas by die nat toestande. ‘’Dit het heelwat gereën gedurende die eerste helfte, maar gelukkig het die veld ‘n uitstekende dreineringstelsel gehad. ‘’Ons pak voorspelers het oorheers en ons

Wesbank Rugbyklub het sy Gemeenskapsbekergroep aangekondig. Voor van links na regs is Sidwell Diedricks, Vincent Fredericks, Edwelll Solomons, Dashton Wellman en Theo Marinus. Middel: Naduis Solomons, Wes Isaacs, Nevan Edas, Anton Stander, Alwym Liebenberg, Andre van Reenen en Johan September. Agter: Hugo van Wyk van Rola, Alexzander Arendse (bestuurder), Denna Koopman, Arno Hendricks, JP Slabbert, Gershwin Swarts, David Hendriks, Andre Coetzee (k), Rodwell Jonkers, Tiaan Breytenbach, Mario Samson, Johan Louw, Salmon Coetzee, Emgee Fredricks, Jacques Malan van OK Minimark. FOTO: DAVID HOWBURG kan nie sê die lugdruk was ‘n probleem nie. Ons het ongelukkig net nie al ons kanse gebruik nie. By twee bewegings was ons ‘n man oor wat ons moes gaan druk, maar kon net nie afrond nie.’’ Wesbank se uitblinkers was Wellman (skrumskakel) wat die toekenning as Speler van die Wedstryd ontvang het, asook Emgee Fredericks (agsteman), Sedwell Diedericks (vleuel) en Johannes Slabber (senter). • Wesbank se volgende Gemeenskapsbeker-

R

50

R

KWV 3-Year Old Brandy 750ml

Per Pack

R

Wellington VO Brandy 750ml

uitslae geborg deur

wedstryd is op 22 Maart tuis teen Hamiltons. • Saterdag se wedstrydbepalings op Wesbank se hoofveld is: 16:00 Regent Boland Kavaliers vs Vrystaat, 14:00 Wesbank vs Moorreesburg 12:30 Darling vs Never Despair. C-veld: 14:45 Good Hopes vs Mamre 13:45 Young Hearts vs Riebeek-United 12:45 Die Dorings vs Young Tigers 11:45 Young Proteas vs Abbotsdale 10:45 09:45 Coronation vs Young Eagles Saamstaan vs Bloues 08:45 Flying Eagles vs Red Corners.

89 78 75

Savanna Dry, Light or Dark 6 x 330ml

Swartland Atletiekklub MKB Halfmarathon: Mans: 3 Dawid Gous 01:13:57 Meesters: 1 Leon Williams 01:27:59. 2 Peet Myburgh 01:31:52 VROUE: Meesters: 1 Adri Visser 01:55:18. MKB 10 km: Meesters 40+ Mans: 2 Julie Welkom 0:38:18 Meesters 40+ Vroue: 2 Susan du Toit 00:50:20 3 Soreen Gous 00:54:42 Meesters 50+ Vroue: 3 Elmarie Coetzee 00:54:48 Meesters 60+ Vroue: 3 Ester Warnich 01:15:22 Junior Vroue: 3 Petro Rossouw 53:02 Spankompetisie: Vroue Marie-Daleen du Toit Marijke West Adri Visser Nerina Bester Mans: Dawid Gous Thomas Struis Abe Afrika Derick Zoutman Malmesbury Gholfklub Woensdag: Enkel-Stableford: RIEBEEK-KELDERS SUNDOWNER Jacobus Snyders 21 Donato Stelluto 19 Simon Swart 18 Tony Goosen 17 Vrydag: Enkel-Stableford: VRYDAG SUNDOWNER Frans Destroo 21 Dirk Malan 19 Ewan Liedeman 18 Freek Stander 18 Jacob Goosen 17 Saterdag: Beterbal-Stableford: LAERSKOOL SWARTLAND-GHOLFDAG Etienne Bouwers & Ethan Bouwers 49 Amos Schreuder & Francois Du Bios 48 Koos Loubser & Johann vd Merwe 48 Carl Mentor & Harold Moses 47 G. Daley & M. Deneys 47 Wihan Visser & Louis Boje 46 Rosco Liedeman & Martin Lesch 46 Martell van Lill & Tiaan van Lill 45 Francois West & Wynand Britz 45 Malmesbury Tennisklub MALMESBURY A TEEN MATIES A Malmesbury verloor 6 wedstryde teenoor 2. Braam Isaacs v Z. De Kock 1-6;2-6 Dmitri Marais v C. Senekal 2-6;2-6 Demi Rose v N.Gaigher 1-6;0-6 Kim Titus k D.Du Plooy 7-5;6-2 David Isaacs & Annette De Wet v H. Spangenberg & M. Enslin 4-6;3-6 Braam Isaacs & Demi Rose v Z. De Kock & N.Gaigher 1-6;0-6 Dmitri Marais & Kim Titus k H.Spangenberg & M. Enslin 6-2;2-6;7-6 David Isaacs & Annette De Wet v C. Senekal & D. Du Plooy 3-6;6-3;6-7 MALMESBURY B TEEN BRACKENFELL C Malmesbury wen 7 wedstryde teenoor 1 Dirk Lategan & Irvan Turner k DF Strauss & Werner Loock 6-2;6-7;7-6 Divan Robertson & Daryl Blom k Marius Ehlers & Henry Pieters 6-1;6-0 Lize-Marie Lategan & Leria De Jongh v Tina Brink & Mariana Wentzel 4-6;3-6 Elna Steyn & Elizma White k Sunelle Diedericks & Annerie Muller 6-4;4-6;7-6 Dirk Lategan & Lize-Marie Lategan k DF.Strauss & Tina Brink 6-3;1-6;7-6 Irvan Turner & Leria De Jongh k Werner Loock & Mariana Wentzel 6-3;6-2 Divan Robertson & Elna Steyn k Marius Ehlers & Sunelle Diedericks 6-2;6-2 Daryl Blom & Elizma White k Henry Pieters & Annerie Muller 6-4;5-7;7-6. MALMESBURY C TEEN WELLINGTON B Malmesbury wen 5 wedstryde teenoor 3 Carel De Jongh & Graeme Cupido k Etienne Scholtz & Terrance Adams 6-4;46;7-6 Mauritz Van Den Heever & Morne Van Zyl k Julian Matthews & Thys Els 6-1;6-0 Antoinette Snyman & Nicolette Brand v Sunelle Moller 7 Marie Anker 3-6;6-7 Jessie Liebenberg & Sunette Botha k Jhoana Craig & Charlene Jooste 6-1; 6-0 Carel De Jongh & Antoinette Snyman v Etienne Scholtz & Sunelle Moller 6-7;3-6 Graeme Cupido & Nicolette Brand v Terrance Adams & Marie Anker 2-6;3-6 Mauritz Van Den Heever & Jessie Liebenberg k Julian Matthews & Charlene Jooste 6-1;7-5 Morne Van Zyl & Sunette Botha k Thys Els & Jhoana Craig 6-3;6-3. MALMESBURY D TEEEN BRACKENFELL E Malmesbury verloor 4 wedstryde teenoor 2. John O’Reily & Andrea Gouws k Abrie Joubert & Talitha Joubert 6-1; 7-5 Eric Hoffman & Selma Willemse v Paulus Groenewald & Samantha Lohr 2-6;0-6 Christo Jasson & Euryan Williams v Petrus Schietekat & Nasheet Abrahams 1-6;5-7 Andrea Gouws & Selma Willemse k Talitha Joubert & Samantha Lohr 6-0; 6-1 John O’Reily & Eric Hoffman v Petrus Schietekat & Nasheet Abrahams 6-7; 2-6 Christo Jasson & Euryan Williams v Abrie Joubert & Paulus Groenewald 5-7;0-6.

R

FirstWatch Whisky 750ml

Wild Africa Cream Liqueur 750ml

80

R

BrsO N U AY S BIRTHD t o e b e h f o c u nd. u o 1 lucky v Million . Check your till slip

smart shoppers o nly. **Terms and Co nditions appl y.

Hansa Pilsener Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Pack

140

R

55

R

Bacardi Breezer Non-returnable Bottles Assorted 6 x 275ml Per Pack **Terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za for more information.

PRICES VALID 13 - 16 MARCH 2014 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, STELLENBOSCH SQUARE AND FRANSCHHOEK ONLY Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Best Customer Loyalty Programme 2013* 1185229 _10x8

Die courant 12 maart 2014  

die courant 12 Maart 2014

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you