Skip to main content

Die courant 12 aug 2015 333

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Swartland

12 Augustus 2015

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 333

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Nuwe roete vir bergfietsryers

Roete open: Die Malmesbury Fietsryklub se nuwe berg-

fietsroete word Saterdag op die plaas Rheeboksfontein geopen. Fietsryers is genooi om hul fietse te bring en die eerste fase van 35km te beproef. Die roete is ontwikkel om iets te bied vir elke fietsryer op enige fiksheidsvlak, met verskillende tegniese vermoëns en voorkeure. Volgens die klub bied die roete en enkelbane (single tracks) baie opsies en is ook uitdagend. Daar is ook ‘n korter roete van ongeveer 18km vir diegene wat nie die laaste klimme wil aandurf nie. Registrasie en die verkoop van permitte geskied tussen 07:30 en 08:15. Die pretrit begin om 08:30 en 12:00 is dit tyd vir ‘n bring en braai (braai-geriewe en hout sal voorsien word). Die koste is R40 per persoon, wat ‘n boereworsrol en koeldrink insluit (klublede gratis). Vir meer inligting kontak die klub by info@malmesburyfietsryklub.co.za. Links toets Thomas Orchard die nuwe roete uit.

• NETCARE vra lisensie vir malmesbury

Hoop vir pasiënte? Die besturende direkteur van Netcare se hospitaal-afdeling, Jacques du Plessis, het gister aan dié courant bevestig dat dié groep in die proses is om aansoek te doen vir ‘n hospitaal-lisensie in die Malmesbury-omgewing. Dit volg nadat die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid verlede week in ‘n dagblad verskeie aansoeke vir nuwe privaat-gesondheidsorgfasiliteite geadverteer het. Die Malmesbury-aansoek is deur Netcare ingedien en daarvolgens sal dit voorsiening maak vir 30 volwasse mediese beddens en ook 30 volwasse chirurgiese beddens. Verder sal daar 12 verloskunde-beddens, vyf wiegies en 15 pediatrie-beddens wees.

Die intensiewesorg-eenheid sal voorsiening maak vir agt volwassene-beddens en vier neonatale-beddens. Daar sal ook vier volwasse isolasiebeddens en een vir die neonatale-afdeling wees. Die hospitaal sal oor vyf groot teaters, drie bevallingskamers, ‘n noodeenheid en vier prosedurekamers beskik. Skriftelike kommentaar oor die aansoek kan binne 30 dae van publikasie (4 September) gerig word aan Die Hoof, Departement van Gesondheid, Posbus 2060, Kaapstad 8000. • Vroeër vanjaar het Al-Ameen Kafaar, hoof van kommunikasie van die Departement Vervoer en Openbare Werke, aan dié courant gesê

dat volgens die departement se beplanning moet die Swartland-hospitaal in die toekoms vervang of opgeknap word. dié courant het navraag gedoen oor die ou gebou op die hospitaal-perseel wat al jare in onbruik is. “Voordat daar besluit kan word oor die gebou se toekoms, moet daar goed gekyk word na die Departement van Gesondheid se langtermyn-beplanning.” “Op die oomblik is daar nie ‘n alternatiewe perseel vir ‘n nuwe hospitaal op Malmesbury nie. Tot daar ‘n finale besluit geneem is oor ‘n perseel, sal dit voortydig wees om van die huis ontslae te raak.”

NUUS • NEWS

12 Augustus 2015


NUUS • NEWS

2

Gous spreker by Sakekamer Dr Gustav Gous, bekende motiveringspreker, is die gas by vanjaar se vrouemaand-vergadering van die Malmesbury Sakekamer. Gous het ook al as motiveringspreker vir die Springbok-rugbyspan gedien. Die vergadering word op Dinsdag 18 Augustus om 19:00 in die Laerskool Swartland-skoolsaal aangebied. Kostes beloop R100 vir lede en R140 vir nie-lede. Kontak 022 482 1062 om te bespreek.

12 Augustus 2015

• Internasionale deelname wink

Bianca droom groot ‘n Jong sportster van Malmesbury het pas verneem dat haar sportdrome besig is om waar te word. Bianca van Dalen (17) is ‘n graad 11-leerder aan die Hoërskool Swartland op Malmesbury waar sy drie jaar gelede begin het met toutrek op skoolvlak. Sedert verlede jaar het sy ná die skoleseisoen by die Phillipi-klub op senior vlak begin deelneem, aangesien Malmesbury/ Swartland op daardie stadium nie ‘n klub beskikbaar gehad het nie. Vanjaar was sy deel van die Swartland Skolespan wat geskiedenis gemaak het deur die eerste keer ‘n medalje by die Skole SA’s te verwerf. Hierna het sy weer eens as senior deelgeneem en wel as lid van die Paarl Toutrekklub aangesluit. By die SA-kompetisie is sy gekies om die laaste dag van die kompetisie vir die SA o.23A-span, wat 'n eerste plek (goue medalje) gewen het, te trek.

Hierdie SA o.23-vrouespan sou Suid-Afrika in September by die Wêreld Toutrek-kampioenskappe in Noord-Ierland verteenwoordig het. Toe die teleurstelling: op 30 Julie moes die vroue verneem dat die Suid-Afrikaanse span aan die kampioenskappe onttrek het, weens ‘n tekort aan borgskappe. Ook ander lande moes onttrek as gevolg daarvan. Anton Rabe, president van die SA Toutrek-federasie, sê in ‘n skrywe "hierdie drastiese (en baie sensitiewe en bitter moeilike) besluit kom na deeglike oorweging van opsies deur die nasionale afrigtingspan, sowel as die SATF-bestuur. “Ek kan u verseker dat die SATF-bestuur hierdie besluit nie ligtelik opgeneem het nie, en dat die bestuur onvermoeid sal voortgaan om hierdie kategorie op Wêreldkampioenskap-vlak gevestig te kry. Bianca is teleurgestel, maar sy is vol moed om vorentoe wel op internasionale vlak deel te neem.

Polisie beloon vir goeie werk Trotse lede sal nie verkeerde dinge doen nie, meen brigadier Aneeqah Jordaan, groepbevelvoerder van die SAPD. Sy was die spreker by verlede week se toekenningsgeleentheid vir die afgelope kwartaal. “As ons trots is en op ons mense kan staatmaak, sal daar nie korrupsie wees nie en sal lede nie omgekoop word nie." Sy het die wenners geloof vir hulle harde werk en hul bereidwilligheid om die ekstra myl te loop. “Werk vir uitnemendheid, nie net volgens jou posbeskrywing nie." Sy het ook ‘n beroep op die SAPD gedoen om vennootskappe te respekteer. Veral buurtwagte vedien die ondersteuning van die polisie. “Hulle werk verniet en ons het hulle nodig om misdaad te beveg.” Sy het beklemtoon dat administratiewe personeel en aanklaers ook belangrik is.

