c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
16 Januarie 2019
80.5%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 501
Reg vir die 'groot skool' •BESTE MATRIEK-LEERDER IN KRING
16 Januarie 2019
Graad 1-leerders van die hele Swartland het Woensdagoggend met blink nuwe skoene, oorgroot skooluniforms en vol entoesiasme by hul Graad 1-klasse opgedaag. By die Laerskool Swartland op Malmesbury was dit ook geen uitsondering nie en die klas van Tilla van Reenen was opgewonde om hul sitplek in te neem.
Kitshoff pak nou medies ná top-jaar
•Charlotte Lesch Die eer as die top-matrikulant in die hele Weskusstreek, gaan aan Gizelle Kitshoff van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg wat met ‘n uitnemende gemiddeld van 92.9% vir haar matriekeindeksamen spog. Sy skryf dié resultate grootliks toe aan harde werk en toewyding. Kitshoff verruil binnekort die plaaslewe vir die stad, wanneer sy as ‘n eerstejaar mediese student by die Universiteit van Stellenbosch op die Tygerberg-kampus aansluit. Volgens Kitshoff het die opgewondenheid oor haar goeie matriekuitslae nog nie heeltemal bedaar nie. Die feesvieringe is wel voorafgegaan deur baie senuwees. Sy het nie geweet wat om te verwag nie. Kitshoff vertel dat haar eindeksamen baie moeiliker was as die rekordeksamen in September verlede jaar. Haar resultate vir beide eksamens was op die ou einde presies dieselfde. Een van haar gunsteling vakke was wiskunde
waarvoor sy 98% gekry het. Dit is ook die vak waarin sy die beste presteer het. Sy was ook gaande oor fisiese wetenskappe met ‘n slaagsyfer van 97%. Volgens Kitshoff is die geheim tot ‘n goeie rapport, harde werk. Sy het ook met elke eksamen ‘n studierooster opgestel waarby sy getrou gehou het. Haar raad aan vanjaar se matrikulante sal wees om hard te leer en net jou beste te gee. Sy het van ‘n baie jong ouderdom af geweet sy wil eendag medies gaan studeer, omdat sy graag mense wil help. Hoewel sy nog nie sover in die toekoms in wil dink nie, sal sy graag eendag in pediatrie wil spesialiseer. “Ek hou baie van babas,” vertel sy. Sy laat nie net haar ouers, boetie en sussie agter in die platteland nie, maar groet ook haar maats wat elk verskillende rigtings inslaan. Hoewel die senuwees ‘n bietjie knaag, sien sy uit na die nuwe hoofstuk in haar lewe wat op 23 Januarie by Tygerberg-kampus afskop.
NUUS • NEWS