courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
12 September 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 486
•SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM
12 September 2018
Moderne vrou se rol in samelewing
•Jaomi Zeeman Die Drakenstein Sakekamer het, in samewerking met CS Cybershield, Sanlam en Golden Thread Communications, ‘n spesiale inligtingsessie vir plaaslike sakevroue aangebied waar die voordele en gevare van sosiale media en die kuberruim onder die loep geneem is. Hierdie insiggewende sessie het op Dinsdag 4 September by die Boschenmeer Landgoed plaasgevind. Talle plaaslike besigheids- en sakevroue het die geleentheid bygewoon en groot baat gevind by die interessante praatjies. Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, ‘n spesialis op die gebied van die suksesvolle aanwending van sosiale media in die besigheidswêreld, het die dames oor die voordele van die gebruik van die kuberruim in die werkplek ingelig. Volgens Anine kan sosiale media platforms baie suksesvol in die sakewêreld en tot voordeel van besighede benut word. “Sosiale media platfoms soos facebook, instagram en linkedin is ‘n kragtige hulpmiddel om jou besigheid te adverteer en netwerke met ander besighede en moontlike kliënte te bewerkstellig. "Instagram het byvoorbeeld 3,8 miljoen verbruikers, 80% van verbruikers volg besighede op hierdie platform en 30% van verbruikers koop produkte wat hulle op instagram gesien het,” het sy gesê. Anine het hierdie platform ook as ‘n plek waar besighede hul kreatiwiteit kan uitbeeld, ‘n besigheidsblad kan skep, hutsmerke kan skep, treffende foto’s kan plaas en subtiele handelsmerksigbaarheid kan bewerkstellig, voorgehou. Volgens haar is Twitter nog ‘n goeie platform wat deur sakevroue gebruik kan word. “Met 7,7 miljoen gebruikers, 83% van die wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie is en 76% van verbruikers wat handelsmerke hier na vriendelike diens aanbeveel, is dit ‘n kragtige instrument in enige besigheid,” het sy gesê. Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professionele, ernstige platform. “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% van werwers is op hierdie platform om kandidate te vind. "Dit is die effektiefste sosisale media platform vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy
Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van Cybershield en Helét Borchardt van Sanlam. gemaak het, gegee. gesê. Hy het ook die voor- en nadele van gratis Jan-Hendrik Stander van CS Cybershield het Anine se praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Wi-Fi vir kliënte en besighede bespreek. “Wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou oor die kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligting en data nie beskerm nie. Kuberkrakers die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan e-posse en baksake onderskep, virusse op selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en en restaurante besigheid doen talle voordele, “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkomaar ook talle gevare in. Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. Besighede se digitale voetspoor en die en kuberkrakers verwys. belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. Die wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke rondom hierdie kwessie is dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy ook bekyk. Die dames wat die sessie bygewoon het, het geskerts. Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit baie insiggewend gevind en kon rondom verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale media deel.
NUUS • NEWS
2
12 September 2018
Wellington Wynroete se beste wyne bekroon Die negende jaarlikse Quest for the Best Old Mutual Insure Wellington Wynroete wyn-uitdaging het op Donderdag 6 September by Diemersfontein Landgoed plaasgevind. Tydens hierdie geleentheid kry lede van die plaaslike wynroete die kans om hul wyne in verskillende afdelings vir beoordeling deur ‘n uitgelese groep beoordelaars in te skryf. Die beste 12 wyne uit ons streek word tydens die geleentheid aangewys. Die inisiatief vir hierdie toekennings is die gevolg van die samewerking van wynplase in ons Wynroete. Die doel van die projek is om wyn wat eie is aan ons terroir uit te wys en te bou op dít wat eie aan ons streek is. Die beoordelaarspaneel het uit ‘n handvol baie bekwame wynkenners bestaan. Die voorsitter van die paneel was Bennie Howard, ‘n Kaapse Wyn Meester en die ander beoordelaars het uit Pieter-Neil Rossouw, Cyril Meidinger, Danielle le Roux, wynmaker by die Asara Wynlandgoed; Mark Norrish van Ultra Liquors en Abé Beukes, ‘n ervare wynmaker by Yonder Hill bestaan. Die beoordeling het “blind” geskied en die 12 wyne met die hoogste persentasies is as die topwyne van die streek aangewys. Bennie Howard het in sy terugvoer oor die wyne die produkte en kwaliteit in die Wellington Wynroete besing en kommentaar oor die verskillende wyne gelewer. Wellington Wines het vier wyne in die top 12 gehad, naamlik hul 2017 La Cave Cabernet Sauvignon, die 2017 Duke of Wellington Pinotage,
NUUS • NEWS
Verteenwoordigers van die verskillende wynplase wie se wyne as die top 12 in ons streek aangewys is. 2016 La Cave Chenin Blanc en 2017 La Cave Pinotage. Die ander wenners was Welgegund Heritage Wines met hul 2015 Welgegund Providence, Imbuko met hul 2016 Du Plevaux Daniel Johannes, Diemersfontein met hul 2017 Diemersfontein Shiraz, Doolhof se 2016 Riversteen,
Dunstone se 2016 Merlot, Linton Park Estate se 2017 Chardonnay, Mont du Toit se 2012 Mont du Toit en die Bosman Family Vineyards met hul 2016 Fides Grenache Blanc. “Ons hoop dat hierdie ‘Quest for the Best’-toekennings die ware kwaliteit en unieke
area-spesifieke eienskappe van die wyne in ons Wynroete sal weerspieël en bevorder. "Ons het unieke produkte, baie bekwame wynmakers en uitsonderlike kwaliteit wyne. Hierdie toekennings getuig daarvan,” het Xania van der Merwe van Wellington Wines gesê.
National industrial action delays issuing of licence cards Members of the public waiting for their driving licence cards may experience a delay because of industrial action at the Driving Licence Card Account (DLCA) in Pretoria. While the processing of applications for new licence cards and renewals is decentralised, all cards are issued by the DLCA, a trading entity of the National Department of Transport. This delay will therefore affect applicants all over South Africa. Drivers who apply for a driving licence card
renewal on or before the expiry date pay R140 for the new card. They may continue to drive for a maximum of three months, provided they are in possession of their application receipts and their old cards. Drivers who apply after their licences have expired pay R140 for the new card, and must also apply for a temporary licence at an additional cost of R45. Temporary driving licences are valid for six months.
The Western Cape Department of Transport and Public Works (DTPW) encourages members of the public to apply for their replacement cards well in advance to mitigate the risk of having to obtain a temporary driving licence. It bears repeating that application receipts and old licence cards may only be used for three months from the application date. Should drivers not yet have received their new licence cards at that point, they will have to obtain a temporary licence.
This is unfortunately outside the control of DTPW. DTPW is acutely aware of the frustration this may cause. Despite the fact that this delay is not the fault of DPTW or any of the local driving licence testing centres, the Department will keep the public informed of any further developments. This dispute can only be resolved at national level, and the delay will persist until such time as the dispute is resolved.
NUUS • NEWS
12 September 2018
•BLINDE SEUN HOU PARTYTJIE
Gemeenskap span saam vir verjaardag
Rodney saam met al die rolspelers wat sy verjaardagpartytjie moontlik gemaak het. •Jaomi Zeeman Die plaaslike gemeenskap het onlangs saamgespan om vir Rodney Bastian, ‘n blinde seun van die plaas Leeurivier, ‘n onvergeetlike 18de verjaardagpartytjie te hou. Talle donateurs, gemeenskapswerkers en plaaslike instansies het bydraes gelewer om aan hierdie inisiatief gestalte te gee. Volgens Klaas Morkel, ‘n gemeenskapswerker, het hy van Rodney se toestand en die behoeftes rondom sy versorging bewus geword, nadat Rodney se ma na ‘n gemeenskapsvergadering met hom gesels het. “Sy mammie het my van hom vertel en Rodney het in my hart kom lê. Hy het in sy laerskooljare probleme met sy oë begin kry en geleidelik blind geword. Daar is baie behoeftes rondom sy versorging en hy het nog nooit in sy lewe ‘n verjaardagpartytjie gehad nie. Ek het besluit om vir hom ‘n partytjie vir sy 18de verjaardag te reël,” vertel Klaas. Verskeie plaaslike instansies en mense het ingespring om vir Rodney ‘n onvergeetlike partytjie te organiseer. Die plaaseienaar en bestuurder van Leeurivier, die plaaslike ATKV-tak, die ACVV, Soetendal se Gesondheidskomitee, lede van die SAPD, Bergrivier Hoërskool se SBL, raadslid Willemse, sowel as talle ander rolspelers en individue in die gemeenskap het bydraes tot hierdie inisiatief gemaak. Op Saterdag 8 September was die jongspan op Leeurivier plaas al vroegoggend opgewonde oor Rodney se partytjie wat die dag sou plaasvind. ‘n Tafel vol eetgoed en geskenke het in
Leeurivier se funksielokaal gewag. Rodney was baie opgewonde oor die groot bederf. Hy het klere, ‘n duvet, toiletware en ander gebruiksitems - alles skenkings uit die gemeenskap - present gekry. Volgens Rodney het hy al sedert sy laerskooljare ‘n bril gedra. Dit het egter later gebreek en sy toestand het versleg. In 2012 het sy oë vinnig agteruitgegaan en het hy al 9 oogoperasies ondergaan. Hy is sedert verlede jaar heeltemal blind. “Ek luister maar heeldag radio of lê en luister na die televisie,” vertel hy oor hoe hy sy dae nou moet verwyl. “As ek nog kon sien, sou ek graag wou rugby speel. Ek wens party dae dat ek saam met die ander kinders kan speel as ek hulle buite hoor,” sê hy. AO Pierre Hugo van die SAPD het die kinders by die partytjie oor afknouery en boelies toegespreek, waarna hul aan die heerlike eetgoed weggeval het. Rodney se vooruitsigte lyk ietwat beter nadat die gemeenskap van sy behoeftes bewus geword het. Hy gaan binnekort ‘n spesiale donkerbril as skenking van André Gilliland Oogkundiges ontvang en daar word ook beplan om hom vir die nodige terapie te neem. “Ek het nog nooit in my lewe ‘n verjaardagpartytjie gehad nie. "Dit laat my baie spesiaal voel om vandag my eie partytjie te hê en dat mense soveel moeite vir my doen,” het Rodney dankbaar gesê.
Die jaarlikse plaaslike Waterblommetjie Fees het heel gepas op Lentedag, Saterdag 1 September, plaasgevind. Talle besoekers het na hierdie geleentheid gestroom om ‘n keur van waterblommetjie-produkte, heerlike vermaak en watertand-geregte en -kombinasies - alles natuurlik op ‘n waterblommetjie-tema gebaseer - te geniet. Die vier deelnemende kelders, Domaine Brahms, Windmeul Kelder, Boland Kelder en Rhebokskloof, het hul vere behoorlik reggeskud om besoekers aan hierdie jaar se Waterblommetjie Fees op die heerlikste geregte en ervarings te trakteer. Die mense het behoorlik aan Domaine Brahms se waterblommetjie-chips en waterblommetjie-konfyt saam met roosterkoek weggelê, terwyl Bok Radio ook vanaf hierdie kelder uitgesaai het. Kinders, sowel as volwassenes het hul in die talle plaasaktiwiteite en die nostalgie van die Toeka-stoor verlustig. By Windmeul Kelder het besoekers die dag op ‘n gesonde manier afgeskop deur aan die
“Run the Vines”-wedloop deel te neem. Hierdie fisiese aktiwiteit was net die regte manier om ‘n gesonde aptyt vir die watertandgeregte wat by dié kelder aangebied is, te ontwikkel. Die heerlike waterblommetjiebredie, saam met van die kelder se wyne, sowel as die verskeidenheid produkte wat tydens die maandelikse Plaasmark te koop was, het die monde laat water. Buiten die heerlike geure van die potjiekoskompetisie, was daar ook hope vermaak vir die jongspan in die veilige speelterrein. Boland Kelder en Rhebokskloof het eweneens vir talle hoogtepunte tydens die fees gesorg. Die waterblommetjiesop en muskadel, gekombineer met musiek en ander interessante aktiwiteite, het besoekers by Boland Kelder laat vashaak. Rhebokskloof se waterblommetjie-roomys was gewis ‘n groot trekpleister en die ideale pasmaat vir ‘n perfekte lentedag. Die Haven Nagskuiling is die amptelike begunstigde van die Waterblommetjiefees en sal na afloop van die fees ‘n skenking ontvang.
