Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus & Bergrivier

dié

17 April 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 514

•SPESIALE TOEKENNING VIR NUWE BOEK

17 April 2019

Saterdagnuus vir Weskus se Dana •Madi Pieterse So `n week of twee gelede, op `n Saterdag, ontvang Dana Snyman `n e-pos van Frits Gaum, voorsitter van die Andrew Murray-prysfonds. Daarin word hy meegedeel dat `n spesiale Andrew Murray-toekenning vanjaar aan hom gemaak word vir die skryf van die verhoogstuk, Dominee Tienie, wat ook die basis vorm van die fliek met dié naam. “Die mense wat besluit het oor die toekenning reken dat Dominee Tienie `n merkwaardige, eerlike verhaal is oor `n hedendaagse predikant wat worstel om sy gemeente in die nuwe era te help oorleef, nog altyd die man van sy vrou en die pa van sy kinders is en ook geloofstwyfel leer ken. “Naas pryse vir Christelike en teologiese publikasies, maak die Andrew Murray-prysfonds (wat al meer as 40 jaar bestaan) gereeld ook spesiale toekennings vir ander media,” sê die skrywe. Dit is hier waar Dana se Dominee Tienie, `n eenmanvertoning wat hy `n paar jaar gelede vir Frank Opperman geskryf het, ter sprake kom. Hierdie is nie die eerste toekenning wat Dana vir sy alombekende en beminde skryfwerk ontvang nie. Hy is ook `n bekroonde rubriekskrywer wat al `n hele paar ATKVeertjie-toekennings ontvang het. Dit bly vir Dana `n eer en voorreg om erkenning vir sy werk te kry, want maak nie `n fout nie, om te skryf is harde, gedissiplineerde werk en lang ure van sit voor `n rekenaar waartydens die skrywer intens moet konsentreer. Maar Dana hou van sy werk. Hy sien dit as `n ambag. Soos wat `n skrynwerker sy ambag beoefen wanneer hy kaste bou en installeer, moet hy as skrywer stories bou en aanmekaar sit sodat die leser altyd sal vra vir nog. Dana woon tans in Yzerfontein in `n huurhuis saam met sy vier honde. Blackie is die bekendste van die vier nadat Dana hom op een van sy reise langs die pad opgetel het en dié nou gereeld saam met hom rondry wanneer hy agter stories aangaan. Blackie is gereeld deel van die storielyn. Die ander drie is Jerry, Kleintjie en Vlooi. Saam geniet die vier pragtige en duidelik gelukkige honde `n luilekker lewe. Dit terwyl Dana oor `n koppie koffie vertel van sy doen en late. Alhoewel Dana binnekort weer Jacobsbaai toe trek, is sy lewe op Yzerfontein nou verweef met `n paar mense. Een van hulle is Erna Oosthuizen, wat hy die afgelope jaar ontmoet het terwyl hy nog die skok van sy verloofde se dood, in Oktober 2017, verwerk het. Dana se verloofde en Erna se man het albei hulle eie lewens ge-

Die skrywer Dana Snyman, noem Yzerfontein deesdae sy nuwe tuiste. Inlas: Die bekende "swart hond". neem en hierdie twee seer mense kon mekaar troos in die rouproses en ook goed verstaan wat elkeen deurmaak. Erna het voorheen `n kunswinkeltjie gehad en wil baie graag weer een begin. Dana het die gedagte aangegryp en Swarthond is gebore, `n winkeltjie wat klaargemaakte lapgoed verkoop. Wanneer Dana terugstaan en na die geheel van sy lewensprentjie kyk soos dit nou is, is daar `n klomp lyne wat bymekaarkom. Iewers in hierdie verhaal van `n rouproses en `n kunswinkel en opgestopte lapgoedjies, het Moses homself kom inpas. Moses is `n werklose jong man wat ongelooflik kunstig is met lapwerk. En wanneer hy voor die masjien gaan sit en verskillende lappies aan mekaar begin werk, word dit kunswerke wat jy op jou kop wil dra om die son te keer of sommer net oor dit mooi is. Moses het nie net uit die niet verskyn nie, hy is bekend aan Dana. Baie jare gelede, in sy grootwordjare op Ventersdorp, was daar Johannes Mogosi, wat in die pastorietuin gewerk het. Ná Dana se pa dood is en hy hom later op Jacobsbaai gevestig het, het Johannes saamgekom.

En Moses, wat verantwoordelik is vir die mooi lapgoed, is Johannes se vrou se broer. En so is `n klomp lewens oor jare heen saamgevleg om uiteindelik hier aan die Weskus rustigheid te vind. Erna het toegesien dat Moses `n gerieflike woon- en werkplek het waar hy ongestoord mooi lapgoed aanmekaar kan sit. Dana bly besig met sy skryfwerk en werk tans aan Soekmekaar, `n boek met allerhande verhale, sommige wat hy al voorheen gebruik het en ander wat splinternuut is. Na Dana en Frank se groot sukses met die eenmanvertoning Dominee Tienie (Frank het die vertoning sowat 250 keer lewe gegee), het hulle weer koppe bymekaar gesit en die splinternuwe Donkie is verlede maand op die Woordfees bekend gestel. Donkie het baie goeie resensies ontvang en die agent is alreeds besig om die dagboek met besprekings op te vul. Frank voer Donkie eersdaags in Port Elizabeth op wanneer skoolhoofde van regoor die land bymekaar kom. Dana sal op 24 Mei die spesiale Andrew Murray-toekenning vir Dominee Tienie by Neethlingshof in Stellenbosch ontvang.

NUUS • NEWS


2

17 April 2019

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

3

17 April 2019

•PORTERVILLE GEMEENSKAPSVERENIGING

Saaiprojek ploeg miljoene terug ‘n Plaaslike saaiprojek in die Bergrivier Munisipaliteit ploeg wéér terug in hul gemeenskap. En sedert die begin van die projek, is meer as ‘n R1000 000 aan die plaaslike gemeenskap uitgedeel. Die Porterville Gemeenskapsvereniging help vanjaar vir die 15de agtereenvolgende keer om ‘n ware verskil in ander se lewens te maak. Die vereniging is destyds as ‘n liefdadigheidsorganisasie gestig om behoeftige instansies en inwoners binne die gemeenskap van Porterville by te staan. ‘n Saaiprojek is in 2004 wat stapel gestuur wat uiteindelik ‘n wins sou genereer om aan begunstigdes binne die gemeenskap oor te dra. Die saaiprojek het tot die verbouing van graan op ‘n stuk meentgrond van 25ha groot op Porterville gelei. Die grond word ook jaarliks gratis deur die plaaslike munisipaliteit voorsien. Verskeie insetverskaffers is genader om insette soos saad, kunsmis en chemikalieë, asook dienste van onder meer krediet, boekhouding en kontrakwerk volledig of gedeeltelik te borg. Dit sou bydra dat ‘n groter deel van die in-

komste uit die verkope van die graan aan die begunstigdes beskikbaar gestel kan word. Volgens die organiseerders is die betrokkenheid en ondersteuning van dié borge die kern tot die sukses van die saaiprojek. Die geleentheid waartydens die finansiële opbrengs van koring geproduseer gedurende die 2018/19-seisoen aan die begunstigdes oorhandig word, het verlede week op Porterville plaasgevind. Sedert 2003 maak die Porterville Gemeenskapsvereniging daadwerklik ‘n verskil in die lewe van sy gemeenskap. Vanjaar se fondsoorhandiging is vir Porterville Gemeenskapvereniging ‘n besonderse jaar. Oor die leeftyd van die saaiprojek is meer as R1 000 000 aan die gemeenskap uitgedeel. Nietemin is vanjaar ook die grootste enkele uitdeling van fondse, lui ‘n verklaring deur Kaap Agri. ’n Finansiële opbrengs van R 200,000 vir die 2018-oesjaar is verlede Dinsdag aan verdienstelike instansies op Porterville uitgekeer, wat die totale bedrag sedert die projek se ontstaan op R1 134 370 te staan bring.

Teen die einde van verlede week het Boland Rugby, met Cassie Carstens as Hoof Uitvoerende Beampte aan die stuur van sake, bevestig dat die Boland Kavaliers en die Vodacom Cheetahs mekaar eersdaags op Paternoster se veld die stryd sal aansê. Dit is `n provinsiale liga-wedstryd as deel van die Supersport Challenge. In die voorwedstryd tot hierdie grootse geleentheid sal Paternoster se span ook teen Sal-

danhabaai kragte meet. Genoemde wedstryde, en nog vele meer wat moontlik al van Vrydag af gespeel sal word, vind Saterdag, 4 Mei plaas. Die finale reëlings sal binnekort bekend gemaak word, maar volgens alle aanduidings word `n rugbyfees vir die duur van die naweek beplan en sal daar ook kosstalletjies en allerhande ander bedrywighede wees, werklik `n rugbyfees-naweek wat nie gou vergeet sal word nie.

Die Hopefield-skietklub hou 'n veteranedag op 18 Mei en dit beloof om 'n dag vol opwinding en pret te wees vir die hele gesin. Die dag skop op 09:30 af met 'n skietoefening vir handwapens op die Hope-

field-skietbaan. Kaartjies is beskikaar by Japie (071 567 0662), David (082 219 0513), Winnie (072 354 2068), Lizelle (071 422 2694), Arél (083 753 3632) of Ted (076 585 2026.

Rugby: Boland pak Cheetahs op Paternoster

Veterane saam by Plaasmol

Die forum het reeds meer as R1 miljoen teruggeploeg in die plaaslike gemeenskap.

Bikes: On Friday,

5 April, Saldanha Bay Municipality’s Executive Mayor, Alderman Marius Koen, received 20 “happy bikes” from the Western Cape Minister of Cultural Affairs and Sport, Anroux Marais. The bikes will at a later date be handed over to pupils at Holvlei Primary School near Hopefield to assist in developing a love for cycling and fitness.


4

NUUS • NEWS

17 April 2019

Amarider:

Die jaarlikse Amarider 100 en 50 Miler fietswedren wat die afgelope Saterdag in die omgewing van Riebeek-Kasteel en Malmesbury plaasgevind het, het gesorg vir baie sweet, stamina met ‘n klim van 1950m, weerstand teen gure weer en natuurlik kampioene. Freddie Visser van Piketberg het die 50 Miler van 80km ver binne ‘n tyd van drie uur, twee minute en 29 sekondes met sy bergfiets voltooi nádat dié 50 Miler-deelnemers om 09:00 die oggend op Riebeek-Kasteel weggespring het. Hy het saam met die 100 Miler deelnemers die fietstoer om sowat 12:00 by die Malmesbury Skougronde voltooi. Visser wat 19 jaar oud is, het teen ‘n spoed van 27.29km/h gery. Jaco Davel (45) het op sy beurt die 100 Miler van 160km binne ‘n tyd van vyf ure, 59 minute en 52 sekondes kaf gedraf. Die langer fietsroete het om 07:30 die oggend weggespring met Davel wat die uitdaging teen ‘n spoed van 27.84 km per uur voltooi het. ‘n 155 Deelnemers het die 100 Miler voltooi, terwyl 229 fietsryers die 50 Miler voltooi het.

Port of Saldanha marine team navigates stricken vessel to safety Effective teamwork by the marine team of Transnet National Ports Authority’s Port of Saldanha in partnership with Smit Amandla helped bring a stricken ore carrier to safety recently. The engines on the fully laden vessel, Pacific Queen, had failed and the vessel required repairs to its camshaft. The team, comprising three harbour pilots, officers and a tug boat crew, were commended by the South African Maritime Safety Authority (SAMSA) for their professional conduct in bringing in the ship to a safe anchorage within the Port of Saldanha. “The manner in which

they carried out the rescue operation has been favourably reported on by the Master of the SA Amandla, Capt. Russel Duse, and is highly commendable,” said Captain Mike Viljoen, SAMSA Principal Officer: Saldanha. Port of Saldanha Harbour Master, Captain Quenton Brink thanked the team for safely navigating the stricken vessel. “The professionalism and competence shown by the whole team is commendable. The successful exercise highlights the world class capabilities and skills of the Port of Saldanha’s valued employees,” he said.

