c urant
het om mense met gehoorverlies by te staan Rozelle haar gehoorapparaat asook batterytjies stel, dit te onderhou en batterye te ruil. en te help op hulle pad om die toestand te ver- vir ses maande ontvang. Alhoewel dit nie `n vereiste is nie, is dit Enige persoon wat `n gehoorapparaat beter. Lenieta woon tans op Malmesbury, maar het jarelank aan die Weskus gewoon, wat haar ontvang, moet weet dat die apparaat goed beter dat mense hulle ore laat toets by `n auom vas te stel of `n siekte of gewas of en dioloog besluit om in hierdie area persone met gehoor- opgepas moet word, gereeld skoongemaak 19 September 2018 enige ander faktore nie dalk die gehoorverlies batterye elke twee weke vervang moet word. verlies by te staan, baie maklik gemaak het. Lenieta beklemtoon dat elke persoon bewus veroorsaak nie. Die apparate word slegs aan Dit is hoe sy te hoe gekom het van Rozelle August, `n vrou wat by Die Plaasmol buitekant moet wees van die feit dat `n gehoorapparaat volwassenes beskikbaar gestel en is `n volHopefield werk. Rozelle ly al 31 jaar lank aan `n lopende uitgawe is. Wanneer dit mooi opge- waardige gehoorapparaat en definitief nie `n gehoorverlies. En die passing van `n gehoorap- pas word, kan die apparaat sowat vyf jaar hou versterker (amplifier) nie. `n Versterker maak alle geluide harder teenoor `n gehoorapparaat voordat dit vervang moet word. paraat deur Lenieta het haar lewe verander. Dan moet daar weer fondse beskikbaar wat klanke kontroleer. Vir die eerste maal in al die jare kon sy Maak gerus `n draai by Die Plaasmol, onthoor!! Vir die eerste maal kon sy die donkie by wees vir `n volgende apparaat. Lenieta het dit ten doel om soveel moont- moet vir Rozelle en koop en plant `n boom Die Plaasmol nie net sien nie, maar ook hoor! Nogals `n skrikwekkende, harde, maar baie lik persoonlike bystand aan kliënte te verleen, sodat sy ook die genot van hoor elke dag kan genotvolle ervaring. En vir die mense wat die veral omdat elkeen se gehoorverlies nie die- ervaar. oomblik • Freesaam met haar kon geniet, `n lewens- selfde is nie en verskillende faktore, soos `n *Enige verdere navrae kan gerig word aan hoed op die kop of `n vliegtuigrit, die werking veranderende • Gratis oomblik. Lenieta by 072 589 7322 of Fransie by 074 924 Sodoende het die projek, Koop `n Boom daarvan kan beïnvloed. 8478. Sy helpnuus elkeen om die apparaat te pas en te 487 enWes-Kaap Help `n Persoon gekom.met goeie Uitgawe 19 September 2018 se #1 Hoor, tot stand Bou saam
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
83.7%
Ompad: Die Laerskool Swartland op Malmesbury se leerders is die volgende twee weke op die planke te sien in 'n produksie getiteld,
Ompad. Hierdie produksie sal elke leerder op die verhoog sien waar hulle die gehoor op 'n reis neem. Van die kleinste Graad R-leerder, tot die grootste Graad 7-leerder sal met hierdie konsert hul lyf akteur kan hou. 'n Beperkte aantal kaartjies is nog beskikbaar by www.laerskoolswartland.co.za.
•GEMOEDERE POSITIEF BY AFGELOPE SKOGDAG
Landbou toon groei Besoekers en produsente het vanjaar die Swartland Kleingraan-ontwikkelingsgroep (SKOG) se proefbesigtiging op die plaas Langgewens buite Moorreesburg met ‘n glimlag bygewoon, danksy die afgelope goeie reënseisoen wat steeds voortduur. Die gemoed was nie net positief op die land met sommige gewasse wat koplengte hoog staan nie. Prof. Ferdie Meyer, ‘n boer én direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) het besoekers by die Wes-Kaapse Landboudepartement se proefplaas met goeie nuus oor die landbou begroet en kom gesels oor kern drywers wat die langtermyn mededingendheid van Suid-Afrikaanse landbou beïnvloed. Hy het begin deur te noem dat landbou se omset wel die afgelope jaar met sowat 33% gedaal het, maar skryf dit toe aan onder meer faktore soos die onlangse listeria en die droogte. “Dit lyk nie altyd so nie. Groei was oor die jare goed en die bedryf lyk goed. Die lewende hawebedryf is baie groter as die graan bedryf. As een iets gebeur in die lewende hawebedryf, dan is die landbou se omset onder druk in die land.” Die droogtesyfers van die Wes-Kaap lê steeds in die omset. Wat langtermyn betref het landbou sedert 2000 goeie jare beleef. “Oor die algemeen het landbou goed gedoen met sterk ekonomiese groei en vraag.” Volgens hom vind groei oor die volgende tien jaar steeds plaas, hoewel dit stadig gaan wees as gevolg van die plaaslike ekonomie wat stadig
groei met stelselmatige verswakking van die wisselkoers wat een van die kerndrywers is. Hy beskryf dit in ‘n positiewe lig en herinner besoekers dat landbou ‘n netto-uitvoerder is. “As produsente hul produktiwiteit opbou, is hulle beter af as met ‘n sterker wisselkoers." Hy noem ook dat plaaslike produsente vanjaar geplant het teen R12.80 teenoor die dollar en gaan nou oes teen ‘n wisselkoers van R15/$, wat beteken dat daar geplant was met laer insetkostes. Politieke stabiliteit is volgens hom ‘n belangrike dryfveer wat die plaaslike landboubedryf se mededingendheid beïnvloed. Volgens Meyer kan elkeen in die gebied waar hulle is, ‘n bydrae lewer tot politieke stabiliteit. "As daar nie belê word in landbou nie en produktiwiteit nie gaan verhoog nie, gaan landbou nie kan groei nie. Daarom moet onteiening sonder vergoeding, teengewerk word en eiendomsreg versterk word.” Hy beskryf Suid-Afrika se ekonomie as gekonsentreerd, wat sal moet oorbeweeg na ‘n inklusiewe ekonomie. Wat globale markte, ‘n groot kerndrywer betref, is Suid-Afrika se landboubedryf klein. Hy noem ook die Suid-Afrikaanse demografie wat populasiegroei en verstedeliking insluit. Meer mense trek volgens statistiek na die stede, wat beteken daar sal moet voedsel voorsien word. Populasiegroei is vir landbou krities belangrik om te weet waar die vraag na voedsel gaan staan. Oor die volgende dekade word daar ‘n
groei van 300 miljoen mense vir Afrika voorspel.” Volgens hom bly die bevolking se dieet stapelvoedsel georiënteerd. Afrika se invoere van vleis, wyn en suiwel, raak dus al hoe meer wat ‘n goeie mark vir Suid-Afrika bied met die afstand in ag genome. Hy verduidelik verder dat landboukommoditeitspryse daal wat deur mededingendheid en produktiwiteit gedryf word. Pryse in reële terme lyk goed. Produktiwiteit en belegging is volgens hom dié sleutelaspek waar ‘n boer ‘n massiewe impak kan hê. Beleid het ‘n groot impak op mededingendheid en produktiwiteit. "As jy as boer weet die regering bied ‘n sterk versekeringsprogram, gaan jy belê in jou grond." Die plaaslike landboubedryf het oor die afgelope tien jaar met 2.5% gegroei, asook vinniger as baie ander lande. Hy vertel kanola is een van die top vyf groeiende bedrywe in Suid-Afrika. Die plaaslike sitrusbedryf se uitvoermark het met van 5% na 8% gegroei. “Die laaste groot kerndrywer is natuurlike hulpbronne wat die Liewe Here vir ons gegee het wat ons moet oppas en goed bestuur.” Hektare reg oor die land word effektief na ander bedrywe soos bees, mielies en soja geskuif. Hy skryf dit toe aan natuurlike elemente wat plaasvind as daar na hulpbronne gekyk word. “Daarom moet ons die natuurlike hulpbronne verstaan.” Hy glo dat danksy die verbetering van tegnologie daar aan die vraag na voedsel in die toekoms voldoen kan word.
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
19 September 2018
Blomme:
Riebeek-Wes spog met hul eie lugskou
Die Riebeeck Vallei Spesiale Skool op Riebeek-Wes is die afgelope naweek bederf met ‘n besoek deur die bekende Silwer Valke as deel van die openingseremonie by vanjaar se derby-wedstryd.
Die jaarlikse Darling-veldblomskou het die afgelope naweek weer duisende besoekers na dié Swartlandse dorp gelok. Daar is oudergewoonte verskillende uitstallings van inheemse plante en blomme ten toon gestel. Die besoekers kon nie wag om die blommeprag van nader af te neem nie. Foto: Johan Viljoen
Swartland Skaakklub gestig: Die nuutge-
stigde klub, die Swartland Skaakklub se heel eerste skaaktoernooi het die afgelope naweek by die Laerskool Swartland plaasgevind. Van jonk tot oud van alle omliggende dorpe in die streek kan as lid by Swartland Skaakklub aansluit. Links gee Ds Friedrich Claasen 'n bietjie leiding in een van die wedstryde.
Erfenisnaweek gehou !Khwa ttu, die San-kultuur- en opvoedkundige sentrum buite Yzerfontein op die R27, vier die San se kultuur en erfenis behoorlik gedurende ‘n naweek vol pret en plesier. !Khwa ttu bied die naweek van 22 tot 24 September vanaf 10:00 tot 16:00 ‘n erfenisnaweek vir die hele gesin aan waartydens die San se kultuur, tradisies en geskiedenis op ‘n besondere wyse uitgebeeld word. !Khwa ttu se kultuursentrum word bestuur deur ‘n nie-winsgewende maatskappy in samewerking met die San-gemeenskap en die Swiss Ubuntu-stigting wat die San se kultuur, hede en
verlede vier, terwyl daar gestreef word na die behoud van hul kultuur vir die toekoms. Belangstellendes wat die !Khwa ttu-erfenisnaweek wil bywoon, kan uitsien na onder meer tradisionele danse, sang, 'n San-taalles, kruietee-proesessies, storievertelling, spoorsnykursusse tot trekkerritte en kos vir Afrika. Daar sal ook by talle kosstalletjies gebraai word en daar is tot vermaak vir die jongspan gereël. Dit is beslis ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Vir meer inligting, kan hul webblad by www. khwattu.org.za besoek word.
NUUS • NEWS
19 September 2018
Megaweek:
By die onlangse Agri Megaweek wat op die Môreson-plaas buite Malmesbury aangebied is, het besoekers en nuuskieriges 'n draai gemaak by 'n karakter uit 'n "Transformer"-film, genaamd Bumblebee. Die landboutentoonstelling het verlede Woensdag begin. Foto: Johan Viljoen
•MOET 45% SPAAR
SM verslap watertariewe Die Swartland Munisipale raad het vroeër vandeesmaand besluit dat die vlak-6 waterbeperkings wat sedert 1 Februarie vanjaar ingestel is, nie verslap sal word vóór die departement van water en sanitasie toestemming daarvoor bevestig nie. Stappe moet steeds geneem word om te verseker dat 45% huishoudelike waterverbruik gespaar word, terwyl 60% waterverbruik in die landbousektor gespaar behoort te word, ongeag die feit dat Voëlvleidam se watervlak aansienlik oor die afgelope winterseisoen verbeter het. Die raad het wel die implementering van verlaagde watertariewe vanaf 1 September toegestaan vir finansiële verligting op verbruikers se sakke. Die tariewe sal geld vir die dienste wat gedurende September gelewer is met rekeninge wat teen 30 September betaalbaar is. Die nuwe waterglyskaal-tariewe is soos volg: Die tarief per eenheid (kl) vir die gebruik van 0–4 kl is R 6.06. Die gebruik van 5–10 kl is R 10.40 en die gebruik van 11–15 kl sal R 18.98 kos. 16–20 kl sal voortaaan R 19.63
wees, terwyl die gebruik van 21–25 kl, R 35.67 is. Die gebruik van 26–50 kl kos R 74.33 51 en meer as dit sal jou R 102.58 uit die sak jaag. Die besigheidstarief (R25.00 plus BTW vanaf die gebruik van die eerste kiloliter), asook tariewe vir skole, regeringsinstellings en sportklubs (R30.00 plus BTW vanaf die gebruik van die eerste kiloliter) bly onveranderd. Die basies waterheffing van R99 wat op waterrekening ingesluit is, is ‘n basiese waterfooi wat vir alle verbruikers sedert 1 Julie geld om te verseker dat die munisipaliteit se waterhulpbronne, waternetwerke en grootskaalse waterdienste en infrastruktuur volhoubaar bly en kan uitbrei. Die SM noem dat sommige owerhede soos Stad Kaapstad, Overstrand, Mosselbaai en Saldanhabaai vir ‘n geruime tyd reeds baie hoër waterheffings by hul waterrekeninge insluit. Alle waterverbruikers word steeds beperk tot die gebruik van slegs 50 liter van munisipale water per persoon per dag.
Nomineer jou beste
Dit is weer tyd vir die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie. Vanjaar se galadinee neem ietwat van 'n ander vorm aan en word vanjaar in samewerking met Agri Malmesbury gehou, waar landbouers ook vereer sal word.
Nomineer nou die onderneming wat jy voel waardig is, by www.sakekamer.co.za. •Vanjaar se beoordeling sal 'n nuwe kinkel hê, wanneer 'n onpartydige buitestaander die genomineerders sal beoordeel. Hierdie puntetelling sal 40% van die totale punte tel.
3
44
19 19 September September 2018 2018 GELUKWENSINGS CONGRATULATION
NICOLA DANIELS. 15 September. Baie geluk met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seën. Geniet die dag. Liefde – Trish & Deacon -------------------------------------
FAZLEN CUPIDO. Agt op 19 September. Baie geluk!! Van: Ma Helena, pa Francois, asook Ouma en huisgesin -------------------------------------
ILSE-LOUISE BARENDSE. 21 September. Geluk met die geboortedag vieringe. Van: Mammie en huisgesin -------------------------------------
15 September. JU-WAYNE CAROLISSEN. Geluk my broer met jou verjaardag. Mag jy ‘n lekker dag hê. Lief vir jou – Merlin, Ma, Pa, Zahira, Phayton en Elizma. Geniet jou dag -------------------------------------
Een op 23 September – JOVANTE ADONIS. Baie geluk met jou verjaardag. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Baie lief vir jou – Mammie, Daddy en jou twee Oumas -------------------------------------
HENDRIENA (Awie) FLINK. 44 op 19 September en voel nog steeds soos 21. Lekker verjaar en geniet jou dag -------------------------------------
Raai wie word sewe op 21 September - JESNAY. Jy moet lekker verjaar. Ouma Awie is baie lief vir jou Lekka Bekkie -------------------------------------
Raai wie is 60 - LENIE LASERUS. 18 September. Baie geluk met jou verjaarsdag vriendin.Geniet jou dag. Baie lief vir jou. Van: Jeanette,Jayden en Ama -------------------------------------
MEMORIUMS IN MEMORIAM
ANNELISE SWANEPOEL. Geluk met jou verjaarsdag. Mag jy die dag geniet. Van: Ma, Pa, Kallie, susters, broer, Juanique, Bronwin en Marico -------------------------------------
Baie geluk met jou 10de verjaardag LEE-ROY FRANS, wat op 17 September was. Baie liefde - Ma, broer en Frans-familie. -------------------------------------
19 September. Baie geluk met jou sewende verjaarsdag BRUCE BAATJIES. Mag God jou ryklik seën en nog vele jare my kind. Van Mommy , Daddy, Allegra, Mitchell en Kezia -------------------------------------
20 September. Gelukkige verjaardag GREG. Mag die Here jou nog vir baie jare spaar. Lekker dag - Benoline en die kinders -------------------------------------
19 September. Mamma se 84ste verjaardag. Baie geluk. Alle mooi seënwense op die nuwe lewensjaar - Adilene, Shaulin, Cleo, Leigh, Boeta en tannie Shireen ----Mamma, baie geluk. Dankbaar dat u vir nog 'n jaar gespaar is. Met baie liefde - Charles, Cathy, Chanique, Charlton, Celeste en kinders -------------------------------------
O'RINE HENDRICKS. Gelukkige verjaarsdag op 20 September. Mag jy 'n geseënde dag hê. Van: jou skoonsuster Zetna en Familie ----Randjie, geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seën. Van: jou eie Liefde en familie -------------------------------------
21 September. Gelukkige sewende verjaardag DANTE. Lekker verjaar - Skyler, Pa, Ma en twee oumas ------------------------------------Baie geluk aan my suster, MERCIA FRANS wat op 13 September verjaar het, asook my ouma RACHEL LINK. -------------------------------------
AXVIER MARSHALL COETZEE. 19 September. Een jaar met liefde, geloof, geluk en vreugde vorentoe. Baie liefde - Oumas Daddas en Rose, Oupas: Boeta en Wallace en oumagrootjie, Oumyt ---Geluk ons pragtige groot mannetjie. Jy ons alles en kosbaar. Liefde Pa Klasie, Ma Netta, Vlokkies, Marsha, Syster en Coetzee familie -------------------------------------
LIEZEL. 21 September. Baie geluk vriendin met jou verjaardag. Mag daar nog vele mooi jare wees -------------------------------------
MARIAANA. 18 September. Baie geluk met jou geboortedag niggie. Hoop jy word sommer baie bederf. Van: Ria en gesin ---Gelukkige verjaardag my vrou en alles wat mooi is. Wens jou 'n geseënde jaar toe - Man en kinders -------------------------------------
19 September. Baie geluk mnr en mev SWART met julle huweliksherdenking. Mag daar nog vele jare vir julle saam wees - Ria en Pota ----Groot voorreg om jou in my lewe te hê. Baie geluk my vrou met ons huweliksherdenking. Lief vir jou - jou man, Ivan -------------------------------------
LEON LUCAS FARAO. 25 September. Liefste seun, met hartseer dink ek aan jou. Sal jou altyd lief hê en nooit vergeet. Baie liefde Mammie ----Vandag loop die vieringe hoog in die hemel want my pandabeer verjaar!! Lief jou altyd – jou sussie, Chrizaan -------------------------------------
LUCAS NEL. 24 September 2018. Drie jaar. Pa sal altyd 'n baie spesiale plek in ons harte hê. Mis vir Pa. Liefde - kinders en kleinkinders -------------------------------------
LORRAINE CUPIDO. 17 September. Mommy se eerste verjaarsdag by Liewe Jesus en dis so seer om u nie in die huis te hê. Mis u elke dag. Liefde - Ashlyn, Tammy, Guns & kleinkind Elzainne -------------------------------------
JANNIE KAROLUS. 20 September, sal dit jou 66 verjaarsdag weg van ons wees. Hoe graag sou ons jou wou gelukwens. Mis jou - jou vrou, dogter en kleinkinders -------------------------------------
BRUWIN CLOETE. 17 September. 'n Jaar weg
Geluk met jou verjaardag op 20 September BOETA. Geniet jou dag en ons is almal baie lief vir jou. Lekker verjaar - Perils en Petersen-gesin ------------------------------------
EVANGELINE PERILS. Geluk met jou verjaarsdag. Mag jy baie geseënd wees. Hoop jy word lekker bederf - Petersen en Perils-familie ------------------------------------MAXWELL. 23 September. Baie geluk met jou verjaardag. Hoop jy geniet jou dag en alles wat mooi is. Van: Ria en Nicolene -------------------------------------
van ons. Mis jou baie. Van: Mammie, Pappie, Kelly en Bronwin ---Ons weet daar waar jy is, is vrede en rus. Liefde - Marico, Kallie en Dora -------------------------------------
EDWARD SEPTEMBER (Whitey). 23 September. Pappa se 10de jaar wat u ons verlaat het. Verlange is groot. Mis jou - Libet, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders -------------------------------------
STERFGEVAL OBITUARY
HENNIE LEANDER. Gebore: 26.07.1944. Oorlede: 12.09. 2018. Troosdiens vind plaas op Woensdag, 19 September om 19:00 te Calvynse Kerk. Begrafnisdiens: Saterdag 22 September 2018. Besigtiging om 08:00 tot 09:00 , waarna die diens sal begin in die kerk -------------------------------------
JAKOBUS (Koos) ISAACS. Gebore: 7.11.1948. Oorlede: 15.09. 2018.
NUUS NUUS • • NEWS NEWS
Onverwags en saggies het jy ons verlaat. Troosdiens: Woensdag, 19 September by VGKerk om 19:00. Begrafnisdiens: Saterdag, 22 September by VGKerk. Besigtiging om 10:30 en die diens om 11:00 -------------------------------------
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
NUUS • NEWS
19 September 2018
5
6
19 September 2018
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
7
19 September 2018
Swartland Vissery vier 40 jaar van sake-sukses in die Swartland-streek Spellers: Leerders van die Laer-
skool Swartland op Malmesbury het aan die WOW-spelkompetisie se Wes-Kaap-afdeling deelgeneem en deurgedring na die nasionale kompetisie wat op 20 Oktober plaasvind. Karli Scott het 'n tweede plek behaal en Jani Visagie 'n eerste plek ingepalm.
Kry die perfekte braai
1. Vuur en vlam Die eerste keuse waarvoor jy te staan kom, is: Om te hout of om te houtskool? Gebruik houtskool vir langer braaie, hout skep ‘n heerlike atmosfeer en gee ‘n weergalose smaak aan die vleis, maar dit brand vinniger uit. Houtskool neem omtrent 40 minute voor dit braaigereed is, en dan sal jy vir omtrent 45 minute daarop kan braai. As jy vir baie mense moet braai, is dit ‘n goeie idee om 25 minute nadat jy die vuur aansteek, nog ‘n bietjie houtskool op te gooi. Indien jy hout kies, is dit goed om indringerhout soos bloekom- of swartwattelhout te gebruik. Sodoende kan jy ons inheemse flora help, terwyl jy lekker braai! Die hout moet droog wees, anders gaan dit baie moeite verg om die vuur aan die gang te hou. As jy waterdamp sien in die plastieksak waarin jy die hout koop, is dit ‘n teken dat die hout nog te nat is.
Bo: Die trotse personeel van Swartland Vissery, saam met eienaar Johnny Quintal is trots op dié onderneming wat reeds vir 40 jaar suksesvol bedryf word en diens van uitstaande gehalte aan hul kliënte verskaf.
Langdiens: Hierdie personeellede van Swartland Vissery is vir hul langdiensjare aan dié onderneming vereer. Hulle is Hillary Golaith (10 jaar), Carol Leng (40 jaar), Ivan Pieters (10 jaar) en Anine Fortuin (10 jaar).
Regs onder: Paul de Nobrega, Carol Leng, Joseph Rinkwest, Randal Rinkwest, Anne Rinkwest, Grahm Rinkwest en Nikki De Quantal by die 40 jaar-ete.
Johnny Quintal van Malmesbury stap op Vrydag 22 September 1978 saam met sy pa (Theodor) en sy oom David by Swartland Vissery in Bokomoweg op Malmesbury in en ontmoet vir mev. Joy Rinkwest, weduwee van Johnny Rinkwest, voormalige eienaar van Swartland Vissery, of eerder die Rinkwest Kafee soos dit bekend gestaan het. Die volgende dag, op 23 September 1978, stap die Quintals om 15:00 weer by die winkel in as die nuwe eienaars. Vandag vier Swartland Vissery hul 40ste bestaansjaar en gaan steeds van krag tot krag. Die winkel sluit daarná vir twee maande en ondergaan ‘n gedaanteverwisseling en word opgegradeer. Die nuwe voorkoms kos
toe meer as wat die kooptransaksie was. Einde November maak die splinternuwe kafee amptelik sy deure vir die publiek oop. “Hulle het nog gesê dit is ‘n Woolworthsweergawe van ‘n kafee,” spog hy. Johnny voeg by dat die winkel elke vyf jaar opgegradeer word. Swartland Vissery het egter vyf jaar gelede ‘n groot verandering ondergaan toe hulle met die kafeestyl weggedoen het. Hulle het met 10 personeellede begin wat Carol Leng, ‘n voormalige personeellid insluit. Sy is vandag steeds getrou in diens van Swartland Vissery saam met 17 ander personeellede. Carol beskryf Swartland Vissery as een groot familie met Johhny wat sy personeellede ondersteun en nog altyd daar was vir hulle. Swartland Vissery se leuse is nie verniet “die beste vis in die weste nie, wat so wit soos die sneeu op die Alpe is en in jou mond smelt soos spookasem.” Die sukses van die winkel word toegeskryf aan die hoogstaande kwaliteit produkte wat aan die kliënte gebied word, asook die liefde wat daar vir hul kliënte, die personeel én die winkel gekoester word. “Hier by Swartland Vissery word daar gesoek na die beste produk en waarde vir geld.” Die personeel se vriendelikheid dra ook by tot Swartland Vissery se sukses wat ‘n lekker koopervaring bied." By Swartland Vissery is die kliënt koning. Die tweede belangrikste aspek van die besigheid, is die personeel. Dít, glo Johhny, is die fondasie van goeie en volhoubare diens. Pa Theodor het tot die ouderdom van 82 jaar gewerk, vis gesny en gebak met passie wat tot vandag toe deur kliënte onthou sal word. Hy het altyd gesê “Work is love made visible,” voeg Johnny by. Swartland Vissery bedank al hulle kliënte se getroue ondersteuning van die afgelope 40 jaar.
Wenk 1: Gebruik gel-brandstof as vuuraansteker. Dis veilig, omgewingsvriendelik, goedkoper en kan meer as eenkeer gebruik word! Wenk 2: As jy in die hitte van die oomblik besluit jy wil NOU braai, en daar is nie vuuraanstekers in die huis nie, het ons vir jou ‘n onfeilbare metode om jou vuurtjie aan die gang te kry. Neem ‘n eierdosie en vul die holtes met kookolie (kanola werk die beste) en gebruik dit dan as vuuraansteker. 2. Só soek jy jou pond vleis Deesdae gryp meeste mense net die eerste beste pakkie vleis van die rak af, maar in die goeie ou dae het mense nog ‘n persoonlike verhouding met hul slagter gehad. Dit maak nie saak hoe goed jy braai nie, ‘n slegte stuk vleis gaan nooit smullekker proe nie, so die eerste stap vir ‘n lekker braai is om die regte vleis te koop. 3. Hoe gaar is té gaar? So nou dat almal weet ‘n goeie veearts behoort nog jou steak te kan red, hoe weet ‘n mens wanneer jou vleis reg is om genuttig te word? Die antwoord lê in die palm van jou hand. As jy die vleis met jou voorvinger druk, kan jy die gaarheid daarvan bepaal deur dit met die area op jou handpalm wat deur die rooi kring aangedui word, te vergelyk. Die verskillende posisies van die vingers dui elk ‘n ander gaarheid aan. Bron: https://www.lekkeslaap.co.za/lekkeslaap-blog/so-braai-mens
courant 19 September 2018
dié
8
Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
SPORT
19 September 2018
Sportuitslae Sports results
MALMESBURY GHOLFKLUB Saterdag, 15 September: Shiraz Country Classic - Oggendveld - Vierball Stableford samespel. 2 tellings : Johan Vorster, Stephan Strauss, Michael Maarman, Jan Vorster 90; Johan Ackerman, Adriaan Louw, Lindsay Meyer, Helgard Rabie 88; M. de Sousa, R. King, C. Caldecott, B. Dalgaro 88; P. Kilpert, A. Swanepoel, F. Venter, T. Schott 86. Middagveld - Vierball Stableford samespel. 2 tellings: Nick Erlank, H. Botha, J. vd Westhuizen,J. Lindenberg 92; Wimpie van Niekerk, J. Liebenberg, R. van Vuuren, S. Whittaker 86; Natie Smith, Thys Esterhuizen, Jacques Cillier, Josef de Beer 86; Appie vd Merwe, Jan Potgieter, Sakkie Rumboll, Jan Potgieter jnr 82 MALMESBURY TENNIS Malmesbury A verloor teen Durbanville 5 wedstryde teen 1: Jarrod Howard v Jaco Visagie 5/7;5/7; James Howard k Pieter Du Toit 5/7;6/1;10/8; Kerry Hudson v Micelle van Staden 0/6;1/6; Laetitia Reesberg v Marize van der Westhuizen 0/6;0/6; Jarrod Howard & Kerry Hudson v Jaco Visagie & Michelle van Staden 3/6;1/6; James Howard & Laetitia Reesberg v Pieter Du toit & Marize van derWesthuizen 2/6;0/6
Skietdag: Die Riebeek-landbouvereniging het die naweek weer hul jaar-
likse skietdag op Swartdam aangebied. Ongeveer 140 deelnemers het die dag meegemaak en dit word bestempel as 'n reusesukses. Dié skietdag is nou al 'n permanente inskrywing op die dagboek van skiet-entoesiaste en die dag groei jaarliks.
Goue Spele hou gryses fiks
Bo: Abbotsdale Survivors en Samoa Golden Oldies van Moorreesburg was twee van die groepe wat aan die Goue Spele deelgeneem het. jaar as gasheer opgetree het, vir hul ondersteuDie Weskus Distriksmunisipaliteit se jaar- teenwoordig. Die burgemeester van die Weskus- ning en betrokkenheid. likse “Golden Games” het weereens vir groot Sophia Damonse, sameroeper van die Suropwinding gesorg. Ongeveer 600 deelnemers, -distriksmunisipaliteit, raadsheer Harold Cleopalmal ouer as 60 jaar, het aan dié spele, wat has, is passievol oor die projek en het weereens vivors van Abbotsdale, het gesê dat die spele op Porterville op 30 Augustus plaasgevind het, die munisipaliteit se toewyding tot die projek beslis ‘n hoogtepunt op hul klub se kalender is. “Ons geniet elke jaar die Goue Spele en dis beklemtoon. deelgeneem. “Dit is vir my ‘n riem onder die hart om te lekker om nuwe maats te maak. Ons wil graag Die Goue Spele word aangebied in samewerking met die Wes-Kaapse provinsiale regering, sien hoe ons bejaardes hulself tydens die ak- die burgemeester en alle rolspelers wat dit asook die plaaslike munisipaliteite. Senior bur- tiwiteite geniet en daarom sal ons alles in ons moontlik gemaak het bedank vir hul harde werk. gers van regoor die Weskusdistrik, neem deel vermoë doen om seker te maak dat die Goue Die organisering van die dag is puik en dis lekker aan verskeie rekreasie- en sportaktiwiteite. Van Spele bly voortbestaan” het Cleophas gesê. Hy vir ons om nuwe maats te maak” het Sophia die deelnemers het ook al deurgedring om die het alle amptenare en borge bedank en ook vir gesê. Alle atlete is na afloop van die spele met ‘n Wes-Kaap by die nasionale Goue Spele te ver- die Bergrivier Munisipaliteit uitgesonder, wie die medalje vir hul deelname beloon.
Malmesbury B teen Maties . Maties gee wedstryd prys. Malmesbury C verloor teen Strand 4 wedstryde teen 2 Sarel Steyn & Marlene Hanekom k Shaun Louw & Carli Morkel 4/6;6/3;11/9; Daryl Blom & Jessie Liebenberg k Marco Fleischman & Annelie Morkel 6/4;7/6; Hennie Blom & Jean Le Roux v Emile Kotze & Webster Mavhunike 0/6;0/6; Hennie Blom & Jean Le Roux v Shaun Louw & Marco Fleischman 0/6;3/6; Sarel Steyn & Daryl Blom v Emile Kotze & Webster Mavhunike 4/6;4/6; Marlene Hanekom & Jessie Liebenberg v Carli Morkel & Anneli Morkel 5/7;2/6 MALMESBURY DUIWE - Kimberley Ope 1 1 LF van Dalen 1233.5165; 2 Paulus Fam 1233.4813; 3 G Williams 1215.4297; 4 Paulus Fam 1214.8821; 5 G Horn 1193.6277; 6 Kotze Familie Hokke 1177.9446; 7 J Steenkamp 1171.7141; 8 Bordeaux B 1161.5947; 9 Bordeaux B 1160.6689; 10 Hayman & Edas 1151.4057; 11 Kotze Familie Hokke 1137.2614; 12 G Horn 1131.7464; 13 Hayman & Edas 1131.0461; 14 Kotze Familie Hokke 1128.5296; 15 G Horn 1123.5886; 16 G Horn 1123.2095; 17 G Horn 1122.3710; 18 LF van Dalen 1121.9078; 19 G Horn 1117.4198; 20 G Horn 1106.7004; Kimberley Ope 2 1 LF van Dalen 1248.4212; 2 Paulus Fam 1247.5353; 3 Hayman & Edas 1233.4464; 4 G Horn 1231.7014; 5 Hayman & Edas 1228.0790; 6 LF van Dalen 1211.4213; 7 J Steenkamp 1205.2514; 8 G Horn 1202.7763; 9 G Horn 1179.4908; 10 Hayman & Edas 1174.4042; 11 G Horn 1156.9175; 12 G Horn 1152.3979; 13 Bordeaux B 1143.8051; 14 Bordeaux B 1143.3281; 15 G Horn 1142.5387; 16 G Horn 1126.3855; 17 J Steenkamp 1113.1802; 18 Paulus Fam 1102.2974; 19 G Horn 1097.0878; 20 J Steenkamp 1067.6781; RIEBEEK WES DUIWE - Prieska YL 1 Alex Fam 14.24.23, 2 Alex Fam 14.27.50, 3 Mentoor Hokke 14.33.24, 4 Mentoor Hokke 14.33.27, 5 Alex Fam 14.44.10, 6 Alex Fam 14.46.55, 7 M J Hokke 14.45.33, 8 Alex Fam 14.53.11, 9 Mentoor Hokke 14.52.27, 10 Adams Hokke 14.54.27, 11 Mentoor Hokke 14.54.12, 12 Mentoor Hokke 14.54.20, 13 Alex Fam 15.02.36, 14 Adam Hokke 15.09.30, 15 MJ Hokke 15.09.20 DARLING DUIWE - Prieska derby-jongduif 1 Willemburg family-A 15:31:50, 2 Vrededal hokke 15:28:51, 3 Vrededal hokke 15:30:36, 4 Vrededal hokke 15:33:57, 5 Mervin Isaacs Family 15:36:36, 6 Baron & Sons 15:37:12, 7 Mervin Isaacs Family 15:37:33, 8 Willemburg Family A 15:39:35, 9 Mervin Isaacs Family 15:45:26, 10 Willemburg Family B 15:46:02, 11 Baron & Sons 15:47:11