Skip to main content

485 dié courant Swartland

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Prima Groep vier 50 jaar

dié

5 September 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 485

5 September 2018

Prima Groep se 50 jaar van prima-diens

P

rima Groep, met hul hoofkantoor op Malmesbury, vier vandeesmaand hul 50ste bestaansjaar en kyk met breë glimlagte terug na ‘n half eeu van swoeg, sweet én tonne sukses. Prima Groep se ontstaan het alles begin by ‘n jong Fanie Malherbe wat op die ouderdom van 24 jaar besluit het om ‘n onderneming wat spesialiseer in bande, op Beaufort-Wes te koop. Dit mag dalk 50 jaar later wees, maar vandag gaan dié sakeryk steeds van krag tot krag met sy ‘n besonderse span in die agtergrond. Dié onderneming is amptelik op 1 September 1968 op Beaufort-Wes gekoop. Beaufort-Retreaders soos die onderneming bekend gestaan het, het onder meer nuwe bande verkoop en bandekarkasse versool. Nie lank daarna nie, maak Malherbe nóg ‘n onderneming wat spesialiseer in bande gedurende Junie 1973 op Calvinia oop. Dit is gedurende Oktober 1974 wat Malherbe potensiaal op Malmesbury raaksien en hy verhuis kort hierna na die Swartland. Met drie takke wat spesialiseer in alle fasette van bande, besluit hy om ‘n oorkoepelende naam oor die ondernemings te registreer en noem dit Prima Bande. Gedurende die jare wat volg, het verskeie uitbreidings plaasgevind, wat onder meer die oorname van Outeniqua Retreaders in die Suid-Kaap en die vergroting van die versolingsfabrieke op Beaufort-Wes en Malmesbury insluit. Gedurende 1993 neem Prima Bande sommige van WPK, soos KaapAgri destyds bekend gestaan het, se motorhandelaars oor. Die motorhandelaars is later weer verkoop, maar die eiendomme wat uit die transaksies verkry is, het op hul beurt goed aangesluit by Prima se eiendomsportefeulje . Malherbe het reeds op Beaufort-Wes sy doelstellings daargestel dat hy alle eiendomme waaruit besigheid gedoen word, self moet besit. Malherbe, met ‘n neus vir goeie besigheid, het voortdurend ook nuwe geleenthede buite die bandebedryf gesoek. Hy was onder meer betrokke by eiendomsontwikkelings, brandstof vulstasies, asook galvanisering. Sy twee seuns, Pieter en Febbie, sluit later by die besigheid aan en in 2004 verkoop Malherbe

Die stigter van die Prima Groep, Fanie Malherbe, en sy vrou, Antionette, is aktiewe lede van Malmesbury se gemeenskap en het albei al diep spore op dié Swartlandse dorp getrap. die bande-ondernemings aan hulle. Kort daarna in 2006 neem hulle ook die buite-aandeelhouers se belang in Advanced Galvanising oor. Johan Louw, Malherbe se skoonseun, sluit ‘n paar jaar later as vennoot in die groter onderneming by Pieter en Febbie aan. Ses jaar later, in 2012, verkoop Malherbe sy eiendomsbelange aan die drie seuns wat die nuwe eienaars van Prima Bande is,

asook aan sy ander skoonseun en dogter, Gey en Gwendoline Kriek. Fanie Malherbe, patriarg van die Prima Groep en die Malherbe-familie, het daarin geslaag om ‘n besigheid - wat hy boonop met ‘n lening van die bank begin het – oor ‘n tydperk van 50 jaar op te bou tot ‘n suksesvolle firma wat hy aan sy kinders kon oordra.

NUUS • NEWS


2

5 September 2018

NUUS • NEWS

Die Prima Groep word bestuur deur Febbie Malherbe, Pieter Malherbe, Fanie Malherbe, Johan Louw en Gey Kriek.

Prima Bande bestaan tans uit tien ondernemings wat bedryf word as vyf SupaQuicks, vier Tyremarts en en Prima Bande-kommersiële tak. Advanced Galvanising, nóg ‘n sy van die Prima Groep, is een van drie galvaniseerders in die Kaapse metropool en die enigste galvaniseerder wat 14 meter lange items kan galvaniseer. Prima Kommersiële Eiendomme besit hoofsaaklik eiendom in die Wes-Kaap, maar ook in Port-Elizabeth, Gauteng en die Noord-Kaap. Die Prima Groep is ook in ‘n vennootskap betrokke met ‘n Caltex-vragmotorhawe op Beaufort-Wes en ‘n Engen op Sandbaai. Die Prima Groep se besigheidsfilosofie van goeie dienste eerste, het oor die jare dieselfde gebly vir al die verskillende besigheidsentiteite. Dié leuse sal ook in die toekoms lewend gehou word. Prima Groep se sukses van die afgelope 50 jaar kan grootliks toegeskryf word aan die besonderse span personeel waarvan 12 reeds meer as 25 jaar diens by dié onderneming het.


c urant

Swartland • Bergrivier

dié

NUUS • NEWS Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

5 September 2018

72.7%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 485

5 September 2018

•VERMAAK, KAMPIOENSKAPPE EN FAMILIEPRET

Swartland reg soos ‘n roer vir skou

Die Swartland streek is dié tyd van die jaar besonder uniek met sy groen- en goue baadjie in die vorm van welige koring- en kanolalande. Die streek huisves ook dié grootste landbouskou in die Wesén Suid-Kaap wat die Swartland verder eie in sy soort maak. Nes die gewasse wat gereed maak om geoes te word, is al wat ‘n organiseerder, uitstaller, skoudeelnemer en inwoner óók besig om voor te berei en litte los te maak vir die 81ste Swartlandskou wat vandag op Moorreesburg se skougronde afskop. Jaar na jaar beloof skougangers om wéér terug te keer wat maak dat dié geleentheid behoorlik uit sy nate bars van nuwe besoekers. Verlede jaar het meer as 10 000 mense die Swartlandskou besoek. En jy hoef nie ‘n landbouprodusent te wees om die skou by te woon nie. Daar is iets wat in elkeen se smaak sal val op die spyskaart. Die goeie reënval van die afgelope winter, is ook genoeg rede om die geleentheid by te woon en saam met boere te glimlag en fees te vier. Pragdiere wat wissel van skape, bokke, beeste, perde en pluimvee sal met hul beste voet voor ten toon gestel word. Die beoordeling van skoudiere sluit onder meer kampioenskappe op streeks-, provinsiaal- en nasionale vlak in, soos die Nasionale SA Vlaamperd -kampioenskap wat ‘n skouspel op sig self is. Daar is ook vermaak vir klein en groot met Klikkerland vir die jongspan en bekroonde kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall en nog vele Die Swartlandskou se koningin en haar prinsesse is Vrydagaand aangewys. Marli Coetzee (middel) is as Mej Swartlandskou gekroon. Sy word bygestaan deur Ida-Marie Steenkamp as eerste prinses en Lizanne Murpmeer om na uit te sien. Skougangers wat kom vir die hy as tweede prinses. stalletjies en masjinerie-uitstaltoevoeging tot die skou waarna baie uitsien, is redagaanbieding soos die dae van ouds. Die lings, sal ook nie teleurgesteld wees nie. die departement van landbou se nywerheidsaf- Swartlandskou wat elke oggend met ‘n heerlike Die masjinerie-afdeling sluit vanjaar uitstal- deling wat ook uitgestal word. ontbyt afskop, duur tot 8 September. Moet die lings van nagenoeg R300 miljoen in. ‘n Nuwe Almal word ook uitgenooi na ‘n unieke Boe- geleentheid nie misloop nie.

3


4

NUUS • NEWS

5 September 2018

Darling gaan groen met ontwikkeling

@Darling Green-landgoed, ‘n ontwikkeling van ‘n ander klas, is op pad na Darling. Die ontwikkeling is amptelik gedurende die afgelope naweek se Voorkamerfest op Darling aan die publiek bekend gestel en gereed om sake te doen nádat die publieke deelnameproses vroeër verlede maand tot ‘n einde geloop het. Belangstellendes kan vanaf die begin van September reeds begin aansoek doen om te koop.

@Darling Green Landgoed kom nádat die eienaars die grond waarop die ontwikkeling gebou sal word, in 2006 gekoop het. Die ontwikkeling van ‘n gholfbaan was aanvanklik op die tafel gewees vir die grond, geleë aan die oostelike rand van die dorp teen die Malmesbury/Altantis-pad. Dié ontwikkeling van ‘n gholfbaan is egter van die tafel gevee met die eiendomsmark wat in 2008 in duie gestort het.

ndal Eco-Estate 1 @ 1:100, 1:200

‘n Ontwikkeling is wéér oorweeg met die toestroom van inwoners van grootliks Gauteng. “@ Darling Green Landgoed, is perfek gebalanseer om te voldoen aan nie slegs families wat graag in die Wes-Kaap wil kom woon se behoeftes nie, maar ook vir dié wat ‘n rustige omgewing kom soek vir ‘n gereelde wegbreek,” vertel Ralhp Rabie, projekbestuurder van @Darling Green. Die ontwikkeling is uniek, omdat dit tans die enigste ontwikkeling in die omgewing van Darling is en boonop ‘n groen ontwikkeling daarby, voeg hy by. “Belangstellendes het die geleentheid om ‘n stuk erf te koop, ‘n plot-en-plan, asook deeltitel én daar is verder opsies vir afgetredenes. Die ontwikkelling se teikenmark bestaan uit ‘n wye verskeidenheid van kopers wat sal wissel van afgetredenes, fietsryers, tot mense wat in die stad werk en op die platteland wil bly. Die ontwikkeling sal die tradisionele Kaapse styl met ‘n modern fleur daaraan, gebou word. Die ontwikkeling bestaan uit onder meer woonhuise, ‘n aftree-oord en eenhede vir kunsuitstallers by die kunsmark. Daar gaan sover 119 erwe wees waarop kopers ‘n huis kan bou of slegs koop met die opsie om te bou. Die aftree-oord bestaan ook uit 250 huise, terwyl die kunsmark 100 tot 130 eenhede bied. Volgens Rabie is daar nog nie ‘n amptelike datum wanneer konstruksie sal afskop, aan-

100 99

2

1 446m 2

1 251m

101 98

2

1 200m 2

1 278m

102

96

97

8 394m2

2

1 250m 2

1 394m

95 9 321m2

94 9 321m2

103

68 0m

2

73 3m

2

69 3m

2

1 31

1 31

72 3m

92

2

2

1 31

74 0m

9 321m2

2

2

70 2

1 26

90 0m

2

77

1 40

87 6m

711 221m

78 0m

2

1 27

76 0m

2

91 0m

2

2

1 26

1 40

81 0m

2

2

1 26

82 2m

1 27

66

67

104

1 300m2

9 818m2

65

64

1 300m2

1 300m2

2

1 27

83 4m

2

2

1 34

1 300m2

80 0m

2

1 31

85 7m

1 27

79 0m

2

86 6m

1 30

1 503m2

75 0m

2

0m

1 26

2

1 39

10 154m2

1 30

93 9 321m2

89 7m

1 56

88 0m

1 64

62

63

1 300m2

1 300m2

105

1 27

84 2m

11 498m2

2

1 66

Birders's Pond

61

60

1 300m2

1 300m2

58

59

106 10 329m2

57

56

54

55

33

34

39

40

45

46

53

52

32

35

38

41

44

47

50

51

31

36

37

42

43

48

49

Members Access 430ha - Picnic Spots - MTB Routes (World Sport Design) - Trail Run - Horse Trails

107

108 109 110 111 112

30

29

28

1 919m2

27

1 919m2 1 919m2

26

25

1 919m2 1 919m2

24

23

1 919m2 1 919m2

22

21

4 695m2

5 325m2

5 023m2

4 639m2

4 373m2

1 919m2 1 919m2

2 618m2

117 113

Members Access - Darling Club - Darling College / School

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

10

9

8

7

6

5

4

3

2

1

114

115

116 118

119 Members Pool and Braai Area 120 121 Village Post

122 De Oude Post Retirement Village 250 Units 123 Darling Trading Post

Darling - Malmesbury Road Entrance to Site

gesien alles nou afhang van belangstelling en verkope. Die konstruksie van ‘n woonhuis sal moontlik reeds gedurende Oktober deur die grondeienaars plaasvind.

Osmond Lange Architects and Planners (Pty) Ltd Cape Town Postal: Address: E-mail: Tel: Fax:

PO Box 499, Bellville, 7535 Tyger Terrace II, DJ Wood way, Bellville, Cape Town info@osmondlange.co.za +27 (0) 21 948 2593 / 1877 +27 (0) 21 948 3455

Bo: By die naweek se NG Kerk-basaar was Miwette Basson, Hester Bestbier en Yolanda Mitchell saam met haar spruite Ava en Anthony.

Links: Die Malmesbury-tennisklub se lede het die naweek op Malmesbury hul beste voetjie voorgesit. Sien die volledige uitslae agter.

USAPHO hou vergadering

USAPHO hou op 11 September om 19:00 hul algemene jaarvergadering in die skoolsaal van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury. Kontak Denise Amerika by 022 486 4155 of 081 243 9017 of stuur 'n epos aan deniseamerika.usapho@gmail.com.

Swartlandskou 5-8 September 2018 Moorreesburg skougronde

Dienste- en Loopbaanuitstalling

Ons verskaf dienste en loopbaanadvies BETER TESAME.


NUUS • NEWS

5

5 September 2018

•13DE FEES OP SWARTLANDSE DORP AANGEBIED

Voorkamerfest lok duisende na Darling

Die 13de Voorkamerfest wat die afgelope naweek op Darling plaasgevind het, was een groot sukses. Só vertel Tasha St. John-Reid van The Darling Trust, betrokke by die organisering van die fees wat ná twee jaar na die dorp teruggekeer het. “ Vanjaar se Voorkamerfest was ongelooflik en ons sien reeds uit na wat volgende jaar inhou,” voeg ‘n moeë, maar opgewonde St. John-Reid by.

Hoewel finale syfers van die totale hoeveelheid besoekers nog nie bekend is nie, kan organiseerders van die vertonings, vermaak en uitstallings met trots sê dat alles goed afgeloop het. Volgens John-Reid het vanjaar se fees verwagtinge oortref, aangesien hulle nie geweet het wat die opkoms van feesgangers gaan wees weens twee jaar se afwesigheid nie. “Die terugvoering wat ons ontvang het, was

Middelman beveilig ingang

Vroueoggend: Die Laerskool Swartland op Malmesbury het Saterdag gasheer gespeel vir 'n kinderontwikkeling-vroueoggend saam met die voormalige skoonheidskoningin, Rolene Strauss. Bo is Mareli Steenkamp, Pieter van Jaarsveld, Anneke Furstenburg, Anel Kirsten, Rolene Strauss, Dr David Harrison, Mariechen Shellink, Melissa Visser en Gwendoline Kriek.

baie positief en dit het gevoel soos die Voorkamerfest van ouds.” Talle uitstallers wat by vorige jare se Voorkamerfest uitgestal het, was bly om dié jaar terug te kon keer. Byna 60 uitstallers het op die terrein van Evita se Perron gepronk met die span van I Love Yzer wat agter die organisering daarvan was. “Vorige jare wanneer feesgangers op die

Die Swartland Munisipaliteit is tans besig om die ingang na die De Bron-winkelsentrum in Voortrekkerweg op Malmesbury te beveilig deur die bestaande middelman op te gradeer. Die opgradering van die middelman wat voorheen geverf was, sal ook voortaan die kapasiteit van dié kruising verhoog, sê Louis Zikmann, direkteur van siviele ingenieursdienste by die SM. Die opgradering vorm ook nie deel van ander siviele projekte op die dorp nie, maar is uitsluitlik gedoen om die uitbreidings by die De Bron-winkelsentrum te akkommodeer. “Die eienaars van die De Bron-winkelsentrum staan ook in vir die kostes, voeg hy by. Werk aan die opgegradeerde middelman behoort oor sowat twee weke voltooi te wees.

taxi’s geklim het om die vertonings te gaan kyk, het die Perron stil geraak. Vanjaar was dit nie die geval nie met baie besoekers wat agtergebly het en die dag by die feesterrein deurgebring het,” vertel sy. Indien jy nie vanjaar kaartjies in die hande kon kry nie, hou gerus dan die Darling Voorkamerfest se Facebook-blad dop vir inligting oor volgende jaar se fees wat sál terugkeer met nóg fantastiese vertonings en vermaak.

Boetevrye week vir biblioteke in Swartland

Vir mense wat biblioteekboeke tuis het wat hulle al lankal moes terugbesorg het en vir wie ‘n boete wink, is daar goeie nuus. ‘n Boetevrye week word in die Swartland gehou vanaf 8 tot 13 Oktober 2018. Biblioteekgebruikers word vriendelik versoek om enige laat biblioteekmateriaal in hierdie tydperk terug te besorg. Maak asb. gebruik van die geleentheid!


6

5 September 2018 By die 34ste produksieveiling van Alexandershoek van Hannes Kotze en Gawie Carstens is pragdiere ten toon gestel. Die deuurste ram is vir R30 000 verkoop, terwyl die gemiddelde prys oor 46 ramme R11 492 beloop het. Link is Pieter Groenewald van BKB, Hannes Kotzè (verkoper), Appie Maritz van BKB, Jacques Bester (koper), Jeremy Cleophas (kuddemeester) en Michelle Ziervogel van ABSA

NUUS • NEWS

Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Bo: Hierdie skaapram het vir R16 000 verkoop. Bo is Byron Ott van Lionel’s Vet, Pieter Groenewald van BKB, Hannes Kotzè, Donovan Syster en Gawie Carstens (verkoper). Hierdie was Gawie Carstens se duurste ram.

Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

5 September 2018

7


8

5 September 2018

NUUS • NEWS

Bo: Mare de Kock, Matthys Basson en Hennie Vlok het ook deelgeneem aan die jaarlikse uitdaag.

Bo: Anri, Mariska, Gerrit en René Joubert van Malmesbury het aan die Lentefees van die NG Kerk op Riebeek-Kasteel se marathon deelgeneem.

Sien nog foto's op ons Facebook-blad!

Bo: Leon Williams, John Koopman, Hanselle Swarts en Willie Gagiano het ook hul staal gewys.

Tip Trans Cederberg MTB: Die vyfde Tip Trans Cederberg MTB ervaring het

die afgelope Saterdag met die aanbreek van Lente by die De Meul Gemeenskapsentrum op Citrusdal plaasgevind. ‘n Goeie opkoms van entoesiastiese ����� yers en ondersteuners is ontvang, asook drawwers wat op hul beurt aan die drafroete deelgeneem het. Die berg����es het onderskeidelik bestaan uit afstande van ‘n 105km, 65km en 45km, terwyl die drafroete oor 15km gestrek het. Volgens Tiptrans was die dag ‘n groot sukses en vol pret met besoekers wat die dag bygewoon het. Hulle sien reeds uit na volgende jaar se geleentheid wat nóg groter gaan wees. Bo: Pieter Visser van Tiptrans maak die drafroete klaar met sy seun Stephan Visser (6) en Niena Visser (9) aan sy sy.

���tsren op MRB Bergfietsryers het steeds geleentheid om vir die bergfietsren wat Saterdag, 8 September op Moorreesburg plaasvind, in te skryf. Die afstande wat gery kan word is onderskeidelik 60km en 40km en die wegspringtye is 07h30 en 07h45. Lekker pryse kan gewen word. Volgens organiseerders is die 60km-roete uitdagend en slegs geskik vir fikse deelnemers. Die roete neem fietsers deur die pragtige Swartland-natuurskoon. Die 40km-roete is nie-uitdagend en `n pretrit

vir die hele familie deur die koring- en kanolalande van die Swartland. Enige navrae kan gerig word aan Fietie by 083 375 0906 of by die skoukantoor (022) 433 1607 of by info@swartlandskou.co.za. Om aanlyn in te skryf besoek www.swartlandskou.co.za. Laatkommers kan die oggend van die ren by die begin/eindpunt ook inskryf. Kostes vir inskrywings is R280 vir die 60km-ren en R240 vir die 40km-ren. Dit sluit toegang tot die Swartlandskou in.

Wen: Ronald Geldenhuys (tweede van links) is die gelukkige wenner van 'n splinternu-

we voertuig in die Spar "Win a Car"-kompetisie. Hier ontvang hy sy sleutel van Albie Coetzee (mede-eienaar).


NUUS NUUS • • NEWS NEWS BEDANKING SPECIAL THANKS ASA BAATJIES. Baie dankie vir die ondersteuning, belangstelling met die heengaan van Ouma Asa. Ds Beukes (leeraar), NG Kerk gemeente, Daliah organsasie, SFP Begrafnisondernemer, Priscilla Cloete, Aansteeklike Siekte Hospitaal, Gail en Glenda Baadjies. Dit word opreg waardeer. God seën – Maud, Noleen, Phia en kinders #4668

-------------------------------------

Veels geluk WILLMORE met jou sesde verjaarsdag op 9 September. Mag God jou ryklik seën. Liefde Mammie en Dadda -------------------------------------

-------------------------------------------------

DIENSTE SERVICES DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554

#4551 -------------------------------------------------

TE HUUR TO LET 3 Slaapkamer woonstel beskikbaar vanaf 1 Oktober 2018 teen R5300 + Deposito. Kontak: 022 482 1072 #4669

------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749

FRANCOIS THERON. 11 September. Happy birthday “Sterretjie”. Finds joy in the little things with a new heart. From - All -------------------------------------

ALLETA. Baie geluk met Ma, Ouma, Skoonma en Oumagrootjie se 80ste verjaardag op 3 September. God se rykste seen. Lief jou – kinders, skoonkinders, kleinkinders en agterkleinkinders -------------------------------------

#4604

------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATION

Raai wie word een op 6 September. Baie geluk met jou eerste verjaarsdag CHE LEIGH. Van: jou Ouma Sony en ma Farren ---Baie geluk met jou eerste verjaarsdag. Liefde – Arendse, Cleophas en Kleinhans gesin -------------------------------------

RODNEY TIMOTHEUS. 21 op 8 September. Geluk met jou mondigwording. Mag jou dag met blydskap gevul wees en sterkte op jou lewenspad – Ma, Ouma, Oupa, Wanna en September-familie -------------------------------------

BEANETA NOEL. Op 3 September vier jy jou tweede verjaarsdag. Geniet jou dag. Van: Ouma, Oupa en Neil John ---Geniet jou dag ons skattebol – Mammie, Pappie en Daveline ---Kleinsus, jy moet lekker verjaar. Van: boeta Timrique en sussie Develine ----Atta Nina se kind moet lekker verjaar. Van: Al die familie -------------------------------------

Kyk wie raak vyf! ZIA LEE, baie geluk my engelkind. Ek wens jou ‘n jou 'n jàar vol geluk en pret - Mammie Anine ----‘n Groot vyf op 8 September, Zia Lee, geniet jou dag. Van al die familie

JOHANNA ARENDSE (Tims). Baie lief vir Mamma en alle voorspoed en seëninge. Liefde – Christopher, Serena, Flora Kaptein en kleinkinders -------------------------------------

Raai wie word 60 jaar oud op 8 September. Oupa, baie geluk en dankie vir alles. Liefde – Kinders, kleinkinders en Pietersen-familie ----“Happy 60th birthday on 8 September” OUPA PIA. Mag jou dag geseënd wees. Liefde - Pietersen clan -------------------------------------

WILLNICE. Twee op 9 September. Jy moet ‘n geseënde dag hê. Alles wat mooi is. Ons is lief vir jou - Mammie, Daddy en boeta ----Dankie Vader vir nog ‘n jaar by Willnice se lewe. Liefde – Wendy, kinders, Pietersen, Fortuin en Titus-gesinne -------------------------------------

HENDRIK COETZEE. 7 September 1953. Veels geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou vele jare spaar. Van: Jou vrou, 4 kinders en kleinkinders. 1 Korinthiers 13 -------------------------------------

LORNAY ERNSTZEN. Baie geluk met jou vyfde verjaarsdag. Alle seen op jou

5 5 September September 2018 2018 lewe. Mag God Sy hand om jou toevou altyd. Liefde L-Familie -------------------------------------

10 September is dit ons oudste suster KATIE MENTOOR se verjaardag. Lekker verjaar Atta. Ons vier susters is baie lief vir jou #sisters4life. -------------------------------------

Baie geluk met jou verjaarsdag CHRISTOPHER op 5 September. Mag ‘n geseënde dag hê. Van Pietersen clan. -------------------------------------

Baie geluk met jou verjaarsdag op die 5de JASTIN. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Van Pietersen clan. -------------------------------------

Baie geluk met jou verjaarsdag JUAN op 4 September. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Liefde Pietersen clan -------------------------------------

Raai wie is vyf op 5 September JOEL ROEMS. Alle seëninge op jou geboortedag – Tannie Lienkie en gesin -------------------------------------

THOMAS SASMAN. Baie geluk my man met jou 30 diensjare op 1 September. Mag God jou ryklik seen vroulief Doreen en kinders - Justin, Amor, Mandy en Derrick -------------------------------------

ADRIAN LINKS. 5 September. Baie geluk met jou geboortedag vieringe. Mag hierdie vir jou 'n geseënde dag wees - Ouma Diana, ma Liezel en Links-familie -------------------------------------

KEVIN NANI. Baie geluk met Pappie se 40ste verjaardag op 4 September. Ons wens net mooi dinge op jou lewenspad. Baie liefde - Monique en Mammie ------------------------------------MARTHINUS CAROLUS. 5 September. Baie geluk en baie dankie vir die nege jaar wat ons aankom. Hoop ons paadjie loop mooi. Ek is baie lief vir jou – jou verliefde, Johanna (Tims) -------------------------------------

APLOON JANTJIES (Kaatjie). Baie geluk my geliefde. Geseënde nuwe lewensjaar. Van: Hendrik Lottering. Berenice, kinders en kleinkinders ---Hoop die nuwe lewensjaar bring baie vreugde en geluk. Liefde – Bianca Arendse, Sarah Barendse en gesin ------------------------------------GERMICHA SCHOLTZ. Baie geluk met jou sewende verjaardag op 4 September ons poplap. Liefde - Ouma Rina, Ma, Pa, Boeta en kleinboetie ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

ROSINA BOLTNEY. Op 9 September is dit Ma se sesde jaar wat u ons verlaat het. Verlange is nog groot, maar ons berus ons dat u veilig is by Jesus. Liefde – Liana, Wilfred en kinders -------------------------------------

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant

99


courant

10

dié

5 September 2018

Tel: 022 487 3221

NUUS • NEWS

SPORT

5 September 2018

Plettervat

Sportuitslae Sports results

MALMESBURY TENNIS Suid Boland Tennis Unie gemengde dubbel wedstryde. Malmesbury A verloor teen Rekeasie 4 wedstryde teen 2. Jarryd Howard k Nelius Lubbe 6/3,6/4; Braam Isaacs k John Cocroft 6/3,6/2; Antonette Snyman v Ronel Pieterse 0/6,0/6; Laetitia Reesburg v Petro Kruger 2/6,6/7; Jarryd Howard & Laetitia Reesburg v Nelius Lubbe & Ronel Pieterse 1/6,1/6; Braam Isaacs & Antonette Snyman v John Cocroft & Petro Kruger 2/6,3/6. Malmesbury B wen Strand 5 wedstryde teen 1. Divan Robertson & Demi Rose k Renier Le Roux & Rykie Zwiegelqar 6/2,6/3; Dmitri Marais & Gabbi Rose k Ben Bekker & Annerie Louw 6/1,6/4; Kristoff Isaacs & Wian Beukes v Pietie Van Niekerk & Jovanne Meyer 2/6,1/6; Kristoff Isaacs & Wian Beukes k Renier Le Roux & Ben Bekker 6/0,7/6; Divan Robertson & Dmitri Marais k Pietie Van Niekerk & Jovanne Meyer 6/0,6/1; Demi Rose & Gabbi Rose k Rykie Swiegelaar & Annerie Louw 6/1,6/4 Malmesbury C verloor teen Kuilsrivier 6 wedstryde teen 0 Daryl Blom & Jessie Liebenberg v Issa Kareedo & Judy Radcliffe 1/6,5/7; Jean Le Roux & Hanneke Schreuder v Leonard Le Kay & Delia Maarman 0/6,1/6; Irwan Turner & Alec Viljoen v Pieter Schonees & Chris Franciscus 4/6,3/6; Irwan Turner & Alec Viljoen v Issa Kareedo & Leonard Le Kay 3/6,1/6; Daryl Blom & Jean Le Roux v Pieter Schonees & Chris Franciscus 0/6,6/7; Jessie Liebenberg & Hanneke Schreuder v Judy Radcliffe & Delia Maarman 1/6,1/6.

Die spanne van Wesbank- en Abbotsdale-rugbyklub het Saterdag op Abbotsdale kragte gemeet. Wesbank het die wedstryd met 30-26 gewen. Ander uitslae in die Swartwes-liga, is soos volg: Coronations 25-22* Piketberg, Never Despair 29-22* Moorreesburg, Porterville 34*-38 Good Hopes. Foto: David Howburgh

MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 29 Augustus: Sundowner - Supa Quick - Enkel Stableford: Gerhard Spangenberg 22, Saberie Pietersen 21, Sakkie Klasen 20, Brian de Beer 20 Saterdag, 1 September: Maandlikse Houespel - Johann Uys 72, John Smith 72, Joniel Coetzee 73, Ewald Liedeman 74, Roscoe Liedeman 74, Johann Ackerman 74, Saberie Pietersen 75, Eben Lingeveldt (snr) 75, Daniel Prins 75, Algernon Jacobs 75 MALMESBURY DUIWE Strydenburg 1 JO 1 LF van Dalen 1257.8417; 2 Bordeaux B 1249.8080; 3 J Steenkamp 1239.3877; 4 J Steenkamp 1238.3801; 5 Hayman & Edas 1220.1616; 6 Bordeaux B 1207.1719; 7 LF van Dalen 1202.2344; 8 Bordeaux B 1188.3141; 9 Bruyns Loft 1179.2952; 10 J Steenkamp 1176.1085; 11 G Horn 1175.9900; 12 LF van Dalen 1159.4009; 13 Paulus Fam 1153.8104; 14 Paulus Fam 1150.5773; 15 Kotze Familie Hokke 1142.3836; 16 Hayman & Edas 1141.6886; 17 Paulus Fam 1136.3193; 18 G Horn 1133.5791; 19 Paulus Fam 1127.3067; 20 Bordeaux B 1120.7578; Strydenburg 1 Ope 1 J Steenkamp 1269.8687; 2 Paulus Fam 1237.5005; 3 J Steenkamp 1201.3862; 4 Jurie en Rina Strydom 1199.8836; 5 J Steenkamp 1182.2703; 6 Paulus Fam 1170.5863; 7 LF van Dalen 1168.9981; 8 Bordeaux B 1161.1253; 9 G Horn 1160.3996; 10 LF van Dalen 1157.8595; 11 Bordeaux B 1157.3058; 12 Kotze Familie Hokke 1156.1042; 13 J Steenkamp 1153.7994; 14 Bordeaux B 1149.6333; 15 Hayman & Edas 1149.0101; 16 G Williams 1146.5697; 17 Kotze Familie Hokke 1145.8190; 18 Hayman & Edas 1142.4737; 19 G Horn 1140.7183; 20 Kotze Familie Hokke 1133.8142 RIEBEEK WES DUIWE - Prieska 1 Mentoor Hokke 15.54.20, 2 Amerika Hokke 16.06.08, 3 Amerika Hokke 16.06.10, 4 Kuiler Hokke 16.07.21, 5 Persens Hokke 16.08.53, 6 James Hokke 16.08.09, 7 Amerika Hokke 16.22.33, 8 Boltney Hokke 16.25.47, 9 James Hokke 16.25.02, 10 Boltney Hokke 16.27.03

Landlope:

Die volgende atlete van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg het aan die Wes-Kaapland se loopkampioenskappe op Daljosafat-stadion in die Paarl op die 25ste Augustus deelgeneem. Hulle is deur die volgende beamptes vergesel: Apostel Niklaas Klaase; S.G. Apollis (koördineerder) en E.Isaacs. Agter is Apostel Klaase, Glynwr Claassen, Alnado Prins, Vernon Mentoor en E.S.Isaacs. Middel: Meagan Arendse, Caithlin Diedericks, S.G.Apollis, Mischka Klaassen en ILona Booysen. Voor is Linecke Croy, Marchallino de Silver, Steward Prins en Calpurnia Alkaster. Afwesig: Marelize Saiks en Raydene Perseng.

DARLING DUIWE - Prieska jongduif 1 Willemburg Family A 15.20.10, 2 Baron & Sons 16.02.11, 3 Warren Isaacs Family 16.20.17, 4 Baron & Sons 16.25.26, 5 Baron & Sons 16.33.29, 6 Willemburg Family A 16.35.38, 7 Baron & Sons 16.40.17, 8 Baron & Sons 16.59.32, 9 Mervin Isaacs Family 17.21.11, 10 Baron & Sons 17.22.09, 11 Baron & Sons 17.32.18, 12 Mervin Isaacs Family 17.32.28, 13 Baron & Sons 17.54.13 Prieska 3-bird : Willemburg Family B, Warren Isaacs Family, Warren Isaacs Family, Willemburg Family B, Mervin Isaacs Family


NUUS • NEWS

11

5 September 2018

Hoofkantoor:

Die span by Prima se hoofkantoor op Malmesbury het Vrydag in die feesvieringe van die Prima Groep se 50ste bestaansjaar gevier.

Langste diens: Hierdie

personeellede het spog met die meeste diensjare aan die Prima Groep. Links is Lou Beukman (33 jaar), Barianna Barnard (19 jaar), Fanie Malherbe (50 jaar) en Beryl Els (23 jaar).


courant 5 September 2018

diĂŠ

12

Tel: 022 487 3221

NUUS • NEWS

PRIMAGROEP

5 September 2018

SupaQuick Malmesbury

, wat deel is van die Prima Groep, se tuiste is in Voortrekkerweg 86 en staan onder leiding van Stephan Beukes (tweede van links). Kontak hulle by 074 150 1971.

Tyremart Malmesbury,

wat ook deel is van die Prima Groep, se winkel kan in Bokomoweg 44 op Malmesbury gevind word. Hierdie tak staan onder leiding van Lappies Labuschagne (heel links). Kontak Tyremart by 022 482 1817.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
485 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu