505 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

Swartland • Bergrivier Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

13 Februarie 2019

72%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 505

13 Februarie 2019

Ekspo: Die

jaarlikse kykNET Buite-ekspo word die naweek op die Môreson-plaas buite Malmesbury aangebied. Buitelewe- en kampentoesiaste kan hier kom rondsnuffel en meer leer van al die nuutste tegnologie en ontwikkeling in die buite- en kamplewe.

• Sien terreinkaart en uitstallers agter.

•DING MEE TEEN SPAN VAN ARENDSVLEI

Vuurdoop vir Dean by kykNET-ekspo

Dean Smith, Malmesbury-boorling wat weekliks te sien is in die gewilde sepie, Suidooster, kom maak vanjaar vir die eerste keer ‘n draai by die Wes-Kaapse kykNET Buite Ekspo buite Malmesbury. Dit sal ook sy eerste besoek aan die buitelug-kuier wees waartydens die nuutste buiteluguitstallings én vermaak aan ekspogangers gebring sal word. Smith sien ongelooflik baie uit na sy besoek en die braaigeveg-uitdaging waarin hy en sy mede-kollega, Marko Spaumer (Tim) die stryd sal aansê teen die span van Arendsvlei. Die Braaigeveg word aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces met beoordelaars Jimmy Baptista en Sjef Tommy. Smith is veral opgewonde om die kykNET Buite Ekspo by te woon, omdat dit naby aan sy huis is. Hy beskryf sy gesin en hul ondersteuning as die middelpunt waarom sy loopbaan draai. “As ek my ouers en twee sussies gelukkig en trots kan maak, is ek gelukkig en as ek gelukkig is, geniet ek wat ek doen, so dis ‘n wen-wen situasie.” Smith vertel dat hy is waar hy wil wees. Hy het intussen nog nie besluit om van loopbaan te verander nie. Hy beskryf homself as die gelukkigste persoon op Aarde. Hy leef daagliks sy passie uit en is lief vir wat hy doen en dit is om ‘n akteur te wees. Volgens hom is hy en sy spanmaat reg vir die braaigeveg wat voorlê. Hy bieg en sê daar is nog nie regtig ‘n plan van aksie nie, maar kan met eerlikheid sê dat hy dit geniet om te braai en dit nóg meer geniet om ‘n gebraaide tjoppie te eet.

Hy is nou wel nie die bo-baas kok nie, maar sê dat hulle wel aan iets sal dink. “Marko het al voorheen die kykNET Buite Ekspo bygewoon en aan kompetisies deelgeneem waarin hy as naaswenner gekroon is. Hy wil vanjaar wen,” vertel Smith. Spaumer is nou wel ‘n vegan, maar Smith het klaar seker gemaak hulle gaan nie ‘n sampioen braai nie, lag hy. “Ek gaan met hul kop werk. Ek hou baie van praat. Ek dink ek sal my teenstanders van Arendsvlei se aandag van die kos aflei deur baie te gesels,” skerts hy. Smith is besiger as ooit. Behalwe dat hy daagliks op die stel van Suidooster is, is hy tussen in ook besig om te repiteer vir drie verhoogproduksies wat eersdaags te sien sal wees by die Woordfees op Stellenbosch. “Ek jaag van die stel van een repitisie na die ander, oor naweke ook.” Hy werk ook aan ‘n komedie wat by die KKNK te sien sal wees. Dit is ook ‘n eerste vir hom, want hy moes self die produksie skryf. Hy is opgewonde om lesers te nooi om die film weergawe van die teaterproduksie, Die Dag is Bros op 14 April op kykNET te kyk waarin hy te sien sal wees. “Ek is baie opgewonde, want ek het dit ook nog nie gesien nie.” Smith mag dalk ‘n groter hap uit die dag uit vat as wat hy kan kou, maar kla nie oor sy besige skedule nie. Volgens hom glo hy vas dat alles met ‘n doel gebeur. “As jy gemaklik raak, stagneer jy en leer jy nie

meer nie, daarom gee ek nie om oor die uitdagings nie, want ek leer elke dag. Dit gaan nie oor die bestemming nie, maar oor die reis, want dit is waar jy leer en groei.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
505 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu