Skip to main content

485 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

5 September 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 485

5 September 2018

•VASBERADENHEID BESORG HAAR DIE KROON

Yvonne maak SA se beste boerewors •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Yvonne Blaauw is onlangs as Suid-Afrika se nuwe boerewors-kampioen aangewys. Hierdie kanniedood-ystervrou het die kompetisie vir die beste boereworsresep van ‘n bekende kettingwinkelgroep vanjaar vir die 16de keer aangedurf. Haar uithouvermoë en vasberadenheid het hierdie jaar vrugte afgewerp en haar met die kroon as die Suid-Afrikaanse Boerewors-koningin laat wegstap. Die bekende kettingwinkelgroep wat elke jaar hierdie kompetisie aanbied, het vanjaar se wenner op Woensdag 29 Augustus in Kaapstad aangewys. Die kompetisie, wat aanvanklik as ‘n interne kompetisie vir werknemers begin het, is in 2001 vir die publiek oopgestel. Die kulinêre kenners van die South African Chefs Association het as beoordelaars opgetree en al die inskrywings moes eers deur ‘n validasieproses, wat verseker dat dit aan al die riglyne vir die maak van ware tradisionele boerewors voldoen, gaan. Die Top 10-resepte is na intensiewe beoordeling en proe-sessies aangewys en die finaliste moes Woensdag hul boerewors-vernuf tydens die finaal ten toon stel. 29 Augustus sal nou vir altyd ‘n datum wees wat Yvonne sal onthou: dié dag waarop sy die nasionale kampioenboerewors-kompetisie gewen het. ‘n Dag na die aankondiging was sy nog ietwat oorweldig deur dié groot eer wat haar te beurt geval het. “Dit voel nog ‘n bietjie onwerklik. Dit voel amper asof dit iets is wat met iemand anders gebeur het. Miskien sal dit nog insink,” het sy, waar sy op haar pos as slaghuisbestuurder agter die vleistafel by ‘n bekende kettingwinkel staan, gesê. Yvonne het ‘n Toyota Hilux DC 2.8 GD-6 Raider as wenprys gekry en is baie opgewonde om dié nuwe ryding binnekort in ontvangs te neem. Volgens haar is haar man en haar twee kinders haar grootste ondersteuners en net so verheug oor haar groot oorwinning. “Oe, die kinders het gesê ons moet hulle tog elke oggend met die nuwe bakkie by die skool gaan aflaai. Ons is almal baie opgewonde oor hierdie groot ding wat nou gebeur het, en oor die prys,” lag sy. Die 47-jarige Yvonne kom oorspronklik van Buffeljags, maar woon al bykans 25 jaar in Wel-

Yvonne saam met haar span in die slaghuis waar sy al vir 20 jaar werk. lington. Hierdie vrou kén van vleis. Sy weet pre- met ‘n beter resep daar aan te kom,” vertel sy. Volgens Yvonne is dit veral die feit dat ‘n dame sies wat om met elke deel van enige dier se karkas te maak en hoe om elke snit te verwerk of voor te van Worcester ‘n jaar of wat gelede as die wenner berei. Haar ondervinding in die vleisbedryf strek van dié kompetisie aangewys is wat haar gemoimmers al oor meer as twee dekades. Sy werk al tiveer het. “Ek het vir myself gesê: as sy dit kon vir 20 jaar in ‘n bekende kettingwinkel se slaghuis. doen, kan ek ook. ‘n Mens leer elke jaar by die Volgens haar het sy eintlik toevallig in die vleis- kompetisie iets en ek het alles wat ek geleer het bedryf beland. “My broer het by oom Grobbie se gekombineer in wat ek hierdie jaar gedoen het. slaghuis gewerk en hy het gesê dat hulle iemand Party mense hou van koljander, ander nie. Die soek om daar te kom help. Nou ja, geheim is om presies die regte balans van speseek het myself gaan aanmeld en dit rye en bestanddele vind om ‘n wenresep vir boewas die begin van my leerskool in die rewors te kry,” sê sy. Sedert Yvonne as ons land se boerewors-koningin aangewys is, word sy oorval vleisbedryf,” vertel sy. Nadat sy die basiese kennis oor met gelukwense en moet sy omtrent bontstaan vleis in haar eerste werk opgedoen om onderhoude aan die media toe te staan. “Ek moes my hare laat doen, want Hanlie het, het sy ‘n pos by die kettingwinkel Retief van die Rapport het ‘n groot onderhoud waar sy steeds werk, aanvaar. “Ek het 20 jaar gelede as worsma- met my kom doen. Vreemde mense stap sommer ker hier begin. Vandag is ek die slag- ook by die winkel in en kom soek my om my te kom gelukwens. Dit laat ‘n mens klein voel. Dis huisbestuurder,” sê sy trots. Die feit dat sy die kompetisie na eintlik so onwerklik,” sê sy. Oor haar toekomsplanne is daar vir Yvonne 15 probeerslae kon wen, is ‘n bewys van haar deursettingsvermoë en vas- geen twyfel nie. “Ek is mal oor wat ek doen. Ek is bitter lief byt-karakter. “Dit is mos maar hoe die lewe werk. Jy weet nooit wanneer dit jou beurt is nie. Daar vir my werk en vir die mense saam met wie ek was vir my nooit ‘n manier dat ek sou opgee nie. werk. Dit is regtig vir my lekker om elke dag werk Ek het elke jaar iets geleer by die kompetisie en toe te kom en dit is wat ek wil aanhou doen. En wanneer ek uitgeval het, het dit my net gemoti- volgende jaar gaan ek weer vir die kompetisie veer om die volgende jaar harder te probeer en inskryf!” lag dié positiewe aanhouer.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

5 September 2018

Lente met “Cheerful Spring Animal Show” verwelkom Rescue wil fondse in met projek Links: Ingrid en Schalk van der Westhuizen, die meesterbreine agter die Cheerful Spring Show. Links onder: Besoekers kon tussen die pragtige kunswerke en kreatiewe items rondsnuffel. Onder: Simeon van den Bergh was een van die kunstenaars wat spontane kunswerke vir besoekers geskep het.

‘n Paar kreatiewe Wellingtonners het besluit om die lente met ‘n spesiale geleentheid in te lui. Die Cheerful Spring Show het op Vrydag 31 Augustus, op die vooraand van Lentedag, by Harvest Co. in Malanstraat plaasgevind. Pragtige plante en blommerangskikkings en feetjieliggies het ‘n kreatiewe atmosfeer geskep om gaste, besoekers en belangstellendes by hierdie geleentheid te verwelkom. Uitstallings van kunswerke, handgemaakte items, klere en snuisterye was oral te sien. Stalletjies waar impromptu en spontane gedigte vir belangstellendes geskryf is of kunswerke vir besoekers geskep is, het vir ‘n interessante, verrassende kinkel by die geleentheid gesorg.

Die idee vir so ‘n geleentheid was die breinkind van Ingrid en Schalk van der Westhuizen. Ingrid is ‘n bekende kunstenaar en musikant en sy en haar man het hul kontakte met ander kreatiewe mense en kunstenaars gebruik om hierdie idee ‘n werklikheid te maak. “Dit was lekker om ons kontakte, ons vriende, klein besighede, kunstenaars, mense in die klerebedryf en woordkunstenaars in te span om aan hierdie idee lewe te gee. Dit is ‘n intieme bymekaarkom van kunstenaars en kreatiwiteit,” het Ingrid gesê. Schalk en ‘n groep vriende het ook besoekers met ‘n improvisasie komedie-vertoning en “teater-sport” vermaak.

Die Drakenstein Animal Rescue organisasie is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat hulle op pro-lewe dierebeskerming toespits. Die organisasie word deur ‘n klein groep vrywilligers bedryf. Hulle het onlangs met ‘n inisiatief begin waar fondse deur middel van die verkoop van tweedehandse boeke geïn kan word, begin. Skenkings van ou, maar bruikbare boeke wat die Drakenstein Animal Rescue dan weer teen ‘n winskoop kan verkoop, word vir hierdie doel gebruik. Die organisasie het op Saterdag 1 September ‘n stalletjie tydens die Waterblommetjie Fees en Farmer’s Market by die Windmeul Kelder gehad. Daar was nie net honderde oulike tweedehandse boeke by die geleentheid te koop nie, maar mense kon ook ‘n paar van die organisasie se “weeskinders” wat wag om aangeneem te word, ontmoet. Diereliefhebbers en kinders het ure met die oulike hondjies gespeel en die organiseerders en vrywilligers wat by die projek betrokke is, hoop dat ‘n paar van die honde aangeneem sal word. Volgens Elaine Campbell van die Drakenstein Animal Rescue organisasie gaan hul soortgelyke boekverkope op 15 September by die Welgeleë

Elaine Campbell van die Drakenstein Animal Rescue organisasie saam met die hondjie Danny, wat op aanneming wag. Hul het die tafel met tweedehandse boeke tydens die onlangse Farmer’s Market by Windmeul Kelder beman. Plein inkopiesentrum op Wellington, sowel as op 29 September in die Paarl Mall hou. Belangstellendes of enigeen wat by die projek betrokke wil raak, kan die organisasie by 082 579 3005 kontak.

Sondagmiddagkonsert by Le Bac vir liefhebbers van klassieke musiek: Vier Hande / Four Hands, die derde gewilde Sondagmiddag klassieke konsert van die jaar, aangebied deur die Breytenbach-sentrum in samewerking met Le Bac Estates, vind plaas op Sondag 9 September om 18:00 by Le Bac tussen buite Wellington. Die musici wat sal optree, is die pianiste Tertia Visser Downie en Francois du Toit. Die program bestaan uit werke van Schubert, Brahms, Dvorak, Piazolla en Faure. Die konsert vind plaas met die ondersteuning van die Rupert-musiekstigting. Belangstellendes kan by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786 bespreek.


NUUS • NEWS

5 September 2018

•VYFDE KEER WAT HY HAND AAN SKRYF LÊ

Hattingh se bundel bekend •Jaomi Zeeman Die plaaslike 90-plusser, dr. Dirk Hattingh, het op Saterdag 1 September sy vyfde digbundel, Sy eie stem, bekendgestel. Dr. Hattingh, wat vir 40 jaar lank ‘n predikant was, as die Moderator van die Kaapse Sinode van die NG-Kerk opgetree het en na sy aftrede vir 17 jaar by ‘n beleggingsmaatskappy gewerk het, het eers op 85-jarige ouderdom begin dig. Die bekendstelling van Sy eie stem het in die Breytenbach-galery plaasgevind. Die uitstalling, Ontkiem, wat tans daar te sien is, het as perfekte agtergrond vir die bekendstelling gedien. Professor Ampie Coetzee het met Dirk in gesprek getree oor sy nuutste bundel. Volgens Ampie is dit Dirk se beste bundel tot dusver. “Die bundel is in verskillende afdelings, wat elkeen ‘n bepaalde stem verteenwoor- Anne-Ghrett Erasmus het prof. Ampie Coetzee en dr. Dirk Hattingh tydens die verwelkoming voorgestel. dig, verdeel. "Ek is verstom oor hoe bestempel. Volgens hom veroorsaak die ouder- hoe dit steeds 'n invloed op sy lewensuitkyk het, Dirk dit reggekry het om al dom dat ‘n mens nie altyd so vinnig van die merk verwys. die temas met groot sukses in sy gedigte uit te “Wanneer jy erge droogte en depressiejare af is nie, maar as jou kop nog reg werk, daar ‘n beeld,” het hy gesê. beleef het, en jouself van daardie swaarkry Ampie het ook na Dirk se openingsgedig, My verwondering by ‘n mens kan ontwaak. “Vir my is die grootste wonder aan die mens kon losmaak en opstaan, leer jy om nie altyd in gedig, as ‘n metafoor vir die hele bundel verwys. probleme vas te kyk nie, maar geleenthede raak “’n Gedig is die skuilplek van die metafoor self, die bewussyn. "Dit maak ‘n mens uniek, dit maak dat jy kan te sien,” het hy gesê. en hierdie gedig is as’t ware ‘n metafoor van die Dirk het die agtergrond van elke afdeling in dink. hele bundel. "Ek is altyd op soek na woorde. Een woord sy nuwe bundel onder die loep geneem, waarna "Dit is iets wat ‘n mens intuïtief moet lees en verstaan. In die laaste afdeling van die bundel word meer woorde. Elke mens en ding het sy Eugenie Wiggins gedigte wat tekenend hiervan raak die tema meer persoonlik wanneer dit oor eie stem en dit het my by die tema van hierdie is, voorgelees het. Die bekendstelling is met ‘n geselligheid bundel laat uitkom,” het hy gesê. die sterwe gaan,” het hy gesê. Dirk het ook na die vorming van sy lewens- rondom heerlike eet- en drinkgoed afgesluit. Dirk het die gedigte in sy laaste bundel as “’n teken van wat in ‘n mens se kop aangaan” beskouing as jong seun in die Vrystaat, sowel as

“Baie Goeters” laat Hillcrest se leerders spoggerig lyk

Hillcrest Primêr se skoolhoof, Terrence de Jongh, Anelma le Roux van Baie Goeters en Helena Krynauw, ‘n onderwyseres by die skool, saam met van die kinders wat in hul nuwe sweetpakke spog. Wanneer plaaslike besighede met die gemeenskap saamwerk en opbouende insette tot die verbetering van ons mense lewer, is die resultate altyd positief. ‘n Voorbeeld hiervan is die skenking van sweetpakke wat Baie Goeters onlangs aan die leerders van Hillcrest Primêr gemaak het. ‘n Hele groep leerders van Hillcrest Primêr het op Dinsdag 28 Augustus by die Goeters Koffiewinkel opgedaag om heerlik bederf te word. Buiten die warm sjokolade wat hulle op die koue wintersdag gekry het, het hulle ook splinternuwe skoolsweetpakke van Goeters ontvang. Volgens Anelma le Roux van Goeters probeer hul om elke maand iets in die gemeenskap terug te ploeg. “Ons doen elke maand iets waar ons iets aan die gemeenskap teruggee. "Ons het gehoor dat daar ‘n behoefte aan skoolsweetpakke by Hillcrest is en besluit om dit hierdie maand ons projek te maak,” het sy gesê. Helena Krynauw, ‘n onderwyseres by die

skool, is baie bly oor hierdie mooi gebaar en skenking. “Dis so lekker om te sien hoe mense soos Anelma-hulle met so ‘n skenking ‘n groot, positiewe verskil in ons kinders se lewens kan maak,” het sy gesê. Die skoolhoof, Terrence de Jongh, het dit beaam. “Ons is regtig opgewonde oor die manier waarop plaaslike besighede soos Goeters in die gemeenskap terugploeg. "As ‘n mens net na die kinders se gesiggies kyk en sien hoe bly en opgewonde hulle oor die nuwe sweetpakke is, dan verstaan jy wat sulke gebare vir hulle beteken. "As instansies soos hierdie nie sulke skenkings maak nie, kan sekere kinders nie eers die basiese benodigdhede hê nie. Die basiese dinge is tog dít waarop elke kind se opvoeding gebou word en daarom is hierdie skenking ‘n bousteen in elkeen van hierdie kinders se lewe,” het hy dankbaar gesê.

3


4

5 September 2018

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die Here spot met hulle

Bykans drie duisend jaar gelede is Psalm twee geskryf. Die vraag word gevra waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde. Die vorste en konings van die aarde wil loskom van die bande en slawerny van die HERE! Hulle wil seker onder die wet loskom, dan geld geen morele reëls meer vir hulle nie. In Daniël en Esegiël van konings en vorste, wat teen God in opstand kom. Hy wat in die hemel woon lag, die HERE spot met hulle! Die Gesalfde van die Here in Psalm twee verwys na Jesus, wat opgewek is deur die HERE, selfs Paulus verwys na Psalm twee in die boek Handelinge in die Nuwe Testament, asook die skrywer van die Hebreërboek haal die Psalm aan : U is My Seun, vandag het ek U gegenereer. Ons leef ook in ‘n tyd wat die vorste en konings van die aarde woel, en van God se gebod niks wil weet nie. Hulle word in die Psalm gewaarsku, wees nou verstandig o konings, en laat julle waarsku o regters van die aarde! Die HERE is nie bekommerd nie, Sy Seun is Koning en welgeluksalig is almal wat by Hom skuil.

dié

courant

Wellington-Noord basaar sorg vir groot makietie

Van aanhou kom wen

Die Wellingtonner Yvonne Blaauw het die afgelope week die hele dorp en land gaande gehad met haar kroning as die land se boereworskoningin. Hierdie ma van twee het al 15 keer aan die land se grootste boereworskompetisie deelgeneem voordat sy uiteindelik met die louere weggestap het. In haar eie woorde was “opgee nooit ‘n opsie nie”. Om aan te hou, vas te byt, ten spyte van teleurstelling en struikelblokke voort te beur en om deur te druk blyk om op die lang duur voordelige deugde te wees. Mense sê nie verniet dat die aanhouer wen, dat vasbyt al uitweg is en dat as jy iets begin het, jy dit moet deursien nie. Deursettingsvermoë, volharding, vasbyt en uithou is die eienskappe wat uiteindelik die wa deur die drif trek. En as ‘n mens in die Wamakersvallei woon, vermoed jy dat die mense wat jou voorafgegaan het, dit heel waarskynlik eeue gelede reeds geweet het. Vandag getuig die dinge wat Wellingtonners doen, die manier waarop hulle dinge aanpak en die inisiatiewe en projekte waartoe hulle hul verbind dat hulle op hierdie waardes en beginsels voortbou. Ons mense weet hoe om uitdagings aan te pak, die bul by die horings te pak en ten spyte van talle uitdagings vas te byt en ‘n sukses van ‘n saak te maak. Huis Andrew Murray bou al vir 120 jaar vasberade voort op die waardes wat meer as ‘n eeu gelede deur hul grondlegger gelê is. Hul onlangse Opedag was ‘n bewys hiervan. John Coetzee, Wellington se eie jong tennisster, oefen week in en week uit onverpoosd om sy vaardighede op die

tennisbaan te verbeter. Dit het hom onlangs nie net die posisie as die nommer 1 speler in die land in sy ouderdomsgroep laat seëvier nie, maar hom ook ‘n Amerikaanse tennisondervinding wat hy nooit sal vergeet nie, laat meemaak. Hugo Rust Laerskool beur voort met hul strewe na “net die beste” en het die afgelope week ‘n onvergeetlike Kermis aangebied. Dr. Dirk Hattingh, ‘n 90-plusser, het nie sy ouderdom in die pad van sy digkuns laat staan nie en nadat hy eers op 85-jarige ouderdom begin dig het, die afgelope naweek sy vyfde digbundel bekendgestel. Die Waterblommetjie Fees en die Pinotage on Tap Fees wat die afgelope naweek in ons vallei plaasgevind het, het die tradisies en kultuur wat vir eeue reeds deel van ons omgewing is gevier en weer op die voorgrond geplaas. En dan is daar natuurlik Yvonne Blaauw, wat al vir 20 jaar in ‘n slaghuis by ‘n bekende kettinggroep werk en ononderbroke elke jaar haar boereworsresep probeer verbeter, wat na een en ‘n half dekade uiteindelik die soet vrugte van haar deursettingsvermoë gepluk het. Winston Churchill het gesê dat sukses in die vemoë om van een teleurstelling na die volgende te beweeg sonder om jou entoesiasme te verloor, lê. Newt Giagrich het deursettingsvemoë weer as die harde werk wat jy doen nadat jy reeds moeg is vir die harde werk wat jy al klaar gedoen het, beskryf. Mag elkeen hierdie week vasbyt, hard werk, deurdruk en weet dat jy, ten spyte van die feit dat jy miskien nog nie is waar jy wil wees nie, nader daaraan is as wat jy gister was.

NUUS • NEWS

Bo: Die dames by die koektafel was slaggereed om almal te bedien. Links: Die drie Janse van Vuuren-broers het die braaivleisvure aan die gang gehou. Onder: Selfs die boere het help pannekoek bak.

Die Wellington-Noord Gemeente het op Saterdag 1 September hul jaarlikse basaar gehou. Dit was heel gepas dat hierdie jaarlikse instelling op Lentedag geval het, want dit was voorwaar ‘n kleurvolle, feestelike viering van die gemeenskap se betrokkenheid en positiewe energie. Die braaivleisvure het vroegoggend reeds hoog gebrand en oud en jonk kon hul in al die aktiwiteite en winskopies verlustig. Besoekers kon hul inkopies op ‘n vol maag aandurf deur die dag met ‘n heerlike basaar-ontbyt te begin voordat hulle heerlik tussen die verskillende stalletjies en tafels kon inkopies doen. Die geur van talle varsgemaakte gunstelinge

het in die lug gehang, terwyl produkte soos brood en beskuit, kleinkoekies, poeding, lekkergoed, speelgoed, grootkoeke, geskenke, plante, snuisterye en vleis die tafels laat kreun het. Mense het heerlik indie teetuin gekuier of in die kwekery rondgesnuffel terwyl die kinders aan talle aktiwiteite kon deelneem. Die jongspan is op ‘n Kizzo-vertoning en ‘n monkeynastix-hindernisbaan getrakteer en die kindertafel vol lekkernye en verrassings was die ideale plek om sakgeld te spandeer. Besoekers kon die hele dag ‘n blaaskans neem of hul inkopies in die pragtige kuier-area bewonder. Daar is heerlik saamgekuier, saamgeëet en saam makietie gehou.

Kragmeting:

Die spanne van Hillcrest United en Newtons het die naweek kragte gemeet. Hillcrest moes die knie buig teen Newtons het Newtons het die wedstryd gewen met 29-14.

Nuwe fotografieklub tel momentum op Die eerste byeenkoms van die plaaslike fotografieklub, onder leiding van die avonturier en spesialis-fotograaf Johan Dempers, het hul eerste byeenkoms op Dinsdag 28 Augustus by die Heritage-restaurant gehou. Ongeveer 20 foto-entoesiaste het hierdie byeenkoms bygewoon. Jaco Marais, Media 24 se hooffotograaf in die Kaap, het as gasspreker by die geleentheid opgetree. Hy het al talle toekennings vir sy werk ontvang. Jaco het die klublede deur middel van ‘n videovoorstelling meer oor die kunsies en truuks van fotografie geleer. Hy het ook verskillende kameras met hulle bespreek en ‘n tipiese dag in die lewe van ‘n media-fotograaf aan hulle geskets. ‘n Kamerasak van iemand in Jaco se beroep weeg gewoonlik niks minder as 36kg nie. Hy het sy voorkeure ten opsigte van toerusting verduidelik en ook oor die moets en moenies in die mediabedryf, die interessanthede rondom sy

interaksie met mense, sowel as die gevaarlike situasies waarin hy hom al bevind het, gepraat. Lede van die fotoklub het ook hul eerste opdrag tydens die vergadering ontvang. Dit behels dat hulle dinge en gebeurtenisse wat “lewe na die droogte” uitbeeld, op film moet probeer vasvang. Klublede het ook elkeen spesiale ID-kaarte gekry en hul kan almal uitsien na spesiale fotografie-verwante afslag wat op sekere produkte en dienste vir hul beding word. Elkeen het ook ‘n CD met fotografie-riglyne en -wenke ontvang. Volgens Johan Dempers is hulle baie opgewonde oor die aktiwiteite en planne van die klub en sien hulle daarna uit om nog lede in hul midde te verwelkom. “Ons beplan, buiten die maandelikse byeenkomste, ‘n program vol uitstappies na byvoorbeeld Tafelberg en Blouberg, asook ‘n uitstappie waartydens ons die sterre sal fotografeer,” het hy gesê.


NUUS • NEWS

5 September 2018

5


6

5 September 2018

Huis Andrew Murray hou suksesvolle opedag Huis Andrew Murray (HAM) het op Donderdag 28 Augustus ‘n Opedag gehou waartydens hul werksaamhede en projekte ten toon gestel en verduidelik is. Talle rolspelers en belangstellendes het die geleentheid bygewoon. Ds. Hendricks, voorsitter van die vakkundige komitee van HAM, het die geleentheid geopen, waarna Heinrich Gabler, ‘n oud-inwoner en tans ‘n onderwyser en finalis in die Mnr. Suid-Afrika kompetisie, sy suksesverhaal en die rol wat HAM daarin gespeel het, gedeel het. Carin van der Merwe, bestuurder van die vakkundige dienste, het ook die vakkundige dienslewering binne die KJSS bespreek. Elana Ruiters, ‘n opvoeder van die Voorskoolse Kinderontwikkelingsprogram, het meer oor hul werksaamhede by Sprokiesland vertel en Susan Botha, ‘n maatskaplike werker by HAM, het die terapeutiese programme wat by die instansie gevolg word, verduidelik. Die naweeken vakansieprogramme wat by HAM gevolg word, is deur Janelle Destroo, ‘n maatskaplike werker, bespreek. Die sprekers is deur vertonings en vertellings van die HAM-inwoners afgewissel. Michael Karstens, ‘n graad 11-leerder, het sy karate-vernuf ten toon gestel en Waynisha Keyser, ‘n matriekleerder, het ‘n gedig en skryfstuk oor haar ervaring as ‘n inwoner van HAM aan die gaste voorgehou. Aimeigh-Lee McCarthy, ‘n graag 8-leerder het ook ‘n sangitem gelewer. Lizzie Hannies, een van die huismoeders, het ook ‘n tipiese dag in die lewe van ‘n Kinder- en Jeugsorgwerker in HAM beskryf en Pietro Oli-

Die hande-projek, waar al die inwoners en betrokkenes by HAM se hande deel van ‘n kunswerk vorm. vier het verduidelik hoe hulle te werk gaan om gesinshereniging te bewerkstellig. Christa Britz, ‘n vriendin van HAM, vrywilliger en oud-personeellid het oor die belangrikheid van gemeen-

skapsbetrokkenheid by HAM gepraat. HAM vier hierdie jaar hul 120ste bestaansjaar en as deel van die feesvieringe het hulle ‘n hande-projek, sowel as ‘n boom wat by die Ope-

NUUS • NEWS

dag ten toongestel is, geloods. Volgens Susan Botha, ‘n maatskaplike werker, is die simboliek van hierdie twee projekte tekenend van dít wat by HAM gedoen word. “Met die viering van ons 120ste bestaansjaar het ons, in samewerking met studente van CPUT, besluit dat ons kunswerke van ons inwoners se hande wil gebruik om die mag van omgee uit te beeld. Die hand word as simbool gebruik om te wys hoe opregte omgee in dade omskep kan word om ‘n beter wêreld vir ons kinders te bied,” het sy gesê. Die idee is dat die voltooide kunswerk ‘n sterk visuele beeld van skoonheid, genot en harmonie sal wees. Die samewerking wat met die maak van die kunswerk gepaard gegaan het verseker verder ‘n sin vir spanwerk en gemeenskaplikheid deur alle rolspelers wat ‘n gemeenskaplike hand in die deurlopende suksesverhaal van HAM gehad het. Al die inwoners, sowel as die personeel en vrywilligers van HAM is op die bord en daar word beoog om die hande van die beheerraad en die dames wat met die Vrouetee-fondsinsameling gemoeid is ook op die bord te plaas. Wat die boom betref, stel dit die wortels van HAM se geskiedenis en waardes, sowel as hul betrokkenheid by Badisa, voor. Die beheerraad, komitees, personeel, vrywilligers en gemeenskap is die stam wat die boom regop hou. “Die takke is die programme en dienste wat ons aanbied en die blare is ons 150 kinders wat groei en ontwikkel in hierdie boom,” het Susan verduidelik. Enigeen wat by hierdie projekte betrokke wil raak, kan HAM kontak.

• Kerke • Churches • Kerke • Churches • Kerke •

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00

en tweede en derde kwartaal is die diens op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.

Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677

AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.


NUUS • NEWS

5 September 2018

Holstein-kampioenskappe hierdie jaar by Plaasproe Die Groot Plaasproe wat hierdie jaar van 11 to 13 Oktober by Sandringham plaasvind, sal nie net ‘n lushof vir liefhebbers van die plaaslewe, tradisionele lekkernye en plaaslike produkte wees nie. Die gesogte SA Holstein Nasionale Kampioenskappe sal ook tydens hierdie geleentheid plaasvind. Dit is die 20ste keer dat die kampioenskappe aangebied word, maar slegs vir die derde keer in die Wes-Kaap in die 106-jarige bestaan van die genootskap. Die eerste kampioenskappe is in 1949 by die Randse Skou in Johannesburg gehou. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, is die vyfde en sewende kampioenskappe in 1970 en 1981 by die Kaapse Skou in Goodwood, ook deur Agri-Expo, aangebied. “Dit is dus baie gepas dat Agri-Expo Livestock as die grootste suiwelskou in Suid-Afrika, wat vanjaar vir die vyfde keer aangebied word, die kampioenskappe huisves,” sê Ehlers. “Hulde sal ook gebring word aan Holstein-rolspelers wat diep spore getrap het tydens ‘n spesiale Aand van die Legendes.” Volgens Herman Duvenage, rasdirekteur van SA Holstein, sal besoekers aan die Groot Plaasproe diere van uitstekende gehalte van regoor Suid-Afrika in die ring kan sien. “Livestock word beskou as ‘n uitstekende platform vir telers om hul beste diere ten toon te stel aan beide die publiek én voornemende kopers,” sê Duvenage. “Ons nasionale skou is altyd ‘n hoogtepunt vir enigeen wat die belange van dié ras op die hart dra.” SA Holstein se Algemene Jaarvergadering

vind op Woensdag 10 Oktober plaas, gevolg deur die Nasionale Kampioenskappe van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober. Livestock is veral gesog vir sy suiwel-interrasskou wat deur die grootste drie suiwelrasse, die Holstein-, Ayrshire- en Jersey-telersgenootskappe, ondersteun word. Die kroning van die FNB-Suiwelkoningin op Saterdag 13 Oktober is die hoogste eer wat aan ‘n teler toegeken word. ‘n Holstein-koei, Milagro Sexie 13140 van Andrew Masterson, bekende teler van die Oos-Kaap, het verlede jaar dié kroon gedra. ‘n Hoogtepunt by vanjaar se suiwelskou is die deelname van die internasionale Holstein-beoordelaar, Brian Carscadden van Kanada. Carscadden het al in meer as 28 lande beoordeel, waaronder by nasionale skoue in 18 lande. Die Groot Plaasproe is van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober daagliks van 08:00 tot 18:00 oop vir die publiek. Die program sluit vleisbees-interraskampioenskappe, ‘n streeksjeugskou, veilings, ‘n gratis skoleprogram, vleisbees- en melkbokinligtingsdae en Die Groot Plaasproe-kosstalletjies in. Besoek www.livestock.org.za vir die volledige Livestock-program. Kaartjies is by Computicket en die hek beskikbaar.

Leserskompetisie!

Gelukkige lesers kan gratis kaartjies na die Groot Plaasproe wen. Al wat jy moet doen, is om jou naam, van en kontaknommer na admin@ agriexpo.co.za te e-pos met “Die Courant: Wellington, Die Groot Plaasproe Leserskompetisie” in die onderwerpreël.

Puttergill Goldwyn Sweetie 969 saam met eienaar, Brett Puttergill.

7


8

courant

dié

5 September 2018

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

5 September 2018

•JONG SPORTSTER VAN HUGO RUST MAAK NAAM OORSEE

John terug uit VSA na tennis-avontuur •Jaomi Zeeman Die 13-jarige John Coetzee het onlangs uit die VSA teruggekeer, nadat hy vir 13 dae as deel van die Suid-Afrikaanse o.13-tennisspan na die buiteland gereis het. John, leerder aan Hugo Rust Laerskool het vroeër vanjaar as die nommer 1 speler van die Wes-Kaap Kavaliers aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi gaan deelneem. Hy het hierdie toernooi gewen en hiermee die nommer 1 plek op die SA-ranglys vir O/13-seuns ingeneem. John het as deel van die SA O/13-tennisspan, wat uit 8 seuns en 8 meisies bestaan, na die VSA gereis om by Abri du Plooy, ‘n oud-Suid-Afrikaner, se tennisakademie by die Universiteit van New Orleans, aan ‘n tennisoefenkamp deel te neem. Die span het ook aan twee tennistoernooie in die VSA deelgeneem. Volgens John was dit ‘n belewenis om die kultuur en gevorderde tennisafrigting in New Orleans te ervaar. Hy het, saam met 3 van sy spanmaats, vir die duur van hul besoek by gasouers in dié stad se voorstede gebly. “Dit was baie interessant om die leefstyl en kultuur van die mense daar te leer ken. Ek dink nie ek het een keer, terwyl ons daar gebly het enige groente of vrugte vir ete gekry nie. Die mense is baie gasvry en het ons baie bederf. Die tannie het selfs elke aand vir elkeen van ons 6 bottels water in die yskas gesit vir die volgende dag se oefening,” vertel hy. Die tennisoefeninge was baie meer intensief as waaraan die jong SA-spelers in ons land gewoond is. “Ons het vir 4 dae elke dag 5 ure lank ononderbroke geoefen. Die afrigters daar is baie strenger as waaraan ons gewoond is en hulle laat jou baie hard aan sekere vaardighede werk,” sê John. Die jong SA-span het ook aan twee toernooie deelgeneem. Hul eerste toernooi was teen ‘n streekspan van Louisiana. Tydens hierdie toernooi het John in die finaal teen die nommer 2-speler van Louisiana se O/18-span te staan

gekom. Hy het hom 6-1, 6-3 geklop. Die tweede toernooi was ‘n Universal Tennis Ranking (UTR) toernooi waar John in die eerste rondte teen ‘n 45-jarige tennisafrigter te staan gekom het. “Ek het hom in ‘n wedstryd van 2 uur en 45 minute met 6-3 en 7-6 gewen,” vertel John trots. Hy het in die finaal van die UTR-toernooi teen ‘n 16-jarige met ‘n hoë UTR-plasing te staan gekom en het in ‘n naelbytstryd verloor, maar steeds algeheel tweede in die top-loting geëindig. Na die strawwe oefening en toernooie het die span ook die geleentheid gehad om by die Amerikaanse Ope Tennistoernooi ‘n draai te gaan maak. Hier het John talle bekendes en ‘n hele paar van sy helde gesien. Elana Kloss, ‘n oud-Suid-Afrikaanse tennisster wat deesdae saam met mense soos John Mcenroe as tenniskommentator optree, het die jong Suid-Afrikaanse tennisspan by die Ope Toernooi rondgeneem. Hulle kon selfs tydens sekere lewendige televisieonderhoude in die onderhoudlokaal sit. As gevolg van hul goeie gedrag tydens die onderhoude is hulle toegelaat om ‘n vraag aan Angelique Kerber tydens haar lewendige onderhoud te vra. “Dit is alles op YouTube. Ek kon selfs ‘n selfie saam met Madison Keys neem,” vertel John opgewonde oor hierdie ongelooflike ondervinding. John en ‘n paar van sy spanmaats het selfs die voorreg gehad om die “groot vier”, Andy Murray, Novak Djokovic, Rafael Nadal en Roger Federer op een dag in aksie te sien. “Nadat ons vir Murray en Nadal gesien het en selfs gesien het hoe Djokovic ‘n raket breek, móés ons net vir Federer ook sien. Ons sou nooit weer so ‘n kans kry nie. Ons het toe by Federer se wedstryd ingesluip om hom ook in aksie te sien,” vertel John met ‘n vonkel in sy oë. “Wat ek daar in Amerika gesien en ervaar het, het my net weer gemotiveer om nog harder te werk en alles in te sit om my drome te jaag. Dit was ‘n ongelooflike ervaring,” sê John.

Bo: John en sy spanmaats saam met John Mcenroe. Links: John, regs agter, saam met sy spanmaats van die SA o.13-tennis seunspan.

Lenteloop:

Pauw Gedenk Primêr het op Vrydag 31 Augustus ‘n lenteloop gehou waartyden elke leerder R120 bygedra het. Die leerders het 3km ver geloop om die koms van die lente te vier. Wellington se strate het sommer lewe gekry toe die kinders en hul ouers hierdie pretdag saam geniet het. Al die pret en plesier het ook as ‘n fondsinsamelingsprojek vir die skool gedien, sodat daar met die hoë standaard onderrig wat leerders tans by die skool geniet, volgehou kan word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
485 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu