courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
11 April 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 464
11 April 2018
•GESTREMDHEID KRY KRANIGE ATLEET NIE ONDER
Blitsige Boltman •Jaomi Zeeman Die 18-jarige Bènadè Boltman van Hillcrest in Wellington is nie net ‘n kranige sportman wat al talle medaljes verower het nie, maar as gestremde atleet, leier en iemand wat terugploeg in die gemeenskap is hy ook ‘n inspirasie vir almal met wie hy in aanraking kom. Bènadè, wat sy skoolloopbaan aan die Paarl Skool voltooi het, gaan volgende jaar in Worcester studeer. Alhoewel hy met ‘n gestremde arm gebore is, het niks hierdie positiewe jongman nog ooit in die lewe teruggehou nie. Hy is ‘n kranige atleet wat al veral in die 100m en 200m, maar ook in items soos diskus en spiesgooi uitgeblink het. Bènadè se sportprestasies lees soos dié van een van ons land se top-atlete. Hy het in 2015 twee goue medaljes by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap vir Gestremdes losgehardloop - een in die 100m en een in die 200m. In 2016 het hy op hierdie prestasie voortgebou toe hy in Bloemfontein aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms deelgeneem en weer goue medaljes in die 100m en 200m, maar ook in die diskus verower het. Hy het in 2016 ook die SA-rekord in die 100m vir sy ouderdomsgroep en afdeling verbeter. Verlede jaar het Bènadè selfs nóg beter presteer toe hy by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Port-Elizabeth weer goue medaljes in die 100m en 200m losgehardloop het, maar hierdie keer sommer ook die wêreldrekord vir sy ouderdom in die 200m verbeter het. Hierdie wêreldrekordhouer moes hierdie jaar in Bloemfontein in die onder 20-afdeling met ouer atlete by die Suid-Afrikaanse byeenkoms meeding. Hy het amper die byeenkoms misgeloop aangesien daar tot op die nippertjie nie genoeg fondse vir sy deelname bymekaargemaak kon word nie. Gelukkig het ‘n borg net betyds tot sy redding gekom. Ten spyte van sy deelname teen ouer atlete en al die ander uitdagings wat hy die hoof moes bied, het Bènadè egter steeds met
Begraafplaas geniet aandag
bl 2
drie medaljes huis toe gekom: bronsmedaljes in die 100m en 200m en ‘n silwermedalje in die verspring. Hierdie kort, taai atleet se lewendige oë en groot glimlag val ‘n mens dadelik op. Hy gesels opgewonde oor sy liefde vir atletiek. “My pa is my afrigter en ons oefen elke dag. Ek is baie lief vir atletiek en dit is vir my baie lekker om daaraan deel te neem,” vertel hy. Sy pa, Bennie Boltman, is baie trots op hierdie seun van hom. Bennie, wat self ‘n kranige atleet is, spandeer baie tyd aan sy seun se afrigting en
Drakenstein se GOP kry groen lig bl 3
help hom om vir elke byeenkoms en item gereed te maak. “Ek is ongelooflik trots op Bènadè se deursettingsvermoë en harde werk. Dié kind van my gryp elke geleentheid wat na sy kant toe kom, aan. Hy is veel meer as ‘n goeie atleet, maar ook ‘n voorbeeld vir ander jongmense in die gemeenskap,” sê Bennie trots. Bènadè is self ook by die afrigting van jong atlete in sy gemeenskap en minderbevoorregte kinders betrokke. “Hy help hulle met atletiek, maar ook met dinge soos modelwerk en dans,” vertel Bennie oor sy veelsydige seun. Bènadè is baie lief vir dans en musiek en is ook een van die voordansers tydens die jaarlikse plaaslike Klopse. Hy help ook met die afrigting van ander kinders in hierdie erfenis-aktiwiteit. Oor die talle toekennings wat hy al by die Paarl Skool gekry het, is Bènadè nederig. Hy was al vir sy hardwerkendheid en praktiese vaardighede vereer en die skool het hom ook al as “Mnr. Inspirasie” aangewys. Hy is die wenner van die Alex Rodseth-wisseltrofee vir sy deursettingsvermoë en het ook al verskeie toekennings vir sy bedagsaamheid, pligsgetrouheid, positiewe gesindheid en lojaliteit ontvang. Hy is ook die wenner van die Skoolhooftoekenning wat aan ‘n leerder wat die waardes van die Paarl Skool op ‘n besondere manier nastreef en uitleef, toegeken word. Hy is boonop as eerste prins by die skool se Mnr. Paarl Skool Kompetisie gekroon. Hierdie veelsydige, positiewe, nederige en inspirerende jong man het groot drome. “Ek wil baie graag eendag aan die Paralimpiese Spele gaan deelneem en ons land daar verteenwoordig,” sê hy met sterre in sy oë. Intussen fokus hierdie jong ster van Hillcrest op die oefenprogram wat sy pa vir hom uitgewerk het, sy gemeenskapswerk en sy studieplanne vir volgende jaar.
Moratorium op sportvelde gelig
bl 3
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
11 April 2018
•GEMEENSKAPSLEDE, MUNISIPALITEIT EN ROLSPELERS BYEEN
Beskermers ruk begraafplaas reg
Die 'Guardians for the Valley' het op Saterdag 7 April ‘n funksie by die Hillcrest-begraafplaas gehou om die regruk-aksie wat hulle hier geloods het, te vier. Talle gemeenskapslede, verteenwoordigers van die Drakenstein Munisipaliteit en rolspelers in gemeenskapstrukture het die geleentheid bygewoon. Die goed-georganiseerde geleentheid het die begraafplaas, voorheen heeltemal vervalle en die kuierplek van ongewensde elemente, in ‘n feestelike atmosfeer omskep waar lede van die gemeenskap, familie van oorledenes wat hier ter ruste gelê is, sowel as hooggeplaasdes welkom laat voel het. Die Hillcrest-begraafplaas is die afgelope drie maande elke dag deur werkers wat deur die nie-regeringsorganisasie, 'Guardians for the Valley', befonds is, skoongemaak en herstel. Honderde kilogram sand, sement en bakstene is gebruik om vervalle en gevandaliseerde grafte in hierdie groot erfenisgebied in Hillcrest te restoureer. Volgens Natasha Downe, stigter en direkteur van die 'Guardians for the Valley', is hierdie projek een wat haar na aan die hart lê. Natasha, wat as ‘n politieke en gemeenskapsaktivis in Londen woon en werk, is ‘n boorling van Wellington vir wie haar erfenis en herkoms steeds baie belangrik is. “Die gemeenskap moet saamstaan om dít wat hulle s’n is op te hef en te eien. Dinge soos die begraafplaas, behuising en die gebrek aan gesonde aktiwiteite vir die kinders in ons gemeenskap is alles dinge wat aangespreek moet word. Die gemeenskap en munisipaliteit moet saamwerk om hierdie probleme te help oplos. Ons by 'Guardians for the Valley' het met die herstel van oor die 800 grafte in ons begraafplaas begin. Die begraafplaas gaan vandag
lewendig wees,” het sy tydens die opening van die geleentheid gesê. Dominee Hendricks het tydens sy spreekbeurt na die belangrikheid van plekke soos begraafplase verwys. “Begraafplase vertel die stories van ons families. Dit is ‘n band met ons erfenis en ons moet respek vir ons herkoms en afgestorwe familielede terugbring. Ons moet vandag vir mekaar sê: genoeg is genoeg. Hierdie is ‘n plek waar die verlede, hede en toekoms aan mekaar verbind word. Ons moet ons kinders hierheen kan bring en wys waar hul voorsate lê om aan hulle ‘n sin van behoort te gee. So kan ons die verlede en die toekoms met mekaar versoen,” het hy gesê. Natasha het hierby aangesluit. “Ons gaan aanhou om die boodskap oor te dra totdat daar verandering is. Hierdie begraafplaas het die hoofkwartier van dwelmverslaafdes en ongewensde elemente geword. Ons moet wakker word en terugneem wat vir ons kosbaar is. Dit is ons plig om hande te vat met dinge wat in ons gemeenskap reggestel moet word,” het sy gesê. Volgens een van die werkers wat met die herstelwerk gemoeid was, Godfrey Petersen, het hulle aanvanklik met die leeglêers in die begraafplaas gesukkel. “Die elemente wat elke dag hier rondsit, was aanvanklik ‘n las, maar ons het hulle gevra of hulle ons nie met die werk wil help nie. Op die ou end het hulle deel van ons span geword. ‘n Deel van ons probleem het toe sommer ‘n deel van die oplossing geword,” vertel hy. Daar is ook kranse op van die herstelde grafte gelê om die ontslapenes te eer en die nuwe aansig van die begraafplaas te vier. Nasate van die Heideman, Naidoo en Adams
Die plaaslike Depressie- en angsondersteuningsgroep se April-vergadering sal op Dinsdagaand, 24 April, in die Marthazaal van die Moedergemeente plaasvind. Hierdie byeenkoms beloof om baie interessant te wees en ‘n bekende spreker sal by die
geleentheid optree. “Die spreker is dr. S.T. Potgieter en die onderwerp is ‘Verkeerde besluit, slegte gevolge. "Wat doen ek nou?’” sê Petro Greeff, organiseerder van die geleentheid.
Stephan Landsberg van WAG/Stopmisdaad, Calvin Kroutz, raadslid van die Drakenstein Munisipaliteit, voorman van die werkers, Godfrey Petersen, Natasha Downe van Guardians for the Valley, Christine Marais van WAG/Stopmisdaag, Ernest Saayman, senior munisipale bestuurder van parke, sport en begraafplase en Pedro Sheldon, Sacha Flovers en Jafta Langeveld is almal deel van die span wat die begraafplaas help herstel het.
Bo: Dorothy Naidoo lê ‘n krans op die Naidoo’s se familiegraf. Regs: Natasha Downe lê saam met familielede en ds. Hendricks ‘n krans op haar oumagrootjie se graf. families het kranse op hul familielede se grafte gelê. Almal teenwoordig kon na die verrigtinge
heerlik rondom eet- en drinkgoed saamkuier, alles te danke aan die gasvryheid en positiewe insette van die Guardians for the Valley.
Dr. Potgieter is ‘n bekende sielkundige met ‘n praktyk in Bellville. Hy is ‘n bekende stem oor die radio, ‘n outeur, sowel as die skrywer van verskeie koerant- en tydskrifartikels. “Mense kan hulself gerus die guns doen en
kom luister na ‘n uitstekende spreker. Daar is altyd nog iets wat ons kan leer. Die byeenkoms is ook nie net vir depressievegters nie - enigeen is welkom,” sê Petro. Belangstellendes kan haar by 021 873 4688 of 072 709 8000 vir meer inligting kontak.
Bekende spreker by depressie- en angsondersteuningsgroep
NUUS • NEWS
11 April 2018
•DRAKENSTEIN GAAN TREETJIE VERDER
Nuwe GOP kry groen lig •Jaomi Zeeman Die Drakenstein se munisipale raad het onlangs ‘n kennisgewing uitgereik waarvolgens hul kennis gee dat ‘n Konsep Hersiene 2018/2019 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan, ‘n Konsep Begroting 2108/2019 tot 2022/2023 met voorgestelde fooie, tariewe, heffings en eksterne lenings, sowel as die Konsep Dienslewering en Begrotingsimplementeringsplan 2018/2019 oorweeg en vir publieke insette goedgekeur het. Die dokumente vir hierdie planne lê ter insae tydens normale kantoorure by die munisipale kantore en biblioteke in die munisipale area. Dit kan ook by die munisipaliteit se webtuiste, www. drakenstein.gov.za besigtig word. Enige insette of kommentaar moet skriftelik aan die Kantoor van die Munisipale Bestuurder, Burgersentrum, Bergrivier Boulevard, Privaatsak X1, Paarl, 7546 of per e-pos aan idp@
drakenstein.gov.za gerig word. Kommentaar en insette wat voor 30 April ontvang word, sal deur die Raad tydens hul raadsvergadering op 31 Mei 2018 oorweeg word. Publieke vergaderings sal gehou word om die publiek van die nuwe inligting te voorsien en waar nuwe dokumentasie voorgelê sal word. ‘n Skedule met die datums, tye en plekke van die publieke vergaderings vir die verskillende wyke is op die munisipaliteit se webtuiste beskikbaar. Volgens burgemeester Conrad Poole is die Geïntegreerde Ontwikkelingsprogram (GOP) ‘n strategiese ontwikkelingsplan wat jaarliks hersien word om alle ontwikkelingsbeplanning in die munisipale-area te help rig. Dit help ook met die voorsiening van inligting vir munisipale begrotings en hulpbrontoewysing soos deur die Wetgewing op Munisipale Sisteme voorgeskryf. “Drakenstein Munisipaliteit het ‘n treetjie verder gegaan en met hierdie dokument ver-
Water: Boere langs die Bergrivier juig nadat die rivier, wat tydens die droogte en met
die toemaak van die Bergrivierdam heeltemal opgedroog het, weer water het. Dit volg nadat daar aan die boere se pleidooie vir water gehoor gegee is. Die Bergrivierdam se sluise is ‘n tyd terug vir landbougebruik gesluit om water vir residensiële gebruik te spaar. Dit het meegebring dat boere langs die Bergrivier, wat van besproeiing uit die rivier vir suksesvolle oeste afhanklik is, groot verliese in die gesig gestaar het. Tydens ‘n televisie-insetsel op die Fokus-program, is die kollig op hierdie krisis gewerp. Intussen is daar onverpoosd vir die vrylating van water uit die Bergrivierdam vanuit landbou-geledere gepleit. Die sluise is Vrydagmiddag om 16:00 uiteindelik vir hierdie doel oopgemaak en boere in die Wellington-omgewing kon Sondagoggend om 08:00 uiteindelik sien hoe die langverwagte water in die rivier langs hul plase verbykom. “Ons is baie dankbaar vir die moeite wat die Bergrivier Besproeiingsraad in hierdie verband gedoen het,” het Eduard Malan, ‘n boer langs die Bergrivier gesê.
der as die 2017 tot 2022 tydperk van die GOP gekyk met ‘n ‘Visie 2032’ inisiatief. Hierdie is ‘n strategiese matriks om verder te beplan en ‘n erfenis te probeer vestig waarvoor die Raad verantwoordelikheid kan neem en almal op kan trots wees,” het burgemeester Poole gesê. Volgens hom sal hierdie GOP die wegspringpunt wees wat die verbeterde dienslewering en klem op ekonomiese geleenthede en beleggings in ons area in beweging sal bring. “As die Uitvoerende Burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit is ek trots om met die Visie 20132 geassosieer te word. Ek glo vas dat hierdie strategiese skuif die werksgeleenthede, behuisingsprobleme, verbeterde fisiese en ekonomiese infrastruktuur, sowel as diensagterstande sal aanspreek,” het hy gesê. “Drakenstein Munisipaliteit is goed op pad om ‘n uitstaande ‘Stad van uitnemendheid’ te word,” het hy afgesluit.
3
11 April 2018
courant
dié
4
Hope hoop
Wanneer ‘n mens die media dophou, gereeld die verval rondom jou raaksien, oorweldig word deur sosiale kwessies wat sonder oplossings blyk te wees en met die geraas van hol blikke gebombardeer word, kan jy maklik deur mismoedigheid oorval word. Daar is sowaar baie goed wat ons bloeddruk kan opjaag, ons snags kan laat wakker lê en ‘n wolk voor ons sonskyn kan laat inskuif. Gelukkig is daar altyd iewers ‘n lampie van hoop wat maak dat mense nie heeltemal moed verloor nie. Vir party skyn dit flouer as vir ander en in sommige situasies kos dit ‘n taamlike verbeelding om dit raak te sien. Tog bly dit die vangnet en reddingstou wat mense al vir duisende jare laat aanhou en vasbyt wanneer dinge maar droewig lyk. Hoop is daardie klein stemmetjie wat “miskien” fluister wanneer alles rondom ons na ‘n definitiewe “nee” lyk. In Wellington bou mense al vir eeue lank op hul verwagting van iets beter. Die vooruitsig en vertroue dat dinge uiteindelik tog beter sal wees, is iets wat ons voorsate, sowel as die mense wat vandag hier woon, kén. Ons beur vorentoe, ten spyte van uitdagings. Daar is weer hoop vir ons plaaslike sportspanne nadat die Munisipaliteit die moratorium op die sluiting van die sportvelde gelig het. Die rugbyseisoen kan, die droë velde ten spyt, weer voortstoom nadat die munisipale strukture nuwe planne beraam het sodat ons gemeenskap steeds die voordele van sport kan geniet. Die boere langs die Bergrivier het weer hoop vir hul oeste nadat die Bergrivierdam se sluise weer opgemaak is en hul droë lope met welkome besproeiingswater gevul is. Daar is weer hoop in Hillcrest nadat die Guardians for the Valley die erfenis van hul begraafplaas in ere herstel het. Die plaaslike gestremde atleet, Bènadè Boltman, het met sy uitmuntende prestasies by die onlangse SA Atletiek Kampioenskappe hoop gebring vir mense wat soms gemarginaliseer word. Die Roses Rugbyspan het tydens ‘n naelskraap wedstryd vasgebyt en nie hoop verloor nie - iets wat hulle met die louere in ‘n Paastoernooi laat wegstap het. Daar is ook weer hoop vir die rare renosterveld in ons area nadat ‘n beheerde brand nuwe lewe in hierdie veld geblaas het. In Wellington is daar hope hoop. Mag elkeen hierdie week iets kry waarop gehoop word, hoop op die beste en hope hoop uitdeel.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Woorde van ons mond
Ons sê so maklik iets as ons skrik of kwaad word, en die woorde kan nie teruggetrek word nie. ‘n Persoon is selfs gevangenisstraf opgelê vir wat gesê is. Salomo skryf in Prediker dat jy nie haastig moet wees met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor God nie, want God is on die hemel en jy is op die aarde, daarom moet jou woorde min wees. Van die Spreuke wat Salomo uitgespreek het lui ook as volg, by die veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie, maar hy wat sy lippe inhou handel verstandig. Vriendelike woorde is soos heuningkoek, soet vir die siel en genesing vir die gebeente. Jesaja skryf van die Gesalfde van die Here wat sal kom, Hy sal soos ‘n lam stom wees voor sy skeerders, soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word sal Hy sy mond nie oopmaak nie. Jesus voor Pilatus word deur Pilatus gevra, praat u nie met my nie? Weet u nie dat ek mag het om u te laat kruisig of los te laat nie? Dan antwoord Jesus wel: U sou geen mag teen My hê, as dit nie van bo aan u gegee was nie! Paulus skryf dat ons woorde altyd met sout besprinkel moet wees, sodat ons kan weet hoe om iedereen te antwoord. Ten slotte antwoord met ‘n seënwens, want dit is waarvoor julle geroep is, sodat julle ook seën kan ontvang.
