Skip to main content

482 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

NUUS • NEWS

15 Augustus 2018

dié

1Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 482

15 Augustus 2018

Zebras en Bulle in titaniese interskolestryd gewikkel

Piketberg se Zebras is reg en oorgehaal vir Saterdag se stryd teen Porterville se Bulle. Hulle is Milah Baard (sjampanjenooi), Debbie-Keir Paulsen (hulpdirigent), Henrietta Cloete (hoofdirigent), Anke Schreuder (o/19A-netbalkaptein), PHS-gelukbringer (Zebra), Dewald van Deventer (o/19A-rugbykaptein), Kleinjan Kotzé (PHS-rasieleier), Nolan Somers (Zebra-lyfwag). Voor is Janco Mouton (sjampanjeheer), Donielle Karolus (Zebra-lyfwag), Ravell Frans (hulpdirigent), Junior January (hoofdirigent).

Porterville se skare sal geleid word deur Conrique Josephus, Marco Frans, Tertia de Jager, BUL (Nashwin Mbula), Inneke Pasques en Armand Fourie.


2II

15 Augustus 2018

NUUS • NEWS


courant

NUUS • NEWS Weskus • Bergrivier

dié

15 Augustus 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 482

15 Augustus 2018

•FIETSE HELP OM JEUG SE LEDIGE URE TE VERMINDER

Koopman mik om ‘n verskil te maak •Madi Pieterse 'n Jongman wat die swaar in die lewe ken, is besig om 'n daadwerklike verandering in 'n aantal jeugdiges van Hopland in Langebaan se lewens te maak. Cleevan Will Koopman, 'n student aan die Weskus Kollege op Vredenburg en ook werksaam by The Works op Langebaan, het 'n groepie seuns wat bekend was daarvoor dat van hulle by onreëlmatighede betrokke was, onder sy vlerk geneem, sodat hulle 'n meer positiewe uitkyk op die lewe sou kry. Hierdie 20-jarige het van die seuns leer ken oor Desembervakansies die afgelope vier jaar as lid van die VCSV (Verenigde Christen Studentevereniging). Die VCSV is 'n vrywillige groep jongmense van regoor Suid-Afrika en selfs Botswana, wat met die aktiwiteite wat hulle aanbied die Here se Naam wil groot maak, terwyl kinders gedurende die lang vakansietyd besig gehou word. Aktiwiteite aan die Weskus word aangebied te Leentjiesklip, Seebriespark en Dwarskersbos. Die organisasie se hoofkantoor is op Stellenbosch. Cleevan was verlede jaar die leier by Seebriespark en vanjaar sal Leentjiesklip ook onder hom val. Hy het aan die begin van die jaar op die bus geklim op Kuilsrivier en die pad Weskus toe aangedurf met R90 in sy sak, ná hy die buskaartjie hierheen betaal het, sonder om te weet of hy 'n beurs gaan ontvang vir sy voorgenome studies of plek in die koshuis. Hy het 'n geloofstap geneem, omdat hy geglo het dat die Here hom nodig het om die seuns te help. Cleevan het as sewe-jarige 'n pad met die Here begin stap. In hulle erf was 'n boompie waar hy as kind baie tyd spandeer het en baie gebid het. Hier het die Here hom gewys dat sy lewe soos `n wurm in `n skoenlapper sou verander. Cleevan het ook `n besondere liefde vir mense ontwikkel. Hy het hoofsaaklik by sy ouma en oupa grootgeword, wat gereelde kerkgangers was, eers by die VGK Kerk en later by die Morawiese Sendinggemeenskap by Genadendal. Met sy oupa se afsterwe vroeg verlede jaar, het Cleevan `n groot held verloor. Omdat van die seuns al vir Cleevan leer ken het gedurende die vakansietye, kon hy gou 'n verhouding met hulle bou. Om hulle uit die kattekwaad te Hou, het hy `n swemklub begin. Ongelukkig het die winter meegebring dat die groepie nie meer kon swem nie en `n alterna-

tiewe aktiwiteit moes gevind word. `n Aantal weke gelede, op pad Kaap toe met die bus, het Cleevan `n groep fietsryers gesien en geweet dat dit is wat hy volgende sou aanpak: fietsry. Sy idee is met groot entoesiasme begroet. Behalwe dat die meeste alreeds kon fietsry, het hulle ook geweet hoe om stukkende fietse reg te maak. Nou moes hulle net fietse kry. Ronel Venter van Langebaan het die eerste twee fietse geskenk. Cleevan het toe twee fietse aangekoop met deel van sy weeklikse betaling by The Works, en het nog `n aantal weke daaraan afbetaal. Die grootste probleem? Vyftien seuns en vier fietse… Maar planne is gemaak. Fietsrybeurte en regmaakspanne word roteer. Die fietse word by een van die seuns se ma in veilige bewaring gehou en wanneer een van hulle `n fiets nodig het, word dit uit- en terug geteken. Aan die begin het Cleevan heelwat teenstand van ouers ervaar, omdat mense nie bekend was

met welwillendheid teenoor hulle kinders nie. Hy het aan elke ouer `n brief gestuur om homself bekend te stel, waar hy vandaan kom en sy betrokkenheid by jeugwerk. Stadig maar seker het hy hulle vertroue gewen en die groepie gaan nou van krag tot krag. Tussendeur sy studies in Besigheidsbestuur, werk Cleevan ook by The Works op Langebaan waar hy die bemarking behartig. Hy praat met groot lof van sy hoof, Riaan Botha, wat hom geweldig ondersteun in dit wat hy doen en het ook R500 geskenk vir 'n nuwe fiets. Die groep van 15 se grootste behoefte natuurlik is nog fietse, sodat hulle langer termyn droom, om lang afstande met die fietse te ry, bewaarheid kan word. Die grootste behoefte aan onderde is binnebande, pedale en sitplekke. Hulle het darem intussen nog vier fietse ryker geword. Cleevan is ook betrokke by Feed The Need op Langebaan, `n organisasie wat daagliks middagkos aan `n groot aantal mense voorsien. Cleevan kan gekontak word op 063 837 1793.

3


42

15 Augustus 2018

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

15 Augustus 2018

•KORTNEKKAMEELPERDE OOK DEEL VAN UITSTALLING

35

Fossielpark vier wetenskapweek

Verskeie skoolgroepe het die Weskus Fossielpark verlede week besoek as deel van die Nasionale Wetenskapweek. Die groepe het verskeie sessies bygewoon wat gewissel het van eksperimentele lesings tot besoeke aan die nuwe moderne museum waarvan die laaste komponente tans voltooi word.

Hulle kon ook die opgrawingsgebied besoek waar van die waardevolle fossiele die laaste dekades ontdek is. In die moderne museum kan besoekers wetenskaplikes se uitbeeldings sien van hoe hulle glo dit sowat 5 miljoen jaar gelede in die omgewing gelyk het.

Council suspends charge for prepaid consumers During a Special Council Meeting held on 3 August 2018 the Saldanha Bay Council suspended the connection/capacity charge for pre-paid domestic electricity consumers with a 40 Ampere and a 60 Ampere connection. This suspension is effective from 1 July 2018. A special task team will be established to in-

vestigate the pre-paid electricity tariffs and then a subsequent workshop will be held, followed by an extensive public participation process. A follow-up report will be submitted to Council after the agreed process is followed, by no later than December 2018 for the reconsideration of this tariff.

Ook van diere wat reeds uitgesterf het, waaronder die kort-nek kameelperd asook bere en die woude en die Oer-Bergrivier wat daar gevloei het. Die groot bere is volgens rekords die enigste wat in Afrika suid van die Sahara geleef het. Die leerders van Louwville Hoërskool het gehoor dat daar nie uitbeeldings van dinosourusse

is nie, omdat hulle uit 'n veel vroeër tydperk dateer en reeds 65 miljoen jaar gelede uitgesterf het. In hul laboratoriumlesing het die leerders van St Augustine's Laerskool op Paternoster kennis gemaak met die eienskappe van droë ys (koolstofdioksied).

HSH salueer Christaan en Jaco Christiaan en Jaco Crous se lewensblyheid en liefde vir mekaar was vir ons almal 'n inspirasie. Só het die Hoërskool ���� aan dié courant gesê ná die dood van dié twee geliefde leerders. "Hoërskool Ho���� salueer hierdie twee boeties. Ons gaan ������������


64

15 Augustus 2018

Dagboek • Diary Geleenthede

Saterdag 18 Augustus: Die Weskus Voelklub se maandvergadering vind plaas 14h30 te Fossielpark. Tema Voelkyk Reisverslae deur twee lede. Verversings sal bedien word. R10 per persoon, Jeannie 082 571 6367. Vrydag 24 Augustus: Bergrivier Toerisme hou Aurora Sandveld Skou - Steakete met dans om 19:00 met die Orkes: Dobbelsteun Saterdag 25 Augustus: Bergrivier Toerisme hou Aurora Sandveld Skou - Biertuin optredes om die Berg Fietsroete. Jeugskou om 9:30 tot 12:00 met groot verskeidenheid stalletjies. Tent/Kamplek op terrein @ R50 per nag. Vir enige navrae skakel asb Carika Fourie by 073 443 2010 of Rae Smit by 083 356 8626 of 022 952 1600 Saterdag 25 Augustus: Maandelikse markdag by Pelikaanhawe, Velddrif. Stalletjies beskikbaar. Mariette 083 230 4422. P.L.A.Y. Country Craft Market, Denlynpark, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed, lynne.p@mweb.co.za. Vensters Curro Langebaan, besoek huise in die omgewing wat deur huiseienaars oopgestel is te Paternoster, Vredenburg, Saldanha, Jacobsbaai, kaartjies R100 by Curro Langebaan, Cafe Graze Vredenburg, Charlie`s Deli Jacobsbaai, Hannelie 082 875 0087, Ingrid 079 896 4340, Marietjie 082 399 7124, Wilna 082 843 7807.

Pumpkin House tuiste vir talle nuwe kunstenaars Belangstelling in kuns en kunstenaars aan die Weskus neem geweldig toe onder toeriste en plaaslike inwoners. Kunsliefhebbers word al meer die geleentheid gebied om kunstenaars in hulle studio's in aksie te sien besig met hulle volgende meesterstuk. Werkswinkels word ook gereeld aangebied wat opkomende kunstenaars die geleentheid bied om nuwe tegnieke aan te leer. Saterdag het die bekende Christophorous van Jacobsbaai `n werkswinkel te Pumpkin House op Langebaan aangebied en het sy kleur-aanwen-

dingstegnieke aan die vyf dames wat dit bygewoon het gedemonstreer. Elkeen van hulle het `n pragtige skildery geskep. Pumpkin House bied weekliks kunssinnighede aan asook gereelde uitstallings en werkswinkels. Die volgende kunstenaar wat uitstal is Louise Halliday en vind plaas Donderdagaand, 30 Augustus tussen 18h00 en 20h00. Hanli Theron kan gekontak word vir meer besonderhede by 082 853 8187 / arts2gether@ gmail.com.

Sondag 26 Augustus: Groote Post Kontreimark, Darling, info@iloveyzer.co.za / (022) 451 2202. Dinsdag 28 Augustus: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk Vredenburg Moedergemeente, 18h30 - Anna-Marie 084 577 7752, admin@ weskusfotoklub.co.za Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag 31 Augustus: Hulde aan Neil Diamond met Johan Liebenberg, Die Seekat Restautant Paternoster, 082 445 5540. Saterdag 1 September: Basaar NG Kerk Saldanha, Weskusskool, 10h00. Alles wat jy by `n basaar verwag! Wednesday 12 September: P.L.A.Y - Come and support PLAY. All proceeds go to Community Upliftment at the Langebaan Yacht Club at 18:30. R100 per person including Hamburger, Chips and salad. Bookings at Lynne 082 935 5497 or Denise 082 341 1908 Maandag, 24 September: ATKV Saldanha Erfenisdag Braaikompetisie, 10h00, Sandstone Restaurant, Hoofweg, Saldanha - Corne de Milander 083 235 8619. Saterdag 29 September: Maandelikse markdag by Pelikaanshawe, Velddrif. Stalletjies beskikbaar. Mariette 083 230 4422. P.L.A.Y. Country Craft Market, Denlynpark, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeideheid produkte, speelplek vir kleingoed. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.

NUUS • NEWS

SPORT Weekliks

West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com.

Neem deel/ gaan kyk: Saturday 25 August: Langebaan Half Marathon at Club Mykonos Resort, distances 21km, 10km, 5km. Information at www.entrytime.co.za/ 083 462 4400. Saturday 1 September: Thys du Toit Memorial MTB Challenge, Hopefield, four routes – Willem 082 923 2553. Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@mweb.co.za. Saterdag & Sondag, 6&7 Oktober: Die Darling 24uur MTB Enduro Lenteblomme-rit, !Khwa ttu op die R27 Weskuspad, entries www.trailrunning.co.za / (022) 451 2202. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór 10:00 Maandae


NUUS • NEWS

ATKV gee terugvoer

Wenite Williams, afgevaardigde van die Saldanhabaai ATKV-jeugtak, het gaste vermaak met pragtige musiek. Wenite is lid van die Diazville Blaasorkes.

