c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
8 Mei 2019
56.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 517
1 Mei 2019
Kruisies getrek
Dit is verkiesingsweek reg oor die land met die eerste spesiale stemme wat die afgelope Maandag en Dinsdag by stemlokale plaasgevind het. Volgens Courtney Sampson, die Wes-Kaapse hoof van die verkiesingskommissie, is kruisies deur inwoners wat vir spesiale stemme aansoek gedoen het, sonder enige probleme getrek. Die inwoners van Aandskemering, ‘n tehuis vir bejaardes op Malmesbury, het Dinsdag hulle stem laat geld in vanjaar se algemene verkiesings.
•HSS-LEERDER DEEL VAN RADIODRAMA
Watson nou op RSG •Charlotte Lesch Graeme Watson, ‘n Gr.12- leerling by Hoërskool Swartland het vir 'n tweede agtereenvolgende jaar 'n rol by volgende jaar se Woordfees op Stellenbosch losgeslaan. Watson het saam met twee ander leerlinge van HSS deelgeneem aan die Nasionale Toneelspelkompetisie wat sedert 2002 deur Hoërskool Bellville aangebied word. Watson het uitstekend gevaar en saam met die Woordfeesproduksie ook 'n rol in 'n radiodrama wat op RSG uitgesaai word, gewen. Die finale rondtes van die 18de Nasionale Toneelspelkompetisie vir Hoërskoolleerders, met kykNET as die hoofborg, het vanaf 2 tot 4 Mei in Kaapstad plaasgevind. Die Hoërskool Bellville organiseer sedert 2002 jaarliks die kompetisie. Nagenoeg 500 inskrywings is vir die kompetisie ontvang. Na landswye uitdunrondtes in Februarie en Maart het die 80 gekeurdes oor
vier rondtes op ‘n uitklopbasis deelgeneem. Die agt finaliste het Saterdag 4 Mei elkeen ‘n program aangebied. RSG en die ATKV span saam in ‘n nuwe projek. Twee skrywers is gekies om elkeen ‘n radiodrama te skryf vir kandidate uit die kompetisie. Herschelle Benjamin se teks gaan in Kaapstad opgevoer word met Watson, Francois van der Merwe (Bellville), Adri-Jo Waterboer (Bellville), Angelo Bergh (Langenhoven) en Greteli Fincham (Stellenbosch). ‘n Uitvloeisel van die kompetisie is ‘n produksie wat by die Woordfees in 2020 open. Amelda Brand gaan die regie doen en Watson is een van tien akteurs wat vir dié produksie gekies is. Die paneel beoordelaars het onder meer bestaan uit Karen Meiring van kykNET en Kobus Burger van RSG. Joshwin Dyson, ‘n graad 12-leerder van die Hoërskool Cedar in Mitchells Plain, het as wenner uit die stryd getree.
Vier kandidate het ook beurse vir tersiêre studie ontvang, terwyl drie kandidate ‘n rol in die sepie, Suidooster ontvang waar Watson verlede jaar deel van was.
Regs: Graeme Watson, 'n Graad 12leerder van die Hoërskool Swartland, sal eersdaags in 'n RSG-radiodrama te hoor wees. Foto: Natalie Gabriels
NUUS • NEWS