courant
1Weskus • Bergrivier
dié
22 Augustus 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 483
22 Augustus 2018
Interskole:
In die buurdorpe van Porterville en Piketberg se interskole kragmeting is gemengde welslae vir albei skole behaal. Piketberg se eerste netbalspan het met 31-25 geseëvier en Porterville se eerste rugbyspan het met 20-12 die span van Piketberg oorrompel. Foto's: Lizelle Wentzel
•BRANDWEERMANNE WYS HUL STAAL
Weskus-redders tops Ses van Weskus Distriksmunisipaliteit se brandweermanne het hul staal gewys in die jaarlikse “Toughest Firefighter Alive”-uitdaging in Kaapstad. Die jaarlikse kompetisie toets die vaardighede en fiksheid van brandweermanne tot die uiterste. Deelnemers moet ‘n hindernisbaan, wat werklike situasies simuleer, in die kortste moontlike tyd voltooi. Brandweerhoof Bertus Senekal, Lundi Sonono, Arthur Rhenier, Frans Baadjies, Christiaan Cloete en Rushwan Cloete het die Weskus verteenwoordig en hulself skitterend van hul taak gekwyt. Arthur Rhenier van Malmesbury-brandweerstasie was een van die groot uitblinkers in sy kategorie. “ Die hindernisbaan is uitdagend. Elke aktiwiteit verg baie energie en krag en jy moet probeer om heeltyd jou fokus te hou. Soms wil die moegheid jou oorval, maar tou opgooi is nie ‘n opsie nie” het Arthur gesê. Brandweerhoof Bertus Senekal het in die senior-afgdeling van die kompetisie deelgeneem. Bertus het meer as 24 jaar ervaring as ‘n brandweerman en hy sê fiksheid is een van die kritiese aspekte wat elke brandweerman en vrou op moet fokus. “Baie keer word ons aan uitdagende situasies blootgestel. Uiterste temperature en lang werksure is algemeen vir ons
en daarom moet ons altyd in die bes moontlik kondisie wees,” het Bertus gesê. Die Uitvoerende Burgemeester van WKDM, Raadsheer Harold Cleophas, het die brandweermanne geluk gewens met hul goeie vertoning by die kompetisie. Hy het die publiek aangeraai om
meer waardering te toon vir alle amptenare in uniform. “Die manne en vroue in uniform doen hul bes om ‘n veilige omgewing vir ons te skep en ons moet meer waardering toon vir hul werk” het die burgemeester gesê.
NUUS • NEWS
22
22 Augustus 2018
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
22 Augustus 2018
Jongmense vertel van besoek `n Vennootskap tussen die Weskus Distriksmunisipaliteit en Kiez in Duitsland het dit moontlik gemaak dat veertien jongmense van die Weskus-streek onlangs die voorreg gehad het om `n besoek aan laasgenoemde te bring. Hierdie sosiale ontwikkelingsprojek vorm `n platform waartydens jongmense van verskillende taal en kultuur wedervaringe met mekaar kan uitruil en verhoog die moontlikheid om bo hulle omstandighede uit te styg. Sedert die projek in 2015 van stapel gestuur is, het 49 jongmense van die streek, uit dorpe soos Vredenburg, Saldanha, Langebaan, Piketberg, Malmesbury, Porterville, Moorreesburg, Klawer en Citrusdal alreeds `n besoek aan Duitsland kon bring. dié courant het twee van hulle gekontak om meer van hulle ondervinding uit te vind. Jaunte Titus van Citrusdal vertel: “Die kamp in Duitsland was vir my `n baie groot ervaring waaruit ek baie dinge geleer het. Dit was vir my `n groot eer en voorreg om saam met my spanmaats ons land Suid-Afrika te kon verteenwoordig. “Die kamp het my visie oor die toekoms verbreed en ek is toegerus met die nodige kennis om alles wat ek geleer het in my gemeenskap en skool terug te ploeg. Die kamp was ook vir my `n motivering om hard op skool te werk, sodat ek die wêreld kan platreis en toer, want daar is soveel interessante en mooi dinge daar buite in ander lande. “Ek dink die mees belangrike ding wat ons almal uit die kamp geleer het, was om verantwoordelik te wees en verantwoordelikheid dra grootliks daartoe by om `n goeie leier te wees. Die streng reëls waarby ons moes hou, het ons geleer om meer gedissiplineerd te wees en dit was die doel van die kamp - om ons leierseienskappe op te skerp. So vir my was die kamp `n groot sukses. “Ons het aan baie aktiwiteite deelgeneem en dorpies in Duitsland besoek, asook museums en `n kerk en ons het oor lande soos Viëtnam, Kazachstan en China se leefstyle, kulture en eetgewoontes geleer. “Wat vir my die lekkerste was van die kamp was dat ons kon sien hoe ons land en ons manier van dinge doen van hulle s`n verskil en dit het my laat besef dat `n mens soms uit jou gemaksone moet beweeg en dat ons land Suid-Afrika baie anders en uniek is en dat ons die dinge in ons land baie meer moet waardeer. Ons wil nie altyd dinge doen waarmee ons nie bekend is nie, maar
daar het ons geleer om aan te pas met alles wat vreemd is, byvoorbeeld die gesonde kos. Aan die begin het ons dit gehaat, maar later gewoond geraak daaraan. “Daar is baie dinge waarvan ek nie gehou het nie soos die lang afstande wat ons moes stap, maar aan die einde van die dag was dit glad nie te sleg nie en ons almal het dit baie geniet!! “Namens die groep wil ek aan Weskus Distriksmunisipaliteit en al die rolspelers wat hierdie kamp vir ons moontlik gemaak het baie dankie sê en uitsonderlike dank rig aan mev Blanckenberg, mnre Cornett en Lategan wat so mooi na ons gekyk het en te alle tye seker gemaak het dat ons veilig is. Dit kon nie vir hulle maklik gewees het om met so baie kinders met verskillende persoonlikhede te werk nie, maar hulle het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. “Hierdie kamp was vir my die ervaring van `n leeftyd wat ek nooit sal vergeet nie.” Volgende aan die woord is Talja Smit van Langebaan: “As we edge away from our parents who are still saying their goodbyes, we shuffle in one
group to the boarding gate where we disperse into a line. I step through the boarding gate, realizing that my adventure has just begun. “After a long journey of over 24 hours filled with movies, fizzy drinks and an uncomfortable nap, traveling by car, bus, aeroplane and by foot, we trudged into the German camp, Kiez. We were welcomed with open arms and a warm meal, the perfect ending to a long and exhausting day. “When in Germany, do what the Germans do. While in Germany we South Africans had to adjust to some German norms. One of these norms was time. Germany only had satellite time… no “Weskus-tyd.” We were expected to be 10 min early to any event or meal. This as expected took some time to get used to. “We experienced Germany to the fullest with sunny weather and company from around the world. We did not just see and taste what the typical tourist would, but got backstage and experienced Germany’s rich history and culture with guided tours of castles, the odd cookoo clock and more.
33 “Adding to the experience was our camp leisure activities. Kiez kept us busy with midnight walks, star gazing, town rallies, movie nights, home-made discos and games. “I have also learned many new skills and the ones I had, have definitely developed for the better. I have learned that even though language is a barrier that is difficult to overcome in order to share ideas and visions of the future, a simple gesture such as a smile or a wave is universal – so is the game of volleyball. Compromise and respect was the most dominating characteristics that all South Africans on this trip had to learn. To compromise a bathroom scheduled for 12 girls has taken compromising to a whole new level. Respect was learned of how other people within or outside our group did simple tasks differently. “Our trip to Germany was undoubtedly an eye opener on many levels. Bridges between cultures were built, stereotypes based on social types, outlook on cultures and counties were demolished and friendships were built that will last– no matter the difference in time zones or the distance. “Our experience to Germany has truly changed me for the better and I can’t wait to hear the stories next year’s youth will tell about this extraordinary experience and the breakfast menu.”
4
22 Augustus 2018
Iets van alles en nog meer op Velddrif te vind Foto's: Johan Viljoen
NUUS • NEWS
Klipoord bied meer as 'n wegbreek
Dink jou in jy word wakker knap langs die Bergrivier met voelgesang in jou ore in `n ten volle toegeruste chalet. Moenie verder dink nie, want dit kan `n werklikheid word. En op jou drumpel nogal as jy in die Weskus of Swartland woon. Kliphoek Rivieroord met agt selfsorg-chalets asook agt kampplekke is agt kilometer van Velddrif af op die Hopefieldpad gelee en bied `n ietsie vir elkeen. Elke chalet spog met `n lugversorger, `n DSTV-toeristepakket en `n ten volle toegeruste kombuis waarvan die belangrikste sekerlik `n skottelgoedwasser is. Die kampplekke beskik elkeen oor sy eie ablusiegeriewe op die staanplek en `n groot
skadunet. Daar is verskeie watersportaktiwiteite, staproetes en visvanggeleenthede en bergfietsers kan hulle fietse saambring om die omgewing te verken. En asof dit nie genoeg is nie spog die oord met `n tennis- en vlugbalbaan, `n speelpark vir die jongspan en `n kniehoogte klip-doolhof. Kliphoek Rivieroord en omliggende area huisves `n aantal raar voelspesies en oorsese toeriste le gereeld besoek af om hulle te besigtig. Besoekers hoef net hulle eie kos, klere en handdoeke in te pak. Braaihout is op die perseel te koop en kano`s word uitverhuur. Kontak gerus Kliphoek Rivieroord op 076 3442891 / e-pos kliphoekinfo@kliphoek.co.za.
Milkshakes and more at Harbour Hut Harbour Hut is a small restaurant overlooking the Berg River at Pelican Harbour. They serve breakfast, burgers, toasted sandwiches, milkshakes and more - the most affordable meals catering for locals as well as tourists.
Gevriesde produkte by Nossab Nossab Fisheries op Velddrif en in Laaiplek bied drie afsetpunte aan die publiek waar heerlike gevriesde produkte te koop aangebied word. Kerklaan 35, Velddrif, huisves die fabriek en kan gekontak word op (022) 783 0257. Die ander twee winkels is geleë te Voortrekkerweg 113A, Velddrif (022) 783 1382 en De Villiersstraat 3 in Laaiplek (022) 783 2433. Nossab Fisheries bied `n groot verskeiden-
heid rou gevriesde visprodukte soos kabeljou, geelstert, snoek, calamari, `n verskeidenheid mossels, kreef en aas asook ander lekkernye soos ‘sparerib’, ‘bacon’, hoender, ingelegde mossels en kerrievis, ‘rollmops’, snoek- en mosselpastei asook bokkoms. Maak gerus `n draai by een van die winkels en vergewis jouself van alles wat gekoop kan word.
Doepies vir smullekker disse Doepie`s Take-Away se spyskaart klink so lekker dat jou mond sommer begin water wanneer jy luister wat alles aangebied en vars gebak as wegneem-ete bestel kan word: Stokvis en tjips, hoenderrepies, hamburgers en geroosterde broodjies, `spare rib`, slaaie en nog baie meer.
Doepies maak ook `n groot verskeidenheid platters en kan vooraf bestel word by een van die twee winkels te Voortrekkerstraat 113A, Velddrif (022) 783 2112 en De Villiersstraat 3, Laaiplek. (022) 783 2433. Kontak hulle gerus met jou bestelling.
Harbour Hut is open Mondays to Saturdays till 9pm. Harbour Hut is situated at Pelican Harbour, Piet Oorlams Street, Velddrif. To make reservations Nicky can be called on 061 015 1522.
Teyana's gewild onder besoekers Teyana`s Restaurant & Pub is `n gewilde reataurant by Pelikaanhawe in Velddrif waar oud en jonk te ete en te drinke kan geniet. Die restaurant spog met `n pragtige uitsig oor die Bergrivier. Meng dit met die watertandlekker geregte op
die spyskaart, heerlike wyn en musiek en Teyana`s is beslis `n besoek werd. Teyana`s is van Dinsdag tot Sondag oop. Marlene kan gekontak word vir enige verdere inligting asook weeklikse spesiale aanbiedinge (022) 783 2055.
Woef en kie hier ekstra spesiaal behandel Riverview Petshop is geleë te Voortrekkerweg 125 en hulle spesialiseer daarin om honde te was en mooi te maak en verkoop ook `n groot verskeidenheid troeteldierkosse en -speelgoed. Riverview Petshop se kontaknommers is (022) 783 2143 / 082 556 6370. By Ubuntu Visserye in Bokkomlaan word allerhande Velddrif-lekkernye aangebied: droë bokkoms, harders, maasbankers, viskoekies,
snoek, rollmops, ingelegde mossels en vis op aanvraag. Hulle kontaknommers is 082 556 6370 / 073 021 6688. By Poolburgers and Dogs in De Villiersstraat in die hawe-area by Laaiplek kan jy jou eie groot pizza bou en ook smul aan hulle heerlike hamburgers en kaasrussian en tjips. Die kontaknommer is 082 556 6370.
Span van Siebert Auto Clinic ken hul prioriteite Siebert Auto Clinic, wat amptelik op 1 September sy deure op Laaiplek oopmaak (maar is reeds oop vir besigheid), stel sy kliënte se gemoedsrus bo alles en poog om met elkeen ‘n “vennootskap” aan te gaan. Hulle het ‘n besonderse besorgdheid oor die veiligheid van die ouer mens en die dames op die pad, asook om hulle teen moontlike uitbuiting te beskerm. Siebert Neethling Jnr en Snr en nog `n gekwalifiseerde motorwerktuigkundige spog met 66 jaar se ondervinding tussen die drie van hulle en kan aan enige voertuig werk: petrol, diesel, swaar- en ligte voertuie, grondverskuiwingsmasjinerie en trekkers. By hulle nuwe werkswinkel in Jamesonstraat
37, Laaiplek, dieselfde gebou waarin Bergrivier Meganiese Onderdele gehuisves word, beskik die span oor `n volledig toegeruste werkswinkel met al die nodige toerusting om aan ou en nuwe voertuie te werk en dit te toets. Siebert Auto Clinic, wat ook die afgelope sewe jaar `n tak op Langebaan het, voldoen aan alle registrasies soos RMI, MIWA, MIOSA, MIBCO en is ook `n trotse lid van Unashamedly Ethical gemeenskap. Die maatskappy is ook `n geregistreerde handelaar/diensverskaffer by alle motorversekeringsmaatskappye (Motorplan en Verlengde Diensplanne). Hulle kan gekontak word by (022) 783 1207/084 249 6969.
NUUS • NEWS
22 Augustus 2018
Weskus-juweel aan die mond van Bergrivier Die vissersdorp Velddrif, geleë aan die mond van die Bergrivier en wat val onder die jurisduksie van die Bergrivier Munisipaliteit, het sy naam gekry omdat dit die enigste plek was waar mens, dier en voertuie die rivier kon oorgaan. Die dorp het sy ontstaan gehad rondom `n visverwerkingsaanleg. Aangesien die dorpie aan die noordekant van die rivier geleë was, was inwoners van die Kaap afgesny voordat `n pont in 1899 in werking gestel is om mens en dier oor die rivier te neem. Die pontdiens het in 1950 ten einde geloop. Die bekende Carinusbrug is in 1959 voltooi en in gebruik geneem, wat `n groot verandering vir inwoners van Laaiplek, Velddrif en Dwarskersbos beteken het. Vandag is hierdie dorpe en ook Port Owen gewilde toerismebestemmings en inwonertalle groei by die jaar. Die area spog met vele ou tradisies en inwoners glo dat die sterre by hulle helderder skyn
as op ander plekke. Hier ontmoet die see en die Bergrivier, vis is volop en die rustigheid van die omgewing weerklink in die baie voëlgesang. Voordat jy Velddrif se wêreld betree, is die flaminke reeds in groot getalle te sien waar hulle elke dag in die riviermonding wei. Net oor die Carinusbrug begroet `n unieke stukkie wêreld van bokkoms, vissers en pragtige lang skoon strande die besoeker. Die area huisves verskeie kunsgalerye wat name insluit soos Marina Clunie River Studio, Die Vishoekie, Simply Art Gallery & Framing, Odds en New Rustic Furniture. Aan bootekspedisies, voelkykgeleenthede en visvang is daar geen einde nie en veral voëlkykers bring gereelde besoeke aan die area om die groot voëlbevolking te besigtig. Buitemuurse aktiwiteite is aan die orde van die dag en geen besoeker hoef ooit vir `n oomblik stil te sit nie: jy kan kies-en-keur tussen die
Bergrivier Gholfbaan, Klein Tafelberg 4x4 in die Sandveld, Langrietvlei waar jy na hartelus kan stap en plaasbedrywighede kan sien, Mountain Mist en Draaihoek Privaat Natuurreservaat. Te veel om op te noem. Aan restaurante, koffiewinkels en wegneemeetplekke is daar in hierdie klein gebied geen tekort nie. Ry net rustig deur die dorpies, besluit waarvoor jy lus het en gaan sit aan by `n heerlike-voorbereide maal. Dit is die moeite werd om `n paar dae in die omgewing deur te bring by een van die menigte akkommodasie-geriewe om alles te ontdek wat Laaiplek, Dwarskersbos, Port Owen en Velddrif bied. Vir enige verdere inligting kan die Velddrif Toerismeburo gekontak word by (022) 783 1821 / velddriftoerisme@elkomsa.net. Die kantoor is geleë in die Munisipale Gebou in Voortrekkerweg.
Wesbarn kyk na jou boot Wesbarn Paints & Resin is `n fabriek op Velddrif waar verf vervaardig word vir huishoudelike gebruik, industrieel asook motor- en bootverf. By Wesbarn word ook enige werk op bote gedoen wat insluit verfwerk, herstelwerk en opbou van bote. Hulle is gelee te Kerklaan 17, Velddrif en die kontakbesonderhede is 064 508 3768 / 083 959 4163 / wesbarn.pierre1@gmail.com.
Roosterkoek en meer by basaar Roosterkoek, melkkos, afvalpotjie, kontreikos……. dit is van die lekkertes wat by die NG Kerk Velddrif se basaar sal wees Saterdag, 8 September. `n Heerlike ontbyt sal reeds van 09:00 af genuttig kan word en van 09h30 af is
dit tyd vir heerlike kuier en stalletjies besoek. Natuurlik sal die groot basaaraantrekkingskragte, pannekoek en basaarpoeding, ook gekoop kan word om nie te praat van die braaivleis, wors en slaaie wat die middag sal aankondig nie.
Die hele gesin kan ook gaan bie op pragtige handgemaakte items. Die kinders is nie vergeet nie - daar is `n pragtige kindertafel met heelparty verrassings vir die jongklomp. Navrae kan aan Tenique gerig word by die kerkkantoor (022) 783 0005.
Weskus Koeriers maak gou met pakkies Weskus Couriers het in 2010 die besigheid begin met twee bakkies en een kliënt. Die diens, wat van Velddrif af bedryf word, bedien `n groot area en hulle passie is om `n diens aan plaaslike mense
te verskaf. Samelopend met die koerierdiens doen hulle ook drukwerk tot met grootte A3. Alhoewel hulle dalk beperk is op die grootte van drukwerk is hoeveelhede
geen probleem nie. Weskus Couriers & Printing is gelee te Winkel 5, Kerklaan 2, Velddrif en kan gekontak word op (022) 783 0604 / 074 603 1578 / online2296232@telkomsa. net / weskuscouriers@telkomsa.net.
Alles kunstig onder een dak By Simply Art kan jy byna enigiets kry wat met kuns te doen het. `n Groot verskeidenheid raamwerk teen billike pryse word hier gedoen en daar is ook `n kunsafdeling met voorrade van skilderdoeke, verf, kwaste en nog meer. Teen Simply Art se mure word plaaslike kunstenaars se werke uitgestal vir besigtiging en aankoop deur besoekers aan die winkel.
Kunsklasse asook “chalk paint”-klasse word op `n gereelde basis aangebied. Die winkel is ook verskaffers van die nuwe Tjhoko-verf waarmee enigiets in jou huis opgedollie kan word sonder om te skuur of te sukkel. Simply Art is geleë te Voortrekkerstraat 125 en die kontaknommer is 078 323 5861. Hulle kan ook op Facebook gevind word by Simply Art - Gallery & Framing.
5
6
Dagboek • Diary
Geleenthede Vrydag 24 Augustus: Jennifer Zamudio CD-bekendstelling, Riviera Hotel, Velddrif, 20h00, toegang R120 pp, besprekings (022) 783 1137. Vrydag-Saterdag 24-25 Augustus: Aurora Sandveld Skou met kunstenaars soos Desmond Wells, Manie & Wynand, Dobbelsteun Orkes, JJ, en meer. Bied ook Om Die Berg Fietsroete, tent-/kampplek op terrein, groot verskeidenheid stalletjies, navrae Carika Fourie 073 443 2010, Rae Smit 083 356 8626/(022) 952 1600, facebook.com/aurora.skou / auroraskou”gmail.com Saterdag 25 Augustus: Maandelikse markdag by Pelikaanhawe, Velddrif. Stalletjies beskikbaar. Mariette 083 230 4422. P.L.A.Y. Country Craft Market, Denlynpark, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed, lynne.p@mweb.co.za. Vensters Curro Langebaan, besoek huise in die omgewing wat deur huiseienaars oopgestel is te Paternoster, Vredenburg, Saldanha, Jacobsbaai, kaartjies R100 by Curro Langebaan, Cafe Graze Vredenburg, Charlie`s Deli Jacobsbaai, Hannelie 082 875 0087, Ingrid 079 896 4340, Marietjie 082 399 7124, Wilna 082 843 7807. Saturday-Sundag 25-26 August: Breede River Canoe Marathon, 10h00 on Saturday, 37km, Robertson`s McGregor Bridge to Riggron River Farm, Bonnievale, 08h30 on Sunday, 33,5km, Bonnievale Riggton River Farm to Kam`bati River Resort, information www.breedemarathon.co.za. Sondag 26 Augustus: Groote Post Kontreimark, Darling, info@iloveyzer.co.za / (022) 451 2202. Dinsdag 28 Augustus: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk Vredenburg Moedergemeente, 18h30 - Anna-Marie 084 577 7752, admin@ weskusfotoklub.co.za Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag 31 Augustus: Hulde aan Neil Diamond met Johan Liebenberg, Die Seekat Restautant Paternoster, 082 445 5540. Emma se Konsert, NG Kerksaal St Helenabaai, waartydens die gewilde Tannie Aprilja weer sal optree, eetgoed te koop tydens pouse, 19h00, toegang R50 volwassenes, R20 kinders o/12, navrae kerkkantoor (022) 736 1353, ngksth@gmail.com. Saterdag 1 September: Basaar NG Kerk Saldanha, Weskusskool, 10h00. Alles wat jy by `n basaar verwag! Karaoke-aand 20h00 in Steenberg`s Cove, St Helenabaai se saal. Toegang R40. Fondsinsamelingsgeleentheid vir die skool. Friday 14 September: Mike McCully & the Harmonix pay tribute to Abba, Barn Owl On The Bay, St Helena Bay, a one-night only phenominal show, 20h00, R175 pp, bookings 062 996 5406, info@barnowl.org. za, www.barnowl.org.za. Vrydag-Sondag 14-16 September: Darling Veldblomme-skou, Darling Gholf Klub, 09h00-17h00 Vrydag en Saterdag, 09h00-15h00 Sondag, toegang volwassenes R60, kinders 2-18 jaar R40, babas gratis, pensioenarisse R40 slegs Vrydag, Navrae 084 916 maandvergadering vind plaas 14h30 te Fossielpark. Tema Voelkyk Reisverslae deur twee lede. Verversings sal bedien word. R10 per persoon, Jeannie 082 571 6367. 1111/info”darlingwildflowershow.co.za/www.darlingwildflowers.co.za. Maandag, 24 September: ATKV Saldanha Erfenisdag Braaikompetisie, 10h00, Sandstone Restaurant, Hoofweg, Saldanha - Corne de Milander 083 235 8619. Saterdag 29 September: Maandelikse markdag by Pelikaanshawe, Velddrif. Stalletjies beskikbaar. Mariette 083 230 4422. P.L.A.Y. Country Craft Market, Denlynpark, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeideheid produkte, speelplek vir kleingoed. NG Kerk Langebaan hou basaar vanaf 11:00 te Oostewalstraat 37, Langebaan. Vir enige navrae kontak Tania Geldenhuys by 022 125 0310 of 072 4400 463 Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita du Plessis.
22 Augustus 2018
Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za. Weekliks
West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261. Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail. com.
NUUS • NEWS
Energy drive visits West Coast The custom-built EnergyDRIVE truck visited the West Coast where learners from Hopefield High and Weston High Schools had the opportunity to learn more about renewable power resources and climate change. Arriving from Cape Town, the interactive mobile vehicle will soon head up North, on the last leg of its three-week national educational road show, having spread the message of clean energy to young people across the country. “We are very excited to be part of this national educational road show. It’s a great opportunity for our local community high school learners to acquire first-hand knowledge from the interactive demonstration models, which are designed specifically to increase the understanding of a range of renewable technologies,” said Veronique Isaacs, Regional Community Operations Manager for Umoya Energy Wind Farm. Hopefield and Weston High Schools joined
thousands of other young people, learning more about the potential for renewable power technologies in our rapidly changing world. Featuring a solar roof structure, biogas digester, photovoltaic panel display unit as well as a solar hot water display unit, the EnergyDRIVE teaches learners about the benefits and uses of renewable energy technologies. This is the second time that the customised vehicle has visited the West Coast area, having made its inaugural trip to this part of the Cape visiting the Atlantic Career Expo in November last year. The mobile unit departed from Durban on 30th July, making its way through the Eastern and Western Cape before arriving at the West Coast on 14th August. From the West Coast, the truck will travel to the Northern Cape before circling back to KwaZulu Natal on 19th August, having spent time in host renewable energy communities along the way.
Neem deel/ gaan kyk: Saturday 25 August: Langebaan Half Marathon at Club Mykonos Resort, distances 21km, 10km, 5km. Information at www.entrytime.co.za/ 083 462 4400. Jan`s Vetkoek Den Golf Day, Bergrivier Golf Club, Velddrif, 4-ball alliance and yellow ball competition, R250 pp / R1000 per 4-ball, sponsor hole for R500 and display your business, waterhole on the course, grab&go and early dinner, Jan Buitendag 071 215 0504/buitendag.jan9@gmail.com. Saturday 1 September: Thys du Toit Memorial MTB Challenge, Hopefield, four routes – Willem 082 923 2553. Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@mweb.co.za. Saterdag & Sondag, 6&7 Oktober: Die Darling 24uur MTB Enduro Lenteblomme-rit, !Khwa ttu op die R27 Weskuspad, entries www.trailrunning.co.za / (022) 451 2202. Sunday 28 October: Groote Post Country Run, Groote Post Winery off R27 in Darling, 4km Ommie-Dam fun run, 10km Atlantic View Route, 21km Bobbejaanberg Challenge, entries www.trailrunning.co.za/ (022) 451 2202.
Hoërskool Hopefield se eerste rugbyspan het Lutzville gewen met 25 teen 15 punte.
KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór 10:00 Maandae
Bo: Hoerskool Hopefield se dirigente saam met skoolhoof Wiehan Fourie Saterdag by die interskole wat op Lutzville gehou is.
Links: Hoerskool Hopefield het die naweek se Interskole Dinsdag al afgeskop toe Jean de Villiers die skool besoek het. Links en regs van hom staan twee van die eerste-spanpelers, JP Smit en Willem Basson.
NUUS • NEWS
22 Augustus 2018
Plaaslike sangsensasie se Het jou kind al plek in 'n skool vir 2019? CD bekendgestel Jennifer Zamudio, Weskus-boorling en gewilde Afrikaanse sangeres, stel haar nuutste en 12de CD, Goud is my woorde, Vrydagaand 24 Augustus bekend op Velddrif. Die vertoning word by die Riviera Hotel aangebied en begin om 20h00. Kaartjies is beskikbaar teen `n koste van R120 per persoon en besprekings kan by (022) 783 1137 gemaak word. Hierdie Afrikaanse CD met veertien liedjies op beloof om ‘n groot sukses te wees. Jennifer het geen bekendstelling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nodig nie en as daar een ding is wat hierdie dinamiese sangeres nog altyd baie goed reggekry het, is dit om haarself en die musiek wat sy maak, keer op keer te vernuwe en om elke keer met ’n splinternuwe, vars produk vorendag te kom. Sy ken haar mark en haar mense en het nog altyd haar vinger op die pols gehad wat haar musiek betref. “As ’n onafhanklike kunstenaar in ’n bedryf wat so vinnig groei en verander, moet jy jouself die hele tyd aanpas en vernuwe. Ek het baie jong musikante gebruik om my met die album te help en is baie trots op die eindproduk. Dis modern, in pas met die hedendaagse klanke en steeds heerlike lekkerluister musiek,” sê Jennifer. Sy is hierdie jaar reeds 18 jaar betrokke in die musiekbedryf. Een van die onlangste hoogtepunte van haar sangloopbaan is die Ghoema-toekenning wat sy verlede jaar vir haar Country-album ontvang het. Elkeen van die liedjies op die album is met die hand gekies. “Daar is ’n goeie balans op die album en die genre wissel tussen popmusiek en kontemporêre musiek. Ek glo mense se ore moenie moeg raak wanneer hulle na ’n liedjie luister nie en daarom is elke liedjie op hierdie album lekker om na te luister. “Ek het maar nog altyd ’n sagte plek vir ’n mooi melodie en ek hou van liedjies met musikale melodieë. "Deesdae raak ’n mooi melodie so maklik verlore, maar ek hou van musiek wat sterk gedrewe en kragtig is,” sê Jennifer. Buiten die vyf liedjies wat uit Jennifer se eie pen gevloei het, is die liedjie Goud Is My Woorde spesiaal deur Rudi Claase vir die album geskryf.
Hierdie liedjie weerspieël letterlik Jennifer se hele loopbaan tot dusver. Die meesleurende Tot Die See Opdroog is ‘n liedjie wat Jennifer spesiaal vir haar pa geskryf het ná sy dood en baie mense sal daarmee kan identifiseer. Jennifer het Anneli van Rooyen se treffer Ek glo pragtig verwerk en sy is verseker een van die min dapper vroue wat al haar hand aan ‘n Neil Diamond-liedjie gewaag het. Haar weergawe van sy I am I Said gaan beslis ook aftrek geniet. Die duet saam met Juandre Marais Gee Jou Liefde Net Vir My is nog ‘n hoogtepunt op die album. Jennifer tree gereeld op en ondervinding het haar geleer dat om te toer die mees effektiewe manier is om haar musiek by die mense en haar aanhangers te kry. Dit is harde werk maar het haar nog nooit afgeskrik nie. “Dis regtig nog al die tyd vir my lekker om te kan sing en ek beskou dit as ’n voorreg dat ek my passie kan uitleef en elke dag iets te kan doen waarvan ek regtig baie hou.” En solank as wat mense haar CD’s koop en konserte bywoon, sal sy aanhou om musiek te maak. Hoe dan nou anders?
Volgens `n verklaring wat deur die Hoof van die Wes-Kaapse Regering se Onderwysdepartement, Brian Schreuder, uitgereik is, sal hierdie departement bystand aan ouers verleen wie se kinders nog nie bevestiging ontvang het of hulle aansoeke suksesvol was in plasing vir skole in 2019 nie. Skole in die provinsie moes ouers/voogde teen die einde van die tweede kwartaal, 22 Junie 2018, laat weet het indien hulle aansoeke suksesvol was. Dit is `n vereiste van die departement dat ouers aanvaarding by `n skool moet bevestig en indien `n leerder by meer as een skool aanvaar is, moet die skool wat nie gebruik gaan word nie, daarvan verwittig word sodat kandidate op waglyste `n geleentheid kan kry. Dit is verstaanbaar dat hierdie `n baie stresvolle tyd is vir ouers en dat onsekerheid bestaan oor die volgende stap wat geneem moet word. Ouers word aangemoedig om eers weer skole te kontak om te bevestig dat daar steeds nie plek is nie en ook dat hulle name steeds op die waglys is. Indien onsuksesvol, kan ouers die naaste onderwys-distrikskantoor kontak. Die kantore het amptenare om aan hierdie spesifieke situasie aandag te gee en het toegang tot skole se toelatingslyste. Hulle kan ouers adviseer by watter skole plek beskikbaar is. Ouers kan ook gevra word om `n leerder-aansoekvorm in te vul sodat inligting op die Wes-Kaapse Skooltoelatingsisteem gelaai kan word. Die departement onderneem om sover
moontlike ouers se individuele voorkeure in ag te neem, maar kan niks waarborg nie. Hulle het gevra dat ouers geduldig sal wees terwyl hulle alles in hulle vermoe doen om leerders ten beste te akkommodeer. Kontak gerus die betrokke persoon in die streek met enige navrae: Kaapse Wynlande: John Goliath - (023) 348 6000 / 4581, John.Goliath@westerncape.gov.za; Eden en Sentrale Karoo: Jewel Jonkers - (044) 803 8317 / 8300, Jewel.Jonker@westerncape. gov.za; Metro-sentraal: Brenda Robertson - (021) 514 6700 / 6708 / 6793, Brenda.Robertson@ westerncape.gov.za; Metro-oos: Eric Magodla - (021) 900 7203 / 7206, Eric.Magodla@westerncape.gov.za; Metro-noord: Wayne Abrahams / Leon Rutgers - (021) 938 3006 / 3004, Wayne.Abrahams@westerncape.gov.za / Leon.Rutgers@ westerncape.gov.za; Metro-suid: Lynn Primo - (021) 860 1200 / 1206, Lynn.Primo@westerncape.gov.za; Overberg: Japie Bailey - (028) 214 7300 / 7379, Japie.Bailey@westerncape.gov.za; Weskus: Anlerie Truter - (021) 860 1200 / 1206, Anlerie.Truter@westerncape.gov.za; Hoofkantoor: Lance Abrahams / Redewan Larney - (021) 467 2000, Lance.Abrahams@ westerncape.gov.za / Redewan.Larney@westerncape.gov.za. Kaarte vir die verskillende distriksgrense is beskikbaar op die webblad: https://wcedonline. westernscape.gov.za/enrolment/index.html
Heinrich Schloms in novice-programme While many elite paddlers are focusing on the SA titles up for grabs at the Breede River anoe Marathon on 25 and 26 August as it is hosting the SA K2 River Championships, Cape star Heinrich Schloms has grasped the appeal to take a novice down the river and has entered with his girldfriend Anri Delport for her first river marathon. The race organisers had a solid response to their “Nurture A Novice” programme which encourages new paddlers to enjoy the two-day, 72km trip down the Breede River valley between Robertson and Swellendam in the company of an experienced partner in a K2, and this is what first caught Schloms` attention. “It is up to us as top paddlers to get involved and take a newcomer down the Breede. We can`t be selfish. Our sport needs new paddlers and this is a great way to get them involved in a really nice race,” said Schloms, who won the race in 2011 with Lance King. “I know some of the top guys are thinking about the SA K2 titles, but I think it is just as important to get involved in this novice programme that about giving the sport long-term support and growing our numbers,” he added. Delport is a loyal supporter and second who has been at Schloms` side on recent Berg River Canoe Marathons, and says she is excited and nervous ahead of her first big river race. “I have told her to relax, hold onto her paddles and just enjoy the trip,” said Schloms. “It will be more a sightseeing trip for us than a race.” Delport, a lecturer in history at the Military Academy in Saldanha, showed promise at a recent Hermanus to Stanford race which marked the first time she had swapped her seconding role for a place in the back of a double with her boyfriend. With the rains in the coming week set to determine the character of the 2018 race next weekend, organisers are delighted that the “Nurture A Novice” campaign supporters will
bring a relaxed atmosphere to the race, even if the water levels prove to be low on the days of the race. - Dave McLeod
Interskole: Die spanne van Veld-
drif en Graaf-Water het die afgelope naweek teen mekaar kragte gemeet. Die eerste netbalspan het met 30-14 verloor en die eerste rugbyspan het met 45-5 die onderspit gedelf. Foto's: Jeanette Tredoux en Caroline Sinclair
Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garciaizelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Patersonads@diecourant.co.za Joernalis: Madi Pieterse madi@diecourant.co.za
77
Bemarkers: Desiré Kriel desire@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws - accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221
courant
8
dié
22 Augustus 2018
Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
SPORT
22 Augustus 2018
Bo: Ashley Noorman (voorry) was oral op die veld.
•KLOP VREDENBURG IN NAELBYTSTRYD IN BOLAND-LIGAKOMPETISIE
Pella verseker plek in top 8 VREDENBURG: Met drie liga wedstryde in die Swartwes-kompetisie van Boland Rugby-unie oor, het Pella gister hul plek in die Top8 van Boland verseker. Die span van Reuben Abels (afrigter) het die span van Vredenburg op eie bodem met 18 - 23 geklop. Om dit te vermag, moes Abels se span vir 'n volle 10 minute voor die eindfluitjie, 'n verwoede aanval van Vredenburg se rugbyspan van hul doellyn weghou. Die besluit van Vredenburg se kaptein om kantlyn toe te skop toe daar 11 minute oor was, moet egter bevraagteken word. Vredenburg het 'n strafskop vlak voor die pale gekry, met genoeg tyd om op op te maak om die wedstryd in te palm met nog 'n straf of skepskop. Vredenburg was blitsig uit die blokke, toe
Ruan Kleinsmith (vleuel) binne 3 minute na die afskop oor die doellyn val. Toe vat Pella egter stelselmatig oor en teken 16 punte aan, voordat Brandon Olivier (heelagter) van Vredenburg voor rustyd 'n strafskop aanteken. Na rustyd begin Pella vanaf 'n strafskop lynstaan met aanval in eie kwart gebied, met Ashley Noorman (voorry) wat sonder enige teenstand oorval. Die voorry wat ook Pella se "man van die wedstryd" was, het 'n skitterende wedstryd gehad. Met Jade Solomons (heelagter) wat doelskop oorsit, was die telling skielik 8 - 23. Toe kry die tuisspan skielik lewe, en begin met aanvalle uit alle hoeke van die veld. Eers gaan druk Ruan Kleinsmith sy tweede vywer en later doen Anvil Adams (linkervleuel) dieselfde. Met Vredenburg wat die tweede helfte in be-
heer was, sal die besluit van die kaptein om kantlyn toe te skop na 'n kritieke strafskop altyd 'n vraagteken bly. Behalwe Noorman, het Kirwin Snell (losskakel) van Pella ook oor die doellyn geval. Jade Solomons (heelagter) was suksesvol met drie strafskoppe en albei doelskoppe. Pella se eerste rugbyspan het Saterdag stilweg geskiedenis gemaak, met die span wat reeds verseker is van 'n plek in die Boland Rugby Unie se Top 8-uitspeel-kompetisie. Na Saterdag se wen teen Vredenburg staan Pella op 50 liga punte, te veel vir enige van die orige sewe spanne in die Swartwes-kompetisie om in te haal - ongeag met drie liga-wedstryde wat nog in die kompetisie gespeel moet word. Reuben Abels van Atlantis, Pella se afrigter het met dié courant
gesêls voor die eerstespan wedstryd. "Ek is bevoorreg om 'n span soos Pella af te rig, want die manne gee hulle alles vir hulle klub". "Dis ons eerste seisoen in so 'n groot kompetisie, en kyk waar staan ons. "Ons ander wedstryde is tuis, en niemand wen vir ons op Pellapark nie," het die afrigter gespog. My eerste doel was om die span daar te kry waar hulle nou is. "My tweede en laaste doelwit: om Saldanhabaai wat in die eerste plek is, te wys wie is baas". Saldanhabaai was die enigste span wat vir Pella in die eerste ronde op Saldanha geklop het. -George April
Weskus-unie se duiwe geniet optimale weer vir vlug Saterdag, 18 Augustus om 08h00 en 08h30 onderskeidelik is die jongduiwe en ope-afdeling duiwe van die Weskus Duiwe-Unie te Beaufort-Wes losgelaat om die terugtog Weskus toe aan te pak. Die weer het saamgespeel en die duiwe het in mooi weer hulle pad huis toe gevind.
Uitslae Velddrif: Die jongduiwe (159 deelnemers) se wenner vandeesweek is Jutie de Witt in ‘n wentyd van 13:14:42. Die res van die uitslae is as volg: Casper van Rensburg 2de en 5de; Jannie Burger 3de en 6de; Bobby Whitfield Jones 4de en 9de; Manie Lira 7de en 10de en Dennis en Linda Ro-
binson 8ste. Die ope afdeling (155 deelnemers) is gewen deur Keith en Amanda de Vos in `n wentyd van 13:52:53. Die res van die uitslae soos volg: Dennis en Linda Robinson 2de en 10de; Jannie Burger 3de en 4de; Jurie de Witt 5de; Basson de Witt Jnr 6de; Manie Lira 7de en Bobby Whitfield
Jones 8ste en 9de. Die Weskus Duiwe-unie val onder die Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) en sluit die volgende dorpe in: Piketberg, Velddrif, Vredenburg en Saldanha. Die voorsitter is Jannie Burger. Vir enige besonderhede kan hy gekontak word by 073 190 4838.