courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
NUUS • NEWS
dié
30 Mei 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 471
30 Mei 2018
•MILJOENE VIR SPORT AAN WESKUS
Veeldoelige sentrum open op Saldanha
SURED
Wayne Julies leer die jongspan hoe om aan te gee. galerye kan sit en sowat ‘n duisend mense sal op en koud te hou; bergingsareas met rakke en die hoofsaalvloer ingepas kan word. Die hysbak sluitkaste; en hitte-, ventilasie- en lugversorgingstelsels. Om brande te voorkom is brandkan 13 passasiers gelyk vervoer. Benewens sport gaan dit ook gebruik word vir opspoorstelsels, brandbeskermstelsels en ‘n gemeenskapsbyeenkomste, geleenthede, as be- brandventilasiestelsel geïnstalleer. Besoekers sal in 232 parkeerplekke in die taalpunt vir munisipale dienste, en elektrisiteit omheinde perseel kan parkeer, daar is geslote sal by die kiosk gekoop kan word. Daar is ook kantore, ‘n vergadersaal, gemeen- kringtelevisie en toegang. ‘n Wag in die sekuriskaplike en noodhulpkamers, ‘n hoofverhoog teitshokkie by die hek beheer die toegang. ‘n Jeugkafee in dieselfde gebou, open eersmet agter-die-verhoog ruimte, ablusiegeriewe daags. en storte. Die sentrum sal bestuur word deur SBM se Ook beskikbaar is ‘n ten volle toegeruste kombuis; ‘n koelkamer om onder meer blomme, gemeenskaps- en bedryfsdienste. Bel Salome groente en vrugte tydens funksies te stoor Adams by 022 701 7021 as jy dit wil gebruik.
AS
Alida Buckle SALDANHA – Vanjaar sal die polisie se nasionale netbalkampioenskap, die Nuwe Apostoliesekerkkonsert en die Suid-Afrikaanse Potspelkampioenskap gehou word in die pas geopende veeldoelige sportsentrum langs White City. Die gebou het die departement van kultuursake en sport (DKS) bykans R51 miljoen rand gekos. Burgemeester Marius Koen en Anroux Marais, minister van DKS, het die moderne klankstelsel ingewy tydens die amptelike opening op Dinsdag 22 Mei. Charlton Niewoudt was seremoniemeester vir die dag se sport wat rugby-klinieke, netbal, sokker en dans ingesluit het. Petra Mei, kommunikasiebeampte vir die burgemeester, het die amptelike openingseremonie gelei. Burgemeester Marius Koen het gesê dat die sentrum gebou is om die mense in die omgewing saam te bring, hoop te gee en aan inwoners moderne geriewe te bied. Hy het benadruk dat die sentrum spesiaal ontwerp is om aan ook die behoeftes van gestremde deelnemers en toeskouers te voldoen, soos die rolstoelvriendelike ingange en storte. Marais het voormalige raadslid Rayn Don se toekomsblik en droom geprys, want hy het al in 2014 die aanvoorwerk vir die sentrum begin. Konstruksie aan die sentrum is op 26 Julie 2016 begin en dit is op Donderdag 19 April voltooi. Bekende Weskus-rolstoel-branderplankryer, Dries Millard, het aan die teenwoordiges kom wys dat die sentrum ook vir gestremde deelnemers ingerig is. Hy het sy verhaal aan die kinders kom vertel en ook oor die spesifieke behoeftes van iemand in ‘n rolstoel. Hy het hulle uitgedaag om hul drome te verwesenlik, omdat hy dit kon doen. Nog Weskus Springbok-sportmanne en – vroue het die kinders kom inspireer om die gebou te gebruik en om niks tussen hulle en hul doelwitte te laat staan nie. Hulle was Avril Williams, rugby, Elsabé Cambell, hengel, Wayne Julies, rugby, Josslyn Rossouw, hengel, en Heino Kraft, rugby. Marais het gesê dat die sentrum veilig is en dat meisies dus ook die vrymoedigheid moet hê om aan sport hier te kom deelneem. Die hoofsporthof is ten volle toegerus vir binnenshuise sportsoorte soos netbal, sokker, vlugbal en basketbal. Sowat 485 mense sal gelyk op die
Q U A LIT Y
2
30 Mei 2018
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
30 Mei 2018
•CRAFFORD NEEM WAAR
Manuel bedank as burgemeester
Evert Manuel, burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit het Woensdag kort voor ‘n spesiale raadsvergadering, uit sy pos bedank. Die adjunk-burgemeester, raadslid Sandra Crafford, gaan in terme van die aankondiging in die raadsvergadering as uitvoerende burgemeester waarneem totdat die proses vir die aanstelling van ‘n nuwe uitvoerende burgemeester plaasvind. Volgens die munisipaliteit se kiesafdelingshoof, Chris Hunsinger, sal daar ‘n keuringsproses
Jeugorkes vermaak oud en jonk
met ‘n paneel saamgestel word wat aansoeke vir die vakante pos sal hanteer, evalueer en aanbeveel vir bekragtiging deur die federale uitvoerende raad. “Ek verwag dat die huidige status van waarnemende uitvoerende burgemeester ongeveer vir drie maande sal voortduur.” Crafford het aangekondig dat al die posisies behou word totdat daar ‘n nuwe uitvoerende burgemeester deur die raad aangestel word. Manuel bly aan as raadslid.
WKDM aanvaar begroting Die Weskus Distriksmunisipaliteit se begroting vir die 2018/19 boekjaar is tydens ‘n spesiale raadsvergadering op 23 Mei 2018 aanvaar. “Sedert my laaste begrotingsrede was daar een groot faktor wat ons funksies en strategieë by WKDM beïnvloed het en dit was die tekort aan water”. Dit was die openingswoorde van raadsheer Harold Cleophas, uitvoerende burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, aan ‘n stampvol raadsaal tydens sy begrotingsrede. Die burgemeester het alle raadslede bedank vir hul samewerking asook die munisipale bestuurder, uitvoerende bestuur en personeel uitgesonder vir die rol wat hul gespeel het met die saamstel van die begroting en die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP). “Dankie vir julle lojale en positiewe insette asook jul toewyding waarmee julle jul werk verrig. Dit is hoofsaaklik julle harde werk wat toegesien het dat WKDM sewe agtereenvolgende skoon oudits ontvang het” het hy gesê. Hy het die hoof finansiële beampte, Johann Koekemoer, wat binnekort uit diens tree, bedank vir sy jare lange diens en uitmuntende bestuur van die munisipaliteit se finansiële department. Cleophas het benadruk dat daar vele uitdagings is wat plaaslike regerings in die gesig staar.
3
“Te midde van die uitdagings soos werkloosheid, die insinking van ons sosio-ekonomiese toestande en die toename in verwagting vir beter publieke dienste, is die distriksmunisipaliteit oorgehaal om ‘n noemenswaardige bydrae te maak in die gemeenskap deur effektiewe vennootskappe met B-munisipaliteite en ander regerings- en nie-regerings instansies aan te gaan” het Cleophas gesê. Oorsig van WKDM se begroting vir 2018/19: Kapitaalbegroting beloop R3,355 miljoen teenoor die R 9,835 miljoen van verlede jaar se oorspronklike begroting. Bedryfsbegroting beloop R353,844,511 wat die volgende isluit: (Dit is nie beperk tot die onderstaande nie) • Instandhouding van paaie = R124,7 miljoen • Sosiale Ontwikkeling = R3,504 miljoen • Toerisme = R3,233 miljoen • Brandweerdienste = R37,051 miljoen • Munisipale Gesondheid = R24,926 miljoen • Rampbestuur = R2,352 miljoen • Grootmaat Watervoorsiening = R88,056 miljoen • Beplanning/grootmaat vullis/projekte = R2,769 miljoen
