Skip to main content

dié courant weskus en bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

9 Mei 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 468

9 Mei 2018

•VANG HAAR AAN DIE VOET MET EEN HAND

Karwag red meisie (8) by sentrum Alida Buckle Dit was nie hy nie. Hy is maar net ‘n swak man, dit was God wat hom krag gegee het. Dít is Jean-Claude Niyongabo (31) se opinie oor die voorval waar hy ‘n Donderdag 3 Mei by die Weskus Mall 'n jong inwoner se lewe gered het. “Hy is ‘n engel,” het Liza Pereira (42) van Langebaan gesê oor die motorwag wat soos ‘n wafferse superheld haar dogter, Anne (8), aan haar voet gevang, toe sy agteroor, kop eerste uit ‘n winkelwaentjie geval het. Dit was egter nie so eenvoudig nie. Claude het terselfdertyd ‘n reuse-winkelsak van sowat 35kg in sy hand gehad, wat hy besig was om vir Liza in die kattebak te laai. Dit was aankope vir die Sabatskerk waaraan Pereira behoort. Anne, in die trollie, was op daardie oomblik in die pad van die sware sak, waarop Liza dit uit die pad wou trek, min wetend dat Anne nie meer vashou nie. Anne het agteroor uitgeval. Toe Liza oor die skok kom, het Jean-Claude

daar gestaan met die swaar sak in die een hand, Anne se voet in sy ander hand, en sy skoen as buffer tussen Anne se kop en die teerpad. “As Anne op haar kop geval het, was haar nek gebreek of sy sou gesterf het aan kopbeserings,” daarvan is Pereira oortuig. Liza het vir hom gesê sy is so bly dat sy vir hom ‘n huis sou gekoop het as sy kon. “Die hele ding was eintlik vir my bonatuurlik.” Ná Liza se plasing van die gebeure op die Vredenburg Nuus/News-groep op Facebook, het mense Claude oorval met gelukwensings. Hy het later soos ‘n glanspersoonlikheid begin voel, maar hou vol dat dit nie hy was nie. Dat hy daar is om God te dien en dat God daardie dag deur hom gewerk het. Vir die Pereira-gesin is Claude beslis ‘n ster wat helder skitter. • Anne was in die winkelwaentjie, omdat sy op hulle ma-en-dogteruitstappie weer “Mamma se baba” wou wees.

Wiskunde-onnies swaai stokke in Nam Twee hoërskool Wiskunde-onderwysers het met hul gholf vernuf deurgedring na die SuidAfrikaanse eindrondte van die Windhoek Lager Internasionale Pare Toernooi in Junie vanjaar, in Windhoek, Namibië. Dit is ‘n klubkampioenskapreeks en die twee spelers is amateurs. Paul Haricombe (48), wat Wiskunde en Besigheidstudies by Hoërskool Diazville gee, en Mario Prins (50), wat Wiskunde by Hoërskool Weston gee, is nog verstom oor die onverbeterlike spel wat hulle vroeër vanjaar in die streeksuitdunrondte op Kuilsrivier gespeel het. Hulle het met ‘n sege van een punt deurgedring na dié gesogte toernooi. Hulle ding van 22 Junie tpt 24 Junie in Windhoek mee teen die ander 25 Suid-Afrikaanse streekswen-pare. Al die geaffilieerde gholfklubs in Suid-Afrika het eers op klubvlak ‘n uitdunrondte gehou, waarna daar op streekvlak gekompeteer is. Die formaat vir die eindronde is 'n 36-putjie Beterbal Stableford-kompetisie en die wenners sal die tweemanskap met die hoogste punte wees. Die algehele wenners van die klubkampioenskapreeks word as die Windhoek Lager Klub Pare

Kampioene bekroon en saam met die paar wat tweede eindig, uitgenooi om Suid-Afrika in die wêreldeindronde in Portugal te verteenwoordig – met betaalde reis en verblyfkoste. Haricombe en Prins se oë blink as hulle praat oor die moontlikheid, dat as hulle sou wen hulle in Portugal sal kan gaan deelneem. “Dit sal ‘n groot eer wees”. Die tweemanskap is al vriende van jong studentedae af en vul mekaar goed op die gholfbaan aan. “Ons ken mekaar se goeie en slegte punte”. In ‘n pare-kompetisie word net die beste punt by elke putjie getel. Gholf is nogal ‘n ingewikkelde sport, met parabole, afstand, windspoed, die soort putjie en nog meer wat vir elke hou in gedagte gehou moet word. Vir twee Wiskunde-onnies kom dit egter natuurlik. Vir ouens wat gewoonlik net Saterdae ‘n tydjie afgeknyp kry om te oefen, is dit ‘n groot prestasie.

Links: Paul Haricombe en Mario Prins.

NUUS • NEWS


2

9 Mei 2018

Opgradering van R44 buite Piketberg vorder fluks Die opgradering van die R44 tussen Porterville en Piketberg vorder goed. Só sê die departement van vervoer en openbare werke verantwoordelik vir die rehabiliteringsprojek ter waarde van ‘n R170 miljoen. Die projek wat in November 2016 afgeskop het, sal na verwagting in Augustus die jaar voltooi wees. Gebaseer op ‘n geotegniese analise, was daar besluit om die R44 te rehabiliteer om sódoende die huidige verkeervloei te akkommodeer. Die projek behels die herstel en herseel van die pad, opgradering van kruisings en om die pad te verbreed. Die verbetering van die dreineringstrukture op die roete is ook aangebring, insluitend die Essenbosch en Kromrivierbrûe. Beide die brûe is ouer as 60 jaar wat beteken dat die plaaslike erfenisstigting ‘n belang hier in het.

Die omgewingsmagtigingsprosesse is voltooi en goedgekeur en ‘n omvattende omgewingsbestuursplan vir die konstruksie aktiwiteite is daargestel vir die projek. Verkeer is steeds besig om van die R44 gebruik te maak met eenrigtingvloei en ‘n stop en ry-stelsel in plek om te verseker dat motoriste tydens die projek geakkommodeer is, maar ook te verseker dat konstruksie voort kan gaan. Geen paaie sal tydens die duur van die projek gesluit word nie. Motoriste word versoek om geduldig te wees en ten alle tye versigtig te bestuur. Tot op datum is R27 miljoen reeds aan projekte in die Wes-Kaap spandeer en 41 462 dae se werk is vir inwoners in die omgewing van die Bergrivier Munisipaliteit verseker. “Die departement ag goeie kwaliteit padinfrastruktuur as ‘n belangrike komponent van ‘n effektiewe vervoerstelsel.”

Inligting by Vinpro-dag Die tyd het aangebreek vir die volgende Vinpro/ Winetech- inligtingsdag. Vanjaar se inligtingsdag by die Nelson Landgoed buite die Paarl beloof ‘n insiggewende geleentheid te wees met terugvoer deur Pierre Snyman, ‘n Vinpro-wingerdkonsultant en Willem Botha, bemarkingsbestuurder van Netafim wat onlangs ‘n besoek aan Israel afgelê het. Hulle kom gesels oor die nuutste besproeiingstegnologie, die effektiewe gebruik van besproeiingswater en die gebruik van herwonne water. Prof. Gerhard Pietersen van die Universiteit van Stellenbosch/Wintech kom gee meer inlig-

ting oor hoe jy die leeftyd van jou wingerd kan verleng. Hy gesels ook oor goeie plantmateriaal en virusbestuur in jaar een tot vyf. Lucinda Heyns, tegnologie-oordrag-koördineerder by Winetech/IWWW gee meer inligting rakende die effek van rolblaar op wynstyl. Die geleentheid sien ook die bekendstelling van Wingerdwortel-publikasie deur Prof. Eben Archer en Dawid Saayman. Bywoners ontvang ook ʼn gratis eksemplaar van die Wingerdwortel-publikasie. Kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of e-pos gaynor@vinpro.co.za vir meer inligting en bespreking. Kaartjies kos R230 per persoon.

Wen met Skaapkop-eetfees Dis dié week weer tyd vir die jaarlikse Skaapkopeetfees van dié courant en Trio Events by Bushmans Cave. Twee gelukkige leser sal kampplek vir vier persone losslaan om deel van dié unieke fees te wees.

Stuur 'n Whatsapp-boodskap met die slagwoord SKAAP, jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Donderdag om 12:00 om in aanmerking hiervoor te kom. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

NUUS • NEWS

•SPORT KRY NUWE LEWE

Weskus kry eie Duiwe-unie Die Weskus Duiwe-unie is in die loop van Desember 2017 deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) erken. Volgens Jannie Burger, woordvoerder vir die unie, was die posduifklubs op Piketberg, Velddrif, Vredenburg en Saldanha al die jare deel van die Wes-Boland-unie (WBU) saam met dorpe soos Wolseley, Wellington, Malmesbury, Porterville, Tulbagh, Moorreesburg en Riebeek-Wes. “Die probleem was dat ons duiwe elke wedvlug omtrent 140 km, twee uur se vlug, bykomend moes vlieg, omdat ons aan hierdie kant aan die verste punt bly. Dit was onregverdig teenoor ons duiwe wat deur berge en reënweer moet sukkel en soms eers die volgende dag huis toe kon kom. Wanneer jy dus na die puntelys gekyk het, het dit gelyk asof ons beginners is, wat nie die geval is nie.” Daarom die stap om hul eie identiteit te bekom. “Die Weskus het van die WBU afgestig om ‘n eie puntestelsel te bekom, sodat ons puntegewys teen mekaar kan kompeteer.” Sanpo het die Weskusdorpe se versoek om af te stig, einde 2017 goedgekeur. Elke deelnemer sit elke wedvlug 10 duiwe in mandjies en daar is twee wedvlugte elke naweek vanaf Vrydag 8 Junie tot Donderdag 4 Oktober. Die eerste wedvlug is vir jaar oue duiwe en die tweede een vir ou duiwe. Klubs in die Weskusunie tel met elke wedvlug net 20 posisies - die wenduif per klub kry 20 punte, die duif wat tweede kom 19 punte, ens. Die korste vlug vanjaar gaan na Laingsburg (sowat 250km ) wees en die verste vanaf Bloemhof (sowat 1000km). Volgens Burger kyk ‘n mens na goed soos uiterlike voorkoms, prestasies en stamboom wanneer jy ‘n duif kies. Hulle kan van gratis na

tot ‘n miljoen rand per duif kos. Duiwe vlieg gemiddeld gewoonlik vyf jaar, waarna daar met hom of haar gebroei word. Burger sê duiwe lê geweldige afstande per seisoen af, “seker in totaal oor die 1000km per jaar” waartydens hulle gevare soos valke en kragdrade moet trotseer. “Dit is ongelukkig ‘n feit is dat die meeste van hulle nie twee jaar lank leef nie, gesteel word of in ‘n vreemde hok beland, omdat hy of sy moeg en honger is, en die persoon dan die duif hou.” Daar is glo baie bygelowe en “muties” wat vir wedvlugduiwe gegee word voor 'n vlug, maar Burger meen dat dit die gesonde, vinnige duiwe is wat voor vlieg. Normaalweg kry hulle 'n kommersiële vliegmensel van ‘n verskeidenheid sade voor en na wedvlugte. Waarom vlieg die duiwe huis toe? Dit is al plek waar hulle wil wees, sê Burger. Dis waar daar liefde, kos, dalk eiers en ‘n maat is. Sanpo gee jaarliks merietepryse en elke unie en klub gee jaarliks wisseltrofees. Die Weskus-unie het nagenoeg 40 lede en die bestuur is voorsitter Casper van Rensburg, ondervoorsitter Alfred Damons, sekretaris, tesourier en voorradebeampte Jannie Burger en wedvlugsekretaris Keith de Vos. Bel Burger by 073 190 4838.


NUUS • NEWS

9 Mei 2018

•VROUE BEMAGTIG

Hekel en brei bring hoop in Middelpos

Wen met Piet Botha en Die Middernagtrein

Van links is Gerda Cronje, Nonzukizo, Scenty, Mandisa, Zikhona, Retha van der Walt en Nolubabalo. Elette Kotzé wys nuweling Nozonke hoe om te hekel. Foto: Alida Buckle

Alida Buckle SALDANHA – Die lewe vir ‘n groep vroue in die Middelpos-plakkerskamp is skielik nie meer so uitsigloos soos voorheen nie. Hulle leer nou brei en hekel, en maak van komberse en serpe tot ponchos en tafelversierings. Die hekel- en breigroep is ses weke gelede in die lewe geroep deur Retha van der Walt as deel van die NG Kerk Vredenburg-moedergemeente se getuienisbediening. Haar twee passievolle helpers in dié uitreikaksie is Gerda Cronje en Elette Kotzé. Aldrie vroue is van Jacobsbaai. Van der Walt het sowat twee jaar gelede betrokke geraak by Annastacia, ‘n vrou “wat saam met haar gesin vasgevang leef in ‘n hopelose situasie”. In 2017 het Van der Walt vir die gesin gehekelde komberse en ander items geneem. Anastacia en haar buurvrouens was verstom oor Elette se handewerk en het hul bewondering uitgelate getoon. Die kerkvrouens het net daar besluit om die vroue in 2018 te gaan leer om ook sulke artikels te maak. Volgens Van der Walt was die swart vroue eers pessimisties, asof só iets nie vir húlle beskore was nie. Helderkleurige Xhosa-plakkate is in Maart

teen ds. Kobus van Schalkwyk se houtkerkie in Middelpos aangebring, wat vrouens nooi om Donderdagoggende tussen 09:00-12:00 te kom leer hekel en brei. Al het die vroue eers drupsgewys aangekom, staan die groep nou op 17 vroue, waarvan 9 gereeld kom. Hulle het die groep die naam Masakane (help each other) gegee. Met dié courant se besoek, is voltooide werk trots opgehou voordat daar weer vlytig aan die werk gespring is. Van die vroue het geen keer nie en verstom met die hoeveelheid werk wat hulle in die week tussen klasse gedoen kry. Die vroue is dit eens dat dié nuwe vaardigheid hulle lewens verbeter, dat hulle dankbaar is om te leer hoe om iets vir hulself te maak. ‘n Paar buurmense het selfs al ‘n paar bestellings vir serpe geplaas. Van der Walt is verheug oor “die gees van kameraadskap en die saad van gedeelde hoop” wat tussen al die vroue ontkiem het. Voorskoolse kinders wat saamkom word met opvoedkundige speelgoed besig gehou en elkeen kry ook ‘n toebroodjie, ‘n koeldrankie en ‘n lekker. Bel Van der Walt by 082 376 9403 as jy wol of hekel- en breinaalde kan bydra.

Drie gelukkige lesers sal elk met die splinternuwe CD van Piet Botha, Die Middernagtrein, spog. Botha het onlangs, na 'n stilte van sewe jaar, sy nuutste CD aan die Wes-Kaap bekendgestel. "Ek het old school gegaan met hierdie een," vertel Botha. “Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die Middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ‘n gig in die middel van die nag. Die Middernagtrein is maar ‘n metafoor vir life on the road.” Piet het onlangs by die Vonk-familie aangesluit, wat die verspreiding behartig. Die Middernagtrein is by Musica-winkels landswyd, asook op alle aanlyn-musiekplatforms, beskikbaar. Om in aanmerking te kom vir 'n kopie van Die Middernagtrein moet jy net die volgende doen: stuur 'n Whatsapp-boodskap met die slagwoord PIET, saam met jou naam en van, tuisdorp en die antwoord op die onderstaande vraag, na 084 8333 813 voor 12 Mei om 12:00. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.

3


4

9 Mei 2018

dié courant

Nywerheid bereik nuwe hoogtes

Kry nóú jouself en jou maatskappy gereed om in nywerheidsontploffing te deel Die ooreenkoms wat verlede week tussen Transnet nasionale hawe-owerheid en Saldehco, deels swartbemagtigingsmaatskappy en deels in Singapoerse beleggingshande, geteken is, beteken dat die hawe ‘n inspuiting van nagenoeg R2 miljard rand kry. Die belegging vorm deel van die Saldanhabaai-nywerheidontwikkelingsone (SBIDZ) en die Spesiale Ekonomiese Sone (SEZ) wat vir die grond langs die hawe geoormerk is. Om deel te wees van projekte soos dié, moet Weskussers en Weskus-maatskappye hulle vere regskud: laat die SBIDZ se vaardigheidsontwikkelingsafdeling help. Niks gaan egter in ‘n oogwink gebeur nie. Opleiding vat tyd en om ‘n maatskappy oral te registreer waar dit geregistreer moet word neem ook tyd. Dit is bykans te laat om nog deel te word van die eerste groot konstruksieprojek, die

Dis Goeie Nuus

bou van die toegangsgebou en kantoorblokke, óf die bou van die Saldehco-dienspunt. Maar daar kom nog projekte. Daar is nog ‘n bietjie tyd. Gaan registreer op Grow-Net.bizz Daar moet volgens die kontrakte eerste gekyk word na mense wat reeds in die Weskus (Saldanhabaai munisipale-area) bly, maar indien die mense hier nie gereed is nie, gaan die maatskappy wyer moet kyk vir arbeid en verskaffing. Burgemeester Marius Koen is reg as hy dit as ‘n tsoenami beskryf wat die Weskus tref. Is jy of jou maatskappy gereed om hieraan deel te neem? Of gaan daar steeds mense wees wat bakhand staan en aan groot maatskappye, wat na entrepreneurs, 'go-getters' soek, vra wat húlle dan vir die gemeenskap gaan doen? Die geleenthede is daar. Dit wag vir diegene wat hulself gaan regruk en saam begin hardloop.

NUUS • NEWS

Neem deel aan prettige kleurloop by Kruispadplaas

Dr. Andrew Bosman

Die woorde van ons mond

Ons sê so maklik iets as ons skrik of kwaad word, en die woorde kan nie teruggetrek word nie. ‘n Persoon is selfs gevangenisstraf opgelê vir wat gesê is. Salomo skryf in Prediker dat jy nie haastig moet wees met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor God nie, want God is on die hemel en jy is op die aarde, daarom moet jou woorde min wees. Van die Spreuke wat Salomo uitgespreek het lui ook as volg, by die veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie, maar hy wat sy lippe inhou handel verstandig. Vriendelike woorde is soos heuningkoek, soet vir die siel en genesing vir die gebeente. Jesaja skryf van die Gesalfde van die Here wat sal kom, Hy sal soos ‘n lam stom wees voor sy skeerders, soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word sal Hy sy mond nie oopmaak nie. Jesus voor Pilatus word deur Pilatus gevra, praat u nie met my nie? Weet u nie dat ek mag het om u te laat kruisig of los te laat nie? Dan antwoord Jesus wel: U sou geen mag teen My hê, as dit nie van bo aan u gegee was nie! Paulus skryf dat ons woorde altyd met sout besprinkel moet wees, sodat ons kan weet hoe om iedereen te antwoord. Ten slotte antwoord met ‘n seënwens, want dit is waarvoor julle geroep is, sodat julle ook seën kan ontvang.

VELDDRIF – Die Village Fitness 5km Kleureloop (Colour Fun Run) vind plaas op die Kruispadplaas, 15km buite Velddrif, op Saterdag 12 Mei. Die pretloop begin om 09:00, registrasie begin reeds om 08:00. Mense wat vooraf by die Village Fitness Gym te Voortrekkerweg 139, Velddrif, registreer kry ‘n geskenksak met energiestafie, wieproteïenmonstertjie, energiedrankie, water of koeldrank, ‘n kleurloop-inskrywingsbandjie en twee sakkies verf. Die inskrywingsfooi beloop R50 vir volwassenes, R45 vir kinders onder 13 en dit sluit 2 gratis sakkies verf in. Bykomende sakkies verf kan op die dag vir R10 elk gekoop word. Dra 'n wit hemp

en berei voor om vol allerhande kleure verf te word. Verskeie gelukstrekkings gaan gehou word met pryse van Russells on the Port, Lavender & Lime, Blue Bay Lodge Restaurant en die Village Fitness Gym te wen. Medaljes word aan die eerste 200 mense wat klaarmaak gegee. Goeie gehalte koffie en verversings gaan te koop wees. Aanwysings: by die Velddrif-ingang draai regs op die R399 na Piketberg, volg die pad vir 7 km en draai regs na Kruispad/Tannebaai, volg die grondpad vir 5km, draai links na Happy Campers. Bel Ross by 022 783 0253 of 071 891 6451 om meer inligting.


NUUS • NEWS

5

9 Mei 2018

Milan verstom met talent in Weerkaats Alida Buckle SALDANHA –Milan Murray se solostuk, Weerkaats, skets die storie van Luka, ‘n houtskoolkunstenaar wat op die halfgeboude brug in Kaapstad teken en daaroor dink om daar af te spring. Nes Luka by ‘n punt gekom het waar sy oor die lewe en die keuses wat sy gemaak het tob, vertolk Murray ook die rol van vier ander vroue met dieselfde nabetragting, bitterheid en worsteling met spyt. “Perspektief is so eenvoudig nadat jy die fout gemaak het, so dof, vóór jy die keuse maak.” Die Weskustak van die Dameskring het Weerkaats Woensdagaand 2 Mei in die Weskusskoolsaal aangebied, ten bate van hul Nasionale Dameskringfonds. Die toneelstuk het sy debuut op die Aardklop Nasionale Kunstefees gemaak. Murray is veral bekend vir haar rolle in Isidingo, Song vir Katryn en Binnelanders. Wat aangryp in Weerkaats is die kontrasterende swart en wit tema en die kreatiewe gebruik van lig en musiek. Met net ‘n romp verander Murray in ‘n veteraanaktrise, met ‘n paar hoëhakskoene en ‘n bril in ‘n motiveringspreker en met ‘n hangoormus in ‘n effe aangeklamde jong vrou. Die beroepsvrou wat na 25 jaar net haar loopbaan oor het, word parmantig uitgebeeld, terwyl sy touspring en boks. Murray kry dit reg om die gehoor te oortuig dat daar vyf verskillende vroue op die verhoog is, elkeen met haar eie bestaanskrisis, vertwyfelinge en die besef dat hul keuses hul lewe bepaal het. “’n Choose your own adventure vir grootmense...” Die motoriste in die verkeer wat Luka onder haar sien afspeel is mense vasgevang in hartseersituasies, met hul gedagtes opgeskeep

Millan Murray as ‘n jong hartseer vrou.

Lede van die Dameskring by Milan Murray, wat op die tekening sit wat sy gedurende die toneelstuk teken, is voor van links Elize Marx en Sonja Hurter; agter Davelina Nelson, Sally van der Merwe, Erna du Plessis, Welma Brits, Susanna le Roux en Magriet van der Merwe.

gedoen en Lize van Rooyen is die verhoogbestuurder.

“Luka het klaar besluit om te spring as sy daardie laaste dag na die brug toe gaan, om vir oulaas een van haar houtskoolsketse daar te maak. Ek dink wanneer mens so ’n besluit neem, is daar minder wroeging en meer aanvaarding. Die warboel van emosies is nie net voor sy spring nie, dis in die maande en maande vooraf.” Milan ken depressie goed en sy meen dat mense nog steeds ’n wanbegrip het van wat dit is. Philip Rademeyer het die regie en ontwerp

• Die Dameskring is 51 jaar gelede in 1967 as kultuurorganisasie vir Afrikaanssprekende Christenvroue in Nelspruit gestig. Volgens Davelina Nelson van die Weskustak vergader hulle elke tweede Dinsdag van die maand. “Lede word toegerus as leiers om ‘n verskil te maak en buite hul grense te dink.” Die Dameskring hou twee keer ‘n jaar streekskonferensie en elke twee jaar kom die 165 takke byeen op ‘n nasionale Damesberaad. Bel Nelson by 083 565 1101 om meer inligting.

tob hulle oor verspeelde kanse, kies hulle maklike uitwegte en dink hulle niemand sien hul pyn nie... Murray het aan dié courant gesê dat daar iets van haar in elkeen van die vroue is, maar omdat Luka ’n kunstenaar is, “voel ek seker die naaste aan haar”. Die besluit om te spring is 10 minute voordat sy elke keer op die verhoog stap dominant in haar gedagtes.

Tussenverkiesing in White City op 30 Mei vanjaar SALDANHA – Inwoners van White City kry moet op Woensdag 30 Mei in ‘n tussenverkiesing stem om ‘n nuwe raadslid vir hul wyk, Wyk 3 in die Saldanhabaai-munisipale gebied, te verkies. Raaslid Rayn Don het bedank vanweë sy gesondheid en gee nou weer skool by Hoërskool Diazville. Tyd om kandidate vir die verkiesing te nomineer het vandag, Maandag 7 Mei, amptelik gesluit. Die kandidate behoort nog in die week bekendgemaak te word, maar dié courant het verneem dat die DA se voorlopige kandidaat Charleen van Nooi.

Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garcia- izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson- ads@diecourant.co.za Joernalis: Alida Buckle- alida@diecourant.co.za Bemarkers: Desiré Kriel desire@diecourant.co.za Isabella Schnetler isabella@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221

Die ander partye het teen saktyd hul kaarte nog naby hul hart gehou ... Kiesers kan op die 30ste tussen 07:00-21:00 by die Schutersaal langs St Andrew’s Primêr en by die Berseba-kerksaal in Dolfynstraat kom stem, mits hulle daar geregistreerd is. Mense wat aansoek wil doen om ‘n spesiale stem uit te bring, moet dit tussen 14-18 Mei doen. Die vorms moet by die kantoor in Skoolstraat verkry word en die stemgemagtigde persoon móét dit sélf teken, anders gaan dit nie geldig wees nie. Vir nog meer inligting gaan kyk by www.elections.org.za


6

Dagboek • Diary Weekliks

Alkoholiste Anoniem, Maandae in Vredenburg, Woensdae in Langebaan en Vrydae in Saldanha – 073 179 0751.

Geleenthede Donderdag 10 Mei: Jaarvergadering van Velddrif Animal Care, Riviera Hotel, 18:30 vir 19:00 – Dennis 074 740 1111. Saterdag 12 Mei: Fotografie-werkswinkel saam met bekende fotograaf, Johan Wilke, Artist’s Retreat, Mauritsweg 14, Jacobsbaai, R850 sluit middagete en verversings in, 09:00-17:00 – Cilla 079 9175195. Vrydag 18 Mei: Matthys Roets, Hoërskool Velddrif, R120 pp – 022 783 0028. Saturday 19 May: West Coast Bird Club, monthly meeting, 14:30, Fossil Park – Gill 082 736 6673. Vrydag 25 Mei: Weskus-jeugorkes, Die Plaasmol, Hopefield, 19:00, drag semi-formeel, R100 volwassenes, R70 studente en pensioenarisse – Tania 074 428 2802, oornagkampeerplek Fransie 074 924 8478. Saterdag 26 Mei: Kom drink tee saam met aktrise Quanita Adams, Weskus Mall, 14:00, gelukstrekkings, R120 pp – Olivia 022 703 6900. Internasionale pik-en-slukaand, ATKV Saldanhabaai, disse van vyf lande, 18:00, lede R120 pp, nie-lede R150 pp, geen kinders o.18 – Corné by 083 235 8619 of Hedwig 083 364 5827. Woensdag 30 Mei: Vredenburg-tuinbouklub besoek Khoisan Sout, Velddrif, eie vervoer, verversings en tee/koffie na besoek (lede R50, nie-lede R80) –Ansie Loudon 083 284 3941. Dinsdag 29 Mei: Weskus Fotografiese Stigting, maandelikse byeenkoms en terugvoer, 18:30, Ou Stalle by NG Kerk-moedergemeente – Anna-Marie by 084 577 7752.

9 Mei 2018

NUUS • NEWS

Saterdag 2 Junie: Jurie Hayes Primêr hou Debutantebal en dinee by Hoërskool Vredenburg, R200 pp – 022 766 1568. Saterdag 14 Julie, Franja du Plessis en Ruan Josh by die Bergrivier-winterkarnaval by Riviera Hotel, Velddrif. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita Du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.

SPORT Weekliks

Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@ gmail.com.

Neem deel/ gaan kyk: Saterdag 26 Mei: Curro Langebaan Golf Day, 11:45-13:30, Langebaan Country Estate, R1400

per four-ball, R750 per two-ball, bookings – Dommonique, dommo.f@curro.co.za Woensdag-Saterdag, 11-14 Julie: Bergrivierkanomarathon, Velddrif – berg.org.za Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts

at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na alida@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00.


NUUS • NEWS

9 Mei 2018

Nurses celebrated for their Fietse en stappers pak role in providing effective Patrysberg toe patient care Vredenburg – Celebrating its nurses with the theme Nursing Now: A Voice to Lead, Life West Coast Private Hospital proudly acknowledges its nurses who are at the core of the healthcare industry and are often the unsung heroes of the healthcare industry in South Africa. “Our theme for International Nurses’ Day this year focuses on empowering and supporting nurses in meeting 21st century health challenges and recognising that nurses are at the heart of countries’ efforts to provide health for all. It also aims to highlight the significant role nurses play in healthcare through leading healthcare delivery, championing the delivery of evidence-based practice and remain the advocates for patients and their families”, says Hospital Manager, Daniel Matthew The Life Healthcare Group employ as many as 10,000 nurses across the country and celebrates them for being at the heart of patient-centred care, leading nursing care and using their voice to consistently drive improved healthcare services and systems. International Nurses’ Day is an opportunity for the Group to thank nurses for taking up the challenge of making ordinary care special through being mindful and thoughtful in the care they deliver. “We also salute our nurses for stepping-up and taking the responsibility of being the champions for the delivery of evidencebased practice whilst influencing, moulding and inspiring future generations of nurses”, added Mr Matthew.

Aligned to 12 May is Life Healthcare’s Great 100 Nurses initiative, recognising nurses who have been chosen by their peers for epitomising quality and compassion in their daily work. Launched in 2012, the Great 100 Nurses celebration was established to honour nurses who have made a significant difference to the profession of nursing and in the lives of patients, peers, students and the community. The initiative identifies and acknowledges the company’s top nurses in the Group on an annual basis, to recognise their outstanding nursing care. Nurses are recognised as nursing ambassadors for Life Healthcare and the profession at large. The award gives nurses who join this prestigious group the opportunity to transform nursing care at the bedside and improve patient outcomes. Life West Coast Private Hospital is proud to have a number of its nurses nominated for Great 100 Nurses with Teressa van der Westhuizen being selected as 2018 Great 100 Nurse winners at the regional Great 100 Nurses. “…On the very busy days she will make time to hold a patient’s hand. Give a hug to a worried visitor, after patiently explaining to the visitor how their family member is doing”, said colleague Tania Strydom. “These awards act as a reminder for staff and the public that our nurses work hard and are committed to each and every one of their patients. Through their commitment, they are transforming the nursing world and providing world class care”, said Mr. Matthew

ST Helenabaai – Saterdagoggend 5 Mei se koel mistige weer was net die ding wat die sowat 150 stappers en 116 fietsryers bestel het sodat hulle die 5km en 10km op die Patrysberg plaas kon stap en die fietsryroetes van 16.5km, 22km of die gedugte 41km (swart roete) kon aanpak. NG Kerk St Helenabaai het die uitdaging vir die derde agtereenvolgende jaar gehou in aanloop tot hul groot jaarlikse basaar, vanjaar op Saterdag 2 Junie plaasvind. Volgens Anneli Lock (Patrysberg is haar en haar man, Kobus, se plaas) het Willie Calitz, wenner van die swart roete se wenner ‘n trofee ontvang. Die deelnemers was net daar vir die pret, daar is nie amptelik tyd gehou nie en daarom is daar ook nie amptelik wenners aangekondig nie. Van die deelnemers wat die eerste daar was

7

kon nie uitgepraat raak oor hoe mooi roete dit is om te stap nie. Die dag het ordelik geskied met alles goed georganiseerd. Lock het gesê dat die oudste deelnemer aan die staptog 91 is en die jongstes maar 4 jaar oud. ‘n Strawwe potjiekoskompetisie is gewen deur Susan en Lindie, met die Superior-span tweede en JN loubser derde. ‘n Groot hoeveelheid fietsrytoerusting is aan die ontwikkelingspan van Laerskool Diazville gegee. Alle fondse wat met die inskrywingsgeld en die stalletjies met pannekoek, slap tjips, worsrolle en lekker warm koffie, tee en sjokolade gaan aan die NG Kerk St Helenabaai. Lock het gesê dat hulle uiters dankbaar is vir al die skenkings.

The history of Mother's Day Celebrations of mothers and motherhood can be traced back to the ancient Greeks and Romans, who held festivals in honor of the mother goddesses Rhea and Cybele, but the clearest modern precedent for Mother’s Day is the early Christian festival known as “Mothering Sunday.” MOTHER’S DAY AROUND THE WORLD While versions of Mother’s Day are celebrated worldwide, traditions vary depending on the country. In Thailand, for example, Mother’s Day is always celebrated in August on the birthday of the current queen, Sirikit. Another alternate observance of Mother’s Day can be found in Ethiopia, where families gather each fall to sing songs and eat a large feast as part of

Antrosht, a multi-day celebration honoring motherhood. In the United States, Mother’s Day continues to be celebrated by presenting mothers and other women with gifts and flowers, and it has become one of the biggest holidays for consumer spending. Families also celebrate by giving mothers a day off from activities like cooking or other household chores. At times, Mother’s Day has also been a date for launching political or feminist causes. In 1968 Coretta Scott King, wife of Martin Luther King Jr., used Mother’s Day to host a march in support of underprivileged women and children. In the 1970s women’s groups also used the holiday as a time to highlight the need for equal rights and access to childcare. History.com

As jy dink jou ma verdien 'n lekker bederf op Moedersdag, hoekom dan nie inskryf vir dié courant se Moedersdagkompetisie nie? Stuur 'n Whatsapp-boodskap na 084 8333 813 met die slagwoord: MOEDER, jou ma se naam, van, tuisdorp en kontakbesonderhede

voor 10 Mei om 10:00 om in aanmerking te kom hiervoor.

Wen met Moedersdag

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


courant

NUUS • NEWS

9 Mei 2018

dié

8

Tel: 022 487 3221

SPORT

9 Mei 2018

•PATERNOSTER SE SPAN SORG VIR VERRASSING OP VELD

Boland se rugbyliga skop weer af

Wesley Adams van Saldanhabaai druk 'n drie met spanmaat Melvin Lazarus wat hom aanmoedig.

Kontak ons • Contact Us

Redakteur: Izélle Garcia- izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson- ads@diecourant.co.za Joernalis: Alida Buckle- alida@diecourant.co.za Bemarkers: Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za Isabella Schnetler - isabella@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws - accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221

SALDANHA – Paternoster het vir ‘n verrassing gesorg deur verbete te veg in hul wedstryd op Saterdag 5 Mei teen die gedugte span van Saldanhabaai-rugbyklub. Paternoster speel vanjaar vir die eerste keer in die Grootuitdaagbekerreeks, ná die skommelinge in die liga. Vir Saldanhabaai het Wesley Adams die eerste drie in die eerste helfte gedruk en Stuart April nog een. Charlie Vraagom het ‘n strafskop en twee vervyfde skoppe oorgekry. Die halfeindtelling was 17-0. Tiaan van Wyk het in die tweede helfte vir Paternoster ‘n drie gedruk wat Amboss Barends verdoel het. Hy het ook ‘n strafskop oorgekry. Charlie Vraagom het vir Saldanhabaai ‘n skepdoel oorgekry. Die eindtelling was 20-10 in Saldanha se guns. In nog wedstryde in die Grootuitdaagbekerreeks het St Helenabaai met die bal weggehol en

Langebaan met 50-18 gewen. Halftyd het die telling op 22-18 gestaan. St Helenabaai se puntemakers was drieë Diego Talmakkies, Leighton Kanow (2), Christiaan Chirwa, Vincent Roberts, Kerwin Abdol, Hilford Clarke en Raymond Papier. Papier het ook vyf drieë verdoel. Nelson Siphungu en Monre Thorne het Langebaan se drieë gedruk en Russell Smith het ‘n doelskop en twee strafdoele tussen die pale deurgesit. “Langebaan het nooit ophou veg nie,” het hul bestuur na die tyd gesê. Nog uitslae is Velddrif wat Mamre met 26-15 wen en Young Hearts wat Hopefield 31-5 geklop het. Gilmore Solomons (Young Hearts) teken altesaam 15 punte, waaronder drie drieë, aan. Hou dié courant se Facebook-blad dop vir die naweek se rooster.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
dié courant weskus en bergrivier by DieCourant - Issuu