502 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

23 Januarie 2019

79.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 502

23 Januarie 2019

•VERTEL VAN LIEF EN LEED IN 'SMILE A WHILE'

Humor dra Muller •Charlotte Lesch Anita Muller van Malmesbury mag dalk grens aan 80, maar om haar te beskryf as ‘n verswakte bejaarde, is nog nie deel van haar woordeskat nie. Muller wat binnekort 79 jaar oud word, het onlangs besluit om saam met dolfyne in Sodwana te gaan swem, om skaak te leer speel en sy is reeds besig om aan haar vierde boek te werk. Sy is nog besig om aan ander uitdagings te dink wat sy graag op haar sogenaamde “bucket list” wil plaas, want daar is nog baie skop in haar. Muller het nou nie dolfyne gekry met haar besoek aan Sodwana Augustus verlede jaar nie, maar wel haaie, walvisse en seeskilpaaie. Sy het ook nog nie moed opgegee om haar droom te verwesenlik nie. Die ma van twee, ouma van een en oumagrootjie van twee dogters het ook geleer om skaak te speel wat sy nou gereeld op die rekenaar doen. Sy is egter van mening dat die rekenaar nie al dag so regverdig is nie. Dit is ook eersdaags die bekendstelling van haar eerste boek, Smile a While, wat verlede jaar gepubliseer is. Muller het deur die jare baie goeie tye, maar ook talle uitdagende tye ervaar, waarvan haar seun David se dood weens leukemie 35 jaar gelede haar die hardste getref het. “Dit voel soos gister,” vertel sy. Muller het egter die gawe gekry om dié swaar tye in 'n glimlag te omskep. Sy het nog altyd ‘n goeie humorsin gehad én die humor raakgesien sou die geleentheid hom voordoen. Volgens haar moet ‘n mens soms die humor in hartseer situasies sien . “Jy moet humor in jou lewe hê. As jy iets snaaks vind, lag daaroor,” is haar raad aan ander. Daar is baie vaardighede wat Muller oor die jare bekom het, soos kleremaker, skilder en vele meer. Sy was ook haar lewe lank ‘n persoonlike assistent. Om ‘n boek te skryf, was nog nie op die tafel nie tot ‘n vriendin haar aangemoedig en oortuig het om haar lewenservaringe en sê-goed wat ‘n mens bybly op skrif vas te lê. Sy het net so oor ‘n maand aan dié boek geskryf met die doel om ander wat deur moeilike tye gaan, te inspireer. Muller mis haar oorlede seun en haar man, Cornelius wat sowat 18 maande gelede gesterf het, asook haar oudste seun, sy gesin en agterkleinkinders wat almal oorsee bly. Sy sien egter uit daarna om minstens elke twee jaar vir hulle te gaan kuier. Hoewel hulle nie naby is nie, is daar nie tyd vir stilsit nie. Sy ry graag rond met haar motor of haar

Kyk waar jy trap!

By die Swartland Fotografieklub se maandbyeenkoms vir Januarie het die fokus geval op straatfotografie. Herman Olivier het die wenfoto Mind if I step on you Sir in dié kategorie geneem. Sien ander wenners op bladsy 4. mobiele bromponie wat ‘n veiliger opsie is as om te stap, vertel sy. Sy kan ook nie sonder haar skootrekenaar en selfoon nie. Sy beskryf haar helper, Sandra, as haar steunpilaar wat sorg dat sy nooit alleen is nie. Volgens haar is Malmesbury ‘n wonderlike plek. Sy sal nêrens anders wil woon nie ná sy en haar man sowat 25 jaar gelede permanent op die dorp kom woon het. Muller het aanvanklik op die ouderdom van 17 vir die eerste keer met haar man Malmesbury toe getrek vóór hy ‘n pos in die suidelike voorstede aanvaar het. As Engelssprekende beskryf sy Malmesbury

as haar hartsplek met hartsmense wat altyd gereed staan om haar te help. “Ek het al so baie geval, maar daar is altyd iemand om my op te help,” vertel sy. Haar redakteur, Vanessa Finaughty se raad aan lesers, is om die boek te lees en ‘n bietjie te lag vir Muller se lewenservaringe, humorsin en sê-goed. Smile A While word amptelik op 8 Februarie by Bill&Co op Malmesbury bekendgestel. Indien belangstellendes die geleentheid wil bywoon, kan besprekings teen die 1ste Februarie by 074 101 5831 gemaak word. Die geleentheid wat met kaas en wyn gevier word, is R50 per persoon.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
502 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu