c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
5 Desember 2018
91.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 498
5 Desember 2018
Bielie van 'n "Classic"
Classic: Die jaarlikse Swartland Classic is die naweek op Malmesbury se gholfbaan gespeel. Vanjaar se kampioenskap is oor twee dae gespeel, met Talisman Hire Malmesbury en Mercedes Benz Malmesbury as hoofborge. Sien uitslae op agterblad.
•BEMEESTER VROEG REEDS BESONDERSE KUNS
Zanco kén stene Zanco Jantjies (20) van Malmesbury ding binnekort aan ‘n wêreldklas kompetisie mee nádat hy die besonderse kuns van steenlegging bemeester het. Sy lektor by Boland Kollege in die Paarl, Alie Crook, beskou Jantjies as ongelooflik talentvol en meen sy vernuf op die gebied van steenlegging is genoeg rede om mee te spog. Jantjies se talent vir steenlegging stuur hom binnekort in Februarie volgende jaar Durban toe waartydens hy teen 56 ander kampioene in die Suid-Afrikaanse been van die Wêreld Vaardighede Kampioenskappe (World Skills) gaan meeding. Dit volg ná hy as die Wes-Kaapse Kampioen gekroon is. Die wenner van dié kompetisie ding op sy beurt weer mee tydens die internasionale kampioenskappe wat in Rusland plaasvind. Jantjies het sy laerskool jare op St. Thomas Primêr deurgebring, terwyl hy sy skoolloopbaan by Schoonspruit Sekondêr voltooi het. Hy het ná skool die voorreg gekry om siviele ingenieurswese en boukonstruksie vlak 2-4 by Boland Kollege te gaan studeer nadat sy talente op die gebied raakgesien is. Hy was aanvanklik genoop om ná skool dadelik te begin werk. Jantjies beskryf die rigting wat sy lewe ingeslaan het, as ‘n absolute genade van Bo. Hy is nou in sy tweede jaar. Hy het aan die begin nie besonders baie van steenlegging gehou nie tot hy die vakgebied begin verstaan en bemeester het. Nou kan hy nie genoeg daarvan kry nie. Volgens Crook behels die kompetisie nie basiese steenlegging nie, maar ‘n kuns wat uitgevoer word. Jantjies beoog om ná kollege verder
Zanco in aksie. Foto: Jaomi Zeeman te gaan studeer en ook om eendag sy eie besigheid op Malmesbury te begin. Sy ander passie in die lewe is mense, veral dié wat soos hy nie noodwendig al die geleenthede het om verder te gaan studeer nie. Sy visie is om eendag ander te help bemagtig. Jantjies is nie bang vir dié taak wat hy vir homself daarstel nie. Sy geloof in die Hemelse Vader is groot. Só is hy ook vol vertroue dat hy gaan goed
vaar by die nasionale kampioenskappe wat om die draai is. Sy talente is die afgelope Maandag en Dinsdag behoorlik op die proef gestel toe hy teen verlede jaar se Suid-Afrikaanse Kampioen kompeteer het wat in Abu Dabi meegeding het, om sy gereedheidsvlak vir die kompetisie te toets. Die nasionale kampioenskappe skop op 22 Februarie af. - Charlotte Lesch
NUUS • NEWS