Ontdek die lekkerte van kerrievis en Paasnaweek Wanneer mens op die Weskus rondbeweeg wanneer Paastyd aankom, kan jy maar luister. Almal is besig om planne te maak om kerrievis te maak om op Goeie Vrydag te eet. En verkieslik moet dit snoek wees waarvan die kerrievis gemaak word. Maar hoekom dit tradisie is om kerrievis te eet op Goeie Vrydag, is niemand van seker nie. Die ouer mense vertel dit is maar soos dit altyd was. En die jonges sal sekerlik die tradisie voortsit, want dit is soos dit steeds is. Daar is ook verskillende resepte oor hoe om die kerrievis te maak, maar Ronél en Stefan Maré, wat iewers verlede jaar hulle boek Die Weskus se Agterbaai, die lig laat sien het, het goedgunstiglik die twee resepte wat hulle bekom het op hulle wandelinge, met ons gedeel: St Helenabaai se ingelegde Kerrievis Vroeër jare was geld altyd skraps, maar Paasfees en kerrievis is in St Helenabaai sinoniem en daar is altyd `n plan gemaak om kerrievis vir dié geleentheid op die tafel te hê. Jy maak só Meet 1 koppie meel af Gooi visspeserye na smaak in die meel Meng dit goed Meng jou snoek in die mengsel sodat die vis goed bedek is Gooi genoeg visolie in jou pan (vir die wat nie weet nie, visolie is gewone kookolie) Bak die vis tot gaar Haal uit, bedek en laat afkoel Skil nou 2 uie en sny in ringe Kook dit vir sowat 5 minute in `n bietjie water, gemengde gepiekelde speserye na smaak en `n bietjie asyn Gooi een eetlepel appelkooskonfyt, kerrie-

poeier na jou gesin se smaak, sout, peper, gesnipperde gemmer (sowat een vingerlit lank) en `n paar lourierblare by Meng en laat die kerriesous afkoel Pak jou gaar vis in `n skoon bottel Gooi die afgekoelde kerriesous versigtig oor en verseël. “Haal jou kerrievis op Goeie Vrydag uit en geniet die dag saam met jou familie.” Die Agterbaai se Paasvis “As jy kan, gaan vang self jou eie lekker blink snoek vir die Pase en maak dit sommer net daar op die strand skoon. Onthou om die kop en binnegoed vir die seemeeue as geskenk te los, en was tog die vis in die see af voordat jy dit huis toe neem vir die vrou om reg te kry vir Goeie Vrydag se ete. As jy nie self met jou skuit kan uitgaan nie, gaan koop hom vars op die kaai as die snoekbote inkom.” Jy maak só Sny die snoek in mootjies en was af Maak dit droog en braai dit in bietjie warm visolie Sny `n paar uie in skywe en gooi genoeg rooi asyn in die pot om die uie toe te maak Gooi borrie, `n stukkie rissie, `n stukkie gemmer, sout en peper oor die uie. Sit die pot oor die vuur en laat dit baie stadig warm word Maak seker dat dit net een maal opkook want die uie moet ferm en krakerig wees. As skuim vorm, skep dit af Pak die gaar vismootjies in die bodem van `n skoon skottel Skep die uie mengsel bo-op Gooi nou die vloeistof bo-oor en bêre tot jy dit wil opdien.

Kontak ons • Contact Us

Redakteur: Izélle Garcia- izelle@diecourant.co.za Joernalis: Madi Pieterse madipieterse@gmail.com Bemarkers: Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za

Karin Neethling - karin@diecourant.co.za

Marietjie Nel - marietjie@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221


NUUS • NEWS

17 April 2019

Paastoernooi beloof uithaler-rugby

Die deelnemende spanne se kapteins het die amptelike bekendstelling van vanjaar se toernooi bygewoon. `n Behoorlike rugbyfees is hierdie naweek op Saldanhabaai Rugbyklub se spyskaart wanneer agt spanne mekaar die stryd aansê in die tweede jaarlikse Transnet Saldanha Super 8 Paasfees Rugbytoernooi. Die agt spanne wat Donderdag, Saterdag en Maandag, 18, 20 en 22 April teen mekaar gaan meeding is Roses United van Wellinton, die verdedigende kampioene; Saldanhabaai Rugbyklub, die gasheerklub; Wesbank van Malmesbury; Worcester Villagers, die Boland kampioee; Mosselbaai Barbarians van die Suid-Westelike Distrikte; Kuilsrivier van WP; Vredenburg en St Helenabaai. Die name van die spanne wat teen mekaar speel in die eerste rondte is Vrydag, 5 April by die Transnet Stadion getrek deur die Uitvoerende Burgemeester van Saldanhabaai Munisipaliteit, raadsheer Marius Koen. Ná die trekking is die kompeterende kapteins aan mekaar voorgestel. Die toernooi poog om die gees van die eertydse Top 8, wat vir baie jare by City Park in Athlone, Kaapstad, aangebied was, te laat herleef. Allister Coetzee, voormalige Saru-kaptein en Springbok-afrigter, is een van die spelers wat

naam gemaak het by hierdie toernooi. Die Transnet Saldanha Super 8 Paasfees Rugbytoernooi is `n tentoonstelling van gemeenskapsrugby en gee spelers van die deelnemende klubs die geleentheid om hul talente aan `n wyer gehoor bekend te stel. Wedstryde wat Donderdag en Saterdag gespeel word, sal regstreeks op YouTube gekyk kan word en Maandag se wedstryde sal regstreeks op Supersport uitgesaai word. Daar is egter nie net rugby op die spyskaart nie. Toeskouers sal vergas word op baie lekker musiek, daar sal allerhande stalletjies wees waar kos gekoop kan word, `n biertent word opgeslaan om die dors te les… en dan is daar ook nog `n suurlemoendans, `n karaoke-kompetisie en `n springkasteel vir kleingoed. En seekos en `n visbraai. Die program lyk soos volg (slegs afskoptye word gemeld): Donderdag, 18 April Wedstryd 1 – A1 vs B1 – 15h00; Wedstryd 2 – A2 vs B2 – 16h40; Openingseremonie – 18h10; Wedstryd 3 – A3 vs B3 – 18h40;

Clive Cupido, in die middel, atleet en kondisioneringsafrigter by Langebaan Athletics Club, het die afgelope naweek aan die WP Meesterskampioenskappe in Kaapstad deelgeneem aan die 5000m stap, die 800m en die 400m. Hierdie kranige atleet, wat 55 jaar oud is, het goud verwerf in die 5000m stap, silwer in die 800m met `n tyd van 2min 15sek en goud in die 400m in `n tyd van 1min 25sek.

Wedstryd 4 – A4 vs B4 – 20h20. Saterdag, 20 April Wedstryd 5 – Verloorder 1 vs Verloorder 2 – 12h00; Wedstryd 6 – Verloorder 3 vs Verloorder 4 – 13h40; Wedstryd 7 – Wenner 1 vs Wenner 2 – 15h20; Wedstryd 8 – Wenner 3 vs Wenner 4 – 17h00. Maandag, 22 April Skild finaal – Verloorder 5 vs Verloorder 6 – 09h00; Bak finaal – Wenner 5 vs Wenner 6 – 10h40; Plaat finaal – Verloorder 7 vs Verloorder 8 – 12h20; Beker finaal – Wenner 7 vs Wenner 8 – 14h00. Die afsluitingseremonie begin die middag om 15h30.

5


6

17 April 2019

Nuwe bestuur vir Langebaan Wanneer gaan ons weer?

Langebaan Atletiekklub se nuutverkose bestuur is onlangs aangewys en sal vir die volgende twee jaar die bestuur van die klub behartig. Hulle het groot projekte en fondsinsamelingspogings in die pyplyn vir 2019. Behalwe die ontwikkeling van jong atlete en voorbereiding vir die Two Oceans-, Comrades- en ander padwedlope asook landlope vir seniors en juniors, bied LAK vanjaar ook hul eerste amptelike Boland 21km wedloop aan op 26 Oktober by die Langebaan Country Estate. Dit sal terselfdertyd

dien as die Weskus Atletiek Federasie se 21km kampioenskappe vir klubs gesetel in die Weskus Distrik. Enige besighede wat betrokke wil raak, hetsy deur medaljes te borg, waterpunte te bedien of gelukkige prystrekkings te borg, is welkom om John Hutchinson te kontak op 071 580 5724. Op die sosiale front is daar die LAC Modelling Contest, waar wegbeweeg sal word van die kleintjies na senior dames (meer inligting hieroor later) asook die “80`s Disco Evening”.

Soos vertel deur Meneer Wehan Hoërskool Hopefield het nog altyd ‘n baie sterk toerkultuur gehad, maar Donderdag, 14 Maart, het 39 seuns en 5 volwassenes dit ‘n entjie verder gevat as die normale HSH1-trippie op die N7. Hierdie keer het die manne noord gevlieg. Sommer ver noord – Ierland toe! Om daar te gaan rugby speel en die Iere van nader te leer ken. Dit was twee jaar se spanbou, beplanning, fondse genereer, oefen en elke fyn besonderheid onthou wat uiteindelik tot `n punt gekom het dat ons op die vliegtuig kon klim. In kort – dit was ‘n ongelooflike toer! Ons het lekker gevlieg, die Dubai-ervaring geniet (ons moes hier wag vir ons aansluitvlug), die verblyf was topklas, Ierse ontbyte sal verewig in ons geheue vasgebrand wees, die Iere het ons op die hande gedra en die seuns het topklas-rugby gespeel. Twee hoogtepunte van hierdie onvergeetlike ervaring verdien spesiale vermelding: Die groep was deel van die St Patrick’s Dag-feesvieringe in ‘n klein Ierse dorpie, Carrick-on-Suir en ons het ook die parade gelei. Dit was werklik ‘n ervaring wat geen seun ooit sal vergeet nie! Die kersie op die koek was toe ons as die beste groep op die parade aangewys is en ‘n trofee gewen het wat

NUUS • NEWS

ons volgende jaar sal moet verdedig… Dinsdag, 19 Maart, sal vir altyd in die annale van Hoërskool Hopefield aangeteken word as “Munster Dag”. Hierdie seuns van ‘n klein skooltjie en ‘n nog kleiner dorpie, duisende kilometers weg aan die Suidpunt van Afrika, wen vir Young Munster, een van die topklubs in Ierland! Dít nadat élke Ier én sy hond vandat ons aangekom het in Dublin ‘n groot pak slae vir ons voorspel het. Die een opmerking van ‘n Ierse ondersteuner tydens hierdie wedstryd sal ons altyd bybly: “They just keep coming!” Dit was tipiese Hopefield “guts” in lorrievragte vol wat gemaak het dat ons daardie wedstryd kon wen. En was dit nie lekker om na die wedstryd in ‘n klomp suur Ierse gesigte vas te kyk nie! Die o/19A-span se wedstrydtellings was soos volg: Carrick –on-Suir wen Hopefield 51-0 Young Munster wen Hopefield 29-7 Cill Dara wen Hopefield 45-3. Die Barbarians-span (gemengde o/16 en o/18 HSH-spelers) se wedstrydtellings: Carrick-on-Suir verloor Hopefield 26-5 Young Munster verloor Hopefield 26-5 Cill Dara wen Hopefield 20-5. Die vraag nou op elke HSH-leerder se lippe? “Wanneer gaan ons weer?”


NUUS • NEWS

7

17 April 2019

Dagboek • Diary • Dagboek • Diary • Dagboek •

Geleenthede Donderdag 18 April: St Christopher’s Velddrif United Church, services in preparation for Passion Week. All welcome to attend. Contact Ivan 072 458 7705 for further info! Vrydag 19 April: St Christopher’s Velddrif United Church, services in preparation for Passion Week. All welcome to attend. Contact Ivan 072 458 7705 for further info! Saterdag 27 April: Fun & Wine Run & Spore Oppi Sand Fees, Plaasmol padstal, Hopefield. Kontak Fransie Rossouw op 074 924 8478 om `n stalletjie te bespreek Lambertsbaai boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sunday 28 April: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Groote Post Country Market, Darling, (022) 451 2202 / info@iloveyzer.co.za Dinsdag 30 April: Weskus Fotografiese-stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Mei Plastic. Sondag 5 Mei: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Thursday-Sunday 23-26 May: Presidence Trophy Air Race, Saldanha Airfield – 082 460 4970. Saturday-Sunday 25-26 May: Darling Brew Extreme – (021) 286 1099 / philippa@darlingbrew.co.za / www. darlingbrew.co.za. Saterdag 25 Mei: Lambertsbaai boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 26 Mei: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Dinsdag 28 Mei: Weskus Fotografiese-stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Junie Panning or motion blur. Saterdag 1 Junie: Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h00-12h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@gmail.com to book your spot. Sunday-Tuesday 2-4 June: Vans Surf Pro Classic,

Lambert`s Bay – (022) 921 3292 / 079 529 7137. Sondag 2 Junie: Mykonos-mark, Langebaan, (022) 707 7000. Dinsdag 25 Junie: Weskus Fotografiese-stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Julie Macro. Vrydag-Saterdag 28-29 Junie: Snoek- en Patatfees, Goedverwacht – 078 316 3988. Saterdag 29 Junie: Lambertsbaai boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 30 Junie: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Saterdag 6 Julie: Badisa Aan Oewer-dienssentrum, Velddrif het `n pannekoekstalletjie by die Bergrivier Winterkarnaval as fondsinsamelingsprojek vir die dienssentrum. Darling Winter Beerfest – (021) 286 1099 / philippa@darlingbrew.co.za / www.darlingbrew.co.za Sondag 7 Julie: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Saterdag 27 Julie: Lambertsbaai boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 28 Julie: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Dinsdag 30 Julie: Badisa Aan Oewer-dienssentrum Velddrif hou konsert. Weskus Fotografiese-stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Augustus From Above. Saterdag 3 Augustus: Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h0012h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@ gmail.com to book your spot. Vrydag-Sondag 6-8 September: Darling Voorkamerfest – www.voorkamerfest-darling.co.za. Saterdag 7 September: Piket-Bo-Berg Cycle Challenge & Trail Run – Delanie Jooste 074 117 5743. Saterdag 14 September: Kardoesie N7, Piketberg Track/Cycle Challenge – Hanri Theron 076 508 3523. Vrydag-Sondag 20-22 September: Darling Veldblommeskou – info@darlingflowers.co.za. Goedverwacht Erfenisfees – 083 872 7149 / 073

957 3549 / www.travelbergrivier.co.za. Dinsdag 24 September: Saldanha Erfenisfees – 083 697 4897. Weskus Fotografiese-stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Oktober Low Light. Saterdag 28 September: Lambertsbaai boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 29 September: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Groote Post Country Market, Darling, (022) 451 2202 / info@iloveyzer.co.za Saterdag 5 Oktober: Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h0012h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@ gmail.com to book your spot. Sondag 6 Oktober: Mykonos mark, Langebaan, (022) 707 7000. Friday 18 October: The U MTB Stage Race, Piket-B-Berg – Delanie Jooste 074 117 5743. Vrydag-Sondag 18-20 Oktober: Peter Tosh-fees, St Helenabaai – 062 182 6716. Vrydag-Saterdag 25-26 Oktober: Madeliefie Makietie, Strandfontein – Cindy Schade 071 151 6526 / cindy@namaqua-eng.co.za. Vrydag-Maandag 25-28 Oktober: Harley Davidson Biker`s Rally, Lambert`s Bay – Hannes Coetzee 079 148 1315. Saterdag 26 Oktober: Lambertsbaai boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket Saterdag 7 Desember: Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h0012h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@ gmail.com to book your spot. Vrydag 20 Desember: Leipoldtville Kersmark, Lambertsbaai – Elsabe Carstens 083 225 6536 / bolangvlei@mylan.co.za. Saterdag 21 Desember: Darling Summer Beer Fest – (021) 286 1099 / philippa@darlingbrew.co.za / www. darlingbrew.co.za. Thursday 26 December: Lambert`s Bay Beach Festival – Freda Saal / Hannes Coetzee (027) 432 1000 / lambertsinfo@mweb.co.za. Papendorf to Doringbaai Fryers Cove Challenge – Adelle Maass 083 627 7759 / maassadele@gmail.com. Saterdag 28 Desember: Lambertsbaai boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Lange-

baan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Sondag 29 Desember: Groote Post Country Market, Darling, (022) 451 2202 / info@iloveyzer.co.za

Sportklub-aktiwiteite weekliks Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com. Langebaan Karate, Maandae-Donderdah 17h0018h00 - Elsabé Marx 079 980 8496 / Sensei Jan Marx 082 415 0778. Langebaan Parkrun, Saterdae 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Gemeenskapsaal, Breëstraat, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers Vernon - 083 392 9356 en atlete Sakkie - 071 427 6731. Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30 – Karin Pelser 064 646 4335. West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Friday 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg - Anthony 076 197 7261. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe). Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. KERKDIENSTE SONDAE * CHURCH SERVICES SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat 09h30 – 022 713 1314 AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg 09h00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg 10h00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg 09h30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg koffie vooraf, 10h00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg 09h30 – 022 715 1276. NG Kerk St Helenabaai, 09h00 - (022) 736 1353. Living Waters Ministry, Stasiestraat Vredenburg (AW Boards-gebou), 10h00 - 063 116 9576. St Christopher’s Velddrif United Church, 09h30. All welcome. Contact Ivan 072 458 7705 for further info! Weskusgemeente, Vredenburg. 08h50; Radioprogram Kruispad Dinsdae 20h00-21h00, Weskus Radio 92.3 FM - 084 584 8953. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór 10:00 Maandae.


courant

NUUS • NEWS

17 April 2019

SPORT

dié

8

Tel: 022 487 3221

17 April 2019

Devon sê dankie

Atletiek: Langebaan Atletiekklub se atlete het `n uitstekende atletiekseisoen agter

die rug, maar besef dat hulle nie op hulle louere kan rus nie en het alreeds kliphard begin oefen vir die landloop- en padwedloopseisoen. Die atlete wat so goed presteer het is agter van links Sherelda Ox - Boland finaal 800m; Ashlyn Ox - Boland finaal 100m en 200m; Denovan Beukes - Boland finaal 800m; Ethan White - Boland 100m kampioen; Hughlen Willemse - Boland finaal 1500m hindernis; en Devon Blaauw – Boland- en Wes-Kaap kampioen in die 400m en 800m en vierde in SA finale. Voor van links is Reitz Hofmeyr - Boland 1200m; Jadon Ocks - Boland 1200m; Juan Moses - Boland finaal 80m; Jason Ocks - Boland finaal 1200m; en Key-Won van den Horst - 3000m hindernis. Afwesig toe die foto geneem is, is Alexander Kotze - Boland verspring; Nazrodeen Abdol - Boland finaal 80m; Taitendisha Mefu - Boland 80m; Rebecca Flack - Boland 1200m; en Washiema Blaauw - Boland finaal 100m.

Devon Blaauw word met reg omhoog gehou met sy terugkeer vanaf die Suid-Afrikaanse Hoërskool-atletiekkampioenskappe. Devon Blaauw is `n skugter vyftienjarige atleet, leerder by Hoërskool Weston en lid van die Langebaan Atletiekklub. Hierdie jong atletiek stêr het `n skitterende seisoen agter die rug en is tans die Weskus-, Wes-Boland, Boland- en Wes-Kaap kampioen in die 400m en 800m-afstande. By die onlangse Suid-Afrikaanse Hoërskool Atletiekkampioenskappe in Port-Elizabeth het hy weer gewys wat in hom steek en uitstekend ge-

vaar deur beide items se finale te haal en het in beide die 4de plek losgehardloop, wat hom die vierde vinnigste atleet in sy ouderdomsgroep in Suid-Afrika maak. Langebaan Atletiekklub is seker dat `n groot toekoms op Devon wag. Devon het `n spesiale woord van dank gerig aan elkeen wat `n finansiële bydrae gemaak het dat hy dié seisoen soveel sukses kon behaal. Dit het hom in staat gestel om op sy atletiek te fokus en alle byeenkomste by te woon.

Dekade: Hoërskool Hopefield seunshokkie is vandeesmaand tien jaar gelede as sport-

-aktiwiteit by die skool se ander sport-aktiwiteite geïnkorporeer. Die geleentheid is Saterdag na afloop van hulle wedstryd saam met die afrigter, Hannes de Beer gevier en die klomp het behoorlik gesmul aan die koek wat spesiaal vir dié geleentheid gebak is. Die koek het gespog met `n foto van die span daarop. Die hokkiekaptein van tien jaar gelede, Cobus de Beer, het die geleentheid saam met die span gevier. Vanjaar se kaptein is Jan de Wet.

Rugby:

Die rugbyspan van Porterville het Vrydag na Malmesbury gereis om teen die span van Schoonspruit Sekondêr kragte te meet. Porterville moes die knie buig. Foto: David Howburg

Profile for DieCourant

514 dié courant Weskus en Bergrivier  

514 dié courant Weskus en Bergrivier  

Advertisement