NUUS • NEWS
Raar kultuurerfenis word met beheerde brand behandel
Vlamme en rook op die Linton Park-wynlandgoed buitekant Wellington aan die voet van Groenberg verlede week het sommige inwoners van die dorp onverwags verras. Dit was egter ‘n beheerde brand wat met onder die toesig van kundiges geskied het en voordele vir die skaars Renosterveld op die plaas inhou. Volgens Herman le Roux, kommersiële direkteur van die landgoed, is Linton Park in die bevoorregte posisie om ongeveer 2% van die bitter min oorblywende renosterveld in die wêreld te huisves. “Waar die naam Renosterveld sy naam gekry het, is ‘n interessante storie met verskillende weergawes. Ons aanvaar die beweerde weergawe van die destydse Kaapse goewerneur Willem Adriaan van der Stel wat die oorspronklike plaas Slangrivier in 1699 aan die Franse Hugenoot, Louis Fourie, vir landbouverbouing toegeken het. Tydens ‘n besoek alhier het hy die stuk grond op die plaas met sy eiesoortige ekologie, wat ‘n grys voorkoms gehad het, met dié van die renoster se gryskleurige vel vergelyk – vandaar die benaming en beskrywing renosterveld. En glo my, wanneer die stuk veld op sy beste lyk, is die benaming in die kol,” verduidelik Herman. Volgens hom is Linton Park baie bevoorreg om hierdie unieke plantegroei te huisves en beskou hulle hul verantwoordelikheid vir die bewaring hiervan in ‘n baie ernstige lig. “Ons verbintenis tot die omgewing en natuurbewaring met hierdie eko-sensitiewe en bedreigde stuk grond beteken egter dat sekere noodsaaklike maatreëls nodig is om dit in stand te hou en te voorkom dat indringerplante en ander elemente dit mettertyd sou kon uitwis,
soos wat elders wel gebeur het. Een van die sodanige stappe is om die betrokke veld ten minste een keer elke ongeveer 15 jaar te brand, en dan in die herfs, aangesien dit die beste tyd van die jaar is om nuwe groei van seldsame plantspesies te stimuleer,” sê hy. Hulle het dus die brandbehandeling op aanbeveling van en in oorlegpleging met die Departement van Landbou, Landcare en Cape Nature gedoen. Daarbenewens het die brand onder die toesig van die plaaslike brandweer en WOF (Working on Fire) plaasgevind. Monitering van die betrokke area het vir ‘n verdere 36-uur na die brand plaasgevind om te verseker dat daar geen verdere risiko in die verband bestaan nie. Die area wat gebrand is, sluit ook die Renosterveld van die buurplaas, Bosman Family Vineyards, in. Herman het om verskoning gevra indien enige instansie of individu verontrief is deur die noodsaaklike beheerde brandbehandeling van Linton Park se Renosterveld. “Ons kan egter nie toelaat dat hierdie stukkie eiesoortige veldekologie en raar kultuurskat tot niet gaan nie en ons vertrou dat die publiek hiervoor begrip sal hê. Ons verbintenis tot hierdie bewaringsrealiteit het ook gelei tot ons Rhinowynreeks en vervolgens ons betrokkendheid by renosterbewaring as sulks deurdat R1 van elke bottel Rhino-wyn wat ons jaarliks verkoop, vir die bewaring van renosters in Suider-Afrika geskenk word,” het hy gesê. Linton Park was dan ook bevoorreg om, in sameweking met Hugo Rust Laerskool en die breë publieke ondersteuning, die bedrag van sowat R 200 000 vir dié doel gedurende 2016 en 2017 in te samel.
NUUS • NEWS
11 April 2018
Ma’s vir Wellington se volwasse groep groei Ma’s vir Wellington, wat hoofsaaklik ‘n vroeë kinderontwikkelingsprogram aanbied en kinders uit benadeelde gemeenskappe bedien, bied nou ook spesiale klasse vir volwassenes aan. Volgens Surette Moggee van Ma’s vir Wellington, het die behoefte vir volwasse klasse in 2017 ontstaan. “Ons het verlede jaar die behoefte om twee van ons volwasse intellektueel-gestremde lede by Ma’s vir Wellington, buite die vroeë kinderontwikkelingprogram te bedien, geïdentifiseer. Elra Smit het betrokke geraak en weekliks ‘n groep aangebied waar hul die individuele behoeftes van hierdie mense kon aanspreek,” sê sy. Hierdie nuwe inisiatief, wat Avodah heet, fokus op aktiwiteite wat die lede se vaardighede sal ontwikkel, sowel as stimulasie aan hulle sal bied. Volgens Surette is die visie van hierdie inisiatief om ‘n veilige, positiewe omgewing te skep waar individue gesonde verhoudings kan bou, die Vader se liefde kan ervaar en kan lag en pret hê. “Daar word ook vir hulle basiese lewensvaardighede aangeleer en hulle kry die geleentheid om in ‘n beskermde omgewing te werk. Hulle handvaardighede kan ontwikkel en ons hoop om ‘n eenvoudige produksielyn waarin bemarkbare produkte deur hierdie mense vervaardig word, te skep,” sê sy. Elra Smit en Enge Verwey is Avodah se fasiliteerders en hulle vergader Woensdae van 09:00
tot 11:00 by die Ma’s vir Wellington se kantore in Blignaut Park. Hulle is tans met kreatiewe blikkie-werk en kralewerk vir doilies besig. Hulle droom daarvan om die huidige groep te vergroot om sodoende meer volwasse intellektueel-gestremde mense te kan bedien. Ma’s vir Wellington se veldwerkers wil Avodah in die gemeenskap bemark om sodoende meer mense na die groep te lok. Hulle het ‘n groot behoefte aan vrywilligers wat op ‘n gereelde basis met die aktiwiteite kan hand bysit, maar ook op ‘n lantermynbasis betrokke kan raak. “Ons is baie dankbaar vir die wonderlike groepie vrywilligers wat ons tans het en met die voorbereiding en afwerking van produkte help. Die gemeenskap het ons ook baie met die insameling van blikkies en krale vir ons eerste projekte gehelp,” sê Surette. Hulle hoop om die groep tot soveel as twintig lede te laat groei en die groepstye te verleng om middagete in te sluit. “Indien ons nog vrywilligers kan werf, sal ons graag die aantal dae per week wil vermeerder. Indien ons ‘n vaste vloei van inkomste kan genereer deur die produkte wat vervaardig word, kan lede geborg word om by Sunfield Homes in te skakel. Ons ondersoek ook die moontliheid om gepasde kontrakwerk vir plaaslike besighede te doen,” vertel Surette entoesiasties oor hierdie wonderlike nuwe inisiatief by Ma’s vir Wellington.
Kompetisie:
5
Links 'n jong foto en regs toe hy ouer was. Hierdie man is in Wellington gebore, waar 'n straat na hom vernoem is. Hy het in Skotland as mediese dokter gekwalifiseer. In die 1910 verkiesings was hy die leier van die APO (African People's Organisation). Hy was die eerste Kleurling wat verkies is tot die Kaapse Stadsraad in 1904. Hy het ook gedien in die DistrikSes Raad. Kry jou leiddraad by die Wellington- museum. Die antwoord van die vorige foto is Sailor Malan. Epos jou antwoord na welmus@telkomsa.net of handig in by Wellington Museum.
Die plaaslike musiekgroep, The Inside Job, het die afgelope naweek besoekers aan die Bergrivier Brouery se bier-, kos- en musiekfees laat jeuk toe hulle by hierdie geleentheid as die hoofkunstenaars opgetree het. The Inside Job se liedjies word op verskeie nasionale, sowel as internasionale musiekstasies gespeel en hulle is besig om vinnig opgang in die musiekwêreld te maak. Besoekers aan die naweek se fees kon na die outentieke rock-klanke van hierdie talentvolle plaaslike groep luister, terwyl hul aan craft-bier en heerlike kos kon smul. The Inside Job bestaan uit Lionel, Melony en Shawn Adams. Melony is die tromspeler, Shawn speel die baskitaar en Lionel is die sanger van die groep.
6
NUUS • NEWS
11 April 2018
Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418
Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www. plankton.mobi
Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081
The Darling Trust 4 May: The Darling Trust presents a black tie dinner and auction at Evita se Perron with tannie Evita & Chef Jenny Morris. Tickets are R950. To book visit THEDARLINGTRUST.ORG
Moorreesburg & Koringberg Tourism 13 April: Moorreesburg and Koringberg Tourism presents Grease outdoor movie night at Wheat Industry Museum. Gates open at 18:00 and movie starts at 19:30. R40 for adults, R20 for scholar and under 5 years is free. Bring own picnic, drinks and blankets. Tickets available at the Moorreesburg Tourism Office, Desert Rose and Moorreesburger For any further info please contact Anel 022 433 1072/ 082 731 3432 Porterville Toerisme 14 April: Porterville Toerisme bied aan Honde Safari om 09:00 tot 10:30. R20 per inskrywing (hond en eienaar). Pryse om te wen in 5 afdelings. Reëls: * Alle honde moet op leiband wees * Geen honde wat op hitte is nie * Geen kwaai honde nie Afdelings: * Hond lyk soos sy baas * Beste geklede paartjie (hond en eienaar) * Hond met die mooiste persoonlikheid * Koddigste hond * mnr of mej Hond van Porterville
Wintech - Vinpro 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@ vinpro.co.za Berg River Marathon 11-14 July : Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60, 40 and 12 km. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars. Enter online - www.roag.co.za Swartland Heritage Festival
2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens
op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
NUUS • NEWS
11 April 2018
Wolves dring deur na nasionale kampioenskappe
Die Wellington Krieket Klub, ook bekend as die Wellington Wolves, het die afgelope naweek ‘n uitstekende prestasie behaal deur na die Nasionale Klubkampioenskappe deur te dring. Die Wolves moes teen die Union Stars van die SWD vir ‘n posisie in die finaal van die SA Klubkampioenskappe uitspeel en het hulself baie goed van hul taak gekwyt. Die plaaslike span het die Union Stars met sewe paaltjies geklop. Die Wolves het eerste geboul en die Union Stars vir ‘n skamele 109 lopies, na 30 boulbeurte, uitgehaal. Tydens die Wellingtonners se kolfbeurt het veral Mohsin Khan, wat 35 lopies van 19 balle, twee viere en vier sesse gemoker het, Warren Groenewald, wat vier viere oor die grens gestuur het en Junaid Kassiem, wat 24 lopies van 29 balle en twee viere geslaan het, die Stars laat les opsê. Die Wolves het reeds in die 22ste beurt die teiken verbygesteek en daarmee hul plek in die Nasionale finaal verseker. Volgens Warren Groeneveld van die Wolves is hulle baie tevrede met hul span se suksesvolle seisoen. “Ons het ‘n goeie seisoen gehad deur al ons wedstryde met bonuspunte te wen. Selfs die uitspeelwedstryd teen SWD het ons baie goed gewen met sewe paaltjies,” sê hy. Die span is opgewonde om aan die Nasionale Klubkampioenskappe te gaan deelneem. “Ons is baie dankbaar en gelukkig oor die prestasie. Vir baie van ons spelers is dit die eerste keer wat hulle na die Klubkampioenskappe toe gaan. Die feit dat ons as ‘n eenheid saam-
speel, is ons resep vir sukses,” sê Warren. Die Wellington Krieket Klub het 12 jaar gelede, in 2006, ook na die Nasionale finaal van die Klubkampioenskappe deurgedring. Dit is hierdie jaar baie spesiaal dat twee van die spanlede wat destyds ons plaaslike span by hierdie geleentheid verteenwoordig het, Warren Groenewald en Cedric Williams, in 2018 steeds deel van die span is en ons dorp weer by hierdie geleentheid sal verteenwoordig. Die Wolves, van wie die spanlede se ouderdomme tussen 18 en 37 wissel, is kliphard besig met hul voorbereiding vir die finaal. Boland het ook die binnenshuise nette vir hierdie doel aan die span beskikbaar gestel. Hul grootste struikelblok in hul pad tot by die finaal was die droogte. “Die droogte het ons seisoen kortgeknip en ons kon vir twee maande nie krieket speel nie. Ons het ook gesukkel om ons spelers bymekaar te kry omdat sommiges in die Kaap studeer, ander met rygeleenthede gesukkel het en die meeste voltyds werk. Dit het ons steeds nie gekeer om individueel te oefen en gereed te kom nie,” sê Warren. Die Wolves, wat die Wes-Kaap van 22 tot 26 April by die Momentum Nasionale Klubkampioenskappe sal verteenwoordig, hoop om by hierdie toernooi net hul bes te lewer. Hulle sal as een van ses konsessiespanne in vyf wedstryde meeding. “Ons wil net ons beste lewer en voortbou op ons sukses. Ons wil ook ons gemeenskap, die Boland en Wes-Kaap trots maak,” sê Warren.
