Skip to main content

483 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

22 Augustus 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 483

22 Augustus 2018

•OLIVIA DU PLESSIS SE ENERGIE TASBAAR

Fiksheidsghoeroe skiet uit •Jaomi Zeeman Olivia du Plessis is ‘n bondel energie. Dit is hierdie aansteeklike eienskap wat haar in die fiksheidsbedryf laat beland het en waarin sy nou behoorlik uitblink. Hierdie Wellingtonner het die laaste paar jaar van ‘n lewendige jong meisie tot ‘n krag in die fiksheidsbedryf en ‘n bedrewe besigheidsvrou gegroei. Olivia het haar laerskoolloopbaan aan Newton Primêr en haar hoërskoolloopbaan aan Hugenote Hoërskool voltooi. Volgens haar was sy van kleins af al lief vir sport. “Ek het van graad 1 af netbal gespeel en dit het my deur die skool gekry. Ek het nooit baie van skool gehou nie. Ek was nie baie goed nie en het C-span gespeel, maar ek was nog altyd mal daaroor om aktief te wees en is baie lief vir die game. Ons is ‘n baie hegte gesin en ek en my ma speel nog af en toe saam action netball,” sê sy. Olivia vertel dat haar hele gesin baie lief vir sport is en dat haar ouerhuis die geboorteplek van haar belangstelling in fiksheid en ‘n gesonde leefwyse was. “My pa was ‘n langafstandatleet en die familie het gereeld saam gaan rugby kyk. Dit was ‘n geskree, lag en skel vir die referees. Ek was mal oor elke oomblik! Maar net so lief as wat ons vir sport is, is ons vir eet. Daar is ‘n geskiedenis van tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk en cholesterol in my familie. Dit alles is my motivering vir ‘n gesonde leefstyl,” vertel sy. Alhoewel sy gedurende haar matriekjaar nog nie geweet het wat sy met haar lewe wil doen nie, het een feit soos ‘n paal bo water gestaan, naamlik dat sy gek was oor sport en om aktief te wees. “Ek het toe Sportbestuur by CPUT in Mowbray gaan studeer en deeltyds by Curves in die Paarl gewerk. Ek het daar my passie vir personal training en fitness ten volle ontdek toe ek ‘n kliënt gehelp het om 30kg te verloor. Dit was ‘n amazing gevoel om iemand so te sien verander, en om te weet jy was deel van die proses,” onthou sy. Sy het begin planne maak om vir haarself te werk en nadat sy haar studies voltooi het, haar bedankingsbrief by Curves ingedien. Olivia het hierna begin om persoonlike afrigting by kliënte se huis te doen. Op 4 Junie 2016 het sy die deure van haar eie fiksheidstudio, LivFit, in die Ou Rembrandt Mall oopgemaak. Oor die afgelope twee jaar het dit tot ‘n baie gewilde heenkome vir mense wat

gesonder wil lewe, geword. “Ons doen personal training, meal planning en groepsessies. En mense kan verwag om altyd ‘n gelag of ‘n geskree of ‘n gehuil in die studio te hoor,” lag sy. Daar is vier fiksheidsinstrukteurs wat by die studio werk en volgens Olivia fokus hulle op ‘n verskeidenheid oefeninge om elke sessie interessant te hou. “Ons is hier om mense se lewens te verander deur fiksheid en om mense ‘n gesonde leefstyl aan te leer. Ons doen elke dag van die jaar ‘n ander sessie, so jy weet nooit wat jy gaan kry nie. Jy sal verseker altyd sweet en brand. Die liggaam reageer op skok, so daar is altyd vordering in die vorm van gewigsverlies, spiere bou, verbeterde fiksheid, ensovoorts. Die verskillende sessies sorg dat ons nooit verveeld raak nie,” verduidelik sy. Olivia tree boonop ook gereeld as motiveringspreker op en lewer gesondheidspraatjies. Sy geniet dit veral om met kinders en jongmense oor ‘n gesonde leefstyl te gesels. Alhoewel sy nou suksesvol is, was dit nie altyd ‘n maklike pad om te stap nie. “Ek kom nie van rykdom nie, so als wat ek vandag het, het ek op my eie gekry. Ek’t my besigheid 10 jaar terug met R2500, 2 stelle gewiggies, ‘n mat, ‘n tou en ‘n klein koerantadvertensie begin. Ek het 8 jaar gespaar voor ek my studio kon oopmaak. Dit was die langste 8 jaar van my lewe,” vertel sy oor die lang pad van harde werk en aanhou probeer. “Ek glo dat ek op die aarde gesit is om mense te help. Vandat ek my studio oopgemaak het, moet ek buiten ‘n trainer ook ‘n besigheidsvrou

wees, en dit kom nie so natuurlik vir my nie. Groei is mos maar ‘n ongemaklike proses en ongelukkig wil ek altyd aanhou groei,” sê sy. Volgens Olivia is haar kliënte haar grootste motivering agter dit wat sy doen. “Die verskil wat ons in die gemeenskap kan maak en die lewens wat ons kan help verander is die dryfveer agter alles. En dan is daar natuurlik my drome wat my ook aan die gang hou,” sê sy. Olivia, wat hierdie jaar onder die top vier in Absa se Business Woman of the Year kompetisie geëindig het, droom daarvan om eendag haar eie plaas te hê, met ‘n huis, ‘n hindernisbaan en ‘n studio. Wat is haar raad aan jongmense wat ook groot drome het? “Stel lang en korttermyn doelwitte en moet nooit opgee nie. Soms wag jy tien jaar vir die een jaar wat jou lewe verander. Glo in jouself, maak nie saak of ander in jou glo nie. Do your thing until you know better and when you know better, do better,” sê sy.

NUUS • NEWS


2

22 Augustus 2018

NUUS • NEWS

Herbou:

Esmé Roto dien op die Polisieforum se bestuur en is ook die voorsitter van ‘n NGO, die Drakenstein Community Restoration Organisasie, wat mense in nood in ons gemeenskap bystaan. Hulle voed nie net behoeftige gesinne nie, maar deel ook kospakkies en toebroodjies aan gesinne wie se huise afgebrand het, uit. Hulle help slagoffers van huisbrande ook deur die nodige boumateriaal vir die herstel van hul huise te voorsien. Hulle probeer ook om boumateriaal aan mense wie se huise bouvallig is, deur wind verniel is of erg lek te voorsien en met herstelwerk te help. Esmé se organisasie deel boonop gereeld kos aan behoeftige kinders uit en hulle beplan om kinders en bejaardes in die gemeenskap rondom Kersfees met ‘n ete en geskenke te bederf. Enigeen wat Die Drakenstein Community Restoration se werk wil ondersteun of daarby betrokke wil raak, kan Esmé by 061 680 4475 kontak.

Drakenstein vier vroue-wynmakers in Vrouemaand Drakenstein Toerisme gaan Nasionale Vrouemaand in Augustus gebruik om met hul reeks #winewednesday-inisiatiewe hulde te bring aan die vroulike wynmakers wat in ons vallei werk. Daar is tans 18 vroulike wynmakers en wynmaker-assistente wat in ons area se vooraanstaande wynkelders hul staal wys. Volgens Annelize Stroebel van die Drakenstein Plaaslike Toerisme Vereniging bied Vrouemaand die perfekte platform om Drakenstein se vroulike wynmakers te vereer. “Dit is ‘n ideale geleentheid om hulle vir die uitnemende werk wat hul doen, te salueer. Die feit dat ons soveel vroulike wynmakers in ‘n betreklike klein streek aantref, is definitief ‘n bewys dat hierdie industrie, wat tradisioneel deur mans gedomineer is, besig is om te verander. Ons #winewednesdays-inisiatief sal pret en interaktiewe verbintenisse met die media, bloggers en sosiale rolspelers kombineer. Dit sal ook die wonderlike vroue in die wynbedryf in ons vallei ten toon stel en aan wynentoesiaste voorstel,” het sy gesê. Annelize het verder verduidelik dat hierdie vroue ook ‘n belangrike rol in terme van

gemeenskapsontwikkeling kan speel. “Wyntoerisme speel ‘n baie belangrike rol in die bemarking van die Drakenstein-area as ‘n bestemming en die teenwoordigheid van soveel vroue in die wynmaak-proses hou baie belofte vir die toekoms in. Dit is belangrik om die prestasies van hierdie vroue uit te lig, omdat hulle as rolmodelle vir die jonger generasie kan dien. Hierdie wynmakers is sterk, professionele individue wat ou stereotipes opsy skuif en hul prestasies maak dit moontlik om ‘n hele gemeenskap van jong meisies te inspireer,” het sy afgesluit. Vir meer inligting oor die #winewednesdays en die vroulike wynmakers in die Drakenstein, kan belangstellendes www.paarlonline.com besoek.

Annelize Stroebel en Carike Heydenrych van Drakenstein Toerisme klink ‘n glasie op die wonderlike vroulike wynmakers in ons vallei.


NUUS • NEWS

22 Augustus 2018

3

•2018-PROGRAM NOU BEKEND

Tuin van Digters beloof vermaak •Jaomi Zeeman Die gewilde Tuin van Digters, wat nou al ‘n jaarlikse instelling digters en liefhebbers van Afrikaanse letterkunde, poësie en musiek is, is weer om die draai. Hierdie gewilde fees, waar musikante, digters en liefhebbers en ondersteuners van die Afrikaanse digkuns ons taal vier, word op Vrydag en Saterdag 14 en 15 September by die Breytenbach Sentrum aangebied. Dit sal hierdie jaar die sewende keer wees dat dié fees aangebied word. Vanjaar se tema is “buite die boek”. Aktiwiteite, sprekers en kunstenaars sal tydens die fees fokus op hoe elkeen uit verskillende gemeenskappe op uiteenlopende maniere, hetsy in ’n eie gedig, deur musiek, met kunswerke, in openbare ruimtes, deur animasie, in vertalings, in en uit jou eie kop, of op ’n skeppende wyse uiting gee aan woorde en frases in gedigte. In Afrikaans, en deur ander tale in Afrikaans. Die Tuin van Digters skop op Vrydag 14 September met vermaak deur plaaslike musikante en die opening van die feesuitstalling af. Die feesuitstalling, “Handskrif”, is ‘n versameling werke deur die feeskunstenaar, Henk Serfontein, en bestaan uit houtskool-en-gemengdemedia-tekeninge van sewe formidabele vrouedigters. Die propvol feesprogram, wat oor twee dae strek, sluit interessante gesprekke, bekendstellings en musiekvertonings in. Besoekers aan die Tuin van Digters kan na gesprekke oor Olga Kirsch se werk, Vlaamse digters in Afrikaans en

