Skip to main content

Bergrivier 11 Januarie 2017 (402)

Page 1

c urant

dié

NUUS • NEWS Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

11 Januarie 2017

49.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 402

11 Januarie 2017

Reisgerief by Winkelshoek-kompleks Die Winkelshoek N7-kompleks spog met ‘n splinternuwe voorkoms en talle toevoegings om reisigers en besoekers se inkopie-gerief nog te verbeter.

Dié kompleks is vanjaar 20 jaar oud en het ‘n Bonjour-winkel, ‘n Spur Grill & Go en ‘n KFC bygekry. Die vulstasie is ook opgeknap en sit nou

besoekers met ‘n vol tenk en ‘n vol maag terug op die pad. Lees meer oor wat dié kompleks jou bied, binne.

•MEDIES WINK VIR PIKETBERG SE SLIMKOP

Nelson kompeteer net met haarself

Links: Ané Nelson van die Hoërskool Piketberg is dié area se top-kandidaat. Links hoor sy dat sy die eerste klasposisie behaal het. Bo: Steynville Sekondêr het 'n 86,5% slaagsyfer, waarvan 24,82% kwalifiseer vir graadkursusse, 48,93% vir diplomakursusse en 26,24% vir 'n sertifikaat. Foto: Marieta Goosen Ek het met niemand in my klas kompeteer nie. Net met myself. Só sê Ané Nelson van Piketberg wa 2016 se top-matriekleerder in dié streek was. Met haar gemiddeld van 92.7% het sy haar eie doelwit van 90% verbeter “Ek ly nou nog aan skok. Toe ek dit hoor, het ek ʼn mini-hartaanval gekry. "Toe my vriendin na my punte kyk, het sy sommer drie gekry,” skerts sy. Nelson het ʼn allemintige 99% in Rekeningkunde ontvang, hoewel dit nie een van haar gunsteling vakke was nie. “Met vakkeuses in graad 10, het ek nie baie van rekeningkunde gehou nie, maar het dit al hoe meer begin geniet.”

Haar loopbaankeuse was ʼn moeilike een, bieg Nelson. Sy moes die keuse tussen medies en chemiese ingenieurswese maak. “Nadat ek navorsing gedoen het, het ek besef ʼn chemiese ingenieur is nie regtig vir my nie. "Ek wou nog altyd mense help.” Nelson vertrek die 15de Januarie op ʼn kamp en klok amptelik op 18 Januarie in die koshuis op die Tygeberg-mediesekampus in. Sy het nog nie klarigheid oor haar spesialisgebied nie en oorweeg nou al pediatrie en kardiologie. Nelson het nie ʼn klinkklare wenresep vir haar sukses nie. Volgens haar het sy nooit met ander leerders in haar klas gekompeteer nie, net met haarself.

Sy het vir haarself doelwitte gestel wat haar geïnspireer het om harder te werk en te presteer. ʼn Laerskool-onderwyseres van Nelson het ʼn lewensles gedeel wat by haar vasgesteek het. “As jy iets doen, doen jy dit reg.” Haar ouers het haar ook nooit gedruk om beter te presteer as wat sy reeds gedoen het nie. “Hulle was altyd tevrede met die punte wat ek ontvang het.” Sy sê verder dat hulle altyd daar was om haar in haar studies te ondersteun wanneer sy moedeloos geraak het. Piketberg Hoërskool spog vanjaar met ʼn 100% slaagsyfer, vier A-kandidate en ʼn totaal van 41 vakonderskeidings uit verlede jaar se matriekklas.

9


2

11 Januarie 2017

HSS spog met meeste A's Die matriekleerders van 2016 het met groot opgewondenheid op 5 Januarie vanjaar hul uitslae ontvang na afloop van die afgelope matriek eindeksamen. Waar sommige meer gebewe het as ander, is van die plaaslike leerders se verwagting oortref. Die slaagpersentasie vir die hele Weskus-distrik is volgens die distrikskantoor 87.5%. Johannes Mouton, bestuurder van kring 1 (Wesbank Sekondêr, Schoonspruit Sekondêr, Wesbank Sekondêr en Hoërskool Swartland), sê hy is baie tevrede met die uitslae. “Ek sou graag beter resultate wou sien, maar is oor die algemeen baie tevrede. Nou kyk ons net vorentoe.” Hoërskool Swartland spog met ‘n totaal van 16 A-kandidate waarvan Althea Eksteen die voortou met ‘n gemiddeld van 92.4% behaal het. HSS het vanjaar ‘n slaagsyfer van 99.3%. Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury is in hul skik met ses A-kandidate. Gaylen Carelse is hul top-presteerder met ‘n gemiddeld van 84.6%. Die skool se slaagsyfer is 91%. Illingelethu het hul doelwit bereik en ‘n slaagsyfer van 66% op-

gelewer. Hoewel Mouton gehoop het op beter resultate, het die skool en sy leerders hul mikpunt bereik. Wesbank Sekondêr het hul doelwit met sowat 1% gemis met ‘n slaagsyfer van 88%. Hoërskool Dirkie Uys spog met ‘n uistekende 100% slaagsyfer. Hul top-matrikulant is Colene Brink met ‘n gemiddeld van 88. 1%. Hulle het verder vyf A-kandidate en ‘n totaal van 76 vakonderskeidings. Piketberg Hoërskool het ook ‘n slaagsyfer van 100% met vier A-kandidate en ‘n totaal van 41 vakonderskeidings uit verlede jaar se matriekklas. Hul top-presteerder is Ané Nelson met ‘n gemiddeld van 92.7%. ‘n Slaagsyfer van 86,5% is deur Steynville Sekondêr behaal, waarvan waarvan 24,82% kwalifiseer vir graadkursusse, 48,93% vir diploma kursusse en 26,24% vir 'n sertifikaat. Christophai Booise is hul top-presteerder. Jolandie Burger van Porterville Hoërskool pronk heel bo met ‘n gemiddeld van 87.86%. Sy is ook hul enigste A-kandidaat. Die Wes-Kaap het in totaal ‘n slaagsyfer van 86 % in die Nasionale Senior Sertifikaateksamens behaal. Dit is 1.3% meer as in 2015.

100 op Kersdag:

Magrieta Engelbrecht van Kalbaskraal het op Kersdag haar 100ste verjaarsdag gevier. Hier is sy saam met raadslid Maude Goliath (onderburgemeester van die Swartland Munisipaliteit) en raadslid Valery McQuire.

NUUS • NEWS

•GEK NA SYFERS, WISKUNDE

Eksteen kring se top-matrikulant

Althea Eksteen van Hoërskool Swartland is vanjaar dié kring se top-matrikulant met 'n gemiddeld van 92.4%. Sy het gemik na 92% en was in haar noppies met haar punte. “Dit was baie oorweldigend. Ek het steeds nie geweet wat om te verwag nie.” "Dit het natuurlik nie sonder harde werk gekom nie", voeg sy by. Hoewel sy gewoond is aan goeie uitslae, was sy egter steeds onseker oor wat haar resultate mag oplewer. Eksteen kom uit ‘n gelowe gesin wat daarin glo om hard te werk en die vrugte daarvan te pluk. Haar pa het elke oggend voor sy eksamen gaan skryf het, ‘n vers uit die Bybel gelees wat haar opnuut moed en krag gegee het, voeg sy by. Haar beste vakke was Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde, met ‘n punt van 96% elk. Haar rekeningkunde onderwyser, het haar altyd gemotiveer om beter te doen deur te sê sy kan nie. “Dit was lekker om vir hom te wys ek kan dit doen.” Daar is tot vir haar gevra waar die res van die 4% is, lag sy. Sy het egter gehoop om beter te presteer in haar gunsteling vak, Wiskunde. Volgens haar was sy sedert laerskool nog altyd mal oor syfers en wiskunde. Sy het sommer oorgeskakel na wiskunde, wanneer sy ‘n blaaskans in haar voorbereiding vir ‘n ander vak wou neem. Dit is daarom geen verrassing dat Eksteen vanjaar aktuariële wetenskappe aan die Stellenbosch Universiteit gaan studeer nie. Eksteen bieg en sê kompetisie onder haar

Althea Eksteen van die Hoërskool Swartland is die top-leerder in dié kring. mede-klasmaats was streng. Sy het egter altyd geglo sy kon beter. Sy was meestal eerste in haar graad wat akademie betref, maar het haarself gemotiveer deur haar punte elke keer te verbeter. Sy gaan van haar onderwysers en die raad wat hulle gegee het, baie mis. Sy sien wel uit na die toekoms en dink die tyd het aangebreek om ‘n nuwe uitdaging aan te pak.


NUUS • NEWS

3

11 Januarie 2017

•EERSDAAGS OP SILWERDOEK EN KASSIE

Dean se visier op nóg Fiësta Dean-John Smith van Malmesbury se visier is nou op sy tweede Fiësta-toekenning. Hy spog reeds met een van dié gesogte beeldjies op sy rak ná hy verlede Februarie vir sy werk in die verhoogproduksie, Die Dag is Bros met Neil Coppin as regisseur, as die beste byspeler vereer is. Hy is vanjaar in dieselfde kategorie genomineer - dié keer vir sy rol in Kristalvlakte. Die verhoogproduksie was by vanjaar se Suidoosterfees te sien, waar Smith die rol van die hoofspeler, Priscilla (Ilse Klink) se seun vertolk het. Amy Jephta se epiese teaterstuk is ʼn verwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder. Hy het vanjaar amper die Kaap vir Johannes-

burg verruil toe hy ʼn rol in Getroud met Rugby aangebied is, maar het besluit om dit van die hand te wys vir ʼn ander sepierol wat hom hier sal hou. Hy is ook vir ʼn rol in ʼn etv-sepie genader. Smith, ʼn oudleerder van die Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, het sy debuut as akteur op die planke gemaak in die trefferverhoogproduksie, Vaselinetjie. Min het hy toe geweet dat hy sewe jaar later sy debuut in die filmbedryf gaan maak toe hy ʼn rol in die filmweergawe van Vaselinetjie losslaan wat later vanjaar in teaters begin draai. Hy is ook vanjaar te sien in Liewe Kersfees Vader, waarin hy een van die hoofrolle vertolk. Hy maak ook weer sy buiging by die Stellenbosch Woordfees in die produksie Cock en

Bulls@#t. Hoewel Smith op die stadium nie veel oor sy planne vir vanjaar kan verklap nie, bieg hy en sê hy is baie opgewonde oor dié skuif in sy loopbaan. Hy wil al die aspekte en fasette in die bedryf “proe” en dit is presies wat hy nou doen. Smith verlaat ook die Swartland vir sy nuwe tuiste in die Kaap om nader aan sy nuwe “werk” te wees. Hy is darem nog naby sy familie, wat hom plat op die aarde hou, bieg hy.

Regs: Dean-John Smit van Malmesbury sal eersDie Courant Swartland.pdf 1 2016/11/18 daags sy sepie-buiging maak.

11:52

Toeganspunte vir gebruik van internet opgeskerp Elke wyk regoor die hele Wes-Kaap sal teen 2018 oor ‘n Wifi-toegangspunt beskik. Dit is een toegangspunt in elk van die provinsie se 384 munisipale wyke teen 2018. Die inisiatief van die Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede en toerisme, asook die Wes-Kaapse regering, is verlede jaar van stapel gestuur. ‘n Totaal van 72 toegangspunte is reeds teen September verlede jaar bekend gemaak. Die veldtog vorm deel van die Wes-Kaapse regering en Neotel se projek, wat bekend staan as die Neohotspots, om die publiek toegang tot gratis Wifi te gee. Die Wifi-toegangspunte sal tussen April 2017 en Maart 2018 in die Weskus Distrik geïnstalleer word. Die Weskus Distriksmunisipaliteit sal agt toegangspunte kry, die Bergrivier Munisipaliteit ‘n totaal van sewe en die Swartland Munisipaliteit

altesaam 12. Dié toegangspunte vorm deel van die oorblywende 234 wat geïnstalleer sal word.

MEET NKOSAZANA,

RAF HOSPITAL CASE CONSULTANT

C

M

Y

CM

MY

I’m Nkosazana Mpahlaza, a Hospital Case Consultant for the Road Accident Fund. I extend a caring hand by assisting road accident victims and their dependants to lodge claims directly with us.

CY

CMY

K

We go the extra mile CALL US: 0860 23 55 23 www.raf.co.za


410

11 Januarie 2017

Promosie • Promotion

Winkelshoek fokus op gerief en diens

Die Winkelshoek N7-kompleks het oor die afgelope paar maande ʼn gedaanteverwisseling ondergaan en bied nou meer as ooit tevore aan plaaslike inwoners, asook reisigers en besoekers aan dié geweste. Winkelshoek is vanjaar 20 jaar oud en dit wat destyds die oogmerk was is lank vergete en is die opgegradeerde vulstasie en nuwe winkels nou ʼn groot toevoeging tot dit wat Winkelshoek voor staan en wat hulle bied. Die geriefswinkel “Bonjour”, ʼn “Grill & Go” van Spur en ʼn KFC is nou deel van hierdie kompleks. Winkelshoek is ʼn familiebesigheid en juis daarom verstaan die eienaars die behoeftes van families. “Ons is uniek, privaat ontwikkelaars en goed diversifiseer. "Baie navorsing is gedoen en met 20 jaar se ondervinding agter die rug, is besighede genader om ons kompleks te bedien. "Die beplanning het lank geneem en boonop was ons lank vasgehou deur omgewingsake met

sekere voorwaardes wat verhoed het dat daar vinniger ontwikkel kon word. “Buiten die opgradering van die vulstasie, wat noodsaaklik was, is die motivering vir enige onderneming om die bes moontlike ligging en blootstelling vir jou besigheid te kry. "Die N7-snelweg raak toenemend meer besig en die perseel lê op ʼn kruisroete wat reisigers en die plaaslike markte maklik kan bedien. “Ons poog om dit in die toekoms ʼn ‘moet stop’ op die N7 te maak, deur alles te bied wat die besoeker, op die pad of in die area sou benodig, maar ook om die res van ons familie te verwelkom met hartlike, warm, plattelandse gasvryheid. “Ons huidige ondernemings, Mountain Creek Spur, Swartland Bluebottle en ons administrasiekantore word steeds gehuisves onder ons bekende grasdakgeboue. Kom maak gerus daar ʼn draai om te hoor van ons planne vorentoe.” Die eerste fase (Total-vulstasie, Bonjour, Grill & Go) is reeds operasioneel en die vriendelike personeel staan reg om van diens te wees.

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

11 Januarie 2017

Piketberg, Porterville spog met 100% slaagsyfer

1197

Hoërskool Piketberg A-kandidate

Ané Nelson

Aerin Kotzee

Hoërskool Porterville A-kandidaat

Jolandie Burger

Hoërskool Piketberg • Basson Melanie • Benson Hugh Caleb-John • Blanckenberg Faith • Maxine Nicolene • Booyse Michaela Avril • Botha Natasha • Brand Jacobus • Burger Izak Schalk Willem • Burger Letjé • Coetzer Soné • Dietrich Kurt Sergei • Du Toit Celeste Henzonice • Du Toit Kaywill Renaldo • Engelbrecht Jo-Rique Jetream • Engelbrecht Lize-Mari • Erasmus Ruan • Fouché Jasper Daniël • Grundlingh Magdaleen • Hanekom Charl • Hanse Austin Romano • January Janice-Ann • Jonker Ferdie Tiaan • Klaase Claudia Brittany Micaela • Klaaste Joshando Jacques • Koopman Kim Keisha • Kotzee Aerin Caris • Laing Louwrens Johannes

• Lamla Gustav Zanoxolo • Luyt Matthew Lucien (E) • Luyt Seth Antony (E) • Mostert Alfred Ruan • Mouton Schalk Willem • Nathan Jodi • Nelson Ané • Prins Lilian Gertrude • Roberts Ilsé • Roberts Levona Grezelda • Saayman Pieter van Wyk • Sait Jamile Yuan • Simon Monré Ruben • Stephan Chrizane • Strauss Tevin Sharlton • Swarts Denethy Marinette Elnica • Swela Wiltino Nolan • Taljaard Werner Cornelis • Tobias Amber Constance • Turner Zohné Willique • Van der Merwe Gideon Joubert • Van Heerden Naomi • Visser Jacobus Daniël • Visser Melanie • Vosloo Elsuné • Wessels Toni Leigh (E) • Williams Anchen Prozaé

Hoërskool Porterville • Abrahams Levhan • Allies Nicole • Botha Johan • Buchman Eric • Burger Jolandie • Cruywagen Hein-Paul • Daniels Berné-Lee • Davids Du-Wayne • De Beer Bianca • De Beer Marisa • De Waal Cobus • Du Plessis Morné • Ernstzen Breyton • Farao Tarryn • Farmer Yunecia • Fransman Justine • Fredericks Danzil • Frederiks Fabrisca • Gagiano Maré-Antoinette • Hanekom Marcelle-Marié • Heydenrych Ellec • Jacobs Deodan • Janse van Rensburg Dewaldt • Jansen van Rensburg Ruhan • Kersop Janco • Kok Michelle • Kretschmer Leaticia • Loubser Marica • Louwrens Ben-Aiken • Maarman Peter • Marais Hardi • Nel Gisela • Olivier Dirk • Oosthuizen Riandri • Oppels Darrel • Pedro Janine • Philander Ayecha • Rossouw Monique • Smal Ziaan • Snyman Enrique • Sofat Madré • Steenkamp Lisa-Marie • Steyn Hilda • Swiegers Gielie • Van Deventer Jacques • Van Wyk Carla • Van Wyk Leslynne • Van Zyl Doncharle • West Ethan • Willemse Annuscha

Magdaleen Grundling

Steynville Sekondêr Abrahams Malcolm Abrahams NathasaLee Adams Anscois Adams Anwhill Adams Jayren Adams Justin Adams Kirt Adams Les-Morgan Adams Lorenzo Adams Racell Adonis Jelton Anderson Madelein Anthony Chelton Anthony Ethen Antonie Enay Baatjies Micaela Basson Cornil Basson Leticia Bell Etheresia Benjamin Alicia Blankenberg Jameson Boois Berlin Booise Christophai Booys Nicolo Booysen Melissa Brand Dorelle Brandt Leiwinne Carolus Schenick Christiaans Donavon Cornelius Jone-Liam Cupido Nigel Daniels Adan Daniels Angelo Daniels Micheal Dietrich Juhane Dietriks Dillan Engelbrecht Mercia Erasmus Clairshan Erasmus Patricia Esterhuizen Cedric Esterhuys Leandre Faroa Madre Februarie Gurswin Fortuin Duncun Fredericks Dillan George Ashlyn George Elridge George Shane Goliat Jaquenita Goliath Darren Gous Ashwill Gqotolo Jerome Jagers Wilnique Jansen Bianca Jansen Morchtwin Januarie Chadwon Jood Austin Julies Susan Julius Josh Kasper Diaan

Kayster Dominic Klaaste Geraldine Koordom Markwhan Koordom Tessmorencia Le Fleur Rozine Lewies Geraldine Lewis Audrey Lombard Chrisme Louw Burton Louw Wynomah Luyt Jacques Maans Geraldine Maarman Branden Maarman Chante Marcus Juanita Marcus Roslyn Markus Lee Ann Markus Oscar Martin Kim Mbendeni Tracey-

Faith Blackenberg Leigh Mentoor Bridgitte Mentoor Wilmarie Monk Julian Monk Robin Moos Graham Morkel Chantelle Nero Jaden Nyl Elzeetah-Amor Ontong Lee-Roy Otto Kayla Paulse Will-Marie Petersen Caron Pickard Bentley Pieters Jan Pieters Riaan Pistoor Wayno Price Jaylene Price Marchell Roman Elzane Roman Jason

Roman Valentino Rosant Shannon Ruiters Austin Salvirus Ashwin Schaffer Wildino Schreuder Alison September John September Marlin Sias Elaine Sias Genevieve Smit David Smit Nokyla Smith Angelique Smith Monique Smith Shulaine Soga Lucia Solomon Kihano Soutman Shandre Stevens Leandra Stevens Shadelle Stuurman Ashwin

Swarts Cindy Swarts Darrol Swarts Deaunin Swarts Elroy Swarts Ethan Swarts Lee John Swarts Lee-Ann Swarts Rochelle Titus Juane Toontjies Matthew Van der Horst Desire Van der Rost Monchere Van Wyk Bryan Van Wyk Maurisha Vlotman Emile Voorbui Lizel Willemse Jurgen Williams Felicia Witbooi Duncan Witbooi Elzarin


6

NUUS • NEWS

11 Januarie 2017

Dagboek • Calender

Alcoholics Anonymous Every Wednesday 20:00 at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road. Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Malmesbury Gemeenskapsonderwys Sentrum bied die volgende aan: Vlak 1: Vir mense wat graag wil leer en skryf. Vlak 2: Gelykstaande aan Graad 5. Vlak 3: Gelykstaande aan Graad 7. Vlak 4: Gelykstaande aan Graad 9, en gee toegang tot matriek (oorbruggingskursus). Registrasies by Mavos kantoor tot die 14 Desember 2016 en weer vanaf die 9 Januarie 2017 tussen: 09:00 en 15:00. (Bring afskrif van ID). Kontak 022 486 4541 met enige navrae. Never Despair Sewes 13 Januarie - Die Never Despair-rugbyklub op Malmesbury hou vanaf 18:30 hul Gammat Sewestoernooi op die Wesbank-sportgronde. Toegang beloop R10 vir volwassenes, R5 vir kinders en R10 per motor. Geen drank word toegelaat nie. Kontak Lance Levendal by 061 958 6882 met navrae. Atletiekkliniek 18 en 19 Januarie: Die olimpiese atleet Hezekiel Sepeng sal dié naweek atlete touwys maak by die Hoërskool Swartland se 21ste jaarlikse atletiekkliniek. Sepeng het 'n silwer medalje by die 1994 Commonwealth-spele gewen, 'n silwer by die 1996 Olimpiese Spele en 'n silwer in die 1999 Wêreld Kampioenskappe. Tertius Liebenberg, afrigter van spiesgooier Sunette Viljoen, sal die spiesgooi-atlete onder sy vlerk neem. Die kliniek begin Vrydag om 17:30 en loop Saterdag om 13:30 tot 'n einde.

Tickets up for grabs for Stellenbosch Color Run

Wesbank Rugbyklub Algemene Jaarvergadering 18 Januarie: Die Wesbank Rugbyklub hou hul Algemene Jaarvergadering om 19:30 in die Wesbank Gemeenskapsaal. Alle spelers en voornemende spelers word versoek om by te woon. Kontak André Adams by 083 797 2858 met navrae. OK Minimark / Castle Rugby 7's 29-30 Januarie 2017: Dit is weer die tyd van die jaar vir die OK Minimark/Castle Rugby 7's. R28 000 se pryse te wen.

PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm

and raise money for every ticket sold under your unique Fun Raiser code. To give back, contact The Color Run on hello@thecolorrun.co.za. Heart FM is the official media partner to The Color Run in Stellenbosch and DJs will be on the decks welcoming Color Runners with awesome beats as the run gets underway. Tickets are available online from The Color Run website (http://thecolorrun.co.za/tickets/) and Facebook (www.facebook.com/TheColorRunSouthAfrica), and are priced from between R225 and R300. Manual entry points are listed on The Color Run’s website. Stay tuned to Heart FM on your frequency for updates and awesome giveaways. Color Runners will each receive a race pack with includes a Rainbow Tour edition race T-shirt, headband, bag of colour powder, temporary tattoos, and a race number.

Win:

Five lucky readers can win double tickets to this event. Sms your name, surname and hometown, together with the answer to the question below to 084 8333 813 before 10 February @ 15:00. Question: Where will this Colour Run be held?

Boland Gholf banks promotion at SA U-19 IPT

Never Despair 5 Februarie: Die Never Despair-rugbyklub besoek die Volle Evangeliekerk op Malmesbury waar Dr Andrew Mesanie 'n diens aan die klub sal voorhou. Die diens begin om 10:00. Kontak Kaza Pieters by 076 690 6520 met navrae. Piketberg Toerisme 11 Februarie: Kom geniet 'n lekker somermark by museumgronde vanaf 9:00 tot 14:00. Heerlike kontrei vrugte, water-aktiwiteite, tuisgebak, gratis waatlemoen skywe, handwerk stalletjies, gratis vermaak, historiese Piketberg staptoere en veel meer. Riebeek Valley Olive Festival 6-7 May 2017: Save the date for the Riebeek Valley Olive Festival. For further information: www.riebeekvalleyolivefestival.co.za Franschhoek Village Market Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar)

Kerke • Churches Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.

The Color Run South Africa will be pulling into Stellenbosch, to conclude its magnificent Rainbow Tour. Stellies will be your last opportunity to get your rainbow on before the launch of the new season. When: 18 February 2017 Where: Hoërskool Stellenbosch Time: 08:00 The Color Run is the single largest event series in the world, painting over 40 countries in rainbows. And Stellenbosch will get to experience what over four million participants have enjoyed – a five kilometre un-timed race in which thousands of participants, or “Color Runners”, are doused from head to toe in a different colour at each kilometre. The “Happiest 5k on the Planet” has experienced unprecedented success in South Africa, thanks in part to the support of headline sponsor, Capitec Bank. Capitec Bank and The Color Run have partnered with Adopt-a-School Foundation and are donating R10.00 from every ticket sold to support education in each city hosting The Color Run. Additionally, charity and school fundraising is a big part of The Color Run. Register your own school or charity on the Fun Raiser programme

Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar 14 Januarie : De Waal Esterhuizen preek om 9:30, Voortrekkerweg 48. Malmesbury Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury Dienste word hervat op 8 Januarie 2017 Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 14:00 by 022 487 3233.

Left: 2016 SA U-19 Inter-Provincial B-Division champions Boland; credit SAGA. Back, left to right: Dandre Spies, Herman Loubser, manager Alwyn Zaayman, Riaan Rooi and Willem (LB) Boshoff. Front, left to right: Aidon Willemse, Ethan Smith, captain Tyrone Davidowitz and Daniel Cronje. Boland edged out Mpumalanga by one single point to snatch the coveted promotion in this year’s B-Section matches of the South African U-19 Inter-Provincial Championship at White River Country Club on Friday. Alwyn Zaayman’s charges had stacked up victories against Northern Cape, North West, Limpopo, Border and Eastern Province in the first three rounds. With 10 points in hand, the log leaders held a slender one point lead over Mpumalanga and needed just to draw the match to win, but Boland knew facing the home favourites in their own back yard would be a tall task. “Mpumalanga has had a lot of local support this week, so we knew we were up against it with a tough team and the crowds,” Zaayman said. “Our mandatory rest day on Thursday definitely impacted positively on the team and eight very determined young gentleman teed off this morning. I told them we’d crossed five hurdles, so let’s just go out there and get over the last one.” A change in the format inadvertently played to Boland’s strengths. Due to heavy thunder storms and lightning forecast for the afternoon, the final round started with singles followed by foursomes. In their first five matches, Boland banked 34 out of a possible 40 points available in the singles and, despite everything Mpumalanga threw at them, the team emerged with a 5 – 3 lead. Ruan Groenewald scored the first point for Mpumalanga when he defeated Ethan Smith 5 & 4, but Riaan Rooi downed Banele Mavuso 4 & 3 to level the score. Aidon Willemse and Herman Loubser added two more points to Boland’s tally and Dandre Spies, Daniel Cronje, Willem Boshoff and skipper Tyron Davidowitz took their total to five points when the quartet all halved their games. “Starting with the singles definitely gave us a chance to build a cushion, but it was very tight and the result speaks volumes about the guts and determination of this team,” said Zaayman. “We were up in seven games, but Mpuma-

langa’s players really stepped it up after the turn. Dandre, Daniel, Willem and Tyron hung tough all the way to the end to give us the cushion. We went into the foursomes needing just one point to draw the match and the guys knew the score. “Tyrone and Willem took on Cameron Borcher and Jacques Brits and bagged us the vital point with a 2 & 1 win. If you want to know who the most valuable player in the team was this week, just look at all eight names. This team batted fantastic from one to eight. They played as a unit and they supported each other right up until the end and that’s why we earned promotion. “They are a gritty group of golfers and they just don’t know how to quit. Every player in the squad can fairly share in this triumph. I am incredibly proud of our team, for their complete commitment to the team, their dedication to each other and showing great strength of character when the going got tough. “Finally we congratulate Mpumalanga on hosting a fantastic inter-provincial and we toast their team for a highly entertaining, hard-fought final round battle.” Mpumalanga reached the final match with four victories and two draws and another allsquare result helped the side to edge out North West for second in the standings. In the final matches, North West beat Eastern Province 9 – 3 and Border eked out a narrow 6.5 – 5.5 victory against Border. B-SECTION Final Round Scores Boland 6 vs Mpumalanga 6 Northern Cape 5.5 vs Border 6.5 North West 9 vs Eastern Province 3 B-SECTION LOG (Pos-Union-Played-Won-Drawn-Lost-PointsMatches won) 1 Boland (6, 5, 1, 0, 11, 54.5) 2 Mpumalanga (6, 4, 2, 0, 10, 52) 3 North West (6, 4, 1, 1, 9, 45) 4 Eastern Province (6, 3, 0, 3, 6, 37) 5 Limpopo (6, 2, 0, 4, 4, 28.5) 6 Border (6, 1, 0, 5, 2, 19.5) 7 Northern Cape (6, 0, 0, 6, 0, 15.5)


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCIES A clothing factory in the Malmesbury area has vacancies available for the following positions: •Qualified machinists If you are interested and have the necessary experience please fax CV to 0865855813 by 31 January 2017. #3324 -----SWEISER EN HANDLANGER Benodig 'n sweiser en handlanger vir 'n staalbedryf in veiligheid. Verwysings moet voorgelê word. Salaris sal betaal word volgens kwalifikasies en vaardigheid. Skakel 082 780 0079 of 083 961 9009 #3325 ----------------------------GESOEK WANTED Lady - 43. Looking for a job as childminer, housemaid, office cleaner. Have references. Contact 084 9037076 / 074 634 0641 #3326 ----------------------------TE HUUR TO LET Een-vertrek (bachelor) woonstel in middedorp van Malmesbury te huur @ R2 150,00 per maand. Beskikbaar 1 Februarie 2017. Kontak Monique vir aansoekvorm by 0224821101 #3327 -----SAKEPERSEEL te huur. Baie sentraal in Voortrekkerstraat oorkant Spar. 110m² Onmiddellik beskikbaar. Kontak 0833574446 #3328 ----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

SARAH SEPTEMBER 12 Januarie - Baie geluk aan my alles in een Ma. Hoop dus 'n wonderlike dag. Lief vir Ma - Nicky #3332 -----Liefste Mammie, baie geluk met u verjaardag. Dankie dat Mammie ons ma is - Chrizaan, Timo, Zenobia, Tristan & Keagan #3333 ----Baie geluk my liefste Ouma. Geniet die daggie en lekker verjaar. Erg liefies vir jou my ouma. Van: Leona #3334 ---Liefste Mammie, baie geluk met u verjaardag. Geseënde dag met liefde en voorspoed Christopher, Liezel en kinders #3335 --------------------------

CLAUDIA PIETERSEN - 14 Januarie. Baie geluk my liefste dogter met jou 18de verjaardag. Geseënde lewensjaar. Liefde Mammie, Ashley en Bradley #3336 -----Baie geluk Koeks. Alles wat mooi is. Lekker verjaar - Nicky #3337 -----Baie geluk liefste Koekie. Jy moet jou daggie geniet - Liefies vir jou van Leona #3338 -----Veels geluk Claudia. Lekker verjaar. Baie liefde - Tannie, Timo en kinders #3339 ----------------------------JOHN WILLIAMS - Baie geluk met u verjaardag op 7 Januarie. Mag God u ryklik seën.Geniet dit en kaas dit - Sonia Loubser en gesin #3329 -----------------------------

SHARELENE en HENRI, baie geluk met jul verjaarsdag op 13 Januarie. Mag dit 'n baie mooi en gelukkige dag vir julle twee wees. Liefde - Mamma, Hannes, Twaylan en Dehandri #3330 -----------------------------

DEHANDRI - Baie geluk met jou sewende verjaardag op 10 Januarie. Lekker verjaar - Ma Sharelene, Twaylan, Ouma en Hannes #3331 -----------------------------

11 Januarie 2017

MARIA (RINA) SOLOMONS Mammie se eerste verjaardag weg van ons. Die gemis is groot. Sal altyd aan u dink - Kinders, kleinkinders en agterkleinkinders #3342 -----------------------------

NEHEMIA, DANIELLE, SOFIA, ARDENAY, CATHY and CHRISTINA - Queens are born in January. Happy Birthday to the spectucular ladies of January 2017 #3340 -----------------------------

Geluk met jou "crown birthday" RAVEN... Van - Pietersen en Titus gesin #3341 ----------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM

DELVOLENE BROWN 23.11.1981 tot 02.01.2017 - Skielik heengegaan maar sal voortleef in ons harte. Rus sag. Van Colla & Anne Brown & gesin #3351 -----Ons gaan jou baie mis. Jy is op die heel beste plek. Jou plek is leeg- Brown niggies en nefies #3352 -----Rus in vrede jou plek is leeg. Mis jou al klaar- Brown ooms en tannies #3353 -----Ons mis jou alreeds Dellie. Rus in Vrede -Van Rooy Tannies en ooms #3354 ----Skielik heengegaan. Sal jou onthou soos jy was - Liefdevol en saggeaard - Van mammie, jou suster en seun #3355 -----------------------------

JOSEPH "JOEY" MULLER - 'n Jaar wat Pappa weggeneem is. Nie 'n dag wat ons nie aan Pappa dink - Ena, Granville en Alfranco #3343 -----Reeds een jaar en voel soos gister. Ons mis jou nog elke dag Pappa. Liefde Gretchen, Bradley, Bradwin #3344 ----Mis jou baie, maar ek gun jou die rus. Tot ons weer ontmoet. Liefde - Anna #3345 ----Pa, die gemis is groot, maar ons weet Pa is veilig by Jesus. Liefde - Brunelda, Denver, Lucian, Dunay en Brenay #3346 -----Rus in vrede. Ons mis Pa baie. Van: Wilmarie, Ivan en kinders #3347 ----------------------------DANIEL PIETERSEN - 8 Januarie. Jou eerste verjaardag weg van ons. Verlange is groot, maar jy is in rus en vrede - Vrou, kinders, Ma Stienie en Ma Sonia Loubser -----------------------------

Op 1 Januarie sou dit jou 21ste verjaardag gewees het, maar nou is jy veilig by jou Verlosser - Ouma Sarie & familie #3348 -----------------------------

12 January is your seven birthday away. Miss you every day. Your beloved girlfriend Yvonne, Lorenzo and grandchild, Levine #3349 -----------------------------

KAREL JACKSON - 12 Januarie 'n jaar wat jy by jou Hemelse Vader is. Mooi herinneringe sal altyd bybly. Van kinders en kleinkinders #3350 -----------------------------

7


courant

12

dié

11 Januarie 2017

BERGRIVIER SPORT

Tel: 022 487 3221

Never Despair gasheer vir sewes

‘n Totaal van agt spanne is vanjaar by Never Despair se vierde Gammat 7-a-side toernooi te sien. Die interne Sewes Rugbytoernooi het spelers van oral genooi, wat die komende Vrydagaand by die Alfastraat Alfastraat Sportgronde te sien sal wees. Spelers kan tot uit die WP Rugbyliga verwag word. Volgens organiseerders word daar ‘n groot opkoms verwag.

Die spanne bestaan uit die Kenian Kings, Die Bahamas, Black Roses, Prime Dogs, Young Guns (onder 25), Super Dudes, Jumbo’s en The Fastest Ever. Wedstryde sal om 18:30 begin. Toegang kos R 10 vir volwassenes, R 5 vir kinders en R 10 vir motors. Geen drank sal toegelaat word by die hekke. Kontak Lance Levendal by 061 958 6882 vir enige navrae.

11 Januarie 2017

Atletiekkliniek:

Die olimpiese atleet Hezekiel Sepeng sal dié naweek atlete touwys maak by die Hoërskool Swartland se 21ste jaarlikse atletiekkliniek. Sepeng het 'n silwer medalje by die 1994 Commonwealth-spele gewen, 'n silwer by die 1996 Olimpiese Spele en 'n silwer in die 1999 Wêreld Kampioenskappe. Tertius Liebenberg, afrigter van spiesgooier Sunette Viljoen, sal die spiesgooi-atlete onder sy vlerk neem. Die kliniek begin Vrydag om 17:30 en loop Saterdag om 13:30 tot 'n einde.

•TWEE KRAGMETINGS VIR BERGRIVIER

Groot aksie in komende rugbytoernooie opgedis Plaaslike ondersteuners en rugby entoesiaste kan binnekort na die vierde Bergrivier Sewestoernooi asook die Bergrivierbeker-rugbytoernooi uitsien wat eersdaags afskop. Albei rugbytoernooie is onlangs by die Piketberg Museum bekend gestel, waartydens die Bergrivierbeker na die Burgemeestersbeker herdoop is.

NUUS • NEWS

Volgens die uitvoerende burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit, raadsheer Evert Manual, is dit vir hom 'n groot eer dat die toernooi só heet. Die toernooi word ook nou deur die munisipaliteit geborg. Die sewes-toernooi vind op 21 Januarie op Piketberg plaas, terwyl die Burgemeestersbeker-

-rugbytoernooi op 11 Februarie afskop en op 2 April afsluit. Die spanne wat hier gaan deel neem, is Piketberg Rhinos, Zebras (Piket-BoBerg), Red Stars (Redelinghuys), Moutonshoek, Porterville (Bo-Berg), Porterville, Villagers, Wittewater, Koringberg, Aurora en Gelukwaarts (Porterville).

Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner : 4 Januarie : Enkel Stableford- Pine Pienaar 21; Gerhard Immelman 19; Gerdus Carstens 19; Herman Treurnich 19; Andre Uys 18 Vrydag, 6 Januarie : Enkel Stableford- Brain de Beer 21; Robin Sommerville 20; Freek Stander 20; Roy Wynton 19 Saterdag, 7 Januarie : Beterbal Stableford Vermenigvuldiger J De Beer & JB van Wyk 84; H Viljoen & G Williams 79; W van Niekerk & A Ackerman 79; A Pienaar & P February 75; S Klasen & E Petersen73; M Jacobs & R Shaw 70; W van Abo & F Geldenhuys 66 Malmesbury (72) Samespel-stableford (vermenigvuldig) : N Goosen & R Venstra 88; T Esterhuizen & P Jackson 79; C Schacht & T Potgieter 74; S Klasen & J Smith 72 Darling (72) Enkel-Stableford : H Basson 39, L Husselman 38, B Kirsten 35, K de Jongh 34, G Duckitt 34, A Retief 33, A Versveldt 33


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bergrivier 11 Januarie 2017 (402) by DieCourant - Issuu