courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
5 September 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 484
5 September 2018
Kameelperd se kind:
'n Nuwe aankomeling wat alreeds 1,8 meter in sy sokkies (hoewe) staan? O ja, dit is hoe hoog die baba-kameelperd, wat byna drie weke gelede by Thali Thali Game Lodge gebore is, bokant die aarde uittroon, natuurlik steeds drie tot vier meter korter as ma en pa! Ongelukkig kon die geslag nog nie bepaal word nie, want hy/sy laat niemand na genoeg toe om te kyk nie! Foto: Brandon Brand
•LANDELIKE SPELE FOKUS OP JEUG VAN WESKUS
Talente ontwikkel Die Landelike Spele, aangebied deur die plaaslike departement van Sport en Kultuur, het onlangs in die Weskus plaasgevind waar talent op grondvlak aandag geniet het. Volgens Charles Nieuwoudt van die departement se distrikskantoor aan die Weskus, is dié sportdag ‘n geleentheid om talent onder die jeug op die platteland raak te sien. Die Landelike Spele bestaan hoofsaaklik uit
Beste foto aangewys
rugby, sport, netbal en landloop vir leerlinge o.16, o.15 en o.13. “Danksy die feit dat die Wes-Kaap reeds plaaswerkerkomitees in plek het, was dit moontlik om die geleentheid aan te bied.” Die geleentheid waartydens deelnemers erkenning tydens ‘n toekenningsgeleentheid ontvang, is ‘n inisiatief van die minister van sport en kultuur wat die jeug op plase en die platte-
Velddrif vereer krieketspelers vir toewyding
land die geleentheid wil gee om hul versteekte talente na vore te bring. Onder-burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit het ook die geleentheid bygewoon. Die uitblinkers tydens die distrikskampioenskappe sal binnekort deelneem aan die provinsiale landelike spele wat gedurende Oktober in die Paarl plaasvind. -Charlotte Lesch
Padda wou gaan opsit met konsert
NUUS • NEWS
2
AS
SURED
5 September 2018
Q U A LIT Y
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
3
5 September 2018
Fotografie:
Tydens die Weskus Fotografieklub se maandvergadering verlede week het lede van die klub weer gewys wat in hulle steek. In die ope afdeling het Michael Germishuys, 'n 5-ster fotograaf wat al etlike salon-toekennings verwerf het, met sy “Window Cleaners” die eerste plek behaal. Die spesifieke-onderwerp-afdeling is gewen deur Phillip Contadie met “Bathtime”. Phillip is 'n 2-ster fotograaf wat 'n paar maande gelede by die klub aangesluit het.
Huis Nerina, ‘n tehuis vir bejaardes op Porterville het die afgelope naweek ‘n opedag in samewerking met inwoners van die dorp aangebied. Alle tuisgebakte en plaaslike produkte is tydens die opedag uitgestal en te koop aangebied. Foto: Lizelle Wentzel
4
5 September 2018
NUUS • NEWS
Velddrif vereer kranige krieketspelers vir sportmangees
Bo: Die president van die Boland Krieket-unie, Angelo Carolissen, links, oorhandig die prys aan Luke Blaauw. Regs staan die voorsitter van die klub, Yves Blaauw. Regs bo: Velddrif Krieketklub se bestuurslede saam met die president van die Boland Krieket-unie is van links Yves Blaauw, Angelo Engelbrecht, Theo Ontong, Angelo Carolissen, Enslin Benham, Melvin de Bruyn, Danie Frieslaar en Whaleed Theron. Regs: Dawin Schippers en Theo Ontong, Sportman van die Jaar en Speler van die seisoen. Tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie van die Velddrif-krieketklub is verskeie spelers vir hulle harde werk beloon. Die funksie het verlede naweek plaasgevind in die saal van Hoërskool Velddrif en is ook byge-
woon deur die president van die Boland Krieket-unie, Angelo Carolissen. Die klub bestaan uit junior en senior spelers wat aan die Weskus 1ste liga deelneem. Die klub het verlede jaar die tweede plek beklee.
Die 15-jarige Luke Blaauw is as Jongspeler van die Jaar aangewys. Die Speler van die Seisoen is Theo Ontong en die Sportman van die Jaar is Dawin Schippers.
Duiwe vlieg vanaf Strydenburg vir wedvluguitdaag Saterdag, 1 September om 07h30 en 08h00 onderskeidelik is die jongduiwe en ope-afdeling duiwe van die Weskus Duiwe-Unie te Strydenburg losgelaat. Die duiwe het hoofsaaklik in mooi weer gevlieg, alhoewel dit bietjie bewolk was bokant Beaufort-Wes. Daar was geen wind nie.
Uitslae Velddrif: Die jongduiwe (150 deelnemers) se wenner is Dennis & Linda Robinson in ‘n wentyd van 15:56:43. Die egpaar beklee ook die 3de plek. Die res van die uitslae is as volg: Nico Wiid 2de, 6de en 8ste; Keith & Anna de Vos 4de; Andre Clarke 5de
en 7de; Manie Lira 9de en Jannie Burger 10de. Die ope afdeling (149 deelnemers) is gewen deur Jannie Burger in `n wentyd van 16:22:58. Die res van die uitslae is soos volg: Manie Lira 2de en 7de; Andre Clarke Jnr 3de; Casper van Rensburg 4de; Nico Wiid 5de, 9de en 10de; Johannes Basson 6de en Keith & Anna de Vos 8ste.
Die Weskus Duiwe-unie val onder die Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) en sluit die volgende dorpe in: Piketberg, Velddrif, Vredenburg en Saldanha. Die voorsitter is Jannie Burger. Vir enige besonderhede kan hy gekontak word by 073 190 4838.
NUUS • NEWS
5 September 2018
Holstein-kampioenskappe Padda wou gaan opsit hierdie jaar by Plaasproe Die Groot Plaasproe wat hierdie jaar van 11 to 13 Oktober by Sandringham plaasvind, sal nie net ‘n lushof vir liefhebbers van die plaaslewe, tradisionele lekkernye en plaaslike produkte wees nie. Die gesogte SA Holstein Nasionale Kampioenskappe sal ook tydens hierdie geleentheid plaasvind. Dit is die 20ste keer dat die kampioenskappe aangebied word, maar slegs vir die derde keer in die Wes-Kaap in die 106-jarige bestaan van die genootskap. Die eerste kampioenskappe is in 1949 by die Randse Skou in Johannesburg gehou. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, is die vyfde en sewende kampioenskappe in 1970 en 1981 by die Kaapse Skou in Goodwood, ook deur Agri-Expo, aangebied. “Dit is dus baie gepas dat Agri-Expo Livestock as die grootste suiwelskou in Suid-Afrika, wat vanjaar vir die vyfde keer aangebied word, die kampioenskappe huisves,” sê Ehlers. “Hulde sal ook gebring word aan Holstein-rolspelers wat diep spore getrap het tydens ‘n spesiale Aand van die Legendes.” Volgens Herman Duvenage, rasdirekteur van SA Holstein, sal besoekers aan die Groot Plaasproe diere van uitstekende gehalte van regoor Suid-Afrika in die ring kan sien. “Livestock word beskou as ‘n uitstekende platform vir telers om hul beste diere ten toon te stel aan beide die publiek én voornemende kopers,” sê Duvenage. “Ons nasionale skou is altyd ‘n hoogtepunt vir enigeen wat die belange van dié ras op die hart dra.” SA Holstein se Algemene Jaarvergadering vind op Woensdag 10 Oktober plaas, gevolg deur die Nasionale Kampioenskappe van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober. Livestock is veral gesog vir sy suiwel-interrasskou wat deur die grootste drie suiwelrasse, die Holstein-, Ayrs-
hire- en Jersey-telersgenootskappe, ondersteun word. Die kroning van die FNB-Suiwelkoningin op Saterdag 13 Oktober is die hoogste eer wat aan ‘n teler toegeken word. ‘n Holstein-koei, Milagro Sexie 13140 van Andrew Masterson, bekende teler van die Oos-Kaap, het verlede jaar dié kroon gedra. ‘n Hoogtepunt by vanjaar se suiwelskou is die deelname van die internasionale Holstein-beoordelaar, Brian Carscadden van Kanada. Carscadden het al in meer as 28 lande beoordeel, waaronder by nasionale skoue in 18 lande. Die Groot Plaasproe is van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober daagliks van 08:00 tot 18:00 oop vir die publiek. Die program sluit vleisbees-interraskampioenskappe, ‘n streeksjeugskou, veilings, ‘n gratis skoleprogram, vleisbees- en melkbokinligtingsdae en Die Groot Plaasproe-kosstalletjies in. Besoek www.livestock.org.za vir die volledige Livestock-program. Kaartjies is by Computicket en die hek beskikbaar.
Leserskompetisie!
Gelukkige lesers kan gratis kaartjies na die Groot Plaasproe wen. Al wat jy moet doen, is om jou naam, van en kontaknommer na admin@agriexpo.co.za te e-pos met “Die Courant: Wellington, Die Groot Plaasproe Leserskompetisie” in die onderwerpreël.
Wanneer laas het die klanke en woorde van “Die Padda Wou Gaan Opsit” jou laat lag en saamsing van pure lekkerkry? En wie onthou vir Al Debbo met sy liedjie “Wie is bang vir die Spook?” Of Oom Kallie wat gereed maak vir sy troue met Nig Mietjie in “Wat Maak Oom Kallie daar?” Hierdie naweek is 'n aantal St Helenabaaiers trakteer op hierdie en `n aantal ander sang-, dans- en voordrag-items tydens die jaarlikse Agterbaai-konsert wat aangebied is in die NG
Kerk-saal. Fondse wat die aand ingesamel is is ten bate van die kerk. Die konsert is gereël en aangebied deur Emma Kriel en die kunstenaars is plaaslike inwoners van enige ouderdom wat hulleself beskikbaar stel om van die aand `n sukses te maak. Konsertgangers is onder meer trakteer op die sang van St Helenabaai se eie Pavarotti en die manewales van Tannie Aprilja. Dit was voorwaar `n aand van lekker lag en ontspan.
Spend and win with mall
Shoppers are invited to enter the Weskus Mall Spend & Win competition now. Spend a R100 at any participating Weskus Mall restaurants to stand a chance to win restau-
5
rant vouchers to the value of R200 each month. For more information visit the Weskus Mall facebook page, website or contact the marketing team on (022) 703 6900.
6
5 September 2018
NUUS • NEWS
Dagboek • Diary • Dagboek • Diary • Dagboek
Geleenthede
Thursday 30 August: Art exhibition Pumpkin House, Langebaan, 18h00-20h00. Art of Louise Halliday on display. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag 31 Augustus: Huis Wittekruin Miniverkope, vanaf 10h00. Boereworsrolle, hamburgers, vetkoeke, vis- en lewerkoekiies. Bestellings noodsaaklik, Ronel (022) 713 1532. Art Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Louise Halliday. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com.Hulde aan Neil Diamond met Johan Liebenberg, Die Seekat Restautant Paternoster, 082 445 5540. Emma se Konsert, NG Kerksaal St Helenabaai, waartydens die gewilde Tannie Aprilja weer sal optree, eetgoed te koop tydens pouse, 19h00, toegang R50 volwassenes, R20 kinders o/12, navrae kerkkantoor (022) 736 1353, ngksth@ gmail.com. Full day art workshop with Louise Halliday with oils and palette knife at Pumpkin House, Langebaan, 10h00-16h00, bookings essential, Hanli 082 853 8187. Saterdag 1 September: Basaar NG Kerk Saldanha, Weskusskool, 10h00. Alles wat jy by `n basaar verwag! Photography Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Ron Moller. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Karaoke-aand 20h00 in Steenberg`s Cove, St Helenabaai se saal. Toegang R40. Fondsinsamelingsgeleentheid vir die skool. Saterdag 8 September: Basaar NG Kerk Velddrif op die kerkterrein, ontbyt vanaf 09h00, stalletjies vanaf 09h30. Melkkos, kontreikos, poeding, kindertafel en veiling is op die spyskaart. Navrae Tenique by kerkkantoor (022) 783 0005. Son & Kuier is hosting the Suidooster team at Weskus Mall in the Food Court from 11h00. Meet your favourite Suidooster actor. Information at (022) 703 6900. Art Workshop Pumpkin House, Langebaan. With Christopher Reid - Plain Air Painting. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@ gmail.com. Donderdag 13 September: Aan Oewer Diens-
sentrum, VLV-tee, NG Kerksaal Velddrif, (022) 783 0048. Friday 14 September: Mike McCully & the Harmonix pay tribute to Abba, Barn Owl On The Bay, St Helena Bay, a one-night only phenominal show, 20h00, R175 pp, bookings 062 996 5406, info@barnowl.org.za, www.barnowl.org.za. Vrydag-Sondag 14-16 September: Darling Veldblomme-skou, Darling Gholf Klub, 09h0017h00 Vrydag en Saterdag, 09h00-15h00 Sondag, toegang volwassenes R60, kinders 2-18 jaar R40, babas gratis, pensioenarisse R40 slegs Vrydag, Navrae 084 916 1111/info”darlingwildflowershow.co.za/www.darlingwildflowers.co.za. Vrydag-Vrydag 14-21 September: Mediese Trein op Piketberg. Navrae Aan Oewer Dienssentrum Velddrif (022) 783 0048. Donderdag 20 September: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif jaarvergadering. Navrae Aan Oewer Dienssentrum Velddrif (022) 783 0048. Maandag, 24 September: ATKV Saldanha Erfenisdag Braaikompetisie, 10h00, Sandstone Restaurant, Hoofweg, Saldanha - Corne de Milander 083 235 8619. Donderdag 27 September: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif, Kansa inligtingsoggend, 09h30. Navrae Aan Oewer Dienssentrum Velddrif (022) 783 0048. Art Exhibition, Pumpkin House, Langebaan. Art of Reynel van Wyk exhibited, 18h00-20h00. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Vrydag 28 September: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif, verskeidenheidskonsert. Navrae (022) 783 0048. Saterdag 29 September: Maandelikse markdag by Pelikaanshawe, Velddrif. Stalletjies beskikbaar. Mariette 083 230 4422. P.L.A.Y. Country Craft Market, Denlynpark, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeideheid produkte, speelplek vir kleingoed. Cupcakes for CANSA at Weskus Mall: Cupcakes sold @ R10 towards Cupcake Angels Foundation. Should you wish to participate by donating cupcakes or volunteer on the day contact (022) 703 6900. Saturday 13 October: Art Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Glenda de Bruyn - Watercolor 2. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Bride of the Year Competition at Weskus Mall, 14h00. Performer and MC Desmond Wells. Enquiries (022) 703 6900. Saterdag 10 November: Aan Oewer Diens-
sentrum Velddrif, basaar. Navrae (022) 783 0048. Art Workshop Pumpkin House, Langebaan, with Gerda Claassen - Textures and Acrylic. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@ gmail.com. Vrydag 16 November: Aan Oewer Dienssentrum Velddrif, dans met Jay-Jay. Navrae (022) 783 0048. Thursday 29 November: Art Exhibition Pumpkin House, Langebaan, 18h00-20h00. Art of Hanli Theron exhibited. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail.com. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.
SPORT
Weekliks
West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com.
Neem deel/ gaan kyk:
Saturday 25 August: Langebaan Half Marathon at Club Mykonos Resort, distances 21km, 10km, 5km. Information at www.entrytime. co.za/ 083 462 4400. Jan`s Vetkoek Den Golf Day, Bergrivier Golf
Club, Velddrif, 4-ball alliance and yellow ball competition, R250 pp / R1000 per 4-ball, sponsor hole for R500 and display your business, waterhole on the course, grab&go and early dinner, Jan Buitendag 071 215 0504/buitendag. jan9@gmail.com. Saturday 1 September: Thys du Toit Memorial MTB Challenge, Hopefield, four routes – Willem 082 923 2553. Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za. Saterdag & Sondag, 6&7 Oktober: Die Darling ttu 24uur MTB Enduro Lenteblomme-rit, !Khwa ttu op die R27 Weskuspad. Ry alleen of spanne van twee of vier. Inskrywings www.darlingttu. co.za / info@darlingttu.co.za / (022) 451 2202. Sunday 28 October: Groote Post Country Run, Groote Post Winery off R27 in Darling, 4km Ommie-Dam fun run 08h00, 10km Atlantic View Route 07h30, 21km Bobbejaanberg Challenge 07h00. Online entries www.trailrunning.co.za. Enquiries info@iloveyzer.co.za / (022) 451 2202. Saturday & Sunday, 10&11 November: Langebaan Country Estate Cycling Challenge & Mountain Bike Fun Ride, in conjunction with SANParks Honorary Rangers and the Pedal Power Association. Proceeds donated to West Coast National Park. Entries www.lcecyclechallenge.co.za / www.racetec.co.za. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór 10:00 Maandae.
NUUS • NEWS
Cycling with SANParks in Langebaan The ever-popular Langebaan Country Estate Cycle Challenge and Mountain Bike Fun Ride, held in conjunction with SANParks Honorary Rangers and the Pedal Power Association, will be taking place again this year on 10 and 11 November, with all proceeds being donated to the West Coast National Park. This double event has been rated as the Highest Scoring PPA Fun Ride for the past eight consecutive years, and Best New Event for the 2014/15 Fun Ride season. Starting at the driving range at the Langebaan Country Estate, the cycle challenge comprises
two routes - 80km and 30km - starting at 07h00 and 07h45 respectively on 10 November. Both rides take place mostly inside the West Coast National Park, winding through some of the most beautiful scenery on the West Coast. The finish line is the top of Stumpnose Rock, affectionately known as Mamba Hill. The Mountain Bike Fun Ride on Sundy 11 November also comprises two routes - 18km and 42km - starting at 07h30 and 08h00 respectively at the driving range. The shorter route takes place wholly within the Langebaan Country Estate with a few relatively tough climbs which,
when completed, rewards riders with beautiful panoramic views of the area, especially the lagoon. Spectators and supporters are most welcome to join in the fun and enjoy the music, various food stalls and beer tent at the LCE driving range while waiting for the participants to cross the finish line. The closing date for pre-entries for both events is Thursday 8 November and registration can be done online at www.lcecyclechallenge. co.za or www.racetec.co.za. Late entries close on the day of the race, at the marquee tent on the LCE driving range.
Weer stuit nie gholfspelers nie Ten spyte van gure weer verlede naweek het gholfers steeds die dag se kompetisie geniet wat by die Bergrivier-gholfklub op Velddrif deur Jan`s Vetkoek Den aangebied was. Jan sal voortaan maandeliks `n kompetisie aanbied en na twaalf maande sal die maandwenners teen mekaar meeding om die kampioen aan te wys. Die pryse is oorhandig deur die klubkaptein, Lionel. Die wenners van die dag se kompetisie met `n telling van 129 was Alton Green, John de Meillon, Lionel Johnson en Harry Fransman. In die tweede plek met 106 was Spook, Nico, Jannie en Jean en die derde posisie is beklee deur H de Beer, P du Toit, R van Zyl en J Kohn. Naaste aan die pen op no 11 & 17 was Harry Fransman en Alton Green. Jan`s Vetkoek Den het onlangs `n tak op Velddrif by die klubhuis by die gholfbaan oopgemaak. Die ander winkel is in Britanniabaai, St Helenabaai.
Regs: Twee van die wenners van die dag saam met klubkaptein Lionel en Jan van Vetkoek Den.
Fietsryers sak toe op Hopefield vir Thys du Toit se gedenk-uitdaag Fietse, fietsryers en fietsrytoerusting net waar mens kyk. Dit was die oorheersende toneel Saterdagoggend by die Hopefield Sportgronde tydens die Thys du Toit Memorial MTB Challenge wat tydens die jaarlikse Hopefield Fynbosskou aangebied word. Vir die kompeterende renne het nie minder as 422 fietsers die vier roetes voltooi. `n Groot aantal deelnemers het aan die 12km pretrit deelgeneem, waarvan deelnemers van so jonk as 4 jaar. Diesulkes se mammas of pappas ry
7
5 September 2018
natuurlik saam en dit is `n heerlike gebeurtenis vir die hele gesin. Wanneer mens nou nog na die rit die Fynbosskou kan deurloop met al die interessanthede wat daar aangebied word, word die dag dubbel lekker. Die wenners van die verskillende kategorieĂŤ is as volg: Mans 90km: Nicholas Lambrecht van SMU 03.17.43 Vroue 90km: Janice Venter van EW - 03.45.24 Mans 58km: Josh Laughton van JML - 02.13.28
Vroue 58km: Louise Ferreira van VWL 02.26.27 Mans 31km: Philip van Schalkwyk Jnr van JBM - 01.12.38 Vroue 31km: Anna Marx van JGM - 01.27.02 Mans 22km: Helgardt Nortje van SBS 00.30.30 Vroue 22km: Amelie Owens van SGS 00.36.18. Verdere uitslae van die dag se renne kan gevind word by www,great-time.co.za
Uitslae
GHOLF 29 August 2018 - Wednesday SchoolIndividual Stableford : Spokie Smit 40 pts John Minnie 38 pts c/o, John Sissons 38 pts Jackpot : Des Elliot, Patrick Smitsdorf, Spokies Smit, Jasper Coetzee, John Minnie 2 club : S Borstlap 6th Chicken Run - 30 August 2018 Dolf van Tonder 19pts, Hein de Villiers 17pts, Willem Erasmus 16pts Nearest To the Pin - 10th Willem Erasmus, 18th Kosie Roux Egg Head - Greg Dooling 6pts - Players 23
8
courant
dié
5 September 2018
Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
SPORT
5 September 2018
Hoërskool Vredenburg
Hopefield delf onderspit
George April ST HELENABAAI: Hopefield se eerstespan is Saterdag in die Swartwes liga-kompetisie van Boland Rugby Unie, behoorlik afgeslag deur die agterbaaiers. St Helenabaai het die besoekers van Hopefield in 'n drieë-fees met 51 - 20 geklop. (rustyd 27 - 8) In die spanne se eerste ontmoeting was die telling gelykop met 36 elk. Die afgelope naweek was St Helenabaai egter in 'n verwoestende bui. Vir Hopefield is dit terug tekenbord toe, aangesien hulle hierdie naweek vir Mamre op hul tuisveld moet klop. Indien hulle weer vasval, gaan die span volgende seisoen in 'n laer liga speel. Die enigste troos wat die manne die naweek
gekry het, was dat Mamre teen Pella, en Langebaan teen Velddrif verloor het. Tussen die drie spanne is dit nou reg of weg in die komende naweek se rugby wedstryde. St Helenabaai het Saterdag behoorlik die besoekers se foute in punte omskep. Die agterbaaiers se voorspelers was vernietigend voorlangs, met die Hopefielders wat nooit uit die greep kon ontsnap nie. Om een of ander onverklaarbare rede het die Hopefield nie die tuisspan behoorlik met hul agterlyn getroef nie. Hulle het verkies om binne toe te speel, en die tuisspan het dit uitgebuit. Balle van Hopefield is verspot maklik gesteel in die losskrums of in gebroke spel. Die Hopefielders het soos in vorige wed-
stryde, ook te lank aan die bal bly klou. St Helenabaai het in die eerste helfte met 'n sterk wind van agter, die besoekers laat omdraai met lang lynskoppe. Die manne van Hopefield kon egter nie die wind om dieselfde rede gebruik nie. Die bal is liewer in 'n teenstander se hande geskop, wat dan met teenaanvalle begin het. Norman Cloete, voorsitter van St Helenabaai se rugbyspan het die wedstryd so opgesom: "Dit was 'n baie goeie wedstryd, met beide spanne wat genoeg balle gekry het". Ons manne het net hul kanse beter benut," het die leier afgesluit. Vir Hopefield het sy kaptein Neil Carolus (stut) en Clayton May (slot) alles gegee, die oormag was egter te veel.
Marco Gurah (no 9) van Hopefield het ook 'n goeie wedstryd gehad, maar moes meer van sy agterlyn gebruik gemaak het. Puntemakers van St Helenabaai: Raymond Papier (senter - 2 doele): Delrin Conraad (linker senter - 2 doele) Maureece Raid no.8, Gart Chirwa no.6 en Curt Jeffries no.7 het almal agter die doellyn gaan kuier. Wellisley van Rooy, losskakel was suksesvol met vier doelskoppe, 1 straf en 1 skepskop. Vir Hopefield het Niel Carolus twee keer oor die doellyn geval, met Emiel Baron wat een vyfer aangeteken het. Dean Gurah no.10 slaag met doel en strafskop onderskeidelik