Skip to main content

Dié courant wellington 400

Page 1

courant

1 Wellington

dié

14 Desember 2016

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 400

14 Desember 2016

Hugenote gee om:

Hugenote Hoërskool se leerlingraad vir 2017 het sommer vroeg al hulle staal gewys deur ‘n paar projekte te loods waar hulle ‘n verskil in die gemeenskap kan maak. Hulle het geskenkpakkies, wat hulle met insamelings vanuit die die hele skool saamgestel het, gemaak en aan Huis Lizelle en Silwerkruin oorhandig. Die Matrieks van 2016 het ook hul skoene by die skool gelos. Hiermee kon verdienstelike leerders uit Hugenote self gehelp word. Daar kon ook ‘n groot skoenskenking aan leerders by Ihlumelo Junior Sekondêr in Mbkweni gemaak word. Die leerlingraad het ook skryfbehoeftes by Wellington Primêre Skool afgegee. Volgens Johann Enslin, bemarker by Hugenote Hoërskool, was al die inisiatiewe ‘n spanpoging. “Ons is dankbaar vir elke leerder, al die ouers en die onderwysers se bydraes,” sê hy.

•WATERVLAKKE STEEDS ONDER DRUK

Hou by beperkings, vra Drakenstein •Jaomi Zeeman

Die watervlakke van die damme wat vir die watervoorsiening in die streek verantwoordelik is, het gevaarlike lae vlakke bereik en ‘n moontlike watertekort blyk eersdaags ‘n waarskynlike realiteit te wees. Volgens Deon Louw, uitvoerende bestuurder: infrastruktuurdienste van die Drakenstein Munisipaliteit, is daar inligting beskikbaar wat vooruitskouend aandui hoeveel water in die damme oor is en hoe lank dit sal hou as dit nie reën nie. Hierdie inligting word ook op vier borde binne die munisipale area weergegee. Een van hierdie borde is by die munisipale kantore op Wellington.

Teen die huidige tempo van verbruik, ‘n minimum kapasiteit van 5% en geen reënval, sal die meeste van die streek se voorsieningsdamme waarskynlik teen die einde van 2017 leeg wees. Volgens hierdie beramings sal die Bergrivierdam teen Augustus, die Theewaterskloofdam en die Voëlvleidam teen Junie, die Wemmershoekdam teen April en die Kaapstad Metro-damme reeds teen Mei 2017 leeg wees. Die vooruitskouende data toon reeds ‘n beduidende groter persentasie waarmee die watervlakke gesak het, sedert die warmer weer wat die area se somermaande kenmerk, aan die einde van November begin het. In die week tussen 28 November en 5 Desember het al die damme se vlakke met ‘n

beduidende persentasie gesak – en dit slegs in een week. Volgens die nuutste statistieke is die Voëlvleidam 58.8% vol en die Wemmershoekdam se vlak lê op 48.4% in vergelyking met verlede week se 50.6%. Die Theewaterskloofdam het van 45.4% tot 44.2% gedaal en die Bergrivierdam vanaf 66.5% tot 64%. Inwoners word gemaan om streng by die waterbeperkings te hou en sodoende tot laer waterverbruik by te dra. ‘n Gesamentlike poging tot die voorkoming van ‘n waterskaarste, tesame met die hoop op beduidende reënval, is waarskynlik van die belangrikste faktore wat hierdie tekort kan help afweer.

NUUS • NEWS


2

14 Desember 2016

•DEEL VAN BEWUSMAKING

Drama help om wonde te heel

Die plaaslike skrywer, digter, dramaturg en aktrise, Gaireyah Fredericks, het onlangs haar deel vir die 16 Dae Bewusmakingsveldtog teen Geweld teenoor Vroue en Kinders, bygedra. Sy het haar bekroonde drama, “Broken Angels”, by die Café Friendship in Wellington opgevoer. Volgens Gaireyah was dit net logies dat sy die drama in hierdie tyd ter bewusmaking moes opvoer. “Die tema van ‘Broken Angels’ spreek kinderen vrouemishandeling en molestering aan. Die navorsing wat ek gedoen het toe ek hierdie stuk geskryf het, was baie intensief en het onderhoude met mishandelde en gemolesteerde vroue ingesluit. Sommiges was die moeders van gemolesteerde kinders. Die produksie dien as ‘n mondstuk vir mishandeling en as ‘n middel om bewusmaking onder die gemeenskap te saai,” sê sy. Die aktrise, Charnelle Fortuin, voel ook dat dit haar bydrae tot hierdie bewusmakingsveldtog is. “Die hoofkarakter, Angie, klim met elke vertoning onder my vel in. Sy is ‘n regte karakter wat régte dinge deurgemaak het – dinge wat baie vroue elke dag in ons gemeenskappe moet deur-

maak. Angie is die stem van al die vroue wat elke dag moet stilbly oor wat met hulle gebeur,” sê sy. Broken Angels is onlangs as finalis by die Kaapse Wynland Dramafees aangewys en het daar ook deurgedring om by die Baxter Teater se Zabalaza Fees op te tree. Oor hierdie prestasie is Gaireyah nederig. “Dit is vir my wonderlik dat my drama so goed doen. Die wonderlikste vir my is egter die stem wat dit aan mishandelde, gemolesteerde vroue gee. Die geleentheid vir gesprekke oor hierdie sensitiewe kwessies. In baie gemeenskappe is dit iets waaroor mense swyg. Vroue bly stil om nie gestigmatiseer te word nie – die skande van slagoffer wees is vir hulle amper erger as die dade wat teen hulle gepleeg word. Die sukses van Broken Angels is ‘n bewys dat dit ‘n senuwee rondom hierdie kwessies raakgeboor het,” sê sy. Gaireyah en Charnelle is genooi om Broken Angels in verskeie dorpe regoor die Wes-Kaap op te voer. “Dit vergroot ons platform om hierdie boodskap uit te dra en ‘n bydrae te lewer tot die uitwissing van hierdie seer in ons gemeenskappe,” sê Gaireyah.

NUUS • NEWS

Ouma vertel haar unieke stories vir kabouters Lizma van den Berg by haar tweeling-kleinkinders, Liza en Carel, wat die inspirasie vir haar stories is.

Die plaaslike ouma, Lizma van den Berg, se debuut-publikasies, Kabouterstories Volume 1 & 2, is op Maandag 5 Desember bekendgestel. Hierdie geleentheid het by die Monte Video Gastehuis buite Wellington plaasgevind en is deur vriende, familie, boekliefhebbers en rolspelers in die uitgewersbedryf bygewoon. Lizma se tweeling-kleinkinders was die inspirasie vir hierdie eerste publikasies. Die pragtige boeke is deur Marie Prinsloo, ‘n bekroonde kinderboek-illustreerder, geïllustreer en word deur Publishing World uitgegee. Die boeke word elkeen met ‘n gepaardgaande inkleurboek van prentjies uit die stories, sowel as ‘n CD-opname van die stories verkoop. As ‘n oud-onderwyseres het Lizma die waarde van ouditiewe en kreatiewe leermateriaal wat, tesame met stories, die boustene van suksesvolle leer vorm, besef. “Die stem wat die stories op die CD voorlees, is niemand minder nie as Francois Stemmet. "Hy was destyds die stem van Sarel Seemonster in Wielie Walie,” vertel sy.

Volgens Pieter Loftus van Publishing House het hulle ook reeds twee nuwe manuskripte van Lizma vir publikasie goedgekeur. “Lizma se volgende twee kinderboeke, ‘Avontuurstories’ en ‘Filipina die vet feëtjie’, sal vroeg in volgende jaar bekendgestel word,” het hy gesê. “Ons kry talle voorleggings van mense wat dink dat hulle kinderstories kan skryf. "Lizma het regtig ‘n rare talent – sy kan regtig tot op die vlak van die kind kom en binne-in hulle verbeeldingswêreld inklim, dit inkleur en dit stimuleer,” het Pieter gesê. Die illustreerder, Marie Prinsloo, het dit beaam. “Dit was baie maklik om Lizma se stories te illustreer. Haar karakters en stories léwe,” het sy vertel. Kabouterstories sal eersdaags by toonaangewende boekwinkels beskikbaar wees. Dit kan ook by Publishing World of by Lizma self (083 235 3187 of lizma@em3.co.za) bestel word.


NUUS • NEWS

14 Desember 2016

Dans met vlamme by Taalmonument Die Psychedelic Theatre is op Vrydag 30 Desember 2016 weer terug op die Tuinteater-verhoog vir hul tiende “Dans van die Vlamme”-vertoning by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl. Die uurlange Dans van die Vlamme-vertoning sluit in musiek, vuurdansers wat vlamme eet en uitblaas en onder andere met brandende hoelahoepels, palmkerse en vuurslange dans. Marvin Lee-Beukes, akteur en stigterslid van die Psychedelic Theatre, sê dat hul tiende vertoning vanjaar sal insluit ’n kaleidoskoop van verskillende vuur vertonings wat vergesel word met musiek deur die groep Ward 10. “In Desember is ons terug in die Paarl met ons nuutste werk. Ons sien uit daarna om plaaslike inwoners, toeriste én vakansiegangers by die Taalmonument te ontvang vir ‘n onvergeetlike aand van pragtige uitsigte, ‘n ongelooflike sonsondergang, piekniek én ‘n vuurdansbelewenis.” Die piekniek begin om 18:00. Die vertoning self begin om 20:30 in die Tuinteater op die grasperk reg aan die voet van die monument. Die hekke open reeds om 17:00. Besoekers is welkom om hul eie drankies (verkieslik geen glas) en piekniekmandjie saam te bring of een (teen R250 vir twee persone of R350 met ’n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie, ligte verversings, wyn en bier. Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument teen R100 vir volwassenes, R80 studente en R50 vir kinders onder 13 jaar.

