courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Swartland
dié
1
1 April 2015
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 314
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
F E I S U SKL
Berig bl 2
EK
Nuwe speelplek van die rykes • Tariewe styg tussen 6% en 30%
SM begroot vir tekort Vanuit ons langtermyn finansiële plan is dit duidelik dat Swartland nou meer as ooit ons rieme moet dun sny en baie streng fiskale dissipline sal moet handhaaf. Só het burgemeester Tijmen van Essen Donderdag by die raadsvergadering gesê oor die konsep meerjarige kapitaal- en bedryfsbegroting vir 2015 tot 2018/20. Die konsepbegroting vir 2015/2016 sluit gemiddelde verhogings van 12,2% vir elektrisiteit, 10% vir water, 6% vir residensiële erfbelasting, 8% vir erfbelasting op sakepersele, 9% vir riool en 8% vir vullisverwydering. Die tariefverhoging vir waterverbruik deur besighede en op sportterreine beloop 'n eenmalige 30% Luidens die begroting is daar onlangs ondersoek ingestel na die erfbelastingtariewe wat ander munisipaliteite op sakepersele hef en was die aanduiding dat Swartland se tariewe relatief laag is. Die burgemeester sê sake is landwyd moeilik, in die provinsie en ook in Swartland, “Aan die een kant het ons om verskeie redes ‘n baie lae ekonomiese groei, maar baie hoë verwagtinge, nie net wat `polities’ geskep word nie, maar ook ingevolge die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP).
“Maar ons kon daarin slaag om ‘n begroting op te stel wat aandag gee aan die armstes van die armes ('pro poor') en ook ‘n pro-infrastruktuur.” Die kapitaalbegroting vir 2015/16 is voorlopig op R93 325 408 geraam. Dit is R14,170 miljoen minder as die finale begrote bedrag by die aansuiweringsbegroting vir 2014/2015. Die begrote bedryfsuitgawe vir die nuwe jaar staan op R573 391 198, met 'n verwagte inkomste van R565 422 353. Daar word dus begroot vir 'n bedryfstekort van R7,97 miljoen. Die begrote tekort vir die 2014/2015 boekjaar was R15,54 miljoen. Die burgemeester het ook daarop gewys dat kennis geneem word van die voorlopige verhogings van die elektrisiteitstarief wat deur Eskom aan Nersa gestuur moet word vir finale goedkeuring – (heffing R 0.02). As gevolg van onvoldoende fondse, kon geen voorsiening gemaak word vir die delgingstekort met betrekking tot oorvleueling van die delging van lenings na eksterne banke. Die burgemeester het ook gesê daar moet kennis geneem word van die styging in personeelkostes.
Die burgemeester het ‘n paar algemene aanbevelings gemaak: meer spoedwalle, speelplekke vir kinders met spesiale verwysing na die laekoste-behuisingsgebiede en die aanbring van elektroniese waterbeheerstelsels. "Daar moet ook gekyk word na die instelling van ’n Swartland Onwikkelingskomitee, wat moet kyk na plaaslike ekonomiese ontwikkeling, ‘n plan om besighede na die Swartland te lok asook die estetika van geboue." Ander sake wat Van Essen aangeroer het, is dat die herseel van paaie jaarliks weer in die kapitaalbegroting ingebring moet word en dat die eiendomme wat nog in die munisipaliteit se naam geregistreer is, dringend oorgedra moet word na die huidige bewoners. "Dringende aandag moet ook gegee word aan die beskikbaarheid van grafpersele in onder meer Abbotsdale, Malmesbury-Wes, Moorreesburg en Riebeekvallei." Vyftien raadslede het die konsep-begroting aanvaar, met ses daarteen. "Hierdie is waarskynlik die moeilikste begroting nog," het hy gesê. “Ons ervaar vele uitdagings, omdat ons waarskynlik die slagoffers van ons eie sukses is," het van Essen bygevoeg.
NUUS • NEWS
1 April 2015