courant
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
Gratis âą Free
tel: 022 487 3221
Uitgawe 243
die
swartland en weskus
9 Oktober 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Skoutyd, baaltyd
Fanie Basson, met pyp in die mond, van die plaas Welgemeend by Malmesbury, voer self ân ou baalmasjien gedurende ân demonstrasie van die werking van die ou McCormick-masjien Saterdag op die jaarlikse Malmesbury Landbouskou. Die masjien dateer uit die dae van draadbale. Die Swartland Veterane Trekker-klub het weer heelparty antieke trekkers by die skou vertoon.
âąleier spel sakefilosofie uit by viering
âLandbou regte plekâ Landbou is die sport om in te wees. Ek sĂȘ dit as ek kyk na hoe ons dit by Kaap Agri reggekry het om van ân R3,6 miljard omset in 2011 tot ân R5,7 miljard omset in 2012 te groei. SĂł het Sean Walsh. sedert Augustus 2011 besturende direkteur van Kaap Agri, Vrydag by Tomis Abattoir buite Hermon gesĂȘ. Die geleentheid was die viering van Tomis Abattoir se 20ste bestaansjaar. Walsh het aan die groot groep boere en landboumense gesĂȘ: â90% van wat met ons gebeur, is in ons eie hande. Te veel organisasies is vasgevang in die onsekerheid van die toekoms. âHulle klou vas aan die bekende, die verlede. âOns het in 2009 as maatskappy besluit ons gaan nie deelneem aan die resessie nie. Die besluit was om ân toekoms vir onsself te skep, anders gaan ons agteruit boer. âOns het nie een persoon afgelĂȘ nie en die afgelope drie jaar 700 mense aangestel. âAanstaande jaar gaan ons nog 200 mense permanent aanstel. âDit is belangrik om betekenisvol te wees. Dit is ook Tommy van Tomis se strewe om kwaliteit vleis te lewer,â het Walsh gesĂȘ Walsh het gesĂȘ dit is baie maklik om in iemand te glo wat betekenisvol is. âDie beleid van âFirst purpose, then profit,â werp hier vrugte af. âân Sakefilosofie soos hierdie wat begin by
Dr. Jasper Coetzee, Laurie Terblanche, Sean Walsh van Kaap Agri, James Berry van Meadow Paarl en Tommy Moolman van Tomis Abattoir Vry dag by die viering van Tomis Abattoir se 20ste bestaansjaar. mense, begin by die regte plek. âFokus op mense, dan kliĂ«nte, dan besigheid en dan aandeelhouers. âOns is positief oor landbou. âWees betekenisvol tot 10:00. Staan op om ân verskil te maak in mense se lewens.â Die afgelope boekjaar was Kaap Agri se omset R4,52 miljard, die wins R102 miljoen, die dividend wat aan aandeelhouers uitbetaal is R26
miljoen en daar is tans ân personeel van 2000 landwyd en in NamibiĂ« in diens. Op sy beurt het James Berry, hoof operasionele bestuurder van Meadow, die Tomisgroep gelukgewens met hul eerste 20 jaar. Hy het ook vertel van die vennootskap met Tomis veral ten opsigte van hoogs tegnologies gevorde voermetodes. âKwaliteit is vir ons prioriteit,â het hy bygevoeg.