Dié courant swartland en bergrivier 400

Page 1

c urant

dié

1 Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

14 Desember 2016

58.8%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 400

14 Desember 2016

•WATER, BRANDWEER STEEDS 'N UITDAGING

Bejaardes goud werd vir Cleophas Hy is die eerste burgemeester wat dié distriksmunisipaliteit vir ‘n volle ononderbroke termyn sedert 1995 dien. Dit is nou ‘n 100 dae nadat raadsheer Herold Cleophas vir ‘n tweede termyn as uitvoerende burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit ingehuldig is. Cleophas is in 2011 deur die party as die nuwe uitvoerende burgemeester van die WKDM verkies. Daardie eerste dag het vir hom gevoel soos die eerste dag van sy skoolloopbaan. Volgens hom het die afgelope paar jaar as ‘n geweldige goeie leerskool gedien. “Ek sal jok as ek sê dat ek nie baie gegroei het nie.” Hy is in 2006 as raadslid verkies en was selfs voor 1994 by plaaslike regering betrokke. Om ‘n burgemeester te wees, bring egter sy eie verantwoordelikhede en uitdagings waarvan hy moes leer en bewus raak. Van die uitdagings wat hy vanaf dag een in die gesig staar, is brandweerdienste. Sy grootste vrees is om eendag ‘n oproep te ontvang en te hoor ‘n ouetehuis of ‘n skool is op Malmesbury of op ‘n dorp in een van die ses B-munisipaliteite binne die distriksmunisipaliteit in ligte laaie. “Die distriksmunisipaliteit is volgens wetgewing verantwoordelik vir veld- en bosbrande binne ‘n area van 32 000m². B-munisipaliteite is weer op hul beurt vir hul eie struktuurbrande verantwoordelik. “Die probleem is dat die munisipaliteite nie altyd volwaardige brandweerstasies het nie.” Volgens hom is die kostes daaraan verbonde astronomies hoog. Dit is dan wanneer distriksmunisipaliteite intree om ander munisipaliteite se funksies te vervul en nie noodwendig betyds gaan wees om die brand vinnig genoeg te blus of die inwoners in die brandende struktuur te red nie. Daar is tans 66 permanente lede in die brandweerdienste en 35 operasionele voertuie. “Ons moet so versigtig wees, want daar is wetgewing wat sekere vereistes stel, wat finansieel nie moontlik is nie.” Hy sê dat jy geen geld op ‘n mens se lewe kan plaas nie.

“Party munisipaliteite is net nie in staat om dit finansieel te kan vestig nie. Dit bly een van ons grootste frustrasies.” Een van die ander uitdagings is water. Die distriksmunisipaliteit voorsien water aan drie munisipaliteite. Die voorsiening van water vir die volgende 40 jaar moet konstant ingedagte gehou word. Hy het baie hoogtepunte in sy ampstyd beleef. Die Goue Spele vir die bejaardes wat elke jaar op Moorreesburg gehou word, is een van die gebeure waarna Cleophas uitsien. “Om hul glimlagte te sien en te sien hoe gelukkig hulle is om uit hul daaglikse omgewing te kom, is beslis ‘n hoogtepunt vir my.” Die laaste spele wat deur die provinsiale regering finansier is, het in 2011, slegs twee weke nadat Cleophas aan boord gekom het, plaasge-

vind. Hy het by daardie jaar se spele ‘n belofte aan die deelnemers gemaak dat dit nie die laaste keer sal wees nie. Die spele is vanjaar vir die vyfde keer deur die WKDM aangebied. Ander gemeenskapsprojekte wat Cleophas na aan die hart lê, is die jaarlikse kersgeskenke aan kankerlyers en die Rieldansers van Wuppertal. Die WKDM het vanjaar ‘n sesde skoon oudit ontvang. Volgens Cleophas, speel spanwerk ‘n groot rol in die sukses van ‘n skoon oudit. Hy glo ook daarin om baie ruimte vir elke rolspeler en werknemer te gee om sy werk te doen. Hy sê verder ‘n goeie verstandhouding met amptenare, asook 'n goeie, bekwame en opgewasse bestuurspan en personeel, het bygedra tot die sukses. “Hulle voer die belange van die munispaliteit uit tot die beste van hul vermoë. Hulle gaan op dieselfde wyse voort, want jy weet nooit waarop jy die volgende jaar ge-oudit kan word nie", verduidelik hy. “Jy moet so versigtig wees dat jy nie uit die lyn trap nie. Klein goedjies kan maak dat jy die skoon oudit verloor.” Vir Cleophas is ‘n skoon oudit belangrik. Hy sê egter ‘n skoon administrasie is nog belangriker. Cleophas is nie 'n leier wat ploeg met sy eie kalwers nie. “Daarom voel ek nie ek wil dit uitbasuin nie. "Ek roem nie op ‘n skoon oudit nie. Solank ek weet ek het ‘n skoon administrasie en dat ons prioriteite agtermekaar is.” Hy het die WKDM se bestuurslui, die munisipale bestuurder en sy direkteure bedank vir hul harde werk. Hy besef 'n skoon oudit kring uit tot die man wat die graaf steek en bedank elke werknemer en amptenaar wat tot die skoon oudit bygedra het. Cleophas en die raad se fokus vir die volgende termyn, is om die “social fabric” van die omgewing te herstel. Sy filosofie in die lewe is om waarde tot mense se lewens toe te voeg. “Ek deel my kennis met die raad en bou aan hulle kennis. Die bus kan my more omry, dan moet daar iemand oorneem wat die distrik polities kan bestuur.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.