Page 1

courant

gratis

Uitgawe 180

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

4 Julie 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Nuwe kliniek nou oop Sentrums in Hillstraat en Wesbank se swanesang

ONDER: Hannalie van der Westhuizen (primêre gesondheidsorgbestuurder), in gesprek met Hester Kitshoff, wat Maandag splinternuut by die kliniek begin werk het as ‘n kliniese verpleegkundige praktisyn.

Toe die gemeenskapsdagsentrum Maandag op Malmesbury sy deure geopen het, wou die rolspelers in die mediese omgewing hulself vergewis van die situasie daar. In die rehabilitasie-kamer is, van links die onderburgemeester, Maude Goliath, dr. Jeanne-Mari King (huisarts), Corinne Bester (direkteur: Weskus mediese dienste), Hannalie van der Westhuizen (primêre gesondheidsorgbestuurder), dr Danie Schoeman (adjunk-direkteur van ondersteunende dienste), Cynthia Engelbrecht (assistent-direkteur: gemeenskapsdienste) en agter Lourens Kloppers (adjunk-direkteur: aptekerswese) by die ingebruikneming. Die splinternuwe Malmesbury Gemeenskapsdagsentrum in Jakarandastraat op Malmesbury, op die grens tussen Wesbank en Illingulethu, het Maandag sy deure vir pasiënte geopen. Dié moderne gebou nooi die besoeker binne met hope natuurlike lig en die gevoel van ruimte. Met ‘n hoë plafon en ruim pasiënt-vriendelike wagkamers, ‘n waterpunt vir die pasiënte en sekuriteitswagte, beloof dié nuwe ‘kliniek’ om wagtyd vir pasiënte aangenaam te maak. Die argitek wat die gebou ontwerp het, Juliet Eidelman, het haar ontwerp juis daarop ingestel om met die maksimum hoeveelheid natuurlike lig en ruimte die gemoed van die pasiënt te ondersteun. Die gebou bied vyf aparte sub-wagareas vir die verskillende dienste, hoewel die tandartsafdeling eers later sy deure sal open. Die gesonde baba-kliniek en die wagkamer vir siek babas is apart van die ander wagkamers, om die aansteek van siektes te beperk. In die rehabilitasie-afdeling sal die fisio-, arbeids- en spraakterapeut op afwisselende dae

beskikbaar wees, met ‘n dieetkundige ook aan diens. Dié afdeling is die enigste wat nie ‘n teëlvloer het nie omdat dié vloer se elastiese aard waarde tot die rehabilitasie-proses toevoeg. Die personeel is veral opgewonde oor die bobath-plinth-bed, wat veral waardevol sal wees vir pasiënte wat herstel van beroerte.

“Ek is in ekstase om vandag hier te begin werk” Alle pasiënte-sorg en die apteek is op die grondvloer, terwyl die personeel-afdeling op die eerste vlak gehuisves word. Volgens dr. Danie Schoeman het die ingebruiknemingsproses Maandag min groeipyne gelewer, hoewel daar ‘n bottelnek by die rekordafdeling ontstaan het. “Dit is egter probleme wat met die tyd sal uitsorteer,’ het hy gesê. Die gesondheidsvoorligter by die Dagsorg-

sentrum, CF Petersen, wat die eerste wag-area beman, gee voorligting en opvoedkundige lesings terwyl pasiënte wag vir hul onderskeie dienste. Sy is opgewonde om deel te wees van dié nuwe opset. “Ek is in ekstase om vandag hier te begin werk ná al die jare in die Wesbank-kliniek! Dis vir my lekker om deel te wees van hierdie opset en ek is trots op wat ons nou vir ons mense kan bied.” Die klinieke in Hillstraat en Wesbank en die Oklahoma-kliniek het nou hul deure finaal gesluit. Die area in die Swartland-hospitaal wat voorheen vir die kliniek gebruik is, sal voortaan vir spesialisklinieke aangewend word. “Dié nuwe eenstopdiens bied ‘n aangename infrastruktuur waar opgeleide susters die pasiënte eers evalueer en na die dokter verwys as dit nodig is. Hoewel ons nou groeipyne ervaar in terme van lêers, sal dit binnekort uitgesorteer word,” sê Hannalie van der Westhuizen, die primêre gesondheidsorgbestuurder. Die sentrum staan onder die stuur van Helmien Swart. Navrae aan die sentrum kan by tel. 022-486 8000 gerig word.

Tydbom bly TIK bl 2 Voet in die hoek met Elantra bl 6 Ouers se geluk inspireer hulle bl 3


courant

die

2

Groot verantwoordelikhede Om kinders te hê is relatief maklik. Om hulle reg groot te maak, is nie so ‘n maklike taak nie. Saam met daardie babatjie wat van die hospitaal af kom, kom ‘n groot pakkie verantwoordelikheid. In vandag se lewe word kinders al van jongs af voor talle keuses en uitdagings gestel. Baie meer as toe die meeste van ons nog kinders was. Luitenant Kolonel Nillson het onlangs gemerk dat dwelmgebruik, veral TIK, ‘n groot bron van kommer op Malmesbury (en die res van die Swartland) is. Dit is belangrik dat ouers betrokke is by hul kinders se lewens en regtig belangstel. Om ‘n enorme bedrag sakgeld in die hand te stop, sonder enige aandag, help niks. Dit is nie ouerskap nie. Onthou, jy is nie vrygestel van probleme met jou kinders nie en om te dink “dit sal nooit met my gebeur nie”, is wensdenkery. Maak tyd vir jou kind. Stel belang in sy lewe. Hou hom dop en as daar verskille in sy gedrag intree, wees op jou hoede. Wees paraat. Jy as ouer besef dat jou kind ‘n stukkie van jou hart is wat buite jou rondloop. Die liefde wat ‘n ouer vir sy kind het, is sterker as die sterkste kettings en dit bind jou met hom of haar. Almal deel nie altyd dieselfde sentiment nie. Sommige volwassenes word voor moeilike keuses gestel. Dit is juis hierom dan ‘n riem onder die hart om te sien hoe Swartlanders hulle oor ander se kinders ontferm. Die jeug van vandag is môre se leiers. Dit is ons plig om hulle te ondersteun, te lei en voor te berei op wat in die toekoms mag wag. Moenie soos ‘n volstruis met jou kop in die sand gevang word nie, want spyt kom altyd te laat.

Kontak die courant by 022 487 3221 Faks: 086 699 6276; Redaksie - epos: redaksie@diecourant.co.za Advertensies - epos: admin@diecourant.co.za Rekeninge - epos: accounts@diecourant.co.za www.diecourant.co.za

dis goeie nuus deur: Dr. Andrew Bosman

Daar is drie manne wat jou soek In die boek van die handelinge van die Heilige Gees met die apostels lees ons van onderskeie gebeure wat oënskynlik niks met mekaar te doen het nie, maar deur die Here bymekaar uitgebring word. So lees ons van ‘n gesig wat Petrus gesien het, en ‘n gesig wat Cornelius ‘n hoofman van die Italiaanse leër gesien het. Petrus het drie keer ‘n opdrag gekry om te slag en eet. En gehoor dat wat God rein gemaak het mag hy nie as onrein beskou nie. Cornelius van die Italiaanse leër, is tesame met sy familie vroom en opreg en gee aalmoese aan die volk en bid gedurig tot God. Hy het ‘n gesig gesien waarin hy die opdrag kry om Petrus te laat kom om met hulle te praat. Dan sê die Heilige Gees aan Petrus dat daar drie manne is wat hom soek en dat hy met hulle moet saamgaan, want die Here het hulle gestuur. Dit was vir Petrus vreemd om saam na heidene te gaan totdat hy beleef hoe hulle ook tot geloof in die Here Jesus kom en die Heilige Gees ontvang. Die Heilige Gees was vir Petrus hulle koerant, radio of selfoon. God het deur Sy Gees met hulle gewerk, mag ons gereed wees om ook gehoor te gee as die Heilige Gees ons lei.

courant nuus

4 Julie 2012

Sien die tekens terwyl die horlosie bly TIK “Ek pleit, soebat en smeek julle kinders, los asseblief die dwelms,” was Landdros Jan Gericke se pleidooi aan ‘n groepie jongmense wat die landdroskantoor, gevangenis en polisiekantoor op Malmesbury besoek het. Dit vorm deel van ‘n skoolvakansie-projek wat deur die plaaslike polisiekantoor en departement van korrektiewe dienste van stapel gestuur is. Dwelmgebruik in die Swartland, veral op Malmesbury, is ‘n wesenlike probleem en baie ander misdade wat gepleeg word, word hieraan toegeskryf. Op ‘n onlangse vergadering het die polisiekommisaris van Malmesbury, lt-kol Nillson ‘n grafiek gewys wat ‘n skerp styging vanaf 2002 getoon het. Volgens kst Henry du Randt van die Malmesbury Polisie is ongeveer 80% van die arrestasies wat hulle maak, dwelm-verwant. Tik word deur kenners as ‘n “klubdwelm” beskou. Dit is dwelms wat dikwels by “rave”-partytjies verkoop word waar die skare lang tye aaneen Die Moorreesburg Polisiekantoor in samewerking met die Weskus Distriksdans sonder om moeg te word. Tik, oftewel methamphetamien, is ‘n stimu- munisipaliteit het optogte gehou oor die misbruik van dwelms en drank. lant-dwelm en kom in die vorm van wit of half- Sowat 400 jongmense en volwassenes het aan die optog deelgeneem. deurskynende kristalle of poeier voor. Dit staan ook op straat bekend as “speed”, “ice”, in 1893 die eerste keer deur ’n skeikundige in Japan. Só word tik “crank”, “crystal straws”, “chalk” of “tjoef”. steeds gemaak met efedrien en ander bestanddele wat vrylik te Tik kan gesnuif, ingespuit of mondelings ingeneem word. kry is. Dit word in meeste gevalle deur ‘n gloeilamp gerook waarvan Van die tekens van tik-gebruik onder kinders sluit in: • Die die metaaltoebehore afgehaal is. Dit word ook deur ‘n spesiale kind is aggressief, waar hy voorheen nie aanvallend van aard glaspyp, oftewel “lolly” gerook. was nie; Tik veroorsaak verhoogde wakkerheid en selfvertroue, ver• hy kom beangs voor; hoogde fisiese aktiwiteit, vinnig praat, geïrriteerdheid, aggres• hy praat vinnig en miskien selfs ’n ander soort “taal” as voorsie, verlies van eetlus, droë mond en rukkerige bewegings. heen (die groepsdialek van sy maats wat ook met dwelms deurDie langtermyn-effekte van tik sluit longaandoenings, mekaar is); gewigsverlies en wanvoeding, absesse en infeksies, hartpro• die gewoonlik ingetoë kind borrel nou oor van die selfverbleme, slaapafwykings en psigose in. troue; Baie van die effekte van die gebruik van tik is nie sigbaar • hy dwaal snags rond, in die huis of elders, omdat hy nie kan nie en sluit gevaarlike toestande soos slaap nie; Simptome van TIK-gebruik hoë bloeddruk, verhoogde hartklop, • hy kla dikwels van hoofpyn; oopgerekte pupille, droë mond en ‘n sluit vergrote pupille en emo• hy eet baie min en kan self maer styging in die liggaamstemperatuur in. word as gevolg daarvan; sionele wipplank in. Uiteindelik kan jy psigoties raak, • die kykers in sy oë is groot; waanbeelde sien, jou brein en sentrale • hy hallusineer of sy gedrag is ansenustelsel of jou hart kan selfs onherstelbaar beskadig raak. dersins sielkundig afwykend; Metamfetamien stel baie groot hoeveelhede van die hor• en jy ontdek sekere voorwerpe by hom of in sy kamer wat moon dopamien vry, wat die breinselle stimuleer. Die chroniese met tik-gebruikers verselwig word, soos gloeilampe en rondemisbruik van metamfetamien verander die manier waarop die boom-glasbuise. brein funksioneer. Tik kan lei tot nier- en longprobleme, depressie, hallusinasies, Om sake te vererger, word die metamfetamien meermale in permanente sielkundige probleme, verminderde sosiale lewe, ’n mengsel verkoop, saam met byvoorbeeld stysel, glukose, bak- swak immuniteit, lewer-kwale, beroerte en die dood. poeier, talkpoeier, selfs hoofpynpoeier of die bitter koorsweerDit kan jou vel uitdroog en jeukerig laat, dit lei tot vroeë vermiddel kinien. oudering, verrotting van tande, aknee en vele meer. Nog byvoegings, vertel ’n kenner, kan gevaarlike gifstowwe Tik bly gewoonlik vir sowat vyf dae in die sisteem. soos batterysuur, swembadsuur of lampolie wees. Dan is die Gereelde dwelmgebruikers wat hulle met die stof inspuit, gevolge vir die gebruiker des te verskrikliker. begin later alternatiewe plekke op die liggaam te soek om in In Mei 2003 het die Medisynebeheerraad probeer om hier- te spuit en wend hulself later tot die spasie tussen die tone, die tendens te fnuik deur die hoofbestanddeel, efedrien, tot ‘n aangesien niemand dit hier sal oplet nie. skedule-5-middel te verklaar – d.w.s. ‘n middel wat slegs d.m.v. ‘n Tik vreet egter die vel en vleis waar dit direk ingespuit word. voorskrif bekom kan word. Indien iemand skielik staak om die dwelm te gebruik, sal Vervaardigers het egter oorgeskakel na pseudo-efedrien- hulle onttrekkingsimptome wys wat insomnia, rusteloosheid, produkte wat oor die toonbank beskikbaar is. drogbeelde en erge depressie insluit. ’n Groot probleem is dat dit so goedkoop is in vergelyking Sommige wil die heeltyd slaap, terwyl ander weer vir dae met ander dwelms—miskien so R15 tot R30 vir ’n dosis—en dat glad nie kan slaap nie. dit boonop so maklik verkrygbaar is. Kontak die volgende nommers vir hulp: Daar is in die 1990’s bekend gemaak dat dit selfs natuurlik •Tafelsig Matrix Centre 021 397 8195/ 8906; voorkom in minstens een soort Amerikaanse akasiaboom. Dit •Tableview Matrix Centre 021 557 1065/ 556 7103; word egter sinteties uit die stimulant efedrien berei, soos reeds •Delft South Matrix Centre 021 955 1010/ 1021


4 Julie 2012

courant nuus

Ouers se vreugde inspireer hulle Hugs 4 Angels is die nuwe sentrum wat twee Swartlandse ouers beplan word ten einde ‘n amptelike plek van veiligheid vir babas te skep. Michelle en Koos Beukes van Malmesbury tree al vir twee en ‘n half jaar op as veiligheidsouers vir babas wat wag op aanneming. “Omdat die biologiese moeder volgens wet 60 dae ná geboorte nog tyd het om te besluit of sy die baba wil laat aanneem of nie, word kinders nie meer in permanente sorg geplaas voor dié tydperk verstryk het nie. “Die babas moet dus vir dié vensterperiode elders versorg word en dit is die funksie wat ek en Koos vervul,” vertel Michelle terwyl sy ‘n baba-windjie uitvryf. Eintlik het Joubert en Elonje Uys van Malmesbury in Maart 2009 hiermee begin, toe hulle hul eerste baba op dié manier ontvang het. Koos en Michelle het só ‘aangesteek’ dat hulle ook van November 2009 af op dié manier na babas omsien. Hulle is onseker of hulle nou die 18de of twintigste baba versorg, maar vertel trots dat hul een baba Maandag twee jaar oud geword het by sy aanneemouers in Duitsland. “Ons het nog gereeld kontak met die meeste babas, dis vir ons goed om te sien hoe die kinders gedy in liefdevolle huise.” ‘Hugs 4 Angels’ resorteer onder die netwerk ‘Norsa’, waar Michelle geregistreer is om na dié babas om te sien. Sy kan nou vier babas inneem, maar wil graag teen Desember registreer om na ses kinders te kan kyk. Michelle is só ingestel op die behoeftes waarvan sy nou bewus raak, dat sy ook die moontlikheid ondersoek om ‘n huis vir ongehude moeders te open. “Ek wil graag hê almal moet weet dat dit nie nodig is om ‘n aborsie te doen nie - daar is altyd ‘n uitweg!” sê sy. Oor die babas raak sy passievol: “Ek huil met een oog as ek ‘n baba ná ‘n paar weke terugneem en moet gee vir aanneming, maar met die ander oog sien ek die vreugde van aanneem-ouers se vreugde oor hul ‘n eie baba kry!” Oor die effek wat dié ‘inkommertjies’ kan hê op hul eie lewens, sê Michelle: “Ek kan dit nooit alleen doen nie! “Dis elke keer ‘n gesinsbesluit. “Ons hou ‘n vergadering saam met die kinders om daaroor te gesels, veral die keer toe ek nie net twee babas nie, maar ook ‘n derde enetjie ingeneem het. “Dieselfde oor die voorneme om in die toekoms vier tot ses kinders te huisves en versorg.” Is sy nooit spyt dat sy hiermee begin het nie, veral in die nag as sy min slaap kry? “Nee, ek was nog nooit spyt nie! Net spyt dat ek so lank geneem het om hiermee te begin!” Hoewel die verantwoordelikheid daarvan

3

Derde jaar vir HSS se Wintertoernooi

Hoërskool Swartland hou weer sy allergewilde wintertoernooi vanaf 12 Julie tot 14 Julie. Dis die derde bestaansjaar en dié jaar gaan die toernooi groot. Daar gaan 14 skole deelneem; waarvan twee oorsese skole is. Skole wat deelneem, sluit in Piketberg, Brackenfell, Augsburg, Despatch, Vredenburg, Swellendam, Strand, Charlie Hofmeyer, HTS Drostdy, Tygerberg, Bishops, Stellenberg, Pates Grammar, Royal Grammar en natuurlik Swartland. Tydens die toernooi gaan daar rugby sowel as hokkie gespeel word. Skole wat gaan deelneem in hokkie is Despatch, Labori, Vredenburg en Swartland. Een van die oorsese skole se spelers sal in Huis van Zyl gehuisves word, terwyl die ander skool daagliks uit Kaapstad sal deurry. Die twee rugbywedstryde waarin Swartland gesien kan word, vind op 12 Julie om 17:00 teen Bishops plaas en Saterdag om 16:00 teen Pates Grammar se eerste span plaas.

Hokkiewedstryde waarin Swartland gesien kan word, vind op 12 Julie om 10:00 teen Despatch plaas en ‘n tweede wedstryd van die dag om 11:30 teen Vredenburg. Op 14 Julie om 11:00 ding Swartland teen Labori op die B-veld mee. Sien die voorlopige program op bladsy 5.

Hesti (8) en Eduard (13) pas net so graag soos hul ma, Michelle Beukes, dié babas op wat tydelike huisvesting benodig. om ‘n ander mens se kind te versorg, saamloop met ekstra finansiële verpligtinge, sien Michelle dit as ‘n manier om die Here te dien. “Ek het op ‘n tyd gewonder wát kan ek vir die Here doen en toé kom die babas oor my pad! Koos sit saans in die TV-kamer op sy stoel, dan raak sy ‘smile’ net al breër as ek die babas in sy arms pak! “Ons doen dit beslis nie vir geld nie - en as enigiemand daaroor twyfel, kan hulle gerus na ons begroting kom kyk!” Het hulle al vriende verloor oor hierdie ongewone lewenstyl, om na vreemde babas te kyk? “Hartseer genoeg, ja! “Maar die meeste van my vriende kom loer in en gee hand. “Selfs ons vriende se kinders ken ons babas en hul geaardhede. Die laerskoolmaats wat hier kom kuier, help met die babas en lag soms lekker vir die eienskappe wat ons hier sien, soos die enetjie wat so nuuskierig was, haar ogies het niks gemis nie!” Eduard (13) en Hesti (8), is baie tevrede oor die klein mensies in hul huis. “Dit werk glad nie om net een baba in te neem nie, want daar is altyd iemand wie se lip hang as hy of sy te min speelkans met ‘n baba kry!” lag sy.

Debt Inc bied “veilige plekkie”

Promosie

Jacqueline Coetzee (Hoof: Admin), Madeleine Hefferman (Nasionale bemarkingsbestuurder), Annora Mostert (Direkteur), Henry Kohne (Malmesbury Takbestuurder), Willem van Eeden (Sisteembestuurder), Jerene Potgieter (Hoof: regsafdeling) en Elmari Smit (Malmesbury: Ontvangs en Admin). Debt Inc het Vrydag amptelik sy deure op Malmesbury oopgemaak. Dié maatskappy spesialiseer in skuldberading wat gereguleer word deur die nasionale kriedietburo. Volgens Annora Mostert direkteur van Debt Inc, is skuldberading ‘n poging wat deur die regering aangewend word om skuld aan te spreek. “Ons het ‘n baie goeie kredietwet. Hiermee word kredietverskaffers getem, maar skuldenaars word ook hiermee gehelp om nie te veel skuld te maak nie,” sê sy. Volgens haar behels die wet dat as jy geld leen, jy nie meer as dubbeld terug mag betaal nie. “Die kredietwet sal ook help dat jou skuld

nie met jou weghardloop nie. Daar is ook iets soos ‘wreckless lending’. Dit beteken dat ‘n persoon nie dit kan bekostig om ‘n lening se paaiemente terug te betaal nie, maar ‘n instansie nog steeds krediet aan hulle verskaf,” sê sy. “Hierdie is ‘n jong bedryf en die groeipyne is nou meestal uitgesorteer. Skuldberading gee jou ‘n plekkie van veiligheid in ‘n tyd waar jy dit die meeste nodig het,” sê Mostert. “Ons is hier om te bly. Ons gaan nie verdwyn nie. Dit is hoekom dit vir ons belangrik is om ‘n kantoor op die dorp te hê,” sê sy. Kontak Debt Inc op Malmesbury by 022 482 3873 of besoek hul kantore in die stegie oorkant Checkers.


4

courant motors

4 Julie 2012

Als soveel beter met droëwors, biltong en Elantra

Soos die wintervakansie aanstap, is vakansiegangers en jagters alweer aan die draai van hul bestemmings en talle is reeds weer terug in die groen Swartland. Wintervakansie is (anders as vir die tuisblyers wat maar op Wimbledon en hier en daar op rugby, sokker en die Tour de France aangewese is) tradisioneel die tyd om Namibië, die Kalahari, Wildtuin of die Karoo te besoek. Gelukkig vir diegene wat moes tuisbly, is daar darem goedhartiges wat ‘n stukkie biltong of ‘n droëworsie saambring vir die minder bevoorregtes. Hoekom is die eetgoed en kos van daar dan altyd lekkerder as dié wat hier op eie bodem gemaak word? Die uwe dink die vleis en die kos smaak lekkerder want hulle gebeur soveel stadiger. Daar is nie kitsoplossings nie. Net meer tyd. Biltong en wors word nie drooggedruk (of met groot industriële waaiers drooggedwing) nie. Die brieke van die Karoo en die Kalahari het nog nooit losgekom nie en is dit nie juis wonderlik nie.

Daar is op so baie plekke nie eers selfoonontvangs nie (daar sal die spietkops nie eintlik geld maak as hulle jou wil beboet of jou selfoon konfiskeer omdat jy die ding agter die stuur gebruik nie).

Stadiger. Dis die wagwoord. Soveel wonderlike plekke waar Eskom nog nie eers is nie en kos nie met mikrogolfoonde agterstevoor (van binne na buite) gaar gemaak kan word nie. Ook nie kombuise vol resepteboeke met titels soos: Vinnige aandete of 200 Kitsgeregte nie of resepte soos 10 minute sjokoladekoek, haastige hoenderkasserol of tjop-tjop sop nie. Kos word op sy tyd aan die hand van ervaring gaar en is net soveel meer smaakvol en heilsaam. Wel, Jan Tuisbly of te nie, die uwe het darem die afgelope week self lekker gesmul aan ingevoerde kos. Sien, hier op Malmesbury het ‘n predikantspaar uit die Kalahari hul kom vestig en toe vir hul haarkapster (wat ‘n huis met die uwe deel) ‘n heerlike bak boontjiesop gegee. Boontjiesop wat anders is. Nie daardie windmakerige maklik skeibare kitssoort wat uit net twee bestanddele bestaan nie - die soort wat jy deur ‘n sif kan gooi om die gaar boontjies van die water te skei. Hierdie sop van tannie Madelein is ‘n dik boontjiesop. Sy wind het gewyk en hy het duidelik baie stadig gekook (op die Aga-stoof wat hulle spesiaal uit die Kalahari saamgebring het).

Hy het nie suurlemoen of Worcestersous of ekstra sout of peper nodig om smaak van buite te bring nie. Smaak is binne vasgevang en jy kan hom nie drink nie. Hy loop ook nie oor jou lepel nie. Hy is ordentlik sop met vleis en stukkies spek - ‘n 10 uit 10 maaltyd. Voeg daarby ‘n paar snye (jy kan nie veel meer as 2 eet nie) vars plaasbrood van Hennesie uit die Karoo. Tradisionele kos. Koningskos. Tradisioneel.... is Duitsers en Engelse, Amerikaners, Franse en Italianers die bekende bouers van motors. Só is die top-gekeurdes op Wimbledon meesal maar dié wat in die eindstryd sake uitspook. Maar dit is nie altyd so nie, en as nommer 100 vir nommer 2 uitskakel in die mans of nommer 15 die luidrugtige vrouegunsteling, dan krap dit die kaarte deurmekaar. Soos nuwe motorvervaardigers op die horison verskyn, is daar ook altyd die buiteperde, wat hul opponente uitoorlê en hul pad na die binnebaan vind. Toe die Koreaanse Hyundai sy opwagting in ons land gemaak het, was daar maar heelpaar neusoptrekkerige stiff upper lips. Wel, die laaste paar jaar het hulle hard aan die deur geklop vir die SA motor van die jaar en vanjaar geseëvier met hul Elantra 1.8 GLS.

Hyundai Malmesbury het vandeesweek vir ons die kleinboet (of kleinsus as jy verkies) 1.6 GLS gegee en ..... ...óók in ons boek het hierdie motor vinnig na ‘n binnebaan verhuis. She’s got the looks (veral daardie geboogde lyne, kurwes?). In hierdie segment moet sy darem seker naby aan die mooiste wees. Maar anders as ‘n leë dop waspop, is hierbinne-in juis ‘n hele pót vol boontjies. Juis meer windmakerig as tannie Madelein s’n. As jy agter die stuur inskuif, besef jy dit is ‘n plek waar jy maklik ure kan deurbring. Volop ruimte vir vyf volwassenes, kontroles op die stuur vir die ritrekenaar, en die voorlaai CD-klankstelsel wat toegerus is met ‘n USB en iPod-sok, elektriese vensters en elektries verstelbare kantspieëls, hoogteverstelbare bestuurdersitplek, sesspoed handrat met ‘n assistent wat jou vertel, deur ‘n flikkerende syfer tot by 6, na watter rat hy/sy aanbeveel jy oorskakel. Onder die enjinkap ontwikkel sy 99 kw @ 6300 toere en 157 nm @ 4850 toere. Hierdie kar bied werklik baie vir sy prysklas en een van die spesifikasies wat werklik opgeval het, is die onafhanklike lugversorger vir die voorste passasiers. Juis vir wanneer mam-

mie bietjie kouliker as pappie is. Goedafgewerkte instrumentepaneel, ‘n sagte rit en... die spelonk. Nie vir spoke nie, maar die kattebak is werklik baie groot. En dan het jy nog nie eers die agtersitplek (60/40 verdeling) platgeslaan nie. 5 jaar of 150 km waarborg, en die prys.... R204 900. Meer as genoeg rede om hom by Hyundai op Malmesbury te gaan toetsbestuur!!! Cheers tot die wiele weer rol ... en al is hy nie ‘n Koreaan nie, mag Djokovic Sondag weer wen.


4 Julie 2012

Sy eerste boek op 65 Mnr Daantjie Theron van Yzerfontein het op 65 jaar die eerste keer met sy eie boek in die hand gestaan, toe dit drie weke gelede by die NG Kerk op Yzerfontein formeel bekendgestel is. “ Dié boekie is geskryf as ‘n geestelike dagboek vir die persoon op die plaas,” verduidelik Theron. Theron (op foto regs) het vir 25 jaar op die plaas Gelukwaarts buite Porterville geboer, totdat hy Paarl toe geskuif het, na die plaas Die Kruis van At Hoekstra. “Ek het vir 40 jaar geboer en deurentyd die behoefte aan ‘n kort en kragtige boodskap gesien, want ek het regdeur my plaasjare die goeie gewoonte gehandhaaf om soggens vir al die werksmense te open met Skriflesing en gebed. Almal wat soggens gejaagd is en tog die dag met ‘n bondige, konkrete boodskap wil begin, kan hieruit baat vind!” Ná sy aftrede op Yzerfontein het Theron die dagboek begin skryf en twee jaar later was die vreugde groot toe hy dié boek, uitgegee deur die Christelike Lektuurfonds van Wellington, aan sy vriende en familie kon wys. Gaan hy nog ‘n boek skryf? Theron lag lekker voordat hy verklaar dat hy

courant nuus

op skool laas opstelle geskryf het, dus is hierdie boek nogal ‘n groot ding vir hom. “ “Maar ek laat nog my gedagtes ‘n bietjie gaan voordat ek op ‘n tweede boek sal besluit!” Kontak die uitgewer by 021 873 6964 vir bestellings. As jy meld dat jy na aanleiding van die berig in die courant skakel, sal jy 10% afslag kry. Die boekprys beloop R80 per eksemplaar.

** WEN!!

Twee gelukkige lesers staan ‘n kans om ‘n kopie van Theron se boek te wen. Sms jou naam, dorp en die naam van die boek na 084 8333 813 voor 12:00 op 9 Julie en wen dalk ‘n boek! LINKS: Anru Serdyn, o.12-rugbyspeler van die Christelike Privaatskool op Malmesbury, het deurgedring na die Boland-oefengroep van 60, waaruit die finale Bolandspan gekies sal word.

Program vir HSSwintertoernooi

Donderdag 12 Julie - Rugby: 10:45 Piketberg vs Brackenfell 12:00 Augsburg vs Despatch 13:15 Vredenburg vs Swellendam 14:30 Strand vs Charlie Hofmeyr 15:45 HTS Drostdy vs Tygerberg 17:00 Swartland vs Bishops Hokkie: 10:00 Swartland vs Despatch (B-veld) Labori vs Vredenburg (C-veld) 10:00 Vredenburg vs Despatch (B-veld) 11:30 Despatch vs Labori (B-veld) 11:00 Swartland vs Labori (B-veld) Swartland vs Vredenburg (C-veld) Saterdag 14 Julie - Rugby 08:30 Piketberg vs Drostdy B 09:45 Augsburg vs Strand 11:00 Charlie Hofmeyr vs Despatch 12:15 Brackenfell vs Pates Grammar 2nd XV 13:30 Vredenburg vs Royal Grammar 2nd XV 14:45 Bishops vs Stellenberg 16:00 Swartland vs Pates Grammar 1st XV 17:15 HTS Drostdy vs Belfast Royal Academy 18:30 Tygerberg vs Royal Grammar 1st XV Hokkie: 10:00 Vredenburg vs Despatch (Bveld); 11:00 Swartland vs Labori (B-veld)

5


6

Tydens Jane Boonzaaier (middel) van Aandskemering op Malmesbury se 90ste verjaardag, kuier Sigrid Truter en Elsa du Plessis gesellig saam.

nuus courant

4 Julie 2012

Agter van links: Annique, Hugo Niewoudt, Nadia Louw en Rooies het onlangs op Malmesbury in die De Bron Kleinteater opgetree. By hulle is Hetta Saunderson (M4 Artists - regs agter). Voor kniel Angeliques du Toit en Debbie du Toit.

Op 16 Junie is die tweede been van die SA Toutrek-klubkampioenskap op Hartenbos gehou, waar Karien Wiid van Hoërskool Swartland deelgeneem het. Sy het vir Valsbaai in die 600 kg gemengde span getrek en het ‘n silwer medalje verower.

Die Verenigende Gereformeerde Kerk op Malmesbury se Jeugbeweging het ‘n suksesvolle Bak- en Brou-aand gehou ten einde die jong mense spanwerk te leer en om kreatiwiteit te bevorder. Vyf geregte is voorgesit en beoordeel. Die groep wat muffins gemaak het, het as oorwinnaars uit die stryd getree. REGS: Die Junior Stadsraad van die Swartland Munisipaliteit het Saterdag gaan blikke skud vir fondse. Die lede van die stadsraad het die strate van Malmesbury ingevaar en geld ingesamel vir die jeugsimposium wat in Oktober vanjaar gehou word. Met hul kleurvolle kostuums en entoesiasme kon motoriste nie anders as om ‘n geldjie in hul blikke te gooi nie.


4 Julie 2012

courant promosie

7

Tip Trans, ‘n verhaal van uitnemendheid

Tip Trans is in 1967 deur Fanie Visser gestig en vervoer vandag onder meer steenkool, erts, sand, bouklip, landboukalk, mielies, koring en kompos in Suid-Afrika en buurlande. Fanie se seun, Pieter Visser, bestuur vandag die onderneming, wie se vragmotors al ‘n bekende gesig op die paaie van Suider-Afrika is. Die groep se hoofkantoor is op Moorreesburg en daar is twee depots in Mpumalanga, op Carolina en Belfast. Tip Trans bied volgens www.tiptrans.co.za aan sy klante: Voortreflike grootmaat-vervoerdienste, klant-spesifieke vervoer-oplossings, gevorderde kennis en industrie-ervaring, ‘n kultuur van uitnemendheid, gevorderde vervoer- en kommunikasietegnologie, ‘n grondslag van industrie-kundigheid, streng veiligheidsmaatreëls, ‘n ware bemagtigingsrekord, streng veiligheidsmaatreëls, deskundige opleiding vir personeel en bestuurders en maksimum sekuriteit. Tip Trans is trots daarop dat hy reeds ten volle swart ekonomies bemagtig is. Billikheid, deursigtigheid en bemagtiging is daagliks wagwoorde met die bestuur van die onderneming. Tip Trans maak groot erns met sy maatska-

plike verantwoordelikheid en het al groot bydraes gelewer tot die herstel van skole in die Wes-Kaap en Mpumalanga, asook hulp met skoolvoedingsprojekte. Sport- en MIV-projekte in gemeenskappe word ook ondersteun. Tip Trans se omgewingsbewustheid is beloon met die Mail & Guardian se gesogte Greening the Future-toekenning in 2011. Duisende bome is reeds geplant. Tip Trans het drie hoofvertakkings in sy operasionele struktuur, naamlik myndienste, tegniese dienste en risikobestuur. Die myndienste sluit in die vervoer van sand en grond en die rehabilitering van terreine. Die tegniese afdeling het landwyd ondersteuningspanne. Die risikobestuursafdeling monitor voortdurend sake met behulp van satelliettegnologie, tweerigtingradiokommunikasie en selfone. Nader besonderhede oor Tip Trans is verkrygbaar by die groep se webwerf by www.tiptrans. co.za. Die kontakbesonderhede by die hoofkantoor op Moorreesburg is, tel: 022 433 1440 en faks: 022 433 3603. Die depot op Carolina kan gebel word by 017-843 3905 en die depot op Belfast by tel 013-253 0651. Bron: www.tiptrans.co.za


courant promosie “Tip Trans is trots daarop dat hy reeds ten volle swart ekonomies bemagtig is.”

4 Julie 2012

8

Een van Tip Trans se vele vragmotors.

FOTO’S: WWW.TIPTRANS.CO.ZA

.


4 Julie 2012

courant promosie

Tip Trans se voertuie is ‘n bekende gesig op die land se paaie. FOTO: WWW.TIPTRANS.CO.ZA

9


10

courant courant promosie

BO: ‘n Gedeelte van Tip Trans se vloot. FOTO’S: WWW.TIPTRANS. CO.ZA ONDER: Tip Trans se vragmotors vang altyd die oog.

4 Julie 2012


4 Julie 2012

courant koscourant en dagboek

11

Karin Rabbets van die die Deli in die Checkers-sentrum op Malmesbury het hierdie week se heerlike Ontbeende varknek voorberei. Besoek die Deli vir heerlike tuisgebak, smaaklike wegneemetes.

Maklike BotterskorsieGebak

Bestanddele:

kalender Julie

Jeugweek op Goedverwacht 2 - 6 Julie - Charne Essau uit Goedverwacht nooi alle jongmense van graad R tot matriek vir ‘n jeugweek op Goedverwacht. Dit duur van 10:00 tot 13:00 daagliks en is gratis. Skakel 081 2700 155 vir navrae. Kultuuraand by Darling Museum 6 Julie - Elizabeth van Heyningen praat om 18:30 by die Darling Museum oor die Anglo-Boereoorlog. Kaartjies kos R60 vir nie-lede en R50 vir lede en sluit ‘n ligte warm ete in. Skakel Dianne by 022-492 3361 vir navrae of besprekings. AGS Corpus Christi-kerkdiens 8 Julie om 09:30. Die prediker is Roderick Onverwacht. Geen aanddiens in vakansie. Skakel 073 447 2902 met navraag. Konferensie op Moorreesburg 11 Julie - Die Moorreesburg Koringmuseum bied ‘n gemeenskapskonferensie aan vir almal wat graag ‘n bydrae wil lewer in die opgradering van die museum. Dit vind om 18:00 plaas in die museum. Skakel 022-433 1093 vir navrae. Wintertoernooi op Malmesbury 12 en 14 Julie - Hoërskool Swartland op Malmesbury is die gasheer vir 14 skole wat op die velde van die hoërskool kom rugby en hokkie speel. Twee oorsese skole, Bishops en ander Bolandse skole neem deel. Besoek www.swartlandhs.co.za of e-pos admin@swartlandhs.org.za met navrae. Jannie du Toit op Malmesbury 14 Julie - Onderweg met Jannie du Toit in die De Bron Klein Teater (tel: 022-4872000) in Voortrekkerweg op Malmesbury. Hy Word bygestaan deur Susan Mouton (tjellis) en Clinton Zerf (pianis). Teks: PG du Plessis en regie: Emma Bekker. Dit is ‘n musiekstorie van 40 jaar - Jannie vermeng humor en erns met staaljies en liedjies in Afrikaans, Engels, Frans en Nederlands. Die produksie word opgedra aan sy jarelange musiekvriendin Christa Steyn. R100 per kop. Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies by Superfoto. Telefoniese besprekings by: 022-4872000 of te koop by Hofstraat 10, Malmesbury. Kaartjies kan by die deure afgehaal word. bespreek asb net vooraf.

1 pakkie (500g) klaar geskilde botterskorsie. 1 eetlepel margarine of botter. 1 eetlepel kaneelsuiker.

Wen kaartjies na Onderweg

Die courant gee in samewerking met M4 Events & Promotions aan twee gelukkige lesers elkeen ‘ n dubbelkaartjie vir die vertoning Onderweg met Jannie du Toit op 14 Julie in die De Bron Klein Teater op Malmesbury. Om in aanmerking te kom vir die kompetisie, sms voor 9 Julie om 14:00 jou naam, dorp en die naam van die betrokke vertoning na 084 8333 813. Swartland Veterane Ploegdag 21 Julie - Die Ploegdag word vanjaar op ‘n plaas op die Kalbaskraalpad by Abbotsdale aangebied. Volg die padaanwysings. Navrae kan gerig word aan Linda Carstens by 0848877843 of aan ckb@lantic.net per e-pos. Stef Kruger op Malmesbury 25 Julie 2012 - Stef Kruger in die De Bron Klein Teater. Hy is bekend as een van ons land se beste liedjieskrywers. Dozi het al 36 van Stef se liedjies opgeneem, asook Vele ander kunstenaars soos Jannie Moolman en Nadine. Tussen jou en My, Ma se Song, Grassade in die Wind en Pennies op die Spooris van sy skeppings. R100 per kop. Die deure open 18:30 en die vertoning begin om 19:30. Daar sal kaartjies beskikbaar wees by Superfoto. Telefoniese besprekings kan gedoen word by: 022-4872000 of u kan ook kaartjies kom koop by Hofstraat 10, Malmesbury (naby Malmesbury Kwekery). Kaartjies kan by die deure afgehaal word. bespreek asb net vooraf. Markdag op Moorreesburg 28 Julie - Markdag/”Bootsale” aangebied deur Koringberg Toerisme op die Museumterrein. Inskrywingsfooi: R30. Mense met navrae kan in verbinding tree met Annelize by 022 433 1072 of 082 574 0357. PPC Riebeek Bergmarathon 28 July - The annual PPC Riebeeck Bergmarathon this year celebrates its 27th anniversary. The marathon is a 42.2km run in the Riebeek Valley. Also 21.1km, 10km and 5km fun runs. Last year, the PPC Riebeek Bergmarathon won an award for being the best organized event by Boland Athletics and this year’s event promises to scale new heights. Visit www.championchip.co.za

Bedien 4-6 persone.

Metode: Maak die botterskorsie in die mikrogolfoond gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Gooi uit in ‘n oondskottel. Smelt die margarien of botter en gooi oor die groente. Maak seker dit is oral bedek. Strooi die kaneelsuiker bo-oor en bak vir 30 min by 180 grade C. Indien die kleur nog nie mooi verander het nie, kan dit na die 30 min vir so +- 5 min onder die oondrooster gerooster word.


12

courant promosie LINKS: By die veterane ploegdag word die stof van die “ouer garde” afgestof en blink ge poets.

REGS: Die dag lewer pret en plesier vir vir al die verskillende ouderdomsgroepe op.

4 Julie 2012

Ploegdag op plaas buite Abbotsdale gehou

Die Swartland Veterane Trekkerklub bied vanjaar die Ploegdag aan. Dié gewilde dag word weer buite Abbotsdale aangebied op 21 Julie. Die beginparade vind om 10:00 plaas, gevolg deur ‘n wynveiling om 14:00 en die prysuitdeling om 14:30. Vir die rugbygeesdriftiges sal die wedstryde vanuit ‘n markiestent uitgesaai word en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees. Daar sal ook ‘n Dames-tent wees met ver-

skeie verversings, moerkoffie, beskuit en vele meer lekkernye. Springkastele sal die kleinspan ook die hele dag vermaak. Die erfenisgroep sal weer ‘n uitstalling van toerusting en voertuie van die Tweede Wêreldoorlog aanbied. ‘n Veteraanmotor-uitstalling sal ook nuuskieriges en -liefhebbers se belangstelling lok. Kontak Linda by 022 487 2367 of Freddie by 072 252 5381 met u navraag.

Pret vir hele gesin


4 Julie 2012

Veterane dolwe weer aarde om

courant promosie

LINKS: FC Truter aan die ploeg op verlede jaar se Ploegdag. Die amptelike opening van die ploegdag vind om 10:00 plaas en om 10:30 sal die groot trekkers begin ploeg. Om 13:00 sal die kinders kans kry om hul ploegvernuf ten toon te stel en om 14:00 is dit tyd vir die wynveiling. Die prysuitdeling vind om 14:30 plaas.

REGS: Veteraanmotors sal ook op die ploegdag uitgestal word. Die erfenisgroep sal ook ‘n uitstalling van voertuie vanuit die Tweede WĂŞreldoorlog aanbied.

LINKS: Die stof sal weer uit die aarde opstaan soos die families saam die grond omdolwe.

REGS: Daar is volop vermaak vir die jongspan.

13


14

die courant

Om hier te adverteer, kontak 022 487 3221 of admin@ diecourant. co.za.

courant dienste

4 Julie 2012

dienste

Moeg vir jou seer spiere en onfikse lyf? Pak die spanning jou gereeld of pla sportbeserings ? Nuut op Malmesbury is Kevin Coney, ‘n sportwetenskaplike en goed-opgeleide masseurterapeut wat ná 15 jaar se opleiding en ondervinding pas hierheen verhuis het. “Ná my opleiding as sportwetenskaplike, het ek vir sewe jaar by Arabella Sherathon gereeld kursusse gedoen in alle tipes massering: preen na-geboorte massering, Thai-, Indiese kop-, Chinese en Thai- en aromaterapie-masserings. Saam met hierdie ondervinding en my kennis van massering en joga en die vaardigheid hoe om sportbeserings te voorkom, glo ek die

publiek kan professionele hulp teen bekostigbare tariewe hier ontvang.” Coney werk Maandae, Woensdae en Vrydae in die Swartland en is Dinsdae en Donderdae in die Strand, waar hy saam met ‘n chiropraktisyn werk . Hy beoog om op Malmesbury te begin met ’n Run and Walk for Life en met jogaklasse. Verder kan hy help met ‘detox’, die verligting van seer spiere en is ‘n spesialis in die de-stres van spiere. Skakel Kevin by 082 820 8926 vir navrae of besprekings of stuur jou e-pos na coneykevin@ gmail.com


4 Julie 2012

die courant Algemeen

1

• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosiaatberader ABBO/ Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80

Gesoek Wanted

2

Te koop For sake

4

• OPSOEK NA... - Welkom Meubels betaal harde kontant vir 2de handse goeie meubels, linne, breekgoed, winterklere (mans) skoene ens. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528

• TE KOOP - Skottel DSTV (net skottel) R250 (Malmesbury) 079 985 7427 ----------------------------• EGTE LEER MANSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15) . Teen baie spesiale pryse. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

Voertuie te koop

5

• KONTANT DADELIK Ons koop alle motors en bakkies vir kontant, doen ook bank aflosse. Lopende en nie lopende voertuie is ook welkom. Skakel 079 544 2824 ----------------------------• 2004 TOYOTA RunX Grys/Silver 169 000km, R60 000. Kontak Beryl 084 999 3388 ----------------------------• DADELIK KONTANT - Soek motors of bakkies. Ons kom kyk. Skakel 073 444 3749 ----------------------------• VOERTUIE DRINGEND GESOEK - Ek betaal kontant vir enige voertuig of bakkie. Doen bankaflosse ook. Kontant 083 464 6960 ----------------------------• VOERTUIE DRINGEND GESOEK - Ek betaal kontant vir enige

* LET ASB OP * Die betaling vir alle geklassifiseerde advertensies (smalls) is Dinsdaemiddae om 13h00 voor plasing.

voertuig of bakkie. Doen bankaflosse ook. Kontant 083 464 6960

Te Huur To Let

7

• 2SLPK TE HUUR 2slpk, 2bdk, balkon, leefarea, kombuis, toesluit garage, sekuriteitshek, koopkrag. Zwartland Hof. Beskik 1 Aug. Tel: 082 976 7232 ----------------------------• DU TOIT TRAILERS Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggyback”, asook skaap spitbraai te huur. Kontak 022 482 1767 / 072 237 2349

Dienste Services

12

• YSKASTE HERSTEL Ook binne lekke. New freeze, Kerkstraat 18 Moorreesburg. Skakel 082 573 1589 of 083 651 5547 ----------------------------• JK SKOONMAAKDIENSTE - Jou alles in een tuindienste. Sny van grasperke en rante. Snoei van bome en struike. Skoonmaak van beddings. Uitleg van tuine, verkoop en lê van gras. Verwydering van vullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937 ----------------------------• EXTREME GRAFSTENE - Malmesbury. Vir kwotasies, nuwe grafstene, herstelwerk bewoording ens. Beste pryse gewaarborg. Kontak 082 550 5859 of 082 561 3291 ----------------------------• LAMINATING FOORING - Ingesit teen beste prys vir ‘n gratis kwotasie. Skakel 082 658 4690 -----------------------------

courant smalls

• BOEKHOU/ADMIN DIENSTE - Voorbereiding van BTW, Debiteure, Krediteure, bankrekonsiliasiesinlees van inligting op Pastel. Salarisse en lone op VIP-Payroll. Kontak persoon: Eileen Basson 082 373 0220 ----------------------------• TOP CARPETS EN BLINDS - Teëls, matte, lamine-ring, vinylvloere, blindings en blindings herstel/ diens. Gratis kwotasie en professionele diens. Skakel 022 482 2100 ----------------------------• ABC PARTY-TJIES Kinder-temapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@ gmail.com of www. abc-partytjies.weebly. com

Betrekking beskikbaar

17

• HARDWERKENDE MAN GESOEK - Eie bakkie noodsaaklik, basies en petrol toelaag. Faks CV na 022 482 4664, aansoeke eindig einde Julie.

Kontak ons met jou advertensie by 022 487 3221 of admin@ diecourant. co.za

15

smalls


courant agterblad

die

swartland en weskus

4 Julie 2012

Toutrek in Breerivier: Swartlanders wys slag

Uitslae Gholf

MALMESBURY: HOUESPEL: A Afd: H. Meijer 74; B Afd: J. de Beer 65; C Afd: D. Stelluto 70.

Duiwe WEDVLUG VAN BEAUFORT-WES NA MALMESBURY (met spoed in meter per minuut) 1 F Meintjies en Seuns 1210.207; 2 J Steenkamp 1208.762; 3 C Basson 1144.351; 4 G Horn 1140.077; 5 M Hill 1126.699; 6 G Horn 1036.209; 7 G Horn 1026.127; 8 M Hill 1023.160; 9 C Basson 1019.476; 10 E Kotze 992.237

Valsbaai se 600 kg gemengde toutrekspan het die afdeling gewen op ‘n WP/Bolandligakompetisie wat die naweek te Botha-kelder in die Breërivier gehou is. Verskeie toutrekkers uit die Swartland het ook hul slag by die geleentheid gewys. Op die foto van links trek Claudia Rix, Kim Carstens, Karien Wiid, Ayanda Inkaneng, Adriaan Rix, Jacks Jacobs, Charles Ontong, Eddie Greeff en hul aanvoerder Dirk Bester.

HSS Wintertoernooi vol ak si Berig en program op bl. 3 e e n5

WEDVLUG VAN BEAUFORT-WES NA MOORREESBURG 1 JH Mouton 2 P de la Querra 3 Frikkie en Johan 4 Frikkie en Johan 5 HMO Smit en seun 6 Frikkie en Johan 7 P de la Querra 8 Frikkie en Johan 9 Bester en Theron 10 Bester en Theron

die courant  

die courant