491 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

17 Oktober 2018

96.6%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 491

17 Oktober 2018

Veiling vir fondse Die NG Kerk Riebeek-Kasteel het Donderdag hul jaarlikse veeveiling vir fondse vir die kerk gehou. Die kenners van Tomis het die veiling oorgesien en toegesien dat alles seepglad verloop.

•OMSKEP KAAL GROND IN STUKKIE PARADYS

Elsie: Die tuinmoeder •Charlotte Lesch Elsie Martins, wat deur haar vriende beskryf word as die moeder van tuine, het nog altyd van blomme en plante gehou. Volgens haar bring hulle vreugde en vertroosting. Martins wat op die boonste verdieping van die Protea-woonstelle in Wesbank bly, het egter nie spasie van haar eie om tuin te maak nie. Dit het haar nie gekeer om ‘n plan te maak nie. Haar vingers het gejeuk vir ‘n bietjie groenigheid in haar én ander se lewe. Toe besluit sy om die kaal stuk grond op die perseel van die woonstelle, in ‘n stukkie groen paradys te omskep. Haar inspirasie was die plaaslike inwoners. “Ek het eendag voor my uitgestaar en gedink ek wil iets doen vir die gemeenskap en die kleinkinders,” verduidelik sy. Martins, wat ma van ses seuns is en ses kleinkinders het, voeg by dat sy ook wou voorkom dat die kaal stuk grond in ‘n vullishoop ontaard. Van die blomme in haar tuin is gekoop, ander is van die werk af gebring waar sy skoonmaak en sommige is deur inwoners van die woonstelblok vir haar gegee. Daar is tot ‘n boom geplant wat hier floreer. Martins het met die reën gedurig emmers vol water opgegaar om die tuin gedurende die warm dae nat te kan maak. Emmers vol gryswater word ook nou byna daagliks van die boonste verdieping met die trappe afgedra om die tuin nat te maak. “Dit is vir my ‘n plesier, want ek dink altyd daaraan dat hulle (die plante) ook dors is nes ek dors is.”

Tuintake: Elsie Martins (links) in haar tuin met Joseph Lategan (regs) én Lorraine van der Schyff (afwesig) wat met die grondwerk gehelp het. Haar gunsteling blom is ‘n roos. Sy het egter net een roos in die tuin, omdat hulle baie water kort. Solank die plante kleur in haar lewe bring, hou sy van hulle. Met die maak van dié tuin, het sy vir haar kleinkinders en die kinders in die omgewing gemaan om daar uit te bly. Haar kleinkinders is net so trots op dié tuin, nádat sy hul name met die datum op ‘n teeltjie in die tuin laat sit het. Hulle het ook emmers help aandra en gehelp werk in die tuin. Sy is dankbaar dat mense nie plante uithaal nie, behalwe vir ‘n soetrissieplant wat weg is.

Dít het sy vroeg in die oggend agtergekom toe sy vir die plante gaan môre sê. Daar is ook genoeg klein spioene wat haar kom waarsku. “Almal is trots op die tuin by die woonstelle. Ander inwoners wat ook op die boonste verdieping bly, het vir haar gesê hulle gaan ook tuin begin maak wat nóg mooier gaan wees, lag sy. “Ek wag nou vir hulle om te begin.” Sy is net so bly om te weet dat sy ander inspireer om iets vir die gemeenskap en hul omgewing te doen. Martins hoop al die kaal grond word omskep in ‘n tuin.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.