c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
12 September 2018
80.5%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 486
12 September 2018
Tjoekepaf met die blomtrein
Die Ceres Rail Company se stoomtrein het die afgelope week op Malmesbury by die plaaslike stasie aangedoen op pad na die Weskus vir hul jaarlikse blommetoer. Talle het na die unieke stoomtrein kom kyk, terwyl hy 'n draai in die Swartland gemaak het. Foto: Johan Viljoen
•LANDBOUSEMINAAR BY SWARTLANDSKOU
Boere moet meer doeltreffend wees •Charlotte Lesch ‘n Paneel van kenners op die gebied van landbousake het die afgelope Vrydag tydens die jaarliks Swartlandskou, besoekers aan die landbouseminaar toegespreek waartydens die kwynende winsmarges in die graanbedryf bespreek is. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA wat die debat geopen het, het ‘n terugblik gegee oor die vorige jaar se seminaar waar die gesprek baie moeiliker was. “Dis nog steeds moeilik, maar gelukkig het dit nou al gereën, so ons gemoedere is hoog.” Die graanbedryf is volgens Sean Walsh, uitvoerende hoof van Kaap Agri op sy beurt nie ‘n kwynende bedryf nie, maar eerder wisselvallig. “As jy jou reserwes goed bestuur het, sal jy dit maak.” Walsh kan getuig dat die meerderheid onder graanboere in die Swartland hul finansies goed bestuur. “In vandag se tyd gaan dit daaroor dat jy meer doeltreffend moet raak. Fokus op m² in plaas van op hektare. Groter is nie beter, tensy dit doeltreffend is nie.” Hy glo dat 2018/2019 ‘n beter jaar uit die afgelope sewe jaar sal wees. Dirk Strydom, Graan SA se bestuurder vir graanekonomie en bemarking, het op sy beurt ‘n blik gegee op die globale perspektief van die huidige stand van die graanbedryf. “Ons sit vandag met kostes wat opgegaan het, maar met ‘n prys van tien jaar terug.” Volgens hom is die huidige pryse vir winter-
grane op die oomblik nou aansienlik beter as gevolg van die wisselkoers. Hy verwys ook na die mieliebedryf wat geval het tot dieselfde prys as tien jaar gelede. “Hoewel die prys van mielies gedaal het, styg die pryse van trekkers steeds.” Strydom het verder terugvoering gegee oor Graan SA se omdraai-strategie. “Daar word hard gewerk om die koringbedryf volhoubaar te hou.” Prof. Ferdi Meyer, direkteur van BFAB, het die internasionale prysvooruitsig vir graan, mielies, rys en olies voorgehou. Volgens hom kan positiewe sentimente die rand terug na R14 (teenoor die dollar) bring. “Ons is inlyn met ontwikkelende ekonomieë.” Hy noem dat die graan somerreënval-areas se totale hektare wel besig is om te daal en dat die winterreënval-areas besig is om op 300 Kt te stabiliseer. “Die landboubedryf het ‘n toenemende positiewe balans in handel bereik, terwyl ander
sektore meestal negatief is.” Hy sê verder dat beter kultivars en boerderytegnieke en -praktyke in plek gesit is om die koringproduksie te verhoog. “Die verbruik van die vernaamste produkte soos koring en rys, het toegeneem soos die bevolking groei. "Globale mielieverbruik het ook toegeneem met die toename in ethanolproduksie en die gebruik daarvan vir dierevoer.” Meyer noem daar word voorspel dat Afrika se totale bevolking tot 299 miljoen mense oor die volgende 10 jaar sal toeneem, terwyl die Bruto Binnelandse Produk se groei slegs met 1329 oor dieselfde periode sal toeneem. “Die landboubedryf se BBP word al kleiner.” Meyer se raad aan boere is, om eerder te fokus op die opbrengs eerder as op die risiko’s. "Die paneel is dit eens dat produsente in die maer jare moet bestee op dit wat nodig is, terwyl daar gedurende die goeie jare konserwatief geboer moet word.
NUUS • NEWS
2
12 September 2018
NUUS • NEWS
Megaweek op Malmesbury Skryfyster tweede in landwye kompetisie Een van Suid-Afrika se grootste landbou- en leefstyluitstallings, Agri Mega Week, sal vir die eerste keer in sy bykans dertigjarige geskiedenis naby aan Malmesbury langs die N7-snelweg by Môreson Mega Park, aangebied word. Die uitstalling wat van 12 tot 15 September duur, lok gemiddeld 15 000 besoekers jaar na jaar en met hul vasbeslotenheid om een van die grootste van sy soort in Afrika te word, is die skuif vanaf Bredasdorp nader aan Kaapstad
een van die sleutelbesluite om hierdie doel te bereik. Hoogtepunte by vanjaar se ekspo sluit konstruksie vir boerdery, grondverskuiwing en padtoerusting in, asook die nuutste masjinerie wat beskikbaar is vir die graan-, druiwe-, sitrus-, vrugte-, groente- en bessiebedrywe. Die fokus sal ook wees op presisieboerdery en die nuutste tegnologie wat beskikbaar is om klimaatsverandering en innoverende praktyke aan te spreek en om water te bespaar en te berg. ‘n Nuwe toevoeging is ‘n lewende hawe-komponent waar stoettelers kennis oor teel, genetika en die nuutste tendense kan deel en ook kan deel hê in die veeveiling wat deur die borg, GWK aangebied word. In aanvulling tot die landbougebaseerde uitstallings, is die aanbieding familievriendelik met ‘n groot verskeidenheid troeteldieruitstallings, reptielvertonings, kindervermaak, interaktiewe troetelwerf, plaas- en kunsmarkte, wynproe en kosstalletjies. ‘n Besoek aan die Agri Mega Week 2018 sal beslis ‘n belegging wees. Maak seker jy woon dit by. Vir meer inligting, besoek www.mega-events.co.za of kontak 021 863 1803.
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam is gewen deur Respek en Eiers, 'n ontbytrestaurant in Pretoria. Skryfyster, die taaldiens van Anna-Bet Stemmet in Malmesbury, was die naaswenner in hierdie nasionale kompetisie. Die eerste drie posisies in die kompetisie is ingeneem deur Respek en Eiers, Skryfyster en Bloos (die roséwyn van Hermanuspieterfontein Kelder). Ander name wat baie stemme getrek het, is Toerboer (toeroperateurs in Pretoria), Nisboere (televisieprogram), Raaksmaak (speserye- en spysenieringsonderneming in Gezina ), Gister (oudhedewinkel in Somerset-Wes), Knus Karoo Kombuis (restaurant in die Paarl), Tamatiestraat (onderneming vir spyseniering en kookklasse in Stellenbosch) en Skep (argiteksfirma in Stellenbosch). Meer as 'n duisend persone het aan die stemming deelgeneem en drie gelukkige deelnemers het in 'n prystrekking elkeen tien jaar se gratis toegang tot die Aanlyn WAT gewen. Skryfyster in Malmesbury het sy naam te danke aan 'n skryffout van die eienaar, Anna-Bet Stemmet: “Toe ek tien jaar gelede my Gmail e-posadres opgestel het, het ek 'n tikfout begaan. Wat veronderstel was om 'skryfster' te wees is toe ewe skielik 'skryfyster'. Dit het egter lekker op die oor geval en toe ek mettertyd as vryskutskrywer begin werk, het ek daarop besluit as handelsmerk”. Stemmet voel dat die naam van haar onderneming in haar guns tel in die Swartland: “Die naam maak meestal dadelik 'n indruk omdat dit so speels is. Mý Afrikaans was nog altyd 'n wulpse, kwinksinnige rabbedoe met 'n goeie skoot dwarstrekker in die mengsel - 'n kombinasie van Liz Meiring en Nataniël, maar met 'n agterstevoor keps en 'n ninja-ster in die voorskootsak. Dit is, in my opinie, die gevoel wat die naam weergee, en daardeur trek ek die tipe kliënte wat aanklank vind by my natuurlike aanslag tot skryfwerk. "Dit dien gereeld as kortpad tot wedersyds voordelige sake-geleenthede”.
Al Hermanuspietersfontein Kelder in Hermanus se wyne het Afrikaanse name. Benewens Bloos, ‘n rosé, is daar ook onder andere Kaalvoet Meisie, 'n witwyn en die volgende rooiwyne: Skoonma, Swart Skaap, Kleinboet en Posmeester. Volgens Anika de Goede, hoofbemarker van Hermanuspietersfontein, is “die meeste gaste by die kelder mal oor die name en hulle neem graag ‘n stukkie Afrikaans saam huis toe. Die nie-Afrikaanssprekendes is eintlik die gaste wat makliker verlief raak op die wynname. Met name soos Bloos, Kaalvoet Meisie en Kleinboet is dit maklik om te verstaan en nog makliker om jouself te kan inleef in hierdie familie. Ons voer ook ons wyne uit met Afrikaanse etikette, so Afrikaans is beslis nie net ‘n bemarkingsgeleentheid nie – dis met ons DNA vervleg”. Sy is oortuig daarvan dat die Afrikaanse name 'n positiewe uitwerking op hul sakebedrywighede het: “Ek is al amper ses jaar by Hermanuspietersfontein en kan nie aan een geleentheid dink wat ons ‘n kliënt of geleentheid verloor het weens ons Afrikaanse name nie”. Volgens dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur van die WAT, gaan die Afrikaanse handelsnaamkompetisie vanweë verskeie versoeke dalk 'n jaarlikse instelling word.
Duiwe vlieg vir CPM Die Malmesbury Posduifklub, in samewerking met die Christelike Privaatskool Malmesbury, se jaarlikse duiweveiling word vanjaar weer op 12 September 2018 gehou. Hierdie jaarlikse veiling en wedvlug is oorspronklik ingestel as 'n fondsinsamelingsprojek vir die Christelike Privaatskool én vir die Posduifvereniging op die dorp.Die wedvlug staan tans bekend as die Fritz & Berno Meintjes Gedenkwedvlug, nadat die twee seuns van Fritz & Mollie Meintjes wat ook lede was van die klub, tragies verongeluk het 'n paar jaar gelede. Die veiling word op Woensdag, 12 September
2018 om 19:00 in die OLOK saal by Hoërskool Swartland gehou . Die duiwe vlieg vanaf Hopetown op Saterdag 22 September 2018 terug huistoe, met gewaarborgde prysgeld van R10 000. Vanjaar word dit bygewoon deur uitgenooide gaste. Belangstellendes wat dit graag wil bywoon om die duiweklub en Privaat skool te ondersteun, kan Johan Steenkamp by 082 823 7541 of Willie Taylor by 083 526 8959 kontak. Verlede jaar se wenduif van Fritz Meintjes(Miss Molly) is deur Nikkie Lategan op die veiling vir R 1700-00 gekoop.
NUUS • NEWS
12 September 2018
Erfenis by !Kwa ttu gevier
3
Die San nooi almal uit om die Erfenisnaweek by die !Kwa ttu naby Yzerfontein teen die R27 te kom bywoon vir hope vermaak en pret vir die hele gesin. Met tradisionele danse, sang, San-taalles, kruietee-proesessies, storievertelling, spoorsnykursusse tot trekkerritte en kos vir Afrika, is dit ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Die erfenisnaweek skop om 10:00 die Saterdag af en duur voort tot 16:00 die middag en toegang is gratis. Vir meer inligting oor !Khwattu en die geleentheid, besoek hul webblad by www.khwattu. org.za.
Kragonderbreking:
Na talle gesprekvoeringe tussen die Swartland Munisipaliteit en die kragvoorsiener Eskom, is daar op 'n weeksdag ooreengekom waarop Eskom instandhoudingswerk op Malmesbury se kraglyne sal uitvoer. Dié dag is bepaal as Sondag 14 Oktober vanaf 06:00 tot 18:00, met 'n alternatiewe datum van 21 Oktober indien instandhoudingswerk nie moontlik sal wees op 14 Oktober nie. Die onderbreking van die elektrisiteitstoevoer deur Eskom word genoodsaak deur beplande instandhouding en opgradering van die Eskom Malmesbury Hoofsubstasie. Gedeeltes van die sentrale sakegebied en noordelike areas van Malmesbury wat gekoppel is aan die Eskom Klipfontein substasie soos aangetoon op die meegaande kaart, sal nie affekteer word nie. Beperkte onderbrekings tydens oorskakeling kan in sodanige areas voorkom. Klante word versoek om tydens die volle duur van die onderbreking alle elektriese toerusting as lewendig te beskou.
Die Damesoggend by vanjaar se Swartlandskou was weereens ‘n wegholsukses met Melinda Bam, voormalige mej. SA as gasspreker en Joe Black as gaskunstenaar. Van links staan Melinda Bam, Penny Louw van Malmesbury, Joe Black, Elanza De Waal, Lizl Coetzee en Ranata Cartsens van Malmesbury tydens ‘n fotogeleentheid met die glanspersoonlikhede. Foto: Chantal Eksteen
BUYING or
SELLING FURNITURE
YOU CALL, WE COLLECT WE OFFER THE BEST PRICES
Malmesbury 022 482 3788
CCFMAL10AUG18
Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.
4
NUUS • NEWS
12 September 2018
Volop vermaak vir jonk en oud by Malmesburyskou
Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Malmesbury skud sy vere reg vir hul jaarlikse landbouskou met topvermaak, stalletjies, perdeklasse en tot ‘n boerboel-hondeskou. Die plaaslike landbougronde van dié dorp gaan binnekort weer wemel met besoekers vir vanjaar se geleentheid wat vanaf 19 tot 22 September plaasvind. Skougangers kan uitsien na onder meer ‘n paar veranderinge én toevoegings wat die geleentheid ‘n hoogtepunt op elkeen se kalender sal maak. Die geleentheid wat jaarliks op sy geskuif word vir die skoner geslag het in die verlede in die oggend plaasgevind in die vorm van ‘n Damesoggend. Vanjaar is daar ‘n kinkel in die kabel en organiseerders is baie opgewonde om die Champers Comedy & Caviar Damesaand op 19 September aan te bied met Newton en komediant Schalk Bezuidenhout. Die mans word ook vanjaar bederf met ‘n
buffet ontbyt met sprekers en die Black Swan Bellydansers op 20 September. Die skou se perdeafdeling het oor die afgelope paar jaar geweldig gegroei en gaan steeds van krag tot krag. Moet nie die perdeklasse misloop wat onder meer swart perde en die Suid-Afrikaanse Ryperde insluit nie. Die suksesvolle streekskampioenskappe onder die jeug vind ook vanjaar weer plaas. As jy wil sien hoe daar avuit ‘n vliegtuig uitgespring word, moet skougangers nie die geleentheid misloop wanneer Mother City Skydivers hul lugvertoning uitvoer nie. Skougangers kan verder uitsien na die plaaslike boerboel-hondeskou wat ‘n eerste sal wees vir die geleentheid. Ouers kan gerus wees dat daar vermaak vir groot én klein sal wees. Kinders kan uitsien na die kindertent met hope pre twat ‘n springkansteel, gesigverf, po-
nieritte en vele meer inlsuit. Daar is tot apparate waarop die peuters kan klouter. Patat-se-gat gaan deur die loop van die skou sorg vir heerlike vermaak met plaaslike kunstenaars soos Wynand Windpomp, Plan B en Viljoen Retief. Die Moed-Skep Burgeraand vind reeds die 20ste September plaas. Desmond Wells en die orkes, DJ Kaalkop gee ook genoeg oortuiging om die Steakete en dans op 21 September in die landbousaal by te woon. Smullekker etes en kosstalletjies sal op hul pos wees, gereed om skougangers te bedien vir daardie honger kol op die maag. Danksy Agri Konstruksies, is die kombuis aansienlik vergroot en uitgebrei wat ‘n groot bonus vir die plaaslike skou is. Fantastiese kunsstalletjies en groot uitstallings kan ook gedurende die dag besigtig word. Moet dit nie misloop nie.
Amarok
2.0BITDI 132KW 4Motion
Save R80 000 Subject to finance with VWFS.
Rola Volkwagen Malmesbury
127 Voortrekkerstraat, Malmesbury, 7300. Tel: 022 482 1474 www.rolavwmalmesbury.co.za
New Polo 1.0 Trendline Now only
R2 999pm*
Balloon 30% Period 72 Months Deposit 10% Subject to finance with VWFS.
NUUS • NEWS
12 September 2018
5
6
12 September 2018
NUUS • NEWS
Loslitdag: Op Malmesbury het sakelui en diensorganisasies saamgespan en Loslitdag gevier. Bo is die personeel van Mercedes-Benz Malmesbury, uitgetof in hul beste kostuums. Onder: Die personeel en leerders van Jo Dolphin op Malmesbury het ook aan vanjaar se Loslitdag deelgeneem.
NUUS • NEWS
7
12 September 2018
MRB se Swartland Skou lewer talle wenners op
Links: Die Nasionale SA Vlaam Grootkampioen Waspan van Agt wat jaarliks een van die groot hoogtepunte op die skou is, is vanjaar gewen deur die span van Jurie Uys.
Bo: Die SA Vlaam Nasionale Kampioenskap Damessiertuig-klas is deur Sarike Burger gewen in die afwesigheid van haar ma Annelie wat 'n mediese terugslag gehad het en die skou net as toeskouer kon bywoon. Annelie, wat tans herstel, het die klas in die verlede gereeld gewen. Links: Kailyn Vermeulen (8) van Malmesbury het op Juna van die DesuhantĂŠ-stalle in die SA Vlaam Stap/Draf-klas vir ruiters 12 jaar en onder haar slag gewys.
8
12 September 2018
NUUS • NEWS
MRB se Swartland Skou lewer talle wenners op
Rola Volkswagen Malmesbury het weer 'n interessante stalletjie by die skou gehad. SupaQuick Moorreesburg het hul dienste en produkte uitgestal.
Yara het oudergewoonte weer talle na hul stalletjie gelok.
NUUS • NEWS
12 September 2018
Heel bo links: Overberg Agri se span het 'n uithalerstalletjie saamgestel. Middel bo: Nissan het hul voertuie ten toon gestel. Links: Weskus Meganisasie het hul implemente en meer aan die publiek gedemonstreer. Bo: Roto Tank het ook hul produkte uitgestal.
9
10
12 September 2018
NUUS • NEWS
Landbouwerkers vir toewyding vereer met toekennings Links: Die Swartland streek se 11 kategoriewenners en presteerders van die jaarlikse Prestige Landboutoekennings in die Wes-Kaap is die afgelope Vrydag by Goedgedacht op die Riebeeksrivoerpad aangewys. Onder: Isak Bartman van Kloovenburg op Riebeek-Kasteel is as die landbouwerker van die jaar in die Swartland se Prestige Landboutoekennings aangewys, asook die beste voorman van die jaar vir die streek. Sy werkgewer en eienaar van Kloovenburg Wyn -en Olyf Landgoed (links onder) wens Bartman geluk kort ná die prysuitdeling.
Kategoriewenners: Van links staan Sergio Lameyer (Welbeloon) wat uitgeblink het in die eerste plek onder die kategorie administratiewe personeel. Frederico Leaton Galawe (Franki’s Vinyard) is die wenner onder algemene werker, Isak Bartman (Kloovenburg) is as landbouwerker van die jaar in die Swartland én die beste voorman in die streek aangewys en Fabian Xsavail Cloete (Wynkeldershoek) is as die tegniese operateur van die jaar bekroon. Die streekswenner onder besproeiingspesialis is Dawid du Toit (Wynkeldershoek) en Thembile Griffths Ntloko (Riebeek Kelder) is as die beste junior bestuurder aangewys met Hendrik Johannes Swarts (Welbeloon) as die trekkerdrywer van die jaar voor.
Kloovenburg Wyn -en Olyflandgoed op Riebeek-Kasteel staan vandeesweek breëbors nádat een van hul personeel, Isak Bartman as die landbouwerker van die jaar in die Swartland aangewys is. Die eer is die afgelope Vrydag aan Bartman gegee tydens die prysuitdelingseremonie van die plaaslike been van die Wes-Kaapse Prestige Landboutoekennings vir 2018. Die geleentheid het by die Goedgedacht-funksielokaal op die Riebeeksrivierpad plaasgevind. Die Prestige Landboutoekennings word jaarliks deur die Wes-Kaapse departement van landbou in vennootskap met Shoprite aangebied, en poog om op ‘n ophouende wyse erkenning te gee aan die waardevolle bydrae wat landbouwerkers lewer tot die volhoubare groei van die Suid-Afrikaanse landbousektor. Wat in 2002 begin het as ‘n plaaslike kompetisie met 36 inskrywings in die Hexvallei, het intussen gegroei tot ‘n nasionale aangeleentheid met 1200 plu inskrywings uit 15 afsonderlike streke. Landbouwerkers word benoem in een van elf kategorieë deur ‘n werkgewer, bestuurspan, plaaskomitee of mede-werknemers, waarna die inskrywings dan volgens meriete geëvalueer
word deur ‘n paneel van landboukenners en onderhoude gevoer word met die deelnemers om hul kennis in hul spesialisgebied te toets. Welbeloon is as die beste presterende plaas in die Swartland aangewys. Die Swartland-streekswenners wat hierdie jaar erkenning ontvang het onder algemene werker is Frederico Leaton Galawe (Franki’s Vineyards) met Koos Esau (Chalala Farms) as naaswenner en Fernando Poedel (Welbeloon) in derde plek. Hendrik Johannes Swarts (Welbeloon) is as die trekkerdrywer van die jaar aangekondig met Deon Lukas (Kloovenburg) in tweede plek en Sammy Nero (Majuba) in derde plek. Die streekswenner onder besproeiingspesialis is Dawid du Toit (Wynkeldershoek) met Willem Johnson (Kloovenburg) as naaswenner en Gerrit April (Waterbron) in derde plek. Die tegniese operateur van die jaar is Fabian Xsavail Cloete (Wynkeldershoek) met Jacobus Lewies (Panorama) in tweede plek en Benjamin Brendon Geduld (Welbeloon) in derde plek. Sergio Lameyer (Welbeloon) het uitgeblink in eerste plek onder die kategorie, administratiewe personeel met Natasha Nadia du Toit (Franki’s Vineyards) in tweede plek en Andries Michiel de Kock (Riebeek Kelder) in derde plek. Isak Bartman (Kloovenburg) is as die beste voorman in die streek aangewys met Sinethemba Msitho (Riebeek Kelder) as naaswenner en Jonathan Philander (Chalala Farms) as tweede naaswenner. Thembile Griffths Ntloko (Riebeek Kelder) is as die beste junior bestuurder aangewys met Yvonne Mentoor (Welbeloon) in tweede plek en Jan Heynse (Kloovenburg) in derde plek. Hendrik Swarts (Welbeloon) het as die werker met die beste potensiaal uitgewys. Die Swartland-streek se kategoriewenners en beste potensiaal wenner ding dan verder mee teen ander Wes-Kaapse streekswenners, waarna die Prestige Landboutoekennings se oorhoofse provisiale wenners op 3 November vanjaar by ‘n gala-geleentheid aangekondig sal word.
NUUS • NEWS GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749
jou baie -------------------------------------
#4604
------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATION
JORDON BOOYSEN. Vier op 16 September. Baie geluk met jou verjaardag. Geseënde dag. Liefde – Mamma, Pappa, Ouma en Oupa ----Jordan, antie Anna en gesin is baie, baie lief vir jou. Word gou gesond. Liefde – Anna -------------------------------------
KATTY (Bossie). Baie geluk met die 80ste verjaarsdag op 13 September. God se rykste seën. Lief vir Ma. Van: Rita, man, kinders en kleinkinders -------------------------------------
ELTINO SEPTEMBER. Geluk met jou mondigwording op 14 September. Mag jou nuwe lewensjaar net seëninge, vreugde en liefde wees – Ma, Atta, Pa, broers, suster, Jo-Anne en Nanna -------------------------------------
14 September. Geluk met jou verjaardag KAYLENE. Jy moet lekker verjaar. Van: Benoline -------------------------------------
17 September. Geluk met jou 27ste verjaardag ROBYN BOOYSEN. Baie liefde – Jou liefie (boyfriend), Justin en Pedro -------------------------------------
NETTÉ. Baie geluk met jou agste verjaarsdag op 15 September. Baie lief vir jou. Van: jou Ma en Pa ------------------------------------BEVERLEY WILLEMSE. 16 September. Baie geluk met jou verjaardag, met baie liefde – Tannie ------------------------------------JENOWIN NEL. Baie geluk met jou verjaarsdag op 15 September. Mag jy ‘n geseënde dag hê en alles wat mooi is – Shella en kinders ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
LORRAINE CUPIDO. 17 September. Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Mis jou verskriklik Nanna jou suster Pauline, Marico, Marche en Shemos ----Your first birthday in heaven. Not a day goes by without n tear, our hearts still ache. Will never forget you - your mother Atta, father Stephen, Brother Henry ---Nanna ek mis jou baie. Liefde-Steph-line, Deonise en Tiaan ----Nanna se eerste verjaarsdag weg van ons. Sal graag vir Nanna n drukkie wil gegee het. - Verlangende Marico, Cleonay -------------------------------------
11
5 September 12 September2018 2018 67 geword het, maar jy is op 'n beter plek en ons gun jou die rus tot ons weer ontmoet. Van: Tanya en gesin ---Ons mis jou baie, maar berus ons daarin dat jy op ‘n beter plek is. Van jou dogters - Adrie, Francis, Anita en kleinkinders -------------------------------------
SUSSAN. 14 September. Mamma jou eerste verjaarsdag weg van ons. Die verlange is nog steeds groot. Lief vir jou van Sergio en Prins familie -------------------------------------
BODINE HARLAND. 13 September. Jou 37ste verjaardag met die engele. Mis jou verskriklik - Mammie, Daddy, broer en susters ------------------------------------STERFGEVAL OBITUARY
DELPHINE ROOMS 24/02/1938 - 08/09/2018. Begrafnisdiens: Saterdag 15 September 2018. Besigtiging vanaf 09:30 te Watsonialaan 30 en die diens om 11:00 by die Nuwe Apostoliese Kerk, Dennelaan, Malmesbury -------------------------------------
Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.
Sportkoördineerder Malmesbury Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V14/18
B aie geluk ouboeta PETER-JOHN MENTOOR met jou kroon verjaarsdag op 12 September. Nou raak jy darem groot, al haan onder die ses henne. Lief vir jou - Atta, Ousus, Tiettie, Nanna, Tiettie Felic en Tiffany. -------------------------------------
LODEWYK ADAMS. 14 September is jy een jaar van ons geskei. Rus in vrede, mis jou elke dag. Ons harte nog baie seer. Van jou vrou, kinders en kleinkinders -------------------------------------
• Salarisskaal: R247 032 – R320 676 p.j. (T11)
Opsigter (Sportgronde) Chatsworth Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V15/18 • Salarisskaal: R146 676 – R190 332 p.j. (T7)
13 September. Geluk LAUREN-LEE met jou 21ste verjaarsdag. Lief vir jou - Mommy, Daddy, Ricky & Jo-Drew -------------------------------------
JOHN WILLIAM FELIX. 10 September 1951. Pa sou
Intern: Finansiële Bestuur Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V16/18 • Salarisskaal: R9 000 - R12 000 per maand (allesinsluitend)
Sluitingsdatum: 21 September 2018 12 September. Geluk JUSTIN met jou 35ste verjaardag. Hoop jy geniet jou dag. Van: Robyn, Justin, Pedro en tannie Trina. Lief
om 12:00
Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za
20x2 PROOF 3
134740
12
courant 12 September 2018
SPORT
dié
Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
12 September 2018
Sportuitslae Sports results
MALMESBURY GHOLFKLUB Saterdag, 8 September: Vierbal Stableford Samespel : Eben Lingeveld snr, Joniel Coetzee, Peter Willemse, Riaan Lewis 122; Lindsay Meyer, William Matthysen, Ernest Matthysen, Gerhard Spangenberg 118; Dick Ross, John Smith, Billy Howburg, Eben Petersen 115; Josef de Beer, Natie Smith, Fritz de Beer, Ulrich Greffrath 110
Knortjorre:
Eudrich Huysamen van Laerskool Swartland in Malmesbury het Saterdag vir die eerste keer by sy nuwe klub, Zone 7 Dirt Go-Karting Club, in die 270cc klas deelgeneem. Eudrich het ook vir die eerste keer in 'n nuwe klas met 'n groter kar deelgeneem as die vorige seisoen.
Dashton Wellman laat Darling sink Wesbank was Saterdag gekroon as Swartland se streekskampioene nádat hulle 'n begeesterde Darling op Malmesbury geklop het voor 'n propvol skare. Die wedstryd was in twee helftes gespeel met die eerste helfte wat aan Darling behoort het. Darling het met sterk kraglopies deur hulle voorspelers ruimte geskep vir hul talentvolle agterspelers met Earl Lewis aan die spits. Darling het dus die voortou geneem en met die telling op 'n stadium 18-6 in die guns van Darling, was die braaivleis al gereed gemaak vir die vreugde vure op die dorp. Harde woorde deur Wesbank se afrigters gedurende halftyd het egter nuwe vuur in Wesbank geblaas. Wesbank se voorspelers het uitgestaan met hul inklimspel en het Darling telkemale getreiter met hul pletttervatte. Darling was in die tweede helfte onder geweldige druk wat tot foute op die veld gelei he. Die klein dinamiet skrumhalf Bevan Abrahams het hierdie foute uitgebuit en twee prag individuele drieë gaan druk wat die wedstryd geswaai het in Wesbank se guns. Met Wesbank se plaasvervangerbank wat 'n groot impak gemaak het, het Sir Dashton Wellman Darling verder sielkundig geknak met twee briljante skepdoele. Vraagtekens word geplaas op Darling se reserwebank wat geen impak gemaak het nie en Darling sal nou sy laaste wedstryd moet wen teen Piketberg om te verseker hy vorm deel van die Top-12 Boland grootuitdaagreeks. Wesbank was welverdiend gekroon as streekskampioene
en het ook sy tuisskare beloon met met 'n opwindende laaste ligawedstryd. Darling speel Saterdag gasheer vir Piketberg. Darling sal egter geen probleem hê om die sukkelende Rhinos te klop en sodeonde sy plek te bespreek in die uitspele nie. Met Abbotsdale wat egter in sy nek blaas sal die melkboere moet koelklop bly aangesien hulle reeds 'n paar keer dié seisoen teen alle verwagtinge vasgeval het. Darling is egter baie bestendig op sy tuisveld en behoort gemaklik met Piketberg af te reken. Darling bonus met meer as vyftien punte. Abbotsdale speel Saterdag tuis teen Moorreesburg wie tans kookwater rugby speel op sy tuisveld, maar wisselvallig vertoon op die pad. Abbotsdale het nog 'n skrale kans om die uitspele te haal mits Darling vasval teen Piketberg. Abbotsdale sal dus wil verseker hy speel sy beste wedstryd nóg hierdie seisoen. Moorreesburg reis op sy beurt na Abbotsdale met geen gunsies op die kaarte en ook die tuis nederlaag teen Abbotsdale in die eerste rondte, in sy agterkop. Moorreesburg het Saterdag kookwater rugby opgedis teen Coronations wat so deurmekaar gespeel was dat hulle na die wedstryd nie seker was of dit 'n krieketwedstryd of 'n rugbywedstryd was nie. Moorreesburg het sy tuiskarre se volgehoue ondersteuning beloon met opwindende hardlooprugby deur sy talentvolle agterspelers en sodoende ook die grootste wentelling nóg die seisoen in die streek opgestel. Met die ge-
neraal Jaydon Markus en die sterk senter Arno Fortuin weer op hul beste kon Coronations nie teenstand bied nie. Dit het vir 'n drieëfees op die Gene Louw Stadium gesorg. Jaydon Markus gaan nog diep spore trap in Bolandrugby met sy taktiese vernuf en besluitneming. Moorreesburg behoort Saterdag die seisoen goed af te sluit deur Abbotsdale se se skrale kans finaal te eindig in 'n naelbytstryd wat Moorreesburg gaan wen met minder as sewe punte. Good Hopes van Riebeek-Wes het Saterdag 'n wisselvallige Never Despair geklop in 'n opwindende wedstryd. Good Hopes het die wedstryd baie vinnig begin en het twee drieë vroeg in die wedstryd gaan druk. Never Despair het hard terug geveg, maar Good Hopes se verdediging het sterk gestaan. Voorlangs was Good Hopes se Fernando Poedel 'n groot kopseer vir hul teenstanders en die talentvolle Julian Claasen het weer uitmuntend vertoon agterlangs. Good Hopes het hul laaste tuiswedstryd gewen en reis Saterdag na Coronations vir wie die skrif reeds aan die muur is. Coronations sal tog die Groot uitdaagbeker op 'n hoë noot waarwel wil roep. Good Hopes behoort egter verdere sout in die wonde van Coronations te vryf deur hulle te klop met minder as tien punte. In die ander wedstryd speel Never Despair tuis teen Porterville en behoort gemaklik af te reken met die besoekers met 'n oorwinning van meer as tien punte. Abri Adonis
MALMESBURY TENNIS Gemengde Dubbel wedstryde Suid Boland Tennis Unie Malmesbury A teen Maties ( Maties gee wedstryd prys) Malmesbury B wen Brackenfell 5 wedstryde teen 1 Dmitri Marais & Jani Steyn k Stoffel Marais & Moira van Wyk 6/0;6/2; Divan Robertson & Antonette Snyman k Tiaan Le Roux Tina Brink 6/0;6/3; Braam Isaacs & Dirk Lategan k Marius Ehlers & Leon Massyn 6/3;6/4; Braam Isaacs & Dirk Lategan v Stoffel Marais & Tiaan Le Roux 6/1; 3/1 (prysgegee); Dmitri Marais & Divan Robertson k Marius Ehlers & Leon Massyn 6/0;6/3; Jani Steyn & Antonette Snyman k Moira van Wyk & Tina Brink 4/6;6/3;10/5 Malmesbury C verloor teen Hermanus A 6 wedstryde teen 0 Pierre Steyn & Hanneke Schreuder v S. Hanson & M Rodlinghuis 2/6;1/6; Johan Burger & Jessie Liebenberg v F. Barnard & I. Faurel 0/6;1/6; Alec Viljoen & Irwan Turner v C. de Klerk & L. de Klork 1/6;5/7; Alec Viljoen & Irwan Turner v S.Hanson & F.Barnard 4/6;3/6; Pierre Steyn & Johan Burger v C de Klerk & L de Klork 1/6;0/6; Hanneke Schreuder & Jessie Liebenberg v M Rodlinghuis & I Faurel 1/6;4/6 MALMESBURY DUIWE Beaufort Wes 3 JO 1 LF van Dalen 1063.0337; 2 Hayman & Edas 1049.7596; 3 Bordeaux A 1041.6728; 4 Kotze Familie Hokke 1039.2780; 5 Kotze Familie Hokke 1039.2309; 6 Paulus Fam 1036.4414; 7 Bordeaux B 1035.1359; 8 G Horn 1033.5377; 9 G Williams 1025.2153; 10 Paulus Fam 1023.5434; 11 G Horn 1017.7967; 12 G Horn 1011.5980; 13 Bordeaux A 1011.4742; 14 Hayman & Edas 1009.7577; 15 Bordeaux A 1009.4214; 16 Hayman & Edas 1007.9372; 17 LF van Dalen 1006.9641; 18 D De Villiers 1006.9039; 19 Hayman & Edas 1005.8584; 20 Hayman & Edas 1000.0218; Beaufort Wes 3 Ope 1 Bordeaux A 1060.3847; 2 Bordeaux A 1060.2885; 3 Hayman & Edas 1058.4365; 4 Paulus Fam 1046.0833; 5 Bordeaux A 1045.1659; 6 Bordeaux A 1045.0724; 7 G Williams 1036.7111; 8 Bordeaux B 1035.1826; 9 Bruyns Loft 1028.1165; 10 Bordeaux B 1026.3436; 11 Marais Hokke (Ksd) 1024.2050; 12 Bordeaux B 1024.1003; 13 LF van Dalen 1023.9771; 14 Bordeaux B 1023.6893; 15 Marais Hokke (Ksd) 1021.3327; 16 G Horn 1020.9701; 17 J Steenkamp 1019.1172; 18 Hayman & Edas 1018.2808; 19 Bordeaux B 1017.7445; 20 Hayman & Edas 1012.1208; MOORREESBURG DUIWE - Beaufort Wes JO3 1 Singleton Hokke 16:19:21, 2 Boetie & Baron Hokke 16:48:12, 3 Henna & Melt Smit 16:25:04, 4 Henna & Melt Smit 16:25:38, 5 Frans Jooste 16:27:37, 6 Frikkie Bester 16:29:19, 7 Henna & Melt Smit 16:36:28, 8 Henna & Melt Smit 16:42:45, 9 Frans Jooste 16:43:02, 10 Frikkie Bester 16:45:28, 11 Singleton Hokke 16:46:44 , 12 Henna & Melt Smit 16:47:28, 13 Singleton Hokke 16:48:37, 14 Henna & Melt Smit 16:49:41, 15 Boetie & Baron Hokke 17:20:56 Beaufort Wes Ope 3 1 Frans Jooste 16:22:51, 2 Henna & Melt Smit 16:24:21 3 Frikkie Bester 16:24:57, 4 Henna & Melt Smit 16:27:33, 5 Frikkie Bester 16:29:33, 6 Frans Jooste 16:29:34, 7 Henna & Melt Smit 16:31:12, 8 Saunders Familie 16:31:39 9 Singleton Hokke 16:32:23, 10 Henna & Melt Smit 16:33:18, 11 Frikkie Bester 16:33:54, 12 Saunders Familie 16:39:58, 13 Frikkie Bester 16:40:44 14, Yt & Tuis 16:41:34 15 Singleton Hokke Wbu 17 1290 Wit C 16:43:42 -3 00:20:16 977.1686 DARLING DUIWE - Strydenburg 1 Willemburg Family B 17:47:06, 2 Willemburg Family B 18:23:15, 3 Mervin Isaacs Family 18:31:21, 4 Willemburg Family B 07:04:45, 5 Mervin Isaacs Family 07:07:45, 6 Mervin Isaacs Family 08:06:36, 7 Baron & Sons=08:32:08 8 Mervin Isaacs Family 08:43:01, 9 Mervin Isaacs Family 08:44:27, 10 Willemburg Family B 09:02:19, 11 Willemburg Family B 09:58:52, 12 Baron & Sons 10:02:53, 13 Willemburg Family B 10:33:51, 14 Mervin Isaacs Family 10:52:53, 15 Mervin Isaacs Family 10:52:53 Winburg 1.Willemburg family A 15:51:13(Sondag Clock)