Skip to main content

483 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

22 Augustus 2018

64.6%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 483

22 Augustus 2018

Darling dra jongwynkroon Trofeëwenners van die Swartland Jongwynskou is die afgelope Vrydag by Nuweplaas Padstal bekend gemaak. Agter van links staan Wilhelm de Vries, wynmaker by Allesverloren, Wessel Rauch van Darling Cellars, Jaco Brand, wynmaker van Meerhof Wines, Alecia Boshoff, produksiebestuurder by Riebeek Kelder en voorsitter van die Swartland Wynskouvereniging, Franscois Duckitt, assistent-wynmaker by Pulpit Rock, Eldo Swarts van Riebeek Kelder, Stephan Basson, wynmaker by Babylon’s Peak en Eric Saayman, senior wynmaker by Riebeek Kelder. Voor van links spog Jacques Theron, senior wynmaker by Riebeek Kelder, Carel Hugo, rooiwynwynmaker en Pieter-Niel Rossouw, hoof wynmaker by Darling Cellars, Dewald Huisamen, wynmaker by Pulpit Rock, Sinethemba Msitho en Thembile Ntloko, assistent-wynmaker by Riebeek Kelder met hul bekers.

•MINISTER LÊ BESOEK OP TUISDORP AF

Bredell werp lig •Charlotte Lesch Inwoners van Malmesbury het die afgelope Vrydag die geleentheid gehad om ‘n paar moeilike vrae aan Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkeling te stel tydens sy besoek aan Malmesbury. Een van die brandende kwessies wat aangeraak is, is onder meer die onsekerhede rondom grondonteiening. Volgens hom is die grootste probleem wat die gronddebat in die Wes-Kaap aanbetref, behuising. Hy het begin deur te herhaal dat daar in 1994 besluit is om die land te herbou. “Ons het net nie besef hoe moeilik dit gaan wees nie.” Van die grootste uitdagings waarmee die plaaslike regering daagliks stoei, is werkloosheid en behuising. Die Wes-Kaap het die laagste werkloosheidsyfer wat goed is, maar is steeds swak as dit vergelyk word met die wêreldspektrum. Syfers wat die plaaslike regering ook slapelose nagte gee is byvoorbeeld die hoeveelheid kankerspesialiste wat tot beskikking is. “Die Wes-Kaap het maar 16 spesialiste, terwyl Limpopo geen het nie en Gauteng maar agt het. Dit veroorsaak baie druk op die Wes-Kaapse stelsels.

Die stelsels wat ons kan red, moet gevestig raak.” Hy vertel tog van die stelsels wat wel baie verbeter het sedert 2009 en dit is onder meer die finansiële stelsels met 21 skoon oudits in die Wes-Kaap. "Ons rus egter nie op ons louere nie. Ons moet heeltyd ‘n oog hou oor wat in die plaaslike owerhede aangaan.” Om korrupsie uit te roei, is top prioriteit. “Dit is net jammer dat die valke se kapasiteit baie verswak het en dat daar nie gou genoeg opgetree kan word nie,” voeg hy by. Die Wes-Kaapse rampbestuur is ook ver gevorderd, vertel hy. “Die mense betrokke, is passievol oor hul werk." Die plaaslike rampbestuur het byvoorbeeld ook daarin geslaag om twee helikopters te kry wat in die nag vure kan help blus en groot besparing teweeg sal bring. Wat grondonteiening betref, moedig die Wes-Kaap eiendomsreg aan, omdat dit die ekonomie bevorder. “Ons sê jy kan nie grond vat sonder vergoeding nie. Die ekonomie sal in duie stort. Mense moet juis investeer in landbou. Grondhervorming in die Wes-Kaap is 62% suksesvol. Die res van die land het nie eens 10% sukses nie. Ons sê jy moet eienaarskap hê, want dit is die dryfveer van die ekonomie.” Sowat 90% van die gronddebat gaan eintlik oor behuising,

voeg hy by. Die waglys is oor die 600 000 begunstigdes. Die begroting laat maar 10 000 huise toe wat gebou kan word per jaar. Nóg ‘n groot probleem wat daarmee gepaard gaan, is mense se verskuiwing vanuit ander provinsies na die Wes-Kaap. Vanaf 2013 tot 2018 het die provinsie se bevolking met 640 000 gegroei. “Hier is watergebruik in die drooggeteisterde provinsie ‘n groot kopseer. Tot en met Junie vanjaar 28 000 ekstra leerders vanuit ander provinsies in die skole ingeskryf, “Die krisisse is groot." Volgens hom is 'n klomp lesse uit die droogte geleer. Talle afgetrede kenners is ingetrek met die waterkrisis. "Dag Zero het gemaak dat mense besef dat ons uit die hulpbron kan hardloop. Hy sê egter inwoners moet weet water gaan duurder raak in die toekoms. “Investeer in jou waterplan,” beveel hy aan. “As ons water praat, praat ons voedelsekuriteit. Volgens Bredell is daar hoop. “As ons hande vat kan ons die land een van die top ekonomieë in die wêreld maak.” Hy sluit af deur te noem dat inwoners van die Swartland baie geseënd is. "Dié munisipaliteit het die regte visie. Ons moet net nie moed opgee nie.”

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

22 Augustus 2018

Darling spog met Jongwyn-kroon Darling Cellars en sy span se bors bult van die trots nádat dié kelder se Shiraz die paneel beoordeelaars van die plaaslike jongwynskou beïndruk het. Hul Shiraz gehout het die afgelope Vrydag gedurende die toekenningsgeleentheid by Nuweplaas Padstal buite Malmesbury weggestap met die gesogte ABSA Groot Kampioen-trofee. Altesaam agt wynkelders afskomstig uit albei die Darling en Swartland Wyn- en Olyfroete areas het vanjaar aan die Swartland Jongwynskou deelgeneem en beoordelaars beïndruk met

allemintige nege goud, 58 silwer en 51 brons toekennings. Daar is verder ook ‘n groot totaal van 30 klaswenners aangewys vanuit die goue en silwer toekennings. Hierdie besonderse wyne staan as toonbeeld in hul kategorieë en het in aanmerking gekom vir die onderskeie streekstrofeë. Dit is nou buiten die Groot Kampioen-trofee waarvoor slegs wyne met goue toekennings verkiesbaar gestel is. Wat vanjaar se geleentheid nóg meer spesiaal gemaak het, is die Séan Nieuwoudt Cinsaut

Trofee wat onder meer aan Riebeek-Kelder vir hul Cinsaut gehout oorhandig is. Dié trofee is geborg deur Swartland Wynkelder ter ere van Nieuwoudt wat vir jare daar werksaam was voor sy afsterwe vroeër vanjaar. Sy vrou, Helané (bo), aan hulle oorhandig. ‘n Verdere toevoeging is die Vinochem Trofee vir die vyf beste inskrywings wat ook aan Riebeek Kelder toegeken is. Dié streekskompetisie word jaarliks deur die Santam Swartland Wyn –en Olyfroete gekoördineer en vorm deel van die aanloop tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou waarvan die uitslae dié komende Saterdag tydens ‘n glansgeleentheid in Stellenbosch bekend gemaak sal word. Die jongwynskou word beskou as ‘n tegniese kompetisie wat aan wynmakers die geleentheid bied om hul wyne van die nuutste oesjaar teen die van hul eweknieë te meet, maar

ook die gehalte van die nuwe wyne en wynstyle op ‘n groter platform te toets. In die Swartlandstreek kom wyne met silwer en goue toekennings in aanmerking vir klaswenner-toekennings en die streek se onderskeie trofeë. Volgens Carel Hugo, rooiwynmaker by Darling Cellars, is die trofeë wat aan hulle oorhandig is, ‘n groot voorreg. Sy boodskap aan ander wynmakers en kelders is om nooit op te gee nie en aan te hou probeer. Darling Cellars het verder weggestap met nóg groot toekennings, naamlik die Malmesbury Motors Kampioen Rooiwyn -én die Kotzé Steyn Kampioen Shiraz Trofeë vir hul Shiraz gehout. Riebeek Kelder was een van die groot wenners met die Malmesbury Toyoya Kampioen Droë Witwyn vir hul Chardonnay. Hul Viognier het weggestap met die SAIL Kampioen Ander Witwyn Kultivar Trofee. Hul Cinsaut gehout het ook die Citrusdal Cellars Kampioen Ander Rooiwynkultivar-trofee ingepalm. Allesverloren se Rooi Muskadel Jerepigo is toegeken met die SAIL Kampioen Versterkte Wyn Trofee. Babylon’s Peak het die CJP Chemicals Chenin Blanc Trofee vir hul Chenin Blanc gewen en Meerhof Wines was op hul beurt die wenner van die WPK/Kaap Agri Kampioen Natuurlike Soetwyn vir hul Hanepoot. Pulpit Rock Wines het die gesogte Kobus Basson Kampioen Pinotage Trofee vir hul Pinotage gewen. Volgens Alecia Boshoff, voorsitter van die Swartland-wynskouvereniging, is die resultate van die 2018-oesjaar ‘n aanduiding dat die streek se wynmakers hul kennis en ervaring kan gebruik om die regte besluite te neem onder uitdagende omstandighede. “Die 2018-oesjaar was seker een van die moeilikste parsseisoene in baie wynmakers se loopbane. Die droogte het baie uitdagings gebied en die wingerdboer se vernuf is tot die uiterste beproef. Daarmee tesame moes wynmakers anders dink en hul kennis en ervaring gebruik om die regte besluite te neem. "Ten spyte van die moeilike seisoen, het die Swartland-streek baie goed gevaar en is die wenners van vanjaar se kompetisie net weer ‘n bevestiging van die kwaliteit wyne wat die Swartland kan bied.” Vanjaar se toppresteerders is Shiraz en daar is ook vir die eerste keer ‘n kampioen Cinsuat-beker toegeken, simbolies tot die Swartland.


NUUS • NEWS

22 Augustus 2018

•SKOP STOF IN ANDER SE OË

SM groenste in SA Inwoners van die Swartland kan weer trots wees op hul plaaslike owerhede nádat dié munisipaliteit vereer is met ‘n eerste plek in die Groenste Munisipaliteit-kompetisie. Die Swartland Munisipaliteit (SM) was in November 2017 as die Groenste Munisipaliteit in die Wes-Kaap aangewys. Dít het hulle in die bevoorregte posisie geplaas om op nasionale vlak deel te neem. Hulle het dié toekenning op 14 Augustus in Durban opgeraap saam met die prysgeld van R3.5 miljoen. Hierdie kompetisie het 12 jaar gelede bekend gestaan as die skoonste munisipaliteit-kompetisie waar die SM in 2006/2007 en 2007/2008 ook die nasionale wenner was. Volgens Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder, het hulle aanvanklik gesukkel om die oorgang van skoonste na groenste te maak en het in die afgelope nege jaar ‘n 2de, 3de of 4de plek behaal. Die SM het verlede jaar besluit om doelwitte, indikatore en teikens op te stel om hul resulaat te verbeter. Die SM het op provinsiale vlak ‘n totaal van 78% behaal teenoor die 69% van die naaswenner, voeg hy by. “Ons was ná die nasionale paneel se besoek vroeër vanjaar vol vertroue dat ons ‘n goeie kans het, maar mens weet nooit”. Hy sê verder bo en behalwe die erkenning wat hiermee gepaard gaan, is die prysgeld van R3.5 miljoen nie te versmaai nie, want die eksterne fondse wat in die ekonomie teruggeploeg word, help baie. Die SM is nog nie seker van die vereistes vir die spandering van die fondse nie. “Ons sal eweneens doelwitte, indikatore en teikens formuleer met die opstel van die besigheidsplan

sowel as die spandering van die fondse.” Die uitdaging, gebaseer op die ondervinding uit die verlede, is om die geld uit ‘n nasionale departement te bekom. ‘n Eerste plek het ook ‘n negatiewe sy deurdat die publiek hul dikwels daaraan herinner onaangename foto’s stuur en vra – “Is dit hoe die groenste munisipaliteit lyk,” verduidelik hy. Tans word daar tot soveel as bykans 22% vullis onwettig gestort wat weer opgeruim moet word en na Highlands vervoer moet word. Wetstoepassing moet verbeter, maar ook opleidings- en sensite-

Waterheffing van toepassing

‘n Heffing van R99 verskyn sedert 1 Julie op inwoners van die Swartland se waterrekening. Volgens die munisipale bestuurder Joggie Scholtz, is dit ‘n basiese fooi wat van alle verbruikers verhaal word om die munisipaliteit in staat te stel om sy waterbronne, waternetwerke en grootmaat waterdienste-infrastruktuur volhoubaar te onderhou. Hierdie tarief geld nou addisioneel tot die water-glyskaaltariewe wat verhaal word om die munisipaliteit se operasionele kostes te dek, soos byvoorbeeld die kostes vir die aankoop van water. Die munisipaliteit het water vir etlike jare teen ‘n verlies verkoop aan die publiek. Die droogtetoestande en hoër tarief waarteen die SM water moes aankoop, het die implementering van die heffing genoodsaak. Plaaslike owerhede soos Stad Kaapstad, Mosselbaai, Overstrand en Saldanhabaai verhaal die heffing al vir baie jare, en hul heffings beloop veel meer as die SM se heffing van R99. Die munisipaliteit kon die heffing tot dusver nie implementeer nie, aangesien hy gratis water aan alle kliënte gegee het, wat oor ‘n paar jaar eers uitfaseer moes word. Die heffing is gedurende April 2018 as deel van die SM se konsepbegroting (wat tariewe insluit) vir publieke kommentaar geadverteer in die plaaslike media, op die webtuiste asook op sosiale media, om te voldoen aan wetlike vereistes. Geen besware is ontvang nie, en die begroting is gevolglik teen einde Mei finaal goedgekeur vir implementering vanaf 1 Julie 2018.

ringsprogramme moet geloods word”, sê Scholtz. Scholtz sê hy is baie dankbaar vir die spanpoging wat hiermee gepaard gegaan het en trots daarop dat die SM met hul beperkinge, aan die kompetisie deelgeneem het en die kriteria ontleed het. Die SM het verder daarin geslaag om binne die reëls van die kompetisie te speel en alle dissiplines met inbegrip van raadslede ‘n groot poging aangewend het om ‘n kompeterende aansoek in te dien. Hy verduidelik verder dat die moeilikste deel van die kompetisie is om as wenner in die Wes-Kaap aangewys te word, aangesien die provinsiale deelname baie straf is en daar dorpe in die Wes-Kaap is met ‘n besonderse natuurskoon. “Dit is makliker om op nasionale vlak deel te neem en te presteer want elke keer wat ons die provinsiale wenner was, het ons ook op nasionale vlak gewen”.

3


4

22 Augustus 2018

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

22 Augustus 2018

5


6

22 Augustus 2018

Malmesbury maak reg vir 2018 se opwindende skou

Malmesbury skud sy vere reg vir hul jaarlikse landbouskou met top vermaak, stalletjies, perdeklasse en tot ‘n boerboelskou. Die plaaslike landbougronde van dié dorp gaan binnekort weer wemel met besoekers vir vanjaar se geleentheid wat vanaf 19 tot 22 September plaasvind. Skougangers kan uitsien na onder meer ‘n paar veranderinge én toevoegings wat die geleentheid ‘n hoogtepunt op hul kalender sal maak. Die geleentheid wat jaarliks op sy geskuif word vir die skoner geslag het in die verlede in die oggend plaasgevind in die vorm van ‘n Damesoggend. Vanjaar is daar ‘n kinkel in die kabel en organiseerders is baie opgewonde om die Champers Comedy & Caviar Damesaand op 19 September aan te bied met Newton en komediant Schalk Bezuidenhout. Die mans word ook vanjaar bederf met ‘n

buffet ontbyt met sprekers en dansers op 20 September. Die skou se perdeafdeling het oor die afgelope paar jaar geweldig gegroei en gaan steeds van krag tot krag. Moet nie die perdeklasse misloop wat onder meer swart perde, ponies en die Suid-Afrikaanse Ryperde insluit nie. Die suksesvolle streekskampioenskappe onder die jeug vind ook vanjaar weer plaas. Skougangers kan verder uitsien na die plaaslike boerboelskou wat ‘n eerste is. Patat-se-gat gaan deur die loop van die skou weer sorg vir heerlike vermaak met plaaslike kunstenaars soos Wynand Windpomp, Plan B en Viljoen Retief. Desmond Wells en die orkes, DJ Kaalkop gee ook genoeg oortuiging om die Steakete en dans op 21 September in die landbousaal by te woon. Smullekker etes en kosstalletjies sal op hul pos wees, gereed om skougangers te bedien vir daardie honger kol op die maag. Danksy Agri Konstruksies, is die kombuis aansienlik vergroot en uitgebrei wat ‘n groot bonus vir die plaaslike skou is. Fantastiese kunsstalletjies kan ook gedurende die dag besigtig word. Moet dit nie misloop nie.

NUUS • NEWS

Ram:

‘n Ram van Rhenosterbosrug Dormerstoet van Erika Hanekom het die afgelope Vrydag ‘n rekordprys gedurende die Wes-Kaap Dormerveiling by Boland Landbou behaal toe dié spogdier teen ‘n bedrag van R32 000 deur Manie en Karin Wessels van Frankfurt gekoop is. Van links staan Têrs Marais, afslaer van André Kallis Veilings, Hennie Hanttingh van BKB, Erika Hanekom, Johandri van der Walt, bestuurder van die Dormerstoet, Anthony Van Rooy en Leon Strauss van BKB met die stoetram AP16.313.

Tennis:

Malmesbury-tennisklub se eerstespan was die algehele wenners van die Weskus Winter-liga wat oor vier naweke beslis is. Altesaam 12 spanne het vir die kompetisie ingeskryf, onder andere Vredenburg, Bottelary (Stellenbosch), Drakenstein (Paarl), Moorreesburg, SA Polisie, Militêre Akademie, SA Lugmag, asook 'n span van Old Mutual. Malmesbury se tweede span het die derde plek ingepalm, terwyl die derde span negende geëindig het. Die Suid-Boland se gemengde liga begin op Saterdag 1 September en die plaaslike span het drie spanne ingeskryf.

Dagboek • Diary

Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Moorreesburg 5km run/walk - Every Saturday at 8:00 - Weekly, free. Starting point - Moorreesburg park, Long Street. No dogs allowed. Contact Anel at 022 433 1072 / 082 731 3432

CLC (Mavos) Kom en belê in jou toekoms !!! Wil u graag matriek voltooi of u punte verbeter? Registrasie nou oop tot 31 Augustus 2018 by Malmesbury Community Learning ( MAVOS) Adres: h/v Piet Retief en Rainierstraat ( Ou Weskus Kollege gebou). Bring saam gesertifiseerde afskrif van ID, laaste skool uitslae en bewys van woonadres Vir meer inligting skakel ons gerus by 0224871085 The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 Darling Museum 22 August: Darling Museum proudly presents a talk by Coral Louw at 18:30 for 19:00 - "Emotions in Dogs - understanding your dog's body language. Tickets are R70 (R60 for friends of the museum. Homemade soups, bread and refreshments will be served. To book call Dianne at the museum 022 492 3361 Swartland Haven 23 Augustus: Die Swartland Haven het hul Algemene Jaarvergadering om 19:00 tot 21:00 te Varingstraat 5, Wesbank. Vir enige navrae kontak Chantal Leng by 022 486 5191 of chantal. leng@haven.org.za Jo-Dolphin 23 Augustus: Jo-Dolphin hou hul Algemene Jaarvergadering om 18:00 te Albaniestraat 5, Malmesbury. Vir enige navrae kontak Kelvin Skippers by 022 487 1274/1156 NG Kerk Swartland 24 Augustus: Die NG Kerk Swartland hou Lentefees steakete en dans by die Landbousaal. Voorgereg om 19:00 en hoofgereg om 19:30. Broodtafel, steak met kaas en sampioensous, 2 bygeregte, poeding op stokkie. Bring eie glase en drinkgoed. VGKerk Riebeek Wes 24-26 Aug: VGK vier


NUUS • NEWS TE HUUR TO LET 3 Slpk skakelhuis in Malmesbury. Koopkrag. R6 500.00 pm. Een maand deposito. Beskikbaar 1 Oktober 2018. Skakel 022 487 3916

#4666 -------------------------------------------------

GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843

Sondag, 26 Augustus: Besigtiging om 12:00 en diens om 12:30 by St Paul's AME Kerk -----------------------------------MAXZEEN J PIETERS. 26 Augustus. Geluk met jou kroonverjaardag. Geniet jou dag en glimlag nog steeds so mooi – Jou ma, susters en broers -------------------------------------

You are my life my sunshine my everything. You give me reason to smile. Wishing you to have a special birthday baby. From: Your love -------------------------------------

EVA ADAMS. 50 op 20 Augustus. Gelukkige verjaardag Mammie. Alles wat mooi is, en alle seëninge. Dankie vir alles. Baie liefde – Manlief, kinders en kleinkinders -------------------------------------

MINA. “Happy birthday” Roosmaryn se “Oueen”. Alles wat mooi is. Van: die Mentoor gesin en tannie Anna -------------------------------------

MAGRIETA FAROA. 17 Augustus. Een jaar reeds van ons geskei. Verlange is groot, maar ons koester die mooi herinneringe – Arend, kinders en kleinkinders -------------------------------------

#4604

------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATION

CHRISLEIGH FARAO. 27 Augustus. Baie geluk Mamma se engeltjie. Jy moet lekker verjaar en ons is baie lief vir jou – Mamma, Oupa Herman en Nicky -------------------------------------

MNR en MEV SWARTS. 25 Augustus. Geluk met julle eerste huweliksherdenking. Mag God nog jare by julle voeg. Van: julle twee kinders -------------------------------------

CHLOE-AVA McKAY. 21 Augustus 2014. Veels geluk aan ons prinsessie, vier jaar oud vandag!!!!Jy bring sowaar 'n sprankel in ons lewens, tonne lief vir jou Dattie en Mammie -------------------------------------

PAUL BARENDSE. 22 Augustus. Baie geluk vandag met die geboortedag vieringe. Van: Mammie, Logan en huisgesin -------------------------------------

JOSEPHINE BARENDSE. 17 Augustus. Geluk met die geboortedag. Geseënde jaar – Mammie en huisgesin -------------------------------------

Geluk MICHELLE met jou verjaarsdag. Hoop jy geniet dit. Van: Mamma, Pappa, susters en broer -------------------------------------

7

22 Augustus Augustus 2018 2018 22

SHANAAZ SEPTEMBER. 22 Augustus. Gelukkige verjaardag en ons hoop die nuwe lewensjaar is geseënd en voorspoedig – Manlief en kinders -------------------------------------

MELNIQ (Nikki). Baie geluk met jou verjaardag op 24 Augustus. Ons wens net mooi dinge op jou lewenspad. Baie liefde – Bettie en kinders -------------------------------------

25 Augustus. EJAY. Baie geluk seun met jou derde verjaarsdag. Mag jy jou daggie geniet. Baie lief vir jou. Van Mammie, Pappie, Bouwers en Adams families. -------------------------------------

26 Augustus. Baie geluk JOSHRAY met jou derde verjaarsdag. Liefde - Mammie, Dadda en Kendrick -------------------------------------

19 Augustus. ANGELUQUE, geluk met jou verjaarsdag. Liefde – Ouma, Ma Regina en Peetma -------------------------------------

21 Augustus. Baie geluk MNR PRINS (mooi man) met die herdenking van jou geboortedag. Mag God jou ryklik seën. Van: Daphne, Mercia, Dimitri, Achmad ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

PHILA ADONIS. 23 Augustus. Een jaar van ons geskei. Verlange is groot, liefdevolle herinneringe leef voort in ons harte. Mis Mammie baie – Familie en kinders -------------------------------------

TEVIN MCNEIL SCHEEPERS. 26 Augustus. Eerste verjaardag in die hemel. Rus sag – Mammie, Daddy, Collin, Mellishan, Mikyle, tannie, oom, niggies en neef -------------------------------------

LYNWILL JOHNSON. 23 August 2018. Our hearts still ache in sadness. What it meant to lose you, no one will ever know. Second Birthday in heaven - Mommy, Ma Kathy, Jeneane & Brady

ROSINA ARENDSE. 26 August 1926. He healeth the broken in heart, and He bindeth up their wounds. Love – Edwin, Suzanne, Brittany, Edwin Jnr and Lizzie ------------------------------------STERFGEVAL OBITUARY

PIETER LEWIS. Begrafnisdiens: Saterdag, 25 Augustus. Besigtiging by huis om 08:00 te Hoogstraat 92, Abbotsdale. Diens begin om 10:00 by Abbotsdale Gemeenskapsaal (Geen besigtiging by saal) -------------------------------------

Begrafnisreëlings van wyle WILLIAM (Willie) HOWBURG. Roudiens: Woensdag, 22 Augustus om 19:30 by St Paul’s AME Kerk. Begrafnisdiens:

JOHANNES SEPTEMBER (Oom Doela) Gebore 21.11.1934. Oorlede: 17.08.2018. Troosdiens : Woensdag, 22 Augustus om 19:00 by St Thomas Anglikaanse Kerk, Wesbank. Begrafnisdiens: Saterdag,

25 Augustus – St Thomas Anglikaans, Malmesbury -------------------------------------


courant

Tel: 022 487 3221

SPORT

22 Augustus 2018

Riebeek - Graaf Renett 1 MJ hOKKE 14.04.03; 2 Adams Hokke 14.18.18; 3 Adams Hokke 14.20.16; 4 Boltney Hokke 14.21.45; 5 Alex Fam 14.23.09; 6 Persens Hokke 14.20.49; 7 Persens Hokke 14.22.04; 8 Adams Hokke 14.22.22; 9 Adams Hokke 14.23.48; 10 Alex Fam 14.28.45; 11 Adams Hokke 14.30.26; 12 Mentoor Hokke 14.30.09; 13 MJ Hokke 14.31.24; 14 Mentoor Hokke 14.31.14; 15 Mentoor Hokke 14.31.14

grootste rugbykragmetings van die jaar, wanneer die spanne van Wesbank-rugbyklub en Never Despair mekaar op die veld ontmoet, het Wesbank die oorhand gehad in die eerstespanne se wedstryd met met 34-8 geseëvier. In die tweede span se wedstryd het Wesbank ook koning gekraai met 20-17 en in die derde span se kragmeting moes Never Dispair die knie buig met 'n telling van 34-26 in Wesbank se guns. Foto: David Howburg

Tiere:

Die sportspanne van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het skoonskip gemaak in hul interskole-styde teen die spanne van Jan van Riebeeck. Al die rugbyspanne het gewen. Die o.19A-rugbyspan het ‘n oorwinning van 19-11 behaal. Die eerste seunshokkiespan 2 - 0 gewen en die eerste meisiehokkiespan het met 1-0 geseëvier. Die o.19A-netbalspan het net-net vasgeval en met 25-30 verloor. In die ander netbalwedstryde het Dirkie Uys 8 van die wedstryde gewen en net in drie die knie moes buig.

MTB:

Sportuitslae Sports results

DUIWE

Derby: In een van die

Die jaarlikse fietswedren, wat deel vorm van die NG Kerk Riebeek-Kasteel se Lentefees volgende naweek, het vanjaar weer groot ondersteuning geniet. Deelnemers het op die kronkelpaaie van die vallei gereis en hul vernuf getoets, terwyl hulle die omgewing bekyk het.

NUUS • NEWS

22 Augustus 2018

dié

8

Moorreesburg - Beaufort Wes JO2 1 Frans Jooste 12:34:20; 2 Singleton Hokke 12:36:35; 3 Henna & Melt Smit 12:41:49; 4 Singleton Hokke 12:44:02; 5 Frans Jooste 12:48:51; 6 Frans Jooste 12:49:26; 7 Boetie & Baron Hokke 13:12:08; 8 Frans Jooste 12:51:40; 9 Frans Jooste 12:51:47; 10 Henna & Melt Smit 12:52:17; 11 Boetie & Baron Hokke 13:15:50; 12 Frikkie Bester 12:55:25; 13 Saunders Familie 12:54:39; 14 Frikkie Bester 12:57:03; 15 Frans Jooste 12:57:19 Beaufort Wes Ope 2 1 Henna & Melt Smit 13:03:15; 2 Frans Jooste 13:09:09; 3 Boetie & Baron Hokke 13:34:38; 4 Franco En Seun 13:14:23; 5 Henna & Melt Smit 13:15:46; 6 Henna & Melt Smit 13:16:29; 7 Frikkie Bester 13:17:24; 8 Henna & Melt Smit 13:19:30; 9 Boetie & Baron Hokke 13:40:40; 10 Boetie & Baron Hokke 13:42:46; 11 Frans Jooste 13:21:29; 12 Frans Jooste 13:23:05; 13 Boetie & Baron Hokke 13:45:41; 14 Van Der Vyver Hokke 13:24:26; 15 Saunders Familie 13:26:37 Malmesbury Posduifklub - Beaufort Wes 2 JO 1 Kotze Familie Hokke 1497.5914; 2 Marais Hokke (Ksd) 1488.1463; 3 Paulus Fam 1481.7239; 4 J Steenkamp 1467.5210; 5 Marais Hokke (Ksd) 1466.6479; 6 Paulus Fam 1465.3991; 7 Lf Van Dalen 1461.2476; 8 J Steenkamp 1460.9750; 9 Kotze Familie Hokke 1446.9665; 10 Jurie En Rina Strydom 1440.5267; 11 Kotze Familie Hokke 1438.0782; 12 Hayman & Edas 1436.1842; 13 Hayman & Edas 1436.0942; 14 Kotze Familie Hokke 1435.7384; 15 Paulus Fam 1435.0432; 16 Paulus Fam 1435.0432; 17 Paulus Fam 1435.0432; 18 Bordeaux B 1433.4590; 19 Bordeaux B 1433.0117; 20 Hayman & Edas 1431.4307; Beaufort Wes 2 Ope 1 Marais Hokke (ksd) 1485.7372; 2 Kotze Familie Hokke 1483.0705; 3 Bordeaux B 1471.7790; 4 Bordeaux B 1466.4205; 5 LF van Dalen 1465.7351; 6 G Horn 1465.6820; 7 Hayman & Edas 1463.6973; 8 Bordeaux A 1461.9250; 9 Kotze Familie Hokke 1459.2991; 10 Hayman & Edas 1447.2471; 11 G Williams 1445.2531; 12 J Steenkamp 1443.9526; 13 Hayman & Edas 1440.5166; 14 LF van Dalen 1436.7789; 15 Bordeaux A 1431.4868; 16 Paulus Fam 1424.4171; 17 LF van Dalen 1423.4771; 18 Jurie en Rina Strydom 1422.7090; 19 Marais Hokke (ksd) 1422.0167; 20 Marais Hokke (ksd) 1421.8405; MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 15 Augustus - Super Quick - Enkel Stableford: Freek Stander 21, Frans Destroo 20, Frans West 19 Vrydag, 17 Augustus: Sundowner - Supa Quick Enkel Stableford: Ian Adams 19, Sakkie Klasen 19, Billy Hobburg 19 Saterdag, 18 Augustus : Maandlikse Houespel - Peter Willemse 69, Dick Ross 69, Gerhard Spangenberg 69, Izak Rumboll 69, Sakkie Klasen 71, Ewald Liedeman 71, Billy Howberg 71, Lindsay Meyer 71, Steyn Neethling 71, Marthinus Jacobs 71


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
483 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu