Skip to main content

484 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

29 Augustus 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 484

29 Augustus 2018

•FYNE WAARNEMING IN WERKE GEBRUIK

‘n Kop vol stories besorg Alma pryse •Jaomi Zeeman Alma Nel is ‘n Wellingtonner met ‘n fyn waarnemingsin, ‘n liefde vir stories en ‘n passie vir drama. Hierdie kombinasie van eienskappe het al vir talle pryswenner-tekste uit haar pen en vele bekroonde toneelstukke onder haar wakende oog gesorg. Sy bedryf ook die Alma Nel Drama-ateljee vanuit die Bôrdienghuis-teater by die plaaslike Breytenbach-sentrum. Volgens Alma het die blootstelling wat sy as jong kind aan drama gekry het, definitief ‘n groot rol in haar belangstelling en sukses in hierdie veld gespeel. “Ek is in Bethlehem in die Vrystaat gebore en as kind het ons gereeld vir my pa se werk as personeelbestuurder op myne rondgetrek. My ma was ‘n onderwyseres en het na-ure dramaklasse aangebied. Drama was deur my hele skoolloopbaan ‘n konstante in my lewe,” vertel sy. Nadat sy matriek aan Hoërskool Grens in die Oos-Kaap voltooi het, het sy drama aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer en haar honneursgraad cum laude verwerf. Die liefde het haar in 2014 na Wellington laat trek. Nadat Alma in 2013 as student die KKNK-teksontwikkelingsprys vir haar teks, Vat aan my, gewen het, het die bekende skrywer en dramaturg, Rachell Greeff, haar mentor geword om die teks verder te ontwikkel. Alma se eerste kennismaking met die Breytenbach-sentrum was toe sy Rachelle se skryfskool gedurende 2014 daar bygewoon het. “Ek het dieselfde jaar ook saam met my ma, Sanet Taljaard, en bekende akteur, Johann Nel, aan Tuin van Digters deelgeneem met die voorlees van gedigte. Asof dit, sowel as die romantiek van die gebou en omgewing nie genoeg was om my na die sentrum aan te trek nie, het ek ook my verloofde tydens die skryfskool daar ontmoet,” vertel sy oor haar verbintenis met hierdie sentrum. Volgens Alma word kinders vanaf graad 3 tot studente in die fyner kunsies van toneelspel, met spesifieke fokus op die ontwikkeling van self-insig en die aanleer van kommunikasievaardighede, by haar dramaskool onderrig. “Hierdie ateljee is dan ook een van slegs twee instellings in die Wes-Kaap wat geakkrediteer is by die SA College of Drama en leerders en studente lê jaarliks ‘n Mondelinge Kommunikatiewe-eksamen by die instelling af,” sê sy trots. Beide Alma se ma, Sanet, en oom, Pieter Taljaard, was nog altyd by toneel betrokke as akteurs, spelleiers en regisseurs. “Ek het drama dus saam met my moedersmelk ingekry en het altyd geweet dis wat ek met my

lewe wou doen,” sê sy. Wanneer ‘n mens hoor dat Alma al op tweejarige ouderdom onder die lessenaar in haar ma se drama-ateljee in Carltonville na ouer kinders wat dramaklasse geneem het gesit en kyk het, maak haar sukses vandag sin. “Ek dink almal het ‘die oomblik’, by gebrek aan ‘n beter woord, wat hul besluit ek wil hierdie vir die res van my lewe doen. My oomblik was toe ek as sestienjarige deelgeneem het aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie in Port Elizabeth. Ek het die rol van ‘n verleidster in ‘n Paul Slabolepszy komedie gespeel. Johann Nel, een van die beoordelaars, het my uit die stampvol teater gevra om op te staan voor almal gedurende die terugvoersessie. Hy het aan my gesê: ‘Dame, toe jy oor daai toonbank kruip, het jy darem ál jou punte by my gekry.’ Hierna het ek aan my ma gesê, ‘Mamma, ek wil drama swot.’ Nou ja, medies was ook ‘n opsie, maar dit kon nie kers vashou by daai oomblik van oortuiging nie,” vertel sy. Die feit dat Alma haar hart gevolg het, werp vandag vrugte af. Sy was nie net in 2013 die wenner van die KKNK se Teksontwikkelingsprys nie, maar het ook in 2015 met die prys as die beste verwerker/regisseur by die ATKV Tienertoneel se streeksfinaal weggestap. In 2016 behaal sy ‘n derde plek in die landswye ATKV Tienertoneelkompetisie met

“Dis ek, Annatjie”. In 2017 tree sy as dramaturg met “Uniform” by die US Woordfees op en wen ook die prys vir die Beste Nuutgeskrewe Teks by die Namakwaland Toneelfees vir haar drama “Blessings”. Met haar toneelstuk “Freaks” wen sy ook die prys vir die Beste Produksie en beste regisseur by die Heidelberg Toneelfees in 2017. Alma het onlangs twee tekste geskryf, naamlik “90/10” vir Hoërskool Durbanville en “Die huis van Bernard Albertyn” vir Hoërskool Stellenbosch. Beide hierdie skole gaan aan die ATKV-Tienertoneel kompetisie gedurende die laaste week van Augustus deelneem. Hulle het onlangs aan vier toneelfeeste deelgeneem, waar Alma haar segetog as dramaturg voortgesit het. Sy wen die prys vir Beste nuutgeskrewe teks vir haar toneelstuk, “90/10”, by die Fraserburgtoneelfees. Vir “Die huis van Bernard Albertyn” wen sy ook die prys vir Beste Nuutgeskrewe. Alma werk ook met Bergrivier Hoërskool aan die produksie “Vlerksleep”, waarmee hulle aan die ATKV Tienertoneelkompetisie by die Kunstekaap-teater gaan deelneem. “My droom is dat hul sal deurdring na die finale nasionale rondte in Roodepoort vroeg in Oktober. Hierdie droom is egter net ‘n moontlikheid met die ondersteuning van plaaslike besighede wat ons ondersteun en waarvoor ons baie dankbaar is,” sê sy.

NUUS • NEWS


2

29 Augustus 2018

AHi Wes-Kaap praat met plaaslike sakemanne Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi) het, in samewerking met die Drakenstein Sakekamer, op Woensdag 22 Augustus ‘n byeenkoms vir plaaslike sakemanne aangebied. Dié byeenkoms, wat oor die AHi en Sakekamers se rol in die sakegemeenskap gehandel het, het by die Boschenmeer-landgoed plaasgevind. Die sprekers by die geleentheid was dr. Willie Cilliers van AHi Wes-Kaap en Jannie Durand van Remgro. Volgens Willie val die AHi, wat reeds in 1941 gestig is, se fokus nie meer net op Afrikaanse sakemanne nie, maar is dit hul doel sakegeleenthede vir alle mense in Suid-Afrika te skep. “Alhoewel die AHi elders in die land hul naam na die Small Business Institute verander het, het ons in die Wes-Kaap steeds die AHi gebly. Die voorwaarde is dat ons waarde moet toevoeg en onsself vra hoe ons kapasiteit in die Drakenstein gaan bou om bruin en swart besigheidsmense uit alle gemeenskappe by ons bedrywighede in te sluit,” het hy gesê. Willie het ook die belangrikheid van die vorming van onderlinge netwerke tussen besigheidsmense, met die doel om mekaar te ondersteun en aan die area se ekonomie te help bou, beklemtoon. Tydens Jannie Durand se praatjie het hy na die belangrikheid van klein sakeondernemings verwys.

“Klein sakeondernemings skep die meeste werk en beleggingsgeleenthede,” het hy gesê. Volgens hom is Suid-Afrika se ekonomie onder druk as gevolg van probleme by Eskom, onsekerheid oor die nuwe Gesondheidsorgwetgewing, landsonteiening en ons mynbouhandves. “Al hierdie probleme kan egter in geleenthede omskep word as ons innoverend dink. ‘n Oneffektiewe staat skep geleenthede vir die privaat sektor. ‘n Mens se reis is nooit klaar nie. Jy moet aanpas by jou omgewing en omstandighede en geleenthede raaksien,” het hy afgesluit.

Wellingtonners kan hul vere regskud vir ‘n groot makietie wanneer die Wellington-Noordgemeente hul basaar op Lentedag, 1 September, in die kerk se onthaalsentrum hou. Die feestelikheid sal reeds om agtuur afskop en besoekers kan hul inkopies op ‘n vol maag aandurf deur die dag met ‘n heerlike basaar-ontbyt te begin. Kaartjies daarvoor kan by die basaar gekoop word. Daar sal hope vermaak vir die kleinspan tydens die dag wees. Om nege-uur is daar ‘n Kizzo-vertoning en ‘n monkeynastix-hindernisbaan sal die jongspan vir ure besig hou. Die kindertafel beloof om vol lekkernye en verrassings te wees en klink na die ideale plek om sakgeld te spandeer. Die kafee sal deurentyd vir vars koffie, tee

en eetgoed sorg wanneer daar ‘n blaaskans geneem moet word. Vroeë Kersinkopies kan by die Tuine en Tossels tafel gedoen word en vars groente en vrugte, asook top-gehalte vleis sal teen weggee-pryse beskikbaar wees. Die Wit Olifant-tafel sal oudergewoonte vir talle interessante artikels sorg en die een se uitskot in ‘n ander se winskoop omtower. Tussen die waterwys-plante by die plante-tafel, die heerlike vriesgeregte vir die besige vrou en die keur van tuisgebak wat te koop sal wees, kan die dag maklik tot middagete, wat ook by die basaar beskikbaar sal wees, gerek word. “Die hele dorp is welkom om hierdie feestelikheid te kom deel,” sê Marita Coetzee, skriba by die kerk.

NUUS • NEWS

Sakemanne kon na afloop van die praatjies om ‘n heerlike ete gesels en netwerke bou. Spreker: Dr Willie Cilliers AHi Wes-Kaap TEMA: “DIE AHi SE WAARDE-AANBOD AAN SAKEKAMERS EN ONAFHANKLIKE ENTREPRENEURS” Gasspreker: Jannie du Randt – REMGRO – TEMA: “TENDENSE EN GELEENTHEDE IN DIE SAKEWȆRELD” Drag: Stylvol Koste: Sakekamerlede en AHi-lede gratis, nie-lede R200-00 per persoon RSVP ASB. VOOR 18 AUGUSTUS BY FRANCIS NIEUWOUDT by info@drakensteinsakekamer. co.za

Bo: Dirk Breytenbach, burgemeester Conrad Poole, Jannie Durand en dr. Willie Cilliers.

Wellington-Noord se basaar beloof talle verrassings


NUUS • NEWS

3

29 Augustus 2018

Die Kerk van St. Alban en St. Augustine vier 115 jaar

Boekklub:

Skrywer Helena Gunter was by die Breyten Boekklub om oor haar nuwe kortverhaalbundel Tweespoor te gesels met Madri Victor. Onder diegene wat die geleentheid by die Breytenbach-sentrum op Wellington bygewoon het, was Adrienne van As en Mitch de Villiers. Foto: Engela Duvenage

•WINGERDE ONDER BESPREKING

Dag help boere met herstelpad

•Jaomi Zeeman Die plaaslike St. Alban en St. Augustine Anglikaanse Kerk vier hierdie jaar hul 115de bestaansjaar. Hierdie groot mylpaal in die kerk se geskiedenis word behoorlik gevier om die erfenis van hierdie instelling in ons dorp te gedenk. Die viering het reeds in Januarie afgeskop toe ‘n spesiale 115 Jaar Gedenkdiens gehou is. Die volgende hoogtepunt tydens hul feesjaar sal op 8 September, tydens hul 115 Jaar Ekstravaganza, plaasvind. Volgens Anthony Cavernelis, verbonde aan die kerk, beloof die Ekstravaganza om ‘n uithaler-geleentheid te wees. “Dit sal in die Stadsaal plaasvind en ‘n deftige Black and white tema hê. "Daar sal lekker vermaak in die vorm van musiek en dans wees. "Die kroning van ons Miss and Mister Parish of Wellington 2018 sal ook tydens hierdie geleentheid geskied,” sê hy. Die volgende groot viering van die kerk se feesjaar sal op 24 November met hul Parish 115th Celebration Dance plaasvind en op 30 Desember sal daar ‘n Feesdiens van Danksegging in die kerk wees. Die kerk het ‘n ryke geskiedenis wat so ver terug as 1853 strek. ‘n Paar Anglikaanse het begin om saam lofprysing te doen en hulle het later ‘n stuk grond in Bainstraat bekom waarop hul ‘n klein kapel gebou het. Soos wat die gemeente gegroei het, het die kapel later te klein geraak en na ongeveer 50 jaar is die huidige kerkgebou gebou en op 17 November 1903 ter ere van Saint Alban en Saint Augustine ingewy. Alhoewel Wellington se gemeente aanvanklik deel van die Paarl-gemeente gevorm het, het hulle in 1904 afgestig en onafhanklik onder W.J.R. Morris, wat die eerste rektor van die nuwe gemeente was, begin funksioneer. Morris het as rektor vir die kerk opgetree tot met sy afsterwe in 1921. Die kerk het ongekende groei tydens die

tweede helfte van die 20ste eeu beleef en die kapelle van die Holy Cross in Saron, St. Monica in Vanwyksvlei, sowel as ‘n Anglikaanse gemeenskap in Groenheuwel het ook deel van Wellington se gemeente van St. Alban en St. Augustine geword. Die huidige rektor van die kerk is Eerwaarde Anthea Susan Brache. Sy is ook die eerste vroulike rektor van die plaaslike gemeente. Volgens Eerwaarde Brache is hulle baie dankbaar vir die feit dat hulle hierdie jaar so ‘n groot mylpaal kan vier. “Bo alles is ons dankbaar tenoor God vir sy genade wat al die generasies voor ons gedra het en ‘n nalatenskap vir ons gelaat het waarop ons kan voortbou. "Hierdeur kon ons die struikelblokke van elke jaar weerstaan, selfs as dinge hopeloos gelyk het by tye. "Ons is ook dankbaar vir die geestelike tradisies wat ons versterk het en ons iets gegee het om aan vas te hou en met die gemeenskap te deel. "Ons is ook dankbaar vir ons gemeentelede wat as priesters lewe,” het sy gesê. Eerwaarde Bache voel dat die ingesteldheid van hul gemeentelede en voorgangers die boustene gelê het waarop hulle vandag voortbou. “Die dinge wat ons geanker hou, is die onbaatsugtigheid en geloof van ons voorgangers wat soveel vir ons geliefde kerk en vir God gedoen en gegee het. "Hierdeur is ‘n lojaliteit vandag in ons bewerkstellig - om ‘n voorbeeld van God se liefde en omgee te wees ten spyte van ons eie situasie,” het sy laat hoor. Volgens Eerwaarde Bache het hulle groot drome en planne vir die toekoms. “Net soos ons voorvaders en -moeders hard gewerk het om vir ons hierdie erfenis na te laat, moet ons dieselfde vir dié doen wat na ons kom. Ons sal voortgaan om ons suster- en broederkerke op te bou sodat ons almal die voorreg kan hê om in ‘n heilige plek te aanbid en lof te bring. Ons toekoms sluit diensbaarheid aan diegene in nood of wat soekend is, in,” het sy gesê.

Wellington Wines receives top honour at Young Wine The main Trophy: Genl Smuts trophy for the best wine of 2018, Wellington Wines Pinotage (Wooded). Back: Reon Richter with the AE Perold Trophy for SA Champion Pinotage; Front: Chris Smit, Francois van Niekerk(Cellar Master) and Erik van Wyk with the Genl Smuts Trophy for the best wine of 2018, Wellington Wines Pinotage (Wooded).

Bo: Die verteenwoordigers van Vinpro en Winetech het hul kennis met landbouers gedeel. Plaaslike boere kon op Dinsdag 21 Augustus ‘n inligtingsdag bywoon waar metodes om hul wingerde weer op die pad van herstel na een van die ergste droogtes in bykans ‘n eeu te kry, bespreek is. Hierdie inisiatief, onder aanvoering van Vinpro Winetech, is by die Nelson-wynlandgoed aangebied. Streeksinligtingsdae is vanaf 21 Augustus tot 4 Oktober in die onderskeie wyndruifbouingstreke aangebied. “Suid-Afrika se wingerde het die afgelope paar jaar swaar gekry weens droogtetoestande. Hoewel ons sover goeie winterreën gehad het, mag wingerde nog ʼn geruime tyd neem om ten volle van die droogte te herstel weens lae reserwevlakke,” sê Francois Viljoen, bestuurder van Vinpro se wingerdkonsultasiediens, oor die motivering agter hierdie inisiatief. ʼn Verskeidenheid kundiges het bestuurspraktyke en tegnologie waarmee wyndruifprodusente en wingerdboukundiges hierdie uitdaging kan aanpak, gedeel. Onderwerpe soos die gebruik van EMI grondskandering, presisieboerdery, kompos as ʼn regeneratiewe hulpmiddel vir grond en wingerdstokke, die watervoetspoor van wyn en wingerdstok-reserwevlakke se invloed op bestuur in die komende seisoen is tydens hierdie sessies onder die loep geneem. Kundige sprekers soos Jacobus Els van Revolute Systems, Johan de Jager van Vinpro, Emma Moffat van die Universiteit van Stellenbosch, dr. Caren Jarmain, ‘n onafhanklike navorser en dr. Albert Strever van die Universiteit van Stellenbosch het hierdie kwessies met boere bespreek. ʼn Nuwe publikasie, deur die bekende navorser dr. Phillip Myburgh, Handbook for irrigation

of wine grapes in SA, is tydens die inligtingsdag bekendgestel en elke bywoner het ʼn gratis eksemplaar van hierdie boek ontvang. Volgens Jacobus Els kan GPS-toerusting nuttig meting van grondeienskappe per hektaar gebruik word. “Hierdie toerusting kan boere help om blokke se dinamika te bepaal en sekere aanpassings te maak ten opsigte van byvoorbeeld hul besproeiingsmetodes. "Met die skep van hoë-akkuraatheid kaarte van grondvariasie kan finansiële implikasies bereken word en ‘n aanduiding van die besproeiings- en dreineringsuitleg van ‘n plaas gemaak word. "Hierdie data word ook met satellietbeeld en drone-beelde gekombineer,” het hy verduidelik. Johan de Jager het hierby aangesluit toe hy benadruk het dat presisieboerdery by die grond begin. Hy het ook rehabilitasieprogramme, die ontleding van grond, bemesting en ‘n veranderde denkwyse met betrekking tot wingerdvestiging bespreek. In haar praatjie oor kompos as ‘n regeneratiewe hulpmiddel vir grond en wingerdstokke het Emma Moffat onder andere na die redes vir swak infiltrasie van kompos verwys. “Die gesondheid van grond moet fisies, chemies en biologies bepaal word. "Wanneer kompos op die regte metodes toegedien word, kan dit oor ‘n twee tot drie jaar periode verhoogde inkomste per hektaar tot gevolg hê,” het sy gesê. Die praatjies en inligtingsessies gedurende die dag is met pouses van heerlike eet- en drinkgoed afgewissel waartydens boere hul idees kon uitruil en netwerke bou.

A wooded Pinotage from Wellington Wines was crowned as the winner of the coveted General Smuts Trophy for the overall SA Champion young wine 2018, at the gala dinner of the SA Young Wine Show tonight (Saturday 25 August). This winning wine from Wellington Wines also received the trophy for the SA Champion Pinotage at the show this year, as in 2017. It was the 186th presentation of this Show, the oldest of its kind worldwide, and the 67th time that the General Smuts Trophy was awarded to the overall winning wine of the year. White Wine trophies were awarded to De Wetshof Estate, SA Champion Chardonnay (wooded); Spier Wines, SA Champion Chenin Blanc (wooded); and La Motte, SA Champion Sémillon. Winners of the Red Wine trophies were Babylonstoren SA, Champion Cabernet Sauvignon (wooded); Stellenbosch Hills, SA Champion Merlot (wooded); Darling Cellars, SA Champion Shiraz (wooded); Le Bonheur Estate, SA Champion

Other Red Cultivar (Petit Verdot – wooded); and KWV, SA Champion Red Blend (Pinotage/Cabernet Sauvignon/Shiraz/Malbec – wooded). De Krans Wine walked away with the SA Champion Port Trophy (Vintage) and Slanghoek Wine Cellar with the SA Champion Muscadel (Red Muscadel Jerepigo). Out of the 1 680 entries, 17 won SA Champion trophies, 49 achieved class-winner status and 99 received gold medals. The Chairman of the Young Wine Show, Christo Pienaar, said that despite it being a very difficult year due to the drought in the Western Cape, the quality of the young wines that were judged was outstanding. He was also impressed that the winners of the SA Champion wines represent so many of the wine producing areas. The outstanding wines of the 2018 vintage were announced at a glittering gala dinner evening presented by Agri-Expo in the Stellenbosch City Hall.


4

NUUS • NEWS

29 Augustus 2018

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die Here spot met hulle

Bykans drie duisend jaar gelede is Psalm twee geskryf. Die vraag word gevra waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde. Die vorste en konings van die aarde wil loskom van die bande en slawerny van die HERE! Hulle wil seker onder die wet loskom, dan geld geen morele reëls meer vir hulle nie. In Daniël en Esegiël van konings en vorste, wat teen God in opstand kom. Hy wat in die hemel woon lag, die HERE spot met hulle! Die Gesalfde van die Here in Psalm twee verwys na Jesus, wat opgewek is deur die HERE, selfs Paulus verwys na Psalm twee in die boek Handelinge in die Nuwe Testament, asook die skrywer van die Hebreërboek haal die Psalm aan : U is My Seun, vandag het ek U gegenereer. Ons leef ook in ‘n tyd wat die vorste en konings van die aarde woel, en van God se gebod niks wil weet nie. Hulle word in die Psalm gewaarsku, wees nou verstandig o konings, en laat julle waarsku o regters van die aarde! Die HERE is nie bekommerd nie, Sy Seun is Koning en welgeluksalig is almal wat by Hom skuil.

dié

courant

Die gewilde televisieprogram op Via TV, Laat die Potte Prut, het laat weet dat hulle na nuwe potjiekosmeesters uit ons omgewing op soek is. En ons mense kén mos van potmaak. Ons weet hoe om die regte bestanddele in die regte hoeveelhede op die regte tyd bymekaar te voeg. Ons weet hoe om ‘n lekker vuur te maak om die storie tot ‘n feesmaal te laat prut. Miskien is dit iets wat in ons bloed is, wat ons by ons voorvaders geërf het, dié potpruttery. Die eerste Britse Setlaars en Franse Hugenote wat ons vallei bewoon het, het resepte en koskombinasies van hul lande van oorsprong met hul saamgebring toe hulle hier in ons vallei hul tafels vir aandete moes kom dek. Hul slawe het weer húlle voorgeslagte se geregte, bekende geure en resepte met hul saamgebring en miskien hier in die Boland as vertroosting en uit verlange na hul wortels kom herkook. Die Khoisan, wat heel eerste hier was, het vir eeue al geweet watter kruie, watter inheemse vleis en watter geurmiddels mekaar oor ‘n vuurtjie komplimenteer. Al hierdie bydraers het oor die jare heen ‘n stuiwer in die armbeurs van ons kos-, en potjiekoskultuur kom gooi. Hulle het heel waarskynlik dieselfde aandeel in ons kultuur en die waardes wat vandag nog in ons gemeenskap sigbaar is, gehad. Want ons mense weet hoe om die regte dinge op die regte tyd vir die beste resultate te kombineer. Die plaaslike dramaturg, Alma Nel, se dramatekste is die perfekte kombinasie van gebeure, karakters en stories om die een prys na die ander in te oes.

Krag in weerloosheid

Die Wellington-Noord Gemeente gooi elke jaar net die regte bestanddele vir ‘n onvergeetlike basaar bymekaar - en hierdie jaar maak hul op Lentedag weer so. Tydens die inligtingsdag vir boere op Nelson Estate is die belangrikheid van die kennis van elke bestanddeel wat tot ‘n suksesvolle oes kan lei, belig en bespreek. Die Afrikaanse Handelsinstituut en Drakenstein Sakekamer se byeenkoms vir plaaslike besigheidsmense het die onderlinge ondersteuning en belangrikheid van netwerke tussen klein ondernemings as wenresep vir ‘n gesonde ekonomie voorgehou. By die Lions se fondsinsamelingstee het die bydrae van elke lid van ons streek se klubs die bestanddele van dié organisasie se wenresep gedemonstreer. Die plaaslike Anglikaanse Kerk van St. Alban en St. Augustine se viering van hul 115de bestaansjaar getuig van ‘n goeie resep wat deur geslagte oorgedra is om vandag nog relevant te wees. Duan Rossouw se Sani Works het beslis die regte bestanddele as ‘n mens na hul sukses en groei oor die afgelope twee dekades kyk. En die Mamma-aand by die Bovlei Kelder was ‘n hutspot van ma-wees, pret en teruggee aan die gemeenskap - definitief ‘n wenresep vir ons mense. Iemand het eenkeer geskryf dat die resep vir ons drome uit 1/3 van ons doel, 1/3 van ons passie en 1/3 van een van ons mal idees moet bestaan. Dit lyk of Wellingtonners hierdie resep waarskynlik al goed onder die knie het. Mag elkeen hierdie week die regte bestanddele, in die regte hoeveelhede, op die regte tyd gereed hê om hul potte lekker te laat prut.

Die nuwe konsessie van Amazing Pies het verlede week amptelik hul deure op Wellington geopen. Hier is die trotse span van Amazing Pies Wellington.

Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Moorreesburger Restaurant Elke Sondag - Heerlike Sondagmiddagete by die Moorreesburger Restaurant, Moorreesburg. Kom geniet ook Moorreesburger Craft biere. Hou die fb blad Moorreesburger PTY Ltd dop vir die spyskaart en ook vir alle ander spesiale disse en geleenthede.

Kontak 022 433 1181 of Moorreesburger@ shopritetrust.co.za vir enige navrae

Hopefield - Fynbosskou 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou by die Hopefield-sportterrein Vir enige navrae kontak 022 783 0856 Cancer Vive 2 September: Ride for someone with cancer and bring hope. Depart from: Burger King Square, Heerengracht street, Cape Town. Cancervive launch show at 9:30. Brealfast run to Darling Brew at 10:00 (food and beveraged at Darling Brew for your own account) For more information contact Claude at claude@cancervive.co.za / 083 650 4109 Mike McCully & the Harmonix pay tribute to Abba, 14 September: Mike McCully and the Harmonix pay tribute to Abba at the Barn Owl On The Bay, St Helena Bay, a one-night

only phenominal show, 20h00, R175 pp, For bookings contact 062 996 5406 or send an e-mail to - info@barnowl.org.za, www.barnowl.org.za. The Darling Wildflower Show 14 - 16 September 2018: Brought to you. by: The Darling Wildflower Society Show Dates 14 - 16 September 2018 Times Friday & Saturday: 09:00 - 17:00; Sunday: 09:00 - 15:00 Venue Darling Golf Club, Jacaranda Street, Darling. Tickets can be purchased online via www.quicket.co.za - Group Specials on Application. Ticket Prices Adults: R60. Pensioners: R40 (Friday, 14 Sep, only). Children 2 - 18 years: R40 Children below 2 years: Free ATKV Saldanha 24 September: Die ATKV op Saldanha hou 'n Erfenisdag Braaikompetisie vanaf 10:00 by die Sandstone Restaurant, Hoofweg, Saldanha Vir enige navrae kontak Corne de Milander 083 235 8619. !Khwa ttu 6-7 Oct: our MTB. Teams can be solo, team of two or team of four - 10km multi lap relay challenge Early Bird Entry Fee until 31 August 2018: MTB 10 km Solo: R350 MTB 10km Team of 2: R700 MTB 10km Team of 4: R1 400 Age Limit: 14 and up Event capped at 500 riders. For any further enquiries, please contact 022 451 2202 or send an email to info@darlingttu.co.za Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens op Sondag-

oggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.


NUUS • NEWS

29 Augustus 2018

5


6

29 Augustus 2018

Lions hou Vroue-oggend vir fondsinsameling

Bo: Lede van Wellington se Lions Klub kuier heerlik tydens die Vroue-oggend. Regs: Die “Barones Monicque Damseaux” het vir groot vermaak tydens die geleentheid gesorg. Die vroue van Wellington se Lions Klub het met vroue van omliggende klubs kragte saamgespan toe hulle ‘n deftige Vroue-oggend in Malmesbury ondersteun het. Die geleentheid is deur die lede van Malmesbury se Lions Klub georganiseer, maar klublede uit die hele streek hulle ondersteun. Die Wellingtonner Marius du Plessis is die president van Malmesbury se Lions Klub en was die dryfveer agter die inisiatief. Dames kon by pragtig gedekte tafels in die Renosterbos Funksielokaal aansit en ‘n oggend van heerlike saamkuier en vermaak geniet. Tim Steenberg, die president van Wellington se Lions Klub, het die verrigtinge geopen en as seremoniemeester opgetree. “Die Lions is die grootste diensorganisasie van sy soort ter wêreld. Ons is meer gewers as

ontvangers en daarom is ons ook vanoggend hier bymekaar - om dit te geniet, ja, maar omdat ons inisiatiewe loods en ondersteun wat tot voordeel van ons gemeenskappe en projekte is,” het hy gesê. Tim het ook na die Lions se hoof-fokuspunte, naamlik siggestremdheid, diabetes, kinderkanker, honger en die omgewing verwys en beklemtoon dat dié organsisasie hulself daarvoor beywer om veral ten opsigte van hierdie kwessies diensbaar te wees. “Met ons Alert-aksie-inisiatief het ons ook ‘n aksieplan vir enige soort ramp, hetsy dit ‘n veldbrand, ‘n vloed of ‘n aardbewing is, in plek. Die Lions kan bystand bied en verligting bring in hierdie tipe moeilike omstandighede omdat ons strukture in plek het waarvolgens ons kan optree,” het hy bygevoeg.

Kan jy ‘n pot laat prut?

Die gewilde program, Laat die potte prut, op VIA TV, kanaal 147 op DSTV, gaan binnekort ‘n splinternuwe reeks verfilm en hulle is op soek na deelnemers uit Wellington. Hierdie gewilde potjiekosprogram het al ‘n instelling in baie huishoudings geword en talle kykers vergelyk hul eie vernuf met dié van die deelnemers.

Volgens die vervaardigers van Laat die potte prut word die volgende reeks van hierdie program vanaf September 2018 by Eaglevlei in die Boland verfilm. Die aanbieders van die program sal oudergewoonte Piet Marais en Frik Oosthuizen wees en hul sal weer hul kombuisgeheime deel. Enigeen wat dink dat hul ‘n potjiekosmees-

Die dames kon terugsit en na insiggewende praatjies luister. Hulle is ook deur “die Barones Monicque Damseaux” vermaak. Hierdie “madame” het met uitspattige uitrustings, guitige danspassies en gewilde musiektreffers vir groot opwinding en plesier gesorg. Nadat Marius sy alter-ego, die “Barones”, se grimering afgewas, kostuums uitgetrek en pruike afgehaal het, het hy almal wat by die organisering van die geleentheid betrokke was, bedank. “Ek wil uit my hart uit dankie sê vir al my klublede wat so hard gewerk het om hierdie oggend moontlik te maak. Dankie ook aan elkeen wat vanoggend hier is en die inisiatief ondersteun,” het hy gesê. Soos wat dit by ‘n deftige Damesoggend hoort, is daar heerlik rondom lekker eetgoed en warm potte tee gekuier.

ter is, kan dit nou op die televisie bewys deur vir hierdie reeks in te skryf. Daar is heerlike pryse op die spel en die feit dat die hele land jou vernuf agter die pot sal aanskou, is ‘n bonus. Belangstellendes kan ‘n e-pos aan via@ mediaclubproductions.co.za stuur om in te skryf.

Aand laat Ma’s vir Wellington baat

Plaaslike ma’s en vroue het op Vrydag 24 Augustus ‘n heerlike aand van pret, ‘n skreeusnaakse vertoning en lekker eet- en drinkgoed geniet. Hierdie geleentheid, wat by Wellington Wines se Bovlei proelokaal aangebied is, was boonop vir ‘n goeie doel. Die Ma’s vir Wellington Organisasie het ‘n tjek van R10 000 van Street Smart, ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle vir die opheffing van kinders beywer, ontvang. Hierdie inisiatief, wat in samewerking met Street Smart aangebied is, was ‘n viering van vrouwees, ma-wees en onderlinge ondersteuning in ‘n gemeenskap. Volgens Xania van der Merwe wat die geleentheid georganiseer het, het dit sin gemaak om ‘n paar essensiële dinge rondom vrouwees te kombineer - iets wat tot ook ‘n bydrae tot die gemeenskap kan maak. “Augustus is Vrouemaand en om dit te vier, het ons ‘n geleentheid geskep waar gewone mammas, wat baie lief is vir hulle mans en kinders, doodeenvoudig ‘n bietjie kan lag en ontspan,” het sy verduidelik. Daar is behoorlik gelag tydens die vertoning van Louret van Rensburg, ‘n pastorie-vrou, video-blogger van “Da MomHood” en ‘n ma van vyf se vertoning. Haar praatjie het oor alledaagse uitdagings van ma’s gehandel en die vlymskerp, aweregse, reguit manier waarop sy dinge wat aan elke ma bekend is beskryf het, het almal laat skater. Louret se praatjie is ook met ‘n “kosblik-pairing” gekombineer. Elke gas het ‘n kosblik ontvang met verskillende tipiese kosblikhappies daarin. Dit is elk met gepaste wyn gepaar. “Soos daai kosblikke wat alewig terugkom huis toe met iets onaangeraak. Te goed om weg te gooi, maar gaan nie ‘n rakleeftyd tot môre hou nie. Nou wat maak jy dan daarmee? Ek druk dit in my mond. Gewoonlik saam met die Sauvignon Blanc wat ek nou net oopgemaak het om saam met my die taak van tas-uitsort-en-boeke-teken aan te pak,” het Xania gesê. “As ons nou moet daal tot tweedehandse snacks saam met ons wyn, wat gaan by wat pas? Is kaasbroodjies so goed soos ‘n kaasbord? Tel fruitsticks as die ‘fruit salad’ wat iemand agter op die taste

Reinette Retief van StreetSmart, Xania van der Merwe van Wellington Wines, Louret van Rooyen, die spreker van die aand, René Reese, StreetSmart komiteelid, Riekie Schreuder, Lizette Ferreira en Surette Moggee van Ma’s vir Wellington en Marian Thomas van StreetSmart. notes aanbeveel het? Is daai laaste bietjie Nutella-smeer op die lepel genoeg om te pass vir ‘serve with dark chocolate’?” het sy voortgegaan. Terwyl die dames met hierdie interessante wyn-en-kos-paring besig was, het Louret ook sommer ‘n bietjie raad gegee oor “tantrum-pairings”. Watter vloermoer het watter kultivar nodig, en kan jy vir die juffrou wyn gee aan die einde van die jaar? Dit is alles vrae wat tydens die genotvolle aand beantwoord is. Reinette Retief, administrateur van Street Smart, en Marian Thomas, onder-voorsitter van dié organisasie, het tydens die geleentheid ook ‘n R10 000-tjek aan Ma’s vir Wellington oorhandig. Plaaslike besighede in die gasvryheidsbedryf wat by Street Smart registreer,kan ‘n R5-heffing by hul dienste of produkte voeg wat verbruikers vrywillig tot die organisasie bydra. Hierdie fondse word dan in die gemeenskap waaruit die geïn is, teruggeploeg. Volgens Marian het hulle Ma’s vir Wellington as hul begunstigde vir die jaar gekies omdat dié organisasie aan al die vereistes voldoen waartoe Street Smart hul verbind. “Ons is verheug om deur ons vennootskap met die gasvryheidsbedryf in Wellington op hierdie manier in julle gemeenskap terug te ploeg. Ma’s vir Wellington bied ‘n verskeidenheid programme aan wat daarop gemik is om ‘n veilige omgewing vir kinders te skep en om hulle te bedien, toe te

rus en te bemagtig. Die geld wat ons aan hulle gee gaan gebruik word om hulle veldwerker-program ‘n hupstoot te gee,” het sy gesê. Xania het hierby aangesluit en beklemtoon dat die inisiatief positiewe gevolge in ons gemeenskap kan hê as meer mense en besighede inkoop op die idee. “Die waardes wat die gemeenskap van Wellington uitleef is ‘n bewys van ‘n plattelandse dorp met ‘n groot hart. Hoe meer Street Smart vennote ons in Wellington kan kry, hoe meer sal die weerloses in ons gemeenskap daarby baat,” het sy gesê. “Street Smart is so ‘n wonderlike en maklike manier om goed te doen en ‘n bydrae te lewer waar jy eet, drink en oornag. Ons hoop om sommer nog baie meer mense in die gasvryheidsbedryf te kry om hiervan deel te word,” het Marian bygevoeg. Surette Moggee van Ma’s vir Wellington het Street Smart vir die groot skenking bedank. “Dit is R10 000 wat ons gister nie gehad het nie en waarmee ons soveel kan doen by Ma’s vir Wellington. Dit is ongelooflik om te weet dat ‘n gemeenskap so by dit wat ons doen betrokke wil raak en ons werk ondersteun. Ons is ontsettend dankbaar,” het sy gesê. Die geleentheid was nie net ‘n viering van Vrouemaand nie, maar ook ‘n lekker ontspan-aand vir ma’s, met ‘n ma wat dié dinge van ma-wees gesê het soos dit is en Ma’s vir Wellington wat boonop ‘n finansiële hupstoot uit die ondersteuning van die gemeenskap gekry het.

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

7

29 Augustus 2018

Saniworks vier 20 jaar van dienslewering vir die lekker gees en gesindheid wat daar onder my werksmense heers. "Ons is wederafhanklik van mekaar in die gemeenskap. Dit is lekker om nou by die skool, besighede en huise wat ek in my groot-

wordjare leer ken het ‘n diens te lewer. "Al die elektrisiëns op die dorp werk ook lekker saam en ondersteun mekaar. Wellington is ‘n wonderlike plek,” sê hy dankbaar.

Links: Duan Rossouw (vyfde van links) en sy Saniworks-span.

Duan Rossouw is die trotse eienaar van Saniworks in Wellington en hulle vier hierdie jaar ‘n volle 20 jaar van dienslewering in die vallei. Die span van Saniworks se hande staan vir twee dekades al reg om enige elektriese probleme uit te sorteer en elektrisiteit vir nuwe geboue aan te lê. Daar is talle huise en besighede in Wellington wat hul veilige en effektiewe elektrisiteit aan Saniworks se flinke diens en uitstekende vakmanskap te danke het. Tog het hierdie gevestigde besigheid ‘n nederige begin gehad. “Ek hier by Hugenote Hoërskool gematrikuleer. Nadat ek vir vyf jaar in die vloot was, het ek by Westlake College gaan studeer. Na my studies het ek ‘n onderhoudspos daar gekry en waardevolle ondervinding opgedoen. In 1998 het ek my eie klein elektrisiën-besigheid in Wellington begin,” vertel Duan. Hy het aanvanklik van deur tot deur gestap om sy dienste aan te bied en só sy eie kliëntebasis gebou. “My eerste groot werk was om vir Hugenote Laerskool dakwaaiers te installeer,” onthou hy. Duan is later getroud en het ook vir ‘n tyd by King’s College in Londen klasgegee. Terug in Suid-Afrika het hy die regte vir die invoer van ‘n spesiale pompstelsel bekom en sy besigheid na Saniworks herdoop. Sy elektrisiteitsdiensverskaffing was egter steeds sy hooffokus. Oor die jare het Duan se besigheid gegroei van iets wat hy vanuit sy ou Volkswagen Beetle bedryf het, na een waar hy 5 bakkies

nodig het om in die groot vraag na sy dienste te voorsien en 10 personeellede in diens het. Waar hy aanvanklik alleen gewerk het, het hy in 2008 nog ‘n elektrisiën aangestel en daar is tans 3 elektrisiëns wat by Saniworks werk. Volgens Duan word dienslewering altyd voor finansiële gewin by Saniworks gestel. “My selfoon is 24 uur van elke dag, 365 dae van die jaar aangeskakel om kliënte te bedien. Ek kry daagliks sowat 120 oproepe en ons werksure kan nooit

in spesifieke tydsgleuwe geplaas word nie,” sê hy. Hy het oor die jare al aan talle groot projekte en by baie interessante en bekende mense se huise gewerk. “Ten spyte van die lang ure hóú ek regtig van wat ek doen. "Ek hou van die interaksie met mense en van die bevrediging om ‘n projek suksesvol af te handel. Die mense in ons omgewing is regtig wonderlik,” sê hy. Volgens Duan is hy ontsettend dankbaar vir dít wat hy oor die afgelope twee dekades kon leer, hoe sy besigheid kon groei en vir die ongelooflike ondersteuning uit die gemeenskap. “Ek wil regtig net dankie sê vir die ondersteuning in ons dorp en


courant 29 Augustus 2018

dié

8

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

29 Augustus 2018

Kuns: Suné Theron, Anja Isaacs en Alexa Blignaut het ingeskryf vir die Drakenstein MuGideon Louw en Dalene Koegelenberg is in die Boland-landloopspan opgeneem. Hulle neem Saterdag 25 Augustus aan die Weskaap Skole Landloop-kampioenskap deel.

nisipaliteit se kunskompetisie wat gehandel het oor waterbesparing. Hugenote se span behaal ‘n 3de plek en ontvang R2000 prysgeld. Anja se werk verskyn ook in ‘n almanak wat wat verskyn het. Suné Theron en Christelle Slabber het ook deelgeneem aan die WKOD se kunskompetisie. Suné kry ‘n goue toekenning en Christelle ‘n trofee vir kreatiewe skryfwerk.

Hillcrest en Newtons pak mekaar

Hugenote Laerskool: Wes-Kaap Artistiese Gimnastiek - Anje Grobbelaar het

Saterdag deelgeneem aan die Wes-Kaap Artistiese Gimnastiek-kampioenskappe in Kuilsrivier. Sy is opgeneem in die WP-span en gaan Oktober deelneem aan die SA Kampioenskappe in Centurion. Sy het 'n eerste plek verower in Spronge en 'n derde plek op Vloer vir die Vlak 7-afdeling.

Komende naweek sê Hillcrest United en Newtons mekaar die stryd aan op CPUT-sportgronde in die tweede derby wedstryd vir die seisoen. Hillcrest het in die eerste wedstryd koning gekraai, maar kom hierdie naweek te staan teen ‘n meer afgeronde Newtons span. Ons nooi die hele Drakenstein gemeenskap om hierdie titaniese stryd te kom aanskou, Saterdag 1 September 2018 op CPUT-sportgronde. Hekke open reeds om 12:00, met die eerste wedstryd wat om 13h30 afskop en die hoof wedstryd om 16h00. Toegang beloop R10 p/persoon en R10 p/voertuig. Die dag word lekker opgehelder met musiek en lekker kosstalletjies. Vir meer inligting kontak Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of jovanrewc@ gmail.com

Zita Bothma het 9 tot 11 Augustus deelgeneem aan die SANESA Streeksbyeenkoms in George. Sy is gekies vir die Weskaapspan in die volgende klasse: “Show jumping”, “Working hunter” en ook as reserwe vir “Equitation & Working riding”.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
484 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu