520 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

29 Mei 2019

55.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 520

29 Mei 2019

•STREEK SE GRAANLANDE IN GROEN GEKLEUR

‘Opkoms lyk goed’

Die meeste gewasse wat deur produsente in die Swartland en dele van die Bergrivier geplant of gesaai is, is in die grond. Nou wag boere vir opvolgreën. “In die Swartland is meeste produsente klaar geplant wat alle gewasse (koring, kanola, weidings) betref, sê Gareth de Bruin, landbou-ekonoom by Kaap Agri. Volgens hom is dit nog te vroeg om ‘n indruk rakende opkoms te gee, maar bevestig wel dat die meeste gesaaides, veral koring nou besig is om op te kom. “As gevolg van onlangse reën, behoort opkoms goed te wees.” Die onlangse reënval was noodaaklik vir goeie ontkieming, verduidelik De Bruin. Hy voeg egter by dat opvolgreën binnekort ideaal sal wees. Volgens Izane Leygonie, landboukundige van Soill, is kanolaprodusente veral positief ná die onlangse reënbui. “Geen siektes of plae het tot op hede kop uitgesteek nie, so vir nou is die grootste bekommernis reën.” Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap is dit ook eens dat die onlangse reën verwelkom is deur produsente wat besig was om te plant. Hy sê egter gewasse gaan swaarkry as dit nie in die komende week reën nie. “Die Swartland het nou dringend opvolgreën nodig en gegewe die reënval van die volgende paar dae, behoort ons teen die einde van volgende week ‘n beter

idee te hê van hoe die seisoen vir die Swartland kan uitdraai,” voeg hy by. Opnames rakende hoeveel hektaar koring en kanola vanjaar in die Swartland en in die omgewing van Piketberg en Porterville aangeplant is, is tans onderweg, maar volgens De Bruin is daar volgens die oesskattingskomitee vroeë aanduidings dat daar in die Wes-Kaap ‘n toename van 1.88 % (totaal van 324 000 ha) vir koring verwag word. Volgens Soill is aanplantings van kanola in die Swartland redelik konstant met verlede jaar se 21 654 ha kanola wat geplant is, terwyl aanplantings in die Wes-Kaap op ‘n totaal van 67 000 ha dui. “Tans is daar ongeveer 21000 ha kanola in die Swartland aangeplant," sê Leygonie. Volgens die meeste produsente is daar in droë grond geplant. Gedurende én ná planttyd, was temperature bo-gemiddeld. “So ons was bekommerd dat sekondêre dormansie weer te voorskyn mag kom. Geen gevalle van sekondêre dormansie is gelukkig tot op hede aangemeld of geïdentifiseer nie.” Sy voeg by dat die stande tans goed in alle areas lyk, maar dat reën inderdaad nodig is. “Daar is nog voldoende vog in die grond na die lekker reënbui van verlede Maandag, maar opvolgreën sal binne die volgende twee tot drie weke moet realiseer.” Meeste produsente sê kanola het ná die twee reënbuie op 3 en 8 Mei opgekom. Sommige produsente, wat in swaarder tipe gronde geplant het,

sê kanola het eers ná verlede Maandag se reënbui begin ontkiem. Sy verduidelik dat die kanola nou staatmaak op die teenwoordige grondvog. “Kanola is baie droogteverdraagsaam, dit het ons in 2017 gesien. Die kenmerkende wortelstelsel het ‘n unieke manier om vog te gaan soek in die grond. Meer reën sal egter toestande baie verbeter,” voeg sy by. Giel Hugo, Overbergse weervoorspeller wat in Maart vanjaar by die jaarlikse SKOG-voorsaaidag op Langgewens-proefplaas buite Moorreesburg met produsente kom gesels het, het tóé gesê dat langtermyn weervoorspellings daarop dui dat die Wes-Kaap, en in besonder die Swartland en selfs die Overberg, nie vanjaar soveel reën kan verwag as in dieselfde periode van 2018 nie. Daar word egter voorspel dat dit wel meer sal wees as wat daar in die besonderse droë 2017 was. “Wat reënval in die provinsie betref kan daar waarskynlik ’n meting tussen die syfers van 2018 en 2017 verwag word. Vanjaar sal waarskynlik nie ’n swak jaar vir die landbou in die Wes-Kaap wees nie.” Dit blyk uit die modelle dat die noordelike dele van die Swartland droër kan wees as die suidelike dele van die streek. Die moontlikheid bestaan dat daar aan die einde van 2019 minder water in die Wes-Kaapse damme kan wees as aan die einde van 2018. - Charlotte Lesch

NUUS • NEWS


2

29 Mei 2019

Windlemme toer deur Swartland Motoriste sal tussen Mei vanjaar en Januarie aanstaande jaar weer groot vragmotors met swaar vragte op die paaie in die Swartland gewaar. Hierdie vragmotors sal dele van windturbines vervoer tussen die verskillende aanlegte en sal vanaf Saldanhabaai en Atlantis op die N7 gesien kan word. Die vragte sal via Moorreesburg, Riebeek-Wes, Riebeek-Kasteel, Hermon, Wolseley, Worcester en De Doorns na die Perdekraal-Oos-windplaas buite Ceres vervoer word. 'n Beroep word op motoriste gedoen om ekstra versigtigheid aan die dag te lê en om nie te na aan die abnormale vragte te bestuur nie en om ook alle beheermaatreëls na te kom. Ekstra versigtigheid moet ook geneem word wanneer die vragmotors verbygesteek word, aangesien die totale lengte hiervan tot en met 58m is. Die reisskedules is by www.perdekraaleastwind.co.za beskikbaar. Die Perdekraal-aanleg sal in totaal oor 48 turbines beskik, met 'n hoogte van 168m elk. Konstruksie het in Junie verlede jaar in aanvang geneem en met die krag wat hier opgewek word, sal sowat 95 000 huise van elektrisiteit voorsien word. Die lemme van 53m sal oor sowat 94km vervoer word met 'n totale gewig van 86 ton.

NUUS • NEWS

Die windlaaiers wat op twee nuwe aanlegte opgerig word, se lemme word nou deur die Swartland vervoer.

Biathle-kampioenskap: Selma du Preez, leerder aan die Hoërskool Swartland op Malmesbury, het onlangs aan die WP Biathle-kampioenskappe deelgeneem en aan onder andere hardloop- en swem-items op Bredasdorp deelgeneem. Sy het 'n algehele eerste plek vir meisies o.17 behaal. Sy is in die WP-span opgeneem wat gedurende Junie aan die SA-kampioenskappe in Durban gaan deelneem. Foto: Facebook

Studente:

Die derde groep studente van die West Coast Community Foundation het hul eksamen in Basiese Rekenaar-onderrig afgelê. Hier is Sandra Leander, Avron Abrahams, Margaret Tippens (kantoorbestuurder), Tania Hammer, Christel Albertus en Nettie Klaasse. Shahyda Esau, die fasiliteerder, is afwesig. Die intermediêre-klasse begin eersdaags.

22 & 23 June 2019 COME RAIN OR SHINE AND HOPEFULLY SNOW! TULBAGH WILL BE CELEBRATING! ENTRANCE FEE: Adults - R125 per person

This includes a wine glass and an entry to win an amazing prize to the value of R26 000!

Ages 13 - 17 - R60 per person Under 12 - No Charge

TICKETS AVAILABLE

ONLINE

CONTACT TULBAGH TOURISM FOR MORE INFORMATION: Tel/fax: 023 2301 348 / 375 E-mail: info@tulbaghtourism.co.za Web: www.tulbaghtourism.co.za

Reënval in April in lyn met 2018

Met die winterkoue wat sy kloue in Swartlanders slaan, het die reën nog nie behoorlik oor die gebied uitgesak nie. Volgens Robin-Lee Batties van die Suid-Afrikaanse Weerkantoor, blyk dit dat die reënvalsyfer van April vanjaar ooreenstem met dié van April 2018 volgens reënvaldata wat op Malmesbury en Langgewens gemeet is. Mei se syfers is egter sover die helfte van die gemiddelde reënvalsyfer wat verlede jaar in die omgewing van Malmesbury en op Langgewens ontvang is. Malmesbury het vandeesmaand tot dusver 32.8 mm reën ontvang in vergelyking met verlede jaar se reënvalsyfer van 65.4mm. Langgewens se reënvalsyfer is vandeesmaand sover 31.6mm, terwyl daar 70.2mm reën verlede jaar dieselfde maand op Langgewens gemeet is. Daar word geen verdere reën vir die omgewing vir die res van die week voorspel nie en daarom lyk dit of ons vandeesmaand ondergemiddeld gaan wees, sê Batties. Die langtermyn gemiddeld (1994-2006) vir Malmesbury vir April is 25mm en 49mm vir Mei. Die langtermyngemiddeld vir (1994-2006) vir Langgewens vir April is op sy beurt 29.7mm en 53.4mm vir Mei. “2017 was ’n baie, baie droë jaar in terme van reënval. Syfers was ver onder die gemiddeld,” voeg sy by. Anton Bredell, Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning het Maandag in ‘n persverkalring gesê hy is verjeug oor die Wes-Kaapse damvlakke wat onlangs weer begin styg het. Hoewel daar volgens weerkenners baie meer reën in die komende maande verwag word, moedig hy steeds inwoners aan om water te bespaar.


NUUS • NEWS

3

29 Mei 2019

Sakekamer vergader met Swartland Munisipaliteit Die Malmesbury-sakekamer se jaarlikse vergadering met die Swartland Munisipaliteit, vind 18 Junie om 18:30 in die stadsaal plaas. Die munisipaliteit tree as gasheer van die aand op en hier word die nuwe begroting en tariewe verduidelik, nuwe verwikkelinge en meer word met die gehoor gedeel.

Vrae kan ook vooraf aan die voorsitter, Izélle Fouché, gestuur word by info@sakekamer.co.za. Die kostes beloop R140 vir lede en R180 vir nie-lede en sluit aandete in. 'n Kontantkroeg is ook beskikbaar. Bespreek jou plek vroegtydig by info@sakekamer.co.za.

Besoek ons Facebook-blad en wees altyd op die voorpunt van nuus!

Minister:

Minister Alan Winde, wat verlede week as Premier van die Wes-Kaap ingehuldig is, het Donderdag sy kabinet bekend gemaak en die Swartland word weer hier verteenwoordig deur Minister Anton Bredell wat in sy amp as Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkeling aanbly. Die res van die kabinet lyk soos volg: Minister van Vervoer en Publieke Werke: Bonginkosi Madikizela; Minister van Gemeenskapsveiligheid: Albert Fritz; Minister van Gesondheid: Nomafrench Mbombo; Minister of Onderwys: Debbie Schäfer; Minister van Landbou: Ivan Meyer; Minister Kultuursake en Sport: Anroux Marais; Minister Sosiale Ontwikkeling: Sharna Fernandez; Minister van Finansies en Ekonomiese Geleenthede: David Maynier; Minister van Menslike Nedersettings: Tertuis Simmers.

Fighting the flu effectively

The winter months in the Western Cape is usually associated with colds and flu. Getting a flu vaccine can reduce your chance of getting the flu and can also reduce visits to the health care facilities and missed work and school days. Although the optimal time for vaccination for the South African influenza season is around March and April each year, it is not too late to go for your flu vaccination. If you fall in the high-risk* group who should be vaccinated, it is strongly recommended that you get vaccinated as soon as possible as you are more prone to complications if infected by the Influenza virus. The Western Cape Government Health offers free flu vaccinations to patients at its primary healthcare facilities. What is influenza and what are the symptoms? The National Institute for communicable diseases describes Influenza, also called flu, as an acute viral respiratory infection transmitted by the influenza virus. This virus has three main types A, B and C. Influenza A is classified into different subtypes. Currently there are three circulating seasonal viruses including the H1N1-virus (commonly known as swine flu) and two other types of influenza. The flu virus spread mainly by droplets made when people with flu cough, sneeze or talk. These droplets can land in the mouths or noses of people who are close by. You can also catch flu by touching a surface or an object that has flu virus on it and then touching your mouth, eyes or nose. The signs and symptoms of influenza are: • Sudden onset of fever • Acute upper respiratory symptoms: dry cough, sore throat • General symptoms: malaise, headache, fatigue, muscle pain and body aches, cold shivers and hot sweats

• Some people, especially children, may have vomiting and diarrhoea When should the vaccine be administered? The flu vaccine is developed each year according to the prediction of strains that will be in circulation for that season and should therefore be administered every year as the strains evolve continuously. For the South African influenza season, the optimal time for vaccination is around March/April each year. The vaccine is effective after 10-14 days and the flu season typically starts around May, However, it is not too late to get vaccinated. *Who should get a flu vaccination? While most influenza illness is mild, complications (particularly pneumonia) are always a concern in persons with underlying conditions or certain risk factors. The Western Cape Department of Health received 90 120 units of the flu vaccination for patients at risk. The flu vaccine is recommended for the following groups: • Pregnant women at any stage of pregnancy (including 2 weeks after delivery) • Persons over 6 months of age with medical conditions such as chronic respiratory (asthma, tuberculosis), cardiac diseases, chronic renal diseases, diabetes mellitus, individuals who are immunosuppressed (e.g. HIV) • Residents of old-age homes and chronic care and rehabilitation institutions • Persons over the age of 65 years • Adults and children who are family contacts of high-risk cases How effective is the vaccine? The vaccine offers protection to all patients who received but is less effective on patients older than 65 or patients whose immune system is under pressure. However, these high risk groups of people do get enough protection from the vaccine to ensure that they are less affected by the flu virus.

GRE

AT

ER SUP E R V SA

L DE A

WINTER WARMERS

BEEF SHORT RIB

59

.99 p/kg

B E ST

99

.99 each

59.99 p/kg

G Es HU g i V n

BU Y

PORK LOIN CHOPS 2KG BOX

STEWING BEEF BULK

SA

BEEF FILLET WHOLE

129

.99 p/kg

PORK STEW 2KG BOX

40.00

Prices valid at all Brito’s stores from 29th May - 1st June 2019. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

each


4

29 Mei 2019

NUUS • NEWS

Porterville ready for revving engines and rally champs

Rugby:

Roux Meyer (middel) van die Laerskool Swartland is gekies vir die Boland Cravenweekspan wat gedurende Junie aan 'n toernooi by die Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier, Mpumalanga, deelneem. Joshua Muller (links) en Tiaan Bester van Lill (regs) is vir die Boland 15-tal gekies wat gedurende Junie in Uitenhage by die Hoërskool Daniël Pienaar aan 'n toernooi deelneem.

Skaak: Hierdie leerders van die Laer-

skool Swartland op Malmesbury het aan die Wes-Kaap-skolekampioenskappe deelgeneem en die uitslae is soos volg: Zichri Knoesen behaal 'n 47ste plek in die o.13 seunsafdeling. Craig McQuire het 'n 49ste plek in die o.13-afdeling behaal. Abigail Knoesen het 'n 51ste plek vir die o.11 meisieafdeling behaal. Mikael McQuire het 'n 52ste plek in die afdeling vir seuns o.9 behaal, terwyl Enya van Bosch 'n 13de plek in die o.13 meisie-afdeling ingepalm het. Carli Classen het 'n tweede plek in die o.13-meisieafdeling behaal. Sy het ses wedstryde gespeel, waarvan sy vyf gewen het en een gelykop gespeel het.

Besoek ons Facebook-blad en wees altyd op die voorpunt van nuus!

VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITIES FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH POST 1: SWARTLAND SUB-DISTRICT (STATIONED AT SWARTLAND HOSPITAL) POST 2: BERGRIVER SUB-DISTRICT (STATIONED AT RADIE KOTZE HOSPITAL)

ARTISAN PRODUCTION GRADE A TO C (MILLWRIGHT/ELECTRICAL) Remuneration: Grade A: R190 653 per annum Grade B: R224 574 per annum Grade C: R262 176 per annum For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/health-jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Candidates with disabilities are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing date: 21 June 2019

136783 COURANT ayandambanga.co.za

With the third round of the 2019 Western Cape Rally Championship heralding the arrival of the Porterville Rally on Saturday 8 June 2019 there is much to speculate on as the area will be unfamiliar to the current crop of regional rallyists and with winter settling in the weather could change the anticipated conditions overnight. But, this is the true nature of rallying, and everyone involved are accustomed to short notice changes. Just keep an eye on Robert Marle as the Clerk of the Course as his hair changes colour leading into the weekend. (Not that there are too many left). Entries close at 21h00 on Thursday 30 May 2019 when the Entry List will be released during the Numbers Function at the CPMCC Rollbar Clubhouse at the Killarney International Raceway. Late Entries acceptable until 17h00 Tuesday 4 June 2019, but they will obviously not benefit from the early exposure. A minimum of twelve entries are required for a rally to qualify as a round of the Western Cape Rally Championship and the championship consists of six rounds annually. When, as was the case in 2018, a seventh round is hosted crews may drop one score in points. Compare that to the eight starters required for a round of the South African Rally Championship and minimum of five rounds and it becomes clear why the Western Cape Rally Championship continues to grow in stature. Porterville is just 145km from Cape Town and beautiful spectator points will allow spectators to view the entire field of cars. Four special stages are to be repeated with two very accessible spectator points allowing safe passage. A spectator guide will become available on the Facebook events page. Please do not litter! The

total distance of the event approximately 180km will include 99km of stage distance. The first team set to leave the Porterville Show Grounds at 09h45 with support from BP Sentra Motors, West Cape Volkswagen, CEJ Plant Hire, Imperial Toyota and is expected to return to the same venue at 16h30. The start sequence for rallying is based on a seeding list whereby each driver status is determined by his individual stage times on every event contested. Safety concerns may see an experienced driver slotted higher for a variety of reasons. Chances are that Porterville will be attracting a strong twenty car entry. Of the four classes the focus will undoubtedly be on S3 where no less than three drivers currently share the points lead. Making a comeback to the regional scene Cobus Edas have proven that experience certainly helps and the Malmesbury driver has veteran Kesevan Naidoo (Kuilsrivier) navigating the ex-Chris de Wit 464 CCMCC Toyota Corolla RXi 1600. This might not make sense as he is currently seeded in 22nd position as driver should everyone, currently seeded, actually enter the event? Having not rallied for many years his current seeding is determined by results of just three events. Possibly a little misleading if one does not follow the sport closely but drivers do value a good starting position. That said, the best starting position might not be first on the road as varying weather and road conditions may favour a starting position lower down the order. An example may be the fact that the first car on the route may not experience dust, but could be the one sweeping a faster line for the opposition? •Patrick Vermaak

Van der Schyff beste Jongboer in Wes-Kaap vir 2019 ‘n 36-jarige eierprodusent van Plettenbergbaai is die Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar vir 2019. Johan van der Schyff is op Woensdagaand 22 Mei tydens ‘n geselligheid in Durbanville as die wenner aangewys en sal later vanjaar om die titel van Agri SA Toyota SA Nasionale Jongboer van die Jaar meeding. Johan boer al 18 jaar op die plaas JJ van der Schyff en Seuns met angoras, merino's, stoetvee en lamvoerkrale. Die grootste vertakking is egter die eierproduksie-eenheid wat sy pa in 2000 met 100 000 henne begin het toe Johan in matriek was. Hy het in 2001 by sy pa oorgeneem en die plaas se kapasiteit na 220 000 lê-henne uitgebrei. In 2006 het Johan die tweede plaas, wat ‘n duplikaat van die eerste een is, in Humansdorp met vier hokke gevestig. Vandag is daar 11 hokke met 250 000 lê-henne op dié plaas. In 2012 het hy ‘n eierverspreidingsdepot in Kraaifontein begin vanwaar 1 miljoen dosyn eiers per maand versprei word. Hy voer ook eiers na Angola en Namibië uit. Johan slag ook 1 500 lammers per maand uit die voerkrale wat hy in 2000 op Humansdorp begin het. Volgens die beoordelaars het die besigheid onder Johan se beheer meer as verdriedubbel en het hy seker gemaak dat hulle die ekonomie van skaal-voordele kan benut. Die streng fokus

op kwaliteit en diens aan sy kliënte het die beoordelaars ook beïndruk. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die feit dat vanjaar se ses deelnemers uitsonderlike presteerders in uiteenlopende bedryfsvertakkings is, dui op hoe sterk die jongboere in die Wes-Kaap se landbousektor staan. “Al ses deelnemers het gewys dat hulle geleenthede aangryp en dat hulle oor die intellektuele kapitaal beskik om suksesvolle boerdery-ondernemings te bestuur. Hulle is beslis een van die sektor se grootste bates en ware ambassadeurs vir die landbou,” sê Strydom. Agri Wes-Kaap wens Johan baie geluk met die groot eer om as Jongboer van die Jaar vir die Wes-Kaap aangewys te word. Johan sê sy prioriteit is nie om groter te boer nie, maar om slimmer en meer doeltreffend te boer. Johan het sy pa tydens die geleentheid bedank vir die liefde wat hy vir landbou by hom gekweek het. “Nou wil ek die plaas vestig as die voorkeur eierverskaffer in die Wes- en Oos-Kaap,” sê hy. Die ander vyf deelnemers vanjaar was: • Stephan Basson, Malmesbury • Wessel van Dyk, Napier • Nicolaas Jonker, Bonnievale • Fourie Zulch, Ceres • Ian Cunningham, Elgin


NUUS • NEWS

Trap-trap vir kinderhuis

Vriende van Perdeberg bestaan tans uit 14 fietsryers wat beplan om Saterdag-oggend 1 Junie om 6 uur vanaf Perdeberg Motors in Malmesbury te vertrek en dan die 40km tot by Windmeul Kelder te ry waar hul ongeveer 08:00 sal arriveer om koffie te drink. Die doel van die fietsry is om fondse in te samel vir Huis van Heerde, Kinderen Jeugsorgsentrum in Moorreesburg. Vanaf Windmeul Kelder gaan hul deur Wellington tot by Hermon trap (40km) en dan wil hul by Du Vlei stop vir koeldrank en om bene te rek. Hiervandaan kom die moeilike deel deur Riebeek tot by Moorreesburg waar hul hoop om tussen 13:00 uur en 13:30 te wees afhangende van die weer / wind van voor. Perdeberg Motors het twee voertuie beskikbaar gestel om saam met die fietsryers te ry vir ondersteuning en ook sodat die voertuie noodligte en oranje ligte op die dak het om sigbaar te wees vir ander padverbruikers. ‘n Supermark het ingewillig om 250 broodrolletjies te skenk en twee ander besighede op Malmesbury het ingewillig om die wors se kostes te dra vir die worsrolletjies. Twee personeellede gaan die hout, roosters en meer bring wat benodig word en sal solank vuur maak, terwyl die fietsryers nog op pad is en solank begin braai. Huis van Heerde se personeel sal die aartap-

29 Mei 2019

pelskyfies voorsien. Volgens Huis van Heerde se bestuurshoof, Karen van Bosch, ontvang hul slegs gedeeltelike subsidie vanaf die staat en die tekort moet ingewin word deur donasies en fondsinsamelingsprojekte. “Ons het ‘n geweldige afname in donasies die afgelope boekjaar gehad, wat moontlik toegeskryf kan word aan swakker ekonomiese toestande en ook die droogte wat boere in die Wes-kaap baie swaar getref het”, verduidelik van Bosch. “Ons moet deurlopend aansoek doen by besighede en organisasies in die streek om skenkings aan ons te maak ten einde aan al die behoeftes te voorsien. Die behoefte is egter veel groter as wat deur hierdie organisasies en kerke voorsien kan word en moet ons noodgedwonge ander alternatiewe vind om befondsing en donasies op ‘n gereelde basis te verkry”, sê van Bosch. “Die sorgsentrum huisves tans 70 kinders en omdat ons graag vir elkeen ‘n gebalanseerde maaltyd drie keer per dag wil voorsien, word ‘n groot hoeveelheid kos op ‘n daaglikse basis verorber! Ons is daarom so dankbaar vir besighede en organisasies wat die inisiatief neem en bewusmaking- en fondsinsamelingsgeleenthede soos die fietswedren reël.”

Die Boland Majorettes and Cheerleading Association bied jaarliks vyf kompetisies aan. Die vierde hiervan is vanjaar op Malmesbury aangebied. Sestien skole het hier deelgeneem, waarvan 10 laerskole en ses hoërskole was. Drie hiervan het ook aan die WP Skole-afdeling deelgeneem. Malmesbury se juniors het 'n tweede, derde, sewende en agste plek in die verskillende afdelings behaal uit die 10 deelnemende laerskole. Die seniors het 'n vierde plek ingepalm. Elgin Saints van Grabouw het die laerskole-afdeling gewen, met Fairmont High wat die afdeling vir hoërskole gewen het. Die laaste kompetisie van die jaar vind die naweek in die Paarl plaas. Hierna word diegene wat aan die nasionale kompetisie deelneem, aangekondig.

Netbal: Rinae Ligthart van die Laerskool

Swartland is in die Wes-Kaap-netbalspan opgeneem.

5

Hoe gemaak met... ...jou tuin in Junie Ja, die Swartland is stadig maar seker besig om groen te word, orals kan ons sien hoe dat die grane besig is om op te kom, ten spyte daarvan dat dit nog min gereën het. Ons tuiniers was nogal baie bedrywig die laaste tyd, almal wil net plant en die tuin begin regkry vir daardie pragtige kleurspel in die lente. Ja, ons sal almal moet plant en woeker as ons nie ‘n vaal tuin in die lente wil beleef nie. Die een saailing wat hierdie tyd van die jaar baie gewild is, is die vrolike gesiggies (pansy’s), hulle hou van koue temperature, maar in die volson en die kleur verskeidenheid is eindeloos. Dan is daar ook die viola's (dwerggesiggies) wat amper nog meer in massa blom as die gewone gesiggies. Daar is ook nog baie ander saailinge soos; calendulas (gousblomme); dianthus (grasangeliere); lobelia; marigold (dwerg-afrikanertjies) en nog vele meer. Moenie die immergewilde en dankbare bokbaaivygie vergeet nie, dit gee ‘n asemrowende kleurspel in die volson op die mees ondankbare plekke in jou tuin. Indien jy blombeddings het wat in die skadu is, is daar ‘n paar saailinge wat daar sal groei en ook mooi kleur verskaf; primulas is ‘n bekende ou staatmaker, bellis perennis (double daisy); cineraria (ook die asblom genoem); begonia's (solank die beddings nie te nat word nie). Daar is ook nog ‘n groot verskeidenheid meerjarige plante wat as enkel plante is pote of sakkies verkoop word wat massas kleur gee reg deur die lente, party sommer meer gereeld reg deur die jaar. Meeste van die meerjarige spesies moet gereeld teruggesnoei word, veral na die blomsarsies om ou blomme te verwyder en om nuwe groei te bevorder wat weer nuwe blomme voortbring. Daar is argyranthemum's (bekend as magrietbossies); nemesia's; diascia's; osteospermum's; geranium's & pelargoniums (malvas), en nog baie meer. Dan is daar ook nog ‘n hele klompie soorte sade wat gesaai kan word; bokbaaivygie; African Daisy of Namakwalandsemadeliefies; pron-

kiertjies of sweetpeas; nasturtium of kappertjies en nog baie meer, die verskeidenheid is eindeloos. Daar is ook nog ‘n hele klompie blombolle wat in die grond moet kom; affodille; ranonkels; sparaxis; freesias; anemone; Hollandse irisse ens. Die liliums (lelie’s) moet ook binnekort in die grond kom om ‘n mooi lentekleurspel te gee. Op die oomblik blom die aalwyne baie mooi en indien jy nog nie van hulle in jou tuin het nie, koop nou en plant, dan sal jy volgende jaar ook hierdie geharde plante se kleurspel in jou eie tuin kan beleef. Daar is deesdae pragtige nuwe dwergspesies beskikbaar, asook die ou staatmakers wat oor baie generasies ons tuine ingekleur het met hulle mooi blomme. Soos julle kan aflei, daar is nog baie takies wat aandag benodig in ons tuine, oorgroeide plante opdeel en verplant, bome en struike wat bietjie terugsnoei benodig, rankers wat opgelei of terugsnoei nodig het en so kan ons aangaan met die broodnodige takies. Soos ek al baie gesê het, die mooiste tuin is nie van die mense wat baie kennis het van plante ens nie, maar van die tuiniers wat elke dag iets in hul tuine doen, al is dit hoe klein of min. ‘n Tuin is maar net soos ‘n mens, ons benodig baie TLC, so ook ons tuine. Net ‘n bietjie terugvoer in verband met die nuwe indringer kewer wat ons bome begin aanval. Die polyphagous-kewer, ook bekend as die PSHB-kewer, is baie klein, 2mm in lengte, dus is dit moeilik om dit vinnig waar te neem in jou tuin. Indien jy bome het wat sieklik lyk of besig is om dood te gaan, doen ‘n deeglike inspeksie van die stam en kyk uit vir baie klein gaatjies waarby daar heel moontlik so ‘n dun swart traanstrepie sal uitlek. Indien die tekens positief lyk, rapporteer aan die volgende instansies om vinnig te kan optree; Invasive.Spesies@capetown.gov.za ; Chandre.Rhoda@capetown.gov.za ; Arborist@ capetown.gov.za ; kontak nommer; 0860 103 089. Die groot oplossing vir die gevaar is, wees oplettend en waaksaam. Lekker tuinmaak, ons gesels weer 26 JUNIE 2019. Tuingroete. George Retief


6

NUUS • NEWS

29 Mei 2019

Entries open for SA’s best boerewors

Gholf:

Die vierbal van Tertius Nel, Hendrik Spies, Willie Steenkamp en Christof Spies het Saterdag in die Hoërskool Swartland Oud-bond se gholfdag afgeslaan.

Cyclists ready for action at Yzerfontein The Blue Ribbon Yzerfontein Cycle Experience 2019 is around the corner happening on Sunday, 9 June at Yzerfontein Main Beach. This successful event that can’t be missed, already kicks off at 07:45 in the morning with the cut off and prize giving following at 12:30 in the afternoon. The Yzerfontein Cycle Experience, voted as the best new event on Pedal Power Africa’s calendar for 2016 returns to our backyard for the 4th year in Yzerfontein. Don’t miss the opportunity to ride in this truly wonderful event. The MTB-event with a distance of 78km, consist of 38km tar (50%) and the rest will be jeep track with very little sand. There is also a great spot to turn around at the beach lookout place with lots of ostriches, tortoises, flamingos and eland that will be spotted. Entry fees for the 78km MTB is R250, (R200 – PPA member). The MTB with a distance of 52km has an entry fee of only R200 and consist of 50% tar and 50 % will be jeep track, also with very little sand.

This will be a flat route for the fit nontechnical riders. The distances include a 5km neutral zone from the finish to the venue, (R150 – PPA member). Both the 5km and the 10km run, will be on tar with the start and the finish taking place at Yzerfontein Main Beach. Run/walk your way through the Yzerfontein streets with a view of the ocean and everyone is being invited to run or walk the distance that you are comfortable with. The entry fees for both distances are a R100. There are also Premier sponsored water point for runners at the halfway mark. There are finisher medals for all participants. You can look forward to gourmet food stalls, local craft stalls, kids activities and live music at the Yzerfontein Recreational Club throughout the day. Enter at www. pedalpower.org.za. On-line entries close on Thursday, 6 June. You may also enter on Saturday or Sunday during registration times that will be at the Yzerfontein Community Hall between 16:00 and 20:00 on the 8th of June and from 05:30 on the 9th.

Yvonne Blaauw, winner of 2018. The nationwide search for the country’s very best boerewors is on and boerie enthusiasts who believe that their recipe has what it takes are invited to enter the annual Championship Boerewors competition by Friday, 21 June. Shoprite and Checkers are proud of the country’s boerewors tradition and celebrate it by annually looking for SA’s No.1 boerewors maker - someone with an exceptional recipe for traditional boerewors up their sleeves and the skills to make it from scratch. “Take the time to fine-tune your recipe,” suggests Yvonne Blaauw, the 2018 champion. “It took me 15 years to perfect my recipe with help from my friends and family who shared invaluable feedback, and I never gave up. Knowing my boerewors is the best in the country is indescribable.” The culinary experts at the South African Chefs Association (SACA), a recognised South African food authority, will once again take charge of the judging process to search for quality boerewors with special flavour and character. All entries will go through a validation process to ensure that recipes adhere to the guidelines for making truly traditional boerewors as per the law. Once validated, paper judging will commence to select the 30 best submissions. The judges will then have the even harder task of identifying the top 10 finalists during a rigorous judging and tasting process. These finalists will be required to showcase their boereworsmaking skills at the finale on Wednesday, 28 August where the winner of the 2019 Championship Boerewors competition will be announced. Along with bragging rights, the honour of having your winning boerewors sold in Shoprite and Checkers stores nationwide and the soughtafter title of the 2019 Championship Boerewors winner, incredible prizes are up for grabs from sponsors Coca-Cola, Wellington’s, Sasko and Toyota, with the grand prize being a Toyota Fortuner 2.4 GD-6 4x4 6AT worth over R500 000. Entry details and more information about the competition can be found at www.championshipboerewors.co.za


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 076 122 9972 #4722

-------------------------------KENNISGEWING NOTICE Tuindienste verlang – Ongegund Woonbuurt Riebeek-Wes Skakel 083 452 9242 vir ‘n kopie per epos van die navraagspesifikasie vir die instandhouding van die ongeveer 2.3 ha parke in die Ongegund woongebied -------------------------------TE HUUR TO LET MALMESBURY - “Bachelors flat” – R3800.00 pm slegs enkellopende persoon. Baie privaat en ook veilige parkering agter hoë hek. Koopkrag – Beskikbaar 1 Junie 2019 Woonstel- R4800.00 1 slaapkamer, oopplan kombuis en sitkamer privaat, veilige parkering agter hoë hek. Koopkrag – Beskikbaar 1 Junie 2019 Huis – R9800.00 sentraal geleë, ruim 3 slaapkamer met 2 badkamers. Kombuis met baie kaste. Groot sit/eetkamer, buite geboue, ruim erf afdak en enkel motorhuis. Beskikbaar - 1 Julie 2019 Huis - R10 500.00 Ruim 3 slaapkamerhuis in kompleks Dubbel motorhuis. Beskikbaar 1 Junie 2019 Huis – R16 000.00 p.m baie ruim 4 slaapkamer gesinshuis, dubbelmotorhuis. Omhein met hoë mure en hekke lekker leef huis. Beskikbaar - 1 Junie 2019 Vir meer inligting skakel Theresa – 082 552 4848 of epos: theresa@ theresasproperties. co.za -------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS

ROMANO JUNIOR CLAASSEN. 3 Junie. Geluk met jou eerste verjaardag. Emmers vol liefde, kruiwaens vol soentjies. Liefde - ma Deidre, pa Romano, Diego en Monique ---Een volle jaar pas ek jou op. Baie geluk en baie dankie dat ek deel kan wees van jou lewe. Liefde - Mamma Fritz --------------------------------

DOMINIQUE LATEGAN. 2 Junie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou seën. Geniet die dag – Liaan ----“Happy birthday”. Mag daar nog vele mooi jare vir jou voorlê. Baie lief vir jou. Van: Anja Swarts --------------------------------

29 Mei 2019 --------------------------------

DENE. 28 Mei. Geluk met jou verjaardag. Hoop almal bederf jou en jou dag is met rose besaai. Liefde -jou niggie. Doelaks --------------------------------

LESLEY ESAU. 50 nog nie uit nie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Baie lief vir jou - jou suster. Nanna (Veronica) --------------------------------

TAMLYNN LATEGAN. 3 Junie. Geluk met jou verjaardag Tammy. Mag daar nog vele meer jare kom. Geniet jou dag. Liefde – Sussie, Wayden en Nicky --------------------------------

29 Mei. HEINWILL. Baie geluk my kind met jou negende verjaarsdag. Alles wat mooi is op jou lewenspad. Van: Mammie, Dadda en suster --------------------------------

JACQUES CLEOPHAS. 15 Mei. Geseënde nuwe lewensjaar met net die mooiste en beste. Liefde - Daddy en Mammie ---Baie geluk Boeta. Mag Liewe Jesus jou seën. Liefde - Chrizaan, Chriswill en Jean --------------------------------

28 Mei. "Happy birthday" DEE-ZARIO. Mag Liewe Jesus jou toevou in sy liefde. Van: Ma en Pa --------------------------------

CHRISWILL CLEOPHAS. 30 Mei. Gelukkige 25ste verjaardag. Mag die seën van die Here op jou rus. Liefde - Mammie, Daddy. meisiekind Chrizaan, Jacques en Jean --------------------------------

FRANCINA LOTZ en HENDRIK LOTZ. 27 Mei 1989. Veels geluk aan ons Mammie en Daddy, met jul 30ste huweliks herdenking. Mag die Here julle vele jaar spaar en deurdra alles wat mooi is vir julle --------------------------------

29 Mei. Geluk ANZLEY BALIE met jou 12de verjaarsdag. Geniet die dag - oupa Hennie ouma Fren, jou Ashley en broer Henrique, Boeta, Lensie, Elton en tannies --------------------------------

27 Mei. "Happy birthday" Mammie. Alles wat mooi is. Dankie vir die rol wat Ma in ons lewe speel. Lekker verjaar - Kinders en kleinkinders --------------------------------

3 Junie. Baie geluk my Boetie op jou 40ste verjaardag. Met baie liefde - jou suster, man en kinders --------------------------------

Raai wie het verjaar op 23 Mei - MARIE JULIES. Baie geluk met die 58ste verjaarsdag, Ouma. Alles wat mooi is. Van: kleinkinders -------------------------------

30 Mei. Raai wie word ses? AKEELAH, jy moet lekker verjaar. Ouma, Oupa, Oumagrootjie is lief vir jou ---Wens jou alles van die beste toe op jou verjaardag - tannie Myntjie, Adele, Courtney en Jonieca ---Boeta is baie lief vir jou. Lekker verjaar. Alles wat mooi is en geniet die dag - Jandre --------------------------------

28 Mei. Veels geluk OUPA KOSIE met jou 70ste verjaardag. Ons is baie lief vir jou. Van die Williams en Jafhta gesin --------------------------------

AINZLEY ASANTE BAILEY - 29 Mei. Baie geluk my Blom met jou verjaarsdag. Ek hoop jy het 'n baie lekker dag. Alles wat mooi is - Klompie liefde Nykie

28 Mei. DENOLENE BOOIS. Baie geluk my liewe vriendin. Wense vir al die Here se seëninge. Baie lief vir jou - Tanya --------------------------------

3 Junie. DANIELLE. Gelukkige verjaardag. Mag die Here nog vir jou baie jare spaar Mammie baie lief vir jou --------------------------------

29 Mei. MARIA. Geluk met jou verjaardag. Hoop jy 'n "awesome" dag. Van: jou "houdings" vriende ---Baie geluk Mammie. Liefde - Marciano, Lida en Natasha ---Geluk vriendin. Van: Sharlene, Wayda en Lulu --------------------------------

31 Mei. SIAS. Geluk my man met jou 60ste verjaarsdag. Van: jou vrou, stiefkinders en Jonilene --------------------------------

ISOBEL (Bella) SKIPPERS. Op Ma se verjaardag, 2 Junie wil ons baie dankie se vir onbaatsugtige liefde. Liefde - Kallie, kinders, kleinkinders en Juries familie --------------------------------

2 June. MERVYN JOHNSON. Happy birthday. May you feel the love, peace and joy that God gives you. From: Mommy, sister and brother --------------------------------

30 Mei. ANDRE. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy 'n geseënde dag hê. Van: jou vriendin - Samantha -------------------------------1 Junie. JAMIE-LEE LOUW. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet jou dag. Liefde - Mammie, Daddy en broers --------------------------------

MEMORIUMS IN MEMORIAM

28 Mei. Twee jaar is verby FRANS en KAREL. Ons mis julle baie. Jou plek is leeg in die huis en verlange is baie groot Frans. Van: Margie, Michelle, Andre, Merwin, Oupa en kleinkinders --------------------------------

Rus sag MANY, jy is al 'n maand en 'n paar dae weg van ons. Mag jou siel in vrede rus, "our guardian angel". Van: Levine Willemse --------------------------------

KATRINA SOVAT. 28 Mei. Jou eerste verjaardag weg van ons. Die verlange is daar. Rus sag my Ma - kleinkinders, Cyril en Renita --------------------------------

