Skip to main content

494 dié courant Wellington

Page 1

• Free • Gratis

courant courant

• Bergrivier 1Swartland Bou saam met goeie nuus Wes-Kaap se #1 Wellington

7 November 2018 Uitgawe 486

•SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM

12 September 2018

dié

Moderne vrou se rol in samelewing • Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

•Jaomi Zeeman Die Drakenstein Sakekamer het, in samewerking met CS Cybershield, Sanlam en Golden Thread Communications, ‘n spesiale inligtingsessie vir plaaslike sakevroue aangebied waar die voordele en gevare van sosiale media en die kuberruim onder die loep geneem is. Hierdie insiggewende sessie het op Dinsdag 4 September by die Boschenmeer Landgoed plaasgevind. Talle plaaslike besigheids- en sakevroue het die geleentheid bygewoon en groot baat gevind by die interessante praatjies. Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, ‘n spesialis op die gebied van die suksesvolle aanwending van •Jaomi media Zeemanin die besigheidswêreld, het die sosiale Sommige werk lank van om die hul dames oormusikante die voordele vandekades die gebruik vaardighede te slyp. kuberruim in die werkplek ingelig. Dit verg talle optredes voor vriende familie, Volgens Anine kan sosiale media en platforms kerkgroepe en klein gehore voordat hulle misbaie suksesvol in die sakewêreld en tot voorkien van iewers erkenning kry of op ‘n groot verhoog deel besighede benut word. beland. Vir media die Wellingtonner Young het “Sosiale platfoms Gavin soos facebook, sy twee dekade-lange in die musiekbedryf instagram en linkedin ispad ‘n kragtige hulpmiddel onlangs ‘n reuse-hupstoot gekry en toenetwerke hy voor om jou besigheid te adverteer bykans tweebesighede miljoen mense opgetree het. met ander en moontlike kliënte te Gavin, wat bedags ‘n vennoot is in Ukuyila (Pty) bewerkstellig. Ltd"Instagram wat webtuistes ontwerp en grafiese ontwerp het byvoorbeeld 3,8 miljoen verdoen, is ‘n tromspeler in die plaaslike Southern bruikers, 80% van verbruikers volg besighede Lights musiekgroep. het30% boonop talle studio op hierdie platformHyen vanalverbruikers opnames, sowel as optredes saam met koop produkte wat hulle op instagraminternagesien sionale het,” hetkunstenaars sy gesê. op sy kerfstok. Volgenshet hom is sy onlangse aanplek die Anine hierdie platformdeelname ook as ‘n “It’s Time” saamtrek Pretoria iets al jare waar besighede hulbuite kreatiwiteit kan wat uitbeeld, lankbesigheidsblad aankom. ‘n kan skep, hutsmerke kan “Sommige mense sou kan my deelname betrokskep, treffende foto’s plaas enensubtiele kenheid by It’s Time as geluk of blote toeval sien. handelsmerksigbaarheid kan bewerkstellig, Dit is egter iets wat al ‘n lang pad kom. Toe ek voorgehou. baie jonger haar was, het die Here vir‘nmy ’n visie gegee Volgens is Twitter nog goeie platform dat ek voor BAIE mense gaan kan dromme wat deur sakevroue gebruik word.speel. Elke keer wat ek ’n orkesgebruikers, betrokke geraak “Met 7,7bymiljoen 83% het, van was die die gedagte - nóú gaan daardieplatform visie waar wêreld se leiers wat op hierdie in word. aksie Diten het76% nooit,” hy. is vanvertel verbruikers wat handelsmerke netwerk konneksie wat egter hierElke na optrede, vriendelike diensenaanbeveel, is dit ‘n die afgelope 20 jaar oor Gavin se pad gekom kragtige instrument in enige besigheid,” hethet, sy was nie tevergeefs nie. gesê. “Dit wasAnine alles net voorbereiding wat bygedra Volgens is Linkedin ‘n meer professiohet tot die oomblik toe Erik Botes my kontak. Hy nele, ernstige platform. is die musiek-koördineerder van die #IMAGINE “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% beweging ook.is Sonder om platform regtig te om besef hoe van werwers op hierdie kandigroot die geleentheid eintlik sou wees, het ek ja date te vind. gesê. "Dit is die effektiefste sosisale media plat"Dit nou 20 jaar later,en en leidrade,” daardie visie form viriswebwerf-verkeer hethet sy gerealiseer. Ek grap nou lekker dat dit 20 jaar se opleiding geneem het om reg te kon wees vir 2 ure se speel,” lag hy. Dit het baie voorbereiding om voor so ‘n groot skare mense, saam met kunstenaars wat nog nooit vantevore saam op ‘n verhoog was nie, geverg. “Daar was nogals baie liedjies wat ons moes aanleer - sommige bekend en ander minder bekend. Ons het voor die geleentheid omtrent elke Saterdag geoefen, met ’n paar Maandae net vir vaslegging. "Om logistieke reëlings net makliker te maak, was die hele musiekspan van die Kaap. Hulle was Henry Pike, die leier en Gospel Skouspel kunste-

Uitgawe 494

7 November 2018

•ONTWERPER BEDAGS, MUSIKANT NA-URE

Young laat dromme dreun voor miljoene Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van Cybershield en Helét Borchardt van Sanlam. gemaak het, gegee. gesê. Hy het ook die voor- en nadele van gratis Jan-Hendrik Stander van CS Cybershield het Anine se praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Wi-Fi vir kliënte en besighede bespreek. “Wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou oor die kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligting en data nie beskerm nie. Kuberkrakers die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan e-posse en baksake onderskep, virusse op selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en en restaurante besigheid doen talle voordele, “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkomaar ook talle gevare in. Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. Besighede se digitale voetspoor en die en kuberkrakers verwys. Bloemfontein bygewoon maak. naar, Jacques Steyn, baskitaarspeler daarvan ishet, bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere.van die des- belangrikheid “Onswetlike skat dat daar rondom rondom sosiale twee miljoen tydse Strings, Erikdat Botes, klavier en dit musiekDie aspekte media "Jy DNA moenie toelaat ander mense sien mense was,” hy. rondom hierdie kwessie is koördineerder, Kweyama,en voorsanger ensê wenke nie, jy moet ditSiwaphiwe gereeld verander jy moet platforms Gavin bly dit steeds ‘n byna onwerklike en omroeper Tygerberg 104FM, Juan het Weber, bekyk. dit nooit metby vreemdelinge deel nie,” hy ookVir op akoesties en betrokke by Die Bron-gemeente, ervaring. Die dames wat die sessie bygewoon het, het geskerts. dit net soos gevind volg beskryf: wanneer jy Pieter Joubert, elektriesevan kitaar en ook betrokke dit “Ek baiekan insiggewend en kon rondom Hy het die kenmerke ‘n sterk wagwoord uit ‘n vliegtuig se venster na die grond kyk, weet by Die Bron-gemeente, eetgoed hul ervaring en idees ten verduidelik en ook wenkeMarinus oor hoedeomKok, uit op te heerlike jy dit is hoog, maar die grond lyk soos ’n prentjie. tweede elektriesop en jou betrokke by Bergsig inbreuk NG. En opsigte van die gebruik van sosiale media deel. vind of iemand kubersekuriteit Dit was dieselfde gevoel. My brein kon nie begryp natuurlik ek op dromme,” verduidelik Gavin. In Pretoria het die bekende Loyiso Bala by hoe baie mense voor my staan nie, al het my oë dit gesien,” probeer hy hierdie gewaarwording hulle aangesluit. “Loyiso het ook ‘n paar van die liedjies gelei. beskryf. Ten spyte van hierdie ongelooflike blootstelOns het letterlik net die dag voor It’s Time kans gehad om sy liedjies saam met hom te oefen. ling, bly Gavin se voete stewig op die grond. “Dit was vir my ’n groot voorreg om deel van Gelukkig kon ons die paar weke voor die tyd die liedjies leer. Voorbereiding was nie net in musiek It’s Time te kon wees. Die skaal van It’s Time is nie, maar ook hoe ons as span saamwerk, sowel verbysterend en kan jou as persoon of musikant as emosionele en geestelike voorbereiding,” ver- baie maklik insluk. Dis daarom dat ek dankbaar is vir die 20 jaar opleiding, want ek glo dit is wat tel Gavin. Alhoewel die amptelike getal mense wat die my kalm gehou het en gemaak het dat die speel saamtrek bygewoon het nog nie bekend is nie, op die massiewe platform voor so ‘n groot skare, kon Gavin en sy span ‘n beraming na aanleiding amper gevoel het soos net nog ’n kerkgeleentheid van die hoeveelheid mense wat die saamtrek in met 50 mense,” sê hierdie nederige musikant.

NUUS • NEWS


2

7 November 2018

Musiekleerlinge hou konsert

NUUS • NEWS

•NUWE TOEVOEGING TOT TEATER

Bôrdienghuis kry buitelugverhoog Die nuwe verhoog in wording.

Die musiekleerlinge van Gheta Grobler se musiekskool het op Vrydag 2 November ‘n konsert in die kerkgebou van die Wellington-Oos Gemeente gehou. Al die leerlinge kon by hierdie geleentheid met hul musikale vaardighede spog. Die musiekleerders, wie se ouderdomme tussen 7 en 17 wissel, neem lesse in verskillende musiekinstrumente en daar is ook ‘n groot groep wat sangonderrig ontvang. Volgens Gheta, wat bekend is vir die blootstelling wat sy aan haar studente gee en haar onderrig in ‘n verskeidenheid instrumente en sang, is die konsert elke jaar vir haar ‘n hoogtepunt. “Dit is so lekker om te sien hoe elke leerling deur die jaar en oor ‘n paar jaar groei in hul spesifieke dissipline. Die grootste bonus is die selfvertroue wat hulle opbou en hoe hulle al hoe gemakliker word tydens optredes,” sê sy. Behalwe vir die eisteddfod en talle kompetisies waaraan leerlinge van hierdie musiek-

skool elke jaar suksesvol deelneem, is daar ook leerders wat jaarliks die internasionale Trinity musiekeksamen aflê. Leerders aan Gheta se musiekskool het hierdie jaar besonder goed in die eisteddfod presteer. Haar leerlinge het 4 Goud, 15 Goud Plus en 12 Cum Laude-toekennings by die Paarl Vallei Eisteddfod ontvang. By die Helderberg Eisteddfod het hul net sulke goeie resultate behaal. Sangleerlinge aan die musiekskool het boonop die bekers vir die beste sang in die kategorieë vir 13-jariges (by die Paarl Vallei sowel as die Helderberg Eisteddfod), die beste junior sang, die beste senior trio en die beste junior duet verower (almal by die Paarl Vallei Eisteddfod). Tydens die musiekkonsert kon die gehoor na ‘n verskeidenheid instrumentale items deur kitaargroepe en klavierleerlinge luister. Dit is deur klassieke en moderne sangitems afgewissel. Dit was ‘n luisterryke konsert wat vir heerlike vermaak gesorg het.

‘n Nuwe buitelugverhoog word by die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teater gebou. Hierdie nuwe toevoeging tot die teater se terrein sal binnekort dié bymekaarkomplek se kapasiteit ‘n reuse-hupstoot gee. Volgens Francois Lötter, bestuurder van die Breytenbach-sentrum, beoog hulle om die nuwe verhoog tydens ‘n eerste vertoning op 16 November in gebruik te neem. “Tydens ‘n vorige ABBA-vertoning het die gehoor heerlik saamgedans binne die teater. Ons gaan die verhoog met ‘n 60’s en 70’s vertoning inwy en die ekstra spasie wat ons binnehof-area bied ten volle benut. Daar sal oorgenoeg spasie vir dans wees,” het hy gesê. Francois verduidelik dat die spasie binne die Bôrdienghuis-teater ideaal is vir vertonings tydens die kouer wintermaande. Wanneer ‘n vertoning vol bespreek is, is die spasie egter baie beperk. “Met ons heerlike somersaande kan ons nou die lekker buite-area met die buitelugverhoog benut. Die verhoog sal ook die verbruikerswaarde van ons terrein ‘n hupstoot gee,” het hy

verduidelik. Volgens Francois beplan hulle om die verhoog en buitelugarea aan die gemeenskap van Wellington vir vertonings beskikbaar te stel. “Jongmense met bands en opkomende kunstenaars uit ons gemeenskap soek altyd ‘n plek waar hulle ‘n vertoning kan lewer, maar hulle het nie altyd die fondse om ‘n plek te huur nie. Ons wil hierdie area gratis aan sulke mense beskikbaar stel waar hulle ‘n platform kan hê om hul kuns te beoefen. Op hierdie manier wil ons plaaslike kunstenaars ondersteun en aan hulle blootstelling gee,” het hy gesê. Met hierdie wen-wen inisiatief vir die Breytenbach-sentrum, sowel as vir die gemeenskap, sal die Bôrdienghuis-teater ‘n selfs meer meerdoelige heenkome vir kunsliefhebbers, musikante en die gemeenskap wees. ‘n Vertoning by die Breytenbach-sentrum op 23 November deur plaaslike plaaskore onderstreep hierdie doelwit. “Ons wil die Bôrdienghuis-teater en nuwe buitelugverhoog vestig as ‘n plek vir die gemeenskap, vir kultuur en vir saamwees,” het Francois gesê.


NUUS • NEWS

7 November 2018

•HOËSPOED LYNE, GOEDKOPER TOEGANG TOT WWW

3

Nuwe, vinniger internet vir Drakenstein •Jaomi Zeeman Hoë-spoed, meer bekostigbare internetverbinding is een van die voordele waarna die Drakenstein-gemeenskap binnekort kan uitsien. Dit is te danke aan die nuwe optiesevesel-infrastruktuur wat tans deur verskeie telekommunikasie maatskappye in dele van Drakenstein geïnstalleer word. Internetverbindings deur middel van optiesevesel word as meer betroubaar as ander verbindings beskou, omdat dit nie deur weerstoestande of ander faktore beïnvloed word nie. Ander potensiële voordele vir Drakenstein sluit beter sekuriteit in. Danksy die hoër internetspoed, kan hoë-definisie videos gebruik word om areas te monitor. Optiesevesel-materiale is ook meer omgewingsvriendelik en duursaam as die tradisionele koper-materiale. Optiesevesel-telekommunikasie infrastruktuur word tans deur verskeie telekommunikasie-maatskappye in verskillende areas in die Drakenstein-gebied geïnstalleer met die Drakenstein Munisipaliteit wat deurlopend die installasie-werk monitor. Die telekommunikasie-maatskappye maak van ‘n verskeidenheid kontrakteurs gebruik om die verskillende fases van die fisiese installasie. Die voorbereidingswerk waar daar onderdeur opritte en paaie gewerk moet word, die grawe van slote en die aanlê van optiesevesel pype, die installasie van verspreidingsmangate, die

toemaak en herstel van slote, sowel as die fisiese installasie van die optiesevesel-drade binne die pype word alles deur verskillende kontrakteurs gedoen. Tydens die evaluering van die telekommunikasie-maatskappye se werk, het die afdeling van die munisipaliteit se Ingenieurs Dienste bevind dat sommige maatskappye ongelukkig nie hul beplanning en fases behoorlik in lyn gebring het nie. Daarom het die munisipaliteit onlangs besluit om die maatskappye, deur middel van sy gebruiksreg-goedkeuringsproses, te vra om eers met alle nuwe werk halt te roep totdat hul huidige werk voltooi en op standaard is. Alhoewel die dag-tot-dag monitering van die kontrakteurs se werk die verantwoordelikheid van die telekommunikasie-maatskappye se ontwerp-ingenieurs is, het die munisipaliteit besluit om ‘n groter rol in die regulering van die kontrakteurs te speel om te verseker dat hulle tot die minimum standaarde van generasie en herstel voldoen.

Met hierdie inisiatief is die munisipaliteit besig om ‘n gefaseerde plan met strenger kontrole en moniteringsprosedures in plek te kry. Die Drakenstein Munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief wat hierdie installasie

veroorsaak en bedank die Drakenstein-gemeenskap vir hul samewerking in hierdie verband. Vir enige navrae kan die Munisipaliteit se Afdeling vir Ingenieurs Dienste by 021-807 4715 gekontak word.

Lees is pret inisiatief met entoesiasme aangepak Die Wellington Biblioteek het op Woensdag 31 Oktober, in samewerking met die Drakenstein Munisipaliteit, ‘n Lees is Pret inisiatief by die Wellington Stadsaal aangebied. Tydens hierdie geleentheid het talle leerlinge van plaaslike skole aan ‘n leeskompetisie deelgeneem. Onderwysers, leerders, ouers, ondersteuners en skoolhoofde van Van Wyksvlei Primêr, Hillcrest Primêr, St. Albans Primêr, Wellington Primêr en Pauw Gedenk Primêr het die Stadsaal volgepak om die 18 finaliste in die leeskompetisie te ondersteun. Altesaam 50 leerders uit die deelnemende skole het aan die leeskompetisie deelgeneem. Elke skool is deur 10 graad 1-lesers verteenwoordig. Die 18 finaliste het tydens die geleentheid in die Stadsaal hul leesvernuf voor drie gerekende beoordelaars ten toon gestel. Die beoordelaars was Eleanor Laubscher, Elsabé du Toit en Caroline Maurice. Die verrigtinge is deur Ampie de Vries geopen, waarna raadslid Rita Andreas almal verwelkom het. “Dit is ‘n voorreg om deel van so ‘n mooi inisiatief te wees,” het sy namens die Drakenstein Munisipaliteit gesê. Ampie het al 18 finaliste aan die gehoor bekendgestel voordat die leeskompetisie afgeskop het. Tydens die kompetisie moes die leer-

ders elkeen dieselfde onvoorbereide leesstuk oor ‘n mikrofoon voorlees terwyl die ander deelnemers in ‘n waglokaal hul beurt moes afwag. Elkeen moes ook ‘n begripsvraag oor die inhoud van die leesstuk beantwoord. Nadat die finaliste een na die ander hul senuwees te bowe moes kom en hul ding agter die mikrofoon gedoen het, het Cedric The Entertainer, oftewel Cedric Klaasen, almal met sy manewales tydens ‘n interaktiewe vertoning vermaak. Dit het die beoordelaars ‘n kans gegee om hul punte te verifieer en die uitslae gereed te kry. Al 50 trotse deelnemers het ‘n sertifikaat van raadslid Andreas ontvang voordat die wenners uiteindelik aangekondig is. Spesiale toekennings vir vordering is aan Adonn September, Caithlin Liebenberg, Keesha Skermand, Ney-Jean Solomons en Veneez Danster toegeken. Cassidy April het die derde plek behaal, terwyl Gelermo Koordom die haan onder die henne in die tweede plek onder die top-drie deelnemers was. Die algehele wenner van die kompetisie was Azaria Valentine. Tydens sy bedankings het Wellington Biblioteek se Senior Bibliotekaris, Ntobeko Sikhakhane, die belangrikheid van lees onder jong kinders beklemtoon. “Met hierdie inisiatief wou ons lees onder

Al die wenners, beoordelaars, verteenwoordigers van die borge en organiseerders van die Lees is Pret inisiatief. jong kinders aanmoedig. Daar is ‘n gesegde dat lesers leiers is, en dit is inderdaad waar. Lees, soos wat hierdie projek se tema sê, is boonop pret. Kinders moet die genot en nut van lees reeds op ‘n jong ouderdom leer ken om hulle

vir ‘n blink toekoms toe te rus en te bemagtig. Ons is trots op elke skool en leerder wat hieraan deelgeneem het en ons hoop dat ons hierop kan voortbou om die goeie resultate in die toekoms te pluk,” het hy gesê.

THE BIGGEST

DEALS OF THE YEAR 23 NOVEMBER 2018


4

7 November 2018

Watter gif om te kies

Volgens die HAT het die woord “gif” twee betekenisse. Die een verwys na ‘n geskenk - iets wat aan ‘n ander persoon gegee word sonder om iets terug te verwag. Om gifte te gee, gebruik of te ontvang, is iets wat enigeen se lewe kan verryk. Die ander betekenis van “gif” is natuurlik die een wat na ‘n stof verwys wat, indien dit ingeneem of opgeneem word, die gesondheid kan skaad of dood kan veroorsaak - met ander woorde iets wat ‘n verwoestende, skadelike invloed het. Met giwwe moet ‘n mens maar versigtig werk. Wanneer ons rondom ons kyk, sien ons alte veel die negatiewe betekenis van “gif” wat oral uitgedeel en ingeneem word. Die dwelmprobleme in gemeenskappe, die troebel politieke speelveld, die venyn, slinkse strategieë en afguns in die alledaagse gang van die lewe, sowel as die talle sosiale en maatskaplike euwels wat ons samelewing teister, is sowaar dinge wat enige positiewe lewensuitkyk en ‘n bietjie hoop kan kom vergiftig. Gelukkig is daar ook baie voorbeelde van die positiewe betekenis van “gif”. Talle mense in ons gemeenskap gebruik hul gawes of gifte tot voordeel van ander. Hulle deel onbaatsugtig uit sonder om iets terug te verwag. Hulle gun mekaar voorspoed sonder om afgunstig te wees en hulle beywer hulle vir dít wat tot voordeel van almal is. Die plaaslike musikant, Gavin Young, het nie toegelaat dat 20 jaar se harde werk sonder ‘n groot deurbraak hom met negatiwiteit vergiftig nie. Hy kon onlangs sy musikale gifte voor honderdduisende mense ten toon stel. Die Breytenbach Sentrum se Bôrdienghuis-teater het ‘n teengif vir die beperkte spasie binne die teater bedink en is besig om ‘n buitelugverhoog te bou. Die plaaslike munisipaliteit en biblioteek het die gawe en pret van lees met ‘n oulike inisiatief aan jong kinders in ons gemeenskap bekendgestel. Met hul onlangse konsert het Gheta Grobler se musiekleerlinge nie net hul musikale gifte benut nie, maar dit ook as geskenk vir die gehoor aangebied. Ons plaaslike muurbalklub gaan van krag tot krag en hou so die geskenk van gesondheid deur oefening in stand. Die inwoners van Drakenstein kan binnekort ook na die geskenk van vinniger en meer betroubare internetverbindings uitsien met die lê van optiesevesel-kabels in ons area. Iemand het eenkeer geskryf dat wanneer ons op ons gawes en gifte, in plaas van ons probleme of giwwe, begin fokus, ons perspektief sal verander sodat ons die seëninge oral om ons sal raaksien en uitdeel. Mag elkeen hierdie week meer gifte as giwwe ontvang, beleef en weggee.

It’s Good News

Dr. Marc Blackwell Snr

No Love, No Life!

Agape love is the fundamental evidence of saving faith. John 13:34-35 “A new commandment I give to you, that you love [agapao] one another; as I have loved you, that you also love one another. By this all will know that you are My disciples, if you have love [agape] for one another.” Love is not an option. The Lord Jesus Christ explained that love is a necessary indication that a person is placing his or her trust in Christ. Later the Apostle John repeats the commandment of Jesus to love one another, and he ties it closely with the command to believe! “And this is His commandment: that we should believe on the name of His Son Jesus Christ and love one another, as He gave us commandment.” Without question, we are saved by grace alone through faith alone in Christ alone for the glory of God alone. Once we begin placing our exclusive and entire trust in Who Jesus is - as God in the flesh - and what He accomplished in His perfect life, sacrificial death and victorious resurrection, our response is to demonstrate Christ’s love actively working in us by the Spirit of God. Saving faith is shown by the actions that it prompts. The Apostle Paul declared, “By grace you have been saved through faith, and that not of yourselves; it is the gift of God, not of works, lest anyone should boast. For we are His workmanship, created in Christ Jesus for good works, which God prepared beforehand that we should walk in them.” “...Be imitators of God as dear children. And walk in love, as Christ also has loved us No Love, No Life!

• Kerke • Churches • Kerke • Churches • Kerke

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.

NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church

Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375

Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.

Sportman van die Jaar:

Hillcrest United het onlangs hul jaarlikse bekeruitdelings funksie gehou in 'n volgepakte Wellington Stadsaal. Die gasspreker by hierdie geleentheid was Boland Kavaliers hoofafrigter, Randall Modiba. Talle spelers is vereer vir hul hardewerk hierdie seisoen. Hooftoekenigs het gegaan aan Geoffrey Allies [speler van die jaar], Elton Fortuin [meeste punte vir die jaar] en Lesley Gertse - Beste agterlynspeler, mees lojale speler asook Sportman van die jaar. Bo ontvang Lesley Gertse - Sportman van die jaar toekening van bestuur. Hulle is Leon Muller-o/voorsitter, Jovan-re Cupido -sekretaris, Lesley Gertse - Sportman van die jaar, Edward Abrahams-Voorsitter en Reggie Manuel-hoofafrigter.

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

7 November 2018

5


6

7 November 2018

NUUS • NEWS

100% vir matriekleerder se opstel in nasionale kompetisie •Jaomi Zeeman ‘n Matriekleerder aan Hugenote Hoërskool, Danielle Burger, het onlangs ‘n uitsonderlike prestasie in ‘n nasionale kultuurkompetisie behaal. Danielle het twee opstelle, een in Engels en een in Afrikaans, vir die Podiumpret-kompetisie ingeskryf. Sy het ongelooflike uitslae behaal deur 95% vir haar Afrikaanse opstel te kry en 100% vir haar Engelse opstel. Beide opstelle is in die huistaalkategorieë ingeskryf en beoordeel. Een van die beoordelaars was so beïndruk met Danielle se skryfwerk, dat sy dit as “iets wat werd is om gepubliseer te word” bestempel het. Hier is Danielle se Engelse wenopstel. A bully does not need a fist I gently touch the fibres of the bow to the E-string, and with my first finger strategically placed on the fingerboard, I play a F-sharp. “That’s a little sharp, Bianca, lower your first”, my conductor says from where he is seated about ten feet away, tuning a cello. I can’t understand how he heard me above the all but muffled sound of more than 50 instruments, all trying to get a perfect pitch, but obediently I lower my first finger a few millimetres and try again.

“Better”, he says simply and continues with the cello. After about five more minutes of orchestral chaos, he walks over to where his score is waiting and signals us to take our places. “All right, quiet now. We have about half an hour before the tribute starts, so I thought we could do the Sonata one last time. You all know it’s the most important. But before we do that, I just thought I wanted to tell you…” I can see him struggling to find the right words, and the girl next to me wipes a tear away. I see the conductors’ eyes settle on the empty chair in the brass section, that I now notice for the first time. “I just wanted you to know that it wasn’t any of your faults”, he said, but I could see he was no longer addressing us, but staring far off into the distance. “Charlotte, she was always… different.” I take a peek at the solemn expressions of the people surrounding me, and I find myself saying thank you that we have our instruments to speak for us tonight, because all our voices would fail miserably. I never personally knew Charlotte du Preez. I worshipped the ground she walked on, but I never knew her. She was the perfect musician, the perfect person actually. I would never have thought…

Musiek uit 60’s en 70’s herleef Wellingtonners kan na ‘n heerlike vertoning van die groot treffers uit die sestiger- en sewentigerjare uitsien. Op Vrydag 16 November sal die gewilde Mike and the Harmonix ‘n spesiale vertoning uit dié musiek-era by Die Bôrdienghuis hou. Toe hierdie gewilde musiekgroep vroeër vanjaar hul Tribute to Abba in die Bôrdienghuis gehou het, is daar op die tafels gedans en vir nog gevra. Met hul nuwe vertoning sal hulle die eerste kunstenaars wees om op

die splinternuwe buitelugverhoog by die Bôrdienghuis op te tree. Hulle gaan die voete laat jeuk met musiek uit die sestigs en sewentigs. Hulle sing liedjies van onder andere die Beatles, James Brown, Van Morrison, The Rolling Stones, Fleetwood Mac, Tina Turner, The Eagles, Stevie Wonder, Aretha Franklin, Elton John, The Beach Boys, Neil Diamond, en Queen. Die konsert begin om 20:00 en belangstellendes kan by teater@ breytenbachsentrum.co.za of 021873 2786 plek bespreek.

And I didn’t. The only indication I ever had about her personal life was when we all met for the first time and played a game where you had to say something you learned from your life. When it was her turn, I saw her nervously fidgeting with her hands (that was the only time I saw her hands unsteady) and say: “A bully does not need a fist.” She smiled while she said it. There is silence in the concert hall. We are all ready with our instruments for the last song of the evening. The Sonata. The grand finale. The conductor makes a reassuring gesture with his head. He is nervous. I see the distressed eyes of the audience, and how 2 pairs in the first row are blinking back tears. They are all waiting. As we start the slow, steady pace of the first movement, my fingers automatically play the carefully rehearsed notes while my mind wanders. I find myself thinking of the times I played with her. Sat next to her. Maybe bumped into her in the hall without apologising. Watched her play trumpet without complementing her. A-flat. B-minor. Crotchet notes. Rest. D-sharp. A-sharp. I wonder how many times I could have said something, but didn’t.

F-sharp. It’s approaching. The part of the composition that everyone is waiting for. The part Charlotte was famous for. The solo. The music builds and builds and builds, the instruments sound like they are playing for the last time and the musicians look like the music is being extracted from their limbs and flowing through their fingers in an attempt to give peace. A wave of sweat breaks out on the conductor’s head, and I feel myself shaking. And then it stops. Everything stops. I can practically hear the perfect sound of her trumpet performing a masterpiece. But it’s all imagination. She’s gone. In the concert hall there is 6 counts of 8 of deafening silence, combined with a heartbroken sob. I carefully place my violin back in its’ case as the last people drain out. I wonder when the next concert is, and if I’ll be back. It seems that one less participant in the orchestra makes it a lot less exciting. “You played beautifully, Bianca”, my conductor says as he strides towards me. “You don’t look too well. Are you okay?” “No”, I say, as I blink back tears. “My F was too sharp.”

Tweekamp: Is jy ‘n goeie swemmer

wat heel gemaklik ‘n keer of twee om ‘n atletiekbaan kan hardloop? Dan is tweekamp dalk vir jou. Die 2018/2019 tweekampseisoen in die Boland het hierdie kwartaal afgeskop. Die tweede byeenkoms vind Saterdagoggend by die velde en swembad van Hoërskool Hugenote plaas. Die byeenkoms begin om 9:30. Inskrywings moet teen Donderdag 19:00 op Boland Tweekamp se webwerf gedoen word. Atlete van o.8 tot meestersvlak kan deelneem. Vir meer inligting, besoek www.bolandtweekamp.org.za. Links: Gabi Kirsten van Laerskool Hugo Rust was onder die talle Wellingtonners wat aan die eerste ligabyeenkoms van Boland Tweekamp deelgeneem het.


NUUS • NEWS

So skryf matrieks eksamen

Fotokompetisie:

Ons kyk na ouer Wellington geskiedenis. Hierdie persoon was ten tyde van die sloping van die ou NG Sendingkerk op die h/v Kerk- en Hoofstraat die predikant van hierdie kerk. Daar is 'n saal in Wellington na hom vernoem asook 'n straat. Wie is hy? Die antwoord van die vorige foto was natuurlik Herman Bailey, Epos jou antwoord va welmus@telkomsa.net, of handig jou antwoord in by Wellington Museum of skakel 021 873 4710.

Aspekte van welwees by groep bespreek Die Wellington Ondersteuningsgroep het op Dinsdag 30 Oktober ‘n byeenkoms in die Moederkerk se Marthasaal gehad. Die spreker by hierdie geleentheid was Rayne Stroebel, die Suid-Afrikaanse koördineerder van die Eden Alternative en betrokke by Silwerkruin. Tydens die byeenkoms het Rayne meer oor sy agtergrond en grootwordjare in ‘n ouetehuis vertel. Hy het ook oor sy passie vir ouer persone, hul welstand en lewenskwaliteit, sowel as sy bemoeienis met alle aspekte van ouer word, vertel. “Die probleem is nie noodwendig dat mense ouer word nie - dit is die wêreld se persepsie van ouer persone wat soms die probleem is en wat verander moet word. Eensaamheid, hulpeloosheid en verveeldheid is van die grootste uitdagings van ouer word. Hierdie ‘simptome’ of optrede van ouer persone het egter met die wêreld se persepsie van hulle te doen,” het Rayne verduidelik. Rayne, wat ‘n meestersgraad in dementia het en nou besig is met sy doktorale studie in hierdie veld, het verduidelik dat dementia ‘n sambreelterm vir ‘n vele siektes van die brein is. Hy het verder verduidelik dat niemand nog die oorsaak van hierdie toestand kon bepaal nie en dat 1 uit elke 3 ouer persone uiteindelik met ‘n vorm van dementia eindig. “Hierdie toestand kan net deur ‘n spesialis, soos byvoorbeeld ‘n neuroloog, gediagnoseer word,” het hy beklemtoon. Volgens Rayne is daar ‘n interessante studie onder nonne gedoen waarin hul breine oor jare ná hul dood ontleed is. Sommige van die nonne se breine het al die tekens van dementia gehad, ten spyte van die feit dat hulle op die oog af normale lewens gelei het. Die teenoorgestelde was ook waar. “Wat hierdie studie bevind het, is dat ‘n mens nie net ‘n biologiese masjien is nie, maar dat die sosiologiese, sielkundige en spirituele aspekte van ‘n mens se lewe ook ‘n groot rol in jou funksionering speel. Depressie kan net soos dementia manifesteer en dieselfde simptome hê,” het hy gesê. Volgens Rayne ly tot 85% van ouer persone

aan depressie, wat ‘n impak op hul sosialisering en selfbeeld het. “Dit lei uiteindelik tot ‘n disconnection met die lewe rondom hulle. Dit lyk soos dementia, maar is eintlik depressie. Dit is natuurlik makliker om iets aan depressie as aan dementia te doen,” het hy gesê. Rayne het die 7 aspekte van welwees as identiteit, betekenis, verbondenheid, vreugde, ‘n sin vir outonomie, sekuriteit en groei bestempel. “As ons hierdie beginsels in ons eie lewens toepas en besef dat dieselfde in ouer persone se lewens geld, kan ons mekaar se menswees herstel. Dementia en depressie vat nie ‘n mens se menswees weg nie - dit is bloot ‘n siekte van die brein. Iemand se menswees kan net deur die samelewing weggevat word,” het hy verduidelik. Volgens hom het die studie onder die nonne ook bewys dat dié wie se breine tekens van dementia getoon het, normaal kon funksioneer omdat hulle breinreserwes opgebou het. “Die nonne wat oefening gedoen het, wat ‘n gesonde dieet hoog in omegas gevolg het en wat blootstelling aan die son gekry het, kon normaal funksioneer, ten spyte van wat met hul breine gebeur het. Dié wat meer gesosialiseer het en ‘n dankbaarheidsdagboek gehou het, het ook beter gevaar. Wanneer mense sielkundig opgebou word, kan dit die biologiese afbreekproses teenwerk,” het Rayne gesê. Gaste kon na afloop van die praatjie rondom heerlike eet- en drinkgoed kuier.

Sunfield Home gaan Kersmark hou

Sunfield Home gaan op Saterdag 17 November ‘n heerlike Kersmark op hul terrein aanbied. Hierdie Kersmark sal nie net as ‘n viering van die Kersgety wees en as ‘n fondsinsameling dien nie, maar ook Internasionale Dag van Mense met Gestremdhede, wat op 3 Desember gevier word, gedenk. Sunfield se splinternuwe saal sal ook amptelik tydens die geleentheid geopen word. Volgens Garine de Wet, bemarker by Sunfield Home, kan besoekers na talle interessante stalletjies en aktiwiteite by hul Kersmark uitsien. “Daar sal ponieritte wees, ‘n teetuin waar

7

7 November 2018

mense heerlik kan kuier en ontspan, ‘n groot verskeidenheid stalletjies waar Kersinkope gedoen kan word, lekker vermaak en talle meer by ons Kersmark wees,” het sy gesê. ‘n Groot bonus vir besoekers aan die mark is die optrede deur bekende sanger, Heinz Winckler. Heinz sal mense met sy sang vermaak, terwyl die kitaarspeler Timothy Adams as openingskunstenaar sal optree. Die mark sal van 09:00 tot 13:00 oop wees. Belangstellendes kan Garine by 072 447 2576 vir meer inligting kontak.

Die matriekleerders in ons dorp is druk besig met hul eindeksamen. Volgens die meeste van hulle sien hul darem ‘n lig onder in die wapad brand, ten spyte van die feit dat sommige vraestelle hulle ‘n bietjie onkant gevang het. Die meeste van die matrieks het almal al min of meer die halfpadmerk in die eksamen bereik. Met nog ‘n paar vakke oor, voel hulle positief oor hul voorbereiding. Volgens Carien Rossouw het sy verlede week nogal ‘n besige eksamenrooster gehad met ‘n paar leervakke wat sy moes skryf. “Die Geografie vraestel, wat uit teorie en kaartwerk bestaan het, was baie soortgelyk aan dié wat ek tydens die vorige twee eksamens geskryf het, so dit het goed gegaan. In Geskiedenis was die langvrae ‘n bietjie anders gestel as waaraan ek gewoond is, maar behalwe daarvoor het ek heel lekker geskryf. Met die Afrikaans het dit baie goed gegaan omdat die vraestel baie makliker was in vergelyking met die vraestelle wat ons onderwyser vir ons opgestel het deur die jaar,” sê sy. Nog ‘n matriekleerder, Reinard Reitsma, voel heel tevrede met die feit dat sy eksamen amper verby is. “Ek het alreeds al die vakke wat moeilik is en baie leer vereis, geskryf. Afrikaans en Engels se eerste vraestelle was vir my heel billik. Afrikaans was eintlik makliker as waaraan ek gewoond is. Tussen Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde, was wiskunde verseker die moeilikste en uitdagendste. Vraestel 1 het my koud gelaat met verskeie vrae wat ek moes ooplos, iets wat nie gewoonlik gebeur nie. Vraestel 2 was vir my beter, alhoewel die res van die land nie saamstem nie,” het hy laat hoor. Carien stem saam dat die eerste Wiskundevraestel ‘n uitdaging was. “Die eerste vraestel was nie onmoontlik nie, maar daar was ‘n vraag wat oor Wiskunde 2 gehandel het wat my so ‘n bietjie onkant gevang het,” sê sy. Reinard wil volgende jaar in ‘n rekeningkundige rigting gaan studeer. Hy voel positief oor die Rekeningkundevraestel wat hy geskryf het. “Dit was ‘n uitdagende vraestel en ek het naelskraps klaargemaak met 5 minute oor of so. Ek voel egter goed daaroor aangesien daar niks totaal vreemd was nie. My gunsteling-vraestelle sover is verseker Skeinat 1 en Ekonomie 1, asook Rekeningkunde, slegs omdat ek hard geleer het en dit die moeite werd was,” sê hy.

Vir nog ‘n matrieleerder, Reece Poole, is die eksamen sover “nie te erg nie”. “Ek dink die moeilikste vak wat ek sover geskryf het, was die tweede Wiskundevraetsel wat nogal erg was,” sê hy. Volgens Janré Smit is sy eksamenvakke lekker gespasieer - iets wat hom genoeg tyd gee om vir elke vak voor te berei. “Ek het nog nie veel groot vakke, behalwe Wiskunde, geskryf nie. Wiskunde was die ergste sover. Al die vraestelle van vorige jare wat ons uitgewerk het, was nie so moeilik soos hierdie jaar s’n nie. Ek het ook al Skeinat geskryf en is nou halfpad met my eksamen. Dit is eintlik heel rustig sover,” is sy mening. Vir die tweeling Carlo en Marco Joseph was die eksamen sover nie te erg nie. “Dit was nogal stresvol aan die begin, maar ons voel nou meer gemaklik,” laat hulle hoor. “Ek wens net ek kon Rekeningkunde oorskryf, want ek glo ek kon baie beter gedoen het. Ek het nog 5 vakke oor, waarvan Besigheidstudies my grootste en laaste uitdaging is,” voeg Carlo by. Al die leerders is dit eens dat hulle voorbereiding vir die vakke wat nog voorlê, buiten leerwerk, die uitwerk van vorige jare se vraestelle behels. “As ‘n mens vraestelle uitwerk, help dit jou om gemaklik te raak met die manier waarop sekere goed gevra word. Jy kan ook seker maak dat jy al jou werk ken,” sê Carien. “Opsommings, hersiening, ou vraestelle en somige lesse wat ek kan kry op Youtube help my met my voorbereiding vir die vakke wat nog voorlê,” beaam Reece.

R E I R U O C T H G I OVERN

TO YOUMAINRCEDNTREOS ONOLY!R TH ONLY THIS MONM 1 - 30 VALID FRO 2018 R NOVEMBE

only available at Pac & In kaging sur also ance ava ilab le!

021 872 4969 | *Terms and conditions apply

Send your Christm packag as es early

W del e ive r or BIG sm all!

W del e big iver sm or al ! | 282 Main Street, lPaarl

paarl@postnet.co.za


courant

8

dié

7 November 2018

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

Wellington Rolbalklub gaan opedag hou Die plaaslike Rolbalklub gaan eersdaags ‘n heerlike opedag aanbied waar Wellingtonners hul hand aan hierdie interessante sportsoort kan waag en meer daaroor te wete kan kom. Volgens Theo Els, bestuurslid van die Wellington Rolbalklub, word die hele gemeenskap uitgenooi om op Vrydag 9 November ‘n draai by Wellington se rolbaanbane te kom maak. “Die aktiwiteite vir ons opedag skop om 17:30 vir 18:00 af en almal is welkom. "Kom speel teen jou vrou, man, bure, seun, dogter of sommer net teen jouself om te kyk of jy dalk die vernuf het om hierdie wonderlike spel te kan baasraak,” het hy gesê. Die spel begin om sesuur en sal tot ongeveer

NUUS • NEWS

kwart voor ag voortduur. Aspirant-rolbalspelers hoef ook nie oor rolballe bekommerd te wees nie, aangesien daar oorgenoeg balle by die klub beskikbaar is waarmee belangstellendes kan kom speel. “Die rolbalklub se fasiliteite waar jy koeldrank of ander innerlike versterkings kan geniet, sal ook beskikbaar wees. "Almal wat wil kom speel, moet asseblief platsoolskoene, tekkies of plakkies aantrek om sodoende die gras oppervlak te help beskerm,” het Theo gesê. Belangstellendes kan ook die rolbalklub se facebook-blad, Wellington Rolbal/Bowls, vir meer inligting besoek.

Netbal: HillTigers Netbal wat onoorwonne was hierdie seisoen het hul dames vereer by

hierdie jaar se bekeruitdelingsfunksie. Talle spelers was vereer vir distriks-, provinsiale- en nasionale spanne behaal. Jaydine Adams [in die middel] was aangewys as Sportvrou van die jaar. Hier is die bestuur met al die pryswenners. Foto: Roswall de Vries

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.

7 November 2018

Plaaslike sportklub se spanne presteer

Die spanne van die Wellington Muurbalklub het onlangs uitstekende resultate in verskeie liga-afdelings behaal. Met hierdie prestasies bou hul voort op hul jarelange reputasie as ‘n gerekende klub in die Westelike Provinsie. Wellington se Muurbalklub bestaan uit ongeveer 60 lede. Hierdie klub, wat in 1976 deur ‘n groep entoesiastiese sakemanne wat graag muurbal gespeel het, gestig is, het gedurende die afgelope 42 jaar van krag tot krag gegaan. Die klub het onlangs as die algehele WP-wenners in die 10de liga uit die stryd getree. Die gedugte span wat hierdie prestasie behaal het, bestaan uit Henk Moolman, wat tans ook die klug se nommer 1 speler is, Ruan Palvie, Johan Goosen en Barend Burger. Hulle is deur die loop van die seisoen ook deur JC le Cordeur en Jack Wittles uitgehelp. Nog ‘n span van die plaaslike klub het ook die algehele 4de plek in die 15de liga behaal. Hierdie span bestaan uit Hendri van Loggerenberg, Leon de Wet, Riaan Palvie en Daniel Grobbelaar. Hulle is deur Nikkie Siebritz en Kiffie Henderson uitgehelp. Hierdie ongelooflike prestasies is egter niks ongewoon vir Wellington se Muurbalklub nie. Volgens een van die spelers, Ruan Palvie, het die klub in die verlede reeds talle soortgelyke prestasies behaal. “Ons doen elke jaar baie goed en kom gewoonlik in die top vyf van ons onderskeie ligas. Daar is ongeveer 9 spanne per liga. In 2015 het Wellington die 10de liga en 16de liga gewen,” vertel hy. Lidmaatskap aan die klub behels dat jy die klub se heknommers kry om op jou eie tyd te kan speel. “Die jaarlikse fooi behels R1500 vir ‘n familie of R1200 vir ‘n individu. Andersins kan jy ‘n maandelikse fooi van R250 betaal. Ons bane is baie goed ingerig met badkamers en storte vir die lede se gebruik. Daar is ook ‘n kontantkroeg wat van Maandae tot Donderdae op sekere tye beskikbaar is, sowel as met kampioenskappe en ligawedstryde,” verduidelik Ruan.

Volgens hom is een van die voordele van dié sport dat die oefentye baie buigbaar is. “Ligaspelers oefen op hul eie tyd, maar gewoonlik so 2 maal per week. Daar is een ligawedstryd elke week. Wellington vorm deel van die WP-liga wat van Maart tot Oktober elke jaar, skoolvakansies uitgesluit, plaasvind. Hierdie jaar het ons 2 ligaspanne ingeskryf in die 15de en 10de liga, waarvan ons 10de ligaspan die liga gewen het en die 15de ligaspan 4de geëindig het,” vertel Ruan. Volgens ‘n studie wat deur Forbes oor gesonde sportsoorte gedoen is, is muurbal as die gesondste sportsoort bestempel. “Die studie het muurbal, naas roei in die tweede plek en rotsklim in die derde plek, as die gesondste sportsoort aangewys. Hierdie studie het dinge soos kardio-uithouvermoë, krag, spieruithouvermoë, soepelheid, kalorie-verbranding en beseringsrisiko in ag geneem. Volgens hierdie studie is muurbal die sport waarin ‘n mens die meeste kalorieë verbrand in ‘n enkele oefensessie van 45 minute. ‘n Ander voordeel van die sport is dat dit heeljaar gespeel kan word en enige tyd van die dag vanweë die bane se binnenshuise ligging,” verduidelik Ruan. Volgens hom werk die strukture binne muurbal anders vir individue as vir klubspanne. “Volwassenes kan individueel deelneem aan die Boland Kampioenskappe en sodoende verder deurdring na die Nasionale Kampioenskappe. Klubspanne speel egter net teen die ander spanne in die Wes-Kaap wat in dieselfde liga as hulle ingeskryf is. Wellington het byvoorbeeld hierdie jaar van sover as Malmesbury tot in Vishoek gespeel. Alle Kaapse voorstede, selfs tot in die parlement, maak deel uit van die poel deelnemers in ‘n liga. Ligaspanne bestaan uit 4 spelers, maar reserwes kan ook gebruik word as dit moet. Elke span speel tweemaal teen mekaar in n jaar - een wedstryd tuis en een weg,” sê Ruan. Enigeen wat belangstel, kan navrae oor lidmaatskap van Maandae tot Donderdae tussen 17:00 en 18:00 by die klub rig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
494 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu