courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
4 Oktober 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 440
4 Oktober 2017
•KEER TERUG NA BOLANDSE TUISDORP
Gabler nou eerste in stryd om titel •Jaomi Zeeman Heinrich Gabler, voormalige leerder van Hugenote Laer- en Hoërskool en tans onderwyser by Hugenote Laerskool, is iemand wat passievol daaroor is om ‘n verskil te maak. Hy het verlede jaar vir die eerste keer aan die Mnr. Suid-Afrikakompetisie deelgeneem en baie goed gevaar deur onder die top-vyf-finaliste te eindig. Heinrich het, met die aanmoediging van sy vriende en familie, besluit om hierdie jaar weer aan die Mnr. SA-kompetisie deel te neem. Volgens hom wil hy graag ‘n platform bou waarmee ‘n verskil in meer mense se lewens kan maak. “Aangesien dit verlede jaar my eerste jaar was wat ek aan so ‘n groot kompetisie deelgeneem het, het ek vir myself sekere doelwitte gestel, naamlik om ‘n finalis vir Mnr. SA te word. Ek het daardie doelwit bereik danksy al die mense wat my so baie ondersteun en gemotiveer het. "Die aand van die finaal het ek besef ek het soveel meer potensiaal en ek het te klein gedroom. Om die titel te wen is hierdie jaar my doelwit,” verduidelik Heinrich. Hy het vanjaar weer vir die kompetisie ingeskryf - iets wat hy met die nodige ondervinding, insig en doelgerigtheid gedoen het. “Ek het al my vriende en familie laat weet en op Facebook geskryf: ‘Your dream doesn’t have an expiry date. I am going to take ‘n deep breath and try again’,” vertel hy. Heinrich het intussen verskeie uitdagings suksesvol voltooi waarop hy bepunt is. Die publiek se stemme vir die inskrywings dra ook tot die aanwysing van die finaliste by. Hy lê op die oomblik algeheel eerste op die ranglys volgens stemme en die finale 12 finaliste word aan die einde van Oktober aangekondig. “Ek het regtig baie moeite gedoen met elke uitdaging en my mentor, Pieter Visser, en sy vrou Lizel het my ongelooflik ondersteun, asook my
Heirich Gabler neem vanjaar weer aan die Mnr. SA-kompetisie deel en lê tans eerste op die stemlys. Regs is Heinrich saam met sy rugbyspan die van Hugenote Laerskool.
familie en vriende,” verklap hy die geheime wapens in sy sukses tot dusver. Heinrich glo dat, indien hy onder die top-drie kan eindig voor die finaal, dit sy kanse om met die kroon weg te stap, kan versterk. As deel van sy uitdagings as finalis, moet hy nog een laaste groot projek suksesvol aanpak en afhandel. Hierdie projek behels dat hy fondse vir kinders met kanker moet insamel. “Ek is baie opgewonde oor my laaste projek, omdat ek ‘n groot liefde vir kinders het, veral as hul hulp nodig het. Ek het ‘n paar groot borge wat bereid is om ‘n geldelike bydra te maak vir my betrokke organisasie. By Hugenote Laerskool, waar ek tans ‘n onderwyser is, wil ons graag die kinders bewus maak van die CHOC (Childhood Cancer Foundation of South Africa) en dan ook die leerders ‘n geleentheid gee om geld in te samel vir die organisasie,” vertel hy oor sy planne rondom hierdie uitdaging. Hoe kry Heinrich dit reg om voltyds te werk, sport af te rig, self aan sport deel te neem en nog by al die verantwoordelikhede van die kompetisie uit te kom? Volgens hom is alles wat hy doen vir hom ‘n passie. “My werk kom altyd eerste. Ek is baie lief vir sport en kinders, so die sportafrigting is die lekkerste deel van my dag. Om terug te gee vir die gemeenskap is vir my van kardinale belang en dit kom vir my natuurlik. Dit gee my moed en maak my opnuut opgewonde vir die volgende dag. As ek iets goed vir iemand anders kan beteken, maak
Foto: La'Ane Photography
dit my hart baie bly. Ek glo ‘n betrokke persoon is ‘n gelukkige persoon - daarom is om self aan sport deel te neem oor naweke vir my die kersie op die koek!” verduidelik hy hoe hy al die balle in die lug hou. Die feit dat Heinrich onlangs na Wellington teruggekeer het, is vir hom ‘n droom wat waar geword het. “Ek wou nog altyd terugkom Wellington toe om ‘n positiewe verskil in die kinders van die dorp se lewens te kom maak. Dit is vir my ongelooflik lekker om terug te wees - dit voel of ek nooit weg was nie. Die platteland is maar net anders,” sê hy. Vir Heinrich is sy deelname aan die Mnr. SA-kompetisie ‘n geleentheid om sy lewensverhaal met soveel mense moontlik te deel - iets wat hy glo vir duisende mense hoop kan gee. “My droom is om uiteindelik my eie nie-winsgewende organisasie te skep sodat ek kan teruggee aan die gemeenskap - veral ten opsigte van sporttoerusting aan minder bevoorregte kinders,” sê hy. “As ek die kompetisie wen, sal ek nog steeds doen wat ek elke dag doen. Dit is om mense te inspireer en te motiveer. Dit sal dan net op ‘n groter skaal kan plaasvind.”
NUUS • NEWS
2
Agri Expo beloof talle interessanthede Die Agri Expo Livestock wat van 12 tot 14 Oktober by Sandringham buite Stellenbosch plaasvind, beloof talle opwindende vertonings, interessante uitstallings, splinternuwe inisiatiewe en skouspelagtige tentoonstellings. Tydens hierdie fees sal die Angus-beestelersgenootskap van Suid-Afrika hul eeufeesvieringe vier en telers van die Wes- en Suid-Kaap, sowel as van ander provinsies, sal in hierdie geleentheid deel. Die eeufeesvieringe skop af met die Genootskap se 100ste Algemene Jaarvergadering, waarna die Angus-skou as deel van die Livestock Ras- en Interraskampioenskappe sal plaasvind. Rudi Buys, voorsitter van Suid-Kaap en Wes-Kaap Angus-klub, wat sedert die ontstaan van Agri-Expo Livestock by die vleisbeeskampioenskappe betrokke is, sê hy is baie opgewonde oor vanjaar se groot Angus-viering. “Livestock is vir ons ‘n hoogtepunt wat skoue in Suid-Afrika betref, omdat die gehalte daarvan werklik wêreldklas is,” het hy gesê. ‘n Ander groot hoogtepunt op die Agri-Expo Livestock-program, is die heel eerste werkende skaaphondveiling in Suid-Afrika. Hierdie veiling
NUUS • NEWS
4 Oktober 2017
word op Vrydag 13 Oktober tydens die fees aangebied en werkende skaaphonde sal opgeveil word terwyl hulle demonstrasies hou. Volgens die bekende skaaphondafrigter, WA Hugo van Lambertsbaai, is daar ‘n geweldige behoefte vir die gebruik van skaaphonde in landbou in Suid-Afrika. Hugo, ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Skaaphond-vereniging, sê die voordeel van hierdie veiling by Agri-Expo Livestock is dat dit aan kopers die geleentheid bied om eerstehands te beleef hoe die honde werk. “Hier is ‘n unieke kans om ‘n klaar produk, eerder as ‘n jong hond te koop,” sê Hugo. Twee skaaphonde wat deur Hugo afgerig is, sal deur afslaers van BKB as deel van ‘n groter veiling, op Vrydag 13 Oktober van 14:00 tot 15:00 in die Santam Vertoonarena, opgeveil word. Agri-Expo Livestock vind van 12 tot 14 Oktober 2017 plaas. Besoek www.livestock.org.za vir die volledige Livestock-program. Besoek www. angus.org.za vir meer inligting oor SA Angus. Enige ander navrae kan aan Isabeau Botha, Korporatiewe Kommunikasie Bestuurder, 021 975 4440, isabeau@agriexpo.co.za gerig word.
•MAATSKAPLIKE KWESSIES
Badisa werk vir geregtigheid
Beheerraad: Die beheerraad van Badisa saam met die spreker, Dr. Minnaar-McDonald (vierde van links). spreker, dr. Marie Lynette Minnaar-McDonald, ‘n •Jaomi Zeeman Die Wellington Badisa-tak het op Donderdag oud-Wellingtonner en lektor by die UWK, het in 28 September hul Algemene Jaarvergadering haar toespraak ook by die tema van maatskapby die Happy Toddlers Crèche gehou. Die tema like geregtigheid aangesluit. “Daar kan geen geregtigheid sonder sorg was “Maatskaplike Geregtigheid” en alle sprewees nie. Dit is waarom instansies soos Badisa kers het hul woorde hieraan gehaak. Die verwelkoming is deur een van die beheer- so belangrik is. Wanneer ons van maatskaplike raadlede, Adam de Vries behartig en hy het die geregtigheid gepraat word, kan ons nie begin om daaraan te werk voordat ons nie leer om in teenwoordiges stof tot nadenke gegee. “Barmhartigheid sonder warmhartigheid, is die eerste plek te versorg nie. Eers dán kan daar geleentheid vir leer en groei - en vir geregtigheid armhartigheid,” het hy gesê. Ds. Rogers het ook die moeilike tema aange- - wees,” het sy gesê. Dr. Minnaar-McDonald het Badisa vir die spreek deur na die realiteit van ongeregtigheid in die gemeenskap te verwys. Die feit dat dit ‘n goeie werk wat hulle doen geprys. “Wat Badisa doen en die manier waarop werklikheid is, is volgens hom juis ‘n oproep om hulle dit doen kan eintlik ‘n voorbeeld vir ons hierdie kwessies nie te versaak nie. Badisa se beheerraad voorsitter, Bennie regering wees van goeie bestuur, deursigtigheid, Cornelissen, het in sy voorwoord in kort hierdie positiewe projekte en die effektiewe aanwending van bronne,” het sy Badisa lof toegeswaai. instansie se hoofdoel en mikpunt saamgevat. Levona Fortuin, bestuurder van Badisa, het “Baie mense ken al die regte woorde op die regte tyd, maar wanneer dit kom by werk om ‘n oorsig van die jaar se werksaamhede gegee byvoorbeeld na ander uit te reik, is hulle nooit en Zanelle Frans het die maatskaplike verslag daar nie. Badisa is mense wat altyd daar is en voorgelê. Die finansiële oorsig is deur De Vries die werk doen. Indien daar geen aksie is nie, en Roan Ranna behartig en daarna het die ooris dit nie geloof nie,” het Cornelissen Badisa se handiging van sertifikate plaasgevind. Nadat Christo Kirchner die bedankings etiek saamgevat. Die gaste is tydens die vergadering deur gedoen het, kon gaste heerlik saamkuier rondom Cindy Ranna se pragtige sang vermaak. Die gas- eetgoed en tee.
Thali bak vir hoop
Die jong Wellingtonner, Thali Hugo, wat onlangs een van die finaliste in die Kokkedoortjie televisiereeks was, het die afgelope week haar bakvernuf vir ‘n goeie doel aangewend. Sy het as deel van die “Cup Cakes of Hope”-inisiatief kolwyntjies ten bate van kinders met kanker gebak en verkoop. ‘n Hele klomp van Thali se maats het ingespring en gehelp om ook kolwyntjies vir hierdie doel te bak. “Dit was regtig ‘n spanpoging. Sonder al die kolwyntjies wat my maats gebak het, sou ek nie hierdie projek kon aanpak nie,” sê Thali. “Cup Cakes of Hope” is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat ten doel het om bewusmaking te kweek en fondse in te samel vir kinders met kanker. Hulle doen dit deur hul liefde vir kolwyntjies bak. Thali het van die inisiatief te hore gekom en besluit om haar bakvernuf tot die voordeel van hierdie verdienstelike saak aan te wend. September is die bewustheidsmaand vir kinders met kanker en die Nasionale “Cup Cake Day” word op 30 September by winkelsentrums landwyd gevier. Dit is ‘n absolute gemeenskapsgedrewe projek wat met die verkope van kolwyntjies by winkelsentrums bewusmaking en fondse vir hierdie doel wil genereer. Tydens hierdie geleentheid versprei hulle ook pamflette wat die vroeë kanker-waarskuwingstekens belig. Hierdie inisiatief val so reg in Thali se kraal omdat dit tot haar liefde vir bak en kosmaak, sowel as haar liefde vir mense gespreek het.
Thali en haar maats het gewoeker en baie kolwyntjies gebak en verkoop vir ‘n goeie doel. “My ma het my gehelp om ons by die Cup Cakes of Hope organisasie te registreer sodat ons hulle met fondsinsameling kan help. Ek het besluit om kolwyntjies op die laaste skooldag van die kwartaal by my skool te verkoop en die geld vir kinders met kanker te skenk. Toe my maats daarvan hoor, het hulle dadelik ook ingespring om te help bak sodat ons soveel as moontlik kolwyntjies kon hê om te verkoop,” vertel sy. Kinders by Hugo Rust, Thali se skool, het die projek wonderlik ondersteun en al die kolwyntjies gekoop. Hulle het altesaam R1 710 met hierdie inisiatief ingesamel - geld wat Thali aan die Cup Cakes of Hope-organisasie gaan oorbetaal. “Hierdie mense doen regtig wonderlike werk. ‘n Mens sal verbaas wees om te hoor hoeveel kinders aan kanker ly. Die organisasie het al in 2011 ‘n wêreldrekord vir die meeste kolwyntjies in een uitstalling gebreek en hul inisiatief om kolwyntjies in winkelsentrums op World Cup Cake Day te verkoop, het al miljoene rande vir hierdie goeie saak ingesamel,” vertel Aletha, Thali se ma. Cup Cakes of Hope maak gereeld skenkings en ondersteun ander kankerorganisasies soos KANSA, Reach for a dream, The Sunflower Fund, CHOC, Little Fighters en die Hospice. “Ons hoop dat ons klein bydrae ‘n bietjie kan help om kinders met kanker se lewens makliker te maak. Dis lekker om te probeer om ‘n verskil te maak,” sê Thali. “Een kolwyntjie op ‘n slag.”
NUUS • NEWS
4 Oktober 2017
•WATERKLOOF KRY LUGTYD OP DIE KASSIE
Kameras rol vir ‘Nisboere’ by plaaslike landbouers Die kameraspan van die televisiereeks “Nisboere” het onlangs vir ‘n hele dag in Wellington gekuier om ‘n episode hier te verfilm. Hierdie program fokus op boerderye en produkte wat nie algemeen bekend is aan die publiek nie en hulle het die bedrywighede op die plaas Waterkloof in die Perdeskoen van nader kom bekyk. Stephan Landsberg, wat by Waterkloof se fabrieks- en plaasbedrywighede betrokke is, het die kameraspan en aanbieder van Nisboere tydens die onderhoud en verfilming te woord gestaan. Volgens hom was dit ‘n groot eer en ‘n interessante ervaring om hiervan te kon deel wees en die plaas se interessante bedrywighede met ‘n groter gehoor te kon deel. “Parceval Pharmaceuticals besit die plaas Waterkloof en ons boer met oor die honderd verskillende plante wat vir medisinale gebruik, plaaslik en internasionaal, aangewend word. Ons voer vars of gedroogde plante na kliënte oorsee uit waar hulle dit verwerk en dan voer ons dit weer in na Suid-Afrika vir medisinale gebruik. Baie van die produkte is by bekende apteke en groot winkels in ons land beskikbaar. Ons produkte is meesal in vloeistofvorm, maar ons doen ook gels, poeiers en ander spesiale produkte - alles uit plantmateriaal waarvan die meeste van ons plaas Waterkloof afkomstig is,” verduidelik Stephan. Sy hooffunksie is die logistieke bestuur by die fabriek. Hy is ook vir al die invoere verantwoordelik en help op die plaas met die beplanning en moet soms die skoene van die plaasbestuurder volstaan. “Dit is wonderlik dat hierdie program die fokus op die bedrywighede van ‘n plaas hier in ons omgewing onder die soeklig plaas. Die
programinsetsel, wat op Dinsdag 19 September verfilm is en eers op 4 Desember om 20:00 op VIA, kanaal 147, uitgesaai sal word. Volgens Stephan was hierdie verfilming ‘n baie interessante ervaring. “Ek was mos nog nooit op TV nie, so dit was regtig baie lekker om te sien hoe dinge agter die skerms gedoen word. Die produksiespan het uit ses lede bestaan, waarvan Anrich Herbst, die destydse Wimpie van Orney Snork nie, die aanbieder is. Hy is regtig ‘n baie aangename mens en die hele span is baie professioneel en weet wat hulle doen,” vertel Stephan. Hy vertel dat die hele verfilming ‘n natuurlike
Bo is Stephan Landsberg besig om vir Anrich Herbst, die aanbieder van die program, meer oor hul boerdery te vertel publiek is so gewoond aan kommersiële boerdery dat hulle soms nie bewus is van die spesialiteitsboerdery wat ook in ons land en streek plaasvind nie. Party nisboere doen hierdie tipe werk as ‘n stokperdjie en ander doen dit op ‘n klein skaal waar hulle ‘n produk aan die mark lewer vir ‘n inkomste,” sê Stephan. Nog twee van sy kollegas, Marten Feiter, die operasionele bestuurder en Wendy Clapham, hoof oor kwaliteit, was ook deel van die
Dameskring tooi bome in pienk vir kanker
Die plaaslike Dameskring gaan hierdie jaar weer bome in die dorp met pienk lap tooi as ‘n bewusmakingprojek vir kanker. Hierdie projek is deel van die “Pienk bome vir Pauline” inisiatief wat landswyd gedurende Oktober geloods word. Volgens Nelia Potgieter van die Dameskring is die “Pienk bome vir Pauline” inisiatief in 2012 in Graaff-Reinet deur drie dames begin. Een van hierdie dames het haar ma en ouma, beide met die naam Pauline, aan kanker verloor en hulle het begin om al die bome langs die dorp se strate in pienk lap toe te draai. “Pienk is ‘n uitdrukking van nuwe lewe. Hierdie inisiatief het uiteindelik na die hele land uitgebrei en mense in elke dorp word aangemoedig om hul bome gedurende Oktobermaand in pienk te tooi,” verduidelik Nelia. Die doel van hierdie projek behels nie net die bewusmaking van kanker nie, maar poog ook om fondse vir kankerlyers in te samel wat sal help om hulle by te staan en toegang tot behandeling te gee. Die fondse wat in elke dorp ingesamel word, moet plaaslik aangewend word. Dit is hierdie jaar die tweede jaar dat die Groenbergtak van die Dameskring hierby
betrokke is - iets waaraan hulle met trots deelneem om iets vir die gemeenskap, en veral kankerlyers, te doen. Hulle neem bestellings en verkoop die pienk materiaal aan individue en besighede, wat dan enige boom/bome vir die maand van Oktober daarmee kan toedraai. “Ons Dameskring beplan om gedurende die eerste week van Oktober die bome in Blouvleiweg in pienk te tooi, juis omdat dit ‘n straat is wat met tye baie besig kan wees,” sê Nelia. Hulle doel is om mense bewus te maak van almal in die gemeenskap wat geraak word deur kanker. “Deur hierdie gebaar dra ons by tot die behandeling van diegene wat nie self die fondse daarvoor het nie,” verduidelik Nelia.
3 proses was waar geen vooraf inligting aan hulle gegee is ten opsigte van die vrae wat verwag kan word nie. “Hulle vra jou sommer vrae uit die lug uit en dan moet jy maar kophou wat jy sê, want as hulle nie tevrede is met hoe jy geantwoord het nie, vra hulle jou weer en dan begin die hele proses weer van voor af,” lag Stephan. Die verfilming het ongeveer vyf ure geduur. “’n Mens besef nie altyd die baie tyd en geduld wat gepaardgaan met so ‘n program nie,” sê Stephan. Vir hom is die belangrikste van die program egter dat dit die publiek bewus maak van hulle bedrywighede en produkte. “Mense stap dikwels in die winkels en sien ons produkte op die rakke, maar hulle weet nie dat dit hier in die mooie Wellington vervaardig word nie,” sê Stephan. Oor sy eerste verskyning op die televisie is hy versigtig opgewonde. “My familie en vriende is nogal opgewonde, ek ook nogal. Maar ons sal maar tot 4 Desember moet wag om al die kommentare te hoor.”
courant
dié
4
4 Oktober 2017
Beautiful op Wellington
Gert Vlok Nel kom hierdie week in die Bôrdienghuis in Wellington sing. Iewers tussen die digterlike lirieke wat daar tydens hierdie vertoning sal opklink, sal dié van die gewilde “Beautiful in BeaufortWes” sekerlik ook wees. Hierdie lied van Nel is deur Theuns Jordaan in die kommersiële mark bekend gemaak en het dadelik ‘n snaar onder Afrikaanse musiekliefhebbers geroer. Die nostalgie, mooi herinneringe en eg-landelike beelde wat dit oproep is iets waarmee mense kan assosieer. Selfs die verlies en hartseer in die lied is iets waarvoor ons lief is en mee kan identifiseer. Iemand moet miskien daaraan begin werk om ‘n soortgelyke lied oor Wellington te skryf. Ons dorp se ryk erfenis, al die mooi geskiedenis en stories, sowel as al die eg-Bolandse en landelike beelde wat in so ‘n lied gebruik kan word, sal dit definitief ‘n treffer maak. Selfs ons dorp se hartseer en verliese is iets wat parallel met ons suksesse en hoogtepunte loop - die perfekte materiaal vir lirieke wat die werklikheid weerspieël. Al die dinge wat hierdie week in ons dorp gebeur het, spreek van die hoe “beautiful” ons dorp regtig is. Die Hugenote Hoërskool se koor het ‘n onvergeetlike vertoning saam met Jonathan Roxmouth gehad en die skool se matrieks het by die matriekafskeid geskitter. HAM se oggendtee was ‘n groot sukses ‘n welkome hupstoot vir die fondse wat tot voordeel van hul inwoners aangewend word. Lizette Murray se praatjie by hierdie geleentheid het die mooi beeld van pyn en lewensvreugde as reismaats, onder die soeklig geplaas. Ons vallei se wyne het hierdie week met hope Michelangelo Wyntoekennings weggestap en die plaaslike ATKV en ACVV het ‘n baie suksesvolle leierskapkamp vir plaaskinders aangebied. Die plaaslike tak van die Dameskring gaan vir Oktobermaand die bome in ons dorp pienk tooi en die Kokkedoortjie Thali het kolwyntjies vir kinders met kanker gebak. Die lys van mooi dinge wat in ons dorp gebeur, is baie lank. Mooi, mooi dinge wat ons mense doen. Mag elkeen hierdie week die “beautiful” in Wellington beleef - of dit vir iemand anders wys.
It’s Good News
NUUS • NEWS
Fotokompetisie:
Hierdie egpaar was destyds baie bekend in Wellington kringe en ook elders in die wêreld van die Onderwys. Vir baie jare was hy die hoof van die destydse WOK. Die saal by CPUT Wellington kampus is na hom vernoem. Wie is hulle? Stuur jou antwoord na welmus@telkomsa. net om in aanmerking te kom. Die antwoord van die vorige vraag is Henry Jones.
Dr. Marc Blackwell Snr
God offers you courage and confidence
“God is our refuge and strength, a very present help in trouble.” Psalm 46:1 is a positive statement about the help of the God of this universe for every soul and particularly His comfort to the heart of every believer. THE PROTECTION OF GOD IS PROMISED “God is our refuge.” The place of safety and security is found in the loving care of God, Who has promised to be with His own (Isaiah 43:2), to go before His own (Isaiah 45:2), and to be the refuge for His own (Psalm 91:2). GOD upheld Joseph in Pharaoh's palace, protected Daniel in the den of lions, the Hebrew children in the fiery furnace, and supported Paul in trials, troubles, and perils of life during his fruitful ministry. He is our refuge, as well! THE POWER OF GOD IS PLEDGED “God is our...strength.” God has all power in heaven and earth, and He offers His power to His people (Acts 1:8; Philippians 4:13). God gave Noah power to build the ark of safety, and Joseph power to overcome evil. He gave Moses power to deliver the children of Israel from Egyptian bondage, David the power to overcome Goliath, and Elijah the power of fire to consume the offering. The power of the Lord is unlimited and He is your strength! God is “… a very present help in trouble!”
In die klaskamer:
Die Graad 1’s van Hugenote Laerskool leer hierdie kwartaal oor verskillende beroepe en werke wat mense doen. dié courant het ‘n draai by die skool gemaak toe ‘n mamma, Engela Duvenage, vir hulle meer vertel het oor haar werk as joernalis.
NUUS • NEWS
4 Oktober 2017
5
6
4 Oktober 2017
NUUS • NEWS
Plaaslike kelders palm toekennings in by Michelangelo Die gesogte Michelangelo-toekennings is Vrydagaand gehou en talle plaaslike wynkelders spog met trofeë en medaljes. Dié toekennings het in 1997 ontstaan en vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar. Toe was dit die enigste internasionale wynkompetisie in SuidAfrika. Die kompetisie is uniek in Suid-Afrika, aangesien al die beoordelaars almal uitgesoekte wynkenners is, wat al sewe kontinente oor die aarde verteenwoordig. Sedert die begin het meer as 165 beoordelaars van 42 lande op die panele gedien. Die Michelangelo Internasionale-wyntoekennings van Suid-Afrika is ‘n onafhanklike kompetisie en is selfonderhoudend. Hul hooffokus is om plaaslike wynmakers wat die internasionale mark betree, te ondersteun deur hulle wyne aan internasionale beoordelaars bekend te stel en dan te toets hoe dit op die oorsese markte verwelkom sal word. Tans is daar 21 geborgde trofeë op die spel. Wellington se wyne het uitstekend tussen die
beste wyne in die land presteer deur verskeie toekennings in te palm. Onder die Wellington-wyne wat silwer toekennings ontvang het, is Diemersfontein se 10 Year old Pot Still, Dunstone Wines se Dunstone Merlot 2015, Imbuko se Pomüla Spritzer Passion Fruit, Pomüla Moscato Spumante en Du Plevaux Collection Chenin Blanc Viognier 2017, asook Welbedacht Wine Estate se Welbedacht Cabernet Sauvignon 2015 en Welbedacht Cricket Pitch Red Blend 2013 en Wellington Wines se Sauvignon Blanc 2017. Die plaaslike wenners van goue Michelangelo-toekennings was Diemersfontein Wines se Dieu Donne Merlot 2015, Welbedacht se Schalk Burger and Sons Mon René MCC en Welbedacht Bohemian Syrah 2015, asook Wellington Wines se La Cave Chenin Blanc 2015, Linton Park se Linton Park Estate Cabernet Sauvignon 2016, Imbuko se Pomüla Spritzer Pomegranate Marula, Van Zijl Family Vintners Shiraz Mourvedre 2015, Pomüla Spritzer Berry Vanilla, Du Plevaux Private Collection Shiraz 2015 en Du Plevaux Private Collection Pinotage 2015. Dubbelgoud is aan Welbedacht Pinotage 2009, Welbedacht Barrel Fermented Chardonnay 2014, Wellington Wines se La Cave Blend 2015, Linton Park Estate Chardonnay 2016 en
Imbuko Chenin Blanc 2017 toegeken. Twee Wellingtonse wyne het uitstaande presteer deur platinum toekennings los te slaan. Hulle is Welbedacht se Patriot Red Blend 2014 en Wellington Wines se La Cave Chenin Blanc 2016. Die Nelson Wine Estate net buite Wellington het ook die Multi Color Corporation Grand Prix Trophy vir hul Lisha Nelson Cabernet Franc 2014 verower. Met ‘n hele handvol van die beste wyne in die land hier reg uit die kontrei, kan plaaslike wingerdboere en wynmakers met reg trots wees. Hofstraat Kelder van Malmesbury het vanjaar vir die sesde keer die Garagiste-trofee ingepalm met hul Cape Vintage 2010. Vanjaar het die Swartlandse kelders soos volg presteer: •Hofstraat Kelder - Garagiste van die Jaar-trofee met hul Cape Vintage 2010 •Babylon’s Peak - Platinum vir hul 2016 SMG •Blake Family Wines - Goud vir hul Tourmaline 2016 en dubbelgoud vir hul Amethyst 2015 •Hofstraat Kelder het 'n goue medalje gewen vir hul Mogge Troffe Pinotage 2016 •Pulpit Rock - Die Trane Cape Blend-trofeë vir hul Pulpit Rock Louisa 2013 •Swartland Wynkelder - Trofeë-wenner vir hul
Swartland Limited Release Mourvedre 2016 •Darling Cellars - Goud vir hul Rooi versnit 2015 •Groote Post - Goud vir hul Kapokberg Pinot Noir 2014, asook hul ongehoute chardonnay 2017 •Org de Rac - Goud vir hul Reserve Merlot 2015, Die Waghuis White-blend 2016 en hul Org de Rac Reserve Cabernet Sauvignon 2015 •Pulpit Rock - Goud vir hul Shiraz Reserve 2013 •Riebeek Cellars - Goud vir hul Shiraz 2016 •Swartland Winery - Goud vir hul Limited Release Carignon 2015, asook hul Bush Vine Cabernet Sauvignon 2015 •Babylon’s Peak - Silwer vir hul Pinotage 2015 •Groote Post - Silwer vir hul Sauvignon Blanc 2017 •Hofstraat Kelder - Silwer vir hul Renosterbos Merlot 2014 •Kloovenburg - Silwer vir hul Eight Feet White Blend 2016 •Org de Rac - Silwer vir hul merlot 2015 en hul Reserve Shiraz 2015 •Ormonde - Silwer vir hul Ondine Sauvignon Blanc 2015, asook hul Vernon Basson Red Blend 2013 •Pulpit Rock - Silwer vir hul Swartland Stories Rosé 2017 •Riebeek Cellars - Silwer vir hul Pieter Cruythoff Brut
NUUS • NEWS
7
4 Oktober 2017
Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 498 4130 for further details. Yzerfontein Sport and Recreation Club 7 October: Come join in the October Fest from 11:00 till late. For any further information please contact 022 451 2819 Two Olives Ministries 8 October: Two Olives Ministries presents the Feast Of Tabernacles/Sukkot at 17:00 at the Wellington Town Hall. All believers, churches and ministries are hereby invited to join us in this Biblical celebration in awaiting the coming of our Messiah, Yeshua Hamashiach/Jesus Christ. Entry is free but a love offering will be collected. Please contact Pastor Nico Mettler at 082 498 4130 for further details. Hillcrest United 9 Oktober: Die Hillcrest United hou hul Algemene Jaarvergadering. Alle geregistreerde spelers en -klublede, bestuurslede, spanbesture en belangstellendes word uitgenooi. Verrigtinge begin om 19:00 te Hillcrest Primêr Skool - Wellington. Inligting rondom hierdie vergadering in plaaslike koerante asook Hillcrest Facebook-blad sal volg. Vir meer inligting kontak Jovan-re Cupido – 073 296 3575
Bôrdienghuis-teater 11 Oktober: Die Wellington Boekklub bied aan ‘n gesprek met Etienne van Heerden oor sy nuwe boek. Yzerfontein Toerisme 11 Oktober: Kom deel in Yzerfontein se 80-jaar-vieringe vanaf 18:30 vir 19:00 by Yzerfontein Gemeenskapsaal. Kostes beloop R30 per kaartjie. Vir enige navrae kontak 022 451 2985 of e-pos na yzerfontein@polka.co.za Laerskool Hugo Rust 13 Oktober: Laerskool Hugo Rust hou 'n "Daknatmaak-aand" vir hulle saal. Kom klink 'n glasie en vul die magie - Luister na staaltjies van toeka tot nou saam met ou bekendes Vir enige navrae kontak : bemarking@hugorust.co.za Evita se Perron 14 Oktober: Aanbieding van Beauty and the Beast om 19:00. Kostes beloop R150 per persoon. Vir enige navrae kontak 022 492 3930 of besprekings by bookings@evita.co.za Swartland Soiree 14 October: an Evening of beautiful classical piano music paired with wines from Kloovenburg at 18:30 at the corner of Station and Sending streets, Riebeek West. R200 per person. For any further enquiries, please contact Stephen Cousins at winelands.pianist@gmail.com Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin hou 'n gholfdag by die Wellington-gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.
Navrae: 021 873 2763.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
8
courant
dié
4 Oktober 2017
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
4 Oktober 2017
•WEN KLERKSDORP-TOERNOOI
Newton maak skoonskip by 7’s
Sokker:
Die span van die Super Strikers-sokkerklub onder leiding van Reagan Albertus het koning gekraai by die onlangse Erfenisdag-toernooi van Hidden Gems. Die span het hul oorwinning entoesiasties gevier.
Hengel:
Die Yzerfontein-hengelklub het die naweek weer hul jaarlikse galjoen-derby gehou. Hierdie hengelaars van Wellington, Salvador Demps, Rolan Daveys en John van Rooyen, het ook hul lyne natgemaak.
Cape Epic maak ‘n Wellingtonse draai Die vyftiende Cape Epic-roete vir hierdie uitdagende, wêreldbekende bergfietstoer is onlangs bekendgemaak. Hierdie fietstoer, wat ook as die “Tour de France van bergfietse” bestempel word, sal volgende jaar ook ‘n Wellingtonse draai gooi. Die toer sal in Robertson wegspring en by die Val de Vie-landgoed buite die Paarl eindig. Deelnemers sal ‘n afstand van 658km aflê en ‘n allemintige 13 530m oor hierdie afstand klim. Hulle sal by Arabelle vir die eerste twee skofte oorslaap, daarna ‘n aand op Worcester oornag en dan drie aande in Wellington oorslaap vir die vyfde en sesde skofte. Aan die einde van die vierde skof van 111km, die vyfde skof van 39km en die sesde skof van
76km sal fietsryers van regoor die wêreld hul koppe op die sportvelde van Hugenote Hoërskool neerlê. Dit is nie die eerste keer dat fietsryers wat aan hierdie uitmergelende wedren deelneem in Wellington sal tuisgaan nie. In die verlede is hul verblyf in Wellington al deur die deelnemers as “die mees gasvrye verblyf van die toer” bestempel. Die sportvelde van Hugenote Hoërskool sal vir die drie nagte wat die fietsryers hier vertoef in ‘n volledig toegeruste kampterrein omskep word en dorpenaars kan vele besoekers en hoë profiel sportmense in ons midde verwag. Die Cape Epic Fietstoer sal van 18 tot 25 Maart 2018 plaasvind en Wellington sal op 22, 23 en 24 Maart al die fietsryers huisves.
In ‘n baie opwindende toernooi het die jongspan van Newton talle mense geskok deur die Prestige-toernooi in Klerksdorp te wen. Prysgeld van R50 000 was op die spel en die Newton-spelers het met die hoofprys van R10 000 weggeloop. Van Suid-Afrika en Zimbabwe se top-spanne het aan die toernooi deelgeneem soos Gaborone Spartans, Centurion, Potch Crusaders, Jhb Bobbies, Zeerust-rugby, SA All Stars, Matlosana en vele meer. In hul eerste wedstryd moes Newton die sterk span van PUKKE pak en het net-net verloor met 19-22. Hierna het hulle 'n ommekeer ervaar en BBP gewen met 26-5. In hulle laaste groepwedstryd teen SA Allstars het die span wipplank gery, maar die span het deurgedring na die kwarteindstryd. Hier het die manne hulle karakter gewys en die hoogaangeskrewe Klerksdorp Uitnodigingspan met 14-12 geklop.
In die halfeindstryd moes die span hard werk om PUKKE met 15-14 te verslaan, nadat Keaton Booysen in beseringstyd die wen-drie aangeteken het. Die eindstryd was spannend en senutergend teen die toernooi-gunsteling, die Griekwa Uitnodigingspan, maar Devrolin Abrahams en Kennedy Rorwhana het hul doppie geklink met twee skitterdrieë. Hierdie naweek bied Newton sy jaarlikse Rembrandt Mall 7’s aan waar spanne soos Young Peoples, Wesbank, Worcester-Villagers, Kuilsrivier, Hamlets, UWK, Hillcrest, Hopefield, Ceres, Young Stars, Young Hamiltons, Living Legends en nog vele meer gaan deelneem vir prysgeld van R22 000. Hekgelde beloop R20 (volwassenes), kinders en voertuie (R10). Die toernooi word hierdie jaar Vrydag en Saterdag aangebied. Talle stalletjies gaan beskikbaar wees en hekke open reeds om 1:00 (Vrydag)en 08:00 Saterdag.