Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

12 September 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 486

12 September 2018

•KOOP 'N BOOM TEN BATE VAN BEWUSMAKING

Gehoorverlies stuit haar nie •Madi Pieterse Dit gebeur met die meeste van ons. En dikwels loop dit uit op 'n goedige gespottery. Maar gehoorverlies is 'n werklikheid vir `n groot persentasie van die wêreldbevolking, hetsy as gevolg van ouderdom, langdurige blootstelling aan geraas (bv fabriekswerkers), siektes (waaronder masels en pampoentjies), geneties, neurologiese oorsake (veelvuldige sklerose, beroerte) en fisiese trauma (kopbeserings en tinnitus - `n aanhoudende gesuis in die ore). Dit is goed en wel om die probleem aan te spreek en professionele hulp in te win, maar die koste van gehoorapparate is vir die gewone man op straat kostegewys bykans onbereikbaar. Hannes Eksteen van die Kaap, wat eerstehandse ervaring met sy eie gehoorverlies opgedoen het, het navorsing gedoen en `n apparaat oorsee gevind wat teen heelwat minder koste as deur die gewone mediese kanale ingevoer en aan persone met gehoorverlies beskikbaar gestel kan word. So het sy internet-besigheid, Hearing Revival Africa, sy ontstaan gehad. Lenieta Esterhuizen, 46, het sowat vyftien jaar gelede agtergekom, na die geboorte van haar kinders, dat haar gehoor drasties agteruit gegaan het. `n Besoek aan die audioloog het bevestig dat sy otosclerose het, wat die verbrokkeling van die aambeeld en hamertjie binne die oor meegebring het. Die toestand is aangejaag deur die swangerskaphormoon. Lenieta en Hannes se paaie het gekruis en hulle het gou besef dat hulle elkeen `n passie het om mense met gehoorverlies by te staan en te help op hulle pad om die toestand te verbeter. Lenieta woon tans op Malmesbury, maar het jarelank aan die Weskus gewoon, wat haar besluit om in hierdie area persone met gehoorverlies by te staan, baie maklik gemaak het. Dit is hoe sy te hoe gekom het van Rozelle August, `n vrou wat by Die Plaasmol buitekant Hopefield werk. Rozelle ly al 31 jaar lank aan gehoorverlies. En die passing van `n gehoorapparaat deur Lenieta het haar lewe verander. Vir die eerste maal in al die jare kon sy hoor!! Vir die eerste maal kon sy die donkie by Die Plaasmol nie net sien nie, maar ook hoor! Nogals `n skrikwekkende, harde, maar baie genotvolle ervaring. En vir die mense wat die oomblik saam met haar kon geniet, `n lewensveranderende oomblik. Sodoende het die projek, Koop `n Boom en Help `n Persoon Hoor, tot stand gekom.

Plaasmol-eienaar Fransie Rossouw het 'n groot aantal Coastal Oaks en Geelhoutbome beskikbaar gestel wat teen R25 elk verkoop word om fondse in te samel vir `n gehoorapparaat vir Rozelle. So word twee vlieë met een klap geslaan: mense kry die geleentheid om tydens Boomplantmaand `n boom te plant en ook `n bydrae te maak tydens Gehoorbewustheidsmaand om iemand te help om `n gehoorapparaat te kry. Fransie en Lenieta vertel dat Rozelle `n vrou met `n pragtige geaardheid is wat nie toelaat dat haar gehoorverlies maak dat sy by die huis sit en haarself bejammer nie. Sy daag elke dag op vir werk, is vriendelik en help kliënte sover sy kan. Sy wil werklik deel wees van die lewe. Wanneer voldoende fondse ingesamel is, sal Rozelle haar gehoorapparaat asook batterytjies vir ses maande ontvang. Enige persoon wat `n gehoorapparaat ontvang, moet weet dat die apparaat goed opgepas moet word, gereeld skoongemaak en batterye elke twee weke vervang moet word. Lenieta beklemtoon dat elke persoon bewus moet wees van die feit dat `n gehoorapparaat `n lopende uitgawe is. Wanneer dit mooi opgepas word, kan die apparaat sowat vyf jaar hou voordat dit vervang moet word. Dan moet daar weer fondse beskikbaar wees vir `n volgende apparaat. Lenieta het dit ten doel om soveel moontlik persoonlike bystand aan kliënte te verleen, veral omdat elkeen se gehoorverlies nie dieselfde is nie en verskillende faktore, soos `n hoed op die kop of `n vliegtuigrit, die werking daarvan kan beïnvloed. Sy help elkeen om die apparaat te pas en te

Bo: Rozelle August het altyd `n groot glimlag op haar gesig en is altyd bereid om kliente `n handjie te gee, al is dit ook wanneer die kaskar `n hupstootjie nodig het. stel, dit te onderhou en batterye te ruil. Alhoewel dit nie `n vereiste is nie, is dit beter dat mense hulle ore laat toets by `n audioloog om vas te stel of `n siekte of gewas of enige ander faktore nie dalk die gehoorverlies veroorsaak nie. Die apparate word slegs aan volwassenes beskikbaar gestel en is `n volwaardige gehoorapparaat en definitief nie `n versterker (amplifier) nie. `n Versterker maak alle geluide harder teenoor `n gehoorapparaat wat klanke kontroleer. Maak gerus `n draai by Die Plaasmol, ontmoet vir Rozelle en koop en plant `n boom sodat sy ook die genot van hoor elke dag kan ervaar. *Enige verdere navrae kan gerig word aan Lenieta by 072 589 7322 of Fransie by 074 924 8478.

NUUS • NEWS


2

Q U A LIT Y

SURED AS

AS

SURED

12 September 2018

Q U A LIT Y

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

Akteurs:

12 September 2018

Weskus Mall se bemarkingspan het nie geweet wat hulle tref met die hordes mense wat opgedaag het om Suidooster se akteurs te ontmoet nie. Die besoek het Saterdag plaasgevind en Son, Kuier en die KykNet-span was al van vroegdag af op hul pos om die akteurs aan die Weskus te verwelkom. Elwira het die gehoor vermaak met haar sterk stem en sprakelende persoonlikheid en almal was dit eens dat die besoek `n reuse sukses was. Bo is die sentrum se bemarkingspan saam met die besoekende Suidooster-akteurs: Olivia Newman, Antoinette de Kock, Joanne Bester, Theresa Sedras, Marco Spaumer, Cedwyn Joel, Vasht Prins, Jill Levenberg en Wendy Bezuidenhout.

Fondse met Bybels: Van-

jaar het ons R22 000 ingesamel wat oorbetaal is aan die Bybelgenootskap vir die borg van Bybels vir gevangenes. Op die foto oorhandig Suselna Theart die R22 000 aan dr Quintus Heine van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, Streekshoof: westelike streek.

3

Titelaktes aan inwoners oorhandig

Tydens `n amptelike oorhandigingseremonie het bykans 200 behuisingsbegunstigdes onlangs titelaktes vir hulle wonings in George Kerridge en Ongegund ontvang. Die geleentheid is aangebied deur amptenare van die Saldanhabaai Munisipaliteit en is ook deur die burgemeester, raadsheer Marius Koen, bygewoon. Koen het in sy toespraak benadruk dat die ontvangs van die titelakte van `n eerste eie huis `n groot en eenmalige gebeurtenis in elkeen se lewe is en dat die oomblik gekoester en titelaktes soos goud bewaar moet word, veral vir wanneer die eienaar tot sterwe kom en die huis op `n volgende persoon se naam oorgedra moet word. Die Saldanhabaai Munisipaliteit doen baie moeite om die registrasie van eiendom so glad moontlik te laat verloop en alhoewel dit `n tydsame proses van tussen drie en vier maande is, is dit `n voorreg om aan die einde van die dag die nodige dokumente aan elke huiseienaar te oorhandig. Die totale aantal eiendomme wat sedert Januarie 2017 geregistreer is, is 574. Die proses van registrasie van eiendomme is

as volg: • Identifiseer uitstaande eiendomme vir registrasie; • Bevestig goedkeuring van behuisingsubsidie; • Stuur uitnodiging aan begunstigde om kontrak te teken en nodige dokumente byderhand te hê; • Die kontrak word geteken en met die nodige Fica-dokumente aan die prokureur gestuur; • Prokureur stel oordragdokumente (prokurasie) op vir ondertekening deur die munisipaliteit; • Na ondertekening word oordragdokumente en uitklaring aan die prokureur gestuur; • Prokureur dien dokumente in vir registrasie by die aktekantoor; • Die aktekantoor registreer die eiendom en reik die titelakte uit; • Die titelakte word aan die prokureur gestuur; • By ontvangs van die titelakte deur die munisipaliteit word die eienaar in kennis gestel om die akte af te haal; • Die eienaar teken ontvangserkenning en die akte word oorhandig.


4

12 September 2018

Fokus op St Helenabaai

NUUS • NEWS

De Palm Lifestyle Centre

First for St Helena Bay with nursery

De Palm Lifestyle Centre is `n baie bekende baken op St Helenabaai wat jaarliks uitbrei en nuwe verrassings oplewer. Philippe Desaever het sowat tien jaar gelede die stukkie grond met die bekende De Palm-restaurant daarop gekoop en waarskynlik nie in sy wildste drome gedink dat dit sou ontpop in `n besige sentrum met sestien verskillende besighede en ook `n paar woonstelle daarop nie. Die uitbreiding en verhuring van winkelspasie het met tye stadig gevorder, maar Philippe het `n droom gehad en hy het vasgebyt en aangehou en vandag pluk hy die vrugte van sy harde werk. Die besighede by De Palm sluit onder andere in `n koffiewinkel, restaurant, haarsalon, wassery, elektriese winkel, `n biltongwinkel, poskantoor en waterwinkel. Maak gerus `n draai by hierdie interessante sentrum en verken kuier-kuier elke hoekie en draaitjie. Philippe het ook groot planne vir Desember wanneer daar tussen 18 en 23 Desember elke dag `n Kersmark sal wees, musiek gespeel sal word, kersliedere by kerslig gesing sal word, wynproegeleenthede en nog ander interessanthede. Hy is ook nog nie klaar gebou nie. Een van die dae sal daar `n bierbrouery by De Palm opgerig word asook nog winkelspasies met woonstelle bo-op. Die laaste fase sluit aan by Bella Villarylaan langs die sentrum waar net woonstelle gebou gaan word. Philippe het onlangs ook `n gebou opgerig neffens die St Helenabaai-biblioteek met winkelspasies aan die onderkant en `n aantal woonstelle bo-op. Die vraag na blyplek in die omgewing word groter by die maand en Philippe blyk die man te wees wat poog om in die aanvraag te voorsien. Besoek gerus die depalmlifestylecentresthelenabay facebook-bladsy en sien wat hulle alles bied.

St Helena Nursery is a first for the fast growing town of St Helena Bay. The nursery specialises in all types of plants that thrive in this dry part of the West Coast. This undertaking is in existence for ten years and accommodates water wise plants, a must for the Western Cape. A variety of different plant species, from succulents, different shrubs, trees, fruit trees and ground covers (help to contain moist in the ground during the summer heat) are available. Also available is a large variety of pots, different sizes of steppingstones, grid of different colours and cobblestones to enhance the image of your garden. After wandering through the nursery our coffee shop awaits to quench your thirst with the best coffee in St Helena Bay. A variety of great-tasting cake or a light meal will strengthen the inner. Enjoy your coffee or a variety of cold drinks in the neatly furnished coffee shop with a fantastic view on the bay or enjoy the sun on the wooden deck which is only a few meters from the beach. Children can enjoy the play-park and animals, of which Coco the donkey attracts most attention. We also specialise in garden maintenance, roll-on-lawn, irrigation and landscaping of gardens.

Jan's Vetkoek Den

“As die woorde ‘vetkoek’ en ‘connoisseur’ nog nooit langs mekaar in een sin gebruik was nie, maak Jan dit `n waardige eerste.” Dit is hoe een van Jan Buitendag, Jan`s Vetkoek Den se eienaar op St Helenabaai en Velddrif, se kliënte sy ervaring op Facebook beskryf het nadat hy weggelê het aan een van die heerlike vetkoeke van die spyskaart af. By Jan`s Vetkoek Den kan mens kies uit 41 verskillende vulsels wat op `n vetkoek of panbrood bedien kan word. Hulle maak ook 'platters', doen jaareindfunksies, spitbraai en verjaardae. Die besigheid is sewe dae per week oop van 08h00 tot 20h00. Maak gerus `n draai.


NUUS • NEWS

12 September 2018

Pam Golding @ St Helena Bay

The greater St Helena Bay area of the West Coast, with its many smaller bays, such as the renowned Britannia Bay, has become a sought after holiday and retirement destination. The area is made up of many differing lifestyle choices so caters for a myriad of location tastes and all important budgets. This is evidenced by the positively growing numbers of homes being built here. Pam Golding Properties Britannia Bay and St Helena Bay is staffed by two resident agents who are passionate and knowledgeable about the diversity and inherent attraction of this unique area. The tranquil waters surrounding this area are ideal for non motorised water sports, including kayaking amongst the wonderful resident dolphins. Walking and cycling are most rewarding in these wide open and picture perfect surroundings.

The annual visits of whales are a special highlight, as is the snoek season when the picturesque harbour is a hive of activity with residents and visitors eager to secure a fresh snoek for the coals! Kilometers of unspoiled golden sandy beaches provide memorable holiday fun for children with safe swimming conditions. The surrounding strandveld is still home to many wild Steenbuck and a variety of smaller mammals. Access to the mall, good hospitals, typical commercial and light industrial infrastructure, golf courses and local shops varies between five minutes and no more than 20 minutes. Spectacular sunsets and sunrises are the order of the day – and all of this only 90 minutes drive from Cape Town Please contact us that we can introduce you to all aspects of this unique and unspoiled area and empower you to become part of it!. Contact: 022 742 1106

Waar kry jy nog ’n ontbyt vir R34,99? By die Seester-koffiehuis by De Palm LifeStyle Centre in St. Helenabaai, waar anders? Maar dis nie al nie. Ina en haar span, alombekend vir hul gasvryheid, spog met die heerlikste gebak en seekosgeregte diékant van die Atlantiese Oseaan. En die spoggerige Sondagbuffets is

’n feesmaal wat niemand moet mis nie. Skakel 083 273 4703 vir die bestelling van verjaardagkoeke en platters. Seester help om enige funksie, klein of groot, in ’n onvergeetlike ervaring om te tower. O ja, en gaan ‘laaik’ hulle Facebook-bladsy by Die Seester Coffee Shop.

`n Groot verskeidenheid dienste onder een dak word verskaf deur Superior Sand & Klip op St Helenabaai. Die besigheid is gelee sowat twee kilometer verby die Total Garage op regterhand. Superior Sand & Klip verskaf sand, klip en ‘filling’ van 1m (kubieke) tot 10m (kubieke). Die maatskappy het ook twee graaflaaiers (digger

loaders) vir die skoonmaak van erwe en grawe van fondasies en `n aantal trokke om bourommel te verwyder. Sand, klip en kompos is ook in sakke verkrygbaar. Superior Sand & Klip lewer af in St Helenabaai, Laingville, Britanniabaai, Velddrif en Paternoster.

5

Agricultural Show: Frannie Langenhoven from St Helena Bay showed his skills

in the Country Pleasure Driving Class for Saddle breds at the Swartland Agricultural Show in Moorreesburg over the past weekend.

Seester-koffiehuis

Superior Sand en Klip

Fine & Country Weskus

Fine & Country Weskus bied die hele pakket bemarking en verkoop van eiendom, raad met verbandkwalifisering, registrasie, aktevervaardiging. Die Weskus-hoofkantoor is op Langebaan in Oostewalstraat met Retha Rousseau aan die stuur van sake. Behalwe vir haar eiendomskwalifikasies is Retha ook `n toegelate prokureur, aktevervaardiger en het agtergrondkennis as verbandkon-

sultant - werklikwaar die hele pakket onder een sambreel. Fine & Country Weskus se gebied strek van Yzerfontein tot Dwarskerksbos. Die tak op St Helenabaai is in Februarie 2018 oopgemaak en kliente van die omgewing kan gerus die agent Sandra Grobbelaar kontak op 082 615 6043.

Bowls:

For the first time in the history of bowls the Western Cape Under 45 bowls tournament was hosted by the West Coast. This prestigious event was held at Lagoon Bowling Club in Langebaan. Teams from Western Province, Overberg, Cape Winelands and needless to say, West Coast. West Coast Bowls wishes to thank the Western Cape Department of Culture and Sport for coming on board and making this event the huge success it turned out to be. The Lagoon Bowling Club green was in excellent condition and top players entered this event. It was held over two days, the days being the 25th and 26th August 2018. It was cold and rainy, however good bowls was played and all participants enjoy the tournament. The tournament winners were players from Bellville Bowling club in Western Province, second was a West Coast team and third am Overberg team from Bredasdorp. Above: Craig Cornelson West Coast DCAS, Marco Martin, Andre Choppie Robbertse, Stephan and Ananda Kotzé from Bellville Bowling Club and Leon Meyer – President West Coast Bowls.


6

12 September 2018

NUUS • NEWS

Dagboek • Diary • Dagboek • Diary • Dagboek

Geleenthede

Thursday 30 August: Art exhibition Pumpkin House, Langebaan, 18h00-20h00. Art of Louise Halliday on display. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag 31 Augustus: Huis Wittekruin Miniverkope, vanaf 10h00. Boereworsrolle, hamburgers, vetkoeke, vis- en lewerkoekiies. Bestellings noodsaaklik, Ronel (022) 713 1532. Art Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Louise Halliday. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com.Hulde aan Neil Diamond met Johan Liebenberg, Die Seekat Restautant Paternoster, 082 445 5540. Emma se Konsert, NG Kerksaal St Helenabaai, waartydens die gewilde Tannie Aprilja weer sal optree, eetgoed te koop tydens pouse, 19h00, toegang R50 volwassenes, R20 kinders o/12, navrae kerkkantoor (022) 736 1353, ngksth@ gmail.com. Full day art workshop with Louise Halliday with oils and palette knife at Pumpkin House, Langebaan, 10h00-16h00, bookings essential, Hanli 082 853 8187. Saterdag 1 September: Basaar NG Kerk Saldanha, Weskusskool, 10h00. Alles wat jy by `n basaar verwag! Photography Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Ron Moller. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Karaoke-aand 20h00 in Steenberg`s Cove, St Helenabaai se saal. Toegang R40. Fondsinsamelingsgeleentheid vir die skool. Saterdag 8 September: Basaar NG Kerk Velddrif op die kerkterrein, ontbyt vanaf 09h00, stalletjies vanaf 09h30. Melkkos, kontreikos, poeding, kindertafel en veiling is op die spyskaart. Navrae Tenique by kerkkantoor (022) 783 0005. Son & Kuier is hosting the Suidooster team at Weskus Mall in the Food Court from 11h00. Meet your favourite Suidooster actor. Information at (022) 703 6900. Art Workshop Pumpkin House, Langebaan. With Christopher Reid - Plain Air Painting. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@ gmail.com. Donderdag 13 September: Aan Oewer Diens-

sentrum, VLV-tee, NG Kerksaal Velddrif, (022) 783 0048. Friday 14 September: Mike McCully & the Harmonix pay tribute to Abba, Barn Owl On The Bay, St Helena Bay, a one-night only phenominal show, 20h00, R175 pp, bookings 062 996 5406, info@barnowl.org.za, www.barnowl.org.za. Vrydag-Sondag 14-16 September: Darling Veldblomme-skou, Darling Gholf Klub, 09h0017h00 Vrydag en Saterdag, 09h00-15h00 Sondag, toegang volwassenes R60, kinders 2-18 jaar R40, babas gratis, pensioenarisse R40 slegs Vrydag, Navrae 084 916 1111/info”darlingwildflowershow.co.za/www.darlingwildflowers.co.za. Vrydag-Vrydag 14-21 September: Mediese Trein op Piketberg. Navrae Aan Oewer Dienssentrum Velddrif (022) 783 0048. Donderdag 20 September: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif jaarvergadering. Navrae Aan Oewer Dienssentrum Velddrif (022) 783 0048. Maandag, 24 September: ATKV Saldanha Erfenisdag Braaikompetisie, 10h00, Sandstone Restaurant, Hoofweg, Saldanha - Corne de Milander 083 235 8619. Donderdag 27 September: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif, Kansa inligtingsoggend, 09h30. Navrae Aan Oewer Dienssentrum Velddrif (022) 783 0048. Art Exhibition, Pumpkin House, Langebaan. Art of Reynel van Wyk exhibited, 18h00-20h00. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Vrydag 28 September: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif, verskeidenheidskonsert. Navrae (022) 783 0048. Saterdag 29 September: Maandelikse markdag by Pelikaanshawe, Velddrif. Stalletjies beskikbaar. Mariette 083 230 4422. P.L.A.Y. Country Craft Market, Denlynpark, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeideheid produkte, speelplek vir kleingoed. Cupcakes for CANSA at Weskus Mall: Cupcakes sold @ R10 towards Cupcake Angels Foundation. Should you wish to participate by donating cupcakes or volunteer on the day contact (022) 703 6900. Saturday 13 October: Art Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Glenda de Bruyn - Watercolor 2. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Bride of the Year Competition at Weskus Mall, 14h00. Performer and MC Desmond Wells. Enquiries (022) 703 6900. Saterdag 10 November: Aan Oewer Diens-

sentrum Velddrif, basaar. Navrae (022) 783 0048. Art Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Gerda Claassen - Textures and Acrylic. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@ gmail.com. Vrydag 16 November: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif, dans met Jay-Jay. Navrae (022) 783 0048. Thursday 29 November: Art Exhibition Pumpkin House, Langebaan, 18h00-20h00. Art of Hanli Theron exhibited. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.

SPORT

Weekliks

West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com.

