courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
9 Mei 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 468
9 Mei 2018
•HAAR HERKOMS 'N HOOGTEPUNT VAN LEWE
Angeline Matthys ‘n vegter vir kultuur •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Angeline Matthys is ‘n ystervrou wat haar voete stewig op die grond het, maar groot dinge droom en vermag. Hierdie ma, versorger en gemeenskapswerker se hart klop warm vir haar mense, haar wortels en haar dorp. Angeline se lewe van diensbaarheid het reeds net na skool begin toe sy haar eerste werk by Silwerkruin gekry het. “Ek het net ‘n passie vir oumense, kinders, siek mense en gestremdes. Vir my het daar nog nooit iets bestaan soos om mense se behoeftes raak te sien en niks daaraan te doen nie. Ek glo elke mens het ‘n doel hier op aarde en myne is om te woeker om iets te doen aan die behoeftes wat ek rondom my raaksien,” sê sy. Haar passie om mense te help is egter nie die enigste ding wat in Angeline se hart brand nie. Haar herkoms en wortels is ook iets wat haar nog altyd geïnteresseer het. “My ma het altyd gesê dat sy ‘n Korana-vrou is, maar ons het nie veel van haar stories en herkoms geweet nie. Dit het my altyd bygebly en laat wonder oor die bloed in my are,” vertel Angeline. Hierdie nuuskierigheid het haar in 2005 by die Khoisan Kingdom laat aansluit. As lid van hierdie groep het sy ‘n samekoms in Kimberley bygewoon en mense ontmoet wat haar familie aan haar ma se kant ken. “Ek het vir oom Dawid Kruiper ontmoet en besluit dat ons mense bymekaar moet kom om mekaar se stories oor ons herkoms te deel,” sê sy. Hierdie behoefte het Angeline laat besluit om ‘n toer vir die Kalahari se San-mense te reël. Sy het, met karige bronne tot haar beskikking, ‘n toer vir 55 mense van Upington tot in Wellington gereël. “Ek het die Colibri-saal gekry vir die mense om in oor te slaap. Die munisipaliteit het ook vir ons ‘n bus beskikbaar gestel waarin die mense hier in ons vallei vervoer kon word. Selfs die brandweer het ons gehelp met matrassies vir almal. Die toergroep het vir twee weke lank in Wellington gebly en ons het op verskeie uitstappies gegaan en nagte om stories gesels en interessante dinge oor ons herkoms gedeel. Dit was ‘n baie groot hoogtepunt in my lewe,” vertel Angeline.
‘n Ou foto van Angeline saam met die kinders wat sy gereeld op uitstappies neem. Sy het hul tradisionele uitrustings uit ‘n ou sonsambreel en een van haar jasse se pels gemaak. In 2012 het sy besluit dat sy ‘n platform vir die bevordering van haar Khoisan-herkoms wou skep. Vir hierdie doel het sy die Boesman Khoi Development Organization (BKDO) gestig. “Ek het gevoel dat ek op die 'drop-outs' in ons gemeenskap wil fokus om vir hulle weer ‘n sin van behoort gee. "Daar is so baie kinders wat die skool verlaat en ek wil iets dóén aan die euwels rondom ons. Dit help nie ‘n mens praat en kla oor dinge, maar jy doen niks daaraan nie. As kinders weet waar hulle vandaan kom, wat hul voorouers gedoen en vermag het, hul kultuur eer en konstruktief besig gehou word, sal baie dinge in ons gemeenskap beter wees,” sê sy. Angeline het begin om die BKDO, ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie, te gebruik om kinders bymekaar te kry om smiddae ou kinderspeletjies te speel, rieldanse te oefen en sommer ook hul huiswerk te doen. “Ek oefen hier langs my huis in die stof of in die pad voor die huis met die kinders. Dan doen ons sommer ook huiswerk agterna,” sê sy. Buiten die werk wat Angeline in die BKDO doen, is sy ook die Wes-Kaap se hoofvrou van die Kei !Korana Transfrontier-organisasie. Sy het onlangs, in haar hoedanigheid as hoofvrou van
hierdie groep, ‘n spesiale parlementêre sitting tydens die begrotingsrede vir tradisionele leiers bygewoon. Sy was ook die spreekbuis vir hierdie groep tydens 'n onlangse byeenkoms van die Drakenstein Munisipaliteit waar provinsiale afgevaardigdes van tradisionele groepe vergader het. Angeline se BKDO-groep van 213 kinders het al aan talle aktiwiteite deelgeneem. Hulle het die plaaslike museum in tradisionele klere besoek en die 5km by die Safari Halfmarathon in tradisionele drag kafgedraf. Haar rieldansgroep het ook die afgelope naweek by die Stasiefees opgetree. Angeline was boonop by die Breytenbach-sentrum se “Break a Leg”-dramagroep in talle produksies betrokke. “Vir Vrouedag gaan ons uniforms aantrek en die oumense in ons gemeenskap ‘n bietjie mooimaak en hulle hare en voete doen,” vertel sy entoesiasties. Ten spyte van baie uitdagings, ‘n tekort aan fondse, ‘n behoefte aan hulp met die kinders se huiswerk smiddae en die feit dat talle van die kinders by BKDO sonder skoene, rugsakke of komberse klaarkom, beur Angeline onverbete voort met die opbouende aktiwiteite wat sy by die BKDO aanpak. “Ons leuse is: ‘our gift will make room for us’. Daar is nooit ‘n verskoning om nié die behoeftes in ons gemeenskap aan te spreek nie,” sê sy. Belangstellendes en mense wat by die BKDO betrokke wil raak, kan Angeline by 084 296 1695 kontak.
NUUS • NEWS
2
9 Mei 2018
NUUS • NEWS
Wen met Piet •IRNA VAN ZYL BY BREYTENBACH-SENTRUM Botha en Die Misdaadskrywer by boekklub Middernagtrein
Drie gelukkige lesers sal elk met die splinternuwe CD van Piet Botha, Die Middernagtrein, spog. Botha het onlangs, na 'n stilte van sewe jaar, sy nuutste CD aan die Wes-Kaap bekendgestel. "Ek het old school gegaan met hierdie een," vertel Botha. “Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die Middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ‘n gig in die middel van die nag. Die Middernagtrein is maar ‘n metafoor vir life on the road.” Piet het onlangs by die Vonk-familie aangesluit, wat die verspreiding behartig. Die Middernagtrein is by Musica-winkels landswyd, asook op alle aanlyn-musiekplatforms, beskikbaar. Om in aanmerking te kom vir 'n kopie van Die Middernagtrein moet jy net die volgende doen: stuur 'n Whatsapp-boodskap met die slagwoord PIET, saam met jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor 5 Mei om 12:00. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.
Die plaaslike Boekklub het weer op 3 Mei ‘n heerlike byeenkoms in die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach-sentrum gehad. Tydens hierdie byeekoms het die misdaadskrywer, Irna van Zyl, meer oor haar nuutste boek, Gifbeker, kom vertel. Sy was in gesprek met dr. Amanda Swart wat haar oor dié nuwe boek uitgevra het. Irna, wat twee honneursgrade, een in joernalistiek en een in Afrikaans Nederlands, het, het oor haar professionele reis gepraat. Volgens haar was Breyten Breytenbach se gedigte en haar werk as misdaadverslaggewer onder meer van die dinge wat haar as misdaadskrywer gevorm het. “As ‘n mens eers ‘n joernalis was en dan jou hand aan fiksie waag, begin jy egter weer heel onder,” het sy gesê. Op ‘n vraag van doktor Swart oor die oplewing wat daar tans in misdaadverhale is, het Irna laat hoor dat sulke verhale vir mense ontvlugting bied. “Misdaadfiksie gaan gewoonlik daaroor dat die goeie die slegte oorwin. Dit is ‘n goeie storie, vol kinkels, spanning en intrige wat met interessante feite vermeng word. Boonop het dit altyd ‘n goeie of bevredigende einde,” het Irna gesê. Dr. Swart het haar ook oor die tipe misdaadfiksie wat sy skryf, uitgevra. “’n Mens kry verskillende soorte misdaadfiksie, soos die griesel-stories, literêre misdaadverhale en die raaisel-tipe stories. Ek verkies die raaisel-stories, maar gebruik tog riller-meganismes daarin. Ek doen baie navorsing en die beplan die verloop en belangrikste gebeure in die storie voordat ek begin skryf,” het sy oor haar
Irna het kopieë van haar boek na die praatjie onderteken. vertel. Sy het voorts ook lig op die interessante, werkswyse gesê. Volgens Irna is die titel van die boek, Gifbeker, betekenisvolle name van die karakters in die ‘n verwysing na die moordwapen in die boek. ‘n boek, sowel as die politieke kommentaar en sinGiftige sampioen, wat in die volksmond as dui- speling op gender-kwessies in Gifbeker gewerp. “Alles wat in die boek gebeur en al die dinge welsbrood of gifbeker bekendstaan, veroorsaak die dood van ‘n kosblogger in ‘n restaurant in wat die karakters in Gifbeker doen, is eintlik Hermanus. Talle raaiselagtige omstandighede maar ‘n reflektering van dit wat ons in ons sameen verwikkelinge rondom hierdie gebeurtenis, lewing sien. "Die enigste verskil is dat, anders as wat soms sorg vir ‘n spanningsvolle verhaal vol intrige en die geval in die werklikheid is, die storie ‘n goeie kinkels. Irna het ook meer oor haar sampioenversa- of gewenste einde het,” het sy afgesluit. meling as deel van haar navorsing vir die boek
In its quest to become as water resource independent as possible, Drakenstein Municipality (Paarl, Wellington, Gouda, Hermon, Saron and Simondium) is currently testing the market regarding the possibility of transforming effluent into reusable potable water. The Municipality has invited requests for proposal from companies for the treatment of effluent from the Paarl and Wellington Wastewater
Works for Direct Potable Re-use. These proposals may be submitted until 24 May 2018. No final decision has however been made to pursue this route yet or tender process started. The source of the majority of Paarl and Wellington's water is Wemmershoek Dam, which Drakenstein Municipality shares with the City of Cape Town. As the Municipality gears to deal with the
Drakenstein strives to become water resource independent ongoing effects of the drought, it works hard to create and strengthen Drakenstein’s own water resources. This forms part of its comprehensive drought management plan and should also assist it in keeping down water tariffs. Other additional sources the Municipality is currently establishing or exploring, include boreholes and winter water storage dams.
NUUS • NEWS
9 Mei 2018
3
•BLOMMEPRAG WEER UITGESTAL BY JAARLIKSE SKOU
102de Krisanteskou met fleur gevier •Jaomi Zeeman Die 102de Wellington Krisante Skou het op Saterdag 5 Mei in die Stadsaal plaasgevind. Hierdie fleurige geleentheid, wat reeds sedert 1917 ‘n instelling in die dorp is, is deur ‘n rits krisante-kenners, lede van die Wellington Krisante Vereniging, gerekende eregaste en lede van die publiek bygewoon. Die Stadsaal is in ‘n oase omskep met net onder die 300 prag-krisante wat uitgestal is. Die kwekers se verskillende variëteite, kleure en groottes van hierdie blomsoort het die tafels laat kreun waar dit in gelid gestaan het om vir die talle toekennings in aanmerking te kom. Volgens Anthony Cavernelis, voorsitter van die Krisante Vereniging, was dit hierdie jaar ‘n besondere uitdaging om die krisante gereed te kry vir die skou. “As gevolg van die waterbeperkings en baie warm, droë weer moes ons baie planne beraam en ekstra moeite met die blomme doen. Maar hier is ons, in ‘n saal vol blomme,” het hy gesê. Die amptelike verrigtinge en prysuitdeling is deur ds. Jan Hendricks geopen, waarna prof. Michael Le Cordeur vir Christo van der Rheede, adjunk-hoof van Agri SA, as spreker aan die woord gestel het. Van der Rheede het in sy toespraak na die nodigheid om in voeling met die natuur te leef verwys. “Om in harmonie met die natuur te leef, hou baie voordele vir die mens in. Dit is ‘n voorreg om vandag in die geselskap van tuiniers, blomkwekers, mense wat omgee vir die skepping en die bewaarders van ons natuur en erfenis te
wees,” het hy gesê. Hy het ook hulde aan die Wellington Krisante Vereniging vir hul 102-jaarlange voortsetting van hierdie tradisie gebring. “102 jaar is ‘n groot prestasie. Hierdie erfenis wat julle in stand hou gaan oor meer as bloot ‘n stokperdjie - dit is ‘n gemeenskapsinstelling, in die gemeenskap se belang en dit trek mense bymekaar. Dit is dinge soos hierdie wat die boustene vorm wat gemeenskappe se fondasies stewig hou,” het Van der Rheede gesê. Buiten die krisante, was daar ook ‘n handvlyt-afdeling by die skou waar blommerangskikkings en handwerk ten toon gestel is. Karel Dampies het met die toekenning vir die beste blommerangskikking en huisvlyt weggeloop. Marshall Rhode, Michael le Cordeur senior en Anthony Cavernelis het almal eerste plekke in die onderskeie afdelings vir hul blomme ontvang. Michael le Cordeur senior het die trofee vir die meeste algehele punte, sowel as die gesogte prys vir die “Kampioenblom” gewen. Werkers van die Bosman Adama-plase het hierdie jaar ook vir die eerste keer hul hand aan die kweek van krisante gewaag en hul pragtige blomme het tussen dié van die gesoute kwekers op die tafels gepryk. ‘n Spesiale toekenning is aan hierdie groep nuwe kwekers vir hul inisiatief en as aanmoediging gemaak. “Ek gaan die Bosman-kwekers in die volgende jaar help met hul blomme en al my geheime met hul deel,” het Michael le Cordeur senior, wat al vir 60 jaar lid van die Wellington Krisante Vereniging is, by die ontvangs van sy wentrofee gesê.
Regs: Plaaswerkers van Bosman Adama het hierdie jaar vir die eerste keer aan die skou deelgeneem en is deur die organiseerders vereer.
Wen met Skaapkop-fees Dis dié week weer tyd vir die jaarlikse Skaapkopeetfees van dié courant en Trio Events by Bushmans Cave. Twee gelukkige leser sal kampplek vir vier persone losslaan om deel van dié unieke fees te wees. Stuur 'n Whatsapp-boodskap met die slagwoord SKAAP, jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Donderdag om 12:00 om in aanmerking hiervoor te kom. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.
Anthony Cavernelis, voorsitter van die Wellington Krisante Vereniging, saam met die wenner van die kampioen blom, Michael le Cordeur snr. en die geleentheidspreker, Christo van der Rheede, adjunk-hoof van Agri SA.
4
9 Mei 2018
•MIA COETZEE (5) STRY TEEN SELDSAME GEWAS
NUUS • NEWS
Gemeenskap wil vegtertjie ondersteun nek. Haar linkerogie sien dubbel en sy sukkel om te sluk, veral vloeistof. Volgens haar neuro-chirurg moet dit vir haar ‘n ongelooflike inspanning wees om haar kop regop te hou, omdat haar clivus basies weg is. Daarom ook die spierspasmas in haar nek en skouers,” vertel haar ma. As gevolg van hierdie toestan lê Mia nou die meeste van die tyd om haar nekkie te laat rus. “Ons het vir haar gesê ons weet uiteindelik hoekom haar nekkie so seer is en daar is iets wat die dokters moet uithaal om haar beter te laat voel,” sê Anja oor hoe hulle dit aan Mia verduidelik het. Die Paarl Medi Clinic het hulle na die Rooikruis Kinderhospitaal verwys, omdat daar ‘n hele groep spesialiste is wat saam oor die prosedure wat op Mia uitgevoer moet word, kan besluit. Volgens Anja het die dokter baie moeite gedoen en inligting vanoor die wêreld gekry om Mia te help. Hy het in sy 10 jaar by Rooikruis Kinderhospitaal slegs vier chordoma-pasiënte gehad en hulle was almal tieners. Drie professore van verskeie hospitale in die Kaap gaan haar operasie doen. “Professor Lubbe, ‘n oor-, neus- en keelspesialis sal die operasie deur die neus en mond doen. Prof. Taylor, ‘n neurochirurg wat spesialiseer in die area onder die brein en prof. Dunn, ‘n ortopeet, wat Mia se clivus en werwel gaan opbou, is almal by die operasie betrokke,” sê Anja. Tydens die operasie, wat op 7 Mei uitgevoer is, het hul gaan probeer om soveel as moontlik van die gewas te verwyder. Indien daar selfs slegs ‘n selletjie oorbly, kan dit weer groei. Mia sal ook in die toekoms bestraling moet kry en elke ses maande vir skanderings moet gaan om te sien of die gewas nie weer begin groei nie. Alhoewel die Coetzees se mediese fonds groot gedeeltes van die rekeninge dek, moet hul die CT- en MRI-skanderings waarvoor Mia gereeld sal moet laat doen, uit hul eie sak betaal. Om hierdie rede het ‘n mamma by Doemsie, Chantelle Grobler, besluit om ‘n fondsinsamelingsfunksie ten bate van Mia se mediese uitgawes te reël. Op 20 Mei sal die gewilde “Clarice & die Reënboogkidz” ‘n heerlike vertoning in die Moederge-
meente se kerksaal aanbied. Clarice, wat met haar energieke, positiewe kindervertonings en liedjies al regoor die land opgetree het, is ook al vir ‘n KykNet G h o e m a - to e ke n ning benoem. Sy het ook al ‘n kinderboek in samewerking met Christian Art Publishing geskryf. Die vertoning begin om 11:00 en die fondse wat hier geïn word, sal vir Mia se mediese uitgawes aangewend word. Ten spyte van die uitdagings rondom Mia se diagnose, is Anja en haar gesin steeds vir baie dinge dankbaar. Die feit dat daar ongelooflike dokters en spesialiste is wat Mia probeer help, is vir hulle ‘n riem onder die hart. Hul is ook baie dankbaar vir beide oupas en oumas wat in Wellington woon en hulle ongelooflik ondersteun. “Ons voel uit ons vel uit dankbaar vir, Chantelle, iemand wat ons glad nie ken, wat dit in haar hart gevind het om hierdie funksie vir Mia te reël. Ons wil mense ook graag bewus maak van Clivus Chordoma en dat daar altyd daarop ag geslaan moet word as ‘n kind van kop, nek of rugpyn kla,” sê Anja. Intussen hoop Mia se ouers dat hul al die dinge op haar wenslys vir wanneer sy weer beter
courant
dié
•Jaomi Zeeman Mia Coetzee is ‘n 5-jarige dogtertjie wat daarvan hou om haar ma in die kombuis te help en om te swem en saam met haar maatjies te speel. Sy het baie daarna uitgesien om hierdie jaar na haar nuwe skool, Doemsie, te gaan, maar kon ongelukkig nog net drie weke van die jaar by die skool wees. Sy is onlangs met ‘n seldsame gewas, Clivus Chordoma, gediagnoseer. Volgens haar ma, Anja, het Mia oor ‘n seer nekkie begin kla. “Ons was by verskeie doktors en het x-strale laat neem wat niks gewys het nie. Almal het fisio aanbeveel vir moontlike spierspasmas. Middel Januarie hierdie jaar het sy waterpokkies gekry, ‘n bietjie koors gehad en nie lekker gevoel nie. Sy het ook die eerste week van skool as gevolg daarvan gemis,” vertel Anja. Na die waterpokkies het Mia egter steeds moeg gevoel en wou elke middag na skool net lê. Sy wou later glad nie meer skool toe gaan nie en het aanhoudend van moegheid gekla. Haar ouers het haar weer dokter toe geneem, waarop sy ‘n klomp vitamienaanvullings gekry en weer vir fisioterapie vir haar seer nek verwys is. Kort hierna het sy skielik begin sukkel om te sluk. “Ek het amper my kar omgegooi toe sy amper verstik aan iets. Ons is dadelik dokter toe en sy is met moontlike lugweginfeksie gediagnoseer. ‘n Week later merk ons op dat haar een ogie snaaks trek. "Ons is dadelik na 'n ander dokter, wat reël dat ons dr. Van der Merwe, ‘n pediater, die volgende oggend, 24 Februarie, in Medi Clinic sien. Hy stuur Mia vir CT-skandering, wat wys dat sy ‘n gewas het,” vertel Anja oor dié moeilike tyd. Volgens haar is Clivus Chordoma is ‘n baie seldsame gewas wat slegs by een uit ‘n miljoen mense voorkom en baie skaars is by kinders. Dis is ‘n stadig groeiende jellie-agtige gewas wat selfs been kan vernietig. Dit hou nooit op groei nie en is tans ongeneesbaar. In Mia se geval het dit reeds haar clivus en ‘n deeltjie van haar eerste nekwerwel vernietig. Dit groei ook baie naby aan haar brein en spinale koord. Dit sit op ‘n baie moelike plek om te opereer. “Mia het ongelooflik baie pyn, veral in haar
Daar is die afgelope naweek tydens die Stasiefees talle toekennings aan verdienstelike mense gemaak. Dr. Marlene le Roux het die “Trots van Wellington” toekenning vir haar bydrae in die kunste, sowel as haar bewusmaking ten opsigte van gestremdes en haar verering deur die Britse Koningshuis ontvang. Gaireyah Fredericks het ‘n toekenning vir haar bydrae tot Kaapse Afrikaans gekry. Christina Klaasen het die Winnie Rust-toekenning ingepalm. Die drie voormalige voorsitters van die ATKV het elk ‘n toekenning vir hul diensbaarheid in hierdie amp ontvang. Wanneer mense met trofees in hul hand staan, ‘n medalje om hul nek het of ‘n sertifikaat omhoog hou, blyk dit gewoonlik dat dinge in hul guns getel het - dat hul talent, gekombineer met gunstige omstandighede die teelgrond vir hul sukses moes wees. Hierdie persepsie kan soms nie verder van die waarheid wees nie. Dr. Marlene le Roux het tydens die Apartheidsjare in die “onderdorp” grootgeword. Sy het boonop polio gehad en moes met die gepaardgaande gebrek saamleef. Sy was ‘n bruin vrou wat regmerkies in al die verkeerde boksies gehad het, en tog het sy bo al hierdie uitdagings uitgestyg om ‘n rolmodel, leier, energieke, positiewe vrou en kampvegter vir randfigure te word. Haar sukses is definitief nie die resultaat van gunstige omstandighede nie. Gaireyah Fredericks se verlede is ook nie met roosblare besaai nie. Armoede, misdaad en onderdrukking is alles deel van haar verwysingsraamwerk. Sy is vandag ‘n Eugene Marais Literêre Prys genomineerde, die wenner van talle kuns-, literêre en dramatoekennings en doen positiewe opheffingswerk in haar gemeenskap.
voel, vir haar sal kan waar maak. “Sy wil hardloop, speel en swem. Sy wil ook gaan fliek, akwarium toe gaan en vissies vang met haar netjie,” sê Anja. Kaartjies vir die vertoning ten bate van Mia is by Doemsie Kampus of Chantelle Grobler (081 888 6308) beskikbaar. Vir meer inligting kan belangstellendes ook die facebookblad, “Mia the brave vs clivus chordoma” besoek.
Arendsblik bring visie Haar herkoms en verwysings het haar nie ‘n verskoning gegee nie, maar die grondslag vir haar sukses geword. Christina Klaasen het met slegs ‘n graad 7-kwalifikasie besluit dat haar droom om met kinders te werk en ‘n onderwyseres te word, nie te groot is nie. Sy het deur harde werk, deursettingsvermoë en ‘n vaste geloof in dít wat haar lewensdoel is, die struikelblokke op haar pad doodgeleef. Sy is tans besig om haar tersiêre onderwyskwalifikasie aan CPUT suksesvol te voltooi. Waar sy vandaan kom, het nog nooit haar doelwitte bepaal nie. In Wellington is daar, net soos Marlene, Gaireyah en Christina, talle mense wat, ten spyte van talle uitdagings, hindernisse en verknorsings, uitstyg, diensbaar is en sukses behaal. Angeline Matthys se omgee vir mense en liefde vir haar wortels dring haar om konstruktiewe werk in haar gemeenskap te doen. Ten spyte van klein Mia Coetzee se siektetoestand, het die talle wonderwerke op haar en haar gesin se reis hul oorweldig. Ten spyte van die droogte het die Wellington Krisante Vereniging vanjaar hul 102de skou aangebied. Ten spyte van min reën maak roeier soos Bartho Visser planne om sy talent steeds uit te leef. Ten spyte van swaar ekonomiese tye reël ‘n groep interkerklike vroue ‘n reuse-funksie ten bate van die Smile Foundation. Winnie Nel het tydens die oorhandiging van die Winnie Rust-toekenning die afgelope naweek gesê dat haar ma altyd mense wat swaarkry, maar nie gaan lê nie, bewonder het. Daar is baie sulke mense wat ons in Wellington kan bewonder. Mag elkeen hierdie week, ten spyte van netelighede, uitdagings en klein jakkalsies, aanhou werk en hoop en liefhê.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na jaomi@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
9 Mei 2018
DA-leier praat op Wellington Die DA se leier, Mmusi Maimane, het op 1 Mei by die Bosman Adama-plaas buite Wellington tydens ‘n Werkersdag-byeenkoms opgetree. Verskeie sprekers het by die geleentheid opgetree, waarvan Maimane die slotrede gelewer het. Maimane het plaaswerkers van omliggende plase aangemoedig om hulself vir selfbeskikking te beywer. Hy het genoem dat hy en sy party ‘n voorstander van ten minste een titelakte per familie is, maar dat grondhervorming nie die verandering van die Grondwet nodig het nie. “Grondhervorming moet en sal plaasvind, maar nie sonder kompensasie of vergoeding nie. ‘n Mens kan nie mense wat nie weet hoe om grond te bewerk en bestuur eiendomsreg gee en verwag dinge sal beter gaan nie. Die Grondwet
en konstitusie is nie probleem in hierdie verband nie, dit is die bestuur van die proses wat aandag moet geniet en meer effektief moet plaasvind,” het hy gesê. Maimane het ook die Bosman Adama-plase as ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n suksesvolle grondprogram geprys. “Waar werkers wat wéét hoe om te boer aandeelhouers en eienaars van die grond wat hul bewerk word, soos hier in Wellington die geval is, is daar ‘n toekoms vir vooruitgang op die gebied van grondhervorming,” het hy gesê. “Ek glo vas dat Suid-Afrika eendag sal gedy. As ons saam groei, sal ons mense saam kan groei en saamwerk om ‘n verenigde land en ‘n gedeelde toekoms moontlik te maak,” het Maimane afgesluit.
5
Mmusi Maimane het agterna saam met talle ondersteuners vir foto’s geposeer.
6
Dagboek • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Damesoggend 11 Mei: Maak my mooi damesoggend met Hannon Bothma en Linda Kriel by die Malmesbury Stadsaal vanaf 9:30 tot 12:30. Koste beloop R200 pp (wyn en snacks ingesluit) Vir besprekings en navrae kontak Dirkie Gildenhuys by 082 415 8000 of e-pos na dirkieproduksies@gmail.com Ikhaya Le Themba 12 May: A great fundraiser taking place at Provence in Wellington for the whole family with a market, kids activities and entertainment. All proceeds to go Ikhaya Le Themba for their hungry Tummy Pack Initiative (feeding scheme)
9 Mei 2018
For more info visit www.ikletemba. co.za
Porterville Lions Dans 12 Mei: Die Porterville Lions hou 'n dans by Voorberg menasie saal om 19:00. Kontantkroeg beskikbaar. DJ gaan musiek verskaf en die koste beloop R50 per persoon Evita se Perron - Darling 12 Mei: Wicus van der Merwe kuier by Evita se Perron in Darling. Kostes beloop R130 per persoon. Vir besprekings kontak 022 492 3930 of stuur 'n e-pos na bookings@evita.co.za
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens
Bo: Aneleh Fourie Le Roux, die nuwe hoof van CABSA, Dr. Elize Morkel, die spreker by die geleentheid en Lyn van Rooyen, uittredende direkteur van CABSA. Die Christian Aids Buro of South Africa (CABSA) het op 18 April hul jaarvergadering in die Ferguson-gebou op Wellington gehou. Dit is deur meer as 40 mense, waaronder predikante, vennote, opgeleide fasiliteerders en portuurleiers, CPUT-studente, sowel as CABSA-raadslede bygewoon. Die gasspreker tydens CABSA se jaarvergaderingr was Dr Elize Morkel, ‘n kliniese sielkundige en ook leiersfiguur binne die NG Kerk se Wes-Kaap en Algemene Sinode. Sy het die vergadering toegespreek met ‘n praatjie getiteld “Challenged, but still commit-
Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60, 40 and 12 km. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars. Enter online - www.roag.co.za
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
CABSA se jaarvergadering lui nuwe era in
Wintech - Vinpro 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@vinpro.co.za
Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers
op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
NUUS • NEWS
Musikant:
Die bekende internasionale Blues-musikant, Gerald Clark, het op Saterdag 5 Mei met die kunstenaar Radka Bartošíková saamgespan vir ‘n unieke kreatiewe ervaring. Die opening van Radka se kunsuitstalling, Moravia to Wellington, het ‘n vertoning deur Clark en die ander lede van sy trio, Simon Orange en Michael Canfield, voorafgegaan. Gaste kon die pragtige kunswerke bewonder, waarna die binnehof van die Breytenbach-sentrum met Clark se ongelooflike Blues-klanke gevul is. Heerlike kos en boetiek-gin het die prentjie vir ‘n perfekte herfsdag in Wellington voltooi.
ted”. Sy het in haar praatjie verwys na die noodsaaklikheid om te streef na realistiese hoop en om die kleiner oorwinnings in die pad na realistiese hoop raak te sien en te vier. Dit was ‘n baie tydige boodskap, aangesien CABSA as organisasie ‘n nuwe fase betree met ‘n groter fokus op MIV-verwante opleiding en die vestiging en versterking van bestaande verhoudings. Tydens die jaarvergadering is daar ook afskeid geneem van CABSA se direkteur en ‘n paar ander raadslede.
NUUS • NEWS
7
9 Mei 2018
Vroue samel fondse in vir Huis Andrew Murray sit suksesvolle feesjaar voort Smile Foundation Huis Andrew Murray (HAM), wat hierdie jaar hul 120ste bestaansjaar vier, het reeds verskeie aktiwiteite rondom hierdie groot mylpaal aangebied. Hulle beplan om die feestelikheid gedurende die res van die jaar voort te sit met talle opwindende geleenthede wat hulle organiseer. Op Saterdag 9 Junie gaan hulle ‘n deftige dinee, toekenningsaand en veiling in die Paarlse Stadsaal hou. Cecile Murray Louw, ‘n afstammeling van ds. Andrew Murray, stigter van HAM, sal as spreker by die geleentheid optree. Lewendige musiek, ‘n uithaler driegangmaaltyd en talle vermaak sal deel van hierdie deftige geleentheid wees. Nog ‘n projek waarmee hul hul feesvieringe wil voortsit, is die Kersfees in Julie Skoenboks-
Die “Jesus the Answer”-sanggroep en orkes het by die geleentheid opgetree.
Links: Hope Jaers, ‘n plaaslike kind wat deur die Smile Foundation gehelp is, het die mense met haar sang vermaak. Bo: Die burgemeester, Conrad Poole, het ‘n toespraak gelewer. Regs: Natalie Magalie, ‘n Mrs. Commonwealth finalis, het as seremoniemeester opgetree. ‘n Groep plaaslike, interkerklike vroue het op Sondag 6 Mei ‘n funksie in die stadsaal ten bate van die Smile Foundation gereël. Honderde gaste en eregaste het hierdie inisiatief ondersteun en die aand, wat talle vermaak en ‘n heerlike ete ingesluit het, bygewoon. Die Smile Foundation beywer hul daarvoor om kinders met abnormaliteite in hul gesigte met rekonstruktiewe operasies te help. Dié organisasie het al meer as 2 400 kinders se lewens op hierdie wyse positief verander en hul gehelp om weer breed te kan glimlag. Jo-Ann Sampson het die Smile Foundation by die funksie verteenwoordig. Natalie Magalie, ‘n Mrs. Commonwealth finalis vir 2018, het as seremoniemeester by die geleentheid opgetree. Mnr. Conrad Poole, burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, het as spreker opgetree. In sy toespraak het mnr. Poole na die talle voorbeelde in ons gemeenskap verwys waar mense se pilare of standvastigheid van hul ontneem of weggevat word. “Jou pilare kan weggeneem word, maar weet dat jy in die plek daarvan ‘n staf het. Elkeen het ‘n besondere staf wat hy of sy kan gebruik as
mense of die gemeenskap jou nodig het,” het hy gesê. Volgens mnr. Poole is vroue vandag die stafdraers in ons wêreld. “Vroue vandag is geletterd, opgevoed, vry, hulle kan lei en ‘n merkbare bydrae tot die ekonomie en ontwikkeling maak. Hulle doen dit nie sonder vele uitdagings nie en daarvoor het ons baie respek. Daar is baie inspirerende vroue uit die verlede wie se voorbeeld ons kan volg. Die inspirerende vroue van die toekoms sit vanaand hier by hierdie wonderlike inisiatief om hul naaste te help,” het hy gesê. Een van die plaaslike kinders wat ook deur die Smile Foundation gehelp is, Hope Jaers, het ook by die geleentheid opgetree. Hope het al 5 rekonstruktiewe operasies aan haar gesig ondergaan, waarvan 3 deur die Smile Foundation gesubsidieer is. Hope het die gaste met haar engelstem vermaak toe sy twee liedjies gesing het. Al die fondse wat tydens die funksie ingesamel is, is aan die Smile Foundation geskenk. Jo-Ann Sampson van dié organisasie het die dames wat die inisiatief geneem het vir die wonderlike gebaar bedank.
projek wat op 28 Julie sal plaasvind. Met hierdie inisiatief wil hulle graag algemene benodigdhede vir die 150 hulpbehoewende kinders in hul sorg insamel. Hulle hoop om deur middel van skenkings en donasies uit die gemeenskap ‘n sukses van dié projek te maak. Nog ‘n groot hoogtepunt op HAM se feeskalender hierdie jaar is hul Oggendtee, wat op 29 September in die Hugenote Laerskoolsaal sal plaasvind. Hul Gholfdag op 26 Oktober by die Wellington Gholfbaan is nog ‘n projek waarmee hulle hierdie groot mylpaal in dié instansie se geskiedenis wil vier. Belangstellendes of enigeen wat by die projekte betrokke wil raak, kan Karen Petersen by 021 873 3834/5, 083 2348875 of karen@ andrewmurray.org.za kontak.
8
courant
NUUS • NEWS
dié
9 Mei 2018
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
9 Mei 2018
•GRAAD 11-LEERDER SKOP STOF IN TEENSTANDERS SE OË
Bartho roei nog trofeë los •Jaomi Zeeman Bartho Visser, ‘n graad 11-leerder aan Hugenote Hoërskool, het onlangs die President-trofee vir sy roei-prestasies verower. Wat hierdie prestasie ekstra spesiaal maak, is die feit dat die trofee jaarliks aan junior-roeiers onder die ouderdom van 18 toegeken word, en Bartho is slegs 16 jaar oud. Die trofee is Vryadagaand, 4 Mei, tydens die Wes-Kaapse kano-prysuitdeling aan Bartho oorhandig. Dit vereer die beste junior kanovaarder in die Wes-Kaap en Bartho is, met al sy kano-prestasies die afgelope jaar, as die algehele beste junior in die provinsie met die President-toekenning vereer. Die kompetisie vir hierdie toekenning het in 1966 ontstaan met die doel om die beste roeier oor ‘n hele seisoen, gebaseer op prestasie, sowel as deelname, te identifiseer. Dit is oorspronklik net in die Ope-afdeling toegeken, maar is in 1982 na die Junior-afdeling uitgebrei. Die resultate van geselekteerde wedvaarte, insluitend alle Suid-Afrikaanse kampioenskappe en Wêreldkampioenskap-wedvaarte waaraan ‘n roeier gedurende ‘n jaar deelneem, word vir die toekenning in berekening gebring. Dit sluit die Visrivier-marathon in en word gebruik om merietepunte volgens ‘n spesifieke formule uit te werk. ‘n Ranglys van ons land se beste roeiers word volgens hierdie stelsel bepaal en Bartho se naam pryk nou heel bo-aan die Wes-Kaapse ranglys. Ten spyte van die droogte, is Bartho besig om die kruin van die golf te ry. Buiten die feit dat hy die wenner van die President Trofee is, het hy tydens die langnaweek ook uitstekend in die Orange Descent-wedvaart presteer. Dié wedvaart het in Upington plaasgevind. Heelwat roeiers van die Paarl en hele Wes-Kaap het aan hierdie wedvaart deelgeneem. Die Oranjerivier, wat tot onlangs nog as gevolg van die droogte te min water gehad het, is deur ‘n loslating van 600 kubieke meter water uit die Gariepdam uit die droogte se kloue verlos. Dit het dit moontlik gemaak dat die Orange Descent-wedvaart kon plaasvind. Volgens Bartho, wat op ‘n plaas langs die Bergrivier woon, was
dit ‘n belewenis. “Die water wat onlangs uit die Bergrivierdam vrygelaat is, is 20 kubieke meter. Om op ‘n rivier wat deur 600 kubieke meter water gevoed word te roei, was iets om te beleef,” sê hy. Die Orange Descent-wedvaart het in Upington weggespring en op die eerste dag 30km verder by Oranjerus, Keimoes, geëindig. Die tweede dag se skof het uit ‘n afstand van 38km
tot by Kakamas bestaan. Bartho het uitstekend gevaar deur ‘n algehele derde plek te behaal. Hy was ook deel van ‘n groep Wes-Kaapse roeiers wat die geleentheid gebruik het toe water uit die Bergrivierdam vrygelaat is. Op 21 April is ‘n wedvaart vanaf Franschhoek tot in die Paarl gehou. Dit was die eerste keer in vyf jaar dat hierdie wedvaart kon plaasvind en Bartho het as die eerste junior oor die wen-
Newton te sterk in plaaslike derby Newton het Saterdag weereens bewys dat die span op pad is om sy beste spelpeil te herwin met ‘n oortuigende oorwinning oor sy buurman Newton-Villagers. Die wedstryd het teen ‘n geweldige pas begin en Villagers het aanval na aanval geloods en met goeie beplande aanvalslyne die verdediging van Newton beproef. Newtons het egter met sy
groter voorspelers probeer bresse slaan. Hierdie taktiek het gewerk, want die eerste drie is na ‘n rolmaal-beweging aangeteken deur Randall Hefca (flank). Net hierna het die vetgesmeerde blits Keano Booyse(vleuel) agter die doellyn gaan kuier, nadat Randall April skerp gebreek het.Villagers het egter teruggeslaan met ‘n drie deur. Die telling was skielik 10-7, Net voor rustyd het
die woelige haker John Jantjies oorgebars nadat Theo Marinus (losskakel) steelkant gebreek het. Rustydtelling 17-7. Na rustyd het Villagers moedig probeer om die pas van die wedstryd vinniger te maak, maar dit het egter geboemerang omdat dit in Newton se guns was eers het Keano Booysen mooi gebreek en daarna die ervare Jerome Coetzee
streep geroei. Hy was ook algeheel derde. Bartho beplan om hierdie jaar weer aan die Bergrivier-kanomarathon, op 11 tot 14 Julie, deel te neem. Hierdie wedvaart gaan dié jaar ‘n formaat waar spanne van twee, wat saam oor die wenstreep moet gaan, voorsiening maak. Die roete sal dieselfde as vorige jare wees en die wedvaart sal weer oor vier dae beslis word. (skrumskakel) ook gaan druk. Die drie van die dag was nadat Newton van hulle kwartgebied begin hardloop het,en Ryall Bonn(vleuel) mooi afgerond het.Voorlangs het Randall Hefca(flank) en Denzil van Wyk(stut) behoorlik gekook met intimiderende hardlooplyne. Agterlangs het die senterpaar Randall April en Renaldo Pietersen die wêreld aan die brand gespeel en met goeie tydsberekening die verdediging telkemale oop geruk.Die tweede span wen 38-7 en die eerste span eindtelling was 53-12.