520 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus & Bergrivier

dié

29 Mei 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 520

•LEROUX VAN VUUREN VAT DIE PAD

29 Mei 2019

‘n Vriend se grap word heelword-reis •Madi Pieterse Op die regte tyd en op die regte plek het twee jarelange vriende se kuier om `n braaivleisvuur die wegspringblok geword van `n doelgerigte staptog oor honderde kilometers en `n heelwordproses vir `n stukkende mens. Leroux van Vuuren het die aand vir sy vriend Ruan Theron vertel hoe hy na sy kinders verlang, wat bykans 1500 kilometer vêr in Langebaan woon. Wetende dat Leroux nie vervoer het nie, het Ruan grappenderwys geantwoord: “Wat`s fout met jou? Stap as jy wil gaan.” Die woorde het die saadjie geplant en niks kon die verlangende pa keer nie, nie eers dat hy besig was om te herstel van `n heupbreuk na `n ernstige motorongeluk in Augustus verlede jaar nie. Ruan het besef sy vriend was vasberade en het aangebied om die logistiek te behartig. En Leroux het besef dat hy die staptog kan gebruik om fondse vir liefdadigheid in te samel. Leroux het in 2014 bekendheid as Kokkedoor-deelnemer verwerf en was ook aangewys as Onthoukok. Sy restaurant naby Club Mykonos, wat intussen toegemaak het, was ook wyd en syd bekend. Dit het daartoe bygedra dat hy sommer gou-gou oornagplek en aandete gehad het op elke dorp wat hy sou aandoen. Hy vertel ook dat almal, behalwe een, gesorg het dat hy ook padkos het. Maar ook hierdie storie het `n gelukkige einde gehad… Leroux was al sowat `n kilometer oppad toe sy weldoener bel en vra of hy dalk padkos wou saamneem. Leroux het omgedraai, sy padkos gaan haal en vir `n tweede maal die dag se afstand aangepak. Omtrent op dag 26, iewers op die wye oop vlaktes van die Vrystaat en sowat agt kilometer van sy bestemming af, het `n volgelaaide bakkie met ses mans langs Leroux gestop. Dit was ene mnr Piet Besembos en ondersteuners van sy nuutgestigte politieke party wat oppad was. Die manne wou opsluit vir Leroux oplaai, maar die bakkie was reeds oorvol en Leroux se kilometers vir die dag byna agter die blad en hy het die aanbod van die hand gewys. Leroux het weer in die pad geval. Nie lank nie, toe is die bakkie en sy passasiers terug met `n vuurwarm pasteitjie en `n yskoue Coke vir die moeë stapper. Sy lewe lank was Leroux nie eintlik `n sportman nie en om so doelgerig te oefen, het dissipline geverg. Met die aanbreek van die eerste dag was hy oortuig daarvan dat hy top-fiks en gereed was vir elke dag se beplande afstand van 40 kilometer. Die realiteit van trokke en karre,

Hooffoto: Leroux saam met sy kinders, CJ en Ella, en Barbara. Inlas: Bruingebrande voete wat baie kilometers afgelê het. `n Paar plakkies lê naby genoeg om vinnig aan te glip.

ongelyke pad-oppervlaktes en veranderende weersomstandighede het gou ingesink en skaars tien kilometer weg op dag een en die man voel sy tong sleep op die grond. En dit voel kompleet die kilometers word meer en nie minder nie. Die eerste drie dae was byna-byna ook die laastes. Maar hy was oppad na CJ en Ella toe, sy twee kinders wat vir hom alles beteken en elke tree het hom nader aan hulle gebring. Op dag vier het alles verander. Leroux glo sy brein het ingeskop, sy liggaam was gekondisioneer en van toe af was dit net ‘smooth sailing’. Die kilometers en dae het soos kaarte verbygeflits. En Leroux het bagasie afgegooi, jare se emosionele bagasie, groot seerplekke van sy menswees, emosionele skade wat hy gelei het as gevolg van verkeerde besluite, `n vriend wat dood is in sy matriekjaar, sommer alles wat sleg was is iewers langs die pad gelos. En hy het besef hy is `n pleister-ou, wat sy lewe lank letterlik en figuurlik pleisters op seerplekke geplak het en gehoop het dit gaan gesond word. En `n toegeplakte blaas onder sy voet was die grootste bewys dat dit nie werk nie, dat dit nooit gewerk het nie, en dat dit sweer daar waar die pleister geplak is. Die onversorgde, toegeplakte blaas het binnekant gesweer en dit was so hittete of

Leroux moes handdoek ingooi. Hy het ook van die begin af geweet dat hy die reis stoksiel-alleen moes aanpak, sonder noodvoertuie en sonder `n ondersteuningspan. Net hy, en hy en God. Hy het besef dit waarna hy altyd gestreef het - wêreldse dinge – is gemors. Al wat belangrik is, is CJ, Ella en hyself. En wanneer elke mens se basiese behoeftes – kos, water, slaapplek en aanvaarding – vervul is, niks anders belangrik is nie. Leroux staan gestroop, soos die dag toe hy stoksielalleen langs die pad tussen niks en nêrens sy klere van hom afgestroop en naak gestaan het en besef het dat hy vir die eerste keer in baie jare staan met niks nie en dat die verantwoordelikheid vir sy pad vorentoe net by homself lê. • Die vêrste afstand wat Leroux op een dag afgelê het, was 68 kilometer Sy ‘stapgenoot’ was Barbara, `n driewielwaentjie, waarin bagasie en padkos gepak was. Sy is vernoem na die gasvrou waar ‘hulle’ die eerste aand oornag het. Die einde van die reis is Woensdag by Tygervallei Radio, waarna Leroux hom gaan afsonder om sy reis op papier te verewig.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
520 dié courant Weskus en Bergrivier by DieCourant - Issuu