Neem deel/ gaan kyk:

Saturday 25 August: Langebaan Half Marathon at Club Mykonos Resort, distances 21km, 10km, 5km. Information at www.entrytime. co.za/ 083 462 4400. Jan`s Vetkoek Den Golf Day, Bergrivier Golf

Club, Velddrif, 4-ball alliance and yellow ball competition, R250 pp / R1000 per 4-ball, sponsor hole for R500 and display your business, waterhole on the course, grab&go and early dinner, Jan Buitendag 071 215 0504/buitendag. jan9@gmail.com. Saturday 1 September: Thys du Toit Memorial MTB Challenge, Hopefield, four routes – Willem 082 923 2553. Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za. Saterdag & Sondag, 6&7 Oktober: Die Darling ttu 24uur MTB Enduro Lenteblomme-rit, !Khwa ttu op die R27 Weskuspad. Ry alleen of spanne van twee of vier. Inskrywings www.darlingttu. co.za / info@darlingttu.co.za / (022) 451 2202. Sunday 28 October: Groote Post Country Run, Groote Post Winery off R27 in Darling, 4km Ommie-Dam fun run 08h00, 10km Atlantic View Route 07h30, 21km Bobbejaanberg Challenge 07h00. Online entries www.trailrunning.co.za. Enquiries info@iloveyzer.co.za / (022) 451 2202. Saturday & Sunday, 10&11 November: Langebaan Country Estate Cycling Challenge & Mountain Bike Fun Ride, in conjunction with SANParks Honorary Rangers and the Pedal Power Association. Proceeds donated to West Coast National Park. Entries www.lcecyclechallenge.co.za / www.racetec.co.za. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór 10:00 Maandae.


NUUS • NEWS

12 September 2018

Fynbosskou lok duisende Gospelfees by Diazville Die beoordelaars van links is Anita Senekal, Laurent Bayard, Jas Myburgh en Mieke Visser.

7

Jermaine Keith Truter bied op 22 September saam met verskeie bekende sangers `n gospelfees aan in die Diazville Hoërskoolsaal. Die geleentheid word aangebied om fondse in te samel sodat minderbevoorregte kinders van die omgewing verseker kan wees dat hulle in 2019, wanneer hulle teruggaan skool toe, die nodige skryfbehoeftes sal hê om te gebruik. Elkeen sal ook `n kospakkie ontvang. Die kunstenaars wat saam met Jermaine optree is bekendes soos Isaac Mentoor, Daylin

Sass, LeManuels, Stacey Adams, Leighton Koordom, Carin-Lee Jones en vele meer. Hy hoop dat hierdie gospelfees aan jong kinders sal wys dat daar mense is wat vir hulle omgee en hulle wil help om met moed die nuwe skooljaar aan te pak. Kaartjies is by die deur beskikbaar en kos R50 vir volwassenes en R20 vir kinders o/12. Dit kan by die deure gekoop word of besprekings kan gemaak word deur telefoonnommers 060 544 1184 / 061 868 6320 te skakel. Die fees begin 18h30 vir 19h00.

Saterdag, 8 September om 10h15 is die jongduiwe en ope afdeling duiwe van die Weskus Duiwe-Unie te Beaufort-Wes losgelaat. Die duiwe het teen `n kopwind gevlieg en het gedeeltelik bewolkte weer langs die pad teëgekom. Uitslae Velddrif: Die jongduiwe (121 deelnemers) se wenner vandeesweek is Manie Lira in ‘n wentyd van 17:17:37. Hy behaal ook die 10de plek. Die res van die uitslae is as volg: Nico Wiid 2de; Jannie Burger 3de en 4de; Jutie de Witt 5de; Bobby Whitfield Jones 6de en 7de; Tollie Basson Jnr 8ste en Dennis en Linda Robinson 9de. Die ope afdeling (118 deelnemers) is gewen deur Nico Wiid in `n wentyd van 17:05:26. Hy behaal ook die 6de plek. Die res van die uitslae is soos volg: Johannes Basson 2de en 3de; Manie Lira 4de; Bobby Whitfield Jones 5de; Jurie de

Witt 7de; Keith en Anna de Vos 8ste; Casper van Rensburg 9de en Jannie Burger 10de. Uitslae Saldanha: Die jongduiwe (18 deelnemers) se wenner die afgelope naweek was Red Fire Lofts in `n wentyd van 17:40:00. Hulle behaal ook die 5de, 6de, 7de en 9de plekke. Pieter Farmer behaal 2de, 3de, 4de, 8ste en 10de plekke. Die ope afdeling (16 deelnemers) se wenners is ook die Red Fire Lofts in `n wentyd van 18:16:24. Hulle behaal ook die 2de, 3de en 5de plekke. Pieter Farmer behaal die 4de, 6de, 7de, 8ste, 9de en 10de plekke. Die Weskus Duiwe-unie val onder die Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) en sluit die volgende dorpe in: Piketberg, Velddrif, Vredenburg en Saldanha. Die voorsitter is Jannie Burger. Vir enige besonderhede kan hy gekontak word by 073 190 4838.

Weskus-duiwe vlieg vanaf Beaufort-Wes

Die Hopefield Fynbos Skou het vanjaar weer duisende skougangers gelok wat die dorp in `n miernes van bedrywighede gedompel het. Omtrent al wat leef en beef en asem heeft op Hopefield het `n bydrae gelewer om weer `n skou van hoogstaande gehalte te lewer en daar was iets vir elkeen se smaak om te sien en te doen en te eet. Een van die hoogtepunte is gewoonlik die Mej Fynbosskou-kompetisie, wat uit tien kategoriee bestaan het en meer as 70 inskrywings gelok het. Die aanbieder van die Mej Fynbosskou-kompetisie was die bekende Jessica Bosman van

Aqua Models, wat modelklasse aanbied in Hopefield, Langebaan en Vredenburg. Sy het moeite gedoen om van bekendes gebruik te maak om as beoordelaars op te tree. Hulle was Anita Senekal - Mej Hoop Weskus, Laurant Bayard - eienaar van die gesogte Couvalope Gastehuis op Hopefield, Jas Myburgh - mode-ontwerper van die Kaap en Mieke Visser, `n internasionale model. `n Spesiale dankie is gerig aan die wonderlike borge van die kompetisie, veral Weskus Nissan wat `n groot bydrae gelewer het. Die grootste dankie het egter gegaan aan die deelnemers, sonder wie die geleentheid definitief nie moontlik of so suksesvol sou wees nie.

Braai in ATKV-kompetisie Die ATKV-Saldanhabaai bied vanjaar op Erfenisdag weer `n braaikompetisie aan. Erfenisdag word landwyd op 24 September gevier. Jonk en oud is welkom om vir die kompetisie, wat by Sandstone Restaurant op Saldanha aangebied word, in te skryf. Die inskrywingsfooi is R50 en slegs twee persone word per tafel toegelaat. Net wors en tjops wod gebraai. Deelnemers sal vanjaar weer ATKV-voorskote

en pette ontvang en die eerste drie plekke sal akkommodasie wen by enige ATKV-oord van hulle keuse. Registrasie is van 10h00 af en beoordeling begin om 12h30. Daar is tafels beskikbaar, maar alle ander benodigdhede vir die braai moet deur deelnemers voorsien word. Belangstellendes kan Corne kontak by 083 235 8619 / cdem@mweb.co.za.

Glimlag Lag Skaterlag is die konsert wat op 28 September op Velddrif in die stadsaal gehou word. Die konsert is `n fondsinsamelingsgeleentheid vir die Aan Oewer Dienssentrum en word gereël deur Erik Thiart. Hy nooi almal uit om `n aand van musiek en komiese oomblikke saam met hom en die plaaslike talent wat ten toon gestel gaan word, te gaan geniet. Die konsert begin om 19h00 en kaartjies kos

R40 pp. Toegang vir kinders onder 12 is gratis. Al wat konsertgangers hoef saam te neem is eie drinkgoed en `n glas - eetgoed sal te koop aangebied word vanuit die dienssentrum se kombuis. Moet dus nie versuim om jou rafel te bespreek en `n aand van lekker ontspan mee te maak nie. Daar sal ook gelukkige trekkings wees. Kaartjies is te koop by Erik, kontaknommer 072 433 3346 of die dienssentrum (022) 783 0048.

Die Oesfees Van Die See gaan herleef, maar onder `n nuwe naam, die Seekosfees! Die Saldanhabaai Toerisme-organisasie en Saldanhabaai Munisipaliteit bied saam die fees aan en sal op 24 September te Peperbaai op Sal-

danha gehou word. Vir enige navrae en om stalletjies te bespreek kan Naomi by die toerisme-kantoor gekontak word by telefoonnommer (022) 715 1142 of e-pos market@sbto.co.za

Glimlag, lag, skaterlag

Amper tyd vir seekosfees Biblioteek verjaar: 'n Heerlike

partytjiegees het Donderdag by die Langebaan Biblioteek geheers toe boekwurms op koffie en tee en verskeie verversings getrakteer is. Die geleentheid? Die biblioteek se 25ste jaar in bedryf. Besoekers het ook boekmerkies ontvang en was begroet deur die bibliotekaresse, Lize Sadie, haar assistent Christo Orffer en biblioteekhulp Lalie Beneke. Die biblioteek se deure is op 6 September 1993 amptelik geopen.


8

courant

NUUS • NEWS

dié

12 September 2018

Tel: 022 487 3221

SPORT

12 September 2018

• HOPEFIELD FNUIK BESOEKERS

Mamre-rugbyspan se lot in eie hande

• George April HOPEFIELD: Mamre rugbyspan se lot is nou in sy eie hande, nadat die span Saterdag met sprankelende hardlooprugby deur Hopefield rugbyspan met 41- 19 (rustyd telling 20 -14) geklop is. Langebaan wat die afgelope Saterdag 'n loslootjie gehad het, is nou die enigste span wat saam met Langebaan om oorlewing in die Swartwes rugbykompetisie veg. Hopefield moes Mamre met 'n bonuspunt klop om uit die relegasie te ontsnap, toe doen hulle dit boonop ordentlik. Mamre het geen raad gehad as die tuisspan se agterspelers aan die hardloop geraak het nie. In die proses het die tuisspan ses keer die doellyn gekruis. Om spelers uit te sonder sal onregverdig wees, tog het die voorry van Neil Carolus, Dylan Menas en Marius Esau reuse werk in die vastespel gelewer. Dit was egter Clayton May en Walmer Linnard (slotte) wat geskitter het in die lynstanne. Kern Papier (losskakel) het boonop sy skopskoene saam gebring vir 'n triestige dwarrelwind. Agterlangs was Rewaldo Straus (senter) en Yuvallen Adams (heelagter) deurgans gevaarlik

met die bal in die hand. Vyf en dertig minute in die twede helfde, het Straus finaal Mamre se hoop gebreek, toe hy die bal binne Mamre se half onderskep het. Hy het agter die pale gaan druk, sonder dat 'n hand op hom gelê kon word. Alhoewel Hopefield swaar gekry het in die vaste skrums, was daar deurgaans geen twyfel dat die span sou wen nie. Dit was egter die bonuspunte wat die toeskouers soms in stilte gelaat het. Die bonus punte het boonop eers na twintig minute se spel, in die tweede helfde aangebreek. Niel Carolus het met die bal deurgebreek en aan Doneil Cleophas (senter) oorhandig, wat twee spelers moes klop om te druk. Vir Mamre het Steve Adams (13) Brain Prins (9)en Jaco Oppudt (2) gaan druk.Adwill Ockers (15) slaag met twee doelskoppe. Hopefield se puntemakers, Yuvallan Adams (11) Ughan Niemand (14)Doneil Cleophas (12) Rowaldo Strauss (13) en Keanon Roman het almal agter die doellyn gaan kuier. Kern Papier (10) teken 16 punte aan met 'n vyfer, vier doelskoppe en 'n strafskop. *** Mamre kry komende Saterdag besoek

van Paternoster, en hulle moet die vissermanne klop. Boonop moet hulle hoop Vredenburg klop die besoekende manne van Langebaan. *** Pella se afrigter, Reuben Abels, het toe sy twee doelwitte bereik - om die span in sy eerste jaar as afrigter vir die uitspele te kwalifiseer. dié courant het onlangs berig dat se laaste

doelwit is om die span van Saldanhabaai te wys wie is baas op Pella Park. Abels se span het toe wel die afgelope Saterdag vir Saldanhabaai op sy tuisgrond met 22- 20 gewen. Hopefield reis Saterdag Saldanhabaai toe, en sal hoop om op 'n wennoot sy seisoen te eindig.

Sailing:

The first round of the Triple Crown Sailing Competition was sailed on Saturday in Langebaan. The marked round course started on main beach and followed markers to the Yacht Club and Kraal Bay and Friday Island ending at the Yacht Club. The Hobie 14`s and 16`s did two laps and the Hobie Tigers had to do three. Each lap is timed and a handicap is applied to the final result to determine the overall winner on handicap. Left: Father and son team Paul and Jayden Lagesse won the 16`s Hobie division. Below: Charles Rickens and Pietrus Smith won the Tiger division. Prizes were handed over by John van der Vyfer from Friday Island.

Swem: `n Groot eer het `n swemmer en afrigter van Curro-skool te Langebaan te beurt geval, nadat hulle gekies is om die Suid-Afrikaanse swemspan in Algerië te verteenwoordig. Hannah Kiely sal in die items 50m rugslag, 100m rugslag en 200m rugslag meeding tydens die Senior Swem Afrika-kampioenskappe wat van 10 tot 16 September plaasvind. Curro se swem-afrigter, Paolo Gabriels, is aangewys as die Suid-Afrikaanse span se nasionale afrigter en sal dus saam met die span reis om aan die kampioenskappe deel te neem.

486 dié courant Weskus en Bergrivier  
486 dié courant Weskus en Bergrivier  
Advertisement