Skip to main content

die courant 11 april 2012 168

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 168

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

11 April 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Boland kom oefen voor groot stryd

Kavalier Adam Barlow van Abbotsdale

Kavalier Neil Papier van Darling

Kavalier Milroy Isaacs van Abbotsdale

Malmesbury en die Swartland is slaggereed vir die groot slag van Wesbank Saterdag wanneer die Boland se Kavaliers die Natalse Haaie op die Wesbank Sportgronde aandurf. Die Kavaliers het gister op Malmesbury kom oefen en sal môre weer op Wesbank se sportterrein deur hul passies gaan. Intussen laai die spanning ook op vir al die ander bul-kragmetings vir Saterdag wat as’t ware ‘n superderbydag word met wedstryde tussen Wesbank en Never Despair, Malmesbury en Abbotsdale, Coronations (Kalbaskraal) en Die Dorings (Malmesbury)/Young Eagles (Dassenberg) asook die skolewedstryde tussen Wesbank en Schoonspruit en dié tussen St Thomas en Liebenberg. Sien volledige program op agterblad

Fokus op eiendom Raadslid Philander gesels oor jeug Langasems draf Twee Oseane kaf

SM gee R81milj vir uitbreiding Drie nuwe reservoirs en ‘n substasie vir die Swartland Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit (SM), raadsheer Tijmen van Essen, het in sy toespraak tydens die munisipale raadsvergadering, die volgende oor water en elektrisiteit aangekondig: “Naas elektrisiteit, gaan water die volgende groot knelpunt in Suid-Afrika word en Swartlanders sal alles in die stryd moet werp om dié risiko so laag as moontlik te hou.” In die lig hiervan beplan die SM om oor die volgende vyf jaar meer as R21 miljoen te spandeer aan onder meer nuwe reservoirs vir Koringberg, Riebeek-Wes en Chatsworth. “Daarby sal daar dringende aandag aan chlorinering gegee word om sodoende drinkwater van hoogstaande gehalte aan die gemeenskap te kan voorsien en Swartland se bloudruppel-punte te verhoog,” het Van Essen gesê. Die kapitaalbegroting vir die volgende vyf jaar sluit ‘n bedrag van meer as R4 miljoen in om dié oogmerke te

bereik. Om dit te bewerkstellig, moet die watertariewe met ongeveer 15% aangepas word “Die SM sien die bedryf van goeie en betroubare elektrisiteitsnetwerke as een van die belangrikste dienste om die totale Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling te bevorder”, het Van Essen ook gesê. “Daarom het die SM R66,3 miljoen vir die volgende vyf jaar begroot aan kapitale werke, wat insluit die opgradering van bestaande elektriese netwerke, kabels en substasies, soos vereis word deur NERSA. “Groot nuus is ook die nuwe substasie wat aan die noordelike kant van Malmesbury gebou sal word, waarvoor die SM reeds R15, 1 miljoen aan Eskom oorbetaal het. Hoewel Eskom sy verkooptarief aan sy eie verbruikers met 16% verhoog, sal die SM sy eie verkooptarief na verwagting met slegs 11,03% opstoot. Hierdie verhoogde tariewe sal vanaf 1 Julie van toepassing wees.


courant

courant menings/nuus

11

April 2012

die

2

Leer by Groen mense

Dis skielik koeler en die seisoen het gedraai. Daar het heerlike en welkome reën geval en een van die dae word die verwarmers nader getrek. So met die val van die reën is dit seker menslik om effe te laat gaan met die erns om water en hulpbronne te bespaar. Tóg moet ons liewer aan die langer termyn dink. Aanstaande week is Groen kantoorweek en almal word aangemoedig om hul groen bydraes te maak. Druk minder dokumente en skakel die ligte af en hou die krane toe wanneer jy kan. ‘n Paasnaweek in die Karoo by Johann en Hennesie Swanepoel was net die regte ding om die uwe weer te laat besef hoe maklik ons mors en weggooi. As die elektrisiteit van die sonpanele kom, die water moet gepomp word en die donkie gestook moet word om die water warm te maak, tap jy eenvoudig minder water in die bad en dink jy twee keer voor jy die toilet spoel of ‘n lig aanskakel (anders is die battery vroegaand kapoet). Dáár word nie net mense en goeie geselskap waardeer nie, maar ook die natuur en al die hulpbronne. Herwinning is aan die orde van die dag en die minimum word weggegooi. Uit bykans elke blikkie of verpakking herrys iets vir hergebruik. Papier beland nie in die asblik nie, want dit kan vuur help aansteek of vir iets dergeliks gebruik word. Al het hulle onlangs lekker reën gehad, bly hulle spaar. In die dorre Karoo is die mense Groen...

Vakansietyd: Die Weskus is elke jaar met die Paasvakansie een van die gewildste bestemmings vir va-

kansiegangers. Vanjaar was geen uitsondering nie. Hier baljaar drie brawe jong besoekers in Yzerfontein se koue water. Onder sak die son oor die hawemuur van Yzerfontein.

Kontak die courant by 022 487 3221; faks 086 699 6276; epos admin@diecourant.co.za www.diecourant.co.za

dis goeie nuus

deur: Dr. Andrew Bosman

Hiervoor het Christus ook gesterf Hievoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers. Die Paastyd is seker die belangrikste moment van die Christelike kerk. Jesus Christus het vir ons sondes gesterf maar as Jesus nie opgestaan het nie is die prediking en ons geloof tevergeefs. God het vir Jesus opgewek uit die dood. Hy is die eersteling uit die dood wat tot in ewigheid sal leef. Dit is belangrik dat ons aandag gee aan sekere sake. Ons lees in Romeine hoofstuk 14 sommige neem sekere dae waar, ander glo dat jy net sekere voedsel mag gebruik, ander eet alles. Wie is ons om oor ander te oordeel? Wat ons ook al doen of ons dit waarneem of nie ons behoort aan die Here. Niemand leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie, of ons dan lewe of sterwe Christus heers oor ons. Hy heers oor die lewende asook oor die dode. Hiervoor het Christus gesterf en opgestaan uit die dood. Hy het nie alleen ons sondes aan die kruis gedra nie maar ook vir ons verlossing opgestaan. Hy wil heers in ons lewens, ons neem daagliks baie besluite, mag ons lewens aan die Here gewy wees sodat ons beter besluite kan neem, tot Sy eer, anders het Hy tevergeefs gesterf wat ons betref as ons hierdie waarheid nie glo nie.

Nuwe munisipale tariewe - hoe raak dit jou maandelikse diensterekening? Maandelikse munisipale rekening - só gaan jan alleman vanaf 1 Julie geraak word: Tydens die toespraak van die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsheer Tijmen van Essen, is die volgende verhogings wat die munisipale rekeninge beïnvloed bekendgemaak: Eiendomsbelasting (residensieel) is 7.1% laer, maar kommersieel/industrieel styg met 6%, terwyl die landbou 25% van die

kommersiële/industriële koers sal wees. Elektrisiteit styg met ‘n gemiddelde verhoging van 11.03% en water styg met 12.5% (eerste ses kl gratis, van 7kl tot 30 kl per kiloliter van R 7.28/kl tot R 8.19/kl) (Deernis huishoudings se eerste 10 kl is steeds gratis) Vullisverwydering styg met 6.75% (vanaf R 77.51 per maand tot R 82.74 per maand) en rioolverwydering met 15% (vanaf R 110.18 per

maand tot R 126.71 per maand) Totale maandelikse munisipale rekeninge sal dus tussen ongeveer 10% en 12% (10.11%)verhoog word in gebiede waar Swartland die elektrisiteitsverskaffer is. In gebiede waar ESKOM die verskaffer is, sal die maandelikse munisipale rekenings met tussen 7.5% en 11% verhoog. Verhogings is bereken op werklike maandelikse fakture en die nuwe eiendomswaardasies is gebruik.

Kreef-wenners: Die wenners van ons kompetisie vir kaartjies na die gewilde Gansbaai Kreeffees wat Saterdag plaasgevind het, was Sandra Kotzé van Malmesbury en Amanda Hunt van Malmesbury.


courant nuus

11 April 2012

Vier geslagte vier 85 jaar: Met die 85ste verjaarsdag Maandag

van ouma Joey Greeff het sy dié mylpaal op Porterville gevier saam met haar dogter, Petro Knoetzen (afgetrede graad 1-onderwyseres by Laerskool Swartland op Malmesbury), kleindogter Franza Louw van Nuweland buite Malmesbury en agterkleindogters Aníse (4 jaar oud) en Hanné (8 jaar oud).

Stuur gerus ook jóu familiefoto In aanloop tot Moedersdag wat op 13 Mei gehou word, plaas ons graag foto’s van Swartlandse gesinne met vier (of meer?) generasies van die vroulike geslag. Dit hoef nie net met ‘n verjaarsdag te wees nie. Stuur gerus u foto van u vier generasies,

met byskrifte, aan admin@diecourant. co.za vir moontlike plasing. Die manne hoef nie terug te staan nie ná Moedersdag sal die courant graag ook foto’s plaas van vier generasies (of meer?) Swartlandse manne - onthou dus die kamera vir die volgende gesinsbyeenkoms!

Jong Dirkie Uysers presteer Corin de Waal (regs) en Margerite Hartung van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg was deel van die o.11 tot o.13 tennisspanne wat deelgeneem het aan die Synergy Cup in die Paarl. Dit is ‘n interprovinsiale toernooi tussen Boland, WP, OP, SWD en Griekwas. Boland het algeheel eerste geëinding en elke spanlid het ‘n goue medalje ontvang. Corin de Waal het ook aan die Boland Super 7 tennistoernooi in die Strand deelgeneem. Sy was die naaswenner van die enkels- en wenner van die dubbelspel in die dogters 0/12 afdeling. Corin het aan die SA Laerskole interpro in Bloemfontein deelgeneem. Boland het 4de uit 13 provinisiale spanne geëindig. Sy is gekies vir die SA skole 0/12 span wat aan die einde van die jaar na Maleisië toer.

Wiele rol nou vir oorplanting Petrolene (Pietie) de Beer van Malmesbury is verlede week opgeneem in die Beenmurg-eenheid van Constantiaberg-hospitaal om chemoterapie te kry ter voorbereiding van haar beenmurgoorplanting op 18 April. Volgens die beplanning sal die skenker se beenmurg op 16 April in Kanada geoes word, voordat die kosbare vrag op 17 April na SA toe oorgevlieg word vir oorplanting op 18 April. “Daar lê nou ‘n rowwe tydjie voor met die chemo wat haar baie siek kan maak en ons moet net aanhou bid en glo sy sal hierdeur kom en dat haar liggaam uiteindelik die skenkerbeenmurg sal aanvaar,” het ‘n vriendin, Kobie Koegelenberg, verlede week gesê.

3


4

Doellyn toe....

Die jaarlikse St. Stithians-rugbytoernooi is die vakansie in Johannesburg beslis. ‘n Gekombineerde span van die top o.19-spelers van Schoonspruit en Piketberg het weer as die Standard Bank uitnodigingspan aan dié toernooi deelgeneem. JJ Stander (regs) van Piketberg het op vleuel diens gedoen vir die Standard Bank uitnodigingspan. Hy wys hier hakke vir ‘n speler van Boland Landbouskool.

courant nuus

Goeie druiwe en mooi geure, aldus nuwe wynmaker Riaan van der Spuy is tans besig met sy eerste seisoen as wynmaker by Pulpit Rock Wynkelder buite Riebeek-Wes. Hy het op Piketberg grootgeword, waar sy ma ‘n onderwyseres is, voordat hy by Elsenburg Kelder-tegnologie voltooi het in 1997.

Hy en sy gesin het onlangs na Malmesbury verhuis nadat die egpaar vir ses jaar in Uruguay op sy vrou se familieplaas gewerk het. “My vrou en kinders is almal in Uruguay gebore en Spaanssprekend. Die grootste aanpassing vir hulle op hierdie stadium is om gewoond te raak aan Afrikaans en Engels, tog is ons almal besig om baie lief vir Malmesbury te raak. Die platteland is goed vir ons - die mense is baie behulpsaam en vriendelik en

daarom voel ons as gesin heel gemaklik en tuis,” vertel dié energieke wynmaker. Oor sy indrukke oor Urugay, sê Riaan: “Uruguay is ‘n pragtige plek met goeie mense en lekker kos en ryk Spaanse en Italiaanse tradisies. “Ek verlang veral terug na die strande en die pragtige hoofstad, Monte.” Hoe ervaar dié wynmaker sy eerste parsseisoen in die Swartland? “Baie lekker. Ek werk met goeie druiwe, mooi geure en konsentrasie. “Maar die Swartlandse wynmaker het beslis nie ‘n maklike jaar nie. “Nietemin begin die wyne mooi lyk en daar is veral uitskieters onder die Chardonnay en Chenin Blanc. Pinotage lyk baie mooi en dit lyk of die Cabernet Sauvignon mooi vol ryp gepars was en is volryp met aantreklike tanniene.” Wat is jou gunsteling wyndruif kultivar om mee te werk? Shiraz en Chenin Blanc Wat is jou gunsteling kos- & wyn kombinasie? Gebraaide snoek met ‘n goeie Pinotage - rooi of rosé. Hoe ontspan jy as jy nie by die werk is nie? Speel met my kinders. Foto: Pulpit Rock se nuwe wynmaker, Riaan van der Spuy, met sy vrou Claudia en die sesjarige Lucia en driejarige Felipe.

Sy kombineer twee voorliefdes - musiek en bejaardes

Annemarie Joubert van Moorreesburg doen sommer twee dinge waarvan sy hou, tegelyk: sy speel die trekklavier én sy spandeer tyd met bejaardes. Met haar trekklavier maak sy graag elke tweede week musiek vir die bejaardes van Huis Moorrees en Huis Emmanuel op Moorreesburg. En te oordeel aan hul deelname, geniet die inwoners hierdie helder, vrolike klanke met oorgawe. Annemarie vertel dat sy as student in

die vroeë 1970’s by haar woonstelmaat leer trekklavier speel het. ‘Ek het egter eers baie jare later my eie trekklavier gekry en geniet dit om dié instrument te bespeel. “Dis vir my baie interessant om te sien hoé die inwoners van die siekeboeg sommer nuwe lewe kry as hulle die musiek hoor. “Dikwels sit en slaap hulle sommer daar, maar as die musiek begin, raak die voete aan die roer en kom daar nuwe lewe in die vertrek!” vertel sy.

courant eiendom

11 April 2012

Raad vir huiskopers

Hier volg tien van die goue reëls wat jou eerste huis-koop baie makliker sal maak: 1. Spaar vir ’n deposito. Banke is meer bereid om sake te doen met mense wat geldelike begrip en verantwoordelikheid wys. Dit wys jy is ernstig as jy vir die verkoper kan sê jy kan dadelik ’n deposito aan sy prokureur betaal terwyl jou aansoek om ’n verband verwerk word. 2. Wees bewus van al die koste wanneer jy eiendom koop. Dink aan wat dit jou gaan kos om te trek en dan is daar nog uitgawes soos oordragkoste, die registrasie van jou verband deur ’n prokureur en die tarief vir die akteregistrasie. Jy moet dit als dadelik betaal, so jy moet ekstra geld beskikbaar hê nadat jy die deposito betaal het. 3. Dit is nie altyd ’n slegte idee om eiendom saam met vriende of familie te koop nie. Dit kan meer bekostigbaar wees, want die banke kyk na jul totale inkomstekapasiteit. Maak net seker ’n verbanduitmaker stel ’n ooreenkoms saam oor hoe die aandele in die eiendom verdeel sal word as iemand wil kop uittrek of sy deel wil verkoop. 4. Maak seker jou krediet-inligting is gesond. Die bank gaan nie aan jou ’n lening toestaan as jy die afgelope drie tot ses maande laat betalings op jou rekeninge gemaak het nie. Kopers kan by die kredietburo uitvind hoe hul kredietprofiel lyk.

5. Moenie oorhaastig ’n kontrak teken nie. Sê vir die agent jy wil ’n afskrif van die kontrak hê en gaan dit deeglik na en maak seker voor­ dat jy teken. 6. Die gebied waar jy koop, is belangrik. Koop in die beste area wat jy kan bekostig. Die ligging van jou eiendom is ook belangrik. 7. Voordat jy jou hart op ’n eiendom verloor, vra ’n eiendomsinspekteur om dit te evalueer, veral as daar goed is wat pla of waaroor jy onseker is. 8. Raak vertroud met die proses van eiendom-koop en huislenings. Begin deur uit te vind vir watter bedrag jy kwalifiseer. Vra die bank om vir jou ’n huislening-voorafgoedkeuring te gee. 9. As jy direk van ’n bouer of ontwikkelaar koop, kan jy op wetlike oordrag en die verbandregistrasiekoste spaar. Jy het ook die voordeel van ’n splinternuwe huis. Alle nuwe huise moet geregistreer wees by die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRC) wat verseker die bouers hou by sekere standaarde. 10. Onthou, jou uitgawes hou nie op sodra die eiendom in jou naam is nie. Water en ligte, heffings, diensgeld en belasting, versekering op die gebou en die algemene instandhouding van die eiendom plus jou maandelikse paaiement moet betaal word. Maak seker jy kan dit bekostig.

Costs involved ... Borrowing

posit is the home loan amount. Registration cost - Includes attorney’s fees for registering the home loan including stamp duty, postage, conveyancing fees and VAT. Transfer fees - This fee is paid to the attorney processing the transfer of the property and is calculated on a sliding scale based on the amount of the home loan. Initiation fee - A once-off fee charged by the bank in order to generate the home loan. Service fee - This is monthly fee charge on home loans for residential property. Deeds Office fee - Fees charged by the Deeds Office for registering the new ownership of the property. Property valuation fee - Charged by the bank for assessment of the property.

the money to purchase a home is the biggest financial commitment most people undertake. The most common place to borrow from is a financial institution, such as Absa, where the home loan you are granted will be tailored to suit your individual financial needs. There are quite a few costs involved in home buying and we recommend that you have around 10% of the purchase price available to cover these expenses and deposit requirements. Typical home buying expenses include: Deposit - It is a down payment or partial payment made at the time of purchase. The difference between the purchase price and de-


11 April 2012

courant eiendom

Swartland se nuwe belastingkoers onderskei tussen sakepersele en huise “Aan die een kant wil ons residensiële eiendomme minder belas en aan die ander kant wil ons besighede nie afskrik nie,” het die burgemeester, Tijmen van Essen tydens die afgelope raadsvergadering gesê. Met die algemene waardasieproses wat einde se kant toe staan, kan die Swartland Munisipaliteit aandui dat, hoewel daar normaalweg meer as 10% van die eienaars appèl aanteken teen hulle waardasies, die SM vanjaar so min as 5% klagtes en appèlle gekry het. Dis minder as 1 000 van die ± 24 000 eiendomme. Dit is so dat die meeste eienaars hulle eiendom graag vir meer as die waardasieprys op die mark sal wil plaas en klagtes gaan in die meeste gevalle nie oor die waardasiebedrag van die eiendom nie, maar wel oor die verhoging van eiendomsbelasting. Daar is met hierdie waardasie (net soos met elke vorige waardasie) in sekere dorpe groot opwaartse aanpassings, maar daar is ook afwaartse aanpassings per eiendom. Om die koers vas te stel word die totale nuwe eiendomswaarde vergelyk met die vorige totale eiendomswaardes, dan word die nodige tarief aanpassings gedoen om dieselfde inkomstes te verseker. Die ou koers van residensieel, kommersieel en industrieel was al die jare in die Swartland dieselfde. En dit vergelyk goed met die res van die provinsie se munisipaliteite. By ses munisipaliteite is die koers van residensieel die helfte van die kommersiële/industriële koers en die SM het besluit om ‘n verskil tussen die twee koerse in te stel. Dit sal egter op ‘n baie voorsigtige en deurdagte manier ingestel word. Aan die een kant wil ons residensiële eiendomme minder belas en aan die ander kant wil ons besighede nie afskrik nie. Die enigste manier om te strewe na ‘n wel-

varende Swartland Munisipaliteit is om huidige bewoners en nuwe intrekkers nie af te skrik met hoë munisipale rekeningenie en in dieselfde tyd bestaande besigheidsmense te behou en nuwe besighede aan te moedig om hulle in die Swartland te kom vestig. Die voorstel is dan ook om die belastingkoers van kommersieel/industrieel met 6% te verhoog en die koers van residensieel word verlaag met ongeveer 7.1%. Vir die volgende vyf jaar word voorsien dat die koers van residensieel elke jaar met ± 4% sal styg terwyl die koers van kommersieel/industrieel met ± 6% per jaar sal styg. Dit sal inhou dat die koersverskil tussen residensieel en kommersieel/industrieel oor 5 jaar ± 21% verskil sal toon. Daarby bly die afslag van elke residensiële eiendom R 15 000.00 op die waardasie van die eiendom soos deur die wet bepaal. Afslag vir pensioenarisse met inkomste laer as 2 keer die staatspensioen plus 10%, sal behou word op 40%. Inwoners, wat die geregistreerde eienaars van ‘n residensiële eiendom is en wat in die finansiële jaar 65 jaar word en ouer, is bo en behalwe die R 15 000.00 afslag, geregtig op ‘n ekstra afslag van R 200 000 op hulle residensiële eiendomswaarde, op voorwaarde dat hulle self die eiendom permanent moet bewoon. ‘n Eienaar kan egter net vir een van die twee afslae kwalifiseer en die mees gunstigste korting sal in berekening gebring word. 23 Weskaapse munisipaliteite se gemiddelde eiendomsbelastingkoers van residensiële eiendomme word gestel op 100% en Swartland is op daardie skaal 2% goedkoper. By die kommersieel/industrieel-eiendomsbeslastingkoers oor dieselfde 23 Weskaapse munisipaliteite is Swartland se skaal 33% goedkoper.

5


6

courant nuus

11 April 2012

Presies 50 jaar later: Die Hoërskool Swartland, wat vanjaar die eeufees van sy skoolgebou vier, het verlede week, presies 50 jaar ná die ingebruikneming van sy nuwe skoolsaal, ‘n gedeelte van die skoolsaal se dak vervang. Dié werk is genoodsaak weens lekkasies. Op die inlas is mnr. F.S. Robertson, wat 50 jaar gelede die skool se hoof was met die ingebruikneming van die saal.

Swartlandse langasems draf Twee Oseane kaf

Die jaarlikse Twee Oseane Marathon is die afgelope Saterdag in gure weer in Kaapstad beslis. Die langasems van die Swartland atletiekklub wat die ultramarathon oor 56km voltooi het, is (met ouderdom en tyd): christiaan adonis (31) 04:30:39 abrahams afrika (37) 06:13:06 llewellyn bester (46) 06:32:09 nerina bester (32) 05:58:45 richard butcher (62) 05:44:23 bennie carstens (26) 05:44:18 wanda carstens (50) 05:53:11 adele cruywagen (44) 05:37:19 adri de wet (45) 06:17:38 jenita du plessis (39) 05:34:53 sakkie du toit (42) 05:12:40 sarie erasmus (62) 06:38:05 anita fortuin (33) 06:26:52 hercu hofmeyr (53) 04:39:18 louis holtzhausen (40) 05:54:40 chris jansche van rensburg (42) 06:17:38 riaan koch (48) 05:57:01 benni kotze (44) 06:27:27 tertius marais (35) 05:39:25 petrus myburgh (48) 04:36:00 suzan osborne (50) 06:32:09 frederik pieters (46) 06:06:54 fietie rocher (37) 05:46:05

loutjie swartz (61) 06:19:30 wilfred turner (39) 06:10:43 andre van rooyen (49) 06:05:46 riaan van zyl (38) 04:52:11 adri visser (60) 05:35:09 janine weideman (44) 06:20:22 gavin wiggill (47) 06:18:21 leon williams (50) 05:15:15 andries zeeman (38) 05:39:05 derick zoutman (34) 05:14:02 Daar was ook ‘n halfmarathon (21kmwedloop). Die volgende lede van die Swartland het dié wedloop kafgedraf: pieter andersen (40) 02:58:39 helena bester (33) 01:51:01 danèlle carstens (23) 02:36:16 frikkie carstens (50) 02:36:16 elmarie coetzee (53) 02:16:56 lydia deetlefs (39) 03:05:03 carol jordaan (30) 02:11:41 eugene koekemoer (52) 02:15:00 leana lubbe (25) 02:08:55 albertus myburgh (60) 02:47:44 rejuan pienaar (39) 01:51:02 nico russouw (30) 01:55:41 piet smit (57) 01:36:09 conrad spies (36) 02:14:18 deon viljoen (54) 02:32:13

ACVV op Malmesbury ontvang produkte Die Curves-groep van Malmesbury het verlede week 325 kg se kosware aan die ACVV van Malmesbury oorhandig. Suzanne Osborne van Curves sê dat nuwe lede wat in Maart aangesluit het, kosware vir welsyn geskenk het in plaas daarvan om die aansluitingsfooi te betaal. “Die meeste mense wou baie graag ‘n verskil maak in ander mense se lewens en het fluks bygedra om die groot hoeveelheid kos bymekaar te bring. Veral SASKO en Groep 35 van Riebeek-Wes het ruim bygedra,” het Osborne gesê. Die voorsitter van die ACVV op Malmesbury, Elize Weyers, het gesê dat ge-

Op die foto is Lashti Rosenburg en Eleanor Roodt van Curves, Tokkie du Toit van die ACVV, Suzanne Osborne (Curves) en Elize Weyers, voorsitter van die ACVV.

sindhede soos hierdie die ACVV help om hul werk te kan uitvoer. “Sonder hierdie soort donasies kan ons nie voorsien in die groot nood wat die huidige ekonomie meebring nie.”


courant nuus

11 April 2012

7

Lei jeug met waardigheid sê Philander

In ons reeks met raadslede van die Swartland Munisipaliteit, gesels ons vandag met Desmond Philander van Moorreesburg, proporsionele raadslid vir wyk drie.

Vertel ons van jou kinder- en jeugjare? Ek is gebore in Kensington, Kaapstad. Weens die Groepsgebiedewet moes ons uit dié gevestigde area verskuif na Elsiesrivier, waar daar geen geriewe was buiten ‘n gemeenskaplike kraan nie. My ma was die sterk persoon in my lewe – ‘n gelowige mens en ‘n besigheidsvrou. Sy het goeie waardes in my vasgelê en het my van kleinsaf geleer dat wanneer ek by die tuinhekkie uitstap, ek verantwoordelik is vir my eie dade, dat “ek dan my eie ‘grootman’ is”!

Ek is gekonfronteer deur bendes, en ek moes kiés hoe my vriendekring moes lyk – in daardie tyd ná my ma se dood het die kerk en die ANC vir my ‘n tuiste gebied. Ek is binne die ANC opgelei binne die advieskantore en regshulpklinieke en het wyd gewerk met konsultasiewerk en fasilitering. Ek het studeer aan die Potchefstroom-kampus, by Ford Hare, die Universiteit Wes-Kaap en deur Unisa. Ek het Moorreesburg toe verhuis nadat ek my vrou Cathlene, (‘n Moorreesburger) ontmoet en met haar getrou het. Ons het twee dogters. Vertel ons van jou lewe as raadslid? Dit is my eerste termyn as raadslid en ek leer elke dag nuwe dinge! Ek is tans ‘n vrywilliger vir HIV-vigsklinieke en ondersteuningsgroepe: ‘n HIV-vigsvrye gemeenskap is my lewensdroom! Ek sien gereeld die trauma van dié wat agterbly. Mense klop gereeld by my en Cathlene aan vir raad en hulp. Verder bied ek opleiding in tronke en ek fokus graag op mense se lewenstyl – ‘it is all about attitude’! Noudat op die Raad dien, bly ek en Cathlene dieselfde mense, en is ons vriendekring nog steeds dieselfde as voorheen.

My ma is dood toe ek ‘n jong seun was en toe moes ek skielik my eie keuses begin maak.

Wat is jou visie vir jou werk as raadslid? Ek beywer my daarvoor dat die Weskus Kollege ‘n satelliet-kampus op Moorreesburg open. Ons dorp het ‘n probleem met hul skoolverlaters, wat

kykNET hoe kook Swartlanders op die kassie Drie Swartlandse kokke het pas deelgeneem aan die verfilming van die program Boerekos deur Dine van Zyl, vir kykNET. Mynhardt Joubert van Bar Bar Black Sheep op RiebeekKasteel, Bertus Bester van Allesverloren buite RiebeekWes en Elrika Lesch van Malmesbury, stem oor één ding saam: om voor die kameras te kook, was pret! Die bekende in kosmaakkringe, Dine van Zyl, het pas deur die land gereis om opnames te maak vir die program Boerekos, wat vanaf Sondagaand om 19:30 op KykNET te sien sal wees. Herhalings vind op Maandag, 16 April (14:00); Dinsdag, 17 April (10:30) en Woensdag, 18 April (00:00) plaas. Vir die reeks het Mynhardt skilpadjies berei (lewer in

netvet toegedraai), asook ‘n soet mostertsous en afval as ‘n hoofmaal. “Vaal afval, soos ons dit in die Oos-Vrystaat geëet het,” verklaar Mynhardt. Bertus het ‘n kerrie skaapnek en springbok-lendetjops gemaak en dit baie geniet om voor die kameras te werk. “Dis weer ‘n nuwe ondervinding,” vertel hy. Elrika het varkskenkels met kwepers in die oond gebak, met kapokaartappels en rolypoly vir poeding. “Intussen het ons outydse soetkoekies in die bakkery gebak - dit klink na eenvoudige geregte, maar dit was groot pret!” vertel sy. Hoewel die eerste episode op 15 April uitgesaai word, sal die Swartlandse kokke eers in die agtste episode te sien wees (3 Junie).

Skakel ons gerus met enige goeie nuus of as u u onder neming in die courant wil adverteer - 022 487 3221

nie ‘n heenkome het nie. Verder moet ons as volwassenes weer sorgvuldig nadink hoé ons elkeen belê in die jeug; watter waardes ons elkeen voorleef vir die jongmense. Ons wat grootmense is, moet die jonges weer teruglei na die kerke en na waardes toe! My hart breek vir dié dinge wat kinders as die norm aanvaar; die drankbottel wat die norm geword het. Ons moet dié siklus breek! Ons moet die jeug met waardigheid lei. Verder is ‘n veeldoelige sentrum vir Moorreesburg se jongmense ‘n moet! Die sosio-ekonomiese opheffing van die jeug is sinoniem met ‘n gesonde jeug, want as hul energie in ‘n gesonde rigting gekanaliseer word, sal ons minder probleme ondervind! Ek sien mense tree soms moedswillig op teenoor mekaar. Ek glo mense moet eerder hul

sake uitpraat en besleg, want dis beter as om hof toe te gaan. My oortuiging is dat ‘n mens eers alle roetes moet ondersoek voordat daar ‘n hofsaak kom! Hoe spandeer u graag u vrye tyd? Ek lees baie, ek help gereeld kinders van die omgewing om inligting te kry vir skooltake en ek is baie lief vir die natuur, veral vir die see en vir bergklim. Die natuur bring die goeie in ‘n mens na vore! Het u ‘n boodskap vir vandag se Swartlanders? My wens vir die Swartland is dat ons almal in eerlikheid en in eenheid sal saamwerk! Kom ons werk hard daaraan om die ekonomie vir almal oop te maak, sodat daar baie meer geleenthede vir almal sal wees!


courant courant wat gebeur

8

11 April 2012

Sudoku 168 Sudoku 167 antwoord

die courant April

Wen nuwe CD van AGS Corpus Christi Die AGS Corpus Christi-gemeente op Malmesbury het onlangs sy tweede CDvrygestel. Die gewyde CD spog met 12 geestelike liedere van lofprysing en aanbidding, vertroosting en getuienis. Een gelukkige leser kan ‘n eksemplaar van Iets Beters wen. Om in aanmerking te kom vir die CD, sms u naam, dorp en die naam van die CD voor Dinsdag 17 April na 084 8333813. Skakel gerus vir pastoor Piet Smit vir enige navrae in verband met die CD by 073 447 2902. Aandskemering tehuis vir bejaardes 11 April - Algemene vergadering by Aandskemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury om 10:00. Alle verwante rolspelers en familie is welkom. Skakel die tehuis vir navrae: 022 4821466. Aandskemering tehuis vir bejaardes 13 April - Aandskemering tehuis vir bejaardes hou om 10:00 ‘n gesellige oggendtee met verversings en motiveringspreker Dirk van Schalkwyk deel sy kosbare staaltjies. Sagte kollekte vir tehuis se fondse. Skakel 022 482 1466 vir navrae. Voortrekkers van Malmesbury 13 tot 15 April - Die Voortrekkers van Malmesbury hou ‘n werwingskamp by Langkloof vir kinders graad 6 tot graad 9met baie avontuur, paintball, nagmars in die woud, potjiekos-kompetisie en baie pret teen R200 pp. Skakel Sunet de Jongh vir meer inligting. Inskrywings sluit 11 April. Lions Potjiekoskompetisie op Malmesbury 14 April - Lions Potjiekoskompetisie op Malmesbury Die Lions hou ‘n fondsinsameling, vir die derde jaar in die vorm van ‘n potjiekoskompetisies by die Skougronde. Inskrywings is R200 per span. Die Stormers speel 09:35 teen die Crusaders en almal is welkom om van 09:00 af stalletjies op te stel en die rugby saam te kyk. Beoordeling geskied teen 15:45 Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar asook ‘n dans na die afloop van die kompetisie. Skakel Andy Johnston met navrae (083 256 8178)

kalender Vriendinne vir Jesus 14 April - Vriendinne vir Jesus vergader op die hoek van Ford- en Sarel Cilliersstraat om 10:30 vir 11:00. Sprekers is Adri Theron, Elandi Pool en Charné Snyman. Kaartjies teen R120 p.p. en sluit ‘n ligte middagete in. Skakel Karen by 079 1877 781. AGS Corpus Christi 15 April - Die AGS Corpus Christi op Malmesbury bied Sondagoggend 15 April om 09:30 hul diens aan, met die tema: ‘Het Jy ‘n Fariseër- Of ‘n Jesus-Gesindheid? Die prediker is pastoor Piet Smit. Die aanddiens is ‘n Gesinsdiens om 18:30. Skakel 073 447 2902 vir navrae.

Wenners van kaartjies na Lize Beekman op Malmesbury

Agrimark hou Damesontbyt 17 April - Malmesbury Agrimark bied ‘n Damesontbyt aan op 17 April by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Tydens hierdie geleentheid gaan ‘n nuwe tuinboukompetisie geloods word. Bekende sprekers soos Anna Celliers(Gardener en Pasella), Andre Bimray(TV persoonlikheid van Design-a-Garden), Elsabe Aldrich asook PG Engelbrecht (kulkunstenaar), gaan die gaste vermaak. Daar sal spesialiste beskikbaar wees om ons vrae te beantwoord asook tegniese raad te verskaf. Die koste is R100 per persoon wat ‘n heerlike ontbyt en verversings insluit. Kaartjies is beskikbaar by Malmesbury Agrimark: Vicky Botes ( 022 482 8119). Lize Beekman by De Bron Klein-teater 20 April 2012- Bekende en gewilde sanger Lize Beekman tree op by die De Bron Klein Teater. Gaste kan van19:00 gesellig verkeer, eet en kuier om die tafels terwyl die vertoning om 20:00 begin. Koste: R100pp - Bring eie eet en drinkgoed saam Tafels van 4 of 6 kan bespreek word. Kontak nr: Tel: 022-4872000 - M4 EventsKallie Kriel op Malmesbury 19 April - Die Malmesbury Landbouvereniging hou hul algemene jaarvergadering om 19:00 by die Kaap Agri Ledesaal op Malmesbury. Die spreker is Kallie Kriel - ‘Doeners skryf die geskiedenis’. Trap vir die diere 21 April - Kom maak jul litte los vir 10 minute by

Lize Beekman tree aanstaande Vrydag die 20ste April op by die De Bron Klein Teater op Malmesbury. Die twee gelukkige lesers wat elkeen ‘n dubbelkaartjie gewen het na dié vertoning, is Andra Tinderholm en Fanie Walters van Malmesbury. Kaartjies (@ R100) vir Lize Beekman is beskikbaar en besprekings kan gedoen word by 022 4872000. Bring jou eie eeten drinkgoed en kom kuier om ‘n tafel saam met vriende. Janno’s van 07:00 tot 15:00 - trapfiets of Swingball of tafeltennis. Gee ‘n R50-donasie vir die Darling SPCA en geniet 10 minute op enige van dié apparate. Enige tweedehandse komberse, klere of toebehore is ook welkom. Skakel René vir navrae: 082 773 9621/rene@bossies.co.za Bootsale op Moorreesburg 28 April - Moorreesburg-/Koringberg Toerisme reël ‘n ‘bootsale’/markdag by die museum-terrein op Moorreesburg om 08:00 tot 14:00. Die inskrywingsfooi is R30. Kontak Annelize @ 022 433 1072 / 082 574 0357 moorreesburg@westc.co.za


courant courant kos en nuus

11 April 2012

9

Karin Rabbets van die die Deli in die Checkers-sentrum op Malmesbury het hierdie week se heerlike Souttert voorberei. Besoek die Deli vir heerlike tuisgebak, smaaklike wegneemetes en vele meer.

Souttert na smaak

Genoeg vir 4persone

Die toergroep van Hoërskool Swartland saam met oudleerling Pieter-Steph du Toit by Kings Park-rugbystadion.

HSS toer met sukses na Kwazulu-Natal

Vinnig en maklik

Bestandele:

* 1 250g bakkie gladde maaskaas * 2 opgehoopte eetlepels bruismeel * 2 eiers * 1k gerasperde cheddar kaas

Ek het die volgende gebruik:

Metode:

2 kop gerookte hoender opgesy. 1/2 ui, rooi en geel soetrissie in blokkies gesny en gebraai. Geur met sout en peper en knoffel en kruie geursel.

Meng die vier bestanddele en voeg jou keuse van vulsel by.

Bak vir 30 minute by 180 grade.

Die o.19 rugbyspan van Hoërskool Swartland bestaande uit 23 leerders, 5 personeel/afrigters en 4 ouers het vanaf die afgelope vakansie ‘n toer onderneem na KwaZulu Natal. Hulle het ook besoek afgelê by die Sharks Akademie en Kingspark Rugbystadion wat ‘n vaardigheidsessie deur die personeel van die akademie ingesluit het. Die toergroep het aan ‘n toernooi in Port Shepstone deelgeneem wat aangebied is deur die oudste sportakademie in die land, Sportweni.

Die Saterdag se wedstryde moes ongelukkig afgestel word weens swaar reën. Die eerste wedstryd het plaasgevind op Maandag, 2 April teen Hoërskool Sutherland van Centurion. Swartland het met 15–9 gewen. Dinsdag het hulle gespeel teen Primrose van Germiston en dié keer was HSS 40–0 baas. Die toer is afgesluit met ‘n besoek aan uShaka Marine World in Durban. Die organiseerders en toerlede het almal bedank wat ‘n bydrae gemaak het tot die onvergeetlike ervaring.

Swartlanders presteer in Tweekamp: By die Suid-Afri-

kaanse Tweekampbyeenkoms wat die naweek in Kimberley gehou is, het die Swartlandse atlete soos volg presteer: Tony Louw van Christelike Privaatskool Malmesbury (s.11 - 34ste); van Hoërskool Swartland was daar Micke Smit (d.13 - 3de); Renelda Scholtz (d. 15 - 9de) en Karla Smit (d.15 - 18de). Die Malan-gesin van Malmesbury, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar die ongewone prestasie behaal het om as gesin in die Boland tweekamp-span opgeneem te word, het soos volg presteer: Annereen Malan (d.17 - 13de); Heleen Malan (d.19 - 4de); Daniel Malan (s. 19 - 11de); Mariaan Malan (veterane - 3de) en Dirk Malan (veterane - 13de).


10

die courant

courant dienste

11 April 2012

dienste

Pryse binne elkeen se bereik by Biltong en Nuts Biltong and Nuts is ‘n winkel op Malmesbury propvol van die lekkerste snitte biltong, droëwors en verwante eethappies, spesiaal vir die bederf-oomblikke in die lewe. Dié winkel van Warren en Petro Joseph in Piet Retiefstaatstraat, Malmesbury, het drie maande gelede geopen met één doel voor oë: Om lekker biltong, droëwors en ander happies binne elkeen se bereik te bring. “Ek en my vrou het so twee jaar gelede begin om by ons huis biltong te maak, toe ‘n vriend Riaan Bekker uit die Kruger wildtuin se omgewing se wêreld vir ons gewys het hoe om biltong te sny en te spesery,” vertel Warren. “Ons het aanvanklik uit ‘n springbok die eerste biltonge gesny ter oefening, en daarvandaan was biltong en droëwors ons

Om hier te adverteer vir bekostigbare advertensies wat werk, kontak ons gerus by 022 487 3221

voorland!” Hoewel die winkel net drie maande oud is, is die bedryf en die kundige vingers wat die sny en insout van die biltong hanteer, reeds vir twee jaar daarmee aan die gang. Biltong and Nuts beloof heerlik gegeurde wilds- en beesbiltong, keurig gegeurde droëwors, chilli bites en ‘n groot verskeidenheid happies vir die lekkerbek, teen bekostigbare pryse. Dié innoverende winkel-eienaars het ook spesiale speserymengsels wat op aanvraag beskikbaar is en lewer hulle produkte op spesifieke afsetpunte, wat ander winkelgroepe soos 7-11 en Druiwetros insluit. Biltong and Nuts is weeksdae oop van 8:30 tot 17:00 en Saterdae van 9:00 tot 13:00, of skakel die winkel by 083 206 0872 met u navrae of bestellings.


die courant 11 April 2012

Algemeen

1

• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosiaatberader ABBO/Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80

Gesoek Wanted

2

• GOEDERE GESOEK - 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, asook linne, skoene, handsakke en breekgoed. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528

Te koop For sake

4

Te Huur To Let

7

• KROEGYSKAS TE KOOP - R400. Kontak 072 245 1850 ----------------------------• BRICK A BRACK Old porcelain + glass + silver + brass + other pretty & useful things. Contact Max for appointment 083 275 8266 ----------------------------• EGTE LEER MANSSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15) . Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

• PROPERTY SELLERS - R3900 - 3Slaapkamers + Buitekamer. R3900 - 2Slaapkamerhuis/Besigheid. R5000 - Groot huis vir Besigheid. R4250 - 3Slaapkamerh + mh (kompleks). R5800 - 3Slaapkamer + dmh (kompleks). R3100 - 2Slaapkamer w/stel + Sekr afdak. R6900 - 4Slaapkamerh + dmh. Skakel ons by 022 487 1264 ---------------------------• 3SLAAPKAMER MEENTHUIS - In sekuriteits kompleks. En-suite badkamer in hoofslaapkamer. 1x badkamer. Oopplan kombuis en sitkamer, buitebraai, enkel garage. R4250pm, munisipale rekening uitgesluit, koopkrag. Kontak Martin by 071 639 2805 ----------------------------• WYKLAND EIENDOMME, RIEBEEK KASTEEL Riebeekvallei. R4400 Ongegund

- 3/4 slaapkamer, 2 badkamer, onthaal area, oopplan sit/ eetkamer/kombuis. Geen motorhuis. Onmiddellik beskikbaar. R3850 Ongegund - 2 slaapkamer, sit/eetkamer, kombuis met enkel motorhuis. R3080 Riebeek Kasteel - Massiewe “bachelor” met groot privaat omheinde tuin, fantasiese uitsig oor die vallei. Koopkrag. Onmiddellik besikbaar. R4200 RiebeekWes - 3slpk, 2badk, enkel motorhuis, privaat tuin in kompleks. Uiters veilig. Onmiddelik beskikbaar. R2750 Riebeek-Wes - 2slpk woonstel aan huis met sitkamer/eetkamer. Ruim kombuis en waskamer. Besigheidspersele: R1320 Ideaal vir kantore - onmiddellik besikbaar. Sentraal geleë. R4995 Slaghuis te huur. Kontak Anita gerus by 082 722 3330. ----------------------------• DU TOIT TRAILERS Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggyback”. Kontak 022 482 1767 / 072 237 2349

Dienste Services

12

• DIENSTE GELEWER - Vervoer van meubels, verwydering van bourommel en tuinvullis, afsaag van bome & afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336 ----------------------------• WIL JY DALK IETS OUDS KOOP OF VERKOOP? - Skakel of kom besoek dan gerus die Negosikas. Op die hoek van Hill en Vrede-straat, Malmesbury. Skakel 022 487 2601 ----------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwotasies. Skakel 083 227 5937 ----------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies,

koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@gmail. com of www.abcpartytjies.weebly. com

Betrekking beskikbaar

17

• SOEK BETROUBARE HUISHULP - 3 Dae ‘n week. Moet kan kook. Moet verwysings hê. Skakel 084 250 2460

Diere Animals

18

• 2 JACK RUSSELS TE KOOP - 1 Reuntjie en 1 Tefie. Nou 7weke. Opreg en ingeënt. R700. Kontak 084 548 6880 ----------------------------• YORKIE REUN - 2 en ‘n half jaar oud. Klein tipe. Goeie teelhond. R800. Kontak 022 482 2219 of 083 955 4535

courant

* LET OP * Die betalling vir alle geklassifiseerde advertensies (smalls) is Dinsdaemiddae om 14h00.

mini gigs

11

& dienste


courant agterblad

die

swartland en weskus

11 April 2012

Kavaliers wil Haaie kom troef GROOT RUGBY!!! Daar is geen ander manier om die aksiebelaaide program vir Saterdag op die Wesbank-sportterrein te beskryf nie. Al is die provinsiale Vodacom-bekerwedstryd tussen die Boland Kavaliers en die Natalse Haaie die hoofdis op die spyskaart, is daar nie minder nie as vyf ander derby-wedstryde wat nou reeds ondersteuners se bloed vinniger laat vloei. Die program skop af met die laerskolekragmeting tussen die Malmesburybuurskole Liebenberg Primêr en St.Thomas Primêr wat om 09:15 op die C-veld begin. Daarna volg die wedstryd tussen die o.19-spanne van Wesbank Sekondêr en Schoonspruit Sekondêr om 10:00 op dieselfde veld. Coronations (Kalbaskraal) en Die Dorings (Malmesbury)/Young Eagles (Dassenberg) volg om 11:00 waarna die aksie na die A-veld verskuif. Hier draf Bloues (Malmesbury RVK) en Abbotsdale Rugbyklub om 12:00 uit voordat die bulspanne van Never Despair RVK en Wesbank Rugbyklub mekaar om 13:30 in die hoofvoorwedstryd aandurf. Na afloop van dié wedstryd sal die veld ‘n uur rus voor die provinsiale spanne van Boland en Natal mekaar om16:00 sal pak vir die hoofdis van die dag.

Wesbank vaar goed in Markus voltooi driekuns op Moorreesburg vriendskaplike kragmetings

Adriaan Markus het die Moorreesburg Gholfklub se klubkampioenskap vir die derde keer gewen. Adriaan (74,74) en Ben Smit (76,72), verlede jaar se kampioen, het gesamentlik geëindig met 148 houe oor 36 putjies waarna Adriaan die stryd op die sesde uitspeelputjie met ‘n voëltjie gewen het. Erika van Niekerk is die vrouekampioen wat gewen het met 175 houe. Agter staan Adriaan Markus (Klubkampioen), Erika van Niekerk (Vrouekampioen) Henry April (Wenner afd C), Nicklaus Lategan (Beste Netto A-Afd) en Herman de Kock (B-afd wenner). Voor sit Ben Smit (Naaswenner-klubkampioen), Coenraad Botha (Meeste Gholf) en Denver Cordon (Beste Netto B-Afd).

Die rugbyspanne van Wesbank het Woensdagaand in hul vriendskaplike kragmetings gewys dat hulle lus is vir rugby speel en het aldrie die A, B en C-spanne die besoekende spanne van Durbanville/Bellville met die kous oor die kop huistoe gestuur. Ook Wesbank se ondersteuners het gewys hulle staan nog bankvas agter dié klub se spanne. Die rugbyveld van Bloues op Malmesbury was behoorlik gepak en dit het gelyk soos ‘n Saterdag derby-wedstryd. Vir die A span het die ou staatmakers gewys dat hulle reg is vir die verkorte seisoen wat voorlê. Manne soos Denzil (Lastig) Adams, Morris John Moses en Emgee Fredericks asook van die nuwelinge in die span het met mening ingeklim. Wesbank het weliswaar te veel strafskoppe afgestaan en ook heelwat hanteerfoute begaan, maar die A-span se eindtelling van 38-7 wys dat hulle reg is vir die naweek en die res van die seisoen. Met nog ‘n klompie skaafwerk hier en daar kan die afrigters vanjaar nog hoogtes bereik met die span en is die Premier Liga-trofee nog glad nie buite bereik nie. Wesbank het gewys die spanne in die Premierliga van Boland kan hulle solank regmaak vir n paar harde wedstryde wat voorlê. - I. Adams


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
die courant 11 april 2012 168 by DieCourant - Issuu