Skip to main content

Dié courant 28 januarie 2015 (305)

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

NUUS • NEWS

28 Januarie 2015

Swartland

dié

1

28 Januarie 2015

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

tel: 022 487 3221

Uitgawe 304

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Heldedaad vir Swartlander bl 3

Voet in die hoek met Toyota bl 8

Aksie-rugby in 7's beloof bl 12

Uithou: Die

Swartland Uithouklub se eerste gesamentlike byeenkoms vir ruiters, drawwers en fietsryers was 'n groot sukses. Die perde, wat 'n roete van 60km voltooi het, het Saterdagoggend reeds 05:00 weggespring van Môreson af, waar die rit begin en geëindig het. Hier is twee lede van die Swartland klub, Karin van der Merwe (965) op Koda en Radie Heyns (4189) op Tamara Amira. Nog foto's op bladsy 6.

• MIGHTY MEN-KONFERENSIE IN SEPTEMBER GEHOU

Môreson hou MMC Die bestuur van MMC is intussen druk besig om mans regoor die Wes-Kaap byeen te kry om die konferensie en masse by te woon. Die aanbidding sal deur Dewald Gouws gelei word en daar word sowat 20 000 mans verwag. MMC se Karoo-konferensie is alombekend en die twee kampe, Karoo en Wes-Kaap, ondersteun mekaar ten volle. "Wanneer daar na die lugfoto van die plaas gekyk word, is 'n groot skuur sigbaar. Dit het afslaan-mure reg rondom en sal 'n tabernakel verteenwoordig. Aan die regterkant is 'n verhoog.

Dit sal die heiligste van heiliges wees. Daar is vier watergragte rondom die binne-sirkel, wat sal dien as die heilige lof- en aanbiddingsarea. Om die binne-sirkel te kan bereik, sal die mans oor een van vier brûe moet beweeg," verduidelik Ina Murison-McGowan, bemarkingsbestuurder van die MMC Wes-Kaap. Die kampterrein sal ook in vier areas opgedeel word soos die weermagte van Israel rondom die tabernakel gekamp het. Vir meer inligting, gaan "like" hul Facebookblad.

BULK Stewing Beef

AMAZING VALUE! Scotch Fillet

65

.99 p/kg

37.99 p/kg

4kg Chicken Freezer Bag

109.00 per bag

VALUE COMBO Bangers Combo 400g Pork Bangers, 400g Beef Bangers

30.00

per combo

1.5kg French Polony, 500g Garlic Polony & 800g Cooked Salami

50.00

per combo

Prices valid at Brito’s stores from Wednesday 28 January until Saturday 31 January 2015. Prices exclude Brito’s Phillipi. While Stocks Last. E&OE Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

Een van die land se grootste byeenkomste vir mans is op pad Malmesbury toe. Die Mighty Men-konferensie, breinkind van Angus Buchan, sal van 25 tot 27 September op die plaas Môreson aangebied word. Die tweede jaarlikse Kyknet Buite-ekspo word ook hier aangebied. Die konferensie vind plaas oor 'n langnaweek en sodoende kan mans vanaf die 24ste bywoon en die Maandag, wat 'n openbare vakansiedag is, huiswaarts keer. Die tema vanjaar is, "Los die verlede agter en draai terug na God en gehoorsaam die wet".


NUUS • NEWS

2

28 Januarie 2015

• PLANNE MET OU HOSPITAALHUIS KOM

Huis moontlik deel van opgradering Die ou huis op die gronde van die Malmesburyhospitaal se perseel is skoon gemaak, maar die gebou se toekoms is nog nie vasgestel nie. “Voordat daar besluit kan word oor die gebou se toekoms, moet daar goed gekyk word na hoe die Departement van Gesondheid se langtermyn-beplanning die toekoms van Malmesbury-hospitaal kan beïnvloed.” Só het Al-Ameen Kafaar, hoof kommunikasie van die Departement Vervoer en Openbare Werke, aan dié courant gesê. Volgens die departement se beplanning moet die Swartland-hospitaal in die toekoms vervang of opgeknap word. “Op die oomblik is daar nie ‘n alternatiewe perseel vir ‘n nuwe hospitaal op Malmesbury nie. "Tot daar ‘n finale besluit geneem is oor ‘n

perseel, sal dit voortydig wees om van die huis ontslae te raak.” Die huis was voorheen onder kuratorskap van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid. Kafaar sê Gesondheid het dié reg opgesê en die eiendom het toe teruggeval na Vervoer en Openbare werke. Dié departement het verskeie moontlikhede oorweeg, soos om dit in kantoorruimte te omskep. Weens begrotingsredes is dit egter nie moontlik nie. Nog ‘n moontlikheid is dat dit gebruik kan word vir ander departemente wat kantoorruimte in die omgewing nodig het. Hulle het ook daarna gekyk om die eiendom onder te verdeel en in die mark sit. Die besluit is vir eers op die lange baan geplaas.

Piketberg:

Die graad 1-leerders van Hoërskool Piketberg is opgewonde oor die nuwe jaar saam met juffrou Suné Rheeder. Jorunda Jordaan, our new Grade 1 teaFoto: Marieta Goosen cher and her grade 1 class for 2015 at the Darling College.

Darling College:


NUUS • NEWS

3

28 Januarie 2015

• LOOCK GRYP IN

Kontak 022 487 3221 met enige nuus.

Heldedaad vir jong Swartlander 'n Lang sny oor sy ken wat ure later netjies deur 'n plastiese sjirurg geheg is, is en sal lewenslank die blywende getuienis wees van 'n jong man van die Swartland se selfvergetende heldedaad die afgelope vakansie. “Ons het weer, soos elkeen van die afgelope 17 of wat jaar, by dieselfde karavaanpark vakansie gehou,” vertel die 21-jarige Emile Loock van Malmesbury van daardie nag in Desember toe hy sy eie lewe gewaag het om 'n 20-jarige Bolandse vriendin Lara* van haar gewapende aanvaller – reeds half geklee – weg te sleep. Loock is stil en beskeie oor sy heldedaad en sê die adrenalien het 'n groot rol gespeel. “Maar ek sal dit weer doen, want ek kon nie net toekyk dat sy aangerand en misbruik word nie.” Drie gewapende rowers het net buite die kampterrein gedreig om hul en nog 'n vriend Pieter* (19) uit die Kaap se noordelike stadsgebiede, dood te skiet as hulle nie hul klere uittrek en bevele gehoorsaam nie. Al drie slagoffers hou elke jaar saam met hul gesinne vakansie op Onrusrivier. Die twee mans het in die vroeë oggendure saam met Lara na haar huis 'n paar honderd meter van die kampterrein gestap toe die rowers hulle naby Davie se Poel aangeval het. Eers is almal beveel om hul broeke uit te trek en op die grond te gaan lê, waarna Lara eenkant toe geneem is. Een van die mans het op haar gaan sit. “Dit was donker en ons kon baie moeilik sien. Nadat hulle ons geslaan en een van die Afrikaanssprekende mans ons klere en selfone gevat het, het hy gesê ek en Pieter moet opstaan en ver wegloop. Ek het gelukkig my beursie met my salaris eers ongemerk onder Pieter ingedruk en toe weer langs my sy in my onderbroek gedruk,” vertel dié oudleerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury. Loock sê hy het by die aanvallers gepleit: “Ons sal alles doen wat julle sê, moet Lara net nie seermaak nie.” Skraps geklee het hulle tot by die rotse gestap waar hy sy beursie onder 'n rots kon ver-

steek. Twee van die aanvallers was toe reeds 'n ent weg met hul selfone, maar Loock kon in die donker uitmaak die ander gewapende man is met Lara doenig. “Ek kon dit nie toelaat nie en het gehardloop om haar te gaan help. Ek het haar gegryp en van die aanvaller, toe ook al sonder sy broek agter haar, weggeruk. Die aanvaller het my met die handwapen baie hard oor my ken geslaan.” Loock sê die adrenalien het gepomp en hy het nie besef hoe diep die wond was nie. “Ek moes Lara nog 'n ent sleep en haar beveel om na my ouers se karavaan binne die kampterrein te hardloop.” Die aanvaller het toe koers gekies na sy trawante en dié derdejaar-grafiese ontwerpstudent uit die Swartland is met die gapende wond aan sy ken saam met Pieter ook terug na hul karavaan. Daar het Loock se ma, Ilse, eers vir die slagoffers suikerwater gegee en toe die nooddienste laat kom, voor sy 'n drukverband om haar seun se kop gedraai het. Die dokter by die private hospitaal op Hermanus het hul na die plastieseeenheid op Somerset-Wes verwys, waar die wond en die senuwee wat afgeslaan is, later daardie oggend geheg is. Die drie vriende het oudergewoonte die aand 'n tuk-tuk-taxi gehaal voor die kampterrein se hoofhek om op Hermanus te gaan kuier en het weer daar afgeklim. “Ons doen dit altyd juis vir veiligheid, sodat nie een van ons hoef te bestuur nie. “Net om tuis te kom by die kamp en daar aangeval te word.” Loock sê dit is belangrik dat jongmense vandag op hul pasoppens moet wees, selfs op plekke waar hul dit nie verwag nie, op hul pasoppens moet wees. 'n Paar dae later is drie verdagte mans in hegtenis geneem, maar omdat dit die nag so donker was, kon die slagoffers hul nie met sekerheid uitken nie. *Lara en Pieter is skuilname vir die ander twee slagoffers.

Brokkies uit die raad Council snippets Plaaslike verkiesings in 2016: • Swartland Munisipaliteit sal weer eens vir 23 raadslidsetels (dit is 12 wyke en 11 proporsionele setels) in die plaaslike verkiesings in 2016 kwalifiseer, ten spyte van die feit dat die getal geregistreerde kiesers volgens die Maart 2014-kiesersrol merkbaar vermeerder. Die Munisipale Demarkasie Raad het begin met die wykafbakeningsproses en is nou besig om die eerste stel kaarte vir die twaalf Swartland-wyke op te stel, gevolg deur ’n proses van deelname van die publiek in 2015. Slegs geringe veranderinge aan ’n paar wyke word op hierdie stadium verwag. • New library for Abbotsdale: Recently the Municipality has been informed that the Provin-

cial Government (Library Services) will make an amount of R5 million available over two years for a new library in Abbotsdale. This library must be completed by 30 June 2017 at the latest. Bearing this town’s 2011 population numbers (13 018)in mind, a building of about 500m² will be erected. Three potential sites, situated within the new housing project,have already been identified. • Kliëntediens-meningspeiling: Die resultate van die kliëntediens-meningspeiling wat onlangs gedoen is om Swartlanders se menings oor munisipale dienslewering in die Swartland in te win, sal binnekort klaar geanaliseer wees en op die munisipale webwerf beskikbaar gestel word.

Emile Loock, met die letsel op sy ken.

Laerskool Dirkie Uys Moorreesburg

GHOLFDAG 4 BBB Span inskrywing @ R1200

Laerskool Dirkie Uys se jaarlikse gholfdag word op Vrydag, 17 April 2015, in Moorreesburg aangebied. PRYSE EN ‘N HEERLIKE ETE VIR ALLE SPANNE! Skryf ‘n span in en kom geniet die dag saam met ons. As uself nie wil speel nie, maar net wil betrokke wees by die dag kan u pryse skenk, kontant donasies maak of ‘n span, setperk of bof borg. Borge is meer as welkom om hul bemarkingsmateriaal op die dag te vertoon. Laerskool Dirkie Uys is hoogs afhanklik van u bydrae en deelname en sal dit baie waardeer indien u sal inskryf. Kostes vir borgskappe: Span

@ R1200.00

Setperk @ R500.00 (putjie 1-8) @ R1000.00 (putjie 9) Bof

(Maksimum voorgee 18)

@ R500.00 (bowwe 2-9) @ R1000.00 (Bof 1)

Alle bydraes welkom.

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak of vir die nodige inskrywingsvorms skakel gerus vir Eduan Meyer. Tel: 022 433 1082 Sel: 083 400 1986 KOM GENIET DIE DAG SAAM MET LAERSKOOL DIRKIE UYS!


NUUS • NEWS

courant

28 Januarie 2015

dié

4

Vereer dié wat dit werklik verdien

Ons almal is sekerlik bewus van die misdaad-statistiek van ons land. Hoe dan anders? Almal loop en klou aan handsakke vas, gryp jou selfoon as jy dit per ongeluk langs jou neersit en iemand kom nadergestap. Niemand vertrou meer sy medemens nie. Nog minder wil ons betrokke raak by 'n oortreding of 'n misdaad. Kyk liewer ander pad, dan hoef jy nie te getuig en deel van die sisteem te word nie. So maklik om 'n blinde oog te gooi. Dit is juis hierom dat dit 'n riem onder die hart is om te weet van 'n jong Swartlander wat sy eie lewe gewaag het vir die welstand van 'n vriendin. 'n Jongman wat die verantwoordelike ding gedoen het en 'n taxi geneem het ná 'n aandjie uit saam met vriende. Net om in 'n gemors te beland. Hy het sy eie welstand tweede geplaas. Hy het besluit om daadwerklik iets te doen vir sy medemens. Sonder om twee keer te dink het hy die aandag op homself gevestig en haar 'n uitkomkans gegee. Sulke mense behoort vereer te word. 'n Blykie van waardering vir inwoners wat 'n heldedaad gepleeg het. In oorsese lande word 'n stadsleutel oorhandig, 'n sertifikaat, 'n sleutel. Iets om dankie te sê en 'n groot hoeveelheid "ons is trots op jou". Is dit nie dalk 'n stap in die regte rigting nie? Om weldoeners te vereer en hulde te bring aan hulle. Dit wat hulle gedoen het vir 'n ander, is baie meer werd as 'n dankie, en tog is ons so traag om dit te gee. Een woordjie. Maklik. DANKIE! Dit is so klein, maar beteken so baie! Ek salueer jou, weldoener!

Swartland: Die volgende algemene praktisyns is nuut by Swartland-hospitaal, Malmesbury): dr Marné Vosloo, dr Nadine Conradie, dr Joshua Brownbridge, dr Nerushka Naidoo en dr Marian Wessels. Afwesig: dr Kimberley Derby-Lewis.

Bergrivier: dr Nicol Faasen, algemene prakti-syn by die LAPA Munnik-hospitaal, Porterville; dr Mandie Barkhuizen, algemene praktisyn by LAPA Munnik; Tamzin Vermeulen, fisioterapeut in Bergrivier Sub-Distrik; dr Luigi Campbell, tandarts by LAPA Munnik; Adrianne Rodgers, diagnostiese radiograaf by Radie Kotzé-hospitaal, Piketberg en Alycia Ockhuis, apteker, Piketberg CHC.

Nuwe personeel in Weskus subdistrik verwelkom ‘n Groep van 31 nuwe personeellede het hulle vanjaar in die Weskus by die Wes-Kaapse Regering Gesondheid aangesluit om hul gemeenskapsdiensjaar te verrig. Die departement sê gemeenskapsdienspersoneel beteken baie vir plaaslike gemeenskappe, aangesien dit die personeelgetalle by fasiliteite aanvul met opgeleide personeel en só dienste verbeter en bespoedig. “Die gemeenskapsdienswerkers baat self ook by die diensjaar met waardevolle werkservaring wat hulle opdoen en hul verder voorberei vir hul beroepslewe.” Vanjaar se groep wat die Weskus dien, sluit in algmene

praktisyns, tandartse, arbeids-, spraak- en fisioterapeute, asook aptekers en radiografiste. Die Weskus Distrikskantoor het hulle alle sterkte toegewens met die jaar wat voorlê. Hulle hoop dat die nuwe toevoegings ‘n positiewe verskil in die distrik se gesondheidsdienste kan maak. Die nuwelinge sal hulle in die onderskeie sub-distrikte vestig: Bergrivier, Cederberg, Swartland, Matzikama en Saldanha. Die meeste van hulle het reeds op 1 Januarie diens aanvaar.

Frans: ‘n Franse filmspan het onlangs

‘n advertensie vir Kipsta, 'n Franse sportproduk, op Kalbaskraal geskiet. Hier is (van links) Chan Lee van Suid-Korea, Reyn du Preez (Port Elizabeth), Vincent Ntunja (Kaapstad) en Que Brandon (VSA). Foto: Abraham Kotella

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Vertrou op die Here

In Psalm 115 lees ons van mense wat op afgode vertrou. Daar word gesê dat dié wat op hulle vertrou net soos hulle sal word. Stomme afgode het oë maar sien nie daarmee nie, ore het hulle maar hulle kan nie hoor nie, en so meer. As ons wegdraai van God word ons soos die afgode, ons hoor nie meer Sy stem nie, ons sien maar verstaan nie. Jesaja beskryf hierdie situasie in hoofstuk 6, en dit word herhaal deur Mattheus en Lukas in Handelinge. Dat die hart van God se volk stomp geword het: met die ore het hulle beswaarlik gehoor en hulle ore het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor, en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. Dan sê die psalmis dat Israel se vertroue is op die Here, Hy is hulle hulp en hulle skild. Dan sluit die skrywer van die psalm ons in as hy sê: “Hy sal diegene seën wat die Here vrees, die kleintjies saam met die grotes”. Kom laat ons die Here bid dat Hy ons vertand open om die Skrifte te verstaan, soos Hy met die dissipels gedoen het, dat ons Sy wysheid deelagtig mag word.

Ooievaars:

As ooievaars inderdaad 'n teken is van babas, kan die Swartland 'n redelike klompie nuwe babas verwag... te oordeel aan die meer as honderd ooievaars wat die laaste paar weke in die Swartland kuier. Dié voëls (Ciconia ciconia), sê Fiona Hellmann van Riebeek-Kasteel, broei nie in Suid-Afrika nie en trek agter die kos aan. "Dit beteken hier is nou vir hulle baie kos." Hulle is karnivore en vreet klein insekte en ander klein diertjies.Met 'n rooi bek en rooi bene vertoon die bene tóg wit omdat hulle daarop mis om dit koeler te hou. Dié swerm is verlede week net buite Malmesbury langs die Riebeeksrivier opgemerk.

Safari: Die Wingerdstudiegroep van die

Malmesbury Landbouvereniging se jaarlikse Wingerd Safari is Saterdag op die plaas Weldie aangebied. Daar was 25 voertuie wat die roete aangepak het. Families en vriende het sake teen mekaar uitgespook en die span van Fairview (Hennie en Wilma Rossouw) het aan die einde van die dag met die louere weggestap as die span met die meeste korrekte antwoorde. Foto's: Arendi Willers

Regs: Graham Willers oorhandig die pryse aan Lize Louw, Christie Fourie, Hennie en Wilma Rossouw. Hulle het ook die dag gewen met 75 punte.


NUUS • NEWS

5

28 Januarie 2015

Wêreld fokus op kanker

Selected products on this page have been styled for photography

SAVE R14

49

95

E R O M Woensdag is Wêreld Kankerdag en die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) benadruk dat kanker nie buite beheer is nie en dat die impak van die siekte verminder kan word. Die slagspreuk, “Nie Bo Ons Vermoë”, verwys daarna dat in terme van die globale kanker beheer, die verminderdering van die impak van kanker wêreldwyd “ Nie bo ons Vermoë” is nie. Die globale kanker-epidemie is groot en volgens vooruitskouings, met ongeveer 80% teen 2030 sal verhoog. Tans sterf 8.2 milljoen mense wêreldwyd elke jaar – in Suid-Afrika word meer as 100 000 jaarliks met kanker gediagnoseer. Hierdie dag dra daartoe by om die bewusmaking van ‘n positiewe boodskap rakende kankersorg en vroeë opsporing te versprei. Die embleem van Internasionale Kankerdag 2015 (bo) beeld lewenskwaliteit uit: Die son dien as simbool van lewe, positiwiteit en die bemagtiging wat almal moet ervaar wat kanker-keuses moet maak. ‘n Besef dat kanker ons fisiese, emosionele, verstandelike, geestelike en dus algehele gesondheid raak. Die skuif van die son na die maan illustreer tyd en die talle lewens-oorgange. Die dotjies reflekteer die versorgers op wie kanker-oorwinnaars staatmaak en dat diegene wat die versorging doen, ook fisiese opofferings maak.

Per kg

SAVE R5

56

R

PnP Fresh Chicken Breast Fillets 4s or 18s

FRESH

Bulk Country Classic Boerewors Per kg

Fresh Fruit

Deli

BUY 3 FOR

R

20

Bakery

PnP Mangoes

6

90

15

90

PnP Sandwich Ham Per 100g

1 6 59 90

SAVE R5

15

90

Spesiale tye van gebed

Nescafé Classic 200g Dawn Jar

80

SAVE R1

13

90

All Gold Tomato Sauce 700ml

40

B Blue Ribbon White Toaster W B Bread 700g

SAVE 2.20

17

70

SAVE R7

PnP Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

SAVE 4.70

18

70

39

S kk Spekko Parboiled Long Grain Rice 2kg

PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre

SAVE R46

49

90

Ariel Auto Washing Powder 3kg, Power Capsules 21s or Washing Liquid 2.25 Litre Each

flinke en vinnige optrede ‘n 43-jarige vrou op Koringberg aangekeer vir die besit van vier pakke dagga. Die polisie het 'n klagte van Koringberg ontvang en ondersoek ingestel. Met hul aankoms is aan konstabel Glenville van der Merwe, konstabel Denville Grobbler en konstabel Melvin Rosenberg gesê dat ‘n vrou met ‘n rugsak wat vermoedelik dagga bevat het, gesien is. Hulle het die vrou op die treinspoor betrap met die vier pakke dagga.

25

80

90

Mama’s Frozen Pies Assorted 6s Per Pack

Flink: Moorreesburg SAPD het met hul

Coca-Cola Regular 2 Litre

9

Rama Original Margarine 500g Brick

Die AGS Corpus Chrsti op Malmesbury het Vrydagaand tussen 20:00 en 21:00 'n spesiale tyd van gebed. “Ons kan nie die jaar suksesvol ingaan as daar nie gebid word nie. Ons kan praat tot ons blou is in die gesig en beplan totdat al die hardeskywe van die rekenaars vol is, maar sonder dat ons God se aangesig soek om Sy seën, is alles tevergeefs!” aldus pastoor Piet Smit (073 447 2902). • Die PPK Bethesda-gemeente sluit sy deure elke weeksoggend van 06:00 tot 07:30 oop vir stil gebed. Pastoor Kobus du Plessis het almal genooi om van die geleentheid gebruik te maak. “Kom raak net stil aan die begin van die dag; kom vyf minute, of kom vir die heeltyd- dit hang van u af.” (083 722 7787).