7
8
courant
dié
11 April 2018
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
•KLUB SEËVIER IN TOERNOOI
Vasbyt laat Roses wen
•Jaomi Zeeman Roses United het op Maandag 2 April die eerste Transnet Saldanha Super 8 Rugby Paastoernooi gewen. Hulle het in ‘n naelbyt-wedstryd die gasheerspan met 22-20 gewen nadat hul met rustyd 10-6 agter was. Volgens Shafiek Mouton van die Roses, het hulle kort voor rustyd ‘n reuse-terugslag beleef toe hul vaskopstut, Keenan Abrahams, ‘n rooi kaart gekry na ‘n onderonsie met ‘n voormalige Roses voorry-speler, Lance Korabie, in ‘n losgemaal. ‘n Ander Roses-speler, die haker Kelvin Fikster, het ook in die tweede helfte ‘n geel kaart gekry en die Roses moes vir 10 minute lank met slegs 13 spelers op die veld klaarkom. As gevolg van al die terugslae moes die Roses ekstra hard veg om kop bo water te hou. “Die Roses het die wedstryd goed begin, maar is verskeie kere kort voor die doellyn gestuit. Die Rose se groter pak voorspelers was deurentyd in trurat by die skrums en het ook om een of ander onverklaarbaarbare rede gesukkel om skoon besit vanaf hul lynstane te bewerkstellig. Dit het hul ritme versteur en Saldanha kon hul weg in die wedstryd terugveg na drieë deur Riaan Louw (vleuel) en hul kranige heelagter, Shilton van Wyk,” vertel Shafiek van hierdie harde stryd. Alhoewel die Roses nie tydens die eerste helfte van die wedstryd hul voete behoorlik kon vind nie, het hul losskakel, Damian Engledoe, se akkurate skoppe hul tydens hierdie helfte op die telbord gehou. Tydens die tweede helfte het die Roses meer begeesterd voorgekom en hul kaptein, Thurlow Marsh, het na goeie samespel met twee verdedigers op sy rug die doellyn oorgesteek. Engledoe het in die 59ste minuut sy span se voorsprong
NUUS • NEWS
vergroot deur ‘n 39m-lange strafskop deur die pale te stuur. Nadat hy in die 70ste minuut die Roses se voorsprong tot 19-13 vergroot het, het Saldanha met ‘n drie en ‘n vervyfskop teruggeveg wat hulle, met slegs ‘n paar minute speeltyd oor, weer die voortou laat neem het. ‘n Strafskop is in die doodsnikke van die wedstryd aan die Roses toegeken. Engledoe kon weens ‘n besering nie die skopwerk doen nie, maar Johnwen Lewis het met senuwees van staal die skop suksesvol tussen die pale deur gestuur om die Roses se sege te bekragtig. Volgens die Roses se kaptein, Thurlow Marsh, was dit ‘n baie fisieke wedstryd. “Die wedstryd was kliphard en ons het geweet dat ons teenstanders se 16de man, hul tuisskare, dit vir ons baie moeilik gaan maak. Hulle het ons definitief uitoorlê in die eerste helfte, maar die boodskap was duidelik met rustyd - die leiers van die span moes hand opsteek, voorvat en karakter wys. Ek dink ons karakter het definitief in die tweede helfte deurgekom,” het Marsh na die wedstryd laat hoor. Hy is ook na afloop van die finaal as die toernooi se “Droomspan kaptein” aangewys. Marsh was vol lof vir sy span se toewyding en dissipline tydens die toernooi. “Die naweeek was iets besonders. Die absolute dissipline wat die manne gehandhaaf het, was die sleutel tot ons sukses. Ons het geweet as ons goed doen wat ander nie wil nie, sal ons bereik wat hulle nie kan nie. Ons afrigterskorps en leiers was briljant en als was perfek beplan,” het hy gesê. Die Roses kon met hierdie oorwinning die toernooibeker, goue medaljes, asook ‘n tjek van R15 000 saam met hulle na Wellington terugbring.
11 April 2018
Drakenstein-moratorium op plaaslike sportvelde Die Drakenstein Munisipaliteit het op 7 April bekendgemaak dat die moratorium op die tydelike sluiting van die sportvelde in Drakenstein gelig sal word. Dit volg nadat die burgemeester, Conrad Poole, en dr. Johan Leibbrandt, stadsbestuurder van die munisipaliteit, alle feite ten opsigte van hierdie aangeleentheid in berekening geneem het. Die tydelike sluiting van die sportvelde is deur die verwoestende droogte genoodsaak. Daar is besluit om alle velde, betyds vir die komende rugbyseisoen, te heropen nadat die eerste winterreën begin val het. Alhoewel die omstandighede nog nie ideaal is nie, maak die munisipaliteit op die verwagte hoër reënval staat om die toestand van die velde te verbeter. Die Drakenstein Munisisipaliteit sal ook, waar moontlik, die sportvelde se verwagte benatting deur reënwater, met onder andere gryswater aanvul. “Sport, en veral rugby, is ‘n belangrike katalisator wat verskeie sosiale euwels in ons gemeen-
skap en in Drakenstein teenwerk,” het die Uitvoerende Burgemeester, Corad Poole, gesê. “As ‘n Munisipaliteit wil ons hê dat ons spanne en jeug toegang tot ons fasiliteite sal hê om hulle in staat te stel om in hul onderskeie sportkodes deel te neem en te kompeteer,” het hy voortgegaan. Die Drakenstein Munisipaliteit het die Drakenstein Sport Komitee van hierdie besluit verwittig en sal binne die volgende twee weke vergaderings met die verskeie areas se sportforums in hierdie verband belê. “Ons vra ons sportgemeenskap om ons vennoot in die instandhouding van ons sportvelde te wees. Ons wil hierdie fasiliteite in die bes moontlike toestand wat onder die omstandighede moontlik is, hou. Dit kan gedoen word deur velde hoofsaaklik vir wedstryde te gebruik, die gebruik daarvan vir oefening te beperk en deur alternatiewe fasiliteite vir oefeninge te probeer vind,” is die pleidooi van dr. Leibbrandt. Alle Drakenstein munisipale velde is met onmiddellike effek heropen.