die poësie in hip-hop uitsien. Voorlesings deur onder andere Carel Trichardt, Elsabé Daneel en Johan Nel is ook deel van die program. Die Ons Klyntji Digbundel, AVBOB se Poësiebundel en Daniel Hugo se “Vers en Kapittel” sal tydens die fees bekendgestel word. Diana Ferrus se Mengelmoesdigters, Danie Marais, sowel as digters en skrywers van die vertaalbundel, Converse, sal by die fees optree en Diek Grobler se poësiefilm, Parys Suite, sal ook tydens die fees vertoon word. Musiekliefhebbers sal hul in talle vermaaklike en interessante vertonings tydens die fees kan verlustig. Kunstenaars soos Niël Rademan, Babette Viljoen, die Nama-Afrikaanse rymkletser V.I.T.O., Willemien Rust, Tribal Echo en die lepel-kitaarspeler, Hannes Coetzee, Laurinda Hofmeyer, Schalk Joubert, sowel as kunstenaars van die Wasgoedlyn sal vir onophoudelike vermaak by die Tuin van Digters sorg. Alle vertonings sal in die Woordtent en die Akkoordtent agter die hoofgebou van die Breytenbach Sentrum aangebied word en feesgangers kan aan heerlike eetgoed sal in die Bôrdienghuis Teater te koop wees. Daar sal ook spesiale vermaak vir die jongspan wees waar hulle met interaktiewe aktiwiteite, voorlesings en ander kreatiewe dinge besig gehou sal word. Belangstellendes kan ‘n tweedagpakket, wat alle aanbiedings insluit, of afsonderlike toegang vir elke dag by 021-873 2786, 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za bespreek om die Tuin van Digters by te woon.

Gebruikersvriendelike Daljosaphat-toetssentrum open Die Daljosaphat Verkeer Toetssentrum sal binnekort ‘n verbeterde diens aan padgebruikers in die Drakenstein Munisipale-area bied. Hierdie sentrum sal eersdaags ook op Saterdae oop wees om lede van die publiek met sekere dienste te bedien. Drakenstein Munisipaliteit het ook onderneem om addisionele personeel vir die sentrum aan te stel om meer mense, veral tydens die besige middagete-uur, van diens te wees. Besoekers aan die sentrum sal oplet dat die munisipaliteit tans besig is om die sentrum op te gradeer en vernuwings aan te bring. Hierdie opgraderings sluit banke vir besoekers, sowel

as plante om die sentrum te verfraai, in. Meer bome word ook rondom die parkeerarea aangeplant en netjiese vullisdromme word geïnstalleer. Al hierdie verbeterings is daarop gemik om ‘n meer aangename ondervinding vir besoekers aan die sentrum te verseker en dienslewering te verbeter. Dit stem ook ooreen met die munisipaliteit se doelwit om ‘n Stad van Uitnemendheid in Drakenstein tot stand te bring. Volgens ‘n woordvoerder van die munisipaliteit sal die publiek in kennis gestel word oor die spesifieke datum van wanneer die sentrum ook op Saterdae operasioneel sal wees.

Wellingtonners sou die afgelope tyd gemerk het dat ‘n paar manne en vroue met helderkleurige pette en onderbaadjies in die middedorp te sien is. Hierdie mense is Wellington se eie “Bobbies” en is deel van Drakenstein Munisipaliteit se inisiatief om ons dorp veiliger te hou. Wellington se Wetstoepassing Afdeling beskik nou oor die dienste van 10 Bobbies, wat ‘n welkome nuwe toevoeging tot gemeenskapsveiligheid en die afdwing van munisipale bywette is. Die Bobbies is tans in opleiding en doen diens in Hoofstraat, Kerkstraat en Roosstraat. Hulle hou

ook ‘n oog oor Victoria Park en Joubert Park en werk volgens ‘n diensrooster. Hierdie groep mense sal help om Drakenstein Munisipaliteit se Bywette in die middedorp toe te pas. Die Bobbies sal ook in oorleg met die munisipaliteit se bestaande Wetstoepassingsbeamptes funksioneer en hulle val onder Drakenstein Munisipaliteit Wetstoepassing se mnr. Jacques Cyster, wat hul onmiddellike hoof is. Groet gerus hierdie nuwe partoleerders van ons middedorp. Vra hulle uit oor wat hul doen, moedig hul aan en bedank hulle vir hul bydrae tot die beveiliging van ons dorp.

Bobbies help met veiligheid

Gemeenskap:

Karel Dampies is iemand wat voortdurend na maniere soek waarop hy in sy gemeenskap diensbaar kan wees en ‘n positiewe bydrae kan lewer. As gesondheidsraadgewer by die Kaapse Wynlande Distriksmunisipaliteit, ‘n lid van die MSAT in Drakenstein, ‘n verteenwoordiger vir NACOSA en in sy persoonlike omgee-hoedanigheid was hy by talle Vrouedag-inisiatiewe betrokke. Hy was een van die uitgelese gaste by die deftige “Gold and Black” Women in Wine funksie wat by Nelson’s Creek gehou is. Verskeie vroue in die wynbedryf se werk is tydens hierdie geleentheid gevier en hulle kon ook tyd kry om met mekaar skouers te skuur. Karel het ook ‘n inisiatief geloods waar hy plaaslike vroue op Vrouedag bederf het. Hy het hulle tydens die geleentheid aangemoedig om te praat oor hul probleme, op te staan vir hul regte en ‘n ondersteuningsnetwerk vir mekaar te wees. Te danke aan donasies en skenkings kon elke vrou sap en beskuit tydens die geleentheid ontvang. Die dames het Karel vir die inisiatief, sowel as alles wat hy in die gemeenskap doen, bedank.


4

22 Augustus 2018

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die Here spot met hulle

Bykans drie duisend jaar gelede is Psalm twee geskryf. Die vraag word gevra waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde. Die vorste en konings van die aarde wil loskom van die bande en slawerny van die HERE! Hulle wil seker onder die wet loskom, dan geld geen morele reëls meer vir hulle nie. In Daniël en Esegiël van konings en vorste, wat teen God in opstand kom. Hy wat in die hemel woon lag, die HERE spot met hulle! Die Gesalfde van die Here in Psalm twee verwys na Jesus, wat opgewek is deur die HERE, selfs Paulus verwys na Psalm twee in die boek Handelinge in die Nuwe Testament, asook die skrywer van die Hebreërboek haal die Psalm aan : U is My Seun, vandag het ek U gegenereer. Ons leef ook in ‘n tyd wat die vorste en konings van die aarde woel, en van God se gebod niks wil weet nie. Hulle word in die Psalm gewaarsku, wees nou verstandig o konings, en laat julle waarsku o regters van die aarde! Die HERE is nie bekommerd nie, Sy Seun is Koning en welgeluksalig is almal wat by Hom skuil.

dié

courant

Ten spyte van die feit dat vroue deesdae op gelyke regte as mans kan aanspraak maak, hul plek in enige werksplek kan volstaan, hul stemme op sosiale, ekonomiese en politieke platforms laat hoor en boonop die ruggraat van gemeenskappe vorm, word hulle steeds in sommige omstandighede en gemeenskappe as weerloos, ondergeskik en swak beskou. Tydens ‘n onlangse Vrouedagviering wat in ons dorp se stadsaal gehou is, het Aneleh Fourie le Roux van CABSA as die spreker opgetree. Sy het daarop gewys dat dit soms gevaarlik kan wees om ‘n vrou te wees; dat dit soms harde werk is om ‘n vrou, ma en die een wat ‘n huis bymekaar moet hou, te wees. Dit is ongelukkig ‘n nare werklikheid dat vroue, ten spyte van talle verbeterings en lofwaardige pogings deur gesaghebbende instellings, steeds in sekere gemeenskappe geminag en mishandel word. Gelukkig is daar dinge wat hieraan gedoen kan word. Deur al die Vrouedagvieringe, toesprake, praatjies en inisiatiewe het een boodskap soos ‘n goue draad geloop: daar is krag in weerloosheid, daar is hoop wanneer vroue ophou swyg en daar is uitkoms wanneer vroue saamstaan. In Wellington wéét vroue dit en vind dit gestalte in die dinge wat ons vroue aanpak en die manier waarop hulle dit doen. Gelukkig verstaan en ondersteun die meeste mans in ons gemeenskap ook hierdie siening. Die plaaslike jong fietsryer, Ashleigh Parsons, het saam met nog ‘n fietsryer uit ons dorp, Charl Swanepoel, haar vlerke gesprei

NUUS • NEWS

Plaaslike MCC as beste in die land aangewys

Krag in weerloosheid en in die buiteland gaan deelneem. Die fiksheidsghoeroe, Olivia du Plessis, het haar weerloosheid as bate gebruik in haar vasberadenheid om haar drome na te jaag en te bewaarheid. Vandag pluk sy die vrugte daarvan. Vrouewynmakers in die Drakenstein sal ook tydens Vrouemaand spesiale aandag geniet wanneer hulle vernuf deur ‘n inisiatief van die Drakenstein Toerisme beklemtoon sal word. Die Drakenstein Community Restoration Organisasie sien na die weerloses in ons gemeenskap om en gemeenskapswerkers soos Karel Dampies sien altyd nóg geleenthede raak om die potensiële krag in weerlose mense te ontgin. Die dames van die plaaslike VLV-tak het hulself met insiggewende sprekers bemagtig om positiewe bydraes tot die weerloosstes van weerloses, ons kinders, te lewer. Die Bobbies wat saam met Wetstoepassing in ons middedorp werk, sal die veiligheid van weerlose mense probeer verseker. Met die Interskole tussen Hugenote Hoërskool en Swartland die afgelope naweek was daar egter geen teken van weerloosheid toe dié twee skole in ons dorp kragte gemeet het nie. Brene Brown het eenkeer geskryf dat weerloosheid nie ‘n swakheid is nie, en dat so ‘n mite gevaarlik kan wees. Volgens haar is weerloosheid juis die geboorteplek van innovasie, kreatiwiteit en verandering. Mag elkeen hulself hierdie week oopstel vir weerloosheid, omdat dit, alhoewel dit nie altyd gemaklik mag wees nie, die pad na die waarheid, moed en krag is.

Die Linton Park Wynlandgoed buite Wellington het onlangs met die louere by die Novare SA Terroir Wine Awards vir die “Beste MCC” wat in Suid-Afrika geproduseer word, weggeloop. Die spoggeleentheid waartydens hierdie aankondiging gedoen is, het by die Anura Wynlandgoed buite die Paarl plaasgevind. Volgens Herma le Roux, Kommersiële Direkteur van Linton Park, is hulle baie trots op hierdie besondere toekenning. “Hierdie gerespekteerde kompetisie met die strengste kriteria waarvolgens die verskillende Suid-Afrikaanse wyne volgens hul spesifieke terroir van herkoms beoordeel word, bevestig dat dit ‘n welverdiende erkenning van ons wynmaak-span se vermoëns is. Dit bou ook voort op die goeie reputasie wat Linton Park met ons konsekwente uitnemende Chardonnays, waarvoor ons ‘n dubbel goud by die 2017 Michelangelo Toekennings gekry het, gevestig het,” het hy gesê. JG Auret is Linton Park se pryswenner-hoofwynmaker. Volgens dié beskeie kundige lê die geheim van hul sukses in die wingerdboukundige detail van dít waarmee hul op die landgoed

werk. “Die vallei en die groen berghange van die majestieuse Groenberg bied ons verskeie diverse mikro-klimate waarin ons wingerde geleë is en wat ons optimaal benut om uitsonderlike wyne te verbou. Ons Chardonnay-blokke is byvoorbeeld hoofsaaklik op verweerde granietgrond en bykomende besproeiing word soos benodig toegedien. Al die landgoed se druiwe word met die hand teen dagbreek gepluk om dit koel te hou vir wynbereiding,” het hy gesê. JG het Linton Park se bekroonde MCC Brut soos volg beskryf: “Hierdie heerlike droë en grasieuse Methodé Cap Classique word vir 30 maande in die bottel gehou en volgens die tradisionele Franse metode gemaak. Chardonnay en Pinot Noir is kenmerkend in die versnit met helder sitrusnote op die neus en die tong. Pikante borrels bons van die glas na die mond en die wyn lewer ‘n blywende nasmaak. Die versnit bestaan uit 90% Chardonnay en 10% Pinot Noir.” JG het ook hulde gebring aan Matthew Krone, ‘n bekende in MCC-kringe, wat ‘n bydrae tot die verfyning van die wyn gelewer het.

Nuut: Amazing Pies nou ook op Wellington

Dalene Jonkers, Zanda Brink (bestuurder) en Geraldine Kock by die nuwe nuwe konsessie van Amazing Pies op Wellington. Soos alles stories begin ons storie ook met “lank ten alle tye regverdig en eerlik te wees en dislank gelede”, 10 jaar terug om presies te wees, sipline te handhaaf. Amazing Pies strewe daarna om konsekwent was daar twee families wat saamgekuier het, ‘n goeie gehalte produk teen bekostigbare maar ook saamgedroom het. So om ‘n etenstafel is daar baie stories pryse, met uitmuntende diens te lewer. Ons is trots daarop dat al ons produkte met die hand gepraat en gedroom van hul eie besigheid. Die vrouens wou graag halfdag werk om by gemaak word. Daarom ook ons logo : HANDhul kinders te wees om sodoende in hul families MADE WITH LOVE! Ons produkreeks is ‘n omvattende reeks wat te belê en die mans wou baie graag hul eie besigheid begin. Een van die groot redes vir die drome bestaan uit ons Amazing & Zing pies, familie was ook om ‘n verskil te maak. ‘n Verskil in ons pasteie, verskillende pastry produkte, pizza’s, cocktail bitz, platters, asook verskillende artisan personeel se lewens en ook in die gemeenskap. So begin AMAZING PIES se storie dus 10 jaar brode wat by ons onderskeie winkels beskikbaar is. terug. Ons bedien hoofsaaklik die Boland area wat ‘n Storie van hoop, geloof en liefde. Hoop op ‘n beter toekoms vir ons en ons personeel. strek oor ‘n 200 km radius rondom Ceres met Geloof in ons Vader, want daar is niks wat jou uitsondering van Oudtshoorn, George en Herso afhanklik hou soos jou eie besigheid nie. En manus wat ons verste kliënte is. Ons is dankbaar dat ons hierdie jaar ook ‘n liefde, want sonder liefde is ons niks en kan ons winkel in Wellington kon open en nooi ons almal niks doen nie! Die besigheid begin met Lizelle en Annemarie uit om ons te besoek! Amazing Pies maak ‘n verskil in die gemeenen nog 3 personeel. ‘n Jaar later sluit die mans, Albé en Alex aan en begin ons ‘n fabriek met skap deur ons betrokkenheid by verskeie pronatuurlik nog personeel wat bykom. Tans is ons jekte, asook by ons personeel. Vandag kan ons as Bestuur van Amazing Pies ‘n groot groep personeel werksaam by die Amanet in dankbaarheid terugkyk op die 11 jaar wat zing Pies familie. Ons personeel is ‘n baie groot bate vir ons verby is. Ons is dankbaar vir ons Hemelse Vader besigheid. Omdat die meeste van ons personeel vir Sy groot genade en liefde vir ons. Ons sê ook dankie aan elke personeellid wat al van die begin af by ons werksaam is, is dit soos ‘n groot familie besigheid. Ons waardes is dus in die 11 jaar deel was van die Amazing Piesom respek vir mekaar te hê, betroubaar te wees, -familie.


NUUS • NEWS

22 Augustus 2018

5


6

NUUS • NEWS

22 Augustus 2018

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418

Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Darling Museum 22 August: Darling Museum proudly presents a talk by Coral Louw at 18:30 for 19:00 - "Emotions in Dogs - understanding your dog's body language. Tickets are R70 (R60 for friends of the museum. Homemade soups, bread and refreshments will be served. To book call Dianne at the museum 022 492 3361

Kerke • Churches

Cancer Vive 2 September: Ride for someone with cancer and bring hope. Depart from: Burger King Square, Heerengracht street, Cape Town. Cancervive launch show at 9:30. Brealfast run to Darling Brew at 10:00 (food and beveraged at Darling Brew for your own account) For more information contact Claude at claude@cancervive.co.za / 083 650 4109 The Darling Wildflower Show 14 - 16 September 2018: Brought to you. by: The Darling Wildflower Society Show Dates 14 - 16 September 2018 Times Friday & Saturday: 09:00 - 17:00; Sunday: 09:00 - 15:00 Venue Darling Golf Club, Jacaranda Street, Darling. Tickets can be purchased online via www. quicket.co.za - Group Specials on Application. Ticket Prices Adults: R60. Pensioners: R40 (Friday, 14 Sep, only). Children 2 - 18 years: R40 Children below 2 years: Free

Riebeek Cellars 25 Augustus: Riebeek Cellars bied aan Triptruuk - Die kabaret met Stet Kruger, Petronel Baard en Soetmelk. Kostes beloop R140 per persoon - R130 pp vir 4 meer bespreking by die Bruid, die Pixie en die Vaalhond. Vir enige navrae kontak Jorina 084 585 2806

!Khwa ttu 6-7 Oct: our MTB. Teams can be solo, team of two or team of four - 10km multi lap relay challenge For any further enquiries, please contact 022 451 2202 or send an email to info@darlingttu.co.za

VGKerk Riebeek Wes 24-26 Aug: VGK vier hul 120ste verjaardag-feesvieringe oor die naweek. Vir enige navrae kontak Mandy Julius by 022 461 2412 of Ds Samson by 072 103 4896

Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.

oggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.

Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375

NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens op Sondag-

Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

IMPORTANT NOTICE FORM 3A NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 [REG. 10(1)] Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices. The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listed hereunder. Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act.

VORM 3A KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 [REG. 10(1)] Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys. Afskrifte van ’n aansoek kan by die Owerheid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi. Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.

IFOMU 3A ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. No.

Full name of applicant Volle naam van aansoeker Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo

Name under which business will be conducted

Address of the proposed premises

Kind of licence applied for

Adres van die voorgenome perseel Naam waaronder besigheid bedryf sal word

Idilesi yesakhiwo

Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo

Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word Uhlobo lwephepha mvume olucelayo

South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona

1.

Sebisa Gallery (Pty) Ltd

La Nassa Restaurant

Farm 1478, 172 Malan Stasie, Wellington, 7654

On consumption

Wellington


NUUS • NEWS

22 Augustus 2018

Hugenote kraai koning met interskole

Die Interskole kragmeting tussen Hugenote Hoërskool en Swartland Hoërskool het op Saterdag 18 Augustus vir groot opwinding gesorg. Hierdie tradisie, wat reeds ‘n jaarlikse instelling tussen dié twee skole is, is vanjaar vir die 44ste keer voltrek. Hugenote het hierdie jaar vir alle wedstryde en kragmetings gasheer gespeel. Die Interskole-gees het die afgelope week reeds hoog geloop in Wellington. Bome, lamppale, heinings en woonhuise is met Hugenote se blou, geel en wit lint versier en selfs Andrew Murray aan die bopunt van Kerkstraat het met ‘n netjies strikdas in hierdie kleure gespog. Talle besighede en plaaslike ondernemings het ook aan die opbou tot die Interskole deelgeneem en hul gewig agter Hugenote se sportmanne en -vroue, asook hul vasvra- en skaakspanne gegooi. Die kragmeting tussen die Rockies en die Blackies, soos wat Swartland en Hugenote se spanne onderskeidelik genoem word, het reeds op Woensdagaand met die kultuur-Interskole afgeskop. Die skole se vasvraspanne en debatspanne het tydens hierdie geleentheid

met mekaar meegeding terwyl die skoolkore vir vermaak gesorg het. Swartland het met die louere by hierdie kragmeting weggestap toe hulle vasvra- en debatspanne dié van Hugenote tydens ‘n naelskraapkompetisie in die stof laat byt het. Saterdag het die spelers en ondersteuners van Swartland se sportspanne reeds vroegoggend in Wellington vir die groot kragmeting op die netbal-, hokkie- en rugbyvelde opgedaag. Hugenote se netbalspanne het die kompetisie oorheers deur 12 uit die 18 wedstryde wat gespeel is, te wen. Op een na het al Hugenote se netbal A-spanne met dié van Swartland afgereken. Die o/18 A-span het vir ‘n uitstekende vertoning gesorg toe hulle Swartland met ‘n telling van 32-22 op hul neuse laat kyk het. Op die hokkieveld het Hugenote se dogterspanne net so goed gevaar. Hulle het geen wedstryde verloor nie en uit die 5 wedstryde wat gespeel is, het die Blackies 4 gewen. Een span het gelykop gespeel en die o/18 A-span het met ‘n spogvertoning en ‘n telling van 3-0 as wenners uit die stryd getree.

Hugenote se seunshokkie-spanne het ook 4 uit die 5 wedstryde wat gespeel is gewen. Die o/19 A-span het tydens ‘n uitstekende wedstryd en ‘n telling van 4-0 met Swartland afgereken. Op die rugbyveld het Hugenote oorheers en 8 uit die 9 wedstryde gewen. Al die Blackies se A-spanne het hul wedstryde gewen. Die o/19 A-wedstryd, wat onder luide toejuiging van honderde ondersteuners rondom die veld gespeel het, het die kragmeting op ‘n hoogtepunt laat eindig. Ysere dissipline, deursettingsvermoë, spanspel en fokus het die eindfluitjie op 36-14 in Hugenote se guns laat blaas. Volgens Alwyn Burger, Hugenote se Sportdirekteur, is die skool baie trots op hul kinders se prestasie en gedrag tydens Interskole. “Ons kinders word groot in ‘n tyd waar waardes maklik nie meer aandag geniet nie. Hugenote se leerders het egter tydens Interskole ware karakter gewys deur basiese goeie maniere en goeie dissipline as kernwaardes ten toon te stel. Hugenote se oorwinnings tydens Interskole, op en van die veld, is die ware waarde wat aan die geleentheid geheg kan word. Ek het die afge-

7

lope twee jaar ons kinders van nader leer ken en die hoeveelheid kinders wat nodig gehad het om te wen, kinders met verlore drome en emosioneel moeilike omstandighede het dít wat ons tydens Interskole vermag het, só nodig gehad. Hugenote het vir homself opgestaan en aan soveel onderwysers, ouers en oud-leerders gewys waartoe ons in staat is. Die woord ‘trots’ kan dit nie beskryf nie,” het hy gesê. Hugenote se skoolhoof, mnr. Wikus Naude, is eweneens baie ingenome met die skool se prestasie tydens Interskole. “Ons leerders was op en van die veld af arende. Die grasie, doelgerigtheid en nederigheid met spankel-gesiggies was ‘n ware spieëlbeeld van Wellington se gemeenskap. Die personeel, beheerliggaam, leerders en ouers van ons skool het ‘n skouspel aangebied wat weerspieël wat moontlik is wanneer mense saamwerk,” het hy trots laat hoor. Met eerstespan-tellings waar die hokkie-dogters 3-0, die hokkie-seuns 4-0, die netbal 32-22 en die rugby 36-14 gewen het, kan Hugenote met reg trots wees op hul Interskole-prestasies.


8

courant

dié

22 Augustus 2018

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

22 Augustus 2018

•KEER TERUG NA SES WEKE IN BUITELAND

Charl en Ashleigh se Belgiese fietsry-avontuur

Charl Swanepoel en Ashleigh Parsons, twee jong Wellingtonse fietsryers, het onlangs van ‘n ses weke lange besoek aan België teruggekeer. Hierdie twee kranige fietsryers het vir dié internasionale deelname gekwalifiseer deur in die Pedal Power Association (PPA) se fietsry-ligawedrenne uit te blink. Charl en Asheigh, wat beide wenners in die PPA-liga was, moes hul prysgeld vir deelname in Europa gebruik. “Die doel was om soveel as moontlik te leer en internasionale ondervinding op te doen,” verduidelik Ashleigh. Die twee het in Hamme in ‘n huis wat ‘n familie aan fietsryers wat daar gaan deelneem verhuur, gebly. Volgens hulle was dit, ten spyte van die feit dat hulle so ver van die huis was, ‘n ongelooflike ervaring. “Alhoewel ek na ‘n paar geriewe en luukshede by die huis verlang het, was ons heel gemaklik en het goed klaargekom! Die koskopery en -makery was wel ‘n bietjie van ‘n uitdaging. Elkeen moes vir homself sorg,” sê Charl. Volgens Ashleigh het dit vir haar soos ‘n tweede huis gevoel. “Dis altyd moeilik om vir so lank weg te wees van jou familie af, maar dit was makliker omdat ons in n huishoudelike omgewing kon wees,” sê sy. Deelname aan fietswedrenne in Europa verskil baie van hoe dit in Suid-Afrika geskied. Anders as in Suid-Afrika, waar fietsryers gemiddeld vier keer per maand aan wedrenne deelneem, kon Charl en Ashleigh in die buiteland elke dag kan kies aan watter wedren hulle wil deelneem. Hulle het elke week aan sowat twee tot drie wedrenne deelgeneem en moes self daarvoor inskryf en vervoer tot by die wegspringpunt reël. “Die wedrenne was elke keer in ‘n ander dorp. Dit was soms ‘n uitdaging, aangesien ons een motor tot ons beskikking gehad het en die meisies se wedrenne nooit op dieselfde tyd as myne was nie. Ons moes maar soms beurte maak en mekaar ondersteun,” vertel Charl. Volgens hom is die standaard van wedrenne in Europa baie hoër as dié in Suid-Afrika en ry die fietsryers van die begin van elke wedren teen ‘n baie hoë spoed. Tog is daar nie soveel bulte as waaraan hulle in Suid-Afrika gewoond is nie. “Die vlak van fietsry is 10 keer beter en harder in Europa. Ek het dit ongelooflik hard ervaar, maar glo dat dit nie onmoontlik is om op daardie vlak te kom nie. Ek het baie harde lesse geleer,”

beaam Ashleigh. Charl voel tevrede met sy prestasies in die buiteland. “Ek kon elke wedren in die bondel klaarmaak en het selfs ‘n paar euro gewen by elkeen!” sê hy. Van die wedrenne waaraan hulle deelgeneem het, sluit ‘n 81.2km ren in Zomergem, ‘n 84km ren in Merelbeke Kwenenbos, ‘n 88km ren in Berlaari-Heikant, ‘n 88.8km ren in Zottegem-Stripjen en ‘n 96.6km wedren in Opwijk in. Ashleigh vertel dat hul dae in België uit oefensessies, dagtake, reis en wedrenne bestaan het. “Ek het elke oggend opgestaan en gaan oefen. Omdat die son so laat sak, is jy geneig om laat te gaan slaap, asook laat op te staan. Na elke dag se oefen was dit reguit kombuis toe om daaglikse take uit te voer soos kosmaak, skottelgoed was en wasgoed doen. Op die dae wat ons wedrenne gery het en ver moes reis, het ons omtrent die hele dag in ‘n kar of trein spandeer,” sê sy. Volgens Charl het hulle darem tyd gehad om die vreemde omgewing te verken ook. Alhoewel die wedrenne vir hom ‘n hoogtepunt was, was

dit ook vir hom lekker om as ‘n toeris die mooi dorpe en omgewing in België te besoek. “Ons het verskriklike mooi plekke gesien. Die antieke geboue het my veral beïndruk. Die treinstasies en treinry was ook vir my ‘n heerlike ervaring. Alles is so mooi skoon en netjies daar en die hoeveelheid mense wat fietsry in plaas van karre, is nogal opvallend. Selfs op elke stasie staan rye en rye fietse vir gebruik,” sê hy. “Die hoogtepunt vir my was die mense. Hulle was altyd ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Hulle was altyd bereid om jou te help en die atmosfeer wat hulle skep, is iets ongelooflik,” vertel Ashleigh. Sy moes gedurende die tweede week van hul besoek aan België ‘n groot struikelblok oorkom toe sy baie siek geword het. “Dit was vir my baie moeilik, want met fietsry kan jy nie net sommer ‘n dag se oefening mis nie. Ek moes vir ‘n week in die bed lê om te herstel. Ek moes ook aan ‘n groot Belgiese toer onttrek as gevolg van my siekte en dit was ‘n baie groot teleurstelling vir my,” vertel sy. Vir Charl was die grootste uitdaging om elke dag self vir alles rondom hul verblyf verantwoordelik te wees. “Daar was nie iemand wanneer ek ‘n wedren klaargemaak het nie. Soms moes ek na ‘n harde wedren weer op die fiets klim en terugry Hamme toe. Dit het definitief daartoe gelei dat ek die ondersteuning hierdie kant weer baie waardeer,”

lag hy. Volgens Ashleigh het die ondervinding in België haar geleer om deur te druk wanneer jy aan die diepkant ingegooi word as jy jou drome wil bereik. “You have to step out of your comfort zone,” sê sy. Volgens Charl het die ondervinding hom geleer om meer onafhanklik te wees en dat dit moontlik is om met minder klaar te kom as wat jy dink. “So ‘n ervaring verbreed verseker ‘n mens se horisonne en vergroot jou wêreld en jou siening oor sekere goed. Die verantwoordelikhede wat ek moes vat wat finansies en ander besluite behels, laat mens verseker ook groei. En ek het dit reggekry om saam met vyf meisies ‘n huis te deel en ek het oorleef!” lag hy. Vir beide hierdie jong, belowende fietsryers was hul deelname in België iets wat hul gemotiveer het om hul doelwitte hoër te stel en dit met mening na te jaag. “Ek is meer gemotiveerd as ooit om nog harder te oefen en meer in te sit om my doelwit om internasionaal te gaan deelneem vir ‘n span, te bereik,” sê Charl. “My doelwitte is nou groter as wat hulle nog ooit was en ek is baie opgewonde oor die toekoms. My ervaring het my baie meer motivering gegee om aan te hou en hard te werk,” beaam Ashleigh. -Jaomi Zeeman


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
483 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu