c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
22 Augustus 2018
66.3%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 484
29 Augustus 2018
Blomtyd: Die
Weskus Nasionale Park buite Yzerfontein is tans 'n miernes van bedrywigheid met die blommeseisoen wat op hande is. Selfs hierdie swartkopreier het die blommeprag van nader beskou. Foto: Johan Viljoen
•BESTE VROUE-ENTREPRENEUR IN SUID-AFRIKA
Mitchley boer vooruit •Charlotte Lesch Die land se top-vroue entrepreneurs was die afgelope naweek gedurende ‘n spoggeleentheid in die Oos-Kaap deur die departement van landbou, bosbou en vissery vereer en Leandre Mitchley van Malmesbury was een van hulle. Die jaarlikse toekenningsgeleentheid gee erkenning aan vroue wat ‘n onmisbare bydrae lewer tot die ekonomiese groei in die landbousektor, voedselsekuriteit, werkskepping en die verligting van armoede. Mitchley is as die top-vroue entrepreneur van die land aangewys. Mitchley, eienaar van LS Varkboerdery wat sy op 10 hektaar grond in Tierfontein bedryf, het weens die streng kompetisie in haar kategorie nooit gedink sy sal wen nie. Sy gee alle erkenning aan God toe, “want sonder Hom is niks moontlik nie.” Vir Mitchley beteken die toekenning baie. “Ek is baie dankbaar dat die departement my harde werk en my boerdery raakgesien. “Volgens Mitchley, vrou en ma van twee kinders, kom erkenning in die bedryf nie aldag na jou kant toe nie. Mitchley is gebore op ‘n plaas in die omgewing van die Cederberge. Haar pa het ‘n klein boerdery met verskillende diere bedryf. Die varke het haar aandag egter altyd gehad. “Die varke het my altyd gefassineer. Vandag kan ek steeds vir ure na hulle kyk,” vertel die passievolle entrepreneur. Sy het nooit gedink dat sy eendag ‘n varkboedery van haar eie sal hê nie. Haar varkboerdery het in 2011 met slegs
twee varke afgeskop nádat sy gehoor het van die opkomende boere op Malmesbury. Die Swartland Munisipaliteit het die opkomende boere ‘n paar jaar later kennis gegee om die grond te ontruim. Gelukkig was Mitchley reeds opsoek na grond waar sy haar boerdery kan uitbrei aangesien die spasie reeds te klein geword het vir haar 30 varke. Sy kom te hore van ‘n bejaarde egpaar wat ‘n varkboerdery met bestaande varkhokke in Tierfontein bedryf het en teken kort daarna die huurkontrak. Dit is dáár waar sy haar boerdery laat groei en maak vandag 200 varke groot. Sy koop ses weke oue varkies by plaaslike varktelers aan wat sy op haar beurt slaggereed maak vir die abattoir.
Sy mik hoog en droom daarvan om dié varkboerdery verder uit te brei. Mitchley wil met die prysgeld haar besigheid in ‘n kommersiële fasiliteit omskep waar sy uiteindelik sowat 200 varke weekliks aan die plaaslike abattoir kan lewer. Dit is vir haar baie belangrik om verder werk te skep en veral vroue te bemagtig, omdat sy self weet hoe skaars werk is. Met haar agtergrond en kennis van rooibostee in die Cederberge, wil sy ook met die prysgeld met rooibostee begin boer. Sy hoop om eendag haar eie slaghuis te besit. Die pad was nie aldag maklik nie, erken sy. Mitchley het danksy haar passie en toegewydheid tot die bedryf nie opgegee nie en sal aanhou werk aan haar drome.
NUUS • NEWS
2
22 Augustus 2018
NUUS • NEWS
Local youngster wants to help uplift community
It is not every day that you come across a person who is convinced that his purpose in life is bigger than that of his own pursuits. Abongila Nkqayi (26), born and bred in die Malmesbury recently took a step back to look at his future and asked himself how he can play a much more meaningful role in local communities. Now he is doing exactly that. Nkqayi who matriculated at Swartland High School and went to study political science and sociology at the University of the Western Cape, is encouraging talented people out there to become their own boss. “I focus on how I can contribute to the economic development of specific excluded communities here in the Swartland and West Coast area,” explains Nkqayi. At the age of 26, he has given a go at several entrepreneurial ventures of his own in the past. Some was not so successful as others, but Nkqayi
never gives up. He runs an organic garden with his business partner in Abbotsdale. Nkqayi’s aim is to revitalize entrepreneurship in towns like Illingelethu and Wesbank where they target willing entrepreneurs that commit themselves to entrepreneurship. “ Ultimately we want to give these entrepreneurs the necessary support that they require to be succesful.” According to Nkqayi they will be the leading job creators by 2030 . “They can create opportunities for employment and contribute to the economical growth of these areas. The most recent venture he has been involved in is the business development committee in Illingelethu. Although this committee is not focused just on the community of Illingelethu, the first dialogue was held at the Thusong Centre on the 7th of June with an information session. For Nkqayi it is important to share informa-
tion in the surrounding towns not only limited to Malmesbury. According to him there is going to be training sessions with about 20 to 30 entrepreneurs in the first week of September. “Once they undergone that sessions, they will then be able to secure financing from the national youth development agency .” He explains that entities and ideas are still to be tested to see if it is viable. “So that’s why we work on the development committee to identify people who have the potential, especially those who have already started their business but will be able to go further with support.” Some entrepreneurs that was already identified for example were the pig farmers in Illingelethu. “How can we rope in key partnerships in the Malmesbury area to ensure that those guys get
support, to ensure their operations meet health standards, link them up with abattoirs and then we can start accessing the retail market. We must not neglect communities like Illlingelethu where there is a lot of talent, but not the necessary recourses to take it further.” Up until now he worked with government entities like Sida and Nyda which focus on youth under the age of 34 and help them with capacity building and skill development and to identify the challenges and constraints the existing and aspiring entrepreneurs are facing to ultimately promote the local economic development plan to encourage small business in rural areas. “We want to find opportunities to collaborate.” E-mail Abongile Nkqayi at nkqayiabo1@ gmail.com if you are an aspiring entrepreneur or interested to help these entrepreneurs to take their talent and business further.
Swartlandskou 2018: Bielie van 'n opskop verwag Swartlandskou 5-8 September 2018 Moorreesburg skougronde
Dienste- en Loopbaanuitstalling
Ons verskaf dienste en loopbaanadvies BETER TESAME.
Swartlandskou, een van die grootste landbouskoue in die hele Wes –en Suid-Kaap wat jaarliks meer as 10 000 besoekers lok, tel behoorlik die dae af wanneer die geleentheid oor minder as twee weke begin. Vanaf 5 tot 8 September kan ‘n skou vanuit die boonste rakke tussen die koringlande op Moorreesburg se skougronde verwag word. Met die goeie gesindheid van die gemeenskap, uitstallers, donateurs en borge is hierdie datum verseker een wat op die kalender aangeteken moet word as iets om by te woon. Vanjaar bars Swartlandskou behoorlik uit sy nate en kan die skou, net soos in die verlede, spog met die tentoonstelling van die mooiste perde, beeste en skape. Mededingers kom van reg oor die land en neem ywerig deel aan die bedrywighede. Optredes en vermaak wat vanjaar in die wyntuin aangebied word, het hoë prioriteit geniet en besondere aandag is gegee aan die samestelling van die program. Die nuutste toevoeging tot die Wyntuin is die heerlikste Gin van @capetowngin wat vanjaar tot skougangers beskikbaar sal wees. Kom en geniet ‘n glasie by die GIN-kroeg. Bekende kunstenaars in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf sal verseker dat ‘n fees-atmosfeer geskep word wat niemand mag
misloop nie. Gaan loer gerus na die program. Daar is vermaak vir groot en klein. Die Swartlandskou spog jaarliks met ‘n motor/masjinerie en landbounywerheid-uitstalling van hoogstaande gehalte. ‘n Uitstallings van die departement van landbou kan onder meer daar te sien wees. Nasionale en streekskampioenskappe onder perde, skaap, bees, boerbok en pluimvee vind vanjaar plaas. Perdry-entoesiaste en liefhebbers kan uitsien na ‘n vlaam-waspanne van agt gedurende die Saterdag. Verder sluit die landbouskou ‘n jeugskou, ‘n landbouseminaar met die tema: Die winsgewendheid van die graanbedryf (op uitnodiging) én ‘n boeredag in samewerking met Villa (graanproewe en masjinerie demonstrasies) in. Bergfietsry-entoesiaste moet nie uitmis op die MTB-fietswedren wat weer plaasvind nie. ‘n Groot verskeidenheid van binne- en buite uitstallers kan besigtig word met heerlike smulgeregte by die Kafee, Wyntuin, Veepos, Cattle Inn en Swartland Deli. Vir meer inligting, besoek die skou se webblad by www. swartlandskou.co.za.
NUUS • NEWS
Darling maak SA se beste Shiraz
22 Augustus 2018
Darling Cellars buite Darling het die afgelope naweek gedurende die Nasionale Jongwynskou se spoggerige toekenningsgeleentheid op Stellenbosch weggestap met die SA Kampioen Shiraz-trofee vir hul Shiraz (gehout). Die kelder het by die onlangse Swartland Jongwynskou die kroon gedra nádat hul Shiraz (gehout) die ABSA Groot Kampioen –trofee gewen het wat hulle in aanmerking vir dié toekenning gebring het. Links staan Pieter-Niel Rossouw, hoofwynmaker en Carel Hugo (regs), rooiwynmaker by Darling Cellars met die ABSA Groot Kampioen-trofee vir hul Shiraz (gehout) by die onlangse Swartland Jongwynskou. Willem Farmer van ABSA het die beker aan hulle oorhandig.
Nuwe leraar vir VGK Malmesbury Quentin Minnaar is vanaf die 1ste September die nuwe leraar van die VGK Malmesbury waar hy sy passie vir prediking verder kan uitleef. Minnaar wat aanvanklik van Ceres afkomstig is, het in 2005 aan die Hoërskool Charlie Hofmeyr gematrikuleer. Om eendag ‘n predikant te word, was nooit ‘n opsie as leerling nie, hoewel hy baie betrokke en lief was vir die kerk waar hy ‘n lidmaat was. Hy wou ‘n musiekonderwyser word. Aan die einde van gr. 11, het Quentin ‘n lewensveranderende geestelike belewenis ervaar wat hom oortuig het dat hy geroep is om teologie te studeer om ‘n predikant te word. Sy toekoms mag dalk ander planne ingehou het vir hom, maar vandag is hy steeds baie lief vir musiek en speel graag trompet én klavier. Afgesien daarvan lees én studeer hy ook graag. Direk ná skool skop hy sy studies in teologiese opleinding aan die Universiteit Stellenbosch se Teologie Fakulteit af. Hy groet die US in 2011 met drie grade agter sy naam wat Baccaleurs in Teologie (BTh) in 2009, Magister in die Godsgeleerdheid ((MDiv) in 2010 en Lisensiaat in die Teologie in 2011 insluit. Vanjaar verwerf hy sy vierde graad, Magister in die Teologie (MTh). Kort ná sy studies, word hy in 2012 aangestel as hulpprediker in die VGK Sarepta Kuilsrivier. Op 26 Januarie 2013 word hy bevestig as predikant van VGK Okiep in Namakwaland. Hy het dié gemeente sowat 10 dae gelede amptelik gegroet voor hy die pad na die Swartland gevat het. Volgens Quentin sien hy baie daarna uit om saam met die gemeente op ‘n reis te gaan. “Dis ‘n reis waarop ons nuwe kante van onsself sal ontdek en sien, asook nuwe kante van God. "My prioriteit in die gemeente sal wees om
saam met die gemeente te onderskei waar God reeds aan die werk is in die gemeente en gemeenskap, en om dan by Hom as medewerkers aan te sluit. "God het ‘n plan met die wêreld en as kerk is ons bevoorreg om deel te mag neem aan die uitvoering van daardie plan,” sê hy opgewonde. Sy groot passie van die bediening is prediking én die toerusting van gelowiges om as dissipels te leef op alle sfere van hul lewe en die samelewing. Geniet die reis, ds. Minnaar.
LSS hou wynveiling en manne-aand vir fondse
Laerskool Swartland bied weer hulle baie gewilde Manne-aand, wynveiling en steak-ete aan ten bate van die LSS Opvoedkundige Trust. Die wêreld se nr 1 krieketskeidsregter, Marais Erasmus, is die gasspreker en gaan interessante inligting gee oor wêreldkrieket en krieketspelers. Die bekende afslaer, Tersius Marais, sal die veiling behartig. Daar sal ongeveer 45 uitstekende lotte wees soos bv unieke wyne, getekende kriekethemde van AB de Villiers en Virat Kohli, handgemaakte
messe, swepe en vele meer. Slegs 200 kaartjies is beskikbaar en sluit ‘n heerlike steak-ete en verversings in. Kaartjie is beskikbaar by die wynveiling-komitee. Jannie Paterson (0834618232), Jaco Geldenhuys (0722346646), Hugo Basson (0832848645), Tobie Basson (0833574496), Stephan Basson (0825503925). Kom kuier, lag en gesels saam en raak ontslae van al die onnodige stres.
3
4
22 Augustus 2018
NUUS • NEWS
Riebeek Cellars maak skoonskip by Swartland se eie Jongwynskou
Agter van links staan die trotse span van Riebeek Kelder, naamlik Eljay Geldenhuys, Thembile Ntloko, assistent-wynmaker, Eldo Swarts, Tarien Hanse, wingerboukundige, Alecia Boshoff, produksie bestuurder, Wilhelm Relihan, produsent, Jacques Theron, senior wynmaker, Sinetemba Msitho met Eric Saayman, senior wynmaker voor. Die bekroonde Riebeek Kelder, aan die voet van Kasteelberg op Riebeek-Kasteel, maak skoonskip by vanjaar se Swartland Jongwynskou nádat altesaam vyf trofeë en talle klaswenners huis toe geneem is. Die gesogte toekenningsgeleentheid het onlangs by Nuweplaas Padstal plaasgevind waartydens plaaslike wynkelders vir hul uitstaande wyne vereer is. Riebeek Kelder wat amptelik in Augustus 1941 as die Riebeek Wynboere Koöperatiewe Mpy. Beperk gestig is, vier vandeesmaand 77 jaar se sukses met talle toekennings op hul kerfstok. Die lys trofeë wat sowat twee weke gelede gedurende die plaaslike jongwynskou ontvang is, is natuurlik geen uitsondering nie. Met erge droogtetoestande wat ervaar is, het dié kelder weereens bewys dat hulle enige uitdagings sal kan slag. Riebeek Kelder se Chardonnay is vereer met die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn
trofee. Hul Viognier is op sy beurt toegeken met die SAIL Kampioen Ander Witwynkultivar. Die Séan Nieuwoudt Kampioen Ander Rooiwynkultivar trofee, ‘n nuwe trofee ter ere aan wynmaker Séan Nieuwoudt, is aan dié kelder oorhandig vir hul Cinsaut-gehout. Die Citrusdal Cellars Kampioen Ander Rooiwynkultivar trofee is ook aan Riebeek Kelder toegeken vir hul Cinsaut-gehout. Nóg ‘n nuwe toevoeging tot die lys van plaaslike trofeë wat beslis bietjie kompetisie in die streek aangewakker het, is die Vinochem Trofee vir die vyf Beste Inskrywings wat ook aan dié kelder oorhandig is. Volgens Alecia Boshoff, voorsitter van die Swartland Wynskouvereniging én produksiebestuurder by Riebeek Kelder is die resultate van die 2018 oesjaar ‘n aanduiding dat die streek se wynmakers hul kennis en ervaring kan gebruik om die regte besluite te neem onder uitdagende toestande.
NUUS • NEWS
22 Augustus 2018
5
6
NUUS • NEWS
22 Augustus 2018
Veiling: Die eerste pro-
Skeer en kleur:
Mercedes-Benz Malmesbury het Vrydag in hul vertoonlokaal 'n Shavethon saam met die plaaslike Kansa-tak aangebied. Bo is Antionete Wynjeterp (Mercedes-Benz Malmesbury), Adriano Folsch (handelaarshoof), James Oliver (verkoopsbestuurder) en Leatitia van Rensburg (Kansa).
duksieveiling van Glenrosa Meatmasters het 24 Augustus op die plaas Glenrosa buite Malmesbury plaasgevind. Die rekordprys van die dag was R8000 vir ‘n ram wat verkoop is. Van links staan Appie Maritz van BKB, Henk Aggenbach (verkoper), Johan Bruwer (koper), Nellis Louw van BKB en die hanteerder Daniel Adams met die ram.
Top tips for spring Hoe gemaak met... ...boomplantdag?
Elke jaar vier ons boomplantmaand gedurende September en die eerste Vrydag in September is ook uitgesit as boomplantdag. Daar word ook elke jaar ‘n spesiale boom of meer gekies as die boom van die jaar. Die keuse vir 2018 is die Geelhoutbome (PODOCARPUS-familie) waarvan ons vier bekende spesies in Suid Afrika het; Podocarpus falcatus; henkelii; elongates & latifolius. Geelhoutbome kan baie groot word in hul natuurlike habitat, maar in ons tuine beheer ons mos die bome wat ons plant deur gereeld terug te snoei. Die bome is almal immergroen en het baie mooi skoon, blink-groen tot grys-groen blare, meestal langwerpig en meestal stompgepunt. Die bome is tweeslagtig, dus word die manlike en vroulike keëls aan aparte bome gedra. Die meeste geelhoutbome groei gewoonlik in van ons inheemse woude en klowe waar daar genoeg water beskikbaar is, maar ons het een spesie, die Elongatus of die Breederiviergeelhout wat van Clanwilliam en Ceres tot by Swellendam en Robertson voorkom en soms baie bosagtig groei. Teen die Riebeekberg aan die Malmesbury kant
staan daar 'n klein woud van die spesie, teen 'n hoë krans wat dit effens beskerm teen warm namiddagson. Plant gerus ‘n Geelhoutboom, dit is ‘n aanwins vir enige tuin of selfs as ‘n straatboom. Indien jy nie kans sien vir die boom van die jaar nie, plant enige boom, struik of plant van jou keuse. Elke plant wat ons plant is ‘n fabriek wat suurstof vervaardig van al die koolsuurgas wat ons elke dag vrystel. So doen ons elkeen ons deel om ‘n groen voetspoor na te laat. Die voorbereiding van die plantgat van enige plant is baie belangrik, doen moeite en jou boom of struik gaan lekker groei. Kom kry by die kwekery ‘n inligtingstuk wat die hele proses stap vir stap uiteensit. Almal vra altyd wat gaan die boom se wortels doen, ongelukkig is daar geen waarborg in verband met plante en bome se wortels nie. ‘n Wortel groei altyd agter water aan, so versorg jou boom goed op die plek waar dit geplant is, en die wortels sal nie onnodig ronddwaal nie. Voorspoed met die uitsoek van jou gunsteling boom, lekker tuinmaak. Tuingroete en geniet lentemaand. George Retief
Spring is the best time to start a new garden or revamp an old one and if you’re a novice gardener there are a few things to consider before you start planting all your favourite flowers 1. Examine your garden Each garden has its own unique conditions that determine which plants will thrive in it. It’s worth paying attention to these, as while some of them can be altered or improved, it’s always best to work with nature rather than against it.Garden conditions A few considerations: Climate and microclimate: Do you live in a warm or cold climate? Each garden also has its own microclimate and sometimes a few microclimates. Some plants are more adapted to cold conditions and will tolerate frost, while others prefer a warm climate. Rainfall: How much rainfall do you receive in a year and does it fall in winter or summer? By selecting plants that are adapted to your rainfall patterns, you’ll reduce your watering time. Soil type: Examine the soil in your garden to determine if it’s clay, sandy or loam. Some plants grow in all types of soil, but others will only flourish if planted in their preferred soil. 2. Choose a design
This is the fun part; let your imagination run loose and choose a design that suits you and complements the style of your house. An abundant cottage garden with flowing borders and colourful flowers is ideal for a traditional house, a gravel and succulent garden will suit a modern home, while a formal garden with symmetrical beds and topiary is perfect for a Tuscan or Provençal home. 3. Choose a colour scheme Try not to include more than three colours in a border (apart from the obvious green), and think about adding white to give the scheme a lift. The texture of foliage also plays an important role as it forms the backbone of the garden and looks good even when nothing is in flower. Choose plants with a variety of foliage shapes and sizes and in different shades of green. 4. Make a plan Put your ideas on paper. Your plan doesn’t need to be to scale, just draw the beds and borders as well as the hard landscaping elements like pathways and water features. Water features make great focal points, and pathways add a sense of mystery and encourage further exploration. After all your careful planning, it’s time to visit the nursery.
NUUS • NEWS TE HUUR TO LET Malmesbury. Ruim 2Slp kamer, 2 badkamer, ruim leefvertrek met binne en buite braai, motorhuis en afdak vir motor te huur vir R8200. Kontak my by 084 494 6868 #4667
-----------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843
a 30 Augustus. Hoera! LEAH is een jaar oud. Gelukkige verjaarsdag ouma se blompot. Lekker verjaar. Liefde - Ouma, tannie Luzhaan. Nanna, Carol en Francois -------------------------------------
#4604
------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATION
“Happy Birthday” ANWELL. God se rykste seëninge op jou lewe. Bly so opgewek en grapperig ons almal is baie lief vir jou - Brown en Arendse familie -------------------------------------
CHARLOTTE LAREY. 31 Augustus. Geluk met die geboortedag vieringe. Alles wat mooi is – Kinders, kleinkinders en agterkleinkinders -------------------------------------
JADEN NOVEMBER. 1 September. Baie geluk my seun. Lekker verjaar. Lief vir jou – Mammie, pa en Lincoln -------------------------------------
Kyk wie raak 10 – BRADY JOHNSON. Baie Geluk met jou verjaardag. Vandag wens ek jou n jaar vol geluk en baie pret. Van Mammie, Rachel en Ouma Katy -------------------------------------
MORNE SEDEMAN. Geluk met jou 21ste verjaarsdag. Alle seëninge en sterkte vir die toekoms. Van: jou Ma, Pa en sustertjie Abegail -------------------------------------
Raai wie is drie jaar oud op 1 September. Geluk EVANO met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Ouma is baie lief vir jou -------------------------------------
31 Augustus. ARNO, geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar, en bly die seun vir Mamma wat jy is. Baie lief vir jou -------------------------------------
22 Augustus 2018
30 Augustus. “Happy birthday” aan ‘n wonderlike ma en vrou . Liefde - Courtney en Theo ----Gelukkige verjaarsdag ons Tannie. Mag u die dag geniet - Allegra, Bruce, Kezia, Angelique (Poenie) en Mitchell -------------------------------------
1 September. Kyk wie is 21. HENDRIKA JOUBERT. Baie geluk prinsessie. Ma en Pa is baie trots op jou, Geniet jou dag -------------------------------------
Baie geluk ASHANTE met jou verjaardag op 2 September. Hoop jy geniet jou dag. Liefde – Mammie, ouma Monica, broers en susters -------------------------------------
Baie geluk met tannie MARLENE se verjaardag op 27 Augustus. Hoop u geniet die dag. Van: Kekkel en Kraai personeel. Ons het nie vergeet nie! -------------------------------------
Geluk ARMA met jou mondigwording. 21 vandag en God het jou vir my gespaar. Ek vertrou dat jy ‘n mooi dag sal hê. Liefde Mammie -------------------------------------
BEONÊ ESAU. 2 September. Veels geluk met jou verjaarsdag. Ek is baie lief vir jou. Geniet jou dag. Van: Mamma -------------------------------------
DI-ANGELO COETZEE. 1 September. Vandag is jy 15 jaar oud. Mammie en Daddy se groot seun Andy en Delveline --Dankie vir jou gehoorsaamheid en respek teenoor ons - Oupa Gert, Ouma Betie en Ouma Lisbeth -------------------------------------
Ons Woelwater word Drie op 28 Augustus 2018. Baie geluk Taylor met jou 3de verjaarsdag, mag Liewe Jesus jou nog baie jare spaar. Liefde - Oupa Willem, Ouma Valerie, Mammie en Boeta Wesley ------------------------------------Veels geluk LUCILLE (Lalla) met jou verjaarsdag wat ek nie met jou kon deel nie - Ekke ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
PIET ENGELBRECHT. 10 maande van ons weg. Verlange en hartseer nog baie groot. Mis jou – Ma Elsie, Pa, susters, broers en seun -------------------------------------
MARTHINUS HERRINGS. Pappa se eerste verjaardag in die hemel. Mis vir Pappa baie – Doreen, Pieter, John, Frederick en kleinkinders -------------------------------------
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant CHEVONE THERON. 26 Augustus is dit jou derde verjaardag in die hemel. Ons mis jou baie my engel, maar jy is beter af. Liefde – Mammie, Daddy, Atta (Alida), Tamia, Alicia en Jody -------------------------------------
CHRISTINA CLEOPHAS. 27 August. Your second birthday in heaven. Not a day goes by when we don’t think of you. We miss you Granny – Morne and Abegail -------------------------------------
ABRAHAM HOOP. Drie jaar in die hemel. Ons mis Pa baie. Liefde – Vrou Sarie en dogter Sherilene -------------------------------------
CORNELIA McKRIELING, 27 Augustus. Eerste verjaarsdag weg van ons. Met liefde en mooi herinneringe - Corrie, Kinders & kleinkinders ----Eerste verjaarsdag weg van ons hoop mamma geniet dit saam die engele. Mis Mamma - David, Rohanda, Davine & Corbin -------------------------------------
RASHIEDA WILLIAMS, 28 Augustus. Eerste verjaarsdag weg van ons. Sal jou nooit vergeet nie Moorreesburg Vriende & Gemeenskap. -------------------------------------
1 September. JANETTA JOUBERT. 10 jaar van ons geskei. Verlange is groot. Liefdevolle herinneringe leef voort. Mis Mammie baie – Kinders, kleinkinders en familie -------------------------------------
7
courant
8
NUUS • NEWS
22 Augustus 2018
dié
SPORT
Tel: 022 487 3221
22 Augustus 2018
Rugby:
Hierdie vier leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury is in die Wes-Bolandspan opgeneem en die naweek aan Boland-proewe deel. Hullle is Joshua Muller, Kallen Kotze, Noah Arendse, Mogammat van der Westhuizen en Tiaan Bester van Lill.
Perdry:
Spel:
Zac Koen van die Laerskool Swartland op Malmesbury het 'n eersteplek by die onlangse Lutzville-skou behaal in ruiterkuns.
Tristan Breytenbach het by die onlangse streekskompetisie 'n tweede plek behaal, terwyl Teneal Joubert 'n vierde plek behaal het. Hulle neem die naweek aan die provinsiale kompetisie in Kaapstad deel.
Regs:
Talita du Bruyn van die Laerskool Swartland op Malmesbury is in die Boland-landloopspan opgeneem.
Hokkie: Die eerste seunshokkiespan van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het onlangs aan die Taylor Blinds-toernooi op Stellen-
bosch deelgeneem. Die span het hul goed van hul taak gekwyt en het ‘n vyfde plek uit 12 deelnemende skole ingepalm. As dit nie was vir die “bonus punt”-stelsel nie, sou hulle in die uitspele vir die derde en vierde plekke gewees het. Die uitslae is soos volg: Stellenbosch High School 3-1 (wen), Hottentots Holland 3-0 (wen), Paarl Gimnasium 1-1, Parel Valei 1-5 (verloor), Charlie Hofmeyer 5-1 (wen), Hugenote 2-1 (wen). Hier is AW Steyn, AW Dippenaar, Adriaan Burger, Luke Kotze, Timothy Richards, Joshua Minnaar, Erwin Meyer, Rowan McLachlan (afrigter), Luke Muller, Ulrich Lesch, Josh Kotze, Bertus Brits, William Thomson, Ian Nel, Albert van Zyl.
Sportuitslae Sports results
DUIWE
Omega Duiweklub- Graaf Renett 1 Manual Lofts 14.17.57; 2 Leukes Family 14.16.41; 3 GS Sheldon STM 14.20.34; 4 Manual Lofts 14.23.31; 5 Sheldon Bros 14.30.15; 6 Leukes Family 14.30.27; 7 Sheldon Bros 14.31.04; 8 Leukes Family 14.33.59; 9 Leukes Family 14.33.41; 10 Manual Lofts 14.35.54
MALMESBURY GHOLFKLUB Vrydag, 24 Augustus: Sundowner - Supa Quick Enkel Stableford: Billy Howburg 20, Nic Goosen 19, Ewald Liedeman 19, Marthele Neethling 19 Saterdag, 25Augustus : Enkel Stableford - Adam Barnard 36, Saberie Pietersen 34, Jacques Cilliers 34, John Smith 31, Josef de Beer 31