courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
15 Augustus 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 482
15 Augustus 2018
•WERKE OOR DIE WÊRELD HEEN VERSPREI
Ingrid leef vir kuns •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Ingrid Hall is ‘n veelsydige kunstenaar wat nie net visuele kunswerke skep nie, maar ook ‘n sanger en liedjieskrywer is. Ingrid se werk is nie net onder plaaslike kunsliefhebbers gewild nie, maar hang ook teen mure regoor die wêreld. Ingrid, wat in Kaapstad gebore is en haar hoërskooljare in die Paarl deurgebring het, woon al vir ongeveer 10 jaar in Wellington. Volgens haar het haar kunsbelangstelling reeds as jong kind posgevat. “Ek het as ‘n enigste kind, sonder televisie grootgeword. Kreatiwiteit het ‘n natuurlike en gemaklike manier van vermaak vir my geword. Boeke, papier en ‘n groot verbeelding was alles deel van my grootwordjare. Ek het van jongs af daarvan gehou om my eie stories te skryf, huisplanne te teken en karakters uit te dink. Hiermee saam was ek mal daaroor om sketse te maak en met al hierdie vorms van kreatiwiteit kon ek vir ure lank verdwyn,” vertel sy. Alhoewel Ingrid geen formele kunsopleiding ontvang het nie, het sy nooit daarvan weggeskram om haar talent te ontwikkel en risiko’s ten opsigte van die roeping daarvan te neem nie. “Dit is ‘n gawe wat ek van God ontvang het - een wat ek opreg koester,” sê sy. Ingrid is tans ‘n voltydse kunstenaar wat haar werk onder die “Ingrid Hall Art”-handelsmerk bemark. “Dit het jare gelede as ‘n baie klein stalletjie by ‘n mark begin en het nou tot ‘n volwaardige besigheid, wat kunswerke skep wat skoonheid en ‘n sin van avontuur tot spasies in vele huise regoor die wêreld toevoeg, geword,” sê sy tevrede. Volgens Ingrid is die grootste uitdaging ten opsigte van die ongelooflike groei in ‘n vraag na haar kunswerke dat haar kreatiewe proses nie ‘n blote produksielyn word nie. “Dit verg eerlike gesprekke met jouself om getrou aan jou mandaat as ‘n kunstenaar te bly. Ek glo dat my kuns verhewe bo basiese ‘besigheid’ moet bly en liewer ‘n gehoor wat dit wat ek deur my werk wil sê, moet betrek. Ek moet ook gedurig daarteen waak om nie fokus te verloor, terwyl ek my eie besigheid bestuur nie, ” verduidelik sy. Ingrid is net so passievol oor haar musiek as oor haar kuns. Sy speel kitaar en klavier en volgens haar was haar eerste poging om ‘n liedjie te skryf reeds op 11-jarige ouderdom. “My liedjies wissel van speelse storievertellings tot intieme prysliedere wat in ‘n egte reis van geloof en ontdekking gewortel is,” sê sy. Ingrid het al by talle geleenthede, waaronder intieme, sowel as groter, feestelike en formele geleenthede opgetree. “My hart lê egter by die hoop om my eie album op te neem wat mense in die mees alledaagse aktiwiteite, soos om in ‘n motor te ry of in die kombuis
Interskole: Hierdie naweek is dit weer tyd vir die jaarlikse interskolestryd op Wel-
lington tussen Hugenote Hoërskool en die Hoërskool Swartland van Malmesbury. Die dirigente wat saam met die rosette-meisie die ondersteuning van die pawiljoen sal bring, is: Gert Jordaan, Reinard Reitsma, Francois Marais, Carlo Joseph, Hanél Loubser, Kendall le Cordeur, Suzaan Janse van Vuuren, Andrea Louw, die rosette-meisie (afwesig: Farron Eland).
te werk, sal aanraak en betrek. Ek het ook al my visuele werk met my lirieke en gedigte vermeng om ‘n blywende of uitnodigende gedagte by die luisteraar te laat,” vertel Ingrid. Haar oorspronklik kunswerke het aanvanklik uit komposisies op 15cm-kunsblokke bestaan. Sy is, saam met ander kunstenaars, opdrag gegee om 1000 individuele kunsblokke vir ‘n uitstalling by Warenart in ‘n uitstallokaal in Bochow, Duitsland te maak. “Hierdie was die afskop van ‘n reis waar ek oorspronklike werke en afdrukke vir plaaslike afsetpunte soos Shoreline Lifestyle in Kalkbaai, Skep in Stellenbosch en Harvest Co. in Wellington begin maak het,” sê sy. Ingrid werk in verskillende mediums en is nie gebind tot ‘n spesifieke tipe kuns nie.
Ingrid se werk is, benewens by talle vooraanstaande kunswinkels en -galerye in Suid-Afrika en internasionaal, ook al by vooraanstaande skoue soos Kamers vol Geskenke, The Milk&Honey Show, Freshly Brought en die Admit One Exhibition ten toon gestel. Buiten die afdrukke, skep sy ook groter oorspronklike kunswerke, waarvan daar onlangs tydens die Face to Face uitstalling te sien was. Haar werke sal ook eersdaags op 31 Augustus by die The Cheerful Spring Show in Wellington uitgestal word. Volgens Ingrid put sy inspirasie uit ‘n kombinasie van simplistiese, tog ingewikkelde elemente wat byvoorbeeld in botaniese, sowel as in abstrakte “merk-making” of patrone te vinde is. Vir meer inligting kan belangstellendes Ingrid by ingridhall@gmail.com kontak of haar facebookblad, www.facebook.com/ingridhallart, besoek.
NUUS • NEWS
2
15 Augustus 2018
NUUS • NEWS
Drakenstein Sakekamer hou Wellingtonners kook by uithaler-Vrouedagfunksie Agri’s got Talent Links: Kaptein
Louise du Plessis van die SAPD, Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer, Erma Lyners en Henley Botha van CANSA.
•Jaomi Zeeman Die Drakenstein Sakekamer het, in samewerking met die Lyners/Lobunye Groep, die AHI van Drakenstein en die Korporatiewe Sosiale Beleggingsinisiatief, ‘n spoggeleentheid op Vrouedag, 9 Augustus, aangebied. Die rooi tapyt is vir honderde dames by die Boschenmeer Golflandgoed vir ‘n oggend vol bederf, ‘n heerlike ete en uitstekende vermaak uitgerol om hierdie spesiale dag te vier. Die oggend is met ‘n verwelkomingsdrankie en ‘n hartlike verwelkoming deur Monique Lyners, ‘n BSc Siviele Ingenieur by Neil Lyners en Assosiate afgeskop. Gabriella Werner, ‘n bekende radiopersoonlikheid wat onder andere die musieksamesteller en sportredakteur by MFM, sowel as ‘n aanbieder by The Sound of Ackerman’s en Kfm 94.5 is, het as seremoniemeester opgetree. Die eerste spreker van die oggend was Eleanor Bergins. Sy het die dames geïnspireer met haar verhaal van haar 20-jaarlange stryd met kanker - een wat sy verbete, met ‘n positiewe gesindheid en met die ondersteuning van haar vriende en familie veg. Hierdie oud-onderwyseres is ook ‘n fasiliteerder by Bergzicht Opleidingsentrum, ‘n plaaslike NGO, en sy doen vrywillige werk vir CANSA. Lindie Duvenage, ‘n fisioterapeut, het oor die belangrikeid van die instandhouding van elke dame se kernspiere gepraat. Nog ‘n fisioterapeut, Danielle Labuschagne, het haar spesiaal-ontwerpte Christelik-georiënteerde oefeninge met die gehoor gedeel. Nog ‘n spreker, Olivia du Plessis, het die dames oor die belangrikheid van oefening en ‘n gesonde leefwyse ingelig.
“Onthou altyd die woord ‘woes’, want die lewe is woes. Elke letter van hierdie woord sê vir jou waaraan jy aandag moet gee. Jy moet Water drink, jy moet Oefen, jy moet kyk wat jy Eet en jy moet genoeg Slaap,” het sy gesê. Nog ‘n gewilde spreker tydens die geleentheid was dr. Ledivia Strauss, Rolene Strauss se skoonsuster. Ledivia het oor die kwessie van hoe om grasieus ouer te word gepraat. “Ons leef in ‘n era waar alles, te danke aan tegnologie, beter vertoon word as wat dit in werklikheid is. Om beter te lyk is egter ‘n eeu-oue behoefte. Vandag het ons talle maniere waarop ons die tekens van die ouderdom kan vertraag of teenwerk. ‘n Holistiese benadering ten opsigte van velsorg, sowel as estetiese werk is maar ‘n paar van die maniere waarop ons dit kan bewerkstellig. Die geheim lê miskien daarin om die liggaam se natuurlike balans in stand te hou en te herstel,” het sy gesê. Danneline Ramsden, ‘n storieverteller, woordkunstenaar en ambassadeur vir Afrikaans.com, het die dames heerlik laat lag met haar pittige vertellings. Sy het al gereeld as gas op verskeie radio- en TV-programme, waaronder kykNET se Oppiestoep, sowel as as solokunstenaar by die KKNK, Woordfees en Suidoosterfees opgetree. Sydene Cloete, ‘n geregistreerde lewensafrigter, tydlyn-terapeut en stylkonsultant het die dames meer oor persoonlike ontwikkeling, selfbeeldafrigting en hoe om hul selfvertroue ‘n hupstoot te gee vertel. Al die sprekers en vermaak het vir ‘n oggend vol inspirasie en bemagtiging vir elke vrou in die gehoor gesorg.
Bo: Tersia Rhodes van Diemersfontein heel regs saam met die ander wenners. Die Agri’s got Talent sangkompetisie het die intensiewe sang- en verhoogopleiding, sowel as afgelope paar jaar ‘n gewilde hoogtepunt vir lewensvaardigheidsontwikkeling, ontvang. Tersia van Diemersfontein het uitstekend talle plaaswerkers geword. Hierdie talentkompetisie, wat deur die gevaar en is tydens die Gala-geleentheid as die sagtevrugte-, wyndruif- en tafeldruif-bedrywe algehele derdeplek-wenner aangewys. Volgens die 29-jarige Tersia werk sy al 7 jaar aangebied word, is ‘n sosiale opheffingsprojek wat deur HORTGRO, die VinPro Stigting en die lank as ‘n algemene werker op Diemersfontein. Sy het deur midddel van sosiale media en mense Wes-Kaap Departement Landbou geborg word. Agri’s got Talent het vanjaar vir die vyfde keer op die plaas van die Agri’s got Talent-kompetisie aan werkers in die landboubedryf en op plase te hore gekom en besluit om ‘n kans te vat met ‘n platform gebied om hul verborge talente ten haar inskrywing. Haar gunsteling genres is liefdesliedjies, R&B toon te stel. Volgens die organiseerders wil hul jaarliks dié leemte vul en aan mense in hul en “soul”-musiek. Sy vertel dat sy al op 5-jarige ouderdom begin bedryf die kans bied om hulle drome op ander sing het en dat dit iets is waarvan sy hou en haar terreine as hul werkplek te bewaarheid. Nadat talle inskrywings van regoor die Wes- lewe lank al doen. Vir Tersia is haar derde plek by hierdie kom-Kaap vir die kompetisie ontvang is, het die beoordelaars 10 finaliste aangewys. Twee van petisie ‘n wonderlike geleentheid. Nie net het sy hierdie finaliste was Wellingtonners. Tersia reeds baat gevind by die persoonlike ontwikkeRhodes van Diemersfontein en Julia Cupido van ling, streshanteringstegnieke, persoonlikheidsOakdene se name het saam met die ander 8 fina- ontleding en sangopleiding wat die kompetisie vooraf gegaan het nie, maar sy sal ook deel liste op die finale lys gepryk. Die Agri’s got Talent span het elke finalis gedu- wees van die nasorgprogram wat vir die wenrende Julie op hul onderskeie plase besoek om ners beskikbaar is. Hierdie program word deur hul met hul voorbereiding vir die Gala-aand op 3 die Suid-Afrikaanse Tafeldruiwe Industrie (SATI) Augustus te help. Deelnemers kon sangitems in geborg en sal die wenners met die ontwikkeling enige genre lewer en elkeen het ook ‘n week van van hul talente help.
Amazing Pies:
Daleen Jonkers, Zanda Brink (bestuurder) en Geraldine Kock is trots op deel van die personeelspan van Amazing Pies op Wellington te wees. Hierdie winkel vier sy amptelike opening op 24 en 25 Augustus.
NUUS • NEWS
15 Augustus 2018
•NUWE TOEVOEGING TOT CN
Bobbies help met dorp se veiligheid
•Jaomi Zeeman Wellingtonners sou die afgelope tyd gemerk het dat ‘n paar manne en vroue met helderkleurige pette en onderbaadjies in die middedorp te sien is. Hierdie mense is Wellington se eie “Bobbies” en is deel van Drakenstein Munisipaliteit se inisiatief om ons dorp veiliger te hou. Wellington se Wetstoepassing-afdeling beskik nou oor die dienste van 10 Bobbies, wat ‘n welkome nuwe toevoeging tot gemeenskapsveiligheid en die afdwing van munisipale bywette is. Die Bobbies is tans in opleiding en doen diens in Hoofstraat, Kerkstraat en Roosstraat. Hulle hou
Verbeterde omstandighede vir informele herwinnaars
3
ook ‘n oog oor Victoria Park en Joubert Park en werk volgens ‘n diensrooster. Hierdie groep mense sal help om Drakenstein Munisipaliteit se Bywette in die middedorp toe te pas. Die Bobbies sal ook in oorleg met die munisipaliteit se bestaande Wetstoepassingsbeamptes funksioneer en hulle val onder Drakenstein Munisipaliteit Wetstoepassing se Jacques Cyster, wat hul onmiddellike hoof is. Groet gerus hierdie nuwe partolleerders van ons middedorp. Vra hulle uit oor wat hul doen, moedig hul aan en bedank hulle vir hul bydrae tot die beveiliging van ons dorp.
Landelike vroue met Vrouemaand bederf Informele herwinnaars is lankal al deel van ons gemeenskap. Hierdie mense, wat soms as “ongewilde entrepreneurs” beskou word, herwin weggooigoed wat hulle dan weer verkoop om ‘n inkomste te genereer. Dié informele herwinnaars het onlangs die ondersteuning en hulp van Drakenstein Munisipaliteit gekry om te verseker dat hulle hul werk op ons plaaslike stortingsterrein onder verbeterde omstandighede kan verrig. Die munisipaliteit het 70 van hierdie herwinnaars gehelp om entrepreneurs te word deur hulle met spesiale onderbaadjies, handskoene en naamkaartjies toe te rus. Hulle sal nou wettiglik in ‘n afsonderlike werksarea langs die stortingsterrein toegang hê om hul herwinningswerk te doen.
Herwinbare materiaal in rommelsakke van die Paarl omgewing sal ook op ‘n daaglikse basis aan hierdie mense beskikbaar gestel word om te sorteer en aan herwinningsondernemings te verkoop. Met hierdie inisiatief is die stortingsterrein in ‘n veiliger omgewing vir beide die publiek wat van herwinbare materiaal wil onslae raak, sowel as die informele herwinnaars, omskep.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @ diecourant.
Vroue uit die landelike gebiede rondom Wellington is op Sondag 12 Augustus tydens ‘n deftige geleentheid bederf. Hierdie geleentheid, wat in Wellington se Stadsaal plaasgevind het, is deur die personeel van Soetendal-kliniek in samewerking met hul gesondheidskomitee, die Wellington GPF, WAG/Stopmisdaad, die plaaslike ATKVGesinstak en die Bejaardeforum georganiseer. Wellington se stadsaal is in ‘n oase van swart en pienk omskep en die dames het ook volgens die kleurskema aangetrek. Dames van verskeie plase rondom ons dorp het dié bederfgeleentheid bygewoon. Roger Adams het as seremoniemeester opgetree en die program propvol vermaak en insiggewende praatjies het vir ‘n magdom inspirasie en nuttige wenke gesorg. Nadat Suster Minnaar van die Soetendal Kliniek almal hartlik welkom geheet het, het pastoor Nico Mettler die opening behartig. Willem Nuwegeld het ‘n voorlesing vir die vroue gedoen en die personeel van die Soetendal Kliniek het essensiële lewenswaardes aan die gehoor voorgehou. “Eerlikheid, toewyding, respek, integriteit, betroubaarheid, positiwiteit, verantwoordelikheid en omgee is die kern van die lewenswaardes wat vrouens, en ons hele gemeenskap, kan vorentoe neem,” het hulle gesê. Die personeel van die Soetendal Kliniek het ook ‘n kers-seremonie, wat die lig in elke vrou se lewe en dít wat sy na haar gemeenskap en geliefdes kan uitstraal, waargeneem. Hierna het Christine Marais van die GPF oor die rol van die vrou in die gemeenskap gepraat. “Ons het almal drie opsies in die lewe, naamlik opgee, ingee of alles gee. Wellington se vroue het oor jare al bewys dat die laaste een die enigste opsie is. Laat ons so voortdoen,” het sy die vroue aangemoedig. Kolonel Conrad Barkhuizen van die plaaslike SAPD het die gehoor oor die rol van die SAPD in die gemeenskap toegespreek en die dames aan hierdie instansie se leuse, “Beskerm en dien”, herinner. “Dwelms en drank is besig om die ondergang van gemeenskappe te bewerkstellig. Veral vroue het ‘n groot rol om te speel in die beskerming
van veral ons kinders om hierdie euwels stop te sit. Raak betrokke by die GPF of jou buurtwag en fokus op die voorkoming van verslawing by kinders, op hul opvoeding en op hul beskerming. Hulle is ons toekoms, maar as ons nie versigtig is nie, kan hulle ook ons ondergang wees,” het hy gemaan. Die program is met talle gelukstrekkings, wat vir groot opwinding onder die dames gesorg het, afgewissel. Jody Adams, ‘n maatskaplike werker by SAB, het met die dames oor die gevare en invloed van alkohol op die vrou gepraat. “Alkoholmisbruik lei dikwels tot ander euwels soos dwelmmisbruik, misdaad, gesinsgeweld en die opbreek van families. Ek wil julle aanmoedig om die tema #stopthesilence te onthou. Práát wanneer daar probleme is sodat dit betyds aangespreek kan word,” het sy gesê. Estelle Adams van Sandrivier het ‘n sangitem gelewer, waarna die hoofspreker, Aneleh Fourie le Roux, aan die beurt gekom het. Aneleh is verbonde aan CABSA en is betrokke by MIV-opleidingsprogramme. Sy het die vroue bewus gemaak van die krag wat daarin opgesluit is wanneer jy teen onreg opstaan. “Daar is baie verskille tussen ons, maar daar is ook baie ooreenkomste, en dít is waarop ons moet fokus. Die hartseer realiteit is dat daar soms ‘n donker en hartseer kant aan vrouwees is. Sommige dra miskien ou letsels, terwyl ander se letsels rou en vars is. Dit is soms gevaarlik om ‘n vrou te wees. Dit is soms baie harde werk om ‘n vrou en ‘n ma en die een wat ‘n gesin bymekaar moet hou, te wees. Ons samelewing is deurtrek van grusaamhede wat teen vroue en kinders gepleeg word. Dit is waarom ons moet saamstaan om mekaar krag te gee. Ons moet na mekaar uitreik om mekaar te versterk,” het sy gesê. Die Hugo-tweeling, Imke en Amika, het die geleentheid op ‘n heerlike noot afgesluit toe hulle ‘n baie vermaaklike tweespraak oor vrouwees gelewer het. Klaas Morkel het die bedankings gedoen, waarna al die gaste aan die heerlike eetgoed gesmul en al te lekker saamgekuier het.
4
15 Augustus 2018
NUUS • NEWS
Blackie-spanne reg vir HSS-interskole 2018
Debat: Suzaan Janse van Vuuren, Talitha Janse van Vuuren. Agter: Naomi Wilson, Jandré Coetzee, Henk van der Spuy, Jana Retief.
Skaak:
Voor: Lucean Thevan, Kaalid Tyer, Kyle Olsen. Agter: Agter v.l.n.r.: Keshen Thevan, Kyle van Schoor, Thinus Bredenkamp. Afwesig: Abigail Kritzinger, Chad Abrahams
Vasvra:
David Arnolds, Marco Joseph, Reinard Reitsma, Martie Odendal, Juané Beukes de Kock, Anouk Cronjé.
NUUS • NEWS
5
01
Re
tu
*2
7
dy
15 Augustus 2018
pu
t a tio n I n s tit u
te
s
59
R
SAVE R22
Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
NOW ONLY
54
R
no name™ Frozen Chicken Braaipack with Brine-Based Mixture 2kg
ANY 3 R
24
Sasko More Slices or Premium Slices Brown Bread 700g
LY N O T S U G U A 17
Only
4 DEALS
Only
per customer
SAVE R15
60
R Only
4
SAVE R19
29
R
Only
4
Only
SAVE R15
per customer
per customer
per customer
per customer
R
38
SAVE R11
Danone Ultra Mel Custard Assorted 1 Litre Each
SAVE
Only
R60
4 DEALS per customer
Only
4 DEALS per customer
SAVE R6
WAS R229
169
R
Supremeglide Steam Iron
ANY 2 R
4 DEALS
R
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
Kellogg’s Corn Flakes 750g
Nescafé Ricoffy 750g
18
BUY 2
Only
4
4
per customer
19
R
33
SAVE R7
Crosse & Blackwell Mayonnaise Assorted 750g Each
Coca-Cola, Fanta or Sprite Regular Assorted 2 Litre
STAND A CHANCE TO
SCRATCH
SAVE R9
SAVE R21
BUY 4 BUY 2 R
28
Rhodes Baked Beans in Tomato Sauce 410g
• Model: RHI283 • 1600W
R
56
Brookes Oros Original Orange Squash 2 Litre
WIN
69
R
95
SAVE R30
PnP 2 Ply Toilet Tissue 18s
YOUR SHARE OF MILLIONS IN PRIZES
Ts & Cs APPLY. WWW.PICKNPAY.CO.ZA
R10 000 IN SMART SHOPPER POINTS, AIRTIME AND OTHER GREAT PRIZES UP FOR GRABS
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Express Stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 17 AUGUST 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za. Some deals may not be available online.
WAS R140
110
R
SAVE R30
4th Street Natural Sweet Red, White or Rosé 5 Litre Each Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
MMWCHS2455_COPPERFIELDSTUDIOS_W25
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
6
15 Augustus 2018
NUUS • NEWS
o.19A-meisiehokkie:
Voor is Talitha Janse van Vuuren, Lynn Carr, Poppy Maritz, Jeanni Botha, Suzaan Janse van Vuuren, Mia van Schalkwyk, Nicole Büsse. Agter Alexandra Gerber, Michaela Hanekom, Maryke Koen, Mandi Franken, Christen Hanekom, Marlize Terblanche, Christelle van Eeden.
Hokkiekapteins:
Suzaan Janse van Vuuren (o/18A), Kendall le Cordeur (o/18B), Mia Adendorff (o/16A), Ansoné van Eeden (o/16B), Suné Kühn (o/14A)
o.19A-seunshokkie:
Voor De Villiers Brink, Vuyo Baliso, Antonio van der Westhuizen, Darren Adams, Francois Marais, Dylan Swart, Shaun Swanepoel, Adriaan Lategan, Tristen Fox. Agter is Wilhelm Broodryk, Luan Oberholzer, Jan-Dev Lategan, Damian Adendorff, Reinard Reitsma, Willie Rossouw, Matthew de Jager.
o.18A Netbalspan:
Agter: Corné Smith, Amoré van Schalkwyk, Michelle Smuts,Euclea Cavernelis, Louisa Lottering. Voor: Anelda van Rhyn, Charlize Bester, Gabriella Elyon, Hanél Loubser, Chris-Mari Steekamp
Netbalkapteins:
Voor: Elri Kemp; Grete Dippenaar, Nerene Theron, Inge Coreejes, Zenande Mfundisi, Mia Jonck, Carli Olivier, Gabi Nel. Agter: Michelle Smuts, Kyla Kühn, Annali Brink, Margaux Lategan, Melissa Stemmet, Courtney le Roux, Jana Malan, Nazlee Stauss, Robyn Anderson, Danielle van Zyl.
NUUS • NEWS
7
15 Augustus 2018
o19A-rugby: Agter: Francois du Toit, Willem Brand, Justin Cilliers, Thomas Linegar, Hanno van Zyl, Emile du Plessis, Jaco Matthysen Voor: Brent Manuel, WP Steenkamp, Cameron Gertse, Frederico Mouwers, Jaden Oppels, Marno Dirks, Franco van Zyl, Keano Adonis saam met afrigter Lance Sendin (middel voor).
Rugbykapteins:
Voor is Vince-Lee Louw, Wessel de Lange, JD gouws, Anders April. Agter is Thomas Linnegar, Craig Patience, Imthiyaaz Bazier, Ammaar de Jager.
Seunshokkiekapteins: Fran-
cois Marais (o/19A), Otto Frielingsdorf (o/16A), Stiaan Scheepers (o/14A).
Try the lunch that everyone wants. For only
49.90
8
courant
dié
15 Augustus 2018
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
15 Augustus 2018
Friends and family gather for MTB race at Backsberg The family-friendly Backsberg Dis-Chem Rotary Mountain Bike Race takes place at the Backsberg wine estate outside Paarl on Sunday 19 August. This annual race aims to provide a scenic route to enthusiastic cyclists, and features a wine stop 5 km before the finish. Organised and managed by members of the Paarl Rotary Cub under the auspices of the Pedal Power Association (PPA), the proceeds from this event go towards sustaining Paarl Rotary’s many charitable projects. It is a family-friendly event with up to two children riding free in the 5 km race if accompanied by a paying adult. There will be food stalls and a kids’ zone at the finish. The route includes single track on private land which has been opened up exclusively for the event. The 45 km, 30 km and 15 km routes contain some of the best scenery in the area, with great views of the winelands . The roads are 90% jeep track with some single track and open roads in between. There are some solid climbs, from meandering S-bend climbs to vicious little bumps with fast-forward downhills to recover. The 45 km, in particular, includes major climbs: a long 201m steep climb, and a second 110m short climb and is only for fit and experience riders. It requires more technical riding skills, including a fast descent near the end, than the average PPA fun ride and should be seen as a challenge for the fit rider, definitely not for the inexperi-
enced. The 30 km is geared for fit, experienced riders and includes one long 130m climb. The 15k is just right for novices and beginners. The 45 km route starts at 07:30, the 30 km medium route starts at 08:00, the 15 km short route starts at 08:30, and the 5 km children’s race starts at 09:00. The cut-off time and lucky draw will be at 11:30. On-line entries (varying between R50 and R210) are accepted until 09:00 on Friday 17 August and are limited to 1000. Late entries will be accepted on the day of the race (R210, R190, R170 and R80) if the limit of 1000 has not been reached. For entries and further information, visit www.paarlrotary. co.za/mtb. Complete your online entry to the race via the Paarl Rotary website and stand to win the ultimate MTB hamper valued at R8 000 (including an overnight stay for two, meal for two and Backsberg and Dis-Chem products). Proceed to the Backsberg facebook page @ Backsberg, like the page, share the competition post present on the page’s timeline and comment on the post with your valid entrant identification number. Competition closes on Friday 17 August and the grand prize winner will be announced on the day of the event during the prize-giving festivities (the winning entrant must be present on the day to receive this fantastic hamper).
Langasems:
St. Albans Primêr se langasem-atlete het onlangs uitstekend in landloop presteer. Twee van hul leerders, Corney Willchutte en Lucrusia Stuurman, het beide Saterdag in die Paarl Bolandkleure in hierdie sportsoort verwerf. Hulle sal hul streek op 25 Augustus tydens die Wes-Kaap Kampioenskappe op Daljosaphat verteenwoordig. Corney en Lucrusia het altwee in die onder 11-afdeling aan al ses kw������ wedlope deelgeneem en só hul pad tot in die Bolandspan losgehardloop. Hulle is die enigste laerskoolatlete in Wellington wat Bolandkleure verwerf het.