Twee van die toekennings het aan Swartland gegaan. Shantel Larey (naaslinks) van Malmesbury is aangewys as die beste administratiewe werknemer. Adj-off Ross (heelregs) van Moorreesburg is die beste reservis. Sy het 19 jaar diens in die SAPD. By hulle is die twee stasiekommissarisse: senior sup Neels Nilsson (Malmesbury, links) en sup Bertus Conradie (Moorreesburg). In die middel is brig Aneeqah Jordaan, groephoof.


NUUS • NEWS

3

12 Augustus 2015

Blomme: Die Darling Presbeteriaanse Kerk het hul jaarlikse blommeskou gehou. Verskeie tonele is met verskillende blomme uitgebeeld. Bo bekyk Hanna Colman een van die rangskikkings.

• Netwerke verbind

Vuurtorings 'gesels' nou met mekaar

Die romantiek van radio en die nostalgie van vuurtorings herleef dié naweek in die jaarlikse internasionale vuurtoring-projek. Dit is ‘n gebeurtenis waar amateur-radioentoesiaste netwerke met ander vuurtorings regoor die wêreld. Hulle gebruik dan hul stokperdjie om die belangrikheid van vuurtorings te beklemtoon. Daar is op die oomblik 343 vuurtorings in die wêreld. Dertien hiervan is in Suid-Afrika. Die Cape Winelands Amateur Radio Club beplan ‘n kommunikasieprojek op Dassen-eiland by Yzerfontein vir die naweek. Hulle span bestaan uit Anthony, Ashley, Grant, Mari, Elizabeth en Petro. Die klub wil aandag fokus op die uitsonderlike werk wat deur die span op Dassen-eiland verrig word. Die klub doen dit in vennootskap met CapeNature, vir die gebruik van die eiland, en die NSRI as hul veiligheidsvennoot. In ruil sal die radioklub die fokus plaas op sommige van die minder bekende voëlspesies wat bedreig word. Hulle sal ook kyk na die belangrike rol wat die NSRI aan die kus speel. “Die gebeurtenis vind middel-Augustus plaas, wat in die Kaap van Storms se berugte slegte weer-seisoen is, met die gepaardgaande ruwe seetoestande," vertel Anthony. “Ons is gewaarsku oor die weer, maar die span is entoesiasties oor die uitdagings om ‘n tydelike kommunikasiestasie op die eiland op te rig. “Die kinkel in die kabel is dat ons gaan uitsaai van ‘n eiland-vuurtoring wat heeltemal van die

netwerk af is. Dassen-eiland se toring is selfonderhoudend. Dit beteken dat die ligte afgeskakel sal wees, maar ons sal nog steeds heerlik kan gesels met die ander torings. "Ingeval die see té rof is, is ons plan B om vanuit die NSRI se stasie op Yzerfontein uit te saai, en dan kan die publiek oor die naweek daar vir ons kom kuier." Die klub nooi die publiek om deel te neem aan ZS1Fun at Dassen Island – volgelinge kan ook tweet na #zs1fun. Vanjaar se vuurtoring-projek vind van Vrydag tot Saterdag plaas. “Die verskillende klubs registreer as ‘n spesiale gebeurtenis-stasie,” vertel Anthony. “Van Vrydagaand tot Sondagoggend nooi ons die publiek om ‘n vuurtoring te besoek en die radio–amateurs in aksie te sien. "Hulle kan ook eerstehands amateur-radio ervaar deur ‘n tweerigting-radio te hanteer en met iemand by een van die ander Suid-Afrikaanse vuurtorings te gesels. “Ongelukkig mag ons niemand in die vuurtorings toelaat nie, maar hopelik kan die nodige publisiteit help met die bewusmaking van die toerisme-moontlikhede.” Mense wat van hierdie geleentheid gebruik maak om met ander vuurtorings in kontak te kom, sal ‘n QSL-gedenkkaart ontvang as bevestiging van die kontak wat gemaak is. Anthony vertel dat baie amateurs lede is van HAMNET & Off-Road Search and Rescue. Dit is vrywillige organisasies en die lede verskaf waardevolle bystand in noodgevalle.

Die PSI Swartland Binnenshuise hokkie-liga bied vanaf 28 Augustus 'n toernooi op die Môresonplaas buite Malmesbury aan vir o.11- tot o.17spanne. Die wedstryde word op 28 Augustus, 11 Sep-

tember, 12 September, 18 en 19 September gespeel. Registrasie hiervoor is nou oop en sluit op 24 Augustus. Vir meer inligting, besoek www.psihockey. co.za.

Hokkie-toernooi op Môreson


courant

dié

4

Om 'n vrou te wees

Om 'n vrou te wees... Hoe kan enigiemand dit in woorde sê. Daar is so baie byvoeglike naamwoorde om hierdie term te beskryf, maar een wat vir my uitstaan is KRAG. Krag om altyd op te staan, aan te gaan en vorentoe te kyk. As vrou weet ons dat dit soms maar holderstebolder gaan in ons gemoed. Dat ons soms wil huil en lag en raas terselfdertyd, sonder dat ons eintlik weet hoekom. Ons raak so gelukkig dat ons sommer huil. Ons raak so vies dat ons begin lag van frustrasie. Ons raak so lief, maar kry ook so seer. Dis hier waar die krag van 'n vrou op sy beste sigbaar is. Maak nie saak hoe hard ons getref word nie, maak nie saak hoe seer ons kry nie, ons staan altyd op. Ja, ons moet soms 'n bietjie ekstra grimering dra om die lyntjies toe te maak, maar daardie lyntjies kom elk met sy eie bietjie herinnering, van goed of sleg. Ons gesigte is die padkaarte van ons lewens. Ons dra dit saam met ons, want ons geskiedenis maak wie ons is. Dit maak ons die sterk vrou wat vandag voor enige uitdaging kan staan en dit vol in die oë kyk. Baie van ons is ook ma's. Iets wat in uitdaging op sy eie is. Ons kan met ons snyerspakkies by die werk die septer swaai, net om by die huis te kom om in die kombuis te woel en werskaf en dan plat op die mat te sit en soos 'n kind legkaart te bou saam met 'n klein woelwater. Ons is verkleurmannetjies. Ons pas ons aan by elke unieke situasie, sonder om van ons menswees in te boet of te vergeet wie ons werklik is. 'n Bietjie van ons vryf net af op diegene met wie ons te doen het, om hulle in 'n beter toestand te los as wat ons hulle gevind het. Ons is nie net vrouens nie. Ons is super-sterre!

