c urant
dié
NUUS • NEWS Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
11 Januarie 2017
49.5%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 402
11 Januarie 2017
Reisgerief by Winkelshoek-kompleks Die Winkelshoek N7-kompleks spog met ‘n splinternuwe voorkoms en talle toevoegings om reisigers en besoekers se inkopie-gerief nog te verbeter.
Dié kompleks is vanjaar 20 jaar oud en het ‘n Bonjour-winkel, ‘n Spur Grill & Go en ‘n KFC bygekry. Die vulstasie is ook opgeknap en sit nou
besoekers met ‘n vol tenk en ‘n vol maag terug op die pad. Lees meer oor wat dié kompleks jou bied, binne.
•MEDIES WINK VIR PIKETBERG SE SLIMKOP
Nelson kompeteer net met haarself
Links: Ané Nelson van die Hoërskool Piketberg is dié area se top-kandidaat. Links hoor sy dat sy die eerste klasposisie behaal het. Bo: Steynville Sekondêr het 'n 86,5% slaagsyfer, waarvan 24,82% kwalifiseer vir graadkursusse, 48,93% vir diplomakursusse en 26,24% vir 'n sertifikaat. Foto: Marieta Goosen Ek het met niemand in my klas kompeteer nie. Net met myself. Só sê Ané Nelson van Piketberg wa 2016 se top-matriekleerder in dié streek was. Met haar gemiddeld van 92.7% het sy haar eie doelwit van 90% verbeter “Ek ly nou nog aan skok. Toe ek dit hoor, het ek ʼn mini-hartaanval gekry. "Toe my vriendin na my punte kyk, het sy sommer drie gekry,” skerts sy. Nelson het ʼn allemintige 99% in Rekeningkunde ontvang, hoewel dit nie een van haar gunsteling vakke was nie. “Met vakkeuses in graad 10, het ek nie baie van rekeningkunde gehou nie, maar het dit al hoe meer begin geniet.”
Haar loopbaankeuse was ʼn moeilike een, bieg Nelson. Sy moes die keuse tussen medies en chemiese ingenieurswese maak. “Nadat ek navorsing gedoen het, het ek besef ʼn chemiese ingenieur is nie regtig vir my nie. "Ek wou nog altyd mense help.” Nelson vertrek die 15de Januarie op ʼn kamp en klok amptelik op 18 Januarie in die koshuis op die Tygeberg-mediesekampus in. Sy het nog nie klarigheid oor haar spesialisgebied nie en oorweeg nou al pediatrie en kardiologie. Nelson het nie ʼn klinkklare wenresep vir haar sukses nie. Volgens haar het sy nooit met ander leerders in haar klas gekompeteer nie, net met haarself.
Sy het vir haarself doelwitte gestel wat haar geïnspireer het om harder te werk en te presteer. ʼn Laerskool-onderwyseres van Nelson het ʼn lewensles gedeel wat by haar vasgesteek het. “As jy iets doen, doen jy dit reg.” Haar ouers het haar ook nooit gedruk om beter te presteer as wat sy reeds gedoen het nie. “Hulle was altyd tevrede met die punte wat ek ontvang het.” Sy sê verder dat hulle altyd daar was om haar in haar studies te ondersteun wanneer sy moedeloos geraak het. Piketberg Hoërskool spog vanjaar met ʼn 100% slaagsyfer, vier A-kandidate en ʼn totaal van 41 vakonderskeidings uit verlede jaar se matriekklas.
9