Waterblommetjiefees lok duisende na vallei
Talle interessanthede by ACVV-winkel te vind Die ACVV-winkel langs die parkeerterrein agter Spar is nie net die tuiste van baie interessante tweedehandse skatte nie, maar ook ‘n kosbare bron van inkomste en klere vir ‘n organsisasie wat hulle vir diensbaarheid in die gemeenskap beywer. Volgens Malene Hartmann, kantoorbestuurder van die plaasliek ACVV-tak, het die winkel in Desember 2010 sy deure oopgemaak. “Die winkel dien ‘n tweeledige doel. Dit stel die ACVV Maatskaplike Dienste in staat om hul surplus nuttig te gebruik en steeds ‘n bron te hê vanwaar hulle kliënte van klere en ander items volgens behoefte kan voorsien,” sê sy. “Aangesien die ACVV Maatskaplike Dienste nie vrywilligers het wat kan help met fondsinsamelings nie, is die inkomste wat die winkel genereer ‘n kosbare bron en ‘n deurlopende fondsinsamelingspoging,” verduidelik Malene verder. Jean Lesch is die vriendelike winkelbestuurder en haar flukse helper is Joan. Petro Kruger is ‘n vrywilliger wat gereeld by die winkel te sien en sy is ook een van die stigterslede van die winkel. “Petro het ‘n besondere band met die winkel en werk hard agter die skerms om die winkel op
3
koers te hou,” sê Malene. Die ACVV-winkel is enige inkopie-jagter, liefhebber van tweedehandse vondste of snuffelaar se droom. ‘n Verskeidenheid van klere, beddegoed, huishoudelike gebruiksartikels, breekgoed en “bric-a-brac” is hier te kry. “Donasies van byna enigiets is welkom by die winkel. Ons kan items, van ou beddegoed, gordyne en klere tot breekgoed en kombuisware - letterlik énigiets - nuttig gebruik,” sê Malene. Volgens haar is hulle baie dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning wat hul uit die gemeenskap kry. “Die ACVV Maatskaplike Dienste en die winkelpersoneel wil graag die gemeenskap bedank vir die wonderlike donasies wat net nooit opdroog nie en natuurlike ook vir die kopers wat ons winkel so goed ondersteun. Sonder die gemeenskap se bydraes sou die ACVV-winkel nie kon voortbestaan nie,” sê Malene dankbaar. Sy nooi mense wat nog nie die winkel besoek het nie uit om gerus daar ‘n draai te gaan maak. “Daar is dikwels skatte tussen die voorraad wat jy vir ‘n appel en ‘n ei kan opraap,” sê sy. Vir enige navrae kan belangstellendes Petro Kruger by 083 660 2044 skakel.
Kenner praat oor sosiale media
Bo: André Gilliland van Hugenote Hoërskool se Beheerliggaam, Carla de Beer, sosiale media regskenner, Lisa Joubert van Hugenote Hoërskool, Henry Schemper, skoolhoof van Hugenote Laerskool en Anton Hoek van Hugo Rust Laerskool. “Die feit dat jou kinders of jyself deur ander Verskeie skole in Wellington het saamgespan om ‘n praatjie deur ‘n sosiale media regskenner, mense in foto’s ‘ge-tag’ word, skep ook ‘n digiCarla de Beer, vir ons ouergemeenskap aan te tale skaduwee waaroor jy nie veel beheer het bied. Hugenote Hoërskool, in samewerking met nie. Dit is soms goed om oor die tattoe-effek Hugo Rust Laerskool en Hugenote Laerskool het van sosiale media te besin. As jy nie gemaklik hierdie geleentheid, waar ouers meer oor die voel met die permanensie van ‘n plasing, soos moets en moenies, sowel as die gevare van sosi- dié van ‘n tattoe, nie, moet jy dit heroorweeg. Gaan Google jouself ‘n bietjie, maar van ‘n ander ale media te wete kon kom. Carla het die ouers in Hugo Rust Laerskool se digitale instrument as waarvan jy gewoonlik skoolsaal toegespreek en veral klem gelê op die werk. Kyk wat daar van jou op die internet en in struikelblokke wat tieners en ouers ten opsigte die kuberruim te vinde is en maak skoon sover as van hierdie platform in die oë staar. Volgens wat jy kan,” het sy raad gegee. Carla het insiggewende data rondom seker haar het toegang tot die internet van almal publiseerders gemaak - iets wat talle gevare kan sosiale platforms aan die ouers voorgehou. “Facebook is $560 biljoen werd. Vra ons onsinhou. “’n Goeie uitgangspunt sal wees om dít wat self nooit af waarom ons die platform dan verjy op sosiale media wil kwytraak aan die ‘billbo- niet kan gebruik nie? Jý is die produk waarmee ard’-toets te onderwerp. As dit wat jy wil sê nie daar handel gedryf word. Facebook het onlangs iets is wat jy op ‘n groot kennisgewingbord of ook vir Whatsapp en Instagram oorgekoop. Álle die voorblad van ‘n koerant wil sien nie, moet jy data van gebruikers van hierdie platforms is dus dit eenvoudig nie plaas nie. Met enige plasing op een plek beskikbaar. Hoe meer jy dit gebruik, op sosiale media skep jy inhoud wat nooit weer hoe meer weet hulle van jou, jou voorkeure, jou belangstellings en jou bewegings,” het sy uitgewis kan word nie,” het sy gewaarsku. Carla het ook oor die gevare van skermskote gewaarsku. Die gevare van kinderpornografie is ook gepraat. “Onthou altyd dat selfs as jy iets delete onder die loep geneem. Carla het verder oor die sekondes of minute nadat jy dit geplaas het, feit dat ‘n mens jou toon, emosie en gehoor op iemand reeds ‘n skermskoot daarvan kon neem,” sosiale media verloor en dat dit tot waninterpretasie kan lei, gepraat. Sy het ook insiggewende het sy gesê. Volgens haar word enigeen se privaatheid in inligting rondom kriminele toerekeningsvatbaarArtikel 14 van die Grondwet beskerm. Hierdie heid en boelies in die publikasieketting op sosireg word egter in gedrang geplaas wanneer jy ale media gedeel. “Die admin van ‘n groep, hetsy op facebook of iets doen wat ‘n sosiale invloed mag hê. Sy het op whatsapp, bly verantwoordelik vir wat mense ook teen die gebruik van hutsmerke gewaarsku. “As jy hutsmerke by jou plasings gebruik, op die groep kwytraak. Alle lede van die groep kan jy net sowel jou rekening publiek maak. Dit is ook gesamentlik verantwoordelik vir wat op ‘n beteken dat miljoene mense wat nie op sosiale groep gesê of geplaas word. Indien daar iets op media met jou verbind is nie, jou plasings kan ‘n groep geplaas word waarmee jy nie jouself wil vereenselwig nie, help dit nie om net stil te bly sien,” het sy verduidelik. Carla het ook gewaarsku dat alles wat ‘n mens nie. Jy moet jou teensin in dít waarmee jy nie ooit op sosiale media doen of sê ‘n tipe “digitale saamstem nie te kenne gee óf die groep verlaat. curriculum vitae” van ‘n persoon word. Besig- Anders kan jy ook vir die plasing verantwoordelik hede en werkgewers stel deesdae spesialiste gehou word as daar ‘n dispuut sou ontstaan. As aan om mense se profiele op sosiale media na jy iets ‘like’, iemand ‘tag, iets ‘re-tweet’ of ‘share’ te gaan voordat aanstellings gemaak word. Dit gee jy te kenne dat jy 100% met die inhoud van bring mee dat plasings wat hulle selfs dekades so ‘n plasing saamstem,” het sy gemaan. Carla het ook gewaarsku dat skerms se blou gelede gemaak het, steeds as deel van hierdie digitale cv beskou word, al huldig hulle nie meer lig melatonien absorbeer. “Melatonien is iets wat deur die dag in die noodwendig dieselfde sienings as toe hulle die liggaam opbou en help dat ons saans aan die plasings gemaak het nie. Volgens Carla is dit ook raadsaam dat ouers ‘n slaap raak. Die feit dat skerms dit absorbeer, verwagting van privaatheid rondom hul kinders veroorsaak dat mense al hoe meer sukkel om te op sosiale media skep. Sy het gewaarsku dat die slaap. Dit is goeie raad om nie jou kind toe te lukrake plasing van kinderfoto’s talle gevare kan laat om met sy of haar selfoon langs hul bed te slaap nie,” het sy afgesluit. inhou.
4
12 September 2018
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Die Here spot met hulle
Bykans drie duisend jaar gelede is Psalm twee geskryf. Die vraag word gevra waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde. Die vorste en konings van die aarde wil loskom van die bande en slawerny van die HERE! Hulle wil seker onder die wet loskom, dan geld geen morele reëls meer vir hulle nie. In Daniël en Esegiël van konings en vorste, wat teen God in opstand kom. Hy wat in die hemel woon lag, die HERE spot met hulle! Die Gesalfde van die Here in Psalm twee verwys na Jesus, wat opgewek is deur die HERE, selfs Paulus verwys na Psalm twee in die boek Handelinge in die Nuwe Testament, asook die skrywer van die Hebreërboek haal die Psalm aan : U is My Seun, vandag het ek U gegenereer. Ons leef ook in ‘n tyd wat die vorste en konings van die aarde woel, en van God se gebod niks wil weet nie. Hulle word in die Psalm gewaarsku, wees nou verstandig o konings, en laat julle waarsku o regters van die aarde! Die HERE is nie bekommerd nie, Sy Seun is Koning en welgeluksalig is almal wat by Hom skuil.
dié
courant
NUUS • NEWS
Fountain of Hope bring hoop
Op 'n advertensiebord
Daar was die afgelope week verskeie praatjies oor die voordele en gevare van sosiale media in ons vallei. ‘n Sosiale media regskenner het met leerders, onderwysers en ouers oor die gevare van hierdie platforms gesels, ‘n kommunikasiekonsultant het weer die voordele van sosiale media en die kuberruim aan sakevroue voorgehou, terwyl ‘n kubersekuriteitsmaatskappy oor die veiligheidsrisiko’s hiervan gemaan het. Hoe dit ook al sy, die dae van briefies op papiertjies skryf wat agterna in duisende klein stukkies opgeskeur en weggegooi kan word sodat niemand dit ooit weer kan lees nie, is vir goed verby. Die digitale ligruim stoor elke liewe woord, reaksie, foto en alle data wat ooit deur enigeen se vingers op toetse uitgedruk is. In die virtuele werklikheid gaan niks verlore nie - daar is nie iets soos rommel nie, slegs onsigbare kamers vol skaduwees, voetspore en bewyse van enige aktiwiteit wat ons ooit hier gepleeg het. In haar praatjie het die sosiale media regskenner, Carla de Beer, die “billboard”-toets as ‘n goeie wegwyser vir plasings en aktiwiteit in die kuberruim voorgehou. Volgens haar moet ‘n mens nooit iets skryf, plaas, “like” of versprei wat jy nie, saam met jou naam en adres, op ‘n groot kennisgewingbord sal wil sien nie. Saam met hierdie toets moet ‘n mens blykbaar ook aan die “tatoeëer-effek” van die kuberruim dink. Enige aktiwiteit op hierdie platform is soos ‘n tatoeëermerk wat nooit weer uitgewis kan word nie. Dit blyk dat mense in Wellington egter nie te bekommerd oor hierdie waarskuwings hoef te wees nie, want die positiewe dinge wat daagliks
hier in ons vallei verrig, onderneem en uitgevoer word, is beslis materiaal vir groot advertensieborde. Die Fountain of Hope Organisasie se doen en late bring hoop en verligting in talle hulpbehoewende mense se lewens en lewer ‘n positiewe bydrae in ons gemeenskap wat definitief maar verkondig kan word. Die skrywer van Noem my Skollie, John Fredericks wat onlangs by die plaaslike Boekklub gepraat het, se verhaal is ook ‘n baken van hoop en kan, soos die tatoeëermerke op sy arms, maar vir ewig as ‘n getuienis van opstaan en uitstyg bly staan. Die saamspanpoging van die gemeenskap om ‘n plaaslike blinde seun se 18de verjaardag onvergeetlik te maak, is eweneens iets wat navolgenswaardig is en as die norm van omgee in ons dorp geadverteer kan word. Met die onlangse Quest for the Best wyntoekennings, sowel as met die Nederburg Wynveiling, het die produkte uit ons vallei weereens hul “billboard”-status bekragtig. En die rugbytoernooi vir gevangenes wat die afgelope week op Boland Stadion plaasgevind het, het die menswaardigheid, hoop en drome van talle mense wat die pad iewers byster geraak het, weer laat opvlam. Leo Burnett het eenkeer geskryf dat ‘n goeie advertensie nie bloot inligting sirkuleer nie, maar die publiek se verstand, intellek en gees met ‘n behoefte en ‘n geloof vul. Dít is presies wat die mense in Wellington met hul positiewe aktiwiteite in die gemeenskap vermag - dinge wat beslis maar op ‘n groot advertensiebord verewig kan word. Mag elkeen hierdie week iets aanpak, iets aanskou en iets toejuig wat maar op ‘n “billboard” gesit kan word.
Onderwysers en leerders van die Bovlei Akademie Primêre skool ontvang boeke van die Fountain of Hope-organisasie. “’n Fontein is ‘n bron van water. En water is gemeenskap. ‘n Ander uitdaging is die wanlewe. Hoop is iets wat mense aan die gang hou.” persepsie wat mense soms van ons werk het,” Só sê Letitia de Villiers, stigter van die plaaslike sê sy. Volgens Letitia is die motivering agter dit wat Fountain of Hope-organisasie wat mense in sy doen eenvoudig. nood bystaan. “God sê ons moet vir die armes kos gee. Dis Om mense te help is iets wat Letitia nie kan help nie. Haar omgee-geaardheid maak dit vir so eenvoudig soos dit. Ek kom self uit ‘n baie haar moeilik om rustig te slaap wanneer sy weet swaar agtergrond en ek wil seker maak dat mense, maar veral kinders, altyd ten minste iets dat daar mense is wat in nood verkeer. “Party mense gril vir straatmense, maar ek is het om te eet,” verduidelik sy. Letitia weet hoe om ‘n spreekwoordelike bitter lief vir hulle. Miskien doen ek dit net met my hart en nie veel met my verstand nie,” lag sy. skare met baie min hulpbronne te voed en te Volgens Letitia was sy nog altyd betrokke by bedien. In die paar jaar dat sy Fountain of Hope organisasies wat hulp verleen. Sy het voorheen bedryf kon baie mense en instansies al voordeel by die Familie Reünie-organisasie, sowel as by trek uit haar diensbaarheid. Sy samel tweededie SA Sorg-organisasie gewerk. Nadat hierdie handse klere in wat dan gesorteer en versprei organisasies se kantore elders geskuif het, het word waar daar nood is. Talle gesinne met plaaslike mense wat van nood in ons gemeen- kinders ontvang ook weeklikse kospakkies wat skap bewus was haar nog steeds gebel as hulle deur Fountain of Hope ingesamel, saamgestel en versprei word. Letitia maak ook komberse nie ‘n ander heenkome gehad het nie. “Dit het my laat besluit om Fountain of Hope bymekaar wat sy dan onder hulpbehoewendes op die been te bring. Die nood in ons gemeen- versprei. “Ons maak ook kos vir die straatmense en skap bly groot en daar is altyd mense wat die mees basiese benodigdhede en lewensmiddele fokus ook op die sosiale en opvoedkundige kort. Dit is iets waarby ek eenvoudig nie kan behoeftes in ons gemeenskap. Ons het al boeke verby kyk nie. ‘n Mens kan mos nie rustig slaap vir Bovlei Primêr ingesamel en daar gaan aflaai. as jy weet dat daar soveel mense is wat basiese Ons het ook al reënbaadjies en sweetpakke vir behoeftige kinders by skole in ons gemeenskap goed dringend nodig het nie,” sê sy. Vir Letitia gaan dit egter nie net oor hulpver- laat maak en geskenk. Met Kersfees het ons elke jaar ‘n straatprojek en ‘n program en uitreik wat lening nie, maar ook oor bemagtiging. “Ons fokus daarop dat mense ook hulself ons op plase doen,” vertel sy. Letitia het groot toekomsdrome vir die Founmoet help. Dit help nie jy staan bakhand vir liefdadigheid en jy doen nie self iets om uit jou ver- tain of Hope Organisasie. “Ek sal graag nog mense wil aanstel om met knorsing te kom nie. Ons deel nie net die hele tyd goed uit aan mense wat nie self hul hande die insameling en verspreiding van ons goed te uit hul moue steek en iets aan hul probleme pro- help. Ek wil ook meer skole begin help. Dit sal ook wonderlik wees as ek hulp met die adminibeer doen nie,” sê sy. Alhoewel die werk van Fountain of Hope vir strasie kan kry, want admin is nou nie juis my Letitia ‘n hartsaak is, is daar talle uitdagings en sterk punt nie,” lag sy. Intussen spits Letitia haar toe op die nood struikelblokke wat sy op ‘n daaglikse basis moet wat sy elke dag rondom haar raaksien. oorkom. “Hoe kan ‘n mens op enige plek ry sonder om “Ons almal weet dat dit nie goed gaan met ons land se ekonomie nie. Dit affekteer nie net die nood raak te sien en nie iets daaraan te doen die armes en hulpbehoewendes nie, maar ook nie?” vra sy. Belangstellendes kan die Fountain of Hope die besighede en donateurs van wie ons vir skenkings afhanklik is. Gelukkig is daar altyd mense, Organisasie by 079 706 5193 of 021-864 3704 instansies en besighede met oop hande in ons kontak.
Fotokompetisie:
'n Wellingtonner maak geskiedenis. Wie is Suid-Afrika se nuwe boerewors kampioen? Die antwoord van die vorige kompetisie was Heinrich Gabler. Stuur jou antwoord na welmus@ telkomsa.net, besoek of skakel Wellington museum by 021 873 4710.
NUUS • NEWS
12 September 2018
5
6
12 September 2018
NUUS • NEWS
Skrywer van Noem my Skollie praat by Boekklub John Fredericks, die skrywer van die bekroonde rolprent en gelyknamige boek, Noem my Skollie, het op Donderdag 6 September by die plaaslike Boekklub gepraat. Theo Kemp, skrywer en voormalige bestuurder van die Breytenbach-sentrum, het met John in gesprek getree oor sy lewensverhaal wat in die fliek en boek vervat is. “Die boek trek die leser onmiddellik in en dit voel asof jy nie kan loskom van die storie nie. Dit is asof die skrywer as’t ware op die leser se skouer sit - iets wat tekenend van ‘n goeie storieverteller is. Waar kom jou talent vir storie-vertel vandaan?” het Theo aan John gevra. John se antwoord het nie alleen die vraag beantwoord nie, maar ook sy ongelooflike vermoë om ‘n storie só te vertel dat hy ‘n gehoor in die holte van sy hand hou en tyd laat vlieg, gedemonstreer. Hy het die gehoor met vertellings oor sy kinderjare, uitdagings en tyd in die tronk op sy lewensreis geneem - een wat met talle interessante karakters en gebeure gekleur was. John se arm kinderjare en sy liefde vir stories is twee aspekte wat prominent in sy vormingsjare en die ontvouing van sy lewenstorie staan. Die ashoop waar hy vir ou storieboeke gesoek het, was ook die plek waar hy as jong seun verkrag is - beide dinge wat sy lot later in sy lewe sou bepaal. “Dit was ‘n place without heroes. Ek en my vriende was nie ‘n gang nie, ons was familie, om mekaar te beskerm. Na my verkragting het ek
‘n muur om my gebou, een van bravade, maar eintlik was ek bang. "Die armoede, apartheid, die geweld was vir ons normaal. Dis al wat ons geken het,” het hy oor sy grootwordjare vertel. John het ook kleurryk oor sy ervaring in die tronk, sowel as die rol wat sy storievertelvermoë daar gespeel het, vertel. Hy beskou die feit dat hy die ander oortreders wat saam met hom in die tronk was die hoofkarakters in sy stories gemaak het, as een van die redes dat hy taamlik ongeskonde uit dié ondervinding kon kom. “Crime is their game. You have to meet them in their minds,” het hy gesê. Volgens John het sy ervaring in die tronk hom geleer om die klein goedjies in die lewe te waardeer. “Ek voel soms soos ‘n eensame man, haunted, alleen. Asof dit net ek is wat sekere goed raaksien en waardeer. Ek staan elke oggend vroeg op om die dag lank te maak. Ek wil niks van die vryheid in die lewe mis nie,” het hy gesê. Op 50-jarige ouderdom het John sy “day job” gelos om sy droom na te jaag. Hy het voltyds met die jeug in die Youth at Risk-program begin werk en begin om sy skryfwerk te slyp. Op 63-jarige ouderdom het hy ‘n 2-jaarlange skryfkursus aangedurf om sy lewensverhaal in ‘n filmteks te omskep. Die bekroonde fliek, Noem my Skollie, het uiteindelik 10 nominasies by die Silwerskermfees en 17 plaaslike en internasionale toekennings ingeoes. Dit was ook Suid-Afrika se nominasie
vir die Oscars. John se leuse in die lewe is waarskynlik dít wat hom in die tronk laat beland het, maar ook dit wat hom uiteindelik bo sy omstandighede laat uitstyg het. “I’m gonna show you. Dis my motto elke dag. Djy moet diep sak om yt te styg. Perseverance
en dedication, ‘n mens moet serious wees as djy iets wil bereik,” het hy sy lewenswysheid gedeel. “En hier sit ek nou in die Breytenbach Centre. Die Breytenbach Centre - wie sou nou ooit gesê het? Ek sê altyd, as djy ‘n problem sien, gaan altyd na die solution toe. Daais al wat help,” het die 73-jarige op ‘n inspirerende noot afgesluit.
• Kerke • Churches • Kerke • Churches • Kerke •
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00
en tweede en derde kwartaal is die diens op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.
Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677
AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
NUUS • NEWS
12 September 2018
Hugo Rust Laerskool hou Stadsig Country Estate weer heerlik kermis gaan opgekikker word Links: Die mammas by die koektafel het hul diensbeurt terdeë geniet.
Onder: Talle opwindende aktiwiteite het vir hope pret by die Kermis gesorg.
Die skilderagtige residensiële ontwikkeling aan die voet van Bainskloof, Stadsig, het sedert die bekendstelling daarvan baie potensiaal getoon. Ongelukkig het onsekerhede en teleurstellings tydens die eerste fases van die ontwikkeling ‘n skaduwee oor die onontginde moontlikhede van hierdie pragtige Landgoed laat val. Hierdie onsekerheid en teleurstelling kan gelukkig nou iets van die verlede wees, aangesien ‘n nuwe, geloofwaardige ontwikkelingsmaatskappy beheer oor die verdere ontwikkeling van Stadsig bekom het. ATVANTAGE, ‘n multi-faset maatskappygroep wat in professionele bou-omgewingsdienste en ontwikkeling spesialiseer, sal verdere ontwikkeling van die landgoed behartig. Volgens Paul Louw, Groepsdirekteur van ATVANTAGE, het die aanvanklike fases van Stadsig sedert die bekendstelling van die ontwikkeling in 2012 tot en met die likwidasie van die boukontrakteur in 2017, goed gevorder. Halfhartige pogings tot sakeredding wat die likwidasie voorafgegaan het, het inwoners egter ontmoedig en die reputasie van die landgoed geskaad. Dit het die ontwikkeling vir te lank onaangeraak laat lê en tot ‘n blote skaduwee van sy ware potensiaal laat kwyn. “ATVANTAGE gaan die aansien van Stadsig herstel en sy volle potensiaal verwesenlik. Die eiendom is in Junie 2018 aan ons oorgedra en ons het begin met fokus-aktiwiteite wat daarop gemik is om Stadsig op die voorgrond te plaas as die mees gesogte residensiële gemeenskap in die groter Wellington-wynland. Ons gaan die stedelike en terreinuitleg-ontwerp verbeter ten einde die dorpkarakter van die landgoed uit te bou en ’n omgewing van rus en ontspanning vir sy inwoners te skep,” sê Paul. Die konstruksie van die nuwe geëlektrifiseerde sekuriteitsgrensmuur en -heining,
saam met die betrokkenheid van Thorburn Security Solutions, sal vir die eerste keer aan inwoners die volkome gemoedsrus van ’n waarlik beveiligde landgoed bied. “Infrastruktuur en dienste vir toekomstige fases van die ontwikkeling sal mettertyd volg. Ons sal voornemende eienaars ’n keuse van nuut-ontwerpte wonings deur Dennis Moss Partnership, gesiene argitekte van Stellenbosch wat bekend is vir landgoedere soos De Zalze, Welgevonden en Eden Island in die Seychelles, bied,” sê Hessel Dijkstra van die HUB- groep. Volgens Paul Louw is die Stadsig Country Estate is aan die buitewyke van Wellington op die pad na Bainskloofpas ideaal geleë vir ‘n ongelooflike ontwikkeling. “Dit is teen die hange van die majestueuse Hawequa-berg genestel en die topografie en oriëntasie van die landgoed verleen panoramiese vistas, tot so ver as Tafelberg. Die prima-ligging bied die beste van twee wêrelde, naamlik ’n stil omgewing te midde van golwende plaasgrond, binne maklike bereik van die dorp se geriewe, sowel as maklike toegang tot die res van die Wynland en selfs die Kaapse metropool,” sê Louw. Die feit dat ATVANTAGE met ’n indrukwekkende lys van ontwikkelings, asook die ondervinding en kundigheid om Stadsig se volle potensiaal te verwesenlik, spog, is ‘n gerusstellende waarborg vir voornemende huiseienaars in hierdie ontwikkeling. Die maatskappy, met kantore in Kaapstad, Centurion, Nairobi (Kenia) en Mahé (Seychelles), het ’n rykdom van ervaring, ondersteun deur ’n ervare en dinamiese span. Vir meer besonderhede oor Stadsig Country Estate, besoek www.atvantage.co.za, stuur ’n e-pos na crm@stadsig.co.za of skakel Johandre le Roux by +27 (83) 571 7279.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
Die skoolterrein van die Hugo Rust Laerskool was op Vrydag 31 Augustus ‘n miernes van bedrywighede en feestelikheid toe hulle hul jaarlikse Kermis aangebied het. Op die vooraand van Lentedag het hul Grondslagfase-leerders die dag met lenteloop afgeskop. Die leerders kon hierna mekaar die stryd op die kaskarbaan aansê - iets wat vir hope opwinding en pret gesorg het. Reuse-opblaas-avontuurspeletjies, springkastele en ander opwindende aktiwiteite het die hele dag vir groot vermaak gesorg. Vir die kleinspan was daar spesiale kleuter-speelarea, terwyl die volwassenes rondom die heerlike eet- en drinkgoed in die teetuin kon ontspan. Die gewilde snoepie-items, yskoeldranke, pannekoeke, chipsticks, hamburgers en worsbroodjies het almal se mae vol gehou en vir genoeg energie gesorg. By die geskenke- en kindertafel was lekker winskopies te kry. Teen laatmiddag kon ‘n klomp moeë, gelukkige kinders na ‘n hele dag se Kermis-opwinding huiswaarts keer.
7
8
courant
dié
12 September 2018
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
12 September 2018
•RACING AROUND THE TRACK IN RALLY
Keeping up with the Jones’s Cyril and Lynette Jones could not have chosen a more rewarding moment to step in as title sponsors of a round of the Western Cape Rally Championship than the CEJ Plant Hire Rally Malmesbury. Rain, wonderful rain, and more wonderful rain, saw the dams making excellent progress and the stock of wet weather tyres diminish as the persistent rain would last till Friday. Saturday dawned chilly, but in beautiful sunshine, and the 21 teams entered face the reality of standing water and saturated soil. Perfect conditions if you were seated in the comfort of anything with 4x4 traction. Untouchable would be an acceptable description of Llewellyn Jones and Christophé Pichon in their CEJ Plant Hire 434 CPMCC S5 Subaru Impreza WRX STi 4x4 Turbo 2.0 as they won all eight stages enroute to a brilliant, and dominant, victory on what could now be termed their home event. Their third victory of the season and given their current form they have now grown crosshairs on the back of their Scoobie as the team to beat. Ismaeel Davids and Yusuf Ganief almost failed to start the event as preparation of the ID Paving 431 CCMCC S5 Toyota Run X 4x4 saw the team burned midnight oil without much progress being made. A desperate visit to Colin Porter saw the team arrive, later than planned, in Malmesbury and though they set second fastest stage times on six of the stages it was clear that the Toyota was not running perfectly. Fortunately the extreme conditions favoured the 4x4 cars and the results. John and Weston Peiser had no intentions to come out guns ablaze in the championship leading Speed Pro Cycling Components 425 WPMC S5 Subaru Impreza GT 4x4 Turbo 2.0 as they simply needed to stay close to the Davids / Ganief Toyota to protect their championship challenge with one round in reserve. Ironically they retired from the REACT Nigh Rally Malmesbury earlier this year with a differential problem and encountered a similar handling problem. Third place however, quite satisfactory for them on this occasion. Keenan Sassman and Randall Marais proved the wisdom of legendary Dirkie Kruger when they arrived in Malmesbury with an 1800 powerplant fitted to their Howard Centre Motors 513 CCMCC S4 Toyota Corolla. Given the smile on the talented young driver face the concept works better than anticipated and not even a burnt out radiator fan with two stages remaining could spoil their confident drive to fourth overall. Fifth overall was just reward for Andy HaighSmith and Tania Vermaak in the AHS Racing 432 CPMCC / WBMK Mitsubishi Lancer GT1600
after a tough day in the office. Recovering from ill health Ashley Haigh-Smith was on standby to drive the Yellow Submarine if required and the now infamous crossroad instruction on Special Stage led to suspension damage when the steering was damaged and an argument with a rather solid concrete wall had the service team working flat-out to keep the team in the event. The Yellow Submarine fortunately still proved immune to water and though looking a little worse for wear the result was certainly well deserved. John and Derick Clift another combination that enjoyed mixed fortunes on the day. The ACW Engineering 418 WBMK S4 Toyota Hilux 2.0 sounded great on arrival having been treated to a visit to Dynotech and the father and son combination certainly had the correct vehicle present – plaas bakkie vir plaas paaie! They too had a joint rattling experience on the SS2 instruction and then the Hilux picked up an uncurable misfire in the deep water encountered on SS5/6 which hampered their progress. Sixth overall however still a very respectable result. The announcement by John Clift (67 years young) that he intends stepping down as driver at the end of the season certainly came as a disappointment but the good news is that the Hilux will continue with Derick Clift behind the wheel. John will still do the final Western Cape event in Riebeek Kasteel on 6 October 2018 and quite fittingly he will call halt after the Total 50th Tara Rally Namibia 8-10 November 2018. What other event can claim a 50 year pedigree! Faizel Davids and Terry Croy also showed signs of SS2 contact but brought the 422 CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1.6 home in seventh spot overall whilst the ever consistent Lulu, the 409 CCMCC S3 VW Golf MkII GTi 2.0 8v of Julian Calvert and Marius Rudolph, claimed the final finisher accolade in eighth overall. Matt Köhler and Wendy Mitchell completed seven of the eight stages to finish reach Parc Fermé under Super Rally Rules in the Crest Max 401 CCMCC S1 VW Golf MkI 1.4i. Kevin Calvert (father of motorcycle racer André) and Brian Hoskins showed signs of a rather rough return to rallying after an absence of one calender year but the duo were happy with both the performance of the car and crew and one could expect the 436 WPMC S2 VW Golf MkI 1.5 to return stronger on round seven. Shaheen and Ibraheem Amlay were heading for a good result in the Amlay Motorsport 402 CCMCC S4 Toyota Run X RSi 1.8i until something punctured their fuel tank on SS5. Clint and Lloyd Lingeveldt also made a welcome return in the neat 435 S3 CCMCC Toyota Conquest 1.6i but they fell foul of the slippery condition and beached their car SS4. Warren
Scholtz and Justin Gay disappeared after SS1 with the 444 CPMCC S4 VW Polo 2.0 16v returning home on a trailer. Ettiene du Toit and Patrick Vermaak suffered a broken radiator on the SS2 crossroad instruction which spoiled an encouraging start for the Team 467 WBMK S3 Toyota Corolla RXi 1.6i combination. Fourth fastest though SS1 they were relishing a good battle with the Vyekraal 415 WBMK / CPMCC S3 Toyota Run X 1.6i of Darren van Greunen and Quinton Swarts. Unfortunately they too would fall foul of the SS2 instruction. Paul Emmanuel and Robin Benjamin possibly the most spectacular exit when they almost parked the 449 CCMCC S4 VW Polo 2.0 on it’s nose. Riyaan and Yaseen Amlay decided to exit the event in more scenic fashion when they launched the Ramlay Builders 433 CCMCC Toyota Corolla RXi 1.6i into the palm trees on SS3 whilst Marius and Angela Swart snapped the lower control arm on debut with their bright orange 438 WBMK S3 VW Golf MkI 2.0 8v on SS1. Erin Joshua and Ian Thebus failed to start when the gearbox on their 462 CCMCC S3 Toyota Conquest 1.6i developed a serious oil leak whilst the 428 CCMCC S5 4x4 Nissan Sentra of Winston Neethling and Lyle Marais also failed to make the 09h30 start. One could long debate the SS2 crossroad instruction as it was familiar to most of the regulars and though always considered tricky, it certainly never presented a car breaker scenario. The tulip notes reflected a triple caution whilst the single caution warning in the Route Notes constitutes the equivalent of a danger warning but having viewed the DVD and based on previ-
ous experience the specific instruction did not look any worse than normal. The recent heavy rains could certainly have eroded the rut and being in the shadow of the trees it was hard to visually evaluate the risk when approaching at speed. Two red arrows on the danger spot could have made all the difference, but it is always easy to provide the solution afterwards. The two long stages were testing whilst the two shorter stages clearly suffered heavily from standing water. However, round six of the 2018 Western Cape Rally Championship will be remembered as a real tester and with less than a month to prepare for the final event in Riebeek Kasteel the heat is on. A hearty thank you to CEJ Plant Hire (Cyril and Lynette Jones), Amandla Construction, TAC Steel, Iselula Screens & Demolition, K&H Freight, Hi Clean, A&A Powder Coaters, Vital Engineering & Angus McLeod and TengTools for their continued support of the Western Cape Rally Championship. Though their names are not know to most of the competitors each and every landowner certainly enjoys our gratitude in allowing us to pursue our sport. A great many people behind the scenes also have to be recognised with Billy Thorpe, Clerk of the Course, ably assisted by Stage Marshals, Radio Marshals and many more. No matter how small your contribution, it results in a successful event! Now, the 6 October 2018 season finale will see competitors head for Riebeek Kasteel! Do not miss this one. Patrick Vermaak