NUUS • NEWS

12 Augustus 2015

Vrouedag feestelik gevier Die Swartland het die naweek behoorlik feesgevier met Vrouedag en die feesvieringe het nog nie opgehou nie. Eerskomende Saterdag is die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, die gasheer vir ‘n Vrouedag-vieringe op Darling. Die program begin om 09:00 in die gemeenskapsaal en sal tot 13:00 duur. Die Minister het veral ook mans genooi om die verrigtinge by te woon, aangesien die fokus vanjaar op die rol van die man in die gesin en sy houding teenoor vroue val – as eggenoot, vader, seun, broer, neef of vriend. • Op Moorreesburg het raadslid Felicia Humphreys as motiveringspreker opgetree by ‘n geleentheid wat deur provinsiale verkeer gereël is. Sy het haar dank uitgespreek teenoor vroue in uniform

wat ‘n verskil in die gemeenskap en in die land maak. “Op 9 Augustus 1956 het vroue protes teen die dompaswet aangeteken. Vandag, na meer as 59 jaar staar ons as vroue nog steeds verdrukking in die gesig. Ons kan maar net dink aan gelyke indiensneming en gesinsgeweld. “Kom ons sien dit as uitdagings. Moet nooit negatief raak of moed opgee as iets met die eerste geleentheid misluk nie... probeer weer! Wees positief en gryp elke geleentheid aan om jou te bemagtig.” • Op Piketberg het raadslid Ray van Rooy Maandag sowat 170 vroue gesellig onthaal. Die vroue is bemoedig en vermaak voordat hulle middagete geniet het. “Julle is wonderlike, lieflike vroue,” het van Rooy die vroue gegroet en die toon aangegee vir ‘n vrolike, prettige dag.

Vroue: Op Riebeek-Kasteel het vroue

die ACVV-saal volgepak vir 'n kuier saam met Lizette Janse van Rensburg.

Fleurig: Links onder is Anthea Beukes, Siphokazi Fihla (provinsiale verkeer), Lindelwa Nonqane (Onafhanklike Verkiesingskommissie), raadslid Ray van Rooy, Elizabeth Dietrich, Edgar Julies, pastoor Trudie Jaftha en pastoor Sonja Bredell.

Vroue in uniform:

Raadslid Felicia Humphreys (links) saam met die span wat die Vroudagprogram op Moorreesburg gereël het. Hulle het ook 'n padblokkade buite die dorp beman, waar motoriste met koeldrank verras is.

Vrolik:

Dis Goeie Nuus Hoe lyk mooi verhoudings? Hoe lyk mooi verhoudings in praktyk volgens Rom 12:13-18? Mooi verhoudings bestaan nie net in mooi praatjies en mooi woorde nie, maar in praktiese dade teenoor mekaar. Mede-gelowiges moet omgee vir mekaar, mekaar leer ken sodat ons mekaar se laste kan dra en mekaar fisies kan bystaan in nood. Wees gasvry en stel jou motor, jou huis en jou besittings tot beskikking van ander, sodat jy hulle kan help as hulle behoeftes het. Tree anders op as die wêreld teenoor mense wat jou teëstaan en die wêreld vir jou moeilik maak. Seën hulle en moet hulle nie vervloek nie. Moenie met hulle baklei en probeer om te vergeld en terug lelik te wees nie. Moenie vir woede en kwaad of vergelding plek gee in jou hart nie, want op die ou end besoedel dit net jou eie gees. Spreek mense vry en sorg dat jy vrede in jou hart het en goedgesind bly teenoor ander mense. Ons moenie wraak neem en vergeld nie, maar ons moet dit aan God oorlaat wat regverdig sal oordeel. Dit is nie ons werk om te straf nie, want God sal vergeld en daarom moet ons sulke sake en sulke mense aan God oorgee en aan Sy oordeel oorlaat. Ons moet sorg dat ons al die hindernisse uit die pad kry en in eensgesindheid met mekaar lewe. Ons moenie hooghartig wees en neersien op ander en dink dat ons beter is as hulle nie. Ons moet in nederigheid mense liefhê en hulle dien. www.wilgespruit.co.za

Op Org de Rac buite Piketberg (links) is daar ook heerlik saamgekuier. Links is Delani Jooste, Le-Lue, Hugo Niewoudt, Susan Niewoudt (Mev Kaapstad 2015) en Cindy Coetzee (organiseerder).

SM reik uit ná brande Die Swartland Munisipaliteit is een van die min munisipaliteite in SuidAfrika wat hul inwoners bystaan wanneer hul wonings brand of selfs afbrand, sê Philip Humphreys, Direkteur Beskermingsdienste. “Die beleid van die raad bepaal dat ondersteuning in die vorm van boumateriaal tot 'n waarde van R12 000 verleen sal word, veral waar die huisbewoner nie in ‘n finansiële posisie is om op hul eie die nodige herstelwerk te doen nie. “Die hulp wat Swartland voorsien, moet beskou word as ‘n gebaar van empatie en sal geskied in vennootskap met die slagoffer self, Gerhard Larey, onderburgemees- asook ander hulpverleners.” ter Maude Goliath en die brandweerhoof, Humphreys verduidelik dat inJacques Smith besoek 'n brandtoneel.

Hulp:

dien 'n woning só erg beskadig is in die brand dat dit gesloop moet word, gaan Swartland nog ‘n ent verder deur aansoek te doen vir geld by die provinsiale regering om die huis te herbou. “In dieselfde asem wil ons ook die publiek vriendelik versoek om baie versigtig om te gaan met kerse, lampe, vuurmaak, brandende sigarette ens. "Baie van die brande kan verhoed word indien die publiek net bietjie meer versigtigheid aan die dag lê.” Vir die 2014/2015 boekjaar het Swartland Munisipaliteit R354 458, 47 bestee om inwoners by te staan waar hul wonings brandskade gely het.


NUUS • NEWS

5

12 Augustus 2015

Shop online at www.picknpay.co.za

Never Despair: Manfred Damon van Never Despair systap met die bal en Saterdag se kragmeting op Malmesbury. Never Despair het met 23-17 teen Vredenburg gewen.

Get Double Points

2190 Sunshine D Lite 50% Fat Spread 1kg Tub

21

R

SAVE R3

54

R

56

R

PnP Uncooked Beef Potjiekos Bone in Per kg

PnP Country Classic Boerewors Per kg

SAVE R6

PnP Fresh Whole Chicken Per kg

Blue Ribbon Classic Brown Bread 700g

950

SAVE R1

11

1690

90

PnP NO NAME Blended Cooking Oil 750ml

129

90

PRICE PER NAPPY Size 2 66s – R1.97 Size 3 70s – R1.86 Size 4 66s – R1.97 Size 4+ 60s – R2.17 Size 5 56s – R2.32

SAVE R4 Lux Beauty Soap Assorted 200g Each

BEST BUY Per Pack

Cuddlers Newborn or Comfort Disposable Nappies Jumbo Pack

3990

SAVE R22

860

Lancewood Cheddar or Gouda Cheese Per 100g

790

PnP Mayonnaise Assorted 750-790g Each

TM

FRESH

BUY ANY 3 FOR

2290

Beacon Chocolate Slab Assorted 80g

40

R

Frisco Original or Granules 500g Each

Skip Intelligent Auto Washing Powder 2kg or Liquid Detergent 900ml Each

Stikeez figurines are designed for children from the age of 3 years and older and adult supervision is advised for younger children since these figurines may pose a choking hazard.

PRICES VALID 11 - 16 AUGUST 2015 2015 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. E&OE. Excluding Liquor and Clothing stores. Excluding Pharmacy medication from Schedule 3 upwards. Stikeez™ © 2015 Zing. International patent Grani & Partners S.p.A. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Checking other supermarkets’ prices. Including specials.

Accounts OPEN16 August 2015

Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more.

1192835_38x6_E

Selected products on this page have been styled for photography

3395

Clover Ultra Pasteurised Milk Assorted 2 Litre Each


NUUS • NEWS

6

12 Augustus 2015

Wesbank Sekondêre Skool Wesbank teen Proteus Derby 2015 o.19A-rugby

Fernon Cloete (kaptein)

20ste stryd...

Marico Ockhuis

Jacquin Kriel

Craig Olivier

Ruan Rass

Duwayne Wilskut

Georgery April

Griffon van Schalkwyk

Anthony Abdol

Austin Alexander

Cheslin Thompson Lengisi Nelovi

Conrey Arendse

Vuyo Nayindanle

Jéan Cupido

Siposethu Tobhingunja

Diaan Daniëls

Donovan Maloli

Christopher Merlin Shane-Reeve Dawson

Jandré Baronie

Chadwin Collins

Vrydag pak Wesbank Sekondêr en Proteus van Atlantis mekaar in hul jaarlikse derby. Dié derby het in 1996 begin en vanjaar word dit op Malmesbury beslis. Wesbank het in 1996 ‘n volwaardige sekondêre skool geword met sy eerste groep van graad 12-leerders. Mnre Titus en Engelbrecht, die skoolhoofde van Wesbank en Proteus op daardie stadium, het dit goed gedink om ‘n vriendskapsband tussen die twee skole te begin bou. Die besluit was om met die speel van rugbywedstryde tussen die twee skole te begin. Die “Tommy Engelbrecht”-trofee is deur die skoolhoof van Proteus geskenk en sedert 1996 ding die o.19A-spanne daarom mee. Die eerste wedstryd tussen die twee skole het op 6 Augustus 1996 op die Wesbank-sportterrein plaasgevind en is deur Wesbank gewen. Die derby-konsep het oor die jare uitgebrei sodat die skole, met die 20ste derby-feesvieringe, kan spog dat daar nou ook in ander kodes, gholf, sokker, netbal, asook vroue- en mansrugby meegeding word.

o.18A-netbal

Jodi Geduld

Andonay Adams

Nikeeta Klaase

Crystal Mpangisana (Kaptein)

Hazeldene Pietersen

Leticia Albertus

Nikita Jones


NUUS • NEWS

7

12 Augustus 2015

Tiere pak Jan van Riebeeck tuis in interskole

Rugby:

Meisiehokkie:

Voor v.l.n.r: Kallie Harmse, Christo Schoeman, Curan Schoeman, Eddie Jones, Stefan Laubscher (kapCharmaine Blom, Anke Pienaar, Kayla tein), Gerrit Bester, Grant Meyer, Jaydon Markus, Christiaan Bester. Agter: Galin Cleophas, Ronaldo Louw, Dirk Ros- Thiersen, Wilanie Fourie (kaptein), Diana Kotzé, Janita van Zyl. Agter: souw, Jason Coetzee, Daniël J van Rensburg, Reagan Roman, Damian Rayters, Gerrit de Kock, Aljoe Beziek, Clinton Chanté Smit, Lizelle Steyn, Martine Scott, Colene Brink, Stefanie EkBooys, Almon Bronkhorst, Stehan Visser. steen, Suzanne Kotzé.

Seunshokkie: Henco Pienaar, Hanno Mostert, Marnus Kitshoff, Dano Taljaard (kap-

tein, Reinhardt Erwee, Jacques de Clerk. Agter: Wouter Bester, Nicol Hanekom, Johandri Truter, Jano Brand, TJ Liebenberg, Marco-John Hayward, Johan van der Westhuizen. Afwesig: Louwrens Smit.

Dirigente: V.l.n.r: Marige Carstens,

Anushka Odendaal, Arno Carolus, Jaclyn Engelbrecht, Dene Johnson, Chimell Fortuin. Foto: Ghida Visser

Netbal: Sydney Crow, Anja Bester, Car-

la Bester, Jaclyn Engelbrecht, Johanna Skippers. Voor: Thana Kitshoff, Anushka Odendaal, Janine Heynse, Lenka de Waal. Foto: Ghida Visser

Interskole 2015

Vrydag en Saterdag 14 en 15 Augustus Seunshokkie, Vrydag - 13:30 Eerste meisiehokkie, Saterdag - 08:35 O/19A-netbal - 11:00 Optog - 12:15 O/19A-rugby - 13:45


NUUS • NEWS

8

Nuwe ACCV-huis bied versorging

12 Augustus 2015

By die kuddeevalueringsdag van die Malmesbury Landbouvereniging se skaapstudiegroep het Pieter Hamman die toekenning vir die beste Merino-GDT ontvang.

Cornelie Gouws, ondervoorsitter van die ACVV, op die trap wat na die boonste vloer lei.

Huislik: Die nuwe ACVV-huis op Yzerfontein open eersdaags. Vriendelik, vrolik, soos ‘n vakansiehuis by die see. Dit is ‘n mens se eerste indrukke as jy by die ACVV se nuwe huis in Parkstraat, Yzerfontein aankom. Bella van Doorn, voorsitter van die ACVV, beskryf die huis as ‘n plek waar mense vir ‘n rukkie kan verpoos. “Dit is nie ‘n hospitaal nie, dit is ‘n plek waar ons ‘n paar dae na iemand kan kyk terwyl die familie ‘n blaaskans kry. Of waar ‘n pasiënt kan aansterk ná ‘n operasie.” Hiervoor het die huis vier kamers: twee op die grondvloer wat ingerig is vir rolstoele en twee gewone kamers op die tweede vloer. Die kamers deel twee-twee ‘n badkamer en wat ‘n mens onmiddellik opval is die rustige, huislike atmosfeer. Verder is daar kantore vir die ACVV-administrasie en ‘n ruim kombuis wat elke dag etes aan 40 senior burgers verskaf. Op die boonste vloer is daar ook ‘n wonstelletjie vir ‘n inwonende ver-

pleegkundige om die inwoners by te staan. Mev van Doorn vertel van die welwillendheid wat hulle uit die gemeenskap ontvang. “Ons het feitlik alles geskenk gekry, soos hierdie kaste," beduie sy in die slaapkamers. Buite wys sy na die plaveistene: “Dit is ‘n mengelmoes, wat ons, veral my man en sy vriende, oral waar hulle stene sien rondlê gevra en bymekaar gemaak het.” Nog is dit die einde nie: die perseel beskik ook oor ‘n biblioteek. “Yzerfontein het nie ‘n dorpsbiblioteek nie, só hierdie is ‘n ware uitkoms. Dan is daar nog ‘n Wit Olifant-winkeltjie waar mense veral klere kom skenk om ten bate van die organisasie te verkoop. Mev van Doorn vertel dat hulle hoop om eersdaags hulle deure oop te maak. Die belangrikste nou is om ‘n verpleegkundige aan te stel. Daar is natuurlik nog ander behoeftes, soos veral eetkamerstoele en linne. Kontak hulle by 022 451 2668.

Die wenners in die merino-afdeling was Janneman Louw (middel), in die eerste plek. Abraham Cloete van Elandsberg-plase (regs) in die tweede plek en Junior Herholdt (links) in die derde plek. In verlede week se uitgawe is daar verkeerdelik na Pieter Hamman verwys as Junior Herholdt.

Iets van alles is in die Wit Oliant-winkeltjie te koop.

Die biblioteek voorsien in 'n groot behoefte, aangesien daar nie 'n dorpsbiblioteek is nie.

Klere te kies en te keur in die Wit Olifant-winkeltjie.


NUUS • NEWS

9

12 Augustus 2015

Mossie Begrafnisdienste vier drie jaar ‘n Roeping, nie ‘n beroep nie

Mossie Begrafnisdienste se perseel in Truterstaat, Malmesbury. In elke mens se lewe kom die dag dat jy hartseer, verslae, ontredderd by ‘n geliefde se graf staan. Dit is in sĂł ‘n tyd dat jy iemand soos PJ (Mossie) Mostert langs jou wil hĂŞ. Mossie, soos hy alombekend staan, van Mossie Begrafnisdienste is nie net op sy tuisdorp, Malmesbury, bekend nie, maar deur die Swartland en wyer. Saam met sy seun, Jacques, Alta du Preez en Dudeth Beukes vorm hulle ‘n formidabele span wat mense met professionalisme en empatie deur droewe tye ondersteun en dra. ‘n Mens kan maar net deur hulle besoekersboek blaai om te sien wat die diens beteken: “Dankie vir die omgeeâ€?, “julle het alles net soveel makliker gemaakâ€?, “liefde straal uit julle werkâ€?, “nie ‘n begrafnisondernemer, maar ‘n bemoediger en ‘n vertroosterâ€?, “dankie vir die waardigheid van julle optredeâ€?. Ds Jan Steyn beskryf hom as “die begrafnisondernemer met die beste en mees simpatieke gesindheid teenoor families in rou wat ek ooit as predikant ontmoet het. “Hy sal altyd sover as moontlik die las van reĂŤlings van families afhaal en hulle getuig baie keer met groot waardering teenoor my van Mossie se gesindheid. “Hy het die reputasie van iemand wat eerbaar is in die bedryf omdat hy nie families met onnodi-

ge of buitensporige koste belas nie. “Malmesbury is bevoorreg om ‘n geliefde begrafnisondernemer te hĂŞ in die persoon van Mossie.â€? Mossie is nederig oor diĂŠ erkenning: “Hierdie is nie ‘n beroep nie, dit is ‘n roeping. “As mens het ek ongelooflik gegroei: ‘n mens leer ander kulture ken, jy leer geduld. En jou geloof word al sterker.â€? Mossie Begrafnisdienste is vanjaar drie jaar in bestaan, maar Mossie was voor dit vir 13 jaar werksaam by Doves. Sy ontvangsdame, Alta du Preez, het 21 jaar vir Doves gewerk. Mossie het voorheen 30 jaar in die ingenieurs- en konstruksiebedryf gewerk, totdat hy op 7 April 1999 twee hartaanvalle gehad het. Die spesialis, dr Wouter Basson, het aanbeveel dat hy ‘n loopbaan beoefen wat minder stres en fisiese uitdagings bied. “Ek glo nie dit is regtig waar nie, maar ek weet ek is waar ek moet wees.â€?

BELANGRIKE KENNISGEWING

OPROEP OM BENOEMINGS VIR DIE WES-KAAPSE ARGIEFADVIESKOMITEE Die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport stel die Wes-Kaapse Argief Advieskomitee aan ingevolge die Provinsiale Argief- en Rekorddiens van die Wes-Kaap, 2005 (Wet Nr. 3 van 2005). Lede van die publiek word uitgenooi om kandidate te benoem wat deeltyds vir ’n tydperk van drie jaar op die Wes-Kaapse Argiefadvieskomitee kan dien. Funksies van die Komitee is: • bevordering, aanvulling en ondersteuning van die doelstellings en werksaamhede van die Diens; • om die Provinsiale Minister van raad te bedien oor argivale en rekordbestuursaangeleenthede; • om die Hoof van die Diens van raad te bedien en te ondersteun met betrekking tot die uitvoering, doelstellings en funksies van die Diens; en • goedkeuring en monitering van die Diens se beoordelingsbeleid. Benoemdes moet: • Suid-Afrikaanse burgers wees; • permanent woonagtig in die Wes-Kaap wees; ‡ EHVNLN RRU GLH NHQQLV NZDOL´NDVLHV RQGHUYLQGLQJ HQ EHODQJVWHOOLQJ LQ RQGHUZHUSH ZDW EHWUHNNLQJ KHW RS argiewe en rekordbestuur; en • die belang van akkurate rekordhouding begryp om aanspreeklikheid en ’n verantwoordbare regering te verseker. Aansoeke vir die voorgeskrewe benoemingsvorm en enige navrae kan gerig word aan Me. Nikiwe Momoti by telefoonnommer: 021 483 0452 of e-pos: Nikiwe.momoti@westerncape.gov.za. Sluitingsdatum: 1 Oktober 2015 om 16:00. Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie. Voltooide aansoekvorms kan afgelewer word by: Roelandstraat 72, Kaapstad, 8001 of gepos word aan: Privaatsak X9025, Kaapstad, 8000. Slegs aansoeke wat afgelewer is deur die pos, ’n koerierdiens, of per hand sal aanvaar word. Faks of e-pos aansoeke sal nie aanvaar word nie. Die indiening van ’n benoemingsvorm beteken nie dat ’n benoemde persoon aangestel sal word nie.

12497M/A


NUUS • NEWS

10

12 Augustus 2015

Dagboek • Calender

Wellington Wildsfees 14 & 15 Augustus - Wellington-Oos kerkterrein. Wildsvleis in alle vorms, vars verpak van Middelburg in die Karoo. Vrydag van 18:00, Saterdag van 09:00 tot laat, 19:30 tree Wicus van der Merwe op. Skakel Danie 084 517 2610, Elize 021 873 2690, Tinus 082 920 2290 of Adri 082 373 2550. LangsdieBos Mark 15 Augustus – nuwe weeklikse mark begin op die Voortrekker-terrein op Malmesbury. Elke Saterdag van 09:00 tot 14:00. Hendrik Bezuidenhoudt sal mense Saterdag met sy stem en kitaar vermaak. Belangstellendes kan ‘n e-pos stuur na langsdiebosmark@gmail. com. Malmesbury Aglow 15 August - The next Malmesbury Aglow meeting is on Saturday 15 August at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Rd (opposite Prima Bande). Starting at 15:00 (3pm). The speaker is president Carmen Mutemeri. Everyone welcome. Enquiries: Elaine Walker, 072 590 6636. ACVV Vrouedag 15 Augustus - In die NG-kerksaal op Piketberg. Karen Smit van Women's Achievement Network for Disability, is die spreker. Skakel 022 913 1525 of acvvpiketberg@telkomsa.net. Presbyterian Church music evening 15 August – The talented violin player James Hall will perform at the church in Darling. The ticket is only R90 and includes snacks at break-time. A cash bar will be available. Tickets: Contact Tessa on 084 840 0480 to book your tickets. Any tickets not booked will be sold at the door. AGS Wesbank vier Vrouemaand 17 Augustus: Suster D Maralack (Paarl- gemeente); 24 Augustus: Pastoor S Lappoorta (eggenote van die vise-president van die AGS van SA); 31 Augustus: Suster J Koopman (AGS Wesbank); 7 September: Suster R Waldeck (AGS Wesbank- nagmaalbediening). Dienstye is elke Sondagoggend om 09:30 en elke Woensdagaand om 19:30. Navrae by die kerkkantoor by 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie). Cowboy Dance 21 August – In aid of Organ Fund for St Michaels Church, Abbotsdale. Dance in Malmesbury Town Hall. Tickets are R60, available from Organ Committee: Ewerd Syster (079 156 4992) or Mandy Vd Post (071 262 9461). Soup and Savvy Quiz night 21 August - 3rd Thursday of every month from 18:30, Venue Brigs Barn Restaurant in Darling. Choice of two soups and homemade bread to keep your brain alert. R65 pp with prize for the winner. Donation to different charities in Darling. Contact Omnia or Margy at 022 492 2451, 082 640 3405 or 082 658 4671. Stories@Darling 21-23 August: Darling Stories@Darling. 022 492 3361; www.facebook.com/stories@darling Bergklim en ontbyt by laer grot 22 Augustus - Die AGS Corpus Christi gaan bergklim en by die laer grot op Kasteelberg ontbyt eet. Die groep vertrek die oggend om 07:00 van die kerk se terrein in Baroccastr 19, Malmesbury. Navrae: Piet Smit by 073 447 2902

Kerke • Churches

HSS Reünie

22 Augustus - 1995 matrieks van Hoërskool Swartland hou reünie. Begin om 19:00, Malmesbury-landbousaal. Koste: R150 pp. Drag: semi-formeel. Spyskaart: voorgereg,

spitbraai met groente en slaai en nagereg met koffie. Kontantkroeg beskikbaar (teen kosprys). RSVP teen 12 Augustus by Hanri (Wessels) Hewett by 083 358 7112 of hanrihewett@gmail.com. Oud-onderwysers is welkom. Groeneweide 27 Augustus – Veiling, ete en vertoning ten bate van Groenweide. Begin om 19:00 by Darling Golfklub. Kontak Nadine le Roux, 022 451 2202. Skou 27-29 Augustus: Porterville Landbouskou. 022 931 2460.

Cape Floral Kingdom Ekspo 27-30 Augustus - Wêreld se grootste Fynbos Ekspo; 09:00-17:00, Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Eunice Joubert by 082 808 1114 / eunicek@ agrimega.co.za of Chris van Rhyn on 021 863 0397 / marketing@capefloralkingdom.co.za Hopefield Fynbos Show 27-30 August: Hopefield Fynbos Show. 022 783 0856 / 022 723 1720, langriet@sandveld.net Clanwilliam Wild Flower Show 27 August - 5 September: Clanwilliam Wild Flower Show. 027 482 2024 Swartland Gospel Konsert 28 Augustus - konsert begin om 19:00 in de Bronteater, Malmesbury. Kaartjies is R50 (R30 vir pensioentrekkers en kinders o.19). Beskikbaar by Cornelle (022 482 2411), Sonette (022 482 1407) of Johan (072 613 0855). By the Fire at !Khwa ttu 28 August - On Broadway. For bookings or more information: bookings@khwattu.org or 022 492 2998; www.khwattu,org; FacebookL Khwattu San. Hantam Vleisfees 28 & 29 Augustus - Calvinia. Vir die vleiseters. Lizette 027 341 8219 Kerk- en kinderbasaar 29 Augustus - van NG-moedergemeente, Malmesbury, 09:00. Gaan kuier saam. Lentedans 29 Augustus – Hoërskool Piketberg se skoolsaal, 19:00 vir 19:30. Kaartjies met ete R100 pp, sonder ete R50. Kaartjies by die skool te koop. Gospel Concert 5 September – Various artists will perform in the St Thomas School Hall, Abbotsdale. Organised by the Voice of God Congregation. Time: 18:00. Admission: R20 adults, R10 children. Refreshments will be sold. Contact : Leraar Lowellen Williams 060 341 1873 or Geraldine 071 1138 634 Vleismark 19 September – Huis AJ Liebenberg op Piketberg hou mark met verpakte rou vleis, afvalpotjie, skaapkoppe, braaivleis, poedings, pannekoeke, roosterkoeke, handgemaakte produkte, koekversier en vele meer. Vir navrae: Erika Gentle, 022 913 1228 of erikagentle.ajl@gmail.com.

AGS Corpus Christi, Malmesbury 16 Augustus- Sondagoggend 09:30: pastoor Piet WSmit praqat oor: Raak net 'n slaggie weer opgewonde. Aanddiens (gesinsdiens) 18:00. Navrae: 073 447 2902.

past Ken Pattison by 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstr 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249.

PPK Bethesda Malmesbury 16Augustus - Pastoor Kobus du Plessis preek om 10:00. Aanddiens om 18:30. Sondagskool om 10:00. Navrae: 083 722 7787.

Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, aanbidding Donderdae 08:00. Leer klawerbord speel, skakel Nico Maarman, 074 277 1439. Ander navrae: past Hercele Sedeman, 078 695 0297.

Shofar Malmesbury 09 Augustus - De Waal Esterhuizen preek om 09:30 in die Hoërskool Swartland-skoolsaal. Navrae by 079 214 4578. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Service; 08:15 Sunday School; Tuesday evening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Other: Rev John Beck, tel 022 482 3623.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. PPK Bethesda Porterville 09 Augustus- Br Gert Rossouw preek om 10:00 in die sysaal van die NGK. Navrae: 083 722 7787.

Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship se volgende diens is op 23 Augustus om 17:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae, 022 487 3233 (weeksdae, 08:00 – 14:00).

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914.

House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com; of

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.


NUUS • NEWS

11

12 Augustus 2015 Betrekking Vacancy

VAKANTE POS – MALMESBURY. Verwer/Algemene Werker – Vereistes - Ervaring, moet sonder toesig kan werk. Afrikaans/ Engels sprekend. ID, Kontakbare verwysings. Skakel 082 920 4586

#2154

Dienste Services FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie at 078 213 9857

#2024/8

------------------------KITS-MURE: Oprigters en vervaardigers van “vibacrete” mure. Kontak ons vir gratis kwotasies – 083 321 9357

#2091/5

------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Souten soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheidskoeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www. melieta’skitchen. co.za. #2058/7

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831 Sel: 071 953 1292 / 082 573 1589

#2098/6

Gelukwensing Congrats SUSAN LIEDEMAN

- 11 Augustus 1945 (1945 – 2015) Sjoe ‘n groot 70!!!- God se rykste seën val daagliks oor ons lewe en soveel seëninge – Veels geluk. Van Liedeman Gesin #2156

-------------------------

Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.

#2005/12

------------------------OPSOEK na huis om te koop in Malmesbury. Indien u ‘n huis privaat wil verkoop kontak 084 794 7528 (Geen agente) #2150/1

Te Huur To Let “Bachelor “ woonstel in Malmesbury. Beskikbaar 1 Augustus 2015 – R2 150 per maand. Skakel 082 373 0347

1 Pine dubbel “bunk” bed – R1600; Defy mikrogolf-oond – R380; 1x 3 laai staal liasseer kabinet – R250 MALMESBURY Kontak 079 413 2520 #2155

------------------------STOKVIS Fillette te koop – R40 p/ kg – Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460

#2151/1

------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/9

-------------------------

#2142/1

------------------------Fabrieks perseel te huur in Malmesbury (Middedorp) 400 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2122/4

------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 vkm. Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig.

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400

Hoof: Logistiek en Wegdoening Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V14/15 • Salarisskaal: R223 824 – R290 532 p.j.

#2123/4

------------------------ROSE EIENDOMME - Pau-Rita, 2 slaapkamer woonstel op 3de vloer te huur vanaf 1 September vir R3800. Geen diere. Streng keuring. E-pos : roselj@telkomsa.net of 082 603 5245 #2157

Te Koop For Sale Choice@Furniture – Eetkamerstelle asook verskeidenheid oorblywende voorraad te koop teen groot afslagpryse. Rentevrye afbetalings op sekere items kan gereël word. Vir besigtiging of enige navrae skakel Jacques Rose by 084 511 5682

Sluitingsdatum: 21 Augustus 2015 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

124294

VOORKOM SERVIKSKANKER Beskerm jong meisies, die toekomstige vroue van Suid-Afrika.

#2126/5

------------------------Defy dubbeldeur yskas / vrieskas – R1200; Tuimeldroër – R950; Enkel base bed met matras – R950; Outydse drie kwart bed met voetstuk en kopstuk – R700; Imbuia ovaal koffietafel – R450; 1.1 m server – R400;

Datum van Eerste Dosis 11 Augustus - 4 September Onthou om jou ouers/versorger/voog te vra om die toestemmingsvorm vir inenting te onderteken en terug te stuur.

Beskerm jong meisies, die toekomstige vroue van Suid-Afrika.


courant

NUUS • NEWS

12 Augustus 2015

SPORT

dié

12

tel 022 487 3221

12 Augustus 2015

Sportuitslae Sports results Atletiek Swartland Atletiekklub 30ste PPC Riebeek

Gholf:

Die Moorreesburg Ope is Saterdag 8 Augustus oor 36 putjies gespeel. 35 van die Boland se beste spelers het meegeding om die titel wat op die ou einde deur Karl Ochse met ‘n uitstekende telling van 4 onder syfer, 136 houe gewen is. Op die foto staan van links na regs, Maurice Carr (Moorreesburg Klubkaptein), Karl Ochse en Servaas De Kock (BGU Visie-President).

Derby:

Saterdag se derby tussen Bloues en die Dorings was ‘n titaniese stryd soos altyd. Bloues het soos normaal voorlangs oorheers, maar het agterlangs ook goeie balverspreiding hanteer, wat uitgeloop het op drie drieë. Bloues was op ‘n tyd 19-3 voor, maar is swaar gestraf deur die skeidsregter in die lynstane en by die afbreekpunte. Dit het die telling na 19-15 geneem. ‘n Drie deur Klaas Janse het egter die finale telling op 24-18 in Bloues se guns te staan gebring.

• WESBANK, SWARTLAND, PORTERVILLE & PIKETBERG DING MEE

Interskole-koors loop hoog

Noem dit Interskole, noem dit Derby, maar vir die betrokke skole beteken dit spanning en bloedsweet, maar darem ook ‘n tyd van samesyn en genot. ‘n Jaarlikse kragmeting op sporten kultuurgebied waaroor daar dikwels jare later nog gepraat word. Hierdie week is die begin van die kragmetings: Wesbank Sekondêr en Proteus van Atlantis laat vandag al die eerste skote van die jaarlikse derby op die gholfbaan klap. Saterdag is die groot rugbykragmeting op Malmesbury. Wesbank en Proteus speel in Atlantis in die 20ste derby vir die Tommie Engelbrecht-trofee. Wesbank het elf en Proteus nege van die derbys gewen. Ver-

Koringberg klop Young Tigers

Koringberg RVK en Darling Young Tigers het Saterdag op Darling kragte gemeet. Koringberg het oorheers en die drieë ingeryg. Hulle wen die wedstryd met 57 teen 5. Die driedrukkers was Edwayne van Wyk (2), Martin Andries, Elton van Wyk, Robin Jagers, Rolan Thomas, Jandré de Wee en Gawie Skippers. Winston-Lee van Wyk het vir die doelskoppe gesorg. Koringberg se B-span wen 7-3.

lede jaar was dit naelbyt toe Wesbank net-net met 13-12 gewen het. Dirkie Uys van Moorreesburg en Hoërskool Riebeeck se kragmeting strek oor twee dae, Vrydag en Saterdag. Die interskole vind vanjaar op Moorreesburg plaas. Verlede jaar was dit HDU wat die hokkie, gholf, netbal, vasvra en skaak gewen het. Net hulle o.19A-rugbyspan het met 36-12 vasgeval. Volgende Saterdag, 22 Augustus, speel Swartland en Hugenote op Malmesbury in hul 41ste kragmeting. Die Rockies sal vanjaar alles wil uithaal, ná hul nederlaag van12-7 verlede jaar.

Terselfdertyd kom HSP (Hoërskool Porterville) en PHS (Piketberg Hoërskool) ook teen mekaar. Dieselfde dag speel Steynville Sekondêr teen Roodezandt. Vroeër die jaar was daar natuurlik ook die Classic Clashes, waar Schoonspruit en Piketbergdie agtste keer teen mekaar te staan gekom het. Piketberg het met 32-26 gewen. Die aanloop na hierdie kragmetings is senutergend, maar die leerders, oudleerders, ouers en personeel sal dit vir niks ter aarde verruil nie. En saam met die wen kom daar nie net ‘n beker en trots nie, maar ook ‘n jaar se `brag’-reg.

Wesbank val vas teen St Helenabaai Wesbank se rugbyspan het Saterdag op St Helenabaai met 11-16 teen St Helena vasgeval. Wesbank, wat in die eerste helfte saam met ‘n sterk wind gespeel het, kon genoeg punte opstapel om die nodige druk op St Helenabaai te plaas. Hulle was rustyd met 8-7 voor ná ‘n drie vroeg in die eerste helfte. St Helena se stelskoppers slaag daarin met drie langafstand strafdoele saam met die wind wat hulle in staat stel om die wedstryd te wen met 16-11. Wesbank se B-span verloor ook

11-13 en die 3de span wen met 11- 7. Wesbank is steeds in die eerste plek, maar kan nie bekostig om nog te verloor nie, want Saldanha is net ses punte agter hulle, gevolg deur Never Despair met elf punte. Wesbank speel Saterdag tuis teen Mamre en die span skuld ‘n goeie vertoning aan sy toeskouers wat hom weer Saterdag in groot getalle op St Helenabaai ondersteun het. Die hekke open reeds om 12:00 en toegang is R10 vir volwassenes en motors (kinders R5). – Eduan Howburg

Marathon - 42.2km: 9) Julie Welkom, Veteran 03:04:36; 12) Derrick Zoutman 03:07:46; 15) Christiaan Adonis 03:12:25; 24) Leon Williams, Master 03:24:13; 37) Hennie Vlok, Grand Master 03:29:49; 41) Jan Nero 03:32:37; 49) Wynand J Bronn, Veteran 03:37:22; 72) Petrus Myburgh, Master 03:48:51; 119) Bennie Carstens 04:02:30; 136) Nazeen Africa, Veteran 04:09:50; 193)Theresa Van Riet, Veteran 04:21:47; 240) Hannes Pieters, Veteran 04:34:40; 243) André van Rooyen, Master 04:35:18; 285) Rodger Arendse, Veteran 04:48:54; 286) Hanselie Swarts, Veteran 04:48:54; 322) Wanda Carstens, Master 04:59:52; 328) Christopher Turner, Veteran 05:03:07; 341) Frikkie Carstens, Master 05:16:44. Half Marathon: 5) Japhta Nero, Veteran 01:21:01; 19) Piet Smit, Grand Master 01:34:23; 30) Andries Zeeman, Veteran 01:37:44; 45) Riaan Koch, Master 01:42:08; 48) Colin Witbooi 01:42:31; 73) Wilfred Turner, Veteran 01:49:47; 94) Jenita Du Plessis, Veteran 01:53:32; 154) Marietjie Nieuwoudt, Master 02:01:29; 156) Lise Mocke02:01:59; 159) Antel Van Deventer 02:02:36; 165) Janine Weideman, Veteran 02:03:18; 167) John Williams, Veteran 02:03:40; 236) Valtyn Timotheus, Master 02:11:40; 291) Mariette Lourens 02:19:15; 420) Sarie Erasmus, Grand Master 02:43:52; 421) Anita Spreeth, Veteran 02:43:53; 435) Christa Marais, Master 02:48:47; 490) Juan Wiese 03:31:15. 10km: 3) Garith Maarman 00:35:33; 11) Jason Beukes 00:43:52; 18) Marijke West 00:45:34; 64) Frederick Truter, Master 00:59:20; 100) Petro Nieuwoudt, Master 01:05:37; 101) Japie Nieuwoudt, Master 01:05:37; 144) Christel Du Toit, Veteran 01:16:43; 157) Lydia Deetlefts, Veteran 01:18:41; 176) Michele Ziervogel 01:24:18.

Gholf Malmesbury Gholfklub Rola Sundowner; Enkel Stableford - 5 Augustus Frans Destroo 20; Gey Kriek 19; Marcelle van Lill 18; Tian van Lill 18; Jacob Goosen 17. Friday Sundowner; Enkel Stableford - 7 Augustus Marcell Prinsloo 22; Paul Prinsloo 21; Frans Destroo 21; Janlo Ligthart 20; Tony Goosen 19; Nicol Smit 18; Tian van Lill 18. Enkel Stableford - 8 Augustus Johan Dürr 37; Wynand van Niekerk 37; Ryno Pienaar 37; Piet Basson 36; Riaan Els 36; I du Toit 35. Klubrugby Bloues 1 wen 24-18 teen Dorings; Bloues 2 wen 15-12. Koringberg A wen Darling Young Tigers 57-5; Koringberg B wen 7-3. Wesbank A verloor teen St Helenabaai 11-16; B-span verloor 11-12 en die C-span wen 11-7. Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Hanover Ope vlug 1. G Horn 1184.5022; 2. G Horn 1181.7344; 3. G Horn 1143.0618; 4. J Steenkamp 1139.3564; 5. G Horn 1138.8563;6. G Horn 1131.7847; 7. M Hill 1123.7692; 8.. J Steenkamp 1120.1941; 9. E Kotze 1110.8750; 10. G Horn 1103.2353. Hanover Jaaroudvlug 1. E Kotze 1159.2783; 2. E Kotze 1139.449; 3. G Horn 1135.4351; 4. G Williams 1130.8854; 5. E Kotze 1128.6780; 6. G Horn 1111.9128; 7. F Meintjes & Seuns 1111.0621; 8. M Hill 1098.9668; 9. G Horn 1093.5920; 10. G Horn 1089.5767. Moorreesburg Posduifklub Hanover Jo 1 Fed 1. HMO Smit & Seun 1121.8279; 2. Vd Vyver Hokke 1105.9046; 3. Vd Vyver Hokke 1104.7334; 4. HMO Smit & Seun 1097.9053; 5. Frans Jooste 1088.5622; 6. Vd Vyver Hokke 1081.0937; 7. HMO Smit & Seun 1059.1896; 8. Hennie Bester & Johan 1054.7487; 9. HMO Smit &Seun 1049.2271; 10. Yt & Tuis 1047.8701. Hanover Ope 1 Fed 1. HMO Smit & Seun 1137.7677; 2. Frikkie Bester 1135.8808; 3. Yt & Tuis 1134.9631; 4. Frikkie Bester 1120.2127; 5. Yt & Tuis 1091.1399; 6. Van der Vyver Hokke 1082.2483; 7. Frans Jooste 1073.5619; 8. Frikkie Bester 1070.1200; 9. HMO Smit & Seun 1057.4846; 10. Frikkie Bester 1056.8630. Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Britstown 1 1. Leukes Family 1342.749; 2. Leukes Family 1329.366; 3. Leukes Family 1328.065; 4. Kenneth Edas 1320.808; 5. Kenneth Edas 1316.181; 6. BG Lofts 1281.313; 7. Marlon and Brian 1277.820; 8. Cross Border Lofts 1271.946; 9. Cross Border Lofts 1265.558; 10. Stan the Man 1265.431.

Jive Carbonated Flavoured Soft Drink Assorted 2 Litre Each

890

REFRESHINGLY

PRICES

R

150

Hansa Pilsener Non-returnable Bottles or Cans 24 x 330ml Per Case

R

88

Olof Bergh Brandy 750ml

PRICES VALID 13 - 16 AUGUST 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

R

117

Scottish Leader Original Blended Scotch Whisky 750ml

R

79

Muirheads Blended Scotch Whisky 750ml

R

43

Nederburg Baronne 750ml

Out of cash?

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

R

75

SunningHill Wine Assorted 5 Litre Each Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and conditions apply.

1194760 _100 x 260

GOOD


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook