courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Swartland
dié
1
3 Junie 2015
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 323
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
• Kirsten mik na 15-span
7’s-Bokkie wil net rugby speel Rugby was altyd bekend as die sport van testosteroon-gevulde spierpaleise, maar nie meer nie. Hier op Malmesbury is daar deesdae ‘n fraai, fyn nooientjie wat haar man (vrou?) met oorgawe op die rugbyveld staan. Kirsten Conrad is pas terug van Amsterdam waar sy Suid-Afrika in die sewes-rugbyspan verteenwoordig het wat aan die Wêreldreeks deelgeneem het. Haar rugbydroom kom van voor skool af aan: “Ek het op Mamre grootgeword en daar het ek altyd saam met die seuns rugby gespeel,” het sy aan dié courant vertel. In Graad 1 is sy Darling toe, maar haar sport van keuse het rugby gebly. Sy het selfs later hier die o.8-kannetjies afgerig. Toe dit tyd was vir hoërskool, het sy Wesbank Sekondêr op Malmesbury gekies: want hulle het ‘n meisie-rugbyspan! Hier het sy onder die hande van afrigter Heinrich van Wyk deurgeloop, wat haar voete stewig in die rugbystewels geplaas het. Sy was maar in graad 8 en 13 jaar oud toe die keurders haar begin raaksien: sy word vir die Bo-
land o.16-span gekies en speel drie jaar vir hulle. In Januarie 2013 word sy vir die SA o.18-sewes-span gekies wat aan die Jeugspele in Australië deelneem. Kirsten is dieselfde jaar ook in die 15-talspan vir die Nation’s Cup opgeneem. In 2014 besluit sy om van Boland oor te skuif na die WP en word hier in die o.18-sewes-span opgeneem. Kirsten het egter nooit haar skoolwerk afgeskeep nie en verlede jaar het sy van die sport onttrek om eers haar matriek te voltooi. Sedertdien het sy reeds aan toernooie in Engeland, Amsterdam en Kanada deelgeneem. Op die oomblik het die spelers ‘n
Agter tralies!
Hierdie lede van die Malmesbury Round Table is vrywillig onskuldig in die selle van die Malmesbury Polisiekantoor se selle toegesluit en losgekoop om geld vir die plaaslike klub in te samel. Agter is Jaco Louw en Jannie Nelson. Voor: Charl Bezuidenhout, Cobus Kampher, Jacques Basson, Jacobus van der Merwe, Wilhelm Buhr en heel voor sit Kwas du Toit.
paar weke blaaskans voordat hulle begin oefen vir die Olimpiese en wêreldreeks se kwalifiserende wedstryde. Kirsten speel skrum- of losskakel en sy word hoog aangeskryf deur haar afrigters en medespanlede. Sy geniet die sewes, want sy het nie op die oomblik eintlik ‘n keuse nie: ná Suid-Afrika se swak vertoning in die 15-vrou-wedstryde, is daar besluit om vir eers net op sewes te konsentreer. Sy glo egter haar kans vir 15-tal rugby sal eersdaags kom. Haar ouers, Carmen Petersen van Mamre, en Curt Green van Malmesbury, ondersteun haar heelhartig in haar droom. Sy woon by haar ouma, Jo-Anne Green op Malmesbury, wat ook een van haar grootste bewonderaars is. Die vroue-rugbyspan word by die Stellenbosch Sportakademie gehuisves. Kirsten vertel dit is harde werk en as sy ‘n blaaskansie kry, kuier sy graag saam met vriende en familie. En die pad vorentoe? Kirsten het net een droom: “Ek wil rugby speel, dit is al. "Sewes op die oomblik, maar verkieslik 15vrou." • Rugbyliefhebbers kan uitsien na kookwaterrugby wanneer die Boland Kavaliers hul Curriebekerseisoen op 13 Junie op Malmesbury afskop. Hul pak dan die Griffons van Noord-Vrystaat op die Dieprivier Sportterrein. Die wedstryd vind op Saterdag 13 Junie plaas.
NUUS • NEWS
3 Junie 2015