Geen rook en stoele word in die Tuinteater toegelaat nie. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar. Die piekniekkonsertreeks sluit ook vertonings in deur Arno Carstens en Refentse (2 Desember 2016), Coenie de Viliers, Hemelbesem en Yoma (6 Januarie 2017), The Rockets (27 Januarie 2017), ‘n Valentynskonsert (met onder andere André Schwartz op 14 Februarie 2017), Bobby van Jaarsveld (24 Februarie 2017), Amanda Strydom en Jak de Priester (10 Maart 2017) en Die Heuwels Fantasties (31 Maart 2017). Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

3

Pakkies vir kinders

Racquel Snell, Olivia Ockhuis vanelke die Breytenbach Sentrum, René Senobia Afrika. van die Daniels Marindaen Snell se opleiding Die Breytenbach Sentrum samel jaar, as uitvloeisel deel van een van hul gemeenskapsprojekte, geld wat sy by die Breytenbach Sentrum ontvang het. “Tannie Marinda vertel altyd dat sy ten volle in om Kerspakkies aan verdienstelike kinders uit deur die Breytenbach Sentrum gerat is om alles te deel. Hierdie jaar het hulle die pakkies op Vrydag 9 self by haar skool te kan doen,” vertel Olivia. “Die skool het met 10 kinders begin en daar is Desember aan die Skoenlappertjies Dagsorgsenvandag ‘n volle 38 kinders.” trum oorhandig. Die Breytenbach Sentrum het hierdie jaar vir Volgens Olivia Ockhuis, koördineerder van projekte by die Breytenbach Sentrum, is dit ‘n elke kind ‘n pakkie met leesboeke, lekkers, nagklere en speelgoed opgemaak. projek wat haar baie na aan die hart lê. “Ons het vir borgskappe van R100 per kind “Ek het ‘n beroep onder ondersteuners van die sentrum gedoen om ‘n kind vir hierdie projek gevra en kon vir die hele skooltjie se kinders geskenkpakkies bymekaar sit,” sê Olivia. te borg,” vertel sy. Marinda versorg nie net elke dag 38 kinders “Ek ken tannie Marinda Snell van Skoenlappertjies Dagsorg en Kleuterskool al lankal. Sy het nie, maar verskaf ook werk aan drie assistente. destyds mosaïek-klasse by die Sentrum geneem Haar twee dogters, Racquel Snell en Senobia en was deel van die span wat die mooi mosaïek- Afrika, asook René Daniels werk voltyds by Skoenlappertjies. tafel in ons binnehof gemaak het. Die geskenkpakkies is tydens hul jaarlikse "Tannie Marinda het ook ons Naaldwerkkursus gedoen en ‘n jaar of twee daarna ook die Kersboom-geleentheid op Vrydagaand 9 DesemDagsorgkursus. Sy was vasbeslote om haarself ber aan die kinders oorhandig. Toe Olivia die pakkies Vrydagoggend by die te bemagtig,” vertel Olivia. Nadat Marinda die dagsorgkursus voltooi het, skooltjie gaan aflewer, was Racquel, Senobia en het sy ‘n jaar of twee gewag voordat sy haar eie René reeds besig om vleis te braai en slaaie te maak vir hierdie groot bederf-geleentheid. kleuterskool in haar gemeenskap begin het. “Dit is wonderlik om hierdie kinders en hul Die Skoenlappertjies Kleuterskool en Dagsorgsentrum in Caterville is dus ‘n direkte ouers so te kan bederf,” het hulle gesê.


NUUS • NEWS

14 Desember 2016

courant

dié

4

'n Druppel in die emmer lyk goed as dit leeg is

'n Waterskaarste is 'n al groterwordende realiteit. Een waarvan ons reeds lankal bewus is, maar nie altyd soveel ag op geslaan het nie. Stel jouself 'n dag voor waar jy opstaan, kettiekuif in die lug, strompel gang af, draai die kraan oop en... NIKS. Nie 'n druppel water nie. Gaan dink 'n bietjie mooi oor hoe jy water in jou huishouding en jou alledaagse lewe gebruik. Dis nie net vir stort en tande borsel nie. Kyk net hoeveel water gebruik jy in 'n taak soos kosmaak, wasgoed was, wat nog te sê van die berge skottelgoed wat oor Kerstyd gaan ophoop. Draai maar toe die kraan. Wuif maar jou groen grasperk vaarwel en help eerder om te bespaar. Die gras sal weer groei. Dit sal weer beter gaan, maar nou moet ons saamstaan om 'n verskil te maak.

It’s Good News

Debutante:

dr. Mark Blackwell Snr

Words of Grace

THIS CHRISTMAS EVE OR CHRISTMAS DAY GATHER YOUR CHILDREN OR GRANDCHILDREN. Begin by singing several favourite Christmas carols like ‘Silent Night” or another favourite. Then, read together ‘out-loud’ Luke 2:1-20. The “worship leader” in your home may want to read it, or assign one of the children this responsibility. Help your child prepare in advance by practicing reading the passage orally. After reading Luke 2:1-20, your family could discuss these questions: Lets “take a trip” to Bethlehem… 1. Let’s talk about some memories of long trips that your family has taken together. What was the greatest thing that happened? What was the worst thing that happened on one of your trips? 2. Why did Mary and Joseph take such a long trip (Trek)? (Luke 2:1-4) 3. Why was Bethlehem a famous town, even though it was a tiny town? (2:4) 4. Why was the trip especially difficult for Mary? (2:5) 5. Which Christmas carol most accurately describes the events of that night? 6. What was happening nearby in the fields of Bethlehem? (2:8) 7. How did the shepherds respond when they saw the angels? (2:9) How would you have responded? What would you have thought if you saw tonight … what they saw then? 8. What did the angels tell the shepherds? (2:10-12). 9. Who did the angels say this newborn baby was? (2:11) 10. What identifying sign did the angels give so the shepherds would know which baby was the special baby? (2:12). In what other ways do you “know Jesus?” … What names do you have for Him?

Die VGK Gemeente, Newtown het hulle jaarlikse Debutante Dinee met ‘n glansgeleentheid by Vanwyksvlei Laerskool gehou. Dit was ‘n dawerende sukses en hier spog die wenners saam met hulle trotse leraarspaar Ds RJ Rickers en gade. Middel-Dawn Vos & metgesel; Regs- Cli-Shay & metgesel 1ste prinses; Links-Tammy-Leigh & metgesel 2de prinses.

New Deeghuys now open Proudly South African Deeghuys, the global pioneer in frozen convenience baking, opened its 22nd store in Paarl this morning. The company specialises in creating and selling a wide range of frozen dough-based food products, which customers can then bake conveniently in the comfort of their own home. Michael van Niekerk, founder and Director of Deeghuys, says that the whole aim behind Deeghuys is to make the lives of its customers easier by providing a convenient way for them to have high quality, freshly baked food at home. “We want to remind people about the simple pleasure of baking at home. Many people might have forgotten this because of the busy lives we live, but we want to bring this joyful, inclusive experience back into the homes of South Africans by breaking the rules of traditional baking and enabling anyone to be able to make gourmet food in their own kitchen,” concludes van Niekerk. Among the vast product range, which is now also available to people living in Paarl and its surroundings, are items such

Promotion

as croissants, cakes, rolls, pies, as well as batters for cookies, cupcakes and muffins. The new Deeghuys store is conveniently located in the Main Road of Paarl in the Jock de Villiers Building (376 Main Road) and can be contacted directly on 021 870 1604. Visit http://deeghuys.co.za/ for more information, or email paarl@deeghuys.co.za

‘Chill’ met Jaconell en Drostdy Na twee baie suksesvolle vertonings in Gauteng, bring Jaconell Mouton hierdie produksie Kaap toe. Gauteng was in vervoering en die terugvoer na die vertoning sluit in: “Dit was musikaal briljant en inspirerend op ’n baie diep geestelike vlak.”; “Dit was een van die beste vertonings wat ek in my lewe gesien het — en dit sluit internasionale vertonings in!”; “Ek was so platgeslaan deur die ongelooflike musiek dat ek nou nog aan ‘post event depression ly’! WOW! Wat ’n fantastiese show!” Die titel van die vertoning beskryf presies wat jy te wagte kan wees: Sit agteroor, maak toe jou oë en laat toe dat die musiek jou op ’n verbeeldingsvlug neem wat jou gaan laat vergeet van als en almal om jou.

Behalwe pragtige oorspronklik materiaal, sal jy ook persoonlike gunstelinge hoor deur onder andere David Foster, Peter Gabriel, Jonathan Butler, Dave Grusin en vele meer. Jaconell (sang, klavier en saksofoon) word bygestaan deur ‘n uitstekende orkes wat bestaan uit Mauritz Lotz op kitaar, Denny Lalouette op baskitaar, Rob Watson op dromme en Coenie de Villiers en Clinton Viljoen as spesiale gaste. Hierdie aand beloof om ’n onvergeetlik musikale ervaring te wees en beslis iets wat enige musiekliefhebber nie moet misloop nie. Teater: Drostdy Teater, Alexanderstraat 48, Stellenbosch Tyd: Saterdag 17 Desember 2016, 20:15 Kaartjies kos R150 en kan bespreek word by die teater self deur 087 943 2459 te bel of om ’n e-pos te stuur aan info@ drostdyteater.co.za


NUUS • NEWS

5

14 Desember 2016

Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS

GREAT PRICES FOR THE BEST ONE YET

BUY ANY 2 FOR

Danone Ultra Mel Custard Assorted 1 Litre

R

43

BUY 2 FOR

BRM Fully Cooked Pork Loin Rib 1kg

Sasko Premium Slices Brown Bread 700g

R

R

18

SAVE R3.50

SAVE R3.59 Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g

All Gold Tomato Sauce 700ml

R

R

8

99

Simba Potato Chips Assorted 125g

BUY ANY 3 R FOR

23

90

19

99

Nestlé Nescafé Cappuccino Assorted 8s/10s/170-185g Each

Coca-Cola, Fanta, Stoney or Sprite Assorted 2 Litre Each

PnP Orange Squash 2 Litre

R

R

R

44

90

Regent Street Chocolate and Toffee Assortment 400g

Kjeldsens Danish Butter Cookies 454g

R

R

39

90

129

GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND

89

12

99

18

99

Bakers Choice Assorted Biscuits 1kg Each

WAS R103.99

90

R

74

99

Plus earn

BONUS STIKEEZ

when you buy selected products

FREE APP STIKEEZ ARE RECYCLABLE

Visit www.picknpay.co.za for more details

Glenart 12” Deal Crackers 6s

R

64

90

SAVE R14.09 Twinsaver 1 Ply White Toilet Tissue 15s Each

R

48

99

Pampers Active Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack WAS R229.99

R

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms Sh t and d conditions diti apply. l No N traders. t d E&OE. E&OE S Selected l t d products d t may nott b be available il bl att allll stores. t S Selected l t d products d t h have been b styled t l d ffor photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 15 - 18 DECEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS1020

189

99

Sunlight 2in1 Hand Washing Powder 2kg Flexi Bag or Liquid 1.5 Litre Each

R

38

99

Accounts OPEN

16 DECEMBER 2016


6

14 Desember 2016

NUUS • NEWS

dié courant dien steeds ná 400 uitgawes

courant

tel 022 487 3221

Uitgawe 200

die

swartland en weskus

hugenotestraat 24, malmesbury

21 November 2012

Philip kry spoedkaartjie vir swem...

Die 17-jarige Philip Weideman (middel) van Laerskool Swartland op Malmesbury is tans aan die medaljes opstapel by die sesde Wêreld-swemkampioenskap vir Downs-swemmers in Loano, Italië. Hy neem teen volwassenes deel en het reeds ‘n bronsmedalje losgeswem in die 25m Vlinderslag (18:20); saam met sy SA spanmaats goud in die 4x25m-aflos (1.01.50) en nog ‘n brons in die 25m Vryslag (16:25). Sy afrigter, Riaan Steyn, is ‘in die sewende hemel’ oor dié fikse swemmer, wat in feitlik elke nommer ook sy persoonlike beste tye verbeter het. “Ek is sonder woorde, maar só trots op Philip,” het sy pa, Hennie Weideman (regs), Maandag gesê. By hul staan sy ma, Cobie. Philip is ‘n spoedboete opgelê omdat hy in een nommer veel vinniger geswem het as dié tyd wat op sy inskryfvorm aangedui is. Dié tyd is gegrond op sy prestasies wat hy tydens die Somerspele in Maart vanjaar geswem het, maar hy het intussen al heelwat daaraan verbeter.

Oes medaljes in Italië

•HUPSTOOT VIR TOERISME

Swartland Voëlroete geloods

“Hierdie mense beweeg in klein groepies rond, dra duur toerusting en ek belowe jou, as jy iets doen, gaan hulle vir jou kyk.” So het Peter Ryan, professor aan die Universiteit Kaapstad se Percy FitzPatrick Instituut, Vrydagaand gesê by die amptelike bekendstelling van die langverwagte Swartland Voëlroete. “Alles het begin toe ons vanjaar in April ‘n werksessie gehad het en op ‘n projek vir die Swartland besluit het. ‘‘ Voëlkyk is een van die vinnig groeiendste natuurtydverdrywe en ons kon net nie verder die mark ignoreer nie,” het Carlen Vorster van Swartland Toerisme se kantoor op Malmesbury gesê. Volgens haar besoek sowat 40 000 voëlkykers

per jaar Suid-Afrika en is daar ongeveer 24 000 Suid-Afrikaanse voëlkykers. Dié mark kan die Suid-Afrikaanse ekonomie met sowat R1.2 biljoen versterk. Arnold van der Westhuizen is aanvanklik gevra om drie roetes Swartland vas te stel, maar dit het vinnig uitgebrei tot 14 volledige roetes. Volgens Van der Westhuizen is daar tans slegs 4% van die oorspronklike renosterveld in die Swartland oor, waarvan 2% in bewaringsgebiede is. “Een van die suksesse van die bewaring van die Swartland is die terugkeer van die Bloukraanvoël. Hulle is nou volop en word daagliks gesien,” het Van der Westhuizen gesê. Volgens Ryan is die swart Harrier, die suidelike swart korhaan en die Bloukraanvoël van die

spesies wat die meeste in die Swartland gesien word. Die Horus Swift is volgens hom baie skaars in die Wes-Kaap, maar daar word baie van hulle in die Riebeek-Kasteelomgewing aangetref. Ryan het die noodsaaklikheid van bewaring benadruk. “Met die draai van die eeu in 1900 was daar sowat een miljoen pikkewyne op Dasseneiland. Vandag is daar net ongeveer 3000 oor.” Volgens hom is daar sowat 960 voëlspesies in Suid-Afrika en 56 is endemies in die Swartland. Die voëlroete het ‘n webtuiste met volledige kaarte wat kloksgewys in ‘n sirkel-roete loop, beskikbaar by www.swartlandtourism.co.za/ birds en ‘n Facebook-groep by www.facebook.

com/swartlandbirdingroute. Die roete sluit dorpse soos Malmesbury, Darling, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes, Moorreesburg en Koringberg in. By Koringberg alleen is daar drie verskillende roetes wat gevolg kan word. Foto op bladsy 2. Wen boek - Ons gee vandeesweek ‘n lekker prys weg vir lesers wat ons op facebook “like”. Dit is ‘n boek vir kinders wat ons weggee in samwerking met Swartland Toerisme se nuwe Voëlroete-projek.As jy ons op facebook (die courant) like voor Dinsdag 27 November, staan jy ‘n kans om hierdie viertalige “My first book of Southern African Birds” van Sasol te wen.Ons sal die gelukkige wenner Woensdag 28 November in die courant en op die courant se facebook-blad bekend maak.

Die span: Agter is Cor Cronjé (fotograaf) en eienaar/uitgewer Johan Viljoen. In die middel is Schalk Eygelaar (grafies/fotograaf), Desiré Kriel (advertensies - Darling, Yzerfontein en die hele Weskus), Charlotte Lesch (Swartland/Bergrivier joernalis), JB Paterson (advertensiebestuurder), Karin Neethling (advertensies - Malmesbury, Moorreesburg en Piketberg) en Marietjie Nel (advertensies - Wellington, Riebeekvallei, Porterville, Paarl en die Kaapse metropool). Voor is Jane Gouws (finansies), Chrizaan Witbooi (ontvangs/geklassifiseerd) en Izélle Garcia (redakteur). Regs is Wellington joernalis, Jaomi Zeeman.

courant

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Swartland

3 Desember 2014

Bergrivier

swartland en weskus

dié

1 BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Uitgawe 300

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Die koor Maandagaand op Piketberg saam met die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille.

• BERGRIVIER-SANGERS LAAT PREMIER BEWOË

Zille sien koor af Dit is sekerlik hoe ‘n komponis sy koorwerk sal wil hoor: suiwer en bekoorlik soos die Bergrivierkoor dit doen. Premier Helen Zille het Maandagaand, op die vooraand van die koor se oorsese toer, ‘n verrassingsbesoek aan die lede gebring – te oordeel aan die trane in haar oë, was sy netso verras. “Hier, in die mooiste kerk in die Wes-Kaap, het ek vanaand aanbidding gehoor vir een God wat ons aanmekaar bind,” het sy gesê. Die koor, wat vandag vertrek, se grootste wens was om ‘n video van Zille saam te neem oorsee. Toe oortref sy hulle stoutste verwagting en daag self daar op. “Dit is ongelooflik om die samewerking oor

alle granse hier te sien. Wat ander mense in ander lande verdeel, is juis wat ons bymekaar bring. “Dankie aan wat julle vir Suid-Afrika en ook die Afrikaanse taal gaan doen,” het sy hulle voorspoed op die reis toegewens. Die koor het 62 lede onder koormeester Sherlock Fortuin, president Lucille Domburg en onderkoorleier Alison Muller. Hulle gaan eers Amerika toe en op 11 Desember vertrek hulle na België vir die tweede been van die toer. Hulle keer weer op 18 Desember terug. Burgemeester Evert Manuel het die toer as geskiedkundig beskryf en al die rolspelers be-

dank wat dit moontlik gemaak het.’ Koormeester Sherlock het ook ‘n spesiale toekenning van die stadsraad ontvang vir sy uitsonderlike bydrae aan die gemeenskap. “Ek het nog nie iemand ontmoet wat soveel talent van die Here ontvang het en dit só tot die beste gebruik nie,” het die munisipale bestuurder, advokaat Hanlie Linde, gesê. Sy is self ook deel van die koor. Daar is vertel van meer as 18 maande se harde werk om geld bymekaar te maak vir die toer. Nou is dit net vir pak, die nuwe serpe wat toerisme geskenk het om die nek sit, en dan lê die verre, vreemde voor.

dié courant vier

300 uitgawes

van goeie en opbouende nuus!

NUUS • NEWS

3 Desember 2014

dié courant vier vandeesweek 'n trotse 400 uitgawes van diens aan die Swartland, Bergrivier en deesdae ook Wellington in die Drakenstein munisipale gebied. Ná die aanvanklike begin as 'n gratis skolekoerant genaamd freegig, het dié courant in Desember 2007 sy fokus na gemeenskapskoerant verander met 'n oplaag van 10 000 koerante. Die een enkele en grootste verskil van alle ander poniegrootte gemeenskapskoerante in die Wes-Kaap is die beleid van slegs goeie, informatiewe nuus. "Hierdie was 'n groot stap om juis 'n bydrae te lewer om die gemeenskap te help bou, eerder as om op die negatiewe en afbrekende te fokus - wat in elk geval daagliks te vind is op talle platforms en in vele gesprekke." Só vertel uitgewer Johan Viljoen van hierdie rigtinggewende skuif weg van tradisionele joernalistiek. "Intussen het heelparty ander mediums ook spasies en tydgleuwe begin inruim vir goeie nuus - Ek dink maar aan radiostasies en ander publikasies." Ná freegig het die vaste personeel uit twee lede bestaan en een gedeelde skootrekenaar by

'n eetkamertafel. Vandag bestaan die span uit twaalf mense en ook kontrakteurs wat verspreiding en korrespondensiewerk doen. "Ons is hier om 'n besigheid te bedryf, ja, maar ons is eerstens hier om ons passie uit te leef," sê Viljoen. dié courant het aanvanklik maandeliks verskyn en soos die aanvraag toegeneem het, is dit tweeweekliks gepubliseer. Met toenemende aanvraag en onderhandelings met nuwe drukkers is daar in 2009 na 'n weeklikse publikasie oorgeskakel. "Sedertdien is ons deurlopend besig om die drukoplaag te verhoog in ons strewe om by elke inwoner in ons verspreidingsgebied uit te kom. "Ons het intussen gegroei van dié 10 000 koerante tot 'n totaal van 32 000 en is reeds die grootste onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap. "Van vroeg aanstaande jaar sal die oplaag verder tot 37 000 koerante groei." Die publikasie het ook 'n aktiewe sosiale media teenwoordigheid en deel ook op dié manier die goeie nuus verder as die grense van gedrukte media.

Daar is ook 'n susterspublikasie, de moZáik (Weskus-glanstydskrif), wat elke twee maande verskyn. Die jongste toevoeging tot die stal was die weeklikse Wellington-uitgawe vroeër vanjaar. Jaomi Zeeman is die joernalis verantwoordelik vir Wellington-nuus. Met 'n beraamde lesertal van meer as 100 000, staan dié courant bankvas agter sy beleid van goeie nuus. Om hierdie diens te lewer is adverteerders, wat hul produkreekse aan dié lesers bekend stel, een van die belangrikste hoekstene. "Ons dank aan elke adverteerder wat dit moontlik maak en op dié manier ook hul ondernemings verder uitbou. "Ons kom weekliks tot binne mense se huise, sonder om te vra. "Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor hulle en hul kinders om nie iets wat aanstoot kan gee, na hulle huise te neem nie. "Daarom sal ons soms noodgedwonge stories moet wegwys. "Ons beleid is wat ons uniek maak. "Dít gee dié courant sy unieke identiteit," sê Viljoen.


NUUS • NEWS

14 Desember 2016

Dagboek • Calender

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418

Goedverwacht 16-17 Desember: Kom geniet saam met die Goedverwacht gemeenskap "Jazz in the Valley" Vir verdere navrae kontak Sheena Julius by 078 316 3988

Badisa Wellington 16 Desember: Badisa Wellington hou 'n piekniek onder die sterre en steak verkope om 19:00 by Happy Toddler-sentrum in Mintoorstraat, Wellington. Kaartjies @ R95 per persoon wat die steak en slaai insluit. Neem eie stoel of kombers saam. Kontak : 021 873 4274 vir enige verdere navrae

Yzerfontein Sport and Recreation Club 16-17 December: Come and join us for a Snoek Classic Contact Theuns Kruger for any enquiries at 083 306 5510 Weskus Padstal 20 Desember: Kom geniet die gasvryheid van die Weskus mense met hulle "Sunset" Kersmark wat begin om 15:00 tot 21:00

Yzerfontein Tourism Crayfish season offically re-opened in Yzerfontein. 10-11; 16-18; 24-27 and 31 December and 1-2; 7-8; 14-15 January 2017 as well as 15-17 April. Apply for your permit at a local Post Office

Flying Eagles 23 Desember: Kom wees deel van die Flying Eagles se jaareindfunksie en prysuitdeling by die Ilingelethu Saal. Kostes is R60 per persoon en begin om 17:00 tot laat. Vir enige verdere navrae kontak mnr A Huyster by 073 711 6099 Cricket Derby 26 December: Annual cricket derby between Riebeek Kasteel en West at RPC ground in Riebeek Wes. Contact Kyle Ovens for West at 084 688 1024 or David Wickham for Kasteel at 082 898 9663

Refentse 16 Desember: Refentse by die NG Kerksaal in Yzerfontein. Vertoning begin om 19:00. Kostes beloop R125 vir volwassenes en kinders R65. Besoek www.quicket.co.za VI-A-Side Tournament 16 December: Come and enjoy VI-A-Side Tournament at the Dieprivier Sportgrounds, Free entry and the action starts at 9:00 strictly. R800 per entry fee per team Contact Gregory Claassen at 060 319 0376 for info. Dit en Dat Mark 16 Desember: Kom geniet die Dit en Dat Mark by die Yzerfontein Gemeenskapsaal. Mark begin om 09:00 tot 15:00 Vir navrae kontak : Rinda van Rooyen by 084 511 5434

Yzerfontein Sport and Recreation Club 28 December: Come and join us for a Potjiekos Competition. Entry fee is R100 a pot. Every pot entry will receive a bottle of Darling Cellers red and white wine. Contact Karin for any enquiries at 022 451 2819 Adagio 18 Desember: Die immergewilde Adagio hou hul kerskonsert by VGK Wellington-Bergrivier gemeente om 18:00. Die koste beloop R30 per persoon Navrae skakel Emmie Pieters by 083 472 4975

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690

NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.

NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.

Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

7


8

courant

NUUS • NEWS

dié

14 Desember 2016

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

14 Desember 2016

•RANDALL MODIBA GISTER AS BREIER VAN BOLAND AANGEKONDIG

Nuwe afrigter vir Kavaliers

Randal Modiba is gister op ‘n perskonferensie as die nuwe afrigter van die Boland Kavaliers aangekondig.

Die Boland Rugby Unie het op Dinsdag 13 Desember die aanstelling van hul nuwe afrigter bekendgemaak. Randall Modiba is tydens ‘n perskonferensie by Boland Stadion as die nuwe afrigter van die provinsie se professionele senior span aangekondig. Modiba is vir ‘n 2-jaar termyn as die hoofafrigter van die Kavaliers aangewys. Sy kontrak sal van 1 Januarie 2017 tot 31 Desember 2018 strek. Sy aanstelling volg op die bedanking van die vorige hoofafrigter, Brent Janse van Rensburg. Modiba het reeds gedurende die 2016 Currie Cup seisoen as die span se verdedigingsafrigter (Currie Cup kwalifiserende wedstryde) en aanvallende/ agterlyn afrigter (Currie Cup Premier Afdeling) opgetree. Hy is ook reeds vir die afgelope 15 jaar by die Boland Rugby Unie se bedrywighede betrokke. “Ek het reeds op ‘n baie jong ouderdom my spelersloopbaan opgeoffer om by klubrugby en die strukture en afrigting in die provinsie betrokke te raak,” het hy gesê. Hy het groot welslae met sy betrokkenheid by verskillende spanne behaal. Behalwe dat hy vir die afgelope twee seisoene deel van die Kavaliers se afrigtingspersoneel was, was hy ook die hoofafrigter van verskeie suksesvolle junior Boland rugbyspanne. Modiba het o.a. die Boland o/19 spanne in 2009 en 2014 afgerig – beide seisoene waarin hierdie spanne as die kampioene in die Currie Cup se o/19-afdeling aangewys is. Randall Modiba sal deur die voormalige Boland Kavaliers kaptein,

Henley du Plessis, as hulpafrigter bygestaan word (voorspeler-afrigter). Jacques du Toit sal as biokinetikus vir die span se krag- en fiksheidskondisionering verantwoordelik wees en Dunia Mouneimne sal as fisioterapeut optree. Die span het alreeds in November met hul voor-seisoenale voorbereiding begin. “Ons is trots om die aanstelling van Randall Modiba as hoofafrigter van die Boland Kavaliers aan te kondig,” het mnr. Ivan Pekeur, president van die Boland Rugby Unie gesê. “Hy is ‘n jong afrigter wat deur die jare deur al die Boland Rugby Unie se strukture gevorder het,” het hy bygevoeg. “Modiba is ‘n man wat die Unie baie goed ken en uitstekende tegniese vermoëns het. "Hy is meer as bekwaam genoeg om hierdie werk te doen.” Volgens Modiba voel hy nederig en dankbaar oor sy aanstelling en die geleentheid wat die Unie hom hiermee bied. “My primêre doel sal wees om Boland Rugby na hoër hoogtes te neem. Dit beteken dat my werk nie net by die Kavaliers sal ophou nie, maar dat ek ook sal moet verseker dat ons werk aan die ontwikkeling en identifisering van alle talent binne die Boland Rugby Unie se klubstrukture,” het Modiba oor sy aanstelling gesê. “Ek is ‘n ewige student van die spel. ‘n Mens moet kan kreatief wees en kan verander en aanpas. "Dit is wat ek in my termyn sal probeer toepas,” het hy afgesluit.

Min plekke oor in sewes-toernooi Die 10de OK Minimark Castle 7’s-toer is om die draai en plekke is min. ‘n Makro getal van 36 klubs sal weer vanjaar aan dié toernooi deelneem vanaf Vrydag 27 tot Saterdag 28 Januarie 2017 op die Wesbank Sportgronde op Malmesbury. Dit sal die 10de jaar wees wat hierdie toernooi plaasvind en daar gaan ook na afloop ‘n OK MiniMark ‘dream team’ saamgestel word. Daar word ook hard agter die skerms gewerk,

sodat toeskouers met groot pryse kan wegloop gedurende die toernooi. Daar is slegs vier plekke oop in die premierkompetisie van 2017, waar die volgende klubs sal deelneem: Wesbank, Never Despair, Hamlets, H/Hearts, ST Georges, Worcester Villagers, Moorreesburg, Ceres, St Helenabaai, Newtons, Tulbagh, Grabouw, Elsiesrivier United, Notherns, Hillcrest United, Wistling Wheels en Young Peoples.

Indien daar nog klubs is wat wil deelneem, kan Eduann Howburg kontak word by 083 458 9313 of ehowburg@capetown.gov.za Die Swartland-uitdaag groei ook jaarliks en daar sal volgende jaar R5000 op die spel geplaas word vir die deelnemers en presteerders van kompetisie. Die wenners van die Vrydagaand se verskillende afdelings, sal die Saterdag meeding in die semi- en finale rondes.

Klubs in hierdie afdeling betaal geen inskrywing nie en deelname is gratis. Die volgende spanne sal mekaar die stryd aansê: Wesbank (Renegades); Koringberg; Dassenberg (Young Eagles); Flying Eagles; Korrektiewe Dienste; Nexius Riebeek-Wes; Y/lions Calvinia; Riebeek United; Windmeul United en Goedverwacht. Klubs kan Howburg kontak indien hulle nog wil inskryf vir die Swartland Uitdaag-kompetisie


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Dié courant wellington 400 by DieCourant - Issuu