57

15 Augustus 2018

����� of social media on brands and products discussed at winery

ATKV-takke (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging) landswyd stuur jaarliks afgevaardigdes na die algemene jaarvergadering, wat vanjaar by Klein-Kariba (een van sy sewe oorde) naby Bela-Bela gehou is. Terugvoer van die jaarvergadering vir die Saldanhabaai-tak is Vrydagaand, 3 Augustus By West Wind gegee deur vanjaar se twee plaaslike afgevaardigdes, Hetta Veldsman asook Wenite Williams van die plaaslike jeugtak. Corne de Milander het die jaarvergadering as genooide eregas bygewoon en dit was haar mees ontspanne en lekkerste ervaring uit die 35 jaarvergaderings wat sy al meegmaak het, aangesien sy net kon terugsit en ontspan! Wenite is lid van die Diazville Blaasorkes en sy het gaste tydens die verrigtinge vergas op pragtige musiek. Tydens die terugvoeringsvergadering by West Wind, Blouwaterbaai, was Mark West die gasheer.

Above: Frank Meaker, Winemaker at Org de Rac, gives an overview of the organic wine making process at Org de Rac Winery. Digital marketing and social media has transformed the way brands and products position themselves. With the vast array of information available to tourists and travellers, at their fingertips, West Coast Tourism identified the opportunity to give exposure to their flagship products, unique activities and world class tourist destinations by hosting media influencers in the region. Since 2012 educational tours were conducted which enable the tourism organisation to get valuable leverage and publicity both nationally and abroad. In August 2018 Social Media Influencers had the opportunity to experience the

Bergrivier region. Their itinerary included the town of Velddrif where they experienced the best this fishing village had to offer. The popular Bokkomlaan, a boat trip and seafood cuisine was some of the treats on their menu. Their visit to Org de Rac, an organic wine producer just outside Piketberg, had them in ore. This wine farm has won various awards and is the producer of the renowned JAN wine. This wine is the brand of the Michelin star chef Jan Hendrik van der Westhuizen's and is serviced in restaurants across the globe. A visit to Indie Ale Breweries, the Mosaic House and

(Jam) in Porterville completed their Bergrivier experience. According to Marketing Officer for West Coast Tourism, Gurshell Abrahams, the value in hosting educational tours for influencers in the tourism industry is invaluable. “We’ve done extensive research on the modern methods of how travellers acquire information and online information sourcing seems to be the trend. “If we want to be known as a tourist destination of choice our marketing strategies should be aligned to the requirements or prospective visitors” he said.


86

15 Augustus 2018

������������� utzville-kragmeting

NUUS • NEWS

o.19A-rugbyspan:

Die o.19A-rugbyspan wat op Lutzville vir Hope��� gaan verteenwoordig, is Tanner Fourie, Rivaldo Gordon, Niel Lochner, Cohle Witbooi, Regan Scheffers, Gregan Papier, Steven March, Wiehan le Roux (kaptein), Ricardo Sauerman, Junior van der Merwe, Paul Pretorius, Willem Basson, Nathan Engelbrecht, JP Smit en Ronald Keet.

o.19A-netbal:

Die ����� Hoërskool se o.19A-netbalspan vir die naweek se Lutzville-interskole is Miché Engelbrecht, Jade Rodgers, Jana Neethling, Jaylin Carolus (kaptein), Ann-Mari Engels, Stacey-Lee Feris en Mbali Bisholo.

o.13A-rugby: Die �����Hoërskool se o.13A-rugbyspan vir Saterdag se weg-in-

terskole teen Lutzville Jano du Toit, Reese Strydom, Callen Goldhill, Allesandro Scheffers, Nicolai Hanekom, Ernst Conradie (kaptein), Dominic Bloem-Thom, Ruan van Jaarsveld, Aaron Pfühl, Wiehan Basson, Jaundré Koen, J.J. Teubes, Ruan Kotzé, Gihayden Papier en Aiden Strydom. Die onderkaptein Bronwin Williams en Diago Cleophas was afwesig.

o.13A-netbal:

Die o.13A-netbalgroep bestaan uit Keasha Farmer, Mieke Carstens, Mart-Marie Nel, Amy Lurie, Michelle Koen (kaptein), Carli Liebenberg, Raydene Loubser, Mia Melck, Simone Visser en Nica Snyman.

Redakteur: Izélle Garcia izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson ads@diecourant.co.za Bemarkers: Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za

Joernalis: Madi Pieterse madi@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221


NUUS • NEWS

15 Augustus 2018

Vredenburg High School takes interschools by storm

79

Soccer: Sibusiso Maphila, Gordnique Swarts, Dealan van Heerden U.19A Netball: : Rudy Biggs, Shakira Links, Lameze Gans, Bron- (captain), Casey Leukes, Silindile Qequ. Back: Asavela Kangeni, win Janjies, Caitlin Skippers. Back: Thandile Adonisi, Claudia Anwar van der Westhuizen, Diego Tshefu, Petrus Bester, Dylen de Chess: Agnew de Nicker, Chadley Klaaste, Henry LouwSmith, Kaula Beukman, Michelle Abrahams, Mareli Geldenhuys. Kock, Anathi Poswayo, Comay Slinger Back: Enrique Tites, Jamie-lee Mitchels, Caden Wilson

u.19A rugby: Marlo van Boom, Junior Jansen, EltonCoetzee, Aswin February, Randy Fillies, Heinrich Lenory Middle: Sean-Lee Cleophas, Norman van Wyk, Craig Muller, Marcel du Plessis, Antwan van Wyk, Mcruhane Manuel. Back: Rikus Myburgh, Xavier Lesch, Dian Moag, Leano Haupt, Rickey Vlooch, Bradford Somaai, Ryan Haupt. Above left - Boys Hockey: Ayanda Sikithi, Jean Janse van Rensburg, Yanga Thatoba (kaptein), Jaco Retief, Joshua Faulman, Henry Louw. Middle: Back: Conner Benlies, Gabriël Asvat, Christiaan van Wyk, Heinrich van Nieuwenhuys, Diederik Botha, Chadley Klaaste, Kyle Kruger, Retselisitsoe Teisi, Keagan Bailey.

U.19A Hockey: Front: Miriam Chalklin, Celeste Barnard, Zanne Pedro, Alrene Coetzee, Nina Loubser, Chenicke Matthys. Middle: Back: Courtney Blom, Michelle Pedro, Nickilese van der Walt, Mamello Mereko, Zilke Moses

Cross Country:

Selwin Klaase, Addinal de Kock, Caitlin Skippers. Back: Zoë Smit, Nicolette Schlemeyer, Wildeno Saul, Caitlyn Schlemeyer, Danlin Manual

Golf:

Justin Victor, Chenicke Matthys, Elghan Manneville. Back: Jean-Marc Cairns, Brian Bowles, Jaco Kleynhans, Dylan Louser.


courant

10

NUUS • NEWS

dié

15 Augustus 2018

Tel: 022 487 3221

SPORT

15 Augustus 2018

Scholarship for Ryan

Ryan du Rand, a grade 7 learner from Topolino Private school in Langebaan received a 5 year scholarship from Rondebosch Boys’ High. Carleton Lloyd Educational Trust Scholarships are the most prestigious scholarships awarded at Rondebosch Boys’ High School. The CLET Trust will sponsor three to four scholarships per year per grade.Mr Lloyd was a passionate supporter of Rondebosch and its sport for more than 75 years. An avid follower of Cricket and Rugby, at all levels, he regularly accompanied Rondebosch sports tours around Southern Africa. He was also an enthusiastic supporter of Rondebosch's cultural and other activities and contributed financially to the wellbeing of the school. A chartered accountant by profession, Mr Lloyd was a leading figure in the Old Boys’ Union and served on the Union’s committee. Because of his love for his old school he established the Carleton Lloyd Educational Trust, to which he generously bequeathed the major portion of his estate for the benefit of past, present and future pupils of Rondebosch. Mr Lloyd supported one of the core values of Rondebosch which is that learners must make use of as many opportunities as they can while here at school and maintain a well balanced approach to education giving priority to academics, sports, and culture. Ryan is a boy who fits this profile very well and should be a proud representative of what Mr Lloyd, the Trustees of his Trust, as well as Rondebosch as a school stand for.

Rugby:

Topolino se o.13-rugbyspan het ’n baie suksesvolle seisoen agter die rug. Tydens die Langebaan 7’s toernooi wat LCE gehou het ter aandenking van die Britse en Ierse Leeus se 50 jaar reunie- is Topolino as die kampioene aangewys toe hul Curro in die ���met 15 – 5 gewen het. Hul kaptein, Aldian Meiring is as speler van die toernooi aangewys. Met 15 man rugby het hul net soveel welslae behaal en die seisoen met ’n pragoorwinning van 38 – 10 teen HSH afgesluit.

Piketberg en Porterville in derby-stryd gewikkel Porterville, wat die vorige week die liga-voorlopers, Darling, ore aangesit het op Porterville se tuisveld, is Saterdag terug aarde toe gebring toe hulle 'n verwoestende Wesbank op Malmesbury aangedurf het. Porterville het die wedstryd begin met baie selfvertroue en het in die eerste 20 minute groot potensiaal getoon. Porterville het oorgegaan vir die eerste drie wat 'n aanduiding gegee het dat nog 'n opskudding moontlik op die kaarte was. Wesbank het egter goed kopgehou en teruggeveg met baie goeie inklimspel. Die spanne het uiteindelik gaan water drink met die telling op 23-15 in die guns van Wesbank.

Enige terugvegplanne van Porterville in die tweede helfte, is gekniehalter deur die gevaarlike plaasvervanger Dashton Wellman, wat dinge kom bemoeilik het vir Porterville en ook die tempo van die wedstryd gelug het. Goeie taktiese skopwerk en aanvallende spel van Wesbank het gesorg dat Wesbank die oorhand kry en Dashton het oorgeval vir twee briljante drieë. Die vyftigtaloorwinning was die perfekte voorbereiding vir Wesbank se groot derby-wedstryd die komende Saterdag teen Never Despair. Piketberg was Saterdag in 'n verwoestende bui toe hy Good Hopes van Riebeek-Wes 'n groot pak slae toegedien het. Piketberg het met goeie aanvallende spel en taktiese benadering die wedstryd heeltemal domineer en Good Hopes

het geen antwoorde gehad vir die Rhino-span se goeie spel nie. Piketberg sal dus die derby-wedstryd teen Porteville die komende naweek met groot selfvertroue aandurf. Porterville is egter 'n baie moeilike span om op sy tuisveld te klop en hierdie wedstryd sal baie kompeterend wees, veral voorlangs met albei spanne wat spog met 'n pak sterk voorspelers. Porterville behoort egter sy tuisveld -voordeel goed te benut met sy gevaarlike vleuels Chrislyn van Schalkwyk en Elrico Swarts wat Piketberg weer sal laat bontstaan. Porterville behoort as oorwinnaars uit die wedstryd te tree met minder as 10 punte. -Abri Adonis


NUUS • NEWS

15 Augustus 2018

Porterville se Bulle reg vir interskole tweestryd

III 11

o.13A-rugby: Wim Treurnicht, Keanu le Roux, Nathan Cloete (k), Vehandre Oosthuio.13A-netbal:

Carli Perold, Mia-Grace Lombard, Lenay Jacobs, Wilmie Cronjé (k). Middel: Anri van der Merwe, Jacolene du Toit, Anneke Erasmus. Onder : Marique van der Meulen

o.19A-netbal:

Reinette van der Merwe, Jani van der Merwe, Antoinette Burger, Marli George, Jovante Carolus, Cassidy Visser, Miché Farao, Roxette Meyer, Anke Stadler, Danelle Behm (k).

zen, Keathan Zincke, Anré van der Ventel, Johan Jordaan. Middel: Ceyano Thomson, Eduan Louw, Keanu Vinnies, jean Fortune, Jadon Arries, Donré de bruin, Hanri Venter. Voor : Christiaan Immelman, Babalo May

Nooi en heer: Lida Gous en Louis Odendaal

o.19A-rugby:

Agter: Nicolan Malan, Christiaan Tobias. Middel: Tiaan Brandt, Theun Burger, Jan-Hendrik Basson, Wilberd Waterboer, Hadley Titus, Damian Isaacs (k), Jovan Lategan, Stephan Steyn, Lee-Marvin Mouton. Voor: Franco Rossouw, Queron Nasson, Dylan Young, Milano Waterboer, Cuan Otto, Denzil Douries (o/k), AJ Valentyn, Jacques-Lynn Josephus, Marquin Dirks, Kenvill Douries, Rowaldo Hollenbach

Ons ondersteun skolesport met trots! Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos aan izelle@diecourant.co.za of ads@diecourant.co.za.


courant 15 Augustus 2018

dié

12

Tel: 022 487 3221

SPORT

15 Augustus 2018

Netbal

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
482 dié courant Weskus en Bergrivier by DieCourant - Issuu