PnP Hot Dog Rolls 12s

89

R

Purina Vitagen Dog Food Assorted 6/8kg Each

SAVE R7

42

90

Twinsaver 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

Don’t pay a cent more than you have to. See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch

PRICES VALID 27 JANUARY - 1 FEBRUARY 2015 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE ONLY Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Namibia, Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. smart shopper points will still apply in Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop. Some products may not be available in all stores. Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1188213_390x198


NUUS • NEWS

6

Eerste uithourit met 'n kinkel verloop seepglad

28 Januarie 2015

Dagboek • Calender

Waterpunt: Ruiters en perde verpoos vir 'n welkome lafenis by een van die waterpunte langs Saterdag se uithou-roete. Die dag het sonder enige ongevalle verloop.

MalmesburyVoortrekkers

28 Januarie – Kommando opening, administrasie, spanindeling, sang en groepspele. Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejong@ swartland.org.za) of HeléneNel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com).

Swartland raadsvergadering

29 Januarie - 11:00 in die banketsaal, malmesbury.

Langasems: Twee draw- Galop: Spoggerig draf dié perd saam met sy fietsrywers op die roete.

eweknie.

Jaarvergadering

29 Januarie - MalmesburyLandbouvereniging se jaarvergadering is om19:00 in die KaapAgri-ledesaal. Deon van der Vyver is die spreker vir die aand.

Malmesury GPF 29 Januarie- 19:00 tot 21:00 by Bloues se klubhuis. Die gemeenskap is genooi om hul bydraes te maakoor die bekamping van misdaad op die dorp. Kontak 0835597318 / 0224864911

Mozart's Don Giovanni

30 January - Darling Music Experience presents this popular opera at the Oude Libertas Amphitheatre, Stellenbosch. A fresh, modern "Opera in Darling" production in all abreve format with an outstanding cast of UCT Opera students. Musical direction Dr Lisa Engelbrecht, script adaption Jose Dias, directed by ChristiaanOlwagen, who just won the Standard Banks 2015 Young Artist of the Year Award for Theatre.Tickets R 100 - R180 (does not include meals where applicable). For bookings call Innes on 079 445 9703 or e-mail:darlingmusicexperience@gmail.com.

Riebeek-Kasteel Vrugtefees

Links: Nicolene Leidig op Mijasto Biellie (4 de vinnigste oor 60 km) en Janco de Villiers op Henham Zack (5 de vinnigste oor 60 km). Bo: Veearts Fritz Zöllner ondersoek Zack, terwyl Jaco de Villiers (12) toekyk.

Wenners:

Hierdie span het die uithourit gewen: Albert Rust (fietsryer), Anke Gordon (ruiter) en Chad Gordon (drawwer).

Vroue: Esté Eager

(naasregs) by die drie vroue wat eerste in die perdry-afdeling gekom het. Van links is Anke Gordon, Jessica Mostert en Mariska Burger. Anke het die 60km in 'n afstand van 1:45:02 voltooi (17,137 km/ uur). Jessica se tyd was 1:45:20 en Mariska (1:45:47).

30 Januarie - ACVV Riebeek-Kasteel nooi almal oor 50. Begin om 10:00, tuisgemaakte produkte te koop. Gratis, bespreek by Dalene, 022 448 1424.

The Ormonde Classic Dinner

31 January - Darling Music Experience presents Fine Wine & Food with Classical Music at the !Khwattu San Culture and Education Centre, off R27. Mozart's flute quartets, performed by LieslStolz (flute), Farida Bacharova (violin), Emile de Roubaix (viola) and PolinaBurdukovaKemp (cello). Tickets R 100 - R180 (does not include meals where applicable). For bookings call Innes on 079 445 9703 or e-mail:darlingmusicexperience@gmail.com.

Musical Wine Tasting

5 February - HofstraatKelder - MyrtledenePlaas, Malmesbury and Darling Music Experience. Musical Wine Tasting: Rockstar winemaker meets jazz giant; AdiBadenhorst, one of the leading lights of the Swartland Independents will present the wines, Mac McKenzie, iconic guitarist the music. The one born into wine the other into music. Tickets R 100 - R180 (does not include meals where applicable). For bookings call Innes on 079 445 9703 or e-mail:darlingmusicexperience@gmail.com.

Piketberg Council Meeting

10 February - 11:00, Council Chambers, Municipal Offices .

Lewe, Landskap&Gedaante

tot 15 Februarie – ‘n Tentoonstelling van onlangseskilderyedeurNicolaas Maritz by die Maritz Ateljee-gallery, Nemesiastr 5 op Darling. Slegs per afspraak: Tel 022 492 3202, 078 419 7093 of e-pos maritzstudio@ telkomsa.net.

Malmesbury Voortrekkers

11 Februarie – Waatlemoenfees en toutrek. Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejong@ swartland.org.za) of Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com).

Malmesbury Voortrekkers 20-22 Februarie – Skuifknoop. Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejong@ swartland.org.za) of Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com).

Malmesbury Voortrekkers

28 Februarie – Ouerbraai en vlotvaartbereiding (Verkenners). Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejong@swartland.org.za) of Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com).

Darling Cellars Annual Crush day

28 February - Picking, crushing, eating & drinking in the sun! Join them for a fun day which includes: breakfast, picking & crushing your own grapes (with your very own wine & label to come 8-10 months later); label design competition and a traditional west coast lunch. 022 492 2276 www.darlingcellars.co.za.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 1 Februarie - past Piet Smit praat om 09:30 oor die Nuwe Hemel & Nuwe Aarde. Nagmaal, geen aanddiens. Vrydagaand 30 Januarie tussen 20:00 en 21:00 is daar 'n spesiale tyd van gebed by die kerk. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 1 Februarie - Past Kobus du Plessis preek om 09:30 en 18.30. Sondagskool om 08:30 . 'n Ouervergadering word op Maandag 2 Februarie om 19:00 gehou - kom skryf u kind in. Bybelskool oor Openbaring Donderdae om 19:30. Die kerk is weeksdae van 06:00 tot 19:30 oop vir stil gebed. Navrae: 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville 1 Februarie - Br Jacques Josias lei die diens om 10:00. Navrae: 083 722 7787. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30

diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Navrae by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00). Malmesbury Methodist Church of SA 2015 – St Thomas St Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service ; 08:30 Sunday School; Bible Studies Wednesdays. Hall to rent. Any inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17 in Wesbank. Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498. AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie).


NUUS • NEWS

7

28 Januarie 2015

Wys jou potjiekos vernuf Hoe gemaak met… Februarie in my tuin ? by die Kyknet Buite-ekspo

By vanjaar se Kyknet Buite-ekspo word daar weer eens iets baie opwindend en uniek aangebied in die vorm van ‘n ‘celeb’ potjiekos-uitdaging. Die ekspo vind van 13 tot 15 Februarie by die Môreson-plaas, net 10km buite Malmesbury op die N7, plaas. Die potjiekoskompetisie word deur Jimmy’s Steakhouse Sauces geborg en ondersteun deur Kyknet en Makro Montague Gardens. Agt spanne met vier lede elk van die publiek per span moet inskryf. Nog twee spanne met twee lede elk van die publiek sal dan ingedeel word om te kook saam met die Kyknet ‘celebs’: Nadia Beukes (Boer soek ‘n Vrou-aanbieder), Chef Tommy (Vaatjie van Toks en Tjops), Neels van Jaarsveld (Knysna en Bloedbroers) en André Venter (JAMaanbieder). In totaal dus 10 spanne van vier lede elk. Chef Tiaan (Makietie en Kokkedoor 2013-wenner) is een van die beoordelaars en daar is lekker pryse te wen.

Elke span ontvang ‘n gratis naweekkaartjie as dagbesoeker na die ekspo, ‘n behandelde potjie, gazebo, werktafel, houtlepel, koletang, steenkool, vuuraansteker, braaidrom en Jimmy’s Steakhouse Sauce-produkte wat gebruik moet word in die voorbereiding. Spanne sal ook ‘n geskenkpak van die borge ontvang. Spanne skryf in drie katagorieë in: rooivleis, hoender of seekos. Elke span moet ‘n hoofgereg met ‘n bykos, voorgereg en nagereg voorberei. Alle produkte word rou beoordeel en geen vooraf-voorbereiding mag gedoen word nie. Die kompetisie is op Saterdag 14 Februarie vanaf 10:00 tot 13:00 en die inskrywing beloop R100 per span. Hierdie geld sal gebruik word om die Goue Aar Ouetehuis op Malmesbury te help met items wat hulle dringend benodig. Belangstellendes kan Chantelle kontak by 022 487 2000 of stuur ‘n e-pos na admin@m4events.co.za.

Wen kaartjies na ekspo Vyf gelukkige lesers staan die kans om kaartjies te wen na die ekspo. Sms jou naam, tuisdorp en antwoord van die onderstaande vraag na 084 8333 813 om in aan-

merking te kom. Vraag: Waar word die tweede Kyknet Buite-ekspo aangebied? Sms voor 30 Januarie om in aanmerking te kom.

Avontuurlustiges geroep Wild Adventure, WAVOLT, gaan die eerste keer hul nuwe avontuur-leefstyl bekendstel gedurende die Kyknet Ekspo wat van 13 tot 15 Februarie op die Môreson-plaas buite Malmesbury plaasvind. WAVOLT spesialiseer in avontuur-motorfietstoere in Suid-Afrika en buurlande. Hulle filosofie is om die individu vryheid te gee binne die beskerming van ‘n groep . Professionele ondersteuning word voorsien deur middel van ‘n ten volle toegeruste onder-

steuningsvoertuig, met ‘n professionele motorfietswerktuigkundiges asook ‘n opgeleide mediese beampte. WAVOLT word ondersteun deur KTM Kaapstad, Flying Brick avontuur-motorfietstoebehore, Donford BMW Motorrad Stellenbosch en NTT Volkswagen Paarl. Besoek hul avontuur-leefstylkamp by perseel 72 waar hulle nuwe roetekalender vir 2015 tesame met die nuutste avontuur-motorfietse en -toerusting te siene is. WAVOLT - Where adventure is a way of life @ 082 500 1925.

Hierdie tyd van die jaar is dit baie warm en net soos ons mense, kry die tuinplante ook swaar. Daar is ook hierdie tyd van die tuinmaakkalender heelwat dinge waaraan ons tuiniers aandag moet skenk: Wees op die uitkyk in jou roostuin (ook elders in die tuin) vir Rooispinmyt-besmetting. Die eerste tekens van dié plaag is so ‘n vaalgrys, gespikkelde, sout-en-peper-voorkoms op die bokant van die blaar en as jy die blaar aan die onderkant bekyk, sien jy die mikroskopiese klein insekte beweeg. Soms is daar ook 'n baie fyn spinnerakweb sigbaar tussen die takkies en die blaar. Dié plaag suig plantsap uit die plant en plaas plante onder baie stres en kan op die langduur die plant heeltemal dood maak. Dit is 'n plaag wat gewoonlik gepaardgaan met warm, droë, stowwerige toestande en kan nogal baie skielik toeslaan en vinnig versprei (veral dié tyd van die jaar ). Om dit te beheer, moet jy wéékliks ‘n baie deeglike bespuiting doen van die plante, veral aan die onderkant van blare vir ten minste 4-5 weke. Gebruik ‘n erkende middel teen rooispinmyte soos; Makhro Seizer 100ec of Seizer 80sc of Efekto Redspidercide. Gebruik ook ‘n goeie kleefmiddel of ‘n bietjie spuit-olie om te help met die verspreiding van die produk. Dié tyd van die jaar kan jy jou rose ook ‘n ligte somersnoei gee om weer nuwe groei te bevorder, moet net nie te swaar snoei dat daar te min blare oorbly om die stamme teen sonbrand te beskerm nie. Rose benodig baie water en gereelde voeding. Moenie kortpaaie vat nie, want dan gaan jy nie mooi, gesonde plante met baie blomme hê nie. Daar is 'n verskeidenheid van voeding vir rose op die mark, gebruik dié met 'n hoë kalium inhoud vir baie en mooi blomme, maar ook genoeg stikstof vir mooi gesonde blare ( 2.3.4; 3.1.5; 8.1.5; Vigorosa 5.1.5; 1-for-all 13.3.8; Sudden Impact for roses). Op die oomblik sukkel ons tuiniers ook weer met ‘n taamlike aggressiewe besmetting van sitruswitvlieg (woolly whitefly aphid), wat veral

suurlemoenbome, maar ook alle ander sitrusspesie, aanval. Dié plaag kom ook op die onderkant van die blare voor en die heuningdou wat die goggas afskei, maak die blare taai en later raak die boom pikswart soos die “black soot” op die blare versamel. Hier moet met ‘n kombinasie van twee giwwe gespuit word, eerste week 2 tot 3 keer en daarna nog omtrent vir nog 4 tot 5 weke, een keer per week, of tot die plaag uitgeroei is. Ons gebruik weer eens die Makhro Siezer 100ec, plus SK ECO oil spray of Oleum in kombinasie (jy meng die twee saam ) en weer eens moet die bome deeglik onder hul blare gespuit word. Ten slotte: ek sien so baie tuiniers wat hul tuine natspuit met die tuinslang sonder dat hulle ‘n lekker sagte spuitkop gebruik. Die straal water wat uit die pyp kom, spoel dat die grond so spat, party gebruik ‘n vinger voor die pyp om kamma die water te breek, maar nog steeds spoel die plante se wortels kaal. Asseblief, vir die plante se onthalwe, gebruik ‘n ordentlike spuitkop of sit ‘n klein “skilpadspuit” op die grasperk of langs die bedding sodat die plante ‘n lekker sagte sproei kan beleef. Tuingroete tot 25 Februarie. George Retief


NUUS • NEWS

8

28 Januarie 2015

Hitte kan gevaarlik wees Die Swartland en Weskus steier behoorlik onder die verswelgende hitte en bedompigheid. Die weerburo voorspel dat die hitte gaan voortduur en met die begin van die skole se atletiekseisoen en die oesseisoen in volle swang, het die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid ‘n paar riglyne om mense te help om sonsteek en hitte-uitputting te verhoed. Babas, ouer mense en mense wat in ‘n uiters warm omgewing werk, het die hoogste risiko vir sonsteek en hitte-uitputting. • Mense wat chroniese medikasie gebruik, moet meer water gebruik in hitte-toestande om te verseker dat hulle niere nie verder ooreis word nie. • Bly uit die son as dit enigsins moontlik is. Indien nie, dra ‘n groot hoed om jou kop te beskerm, gebruik ‘n sambreel vir ekstra skadu; gebruik ‘n klein, nat handdoek of lap onder hoede of oor skouers om koel te bly. • Dit is belangrik om nie te ontwater nie – drink genoeg water. • Dra altyd water saam. Gebruik die volgende teen-ontwateringsoplossing (rehydration) as jy dors is, al drink jy water: Meng 1 liter water, 8 teelepels suiker en ‘n ½ teelepel sout in ‘n skoon bottel. Dit is veilig vir alle ouderdomme om te drink, veral diegene wat buite werk of oefen, soos kinders wat atletiek doen en padof plaaswerkers. • Maak seker dat bejaarde en siek mense maklike toegang tot water het. Simptome van hitte-uitputting of sonsteek: Sonsteek kan noodlottig wees en behoort as ‘n mediese noodgeval hanteer te word. Hitte-uitputting is minder ernstig, maar kan vinnig vererger na sonsteek verander as dit nie behandel word nie. Hitte-uitputting en sonsteek kom voor wanneer die liggaam nie sy temperatuur deur sweet kan verlaag na normale vlakke nie. Tekens van hitte-uitputting sluit in: • Naarheid en braking • Bleek gelaat • Moegheid en swakheid • Hoofpyn • Spierkrampe en lighoofdigheid. As die simptome erg is of die slagoffer het hartprobleme of hoë bloeddruk, moet daar dringend mediese hulp gesoek word. Gee die persoon die teen-ontwateringsoplossing. Moenie te veel sout byvoeg nie – die mengsel moet soos trane proe. Sportdrankies of kommersiële teen-ontwateringsoplossing kan ook gebruik word. As simptome vererger of langer as ‘n week aanhou, moet daar dringend mediese raad en kennis gesoek word.

Sportdatums • Sport dates Atletiek: 29 Januarie – Hoërskool Swartland. Malmesbury Netbalklub: 29 Januarie - Algemene jaarvergadering om 18:00. Dinsdag 3 Februarie – Fiksheid. Navrae: Christine van Heerden: 083 333 8645. Atletiek: 30 Januarie – Hoërskool Dirkie Uysdriehoekige atletiekbyeenkoms. 31 Januarie - Steynville Sekondêre skool op Piketberg, driehoekige atletiekbyeenkoms teen Heathfield Sekondêr, Retreat en Roodezandt Sekondêr, Saron. Dit begin om 08:30 op die Watsonia-sportgronde op Piketberg. (kinders o.12 R5. Laerskole sport: 31 Januarie CPM Sone atletiek; 4 Februarie CPM kleure-swemgala; 7 Februarie Swartland Atletiek. Atletiek: 6 Februarie – Wesbank Sekondêr. Bridgetown Somer Driekamp: 7 Februarie. Navrae: www.bridgetri.co.za; Petra/Matt, Bridgetown@gmail.com/ 076 794 6917. Darling Sewestoernooi - 14 Februarie - Navrae: Benito van Bo kontak by 078 599 4174. Swartland Marathon: 28 Februarie, Hanlie Rossouw 082 579 0222 of 082 656 4130. Epos: jhsp@telkomsa.net. Dorings: 18 Februarie - Jaarvergadering om 15:00 by speelskool, Alfastraat. Spelers, voornemende spelers, lede (ook vroue-komitee). Navrae/agendapunte: voorsitter by 073 937 0785.

Skeleton, Woestynrot, dié Corolla is in die kol Dit is die begin van die jaar en as daar een woord is wat jaar in en jaar uit met die "opstaart" van die skool sy kop hardnekkig weer uitsteek, is dit doop. Dié vierletterwoordjie is nie net by skole en naskoolse instellings 'n werklikheid nie, maar het darem ook al honderde predikers geïnspireer om van kansels te bespreek en toe te lig. Weliswaar verskillende betekenisse, maar jy sou die raaklyne kry as jy hulle soek. Hy het 'n veel langer betekenisgenoot in die woord naamgewing. En dit is seker net hier waar die eerste raaklyn uitdop. Laat die uwe hom nou liefs nie begewe op die terrein van klein en groot nie. (Wil darem net so die tong bietjie in die kies druk en sê sommiges is baie teen die grote gekant, maar by die skole en universiteite is groot nie 'n probleem nie.) Daarvoor of daarteen, dog daar lê heelparty komiese herinneringe by baie mense. Of jy nou op Clanwilliam by die poskantoor 1kg Disprins moes gaan koop en of jy met 5 sent 'n liter kondensmelk by die polisiekonstabel moes aanskaf of met 'n vuurhoutjie die meisie se bo-been moes meet. Seksisties of nie, die toeskouers lê soos hulle lag. En jy kry dikwels jou eerste klap van 'n jonge dame. Sommiges moes al met knoffel hul tande borsel, al hul klere verkeerdom en onderstebo aantrek, hul tandeborsels as “budgies” agterna sleep of toutjie-kou (dié is al redelik verban). Ons moes swem op die grasperk en in die modder plas, 'n boom bekruip en later mekaar was met die konkoksie van vrot vrugte, mis en molasse. Sing Jan Pierewiet op Sarie Marais se wysie as jy 'n vals koor wil hoor. Byname strek van mak tot skreeusnaaks en afgryslik. Kakkerlak, Vlakvark, Glipsie, Donsie, Resieskokketiel, Hoender, Katjiepiering, Duimpie, Chappie en Vlakhaas of Dampies, Bekkies, Sterretjie, Oortjies of Tandjies. Raak-beskrywings volgens jou haarkleur of postuur of grootte van jou neus of jou houding.

Toyota Corolla 1.4 D-4D Prestige 1.4l viersilinder turbodiesel 6-spoed-handrat 66kW @ 3800 toere 205Nm @ 1800 - 2800 toere ABS, VSC (Vehicle Stability Control),

Onderwysers spring byname ook nie vry nie. Vleiskuif (vir die onderwyser met die bles) of Jaws vir die een met die lang kakebeen of Spekbek of Bal-oog. Rugby is ook baie bekend vir byname. Piet Spiere du Toit (omdat hy so sterk was), Spanjool Wessels, Vleis Visagie, Piston van Wyk, Ghriespomp van der Merwe (dis glo die aksie van sy arms en bene wat hom die bynaam besorg het), Baksteen Marais of Broodwa Oberholzer. Selfs koshuise soos Wilgenhof waar 'n gewraakte woord soos bekfluitjie jou suur sal bekom. Byname, soos die vanne by konvensionele doop, word dikwels deel van families. Dink maar aan die Patatte of die Hoenders of Hondjies van Moorreesburg. As jou van Swart is is jy Blackie of Lappies as jy Labuschagne is. Selfs by klubs of verenigings is daar byname. So word daar oor jare reeds na lede van die Afrikanerbond verwys as die Swart Skoentjies of Skoene. By Die Burger in Kaapstad het daar vroeër jare

BA (Brake Assist) en EBD 0-100km/h (aangedui): 12.5 sek Topspoed (aangedui): 185km/h Prys: R266 400 Waarborg: 3 jaarr/100 000km Diensplan: 5 jaar/90 000km

(toe baie fotografiewerk en ontwikkeling nog in die donker kamer geskied het) 'n baie maer, kwaai man gewerk. As studente-joernaliste by Die Matie op Stellenbosch het ons elke twee weke in die stad gaan werk. Ons het hom Skeleton genoem, maar nooit geweet of hy dit weet nie. Toe die een jong student die eerste keer opdrag kry om 'n foto na die donkerkamer te neem, het sy hom as Skeleton aangespreek, en hy het amper soos 'n sak bene wat val gereageer en haar behoorlik uitgevreet. Tydens die doop durf jy nie opkyk nie, of jy hoor iets soos: “Dim jou ligte. (Dit beteken: kyk af.)” Miskien is die domp van ligte in die hierdie beurtkragera iets waaraan ons maar gewoond moet raak. Klink soos die Namakwalander wat jare gelede gesmag het na Lig. “Nie die flou kerslig van die plaas nie, maar eerder soos dié van die mouterkar.” En as jy van mouterkar en lig praat, is dit nie nodig om veel verder as Toyota se finalis in die Motorskrywersgilde se 2015 Motor van die Jaar vir beste algemene voertuiguitnemendheid te soek nie. 'n Mens kan verstaan waarom Toyota se 1.4 Diesel Corolla met prestige-afwerking, terloops dit is die 11de generasie Corolla (daar is al bykans 1 miljoen Corollas in Suid-Afrika verkoop) wat in 2014 hier die lig gesien het, só hoog aangeskryf word. Hy het reeds weggery met die Car-tydskrif se Beste kompakte nuwe Sedan van 2014 (en moet jou nou nie misgis dat kompak dui om min ruimte nie) en ook die titel ingepalm as beste kopie. Dié motor spog met 'n omvattende reeks standaard-toerusting en bou (eintlik sonder verrassing) voort op die goeie Corolla- en Toyotareputasie. Die afstand is met 100m verleng om meer binneruimte te skep. Die heeltemal hersiene binneruim het 'n stylvol herontwerpte stuurkajuit, uitstaande beslagmateriale en verbeterde ergonomika gekry. Die nuweling se omvattende lys toerusting sluit leerbekleedsel as deel van al die modelle buiten die intree-Esteem in. Die klankstelsel se raakskerm het 'n trurat-kamera wat ook uniek aan dié klas is - dit is deel van die standaard-toerusting (selfs in die middelvlak-Prestige-modelle). Ook standaard is voor- en agter-elektriese vensters, multi-info aanboord rekenaar met Bluetooth-telefoonversoenbare raakskerm-DVD-speler, trukamera, en 'n 6-luidsprekerstelsel wat die ore redelik toets as jy hom oopdraai. Kontroles op die stuurwiel, 'n 452liter-bagasiebak, ekstra bekerhouers met afslaan-armleuning vir agterste passasiers, en en en... Die sesgang-handratkas en die uiters ekonomiese (suinige is 'n baie meer akkurate beskrywing) 1.4 dieselenjin het hierdie bestuurder (eintlik geensins 'n doopvoorstaander nie) in die versoeking gebring om ook te doop. Woestynrot, het hy gedink. Nie omdat die woestynrot (in skrille kontras met die Corolla) vreeslik sag is op die oog nie, maar omdat die ding nooit dors raak nie. Jy ry en ry en ry en ry, en hy bly sê jy kan maar nóg verder ry. Had hom nou nie self gemeet nie, maar as daardie aanboordkomper iets is om op pyl te trek was ons verbruik vir die rit (oor Bainskloof en deur die Swartland, Philadelphia, Kaap tot in Yzerfontein) 'n skrale 5,1liter per 100km. Al weet ons die brandstofpryse val nou so effe (maar vir hoe lank?), is dit nou rede om opgewonde te raak. Vat die langpad man. Waarvoor wag jy?Lyk nou verseker nie of Engen en Shell en die ander petroleummanne aandele in Toyota het nie. En as jy nie by Malmesbury Toyota gaan inloer en Woestynrot toetsbestuur nie, moenie sê niemand het jou gesê nie. Cheers. Tot die wiele weer rol.


NUUS • NEWS

9

28 Januarie 2015

Opel Corsa wins prestigious AUTOBEST 2015 award Just three months after its European launch, Opel has already received over 55 000 orders for the fifth generation Corsa. In addition to the enthusiastic reception from European buyers, the Corsa has been recognised by a panel of judges who have bestowed it with the AUTOBEST 2015 award. At the large test finale in Belgrade, Serbia, the newcomer prevailed with a total of 994 points over similarly brand-new competitors including the Hyundai i20 (906 points), Skoda Fabia (871 points) and Citro n C4 Cactus (830 points) making it the first ever car in AUTOBEST history to win the prestigious award with consecutive model generations. The AUTOBEST expert jury is made up of leading motoring journalists from 15 central and eastern European countries. Comprising around 300 million people, the award is extremely popular and highly respected in this market. Only cars with a compelling price-performance ratio can win this title, because next to classic vehicle characteristics, the jury also carefully considers maintenance costs, spare-parts distribution and dealers' range of services. Ultimately the best deal for the normal, average customer is victorious - and the Opel Corsa proved to be unbeatable. Dan Vardie, chairman of the AUTOBEST jury stated: "The new Corsa proved to be a great small car. All the jury members noticed the arguments that made the new Opel `The Best Buy Car of Europe in 2015'. The new generation Corsa is a meaningful evolution of the Opel model that won AUTOBEST award seven years ago." "We are convinced that the Corsa is the best new small car, and now the AUTOBEST jury has

confirmed this," commented Opel Group CEO, Dr Karl-Thomas Neumann. "We are very proud of this. The new-generation Corsa stands for the art of German engineering, emotional design and excellent value for money. Safety and assistance systems as well as new, state-of-the-art engines and transmissions are real technological highlights." The Corsa is one of Opel's most important models and accounts for around one-fourth of the tradition-rich brand's total sales. In the 32

years since the first-generation Corsa was introduced to the market, over 12.4 million units of the small car have been sold. The fourth-generation alone, the Corsa D, sold around three million units between 2006 and 2014 and won the AUTOBEST award in 2007. The new Corsa is also a cornerstone of Opel's ongoing product offensive: to 2018, the brand will introduce 27 new cars and 17 new engines to the market. The all-new Corsa reaches South African roads during the first quarter of 2015.

By consequently implementing the global product and brand strategy on all continents, KTM increased again both sales and revenue and achieved a record year in 2014, for the fourth time in a row. Therefore, KTM is the fastest growing motorcycle brand in the world for years.

In business year 2014, 158,760 bikes of the group brands KTM and Husqvarna could be sold worldwide and therefore sales increased by 28.2% compared to previous year. Revenue could be increased by 20.7% to 864.6 mio. EUR within the same period.

Besides revenue and sales, KTM could also increase its result significantly. With an expected EBIT of more than 75 mio. EUR, KTM achieved another record result in 2014.The Executive Board of KTM AG expects further increases in revenue and sales for the business year 2015.

31 January:

DO4SA Oval Dirt Racing; Club Championship; Tygerberg Raceway, Kraaifontein. Race starts at 18:30. Classes: 1660, 2L MS, AMS, MD, NHR, Late Mod, SMD. Oganiser: DO4SA-Tygerberg Raceway; Contact person: Leone 082 744 3132 or leone@ tygerbergraceway.com.

31 January:

Speedspot Club Motocross Championship; Club Championship. Venue: Zone 7. Race starts: 10:00. Classes: MX 50cc Pro, Newbies, MX 65cc / MX 85cc Junior, MX Ladies, Pro mini, MX, MX 2, MX 125cc High school / MX3, MX Support / Enduro, MX Quads Junior/Senior, MX 1, King of the Dirt. Contact person: Johann Spies, Johann@zone7.co.za or 073 182 9480.

7 Februarie:

2014 a record year for KTM sales

Malmesbury Knortjor-byeenkomste: 7, 28 Februarie; 14, 28 Maart; 18 April; 9, 30 Mei.

20-22 February:

CMA Freedom Road Rally, Struisbaai., Prizes to the value of R25 000. Entry form available at www.cross.org.za. This is a family event and is right next to the beach on a camping site. There will be lots of fun for the kids.

15 -17 May:

Knysna Speed Festival. Welcome Centre, Beaucamp Place, Knysma. This event is sure to entertain all speed lovers.

FLINK DIENS, FANTASTIESE PRYSE! BESOEK ONS VANDAG. CHEVROLET TRAILBLAZER 2.8 LTZ 4X2 OUTO R *

429 900

PERDEBERG MOTORS Bokomoweg 24, Malmesbury • Tel: 022 482 1158

CHEVROLET UTILITY 1.4 + LV (MET KAPPIE) R

149 900

*

SITRUS MOTORS

CHEVROLET AVEO 1.6 LUIKRUG R *

121 999

Voortrekkerweg 37, Citrusdal • Tel: 022 921 2121

ISUZU KB 250 D-TEQ FLEETSIDE R * BTW

229 900

ingesluit

PIKETBERG MOTORS Langstraat 53, Piketberg • Tel: 022 913 1113

BT Slegs Wg e r g eld i ko p e g i s t g v i r e r s re e r de . (SAFETY)

*Padgereedheids- en Registrasiefooie Uitgesluit. Bepalings en Voorwaardes geld. Vertoonmodel/le mag verskil. Behoudens Foute & Weglatings.

8 4 0 51 A D M A K E R S . C O M

Beperkte voorraad beskikbaar!


10

NUUS • NEWS

28 Januarie 2015


NUUS • NEWS 28 Januarie 2015 Dienste Services

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za

#2000 -----------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. -----------------------ALLE TIPE BOUWERK – klein en groot, Nuwe huise, staalkonstruksie / store. Alle elektriese en loodgieterswerk en ook aanbouings. Skakel 078 044 5989 -----------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. -----------------------NEW FREEZE VERKOELING. Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste, koelkamers,motor lugreeling,ysmakers verkoop en diens ook lugversorgers. Royalstraat 44 Moorreesburg.022 433 3831 sel.082 343 4130-082 573 1589 ------------------------

OP-N-GALLOP PERDRYKLUB (Malmesbury) bied plesierritte in groepe aan vir bedrewe ruiters en perdrylesse vir beginners. Kantoorure: 083 700 9494 -----------------------SKULD KONSOLIDASIE- Ons reël een bekostigbare paaiement. Swak krediet rekord en geswartlys welkom. 061 460 6669 / 021 910 4743

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.

Regsdienste Legal Services

BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en; huisoordragte. Skakel 083 438 9735 / 076 695 4006.

Voertuie Vehicles

DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkie & motors welkom. -----------------------Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960.

11 Te Koop For Sale

TITUS EIENDOMMEWESBANK. Erwe vanaf R170 000,00. Nuwe 3 slaapkamer huis @ R680 000,00. Kontak 082 780 1380. -----------------------Vars Bloekom heuning @ R180 p/3kg emmertjie te koop. Kontak Kobus du Plessis by 083 722 7787.

Betrekkings

BETREKKING 2 X GEKWALIFISEERDE SKOONHEIDSTERAPEUTE MET EIE KLIENTEBASIS! Werk vir Jouself in nuwe salon wat open 16 Maart. Een Terapeut begin 16 Maart, die ander een 6 April. Minimum 3 jaar ondervinding met plaaslike kontakbare verwysings. Werksure MaanVrydag 09:00 – 17:00 + Een Saterdag per maand. E-mail volledige CV aan: iamoliviahamilton@ gmail.com. Sluitingsdatum: Maandag 9 Februarie -----------------------KASSIERE BENODIGPligsgetrou, hardwerkend en stiptelik. Moet skofte en naweke werk. CV met kontakbare verwysings ‘n vereiste. Diensaanvaarding onmiddellik. Handig CV in by Mini Mark kafee, Rainierstraat, Malmesbury. ------------------------


courant

dié

12

tel 022 487 3221

Duik:

28 Januarie 2015

• Abbotsdale Rugbylub het alreeds met hul voorseisoen oefeninge begin en alle voornemende spelers asook belangstellendes is genooi om die oefeninge by te woon. Oefeninge geskied op Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 19:00. • Moorreesburg RVK (Samoa) Het reeds begin oefen. Die klub vier op 14 Februarie sy 15de verjaardag. • Wesbank Rugbyklub • Bloues se rugby-oefeninge het ook reeds begin. Tye is Maandae, Dinsdae en Donderdae om 19:00 by die Dieprivier Sportgronde. • Never Despair Rugbyklub se oefeninge sal aanvanklik Maandae tot Donderdae om 18:30 plaasvind. Alle voornemende spelers is genooi om die oefeninge by te woon. • Riebeek United Rugbyklub oefen op die oomblik Maandae, Dinsdae en Donderdae om19:00. Alle belangstellendes en besoekers is welkom. Navrae by Heinrich Heynse, 079 227 7905. • Malmesbury Netbalklub begin op Dinsdag 3 Februarie met fiksheid. Navrae: Christine van Heerden, 083 333 8645.

• SPANNE DING MEE IN SEWES-TOERNOOI

Fees van hardloop-rugby kom

Klubs uit die hele Boland en Swartland pak mekaar die naweek in die jaarlikse sewes-toernooi van die Wesbank Rugbyklub. Die OK Minimark-toernooi het deur die jare bekend geword vir opwindende spel en die jaar behoort aan almal se verwagtinge te voldoen. Ysbaddens sal reg staan in die kleedkamers om spelers af te koel ná wedstryde en met die warm somerweer sal dit waarskynlik welkom wees. Die kompetisie begin Vrydag laatmiddag met die eersteliga-klubs van Swartland. Die finale van hierdie been word Saterdag tussendeur die ander wedstryde afgehandel. Die hoofdis is natuurlik Saterdag se toernooi, Die klubs word in agt groepe van vier spanne elk ingedeel. Na afloop van die groepfase sal die top twee klubs in die Premier- en Plaat-kompetisie meeding. Die derde klub sal aan die plaat-kompetisie deelneem. Saterdag se program begin om 09:00. Toegang vir Vrydag is R10 (skoliere R5 motors R10). Saterdag is dit R15 (skoliere R5, motors R10). Navrae kan gerig word aan Eduann Howburg by 083 458 9313.

28 Januarie 2015

SPORT

Klubs hard aan't oefen

Melvin Lazerus van Wesbank gee die bal uit na Johan Louw in Saterdag se vriendskaplike wedstryd teen Paarl Streek. Wesbank het met 10-7 geseëvier. Hierdie Vrydagaand speel Wesbank nog 'n vriendskaplike wedstryd teen Worcester. Dit sal na die Sewes begin. Foto: David Howburg

NUUS • NEWS

Sportuitslae

Sports results

Gholf Malmesbury Swartland Kelder Sundowner Woensdag 21/1 Enkel Stableford Marius O'Kennedy 22; Nic Goosen 20; George Prinsloo 20; PJ Brennan 20; Gerhard Bester 20. Vrydag Rola Sundowner 23/1 Enkel Stableford Nic Goosen 22; Gielie du Toit 20; Jacobus Snyders 19; George Prinsloo 18; Jean Pieters 18. Saterdag 24 Januarie BB S/Ford MGC format G Jamneck & D Jamneck 79; E Thompson & J vd Merwe 75; G van Niekerk & N Januarie 74; A Schillig & M van Vuuren 72; S Conrad & D November 71; A Schreuder & F Destroo 70; P Hardcastle & F Theron 70. Rugby Wesbank Wesbank wen sy vriendskaplike toernooi Saterdag teen 'n gekombineerde Paarl-span met 10-7. Krieket Malmesbury Malmesbury I speel teen Bergrivier op Wellington. Hulle wen met 257 lopies teen 251. Malmesbury II het tuis met Franschhoek afgereken. Hulle het 112 lopies aangeteken. Wehan van der Spuy behaal die meeste lopies met 25.

uitslae geborg deur

Klubs:

Vereenwoordigers van die meeste klubs wat die naweek aan die toernooi deelneem, het verlede week die media-bekendstelling bygewoon. Onder die klubs was: Never Despair, Darling, Young Peopels, Lower Paarl, CPUT, Noordelikes, Abbotsdale, Vredenburg, Darling Tigers, Hamlets, Wesbank White Spirits, Korringberg, Korrektiewe Dienste, Noordelikes


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Dié courant 28 januarie 2015 (305) by DieCourant - Issuu