c urant
Gratis • Free
Bergrivier
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
62.9%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
30 November 2016
Uitgawe 398
Tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Skool is uit:
Die matrikulante van die Hoërskool Piketberg het Maandag hul laaste eksamenvraestel van hul skoolloopbane voltooi. Hierdie groep het eers hul skoolskoene aan behoeftiges geskenk, waarna hulle pens en pootjies binne die swembad gespring het. Foto: Alta Nelson
•MOSAÏEKHUIS OP PORTERVILLE OOPGESTEL
Blokkies lok talle
Dit is vir Christelle Griffiths van Porterville lank al nie meer vreemd om haar huis op Porterville vir nuuskierige toeriste oop te maak nie. Hul huis van 30 jaar wat aan die buitekant van hoek tot kant vol mosaïek versier is, kan nie anders as om verbygangers se nuuskierige sy te prikkel nie. Dit is egter die eerste keer wat ‘n kunsuitstalling in haar tropiese groen tuin aangebied is waartydens nuuskierige agies die geleentheid kon kry om ‘n toer deur haar en haar man se huis te neem. En dít boonop met ‘n toergids. Griffiths het nou nog hoendervleis oor die afgelope naweek se Kuns in die Tuin Ekspo. “Ons het oor die 200 voete gehad. Daar is tot besoekers wat vir ‘n derde keer teruggekom het. Sy het slegs ‘n R10 ingangsfooi betaal sodat sy die mense kon betaal wat vir haar werk. Daar is byna nie ‘n muur wat nie met mosaiek-kuns versier is nie, behalwe vir haar een dogter se kamer wat verbode is. “Sy wil graag in een vertrek saligheid hê wanneer sy terug kom huis toe. Dit is vir haar klaar genoeg om in die res van die huis in blokkies van te kyk.” Die gogga vir mosaïek het gebyt toe een van haar dogters in std. 8 (Gr. 10) was. “Ek het klippe gevat en ons twee het die televisiekamer se een muur daarmee begin versier vir ‘n bietjie ma en dogter-tyd.” Vandaar was die koeël deur die kerk. Griffiths hou nie daarvan om ingeperk te word wanneer dit by kuns kom nie. Sy kan nog verf op ‘n kleiner skilderdoek. Maar ‘n muur of groot spasies is haar kos wanneer dit by kuns kom. Sy het nog altyd kratte gebreekte teëls bekom en gebruik nie sommer die klein en fyner teëltjies nie. Daar is nie eintlik meer plek vir ‘n gebreekte stuk teel nie. Nou mosaïek sy maar haar man se
broeke, skerts sy. Van die dorpsmense het haar dalk vreemd aangekyk dat sy haar huis vir die publiek oopstel, maar sou vandag spyt wees indien hulle nie ‘n toer geneem het nie, vertel sy. Die kunsuitstalling het bestaan uit haar en twee van haar vriendinne se kunswerke. “Ons werk is veelsydig en het goed gewerk. Griffiths bieg sy kon nie eens ‘n stokmannetjie teken nie. “Maar ek het ‘n honger in my gehad en net aangehou en aangehou.” Die kunsuitstalling kom nádat sy ‘n paar
galerye met haar eie kunswerke genader het wat nie in hulle smaak voldoen het nie. Kunstenaars André du Toit en JP Meyer wat agter haar bly, het die idee vorendag gebring om die kunsuitstalling huis toe te bring. Die uistalling is in haar pragtige tuin gehou wat tropies is en nie “lipstick” dra nie. Dit het almal se verwagtinge oortref. So veel so dat sy dit elke ses maande of een keer per jaar oorweeg. “Al kritiek wat ons ontvang het, is dat daar nie worsrolletjies vir die kinders was nie,” voeg sy laggend by.
NUUS • NEWS
30 November 2016