HOPEFIELD – Die talentvolle klassieke en jazz jeugmusici van die Weskus-Jeugorkes het die gehoor gaande gehad met hul uitbundige uitvoering van Rockabye van Clean Bandit. Die orkes het Vrydagaand ‘n vertoning gelewer by Die Plaasmol, net buite die dorp, op die R45. Die vertoning is begin met die bekende Flight of the Bumblebee met Dylan Tabisher op xilofoon en Craig Nicholas op die tuba. Die kerslig het die aand ‘n amper-romantiese atmosfeer gegee. Die junior jeugorkes het Superhero Blues en Can-can gespeel en die junior jazz orkes I feel good en Hey Soul Sister, met Craigh Nicholas as dirigent. Die stigter van die orkes en bekende in musiekkringe, Carina Brown, het die Simfonise Winde gedirigeer wat die James Bond-fliek, Skyfall, se temalied uitgevoer het asook September en Pata Pata. Die konsentrasie op die kindergesiggies was duidelik. Die senior orkes se uitvoering het van selfvertroue gespreek en hulle het die gehoor se koppe ritmies laat saam knik. Hulle het onder meer The Moldau, die overture van Carmen, The lion sleeps tonight, Swingin’ Safari en Baba Yetu uitgevoer. Hul meesleurende weergawe van The Pacific se temalied sal lank onthou word. Brown
was ook die dirigent. Die Weskusjeugorkes se jazz-orkes en ontwikkelende orkes het die gehoor op ‘n reis deur jazz geneem.
4
30 Mei 2018
dié courant
Stem saam met Koen dat sport byeensnoer
Sport is nou maar eenmaal ‘n tydverdryf wat mense saamsnoer, nes burgemeester Marius Koen verlede week tydens die inhuldiging van die nuwe veeldoelige sportsentrum op Saldanha gesê het. Die ongekende vreugde en sommer baldadigheid onder meestal kinders uit White City om in dié splinternuwe sentrum te kon netbal en sokker speel was duidelik. Die outjies wat ‘n bietjie rugbytegnieke geleer het by Springbokke Heino Kraft, wat vandag vir Saldanha speel, en Wayne Julies, was grootoog oor dié besondere voorreg. Soos die skoolmeisies van Hoërskool Weston blinkoog is oor hulle opname in die Boland-rugbyspan wat later vandeesmaand in Johannesburg gaan deelneem. Mooi meisies en skraal, fyn. Dit is moeilik om in te dink dat hulle die rowwe, fisieke sport van rugby gekies het. Tog, maak dit hulle passievol. Gee hulle ‘n droom om na te volg. Die mansnetbalwedstryd Saterdagmiddag op Vredenburg, het geykte idees oor geslagsrolle nog verder by die deur uitgegooi. Die manne het dié, algemeen beskou as ‘n vrouespel, wel met grasie gespeel, maar ook tipies manlik ... ekstra spoed, ekstra krag. Dit was ‘n vurige wedstryd om dop te hou, met die doelgerigtheid van beide spanne duidelik waar te neem. En, hul gespierde bene staan nie ‘n tree terug vir hul vroue-eweknieë nie. Kan meer mans nie maar hulle vooropgestelde idees laat staan en kom netbal speel nie? Dit is werklik aanskoulik. Quanita Adams het juis tydens haar praatjie by Weskus Mall gepraat daaroor dat sekere reëls, [soos dat net vroue netbal en net mans rugby kan speel], maar net ‘n “rough guide” is. Geluk aan die manne en vroue (meisies) wat nie outydse reëls hulle laat keer om die sport te speel waarin hulle goed is nie.
It’s Good News
NUUS • NEWS
Damvlakke styg amper 3%
Die gemiddelde vlak van damme regoor die Wes-Kaap vir die week wat op Maandag 28 Mei begin het, was 19% teenoor verlede jaar dieselfde tyd se 18%. Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap, was die vlakke verlede week maar op 16,6%. "Die meeste groot damme in die Wes-Kaap toon 'n effense styging. Die Voëlvleidam (vandeesweek 16,6% vol teenoor 14,2% verlede week), Theewaterskloofdam (14,7% vol teenoor 11,8%) en die Bergrivierdam (42% vol teenoor 37%)," het Bredell in ‘n persverklaring gesê. Hy waarsku egter dat die droogte nog ver van verby is. "Ons het altyd gewaarsku dat ons 'n bogemiddelde reënvalseisoen benodig en dit
moet in die opvanggebiede reën vir ons damme om behoorlik te herstel. Ons is nog nie naby daaraan om gemaklik te voel nie en ons wil die publiek aanmoedig om voort te gaan om water spaarsamig te gebruik, selfs al reën dit en verbeter damvlakke." Bredell sê dit is noodsaaklik dat die damme in die provinsie voor die komende somermaande soveel as moontlik herstel. "Die provinsie is 'n winterreënvalgebied en ons is dankbaar vir die reën so ver vanjaar." Die vooruitsigte vir meer reën bly goed met die Suid-Afrikaanse Weerdienste (SAWS), wat vroeg Maandagmiddag (28 Mei) goeie reënval voorspel het. Dit kan lei tot gelokaliseerde oorstromings in gebiede in die Wes-Kaap.
Dr. Marc Blackwell Snr
Words of Grace
Christians can have the assurance that God is present with us in all of our life situations and trials. “Through many dangers, toils and snares, I have already come; ‘Tis grace had brought me safe thus far, and grace will lead me home.” The Converted Slave-Trader, John Newton “Let your character or moral disposition be free from love of money - including greed, avarice, lust, and craving for earthly things - but be satisfied with your present circumstances and with what you have; for God Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down or relax My hold on you - Assuredly not!” (The Amplified Version of Hebrews 13:5) A survivor of the Holocaust and the author of “The Hiding Place” - Corrie Ten Boone captures the peace that comes with trusting Who God is when we do not under- stand what He is doing in the midst of our most grievous and on-going trials. “Life is but a Weaving” (the Tapestry Poem) “My life is but a weaving Between my God and me. I cannot choose the colors Oft’ times He weaveth sorrow; And I in foolish pride Forget He sees the upper And I the underside. Not ’til the loom is silent And the shuttles cease to fly Will God unroll the canvas And reveal the reason why. The dark threads are as needful In the weaver’s skillful hand As the threads of gold and silver In the pattern He has planned He knows, He loves, He cares; Nothing this truth can dim. He gives the very best to those Who leave the choice to Him.”
Motorfietse brul vir diere: Motorfietsryers van oral het saamgespan om geld en kos vir Saldanha-dieresorg in te samel op Sondag 20 Mei, deur 'n saamry-veldtog van Juffroushoogte by Vredenburg tot by die hondehokke in Saldanha.
NUUS • NEWS
30 Mei 2018
5
6
Dagboek • Diary Weekliks
Alkoholiste Anoniem, Maandae in Vredenburg, Woensdae in Langebaan en Vrydae in Saldanha – 073 179 0751.
Geleenthede Vrydag 1 Junie: Vrouediens se jaarlikse Pik en Proe-aand, NG Kerk Saldanha, 18:00 in kerksaal, fondsinsameling, kry boekie by deur (R60 vir 10 skeppies), bring houers, eie eetgery en drinkgoed – Erna 083 285 2729. Mini-verkope by Huis Wittekruin. Bestel vooraf by 022 713 2230. Saterdag 2 Junie: Groot Afsaal Padstal Mark, tussen Vredenburg en Paternoster, 10:00-14:00, nuwe fynproewerstalletjies en handewerk – 022 715 3096. Jurie Hayes Primêr hou Debutantebal en dinee by Hoërskool Vredenburg, R200 pp – 022 766 1568. Car Boot Market, Catholic Church, Suffren Street, Langebaan, 09:00-12:00 – Heidi 083 779 5127. Port Owen Market at Yacht Club, 10:00-14:00, R60 per stall – Wilna 082 449 1121, after hours. Saterdag-Sondag 30 Junie tot 1 Julie: Goedverwacht Snoek en Patatfees, volwassenes R80 pp, kinders o.3 gratis, kinders tussen 3-18 R30 pp. Saterdag 14 Julie, Franja du Plessis en Ruan Josh by die Bergrivier-winterkarnaval by Riviera Hotel, Velddrif. Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Myko-
30 Mei 2018
NUUS • NEWS
nosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita Du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.
SPORT Weekliks
Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@ gmail.com.
Neem deel/ gaan kyk: Saturday 2 June: West Coast MMA Challenge, on Ice, Vredenburg, 18:00-23:00. Saterdag 3 Junie: Weskus Race Wars, 12:00 Saldanha-lughawe, deelnemers R150, toegang R50, gratis o.12.
Saterdag 16 June: Extreme Obstacle Challenge & Fun Run, Plaasmol, Hopefield – Jessica 079 849 8001, Fransie 074 924 8474. Woensdag-Saterdag, 11-14 Julie: Bergrivierkanomarathon, Velddrif – berg.org.za Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens
om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na alida@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00.
NUUS • NEWS
30 Mei 2018
7
Kleuterskole sing deur Hoe gemaak met... strate vir kinderbeskerming ...onkruid op my grasperk
Personeellede van die Early Learning Resource Unit (Elru) se satellietkantoor op Vredenburg is van links Sylvia Phillips, gesinsgemeenskapsmotiveerder, Chrizelda Saul, Weskus-koördineerder, en Pelisa Moyi, speelgroepfasiliteerder. Regs van hulle stap raadslid Elize Steyn en onderburgemeester Venti Vaughan. Alida Buckle VREDENBURG – “No more violence against children ... We are special” het kinderstemme gedreunsing, terwyl hul plakkate dit uitbasuin dat kinders en hul regte beskerm moet word. Dertien voorskoolse dagsorgsentrums het op Vrydag 25 Mei, op nasionale kinderbeskermingsdag, van Hoofstraat af in Saldanhaweg afgestap tot by Laerskool Panorama in Louwville. Dit was ‘n poging om die lot van te veel verwaarloosde en mishandelde kinders in die Weskus uit te lig. Die optog is gelei deur Vredenburg-verteenwoordigers van die Early Learning Resource Unit (Elru), wat vanjaar veertig jaar oud is. Polisie en verkeersbeamptes het die kinders heelpad beveilig en hulle het ordelik, kleuterskool vir kleuterskool gestap. Witteklip-dagsorg, Elim-kleuterskool, Luthando Daycare, Repelsteeltjie-kleuterskool, Masonwabe Daycare, Return Ministries Daycare, Holy Cross Educare, Sunrise Daycare, Mthandeni Educare, Little Angels Daycare, Siyabonga se Pikanini-kleuterskool, Siyakhathala Educare en Skoenlappertjie-dagsorg het deelgeneem. Sers. Felicity November van Vredenburg-poli-
sie het die groep kinders in die skoolsaal verseker dat die polisie daar is om almal in Suid-Afrika te beskerm, maar veral kinders. Raadslid Elize Steyn, onderburgemeester Venti Vaughan en wyksraadslid Sucilla von Tura van die Saldanhabaai-munisipaliteit het saam gestap om die saak te ondersteun. Later het Vaughan gesê dat daar teruggekeer met word na die ou dae van “my kind is jou kind”. “Neem eienaarskap van die pragtige kinders wat God ons gegee het. Veg vir hulle. Ons kinders se stemme moet gehoor word.” Astrid Valentyn van departement van sosiale ontwikkeling het die kindertjies vertel dat daar 24-uur van elke dag ‘n maatskaplike werker in die area aan diens is en hulle aangemoedig om maatskaplike werkers te nader as hulle seergemaak word. Die verrigtinge is afgesluit met ‘n opwindende besoek van die verkeersdepartement se Daantjie Kat wat die ou-ou klanke van die liedjie, Stop sê die rooi lig, deur die skoolsaal laat dawer het. Die kinders het elkeen ‘n Zippy Cool-watersakkie gekry om die dors te les en ‘n pakkie met snoepgoed.
Voories kuier by NSRI: LANGEBAAN – Die Weskus Voortrekkers het die Nasionale Seereddingsinstituut by Mykonos op Vrydag 18 Mei besoek as deel van die leerplan oor nooddienste. Die kinders het die besoek baie geniet, veral toe hulle Eben Etzebeth daar raakgesien het. Dit was nie deel van Casper Frylinck, NSRI-bestuurder se beplanning nie, maar nogtans ‘n bonus vir die kinders. Die NSRI het 'n waterveiligheidskursus met die Voortrekkers gedoen en baie moeite met vrae en antwoorde gedoen. Links: By die Voortrekkers is NSRI-beamptes, in geen spesifieke volgorde nie, Jaco Conradie, Deon Prinsloo en Mike Shaw.
Soos wat die koeler dae aanbreek en dit ook so af en toe reën, begin die winter-onkruid sommer vinnig kop uitsteek. Hoe vroeër daar opgetree word, hoe makliker kan die probleem beheer word. Onkruid in jou grasperke: Die onkruid wat oordadig hier in die Wes-Kaap in die wintermaande sy kop uitsteek, is wintergras (Poa Annua). Dit kan nogal veral in die meer skaduryke, klam areas ‘n welige pes word. Probeer om ‘n selektiewe onkruiddoder soos Lawntyl of Kerb te gebruik om die uitbraak te stuit. Altwee die produkte kan voorkomend gebruik word, asook na opkoms. Dit beteken indien jy dit vroegtydig spuit, maak dit die saadjie dood sodra dit ontkiem. Na-opkoms bespuiting vat nogal ‘n paar weke voordat die onkruid vrek. Dan is daar ook ‘n verskeidenheid van ander breëblaar-onkruid wat kan uitkom, maar gelukkig is daar ook ‘n hele paar middels wat selektief is om dit mee te beheer, soos M.C.P.A, Hormoban, Turfweeder of Super Lawnweeder en Lawntyl. Onthou om slegs die middels te gebruik indien die onkruid reeds groei, want die middels word deur die chlorofil in die blaar opgeneem en so in die plant ingevoer. Dit help nie jy spuit as daar geen onkruid is nie – want dan gaan niks werk nie. Onkruid in jou tuin: 2.1 Onkruid wat op oop areas begin groei kan met ‘n algehele (nie selektiewe) onkruiddoder soos bv Glyphogan (Glifosaat) bespuit word,
maar onthou, DIT MAAK ALLES DOOD! Dit wil sêjy moet niks raakspuit wat jy nie dood wil hê nie. 2.2 Onkruid tussen jou plantjies en struike moet maar liefs met die hand uitgetrek word, daar is nie ‘n kortpad met onkruiddoder nie. 2.3 Geplaveide areas soos opritte en paadjies kan ook met “Glyphogan” gespuit word, pasop net dat dit nie oorwaai na enige plante of grasperk langsaan nie. Gebruik altyd ‘n goeie benatter/kleefmiddel, asook ‘n PH-buffer sodat die produkte beter kan funksioneer. Spuit op die warmste deel van die dag, wanneer die wind verkieslik nie waai nie. Die belangrikste is om jou spuittoerusting baie deeglik skoon te maak sodra jy klaar is. Moet geen giwwe in spuitkanne bêre nie en gebruik ‘n sterk ammoniak-oplossing soos bv Scrubs Ammoniak om kanne mee uit te spoel en ook deur die pyp en spuitkop (nozzle) te spuit. Algemeen: Lees altyd instruksies en wees versigtig!!! Nou is dan ook die laaste kans om blombolle te plant wat in die lente gaan blom. Die lelies is eersdaags beskikbaar. Volgende keer (27 Junie) gesels ons weer oor snoeiwenke, want Julie-maand is snoeityd. Ons gaan weer op 21 Julie op Malmesbury ‘n gratis demonstrasie aanbied. Ons gee volgende keer meer inligting daaroor. Tuingroete George Retief
8
courant
dié
30 Mei 2018
Tel: 022 487 3221
Young Hearts bly op voorpunt in Grootuitdaagbeker
Alida Buckle Die eerste rugbyspanne van St Helenabaai, Velddrif en Hopefield het opgeskuif volgens Boland Klub Rugby Nuus se nie-amptelike puntestand, ná Saterdag 26 Mei se kragmetings. Young Hearts-rugbyklub van Pella staan steeds eerste op 20 punte (+5), ses punte voor Saldanhabaai se 14 punte. Lesers moet ingedagte hou dat Saldanhabaai en Vredenburg se punte onveranderd is, omdat hulle wedstryd nie Saterdag kon plaasvind nie. Ten spyte daarvan staan Saldanhabaai steeds tweede met St Helenabaai derde op 12 punte (+5), Velddrif vierde op 10 punte (+5), Vredenburg nou in die vyfde plek met 9 punte en Langebaan skuif een plek op na sesde met 6 punte (+1). Paternoster sak tot sewende met dieselfde 5 punte, Hopefield styg een plek, nou agtste met 1 punt en Mamre bly negende met geen punte
nie. Die eindpunte van die wedstryde is: St Helenabaai 32 Mamre 22, Velddrif 62 Hopefield 41, Young Hearts 42 Langebaan 34. Die Weskus se voorste puntemakers tot op hede, volgens Davie Lawrence van Boland Klubrugby Nuus, is Fabio Afrika van Velddrif met 56 punte, A. Booysen (Young Hearts) 41, Evan Barends (Vredenburg) 36, Raymond Papier (St Helenabaai) 36 en Barry Adonis (Young Hearts) 30. Die topdriedrukkers is Barry Adonis (Young Hearts) 6, Gilmore Solomons (YHearts) 5, Ruan Kleinsmidt (Vredenburg) 4. Meer as tien ander spelers het al drie drieë in die liga vanjaar gedruk. Saterdag 2 Junie speel, tuisveld eerste: Young Hearts teen Vredenburg, Saldanha teen St Helenabaai, Paternoster teen Velddrif, Hopefield teen Langebaan. Mamre het ‘n loslootjie.
NUUS • NEWS
SPORT
30 Mei 2018
In die mansafdeling het Vredenburg-mans Wesbank-mans met 24-12 geklop.
Links bo: Saldanha het vasgeval teen Vredenburg. Bo: Velddrif het ook hul rieme styfgeloop teen Clanwilliam.
Meisies haal Bolandrugbyspan VREDENBURG – Vyf leerder van Hoërskool Weston is gekies vir die Boland-meisierugbyspan wat einde Junie in Johannesburg aan die nasionale kampioenskap gaan deelneem. Kisha Loubser, Nicole Esau, Megan Jaars, Keesha Hansen, Demerion Love en Hesleen Cloete stem saam dat rugby hulle leer om deur te druk en hul doelwitte te bereik. Die graad 10-11 leerders speel in die o.18-span, behalwe Love, wat o.16 speel. Hulle het nog een oefensessie op Bolandpark op Worcester oor, voordat hulle van 24-29 Junie in Johannesburg gaan deelneem. Hul afrigter is onderwyser Darryl Bailey. Agter van links is Megan Jaars, Nicole Esau en Kisha Loubser, Voor is hul afrigter Darryl Bailey.
VREDENBURG – Die netbalwedstryde wat Saterdag in die Weskus-liga gespeel is, was spoed was snel en die voetwerk blitsig. Die uitslae is soos volg: Clanwilliam 42 Velddrif A 30; Vredenburg B 45 Saldanha 30; Langebaan A 35 Wesbank A 29; Vredenburg A 54 Malmesbury A 37. Daar is ook ‘n paar vriendskaplike wedstryde gespeel onder meer ‘n taai stryd tussen die mansspanne van Vredenburg en Wesbank. Vredenburg-mans wen Wesbank-mans met 24-12. Links: Die span van Vredenburg in aksie.