courant
1 Wellington
dié
17 Mei 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Stasiefees kook weer
Bou saam met goeie nuus
17 Mei 2017
Uitgawe 420
Fokus op nuwe astro-veld
Amarider swoeg oor 100 myl
•PEN EERSTE BOEK MET HAND NEER
Geslin met gesogte Rust-prys vereer
•Jaomi Zeeman Presies ‘n jaar na die tragiese dood van die Wellingtonse skrywer Winnie Rust, is daar ter nagedagtenis van haar naam en ter ere van haar bydrae in die gemeenskap ‘n spesiale toekenning gemaak. Die Winnie Rust-toekenning is ‘n inisiatief van die Ouma Granny Huis-museum, die Wellington Museum en die Rust-familie. Met hierdie toekenning wil hulle hulde bring aan Winnie Rust, maar ook dié dinge waarvoor sy haarself beywer het en wat haar na aan die hart gelê het, laat voorleef. Die eerste herdenking van Rust se dood het hierdie jaar met die Stasiefees saamgeval en die toekenning is ook tydens die fees gemaak. Volgens Christine Siebrits van die Ouma Granny Huis-museum gaan hierdie inisiatief ‘n jaarlikse instelling word. “Aangesien Winnie se dood in Mei elke jaar Die Hugenote Hoërskool het na maande se naastenby rondom die Stasiefees is, wat ook swoeg en sweet, Vrydag die opening van die astro-hokkieveld gesien. Hennie Cronje, onin Mei plaasvind, herdenk sal word, sal hierdie derhoof, soen die grond van die nuwe baan. Sien foto's en berig binne. toekenning ook jaarliks by hierdie geleentheid gemaak word,” verduidelik Christine. Die eerste Winnie Rust-toekenning is in die het by die bou van brûe, die samesnoering van Dr. Von Schlicht het op haar beurt hulde ou Stasieskool deur die burgemeester van Dra- mense, die ontwikkeling van talent en die identifi- gebring aan Hillary en die voorbeeld wat sy stel kenstein Munisipaliteit, Conrad Poole oorhandig sering van alles wat jonk en mooi is gelê. aan talle ander jongmense – ook iets wat ons land en dr. Elna von Schlicht, burge"Hillary versinne- bitter nodig het, aldus dr. Von Schlicht. meester van die Kaapse WynHillary het, bo en behalwe die toekenning, ook beeld al hierdie dinge. land Distrik, het ‘n geleentHaar storie en dit wat ‘n skootrekenaar ontvang waarop sy haar skryfheidstoespraak gelewer. sy, ten spyte van haar werk kan voortsit. Sy is reeds met haar tweede Die eerste wenner van omstandighede, regge- boek besig en moes dit tot dusver, soos met haar hierdie toekenning is Hillary kry het, is ‘n inspirasie eerste boek, op ‘n selfoon met ‘n gekraakte skerm Geslin, ‘n plaaslike gr.11-leer– en iets wat ons vandag tik. der aan Wellington Hoërskool. “Nou kan ek behoorlik skryf en sal dit my nie in hierdie land nodig Hillary het 'n motiveringsso lank neem nie,” het sy oorstelp gesê. het,” het sy gesê. boek geskryf wat deur AmeTalle ander plaaslike skrywers is ook tydens die “Ons het, in oorleg rikaanse uitgewers opgeraap met die Rust-familie, geleentheid vereer. ‘n Hele uitstalling van Welis, uitgegee en wêreldwyd eenparig besluit dat lingtonse skrywers en hul boeke het die ou Stasieversprei word. Hillary ‘n waardige eer- skool gevul. Twee oorkondes is ook namens die Wat haar prestasie so ste wenner van hierdie Ouma Granny Huis-museum aan Wellingtonners besonders maak, is die feit dat wat diep spore in die dorp trap, oorhandig. toekenning is. sy dit alles op eie stoom en Hillary Geslin ontvang haar skootrekeDie een toekenning het aan die Le Cordeur "Ons glo vas dat in uiters moeilike omstandig- naar van burgemeester Conrad Poole. Winnie haar ook sou egpaar, Dr. Michael en Sylvia le Cordeur, vir hul hede reggekry het. gekies het,” het Olivia jarelange bydrae in onder andere die krisante-kulOlivia le Cordeur, wat die aankondiging van die voortgegaan. tuur in die dorp gegaan. wenner van die toekenning behartig het, het HilDie tweede toekenning is aan Tharina Poole het in sy toespraak daarna verwys dat lary as die ideale kandidaat hiervoor bestempel. ons hoop in ons land nodig het en dat Hillary juis Schweidler, voorsitter van die Wellington ATKV“Winnie was ‘n gemeenskapsmens. Haar hart ‘n teken daarvan is. tak en stigter van die Stasiefees, gemaak.
Astro-droom bewaarheid:
NUUS • NEWS
courant
dié
2
NUUS • NEWS
17 Mei 2017
Om brûe te bou
Tydens die onlangse oorhandiging van die eerste Winnie Rust-toekenning het dr. Elna von Schlicht, burgemeester van die Kaapse Wynland Distrik, na die bou van brûe verwys. Die tema van hierdie jaar se Stasiefees was ook heel gepas “Bou Brûe”. Dr. von Schlicht het spesifiek na die storie rondom die destydse bou van die brug oor die Stormsrivier verwys. Volgens oorlewering het die twee dele van die brug, toe dit van weerskante na mekaar laat sak is, nie heeltemal gepas nie. Die ingenieur wat vir die ontwerp van die brug verantwoordelik was, het as ‘n gevolg hiervan na sy eie dood gespring. Toe dit egter aand word en die lug heelwat afkoel, het die gepaardgaande inkrimping die dele van die brug perfek laat pas. Hierdie brug staan vandag steeds as verbinding oor die hoë afgrond langs die Stormsrivier. “Om brûe te probeer bou is nie altyd maklik nie. Dit lyk soms asof dit nie wil uitwerk nie,” het dr. Von Schlicht gesê. In Wellington lyk dit egter asof ons op die regte pad is hiermee. ‘n Mens kan nie anders as om in brûe te glo wanneer jy die diversiteit en samehorigheid van ons mense by die afgelope Stasiefees gesien het nie. Wanneer ‘n hele skoolgemeenskap vir jare saamwerk om ‘n astro-droom te laat waar word, is daar talle brûe gebou en oorgesteek. Die Winnie Rust-toekenning aan ‘n dogter van ons dorp, is die herdenking en voortbou op die brûe wat Winnie haar lewe lank gebou het. En die skryfskool wat Ghaireyah Fredericks in bende- en dwelmgeteisterde areas begin het, is ‘n definitiewe brugbou-aksie. Die Stasieskool staan miskien ook nie vandag toevallig langs ‘n weegbrug nie. Mag ons elke dag brûe bou en geen brug verbrand nie.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Nou weet ek...
In die Nuwe Testament skryf Paulus aan die Korintiërs dat al die dinge wat die volk Israel en Juda oorgekom het as voorbeelde en opgeskywe is as‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Ons leef in die laaste dae wat beteken, tussen hemelvaart en die wederkoms van die Here Jesus. Kyk ons na ‘n voorbeeld in die Ou Testament, dink ek altyd wat kan ek daaruit kan leer. Ons lees van ‘n koning Agab, hy was koning oor Israel, die tien noordelike stamme, hy het in Samaria die hoofstad van Israel twee-en-twintig jaar as koning regeer. Agab het meer kwaad gedoen as al sy voorgangers, hy het Isebel , ‘n dogter van Et-Baäl die koning van die Sidoneërs as vrou geneem. Agab het vir Baäl ‘n altaar gebou en voor hom gebuig en hom gedien. Hy het meer gedoen om die Here die God van Israel te terg as al die konings van Israel, sy voorgangers. Omrede van hierdie afval van die Here, het Elia die profeet van die Here ‘n opdrag by die Here gekry om aan Agab te sê dat daar geen reën op die aarde sal val behalwe op sy woord nie. Die Here het aan Elia opdrag gegee om hom by die spruit Krit weg te steek. Na verloop van tyd het die spruit opgedroog, en die Here het aan Elia gesê dat hy na Sarfat in Sidon moet gaan, daar het die Here aan ‘n weduwee opdrag gegee om vir hom te sorg. Daar gekom het die weduwee nie van hom geweet nie, maar geglo dat sy eers vir hom met die laaste bietjie meel en olie kos moes maak. Die meel het nie opgeraak nie en ook nie die olie nie. Die vrou se seun het siek geword en gesterf. Elia het gebid en die siel van die seun het in hom teruggekom en hy is lewendig aan sy moeder teruggegee, toe sê sy nou weet sy dat hy ‘n man van God is en dat die woord van die Here in u mond die waarheid is. In hierdie buiteland het God ‘n weduwee genadig gewees deur Sy Woord aan haar bekend te maak. In die Evangelie van Lukas verwys Jesus self na hierdie gedeelte, en in Nasaret in Galilea het hulle ook nie geglo nie maar wou Jesus doodmaak.
Stasiefees weer 'n treffer - volgende reeds beplan
Die jaarlikse Stasiefees wat op 12 en 13 Mei in Wellington plaasgevind het, was hierdie jaar weer ‘n reuse-sukses. Hierdie fees, wat elke jaar groei en nuwe inisiatiewe oplewer, het hierdie jaar van krag tot krag gegaan en vermaak vir oud en jonk verskaf. Die Vrydagaand se ABBA afskop-konsert het ‘n stampvol tent met meer as 600 mense gelok. Almal het heerlik saam met die gewilde en bekendste ABBA-liedjies gesing en dans, terwyl Wellington wyne met hul heerlike produkte as lafenis gereed gestaan het. Saterdag se propvol program het vir vermaak sonder perke gesorg. Nadat Conrad Poole, Drakenstein se burgemeester, die fees amptelik geopen het, het die plesierigheid begin.
Buiten die heerlike treinritte tot in Klapmuts en terug, die kosdemonstrasies, tannie Poppie se boekbekendstelling, Amore Bekker se praatjie, Tjiff en Tjaff se manewales, die Rieldansers se passies, die Sterkman-kompetisie, die hekelmarathon, die talle kunstenaars en die Kokkedoortjie-aktiwiteite, kon besoekers hul ook verlustig in die pretritte en talle stalletjies op die terrein. ‘n Groot hoogtepunt was ‘n optrede deur die Ghoema-bekroonde sanger, Refentse. Volgens Tharina Schweidler, voorsitter van die plaaslike ATKV-tak, is hulle reeds besig met nuwe planne vir die volgende Stasiefees. “Ons wil die fees elke jaar met nuwe inisiatiewe laat groei en het reeds groot planne vir 2018,” het sy gesê.
Bo: Die dames van die plaaslike VLV-tak het die hekelmarathon gewen. Onder: Die plaaslike Adagio-sanggroep vermaak feesgangers op die Pick ‘n Pay-verhoog. Links onder: Olivia le Cordeur van die plaaslike museum neem aan die Kardoeskoning kookkompetisie deel. Heel onder regs: Die skrywer Sophia Kapp lewer ‘n praatjie tydens die vonkelontbyt.
Die ABBA Magic vertoning op die Pick ‘n Pay-verhoog het vir groot vermaak gesorg.
NUUS • NEWS
3
17 Mei 2017
•GESKIEDENIS VAN 'N VOLGEHOUE BAKEN VAN WELLINGTON
Vele lewens van ou Stasieskool Harvie, die vader en eerste hoof van die destydse Wellington Opleidingskollege (WKOD), te danke gehad. Harvie wou destyds ‘n Sondagskoolsklas vir die stasiekinders begin en het hierdie klasse aanvanklik in ‘n leë passasierswa gehou. Hy het later ‘n versoek aan die stasiemeester gerig om die wagkamer vir hierdie doel te gebruik. Uiteindelik is daar geld deur die NG Kerk ingesamel om die skooltjie vir Sub A tot St. 3 te bou (graad 1 tot 5). Die skool is in die 1920 byna gesluit en in 1930 was daar ‘n versoek om die skool by die ander twee skole op die dorp in te lyf. Uiteindelik het die skool tot in die vyftigerjare bly voortbestaan. In die laat sewentigerjare is die Stasieskool deur die Wellington Wynkelder gekoop om by hul weegbrug te gebruik. Hulle het dit mooi gerestoureer en sedertdien dien hierdie ou skooltjie nie net as nuttige gebou in die plaaslike wynbedryf nie, maar word dit ook soms vir kultuuraktiwiteite gebruik.
Hugenote Kollege nooi studente na opedag Die Hugenote Kollege sal op Vrydag 19 Mei 2017 hul jaarlikse opedag hou. Voornemende studente kan die Kollege se kampus vanaf 09:00 tot 16:00 besoek om meer inligting oor die beskikbare kursusse van hierdie instansie te kry. Hugenote Kollege spesialiseer in programme vir Teologie, Bediening en Maatskaplike Hervorming. Die Opedag bied aan voornemende studente die geleentheid om meer oor hierdie programme uit te vind en navraag te doen oor verblyfopsies, aansoekvorms vir die tweede semester van 2017 of eerste semester van 2018 te doen, finasiële inligting te bekom, belangrike datums vas te stel en om ‘n voorsmakie van die kampuslewe te kry. Volgens André Pentz, handelsmerkbestuurder van Hugenote Kollege, is die kampus oorweldig deur die positiewe terugvoer na die vorige opedag. “Navrae neem by die dag toe en die
Die heel eerste Winnie Rust-toekenning is ook pas in hierdie skooltjie aan die eerste wenner oorhandig. Voorwaar ‘n waardige gebou met vele lewens en baie stories.
Kollege sorg dus dat die geleentheid weer eens vanjaar vir voornemende studente spesiaal sal wees. Almal is reeds ywerig besig met die nodige beplanning en voorbereidings en sien daarna uit om die voornemende studente te ontvang,” sê hy. Dr. Willie van der Merwe, Rektor van die Hugenote Kollege is baie opgewonde oor hierdie jaar se opedag. “Dit is die ideale geleentheid vir graad 11 en 12-leerders asook ander lede van die publiek om waardevolle inligting oor studie by tersiêre instellings te bekom. Wat hierdie opedag spesiaal maak, is dat voornemende studente en hul ouers direk met personeel kan gesels om hulle te vergewis van wat die onderskeie studierigtings behels, asook watter ondersteuning aan studente gebied word,” sê hy. Vir meer inligting kan die kampus by 021 873 1181 gekontak word.
CO-OP/709902E
Op die terrein van Wellington Wyne se Stokeryweg-perseel staan ‘n geboutjie met ‘n baie interessante geskiedenis. Hierdie gebou, wat tans langs die weegbrug van die kelder diens doen, was baie jare die Stasieskool waar talle Wellingtonners skoolgegaan het. Volgens navorsing wat o.l.v. dr. Etienne Smit gedoen is, blyk dit dat die skool in die laat 1870’s of vroeë 1880’s deur die NG Kerk gestig is. Die oorspronklike doel van die skool was om vir die kinders van die spoorwegwerkers ‘n heenkome te wees, omdat die dorpskool te ver was. Die skool het ook as die “Stasie Arm Skool” bekend gestaan. Tog het bekende oud-Wellingtonners daar skoolgegaan. Die fotograaf, Giel Marais, sowel as Breyten Breytenbach en sy jonger broer Basjan is almal o.a. oudleerders van die Stasieskool. Breyten het in “’n Seisoen in die Paradys” wat in 1976 uitgegee is oor sy herinneringe aan die Stasieskool geskryf: “Ons ry oor die klaterende nou ou brug oor die Bergrivier. Ons skiet verby die donker parskuipe en naby die stasie verby die klein geboutjie – die Stasieskool – waar Basjan en ek ook skoolgegaan het, en Sondagskool ook. As jy gelukkig was, dan is jy saam met ‘n maat nog voor die klas oor was gestuur om die swaar emmer sop anderkant die stasiebrug te gaan haal by die vet ou dame, die goedige ou bruin tannie, wat dit gekook het vir die kinders.” Die Stasieskool het glo sy ontstaan aan James
3 GOLDEN RULES TO GET THE CHEAPEST FARES LOW FARE
FINDER
CLICK
HERE TO
CHEAP
FIND
FLIGHTS
FLY FROM
1.
Book early
2. Be flexible
3.
Travel light
We have 3 golden rules to give you the best chance to get one of our low fares to OR Tambo, Lanseria, Cape Town, Durban, PE, East London and George. Firstly, book early as the first seats on a flight are the cheapest. Secondly, be flexible to avoid peak travelling times. And lastly, travel light. With our Lite Fare option, you get a free carry-on bag of 7kg with your ticket. And don’t forget, with The Low Fare Finder on our website, you can track down a month’s view of our cheapest fares faster than ever.
BOOK NOW AT FLYSAFAIR.CO.ZA *T’s and C’s apply.
R599
*
4
17 Mei 2017
NUUS • NEWS
Blackie-droom bewaarheid met nuwe astroveld
Bo: Casper Lategan, Hennie Cronje, die kapteine van die eerste seuns en dogters-hokkiespanne en Wicus Naude saam met die Blackie-gelukbringer in die doelhok op die nuwe baan.
Links: Die skoolhoof, Wicus Naude, skiet ‘n doel op die nuwe baan.
NUUS • NEWS
17 Mei 2017
5
6
17 Mei 2017
NUUS • NEWS
Die Blackies het hul opgewondenheid gewys deur plakkate te maak om gaste te verwelkom. 'n Erewag met hokkiestokke het ook hul liefde vir diĂŠ sportsoort getoon.
NUUS • NEWS
'Ons skuld jul 7 milj doele' Die dag van 12 Mei 2017 sal vir altyd as ‘n spesiale datum in Hugenote Hoërskool se geskiedenis onthou word. Op hierdie dag het ‘n groot droom en ‘n ambisieuse visie vlerke gekry toe die skool se astro-hokkieveld amptelik geopen is. Al die leerders, onderwysers, ouers, eregaste en talle oud-leerders het rondom die nuwe baan vergader vir die feestelike opening van hierdie nuwe bate by die skool. Die opening van die baan is die resultaat van jare se beplanning, fondsinsamelings, onderhandelings en die samewerking van ‘n hele skoolgemeenskap. Hennie Cronje, onderhoof by Hugenote Hoërskool, het tydens die openingsgeleentheid die inhuldiging van die veld as ‘n “mylpaal in die geskiedenis” bestempel. Hy het ook die beheerliggaam van die skool en alle ander rolspelers vir hul aandeel in die proses bedank. “Ons is dankbaar om hierdie astroveld nou welkom te heet in die Hugenote-familie en tradisie,” het hy gesê. Casper Lategan, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het in sy toespraak die lang proses, baie jare se werk, insette van ouers, personeel en die gemeenskap aan die gehoor geskets. “Dit was ‘n absolute spanpoging wat hierdie droom laat waar word het en daarvoor is ons baie dankbaar,” het hy gesê. Volgens Lategan het die proses om so iets by Hugenote te bou reeds in 2007 afgeskop. Die aanvanklike kwotasies vir die bou van so ‘n baan het met bedrae onder R3 miljoen begin. Oor ‘n lang tydperk is daar onverpoosd deur verskeie ouers en rolspelers gewerk en onderhandel om hierdie droom waar te maak. “In 2011 was die kwotasie R3,8 miljoen. In 2014 het die skool se beheerliggaam in beginsel toestemming gegee om met die projek voort te gaan en in 2016 het die WKOD toestemming vir die projek verleen. Daar is meer as 50 vergaderings in die laaste drie jaar gehou en daar
7
17 Mei 2017
was ook ‘n komitee wat vir die laaste twee jaar elke liewe Maandag vergader het,” het Lategan gesê. Hy het na die talle fondsinsamelingsgeleenthede wat ten bate van die astro gehou is verwys en almal bedank wat volgehou het om vir hierdie doel te werk. “Dankie aan al die denkers, die doeners, die pannekoekbakkers, die Perdeskoen-stappers. Dankie vir al die opbouende kritiek en die aanmoediging. Dankie ook aan die nie-hokkie mense wat saamgewerk het en saam trots is hierop,” het hy gesê. “Hiermee ontvang Hugenote se hokkiespelers en afrigters die grootste belegging wat die skool nog ooit gemaak het. As daar een doel vir elke rand wat hieraan spandeer is geskiet moet word, skuld julle ons sewe miljoen doele – die bal is nou in julle baan. Hiermee vat ons Blackie-trots na die next level,” het Casper afgesluit. Ds. Jan Grobbelaar, voormalige beheerliggaamvoorsitter van die skool, het ‘n seënbede oor die baan uitgespreek, waarna die skoolhoof, mnr. Wicus Naude, die baan amptelik in ontvangs geneem en geopen het. “Ons ontvang hierdie veld met graagte. Dit is ons visie om leerders die gemeenskap in te stuur wat blootstelling aan uitnemendheid gehad het en daarom ook uitnemende bydraes sal kan lewer. "Hierdie veld is een van die dinge wat ons sal help om dit te doen,” het Naude afgesluit.
Geklassifiseerd • Smalls GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
HLOMLA GIFT SKONTYA. 12 May 2017. Happy birthday my Gift, our gift. Mommy, Daddy and sisters - Love you --------------------------------TRACEY - Op 16 Mei is jy een jaar oud. Baie geluk met jou verjaardag. Lief vir jou - Audra, Ashwin en kinders ----Geluk. Ek hoop jy geniet jou dag en mag jy so 'n oulike blompot vir ons bly. Van die Boks gesin --------------------------------ADRIAN DAVIDS - Geluk met jou 21ste verjaardag. Mag die Here jou seën met krag, gesondheid en wysheid - Ma, Pa, susters, Ouma en Oupa ------------------------------Raai wie is vandag Tien jaar oud. Baie geluk met jou geboortedag. Mag die Here jou seën. Liefde - Mammie, Dalla en Whanike --Baie geluk maatjie met jou verjaardag. Alles wat mooi is. Liefde - jou Sondagskool maats --------------------------------19 Mei - Baie geluk met ANN se verjaardag. Alles wat mooi is. Van: Juanita, Marochelle en Mikayla --------------------------------JACQUES CLEOPHAS - 15 Mei. Baie geluk ons trots met jou 18de verjaardag. Baie liefde - Ma Tilla en Pa Christie ---Gelukkige verjaardag. Voorspoedige nuwe lewensjaar ons broer. Liefde - Chriswill & Juan Baie geluk Boeta met jou verjaardag. Lekker verjaar en geniet jou dag. Liefde -
Sussie Chrizaan --------------------------------Agt op 10 Mei. Me se seënwense. Jy moet gehoorsaam wees, en lekker verjaar. Van: Me en Sussiepop --------------------------------Ma se engelkind. Agt!!! Aan God al die eer. Mammie is baie lief vir jou. Lekker verjaar. Van: Deidre, Romano en Diego --------------------------------TREVOR MARTINS - 16 Mei. Vandag jou 52ste verjaardag. Jy is 'n geskenk van die Here. Ek vra God se seëninge. Liefde - Mammie --------------------------------ESKA. 20 Mei 2017. Uiteindelik 18. Yipee!!! Groot nou. Liefde - Ma, Mammie, Daddie en Kris --------------------------------ANWILL - Baie geluk met jou eerste verjaardag op 15 Mei. Baie liefde oppaser Lena en familie --------------------------------TINO. Dertien op 18 Mei. Baie geluk. Hoop jy 'n "kickass"dag saam met familie en vriende. Van: Louisa, Yulin en Nero familie ----Baie geluk Tino met nog 'n jaar wat God by jou lewe gesit het. Hoop jy bly die soet seun wat jy elke dag is. Van: Preston en Salmon ---Ons is bly vir nog 'n jaar wat die Here by jou lewe gevoeg het. Lekker verjaar. Van: Ma, Pa. Persevivall, Lathum en Nicky ----------------------------Baie geluk NIESA met jou 41ste verjaarsdag. Van: Keppies, kinders en Em-Jay
--------------------------------Wie word 19 op 20 Mei. ELDEAN MARTHINUS. Geluk met jou verjaar-dag. Mag God jou baie jare spaar. Liefde - Mammie en Pappie ----My suster, geluk. Dankie dat ons twee susters so lief is vir mekaar en God se rykste wense - Cathlin en eggenoot ----Geluk met jou verjaars-dag. Mag die Here jou vele jare spaar en alles wat mooi is. Van: Magdalend, eggenoot en kinders ----Baie geluk. Hoop jy kry alles wat jou hart begeer en hoop dat God jou altyd sal seën. Van: Michaela, broer en kinders ----Baie geluk my vriendin met jou verjaardag. "May God bless you" en geniet jou dag liefie - Marelize Nel en Eden Felix --------------------------------Raai wie word 63 op 19 Mei 2017. Geluk aan 'n baie spesiale Oupa. Mag jy 'n wonderlike dag hê - Lesley-Ann (Pikkie) en Andrid (Enna) --------------------------------Raai wie word 20 op 20 Mei 2017. Geluk met jou kroonverjaarsdag. Wonderlike dag. Van: Ouma, Tannie, Ma, broers, niggie, neefie en baba Andrid -----------------------------DAVID SAMSON - 26 op 19 Mei. Alle voorspoed en seëninge op jou pad. Baie liefde - Ma, Pa en suster ----Baie geluk met jou
geboortedag. Mag God jou nog vele jare uitspaar. Baie lief vir jou Daddy van De-handri, jou prinsessie ---Geseënde verjaarsdag aan 'n wonderlike mens. Geniet jo dag en alles wat mooi is. Van: Familie ---------------------------------
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418
Wellington-rugbyklub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington-rugbyklub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Oefening is vanaf 19:30 by Wellington-rugbyklub reg langs die Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Hillcrest United-rugbyklub Hillcrest United-rugbyklub se voorseisoen is sterk aan die gang op Dinsdae, Woensdae en Donderdae te Pelikaan Park-Wellington vanaf 19:00. Die bestuur en afrigter nooi dus alle spelers wat nog wil deel word om spoedig aan te kom
sluit. Vir meer inligting kontak die klub-sekretaris: Jovan-ré Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com
8 Junie: Silwerkruin bied aan 'n Lizz Meiring vertoning by die Hugenote Laerskoolsaal om 19:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040
Evita se Perron 28 April: Evita se Perron presents an evening of contentporary Folk music with Jenny and the Jameses. Tickets are R100 and the show starts at 20:00 For bookings call 022 492 3930 or bookings@evita.co.za
Wellington Huismark 3-6 Augustus: Wellington hou huismark by Welbedacht (Schalk Burger & Seuns) met lewendige musiek, mansgoed, kindergoed, mooigoed, lekkergoed, huisgoed en eetgoed. Die mark is om 9:00 tot 16:00. Gratis ingang en kredietkaart fasiliteite beskikbaar
Koorfees by Hugo Rust 18 Mei: Laerskool Hugo Rust bied aan 'n Koorfees om 18:00 vir 18:30 by die Laerskool Hugo Rust. Ander kore wat gaan deelneem is Laerskool Durbanville, Laerskool Bastion, Worcester-Noord Primêre Skool, Hoërskool Hugenote met die gaskunstenaar - André Terblanche Vir enige navrae kontak 021 873 1598 / ontvangs@hugorust.co.za Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English
service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington.
Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 12 Augustus: Silwerkruin hou 'n Vonkel ontbyt om 10:00 by Wellington Noordkerksaal Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Silwerkruin ACVV Huis vir Bejaardes 27 Oktober: Silwerkruin bied aan hul Gholfdag by die Wellington Gholfklub om 09:00. Navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak : 083 258 8717 / 021 873 3375
8
courant
dié
17 Mei 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
Amarider 100Miler takes on Malmesbury's terrain
17 Mei 2017
Is riding 100 miles off road on your bucket list? If so, the ninth edition of The Amarider 100Miler, presented by The Bike Hub is the perfect race to get it done. Held in Malmesbury on Saturday, this race is the ultimate Swartland meander offering dirt road riding around the Kasteelberg and surrounds. What makes this the perfect 100 Mile intro? It’s accessible. With the start and finish in Malmesbury you don’t have to bother with transport and you can drive to the start in the morning. Shop around, this race offers great value and your entry fee includes on-route breakfast and lunch points. Apart from a large race support contingent, your supporters can assist you at 4 easy to reach Spectator points on the day. This makes it perfect for your family and friends to be part of the day and allows you to break your effort into achievable segments. The route consists predominantly of flowing and fast-rolling dirt road. With 2400m of climbing over the day, it certainly is not flat but very few riders struggle to make cut-off. The 160km (100Miler) route is divided into three sections of approximately 55km with two compulsory timing checkpoints. The format of the race creates perfect vantage points for spectators and support. While the competition is based on solo riders completing the entire course these riders can form 4-man teams and enjoy a day out with mates on a saddle (of course)! The team results will be based on the 4th rider crossing the line thereby encouraging teamwork and camaraderie. For further information email info@amarider. co.za or contact 021 884 4752
Rugby:
Die spanne van Newtons en Wolseley het Saterdag sake op die rugbyveld uitgespook. Newtons het met 24-15 geseëvier. Bo stamp Granton Marinus 'n speler van Wolseley af. Foto: Francio Abrahams
Uitslae • Results
SKOLE NUUS Hugenote Hoërskool vs Worcester Gimnasium NETBAL: O/14B verloor 4-21; O/14C verloor 8-22; O/14D verloor 3-27; O/15B wen 17-14; O/15C verloor 11-14; O/16B wen 16-6; O/16C wen 20-8; O/16D wen 17-9; O/17B wen 12-11; O/17C verloor 4-19; O/18B wen 14-11; Die A-spanne, 2des en 1stes speel Dinsdag 16 Mei. SEUNSHOKKIE: 14A: 0-0; 16A: 2-4; 16B: 0-3; 18B: 0-4; 18A: 0-6 DOGTERSHOKKIE: 14A: 0-5; 16A: 0-0; 16B: 1-0; 16C: 1-0; 18B: 1-1; 18A: 1-0 RUGBY: 19A: 30-14; 19B: 45-7; 19C: 41-0; 16A: 23-19; 15A: 22-17; 14A: 12-12; 14B: 7-12
NUUS • NEWS
Spele: Juan Smith,
'n graad 11 leerder van Hugenote Hoërskool, is gekies om Namibië te verteenwoordig by die Afrika Spele nadat hy by hul nasionale kompetisie goud vir spiesgooi gewen het. Hy het eerste gekom by die Afrika Spele. Daarna is hy gekies is om Namibië te verteenwoordig by die Common Walth Junior Games vanaf 19 tot 23 Julie in die Bahamas.