KAREL JACKSON. 1 Junie. Jou vierde verjaardag in die hemel. Ons mis jou en die verlange is groot. Liefde - kinders,

kleinkinders en agterkleinkinders --------------------------------


8

courant

NUUS • NEWS

dié

29 Mei 2019

SWARTLAND SPORT

Tel: 022 487 3221

29 Mei 2019

Darling baas Ryers kou in Lillieland harde bene op Darling

•Abri Adonis Abbotsdale het Saterdag gasheer gespeel vir Darling in wat n’ goeie geleentheid was vir die manne in groen om die gaping tussen die boonste twee spanne en Abbotsdale te verklein. Albei spanne se sterk pak voorspelers het goed teen mekaar opgeweeg asook die agterlyne. Ondervinding het egter agterlangs 'n groot rol gespeel het. Met die afskop was dit duidelik sigbaar aan die fisiese lopies en intensiteit dat albei spanne oorgehaal was vir oorwinning. Veral Lillies was behoorlik in 'n aanvallende bui en het aanslag op aanslag geloods. Darling was egter rotsvas op die verdediging. Abbotsdale het egter nie moed opgegee nie en het die vrugte gepluk met Zuan Arendse wat oorgeduik het vir die eerste drie van die wedstryd. Darling het egter koelkop gebly en Earl Lewis het die telling 5-6 gemaak ná twee suksesvolle strafskoppe. Lillies het teruggeslaan met 'n strafskop en 'n skepskop en die spanne het gaan water drink met die telling op 11-6 in die guns van Lillies. Darling het die tweede helfte meer klinies en aanvallend voorgekom en die sterk Wildon Marsh het gaan druk. Lillies het sy wurggreep op die wedstryd verder verloor en dissipline was 'n probleem. Earl Lewis het dit uitgebuit en 'n verdere twee strafskoppe oorgeklits. Ná 'n strafskop deur Lillies en die telling op 14-19, het die wedstryd momentum gekry en altwee spanne het meer kanse gevat om mekaar se verdediging te breek. Met albei spanne wat goeie rugby opgelewer het, het Darling hul kanse baie beter benut. Abbotsdale se taak word hierdie naweek bemoeilik, wanneer hulle die streek se kampioen, Wesbank, op Malmesbury aandurf. Wesbank het Saterdag sy oorwinningstog voortgesit toe hy Moorreesburg geklop het en volpunte ingepalm het. Moorreesburg het egter laat in die tweede helfte bietjie meer momentum opgebou met die inspirerende Jaydon Markus wat takties goed op dreef was en verseker het Moorreesburg slaan terug met twee onverdoelde drieë deur Mihle Nelani en Jayspierre Ontong. Wesbank sal dus die momentum wil voortsit wanneer hulle Lillies Saterdag aandurf. Wedstryde tussen die betrokke buurdorpe is gewoonlik vol aksie en toeskouers kan hulle gereed maak vir 'n aanvallende wedstryd met beide spanne wat beskik oor goeie talentvolle spelers. Wesbank sal sy aanspraak op die streek titel wil lewendig hou en behoort Saterdag vir Abbotsdale met minder as tien punte te klop. Moorreesburg reis Saterdag na Koringberg en sal sy storie moet ken teen 'n Korries-span wat reeds drie agtereenvolgende oorwinnings op sy kerfstok het. Koringberg het Saterdag vriend en vyand veras toe hy die Tier se tande op sy tuisveld getrek. Good Hopes van Riebeek-Wes het Saterdag sy eerste oorwinning van die seisoen behaal teen 'n Porterville-span wat hom goed van sy taak gekwyt het.

Sportuitslae WP SQUASH 4de liga: Malmesbury vs US Malmesbury wen 13- 6

Heinrich du Preez wen teen Bruce Rouland 3-0 Brynmor vd Merwe wen Matt Kane 3-1 Albe Liebenberg verloor Chris de Chazan 2-3 Hiran Leng wen David Compie 3-2

7 de liga: Malmesbury vs Durbanville Malmesbury wen 11-5

Francois Hoffman wen Liam Louw 3-1 Johgann Coetzee wen Marius Esterhuyse 3-1 Frikkie Bester verloor Austar Ingles 0-3 Angelo Marman wen Theo Engelbrecht 3-0

15 de liga: Malmesbury vs Villagers E Malmesbury wen 14-0

Gareth de Bruin wen Stephan Caveney 3-0 Johan La Grange wen Jacque du Toit 3-0 Jacques van Zyl wen Keegen Smith 3-0 Gerhard Havenga wen A Power 3-0

Die jaarlikse Darling Brew Xtreme is die naweek weer by die gewilde brouery op Darling aangebied. Fietsryers het behoorlik sake uitgespook, met temperature wat by die 30°C gedraai het. Lede van die Malmesbury Fietsryklub het ook deelgeneem, met Annemarie de Kock wat 'n 8ste plek in die 15km vroueafdeling behaal het. Sien onder die top-3 ryers in elke afdeling: 78km - Mansafdeling 1. James Tennent 3:30:54 2. Oliver Lennard 3:31:28 3. Hannes Kotze 3:33:37 78km -Vroueafdeling 1. Michelle Lombardi 4:11:44 2. Tanya Kirstein 4:12:16 3. Kate Slegrova 4:17:35 52km - Mansafdeling 1. Erik Nielsen 2:18:41 2. Ryan Lenferne 2:18:42 3. Raymond Cox 2:20:08 52km - Vroueafdeling 1. Robyn Williams 2:39:06

2. Candice Mullins 2:42:33 3. Sune Henning 2:47:16 30km -Mansafdeling 1. Wayne van Tonder 1:05:39 2. Luca Ruwiel 1:07:07 3. Tiaan Ebing 1:08:31 30km - Vroueafdeling 1. Lolita van Aardt 1:25:04 2. Corli de Bruyn 1:27:14 3. Deirdre Raats 1:27:29

Malmesbury wen 11- 4

Johan La Grange verloor teen Pieter Wessels 0-3 Leon Coetzee wen Xander Rautenbach 3-1 Jacques van Zyl wen Tejhan Senekal 3-0 Jaco Meyer wen Lodewyk de Beer 3-0

15km - Mansafdeling 1. Heinrich Ebing 0:37:00 2. Ryan Koorzen 0:37:37 3. Vaughn Harris 0:37:59

RUGBY - Darling Rugby Klub

15km - Vroueafdeling 1. Leorine de Wet 0:43:43 2. Natalie Swart 0:46:25 3. Melissa James 0:48:04

8 Junie - Darling vs Wesbank

Foto: Facebook/DarlingBrew

1 Junie - LOS

15 Junie - Koringberg vs Darling


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.