courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
8 Augustus 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 481
8 Augustus 2018
•BEELDBLIND MET SLEGS 10% SIG NA SIEKTE
Prillie se dae bestaan uit stap •Madi Pieterse Vir die mense van St Helenabaai wat sy storie ken, is Prillie Christians `n voortdurende inspirasie. Vir die wat hom langs die pad sien en nie sy storie ken nie: diesulkes mis uit. En die van ander plekke af: julle sal bevoorreg voel om te kan sê dat julle die man met die waentjie se storie ken. Behalwe wanneer die weer baie sleg is, sal die 58-jarige Prillie nie sommer `n dag afvat nie. Sy dae bestaan uit stap. En om `n pasgemaakte waentjie te sleep. En om te herwin, want dit is hoe hy hom en Lena Swartz, sy lewensmaat, se ongeskiktheidspensioen aanvul. Prillie is beeldblind en het slegs sowat 10% sig. TB-meningitis as kind het dit veroorsaak. Lena is heeltemal blind. Gebore op Stompneusbaai, vloei Weskusbloed sterk deur sy are. Op 10-jarige ouderdom moes hy noodgedwonge Bellville-Suid toe, na die Athlone Skool vir Blindes. Prillie het skoolgegaan tot standerd 9. Alhoewel hy altyd die droom gekoester het om verder te studeer, het destydse wetgewing nie voorsiening gemaak vir bruin gesiggestremde om universiteit toe te gaan nie. Hy bly toe vir die volgende 15 jaar aan as arbeider by die sentrum waar gesiggestremdes as ambagsmanne opgelei word. Tot vandag toe is hy dankbaar dat hulle baie goed voorberei is op die lewe wat op hulle wag die dag wanneer hulle by die skool se hekke uitstap, waarvan die belangrikste is as jy niks doen nie, jy niks moet verwag nie. “Ek het geen reg om voor jou deur te kom staan vir `n stukkie kos nie, of ek gestrem is of nie. Ek glo aan wat die Bybel sê: God help die wat homself help. As jy jouself nie wil help nie, moenie verwag dat iemand anders dit moet doen nie, behalwe natuurlik in uitsonderlike gevalle waar mense regtig niks vir hulleself kan doen nie.” Waar het dinge skeefgeloop, volgens Prillie? “Toe beloftes deur die regering gemaak is dat hulle na ons gaan kyk, hulle gaan dit en daai gee. Van skooltyd af het ek vir myself gesê dat dit nie die hanger is waaraan ek gaan hang nie. Demokrasie het vir my vryheid gegee, maar hand-aan-hand daarmee loop verantwoordelikheid. My verantwoordelikheid is om enige talent wat ek het te gebruik.”
Prillie Christians, `n bekende gesig op St Helenabaai, by sy pasgemaakte waentjie waarmee hy herwinning doen. In 1996 begin Prillie sy droom vir verdere studie verwesenlik en skryf in vir 'n buitemuurse kursus as arbeidskonsultant. In 1997/98 skryf hy by die Universiteit Wes-Kaapland in om sosiale regte te studeer, wat gemeenskapsontwikkeling (hoe om omstandighede binne arm gemeenskappe ten opsigte van werkskepping en opheffing te hanteer) ingesluit het. Hy het sy kwalifikasie as gemeenskapsontwikkelaar en arbeidskonsultant verwerf. Nadat hy in 1998 sy werk as arbeider bedank het, het Prillie `n eie praktyk oopgemaak waar hy na arbeidsake omgesien en ook die Elsiesrivier Munisipaliteit adviseer het in hierdie veld. Omdat Prillie baie werk vir mindergegoedes gedoen het, kon hy nie volhou met die praktyk nie en na vyf jaar is die deure gesluit. In 2008 “keer hy terug huis toe”, St Helenabaai toe. Die werk binne sy gemeenskap het voortgegaan. Ongelukkig het dit nie kos op die tafel gesit nie en hy moes noodgedwonge na ander moontlikhede kyk. Hy het die leemte in die mark van herwinning raakgesien en kort voor lank het hy “in asblikke begin rondkrap” om herwinbare materiaal, hoofsaaklik glas, bymekaar te maak. Hy het ook by drinkplekke in die omgewing `n draai gemaak en is sedertdien
die amptelike glasherwinnaar in die omgewing. Die geld daarvoor is min, maar omdat glas baie weeg verdien hy `n redelike inkomste daaruit om vir hom en sy gesin te sorg (Prillie en Lena het `n seun). Sowat sewe maande gelede het daar `n nuwe maatskappy van Velddrif begin wat die herwinbare materiaal by Prillie se huis afhaal en hy herwin nou ook plastiek. Die waentjie wat hy tans gebruik is al sy tweede een en hy en Lena is baie dank verskuldig aan oom Bossie wat die waentjie onderhou. Welwillendes laai ook baiekeer herwinbare materiaal asook ander gebruiksgoedere soos klere en linne by die Christians se huis af. Die twee kan nie genoeg dankie se hiervoor asook vir finansiële bydraes nie. Goed wat hulle nie self kan gebruik nie word in die gemeenskap versprei. Behoefte in die gemeenskap is ook altyd voorop in hulle gedagtes. So het hulle al `n fiets aan iemand geskenk asook sonpanele laat opsit by `n gebou waar daar geen krag was nie. “Aan elkeen wat belangstel in wat ek doen en my groet langs die pad met `n handwuif of `n toet, sê ek dankie. Dit is julle wat my op die pad hou.” Prillie kan gekontak word by 078 740 3288.
NUUS • NEWS
2
8 Augustus 2018
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
8 Augustus 2018
•KROPZ ELANDSFONTEIN NEAR HOPEFIELD DISCUSSED
3
Mine GM speaks at business chamber Mark Maynard, General Manager of the Kropz Elandsfontein (Pty) Ltd mine near Hopefield, was the guest speaker at the West Coast Business Chamber network function held at the Langebaan Country Estate recently. Mark provided an update regarding the mine’s recent activities and feedback on concerns on the influence it will have on the environment, especially the Elandsfontein aquifer. Construction on the Elandsfontein project commenced shortly after the company received its Mining Right in February 2015. Commissioning of the processing plant, which is the final stage of the project`s construction phase, commenced in the second quarter of 2017, but the activities were suspended in July, following a few challenges. The pumping of the aquifer water from the mining area could only start once the Water Use License (WUL) had been granted. Delays in the receipt of the WUL meant that less water had been pumped from the pit than originally planned. This meant that only the top layers of ore, which is lower in grade than the deeper ore, was available to mine safely. The low grade ore resulted in low process efficiencies in the processing plant. At the same time, world phosphate prices slumped to the lowest levels in decades, negatively affecting economic viability of the project in the short term. Additional funds are being raised to enable the implementation of the modifications required to the plant circuit to improve performance through future price cycles. In order for that to happen, further test work has been completed. The company indicated it is underway with a listing process on the London AIM. Much of the confusion around the legality of the mine has been a result of a change in legislation during the Elandsfontein mining right application process. While the mining right was still pending, the One Environmental System (OES) was introduced. The OES was aimed at streamlining the mining application process by appointing the Department of Mining Resources (DMR) as the competent authority for mining rights. Previously, the Department of Environmental Affairs (DEA) was the responsible authority. Elandsfontein submitted the EIA to the DMR,
who approved the process, and the resultant Environmental Management Programme, which governs how the mine should operate to be environmentally sustainable. Elandsfontein was advised by legal council and the DMR that no further authorisations were required. The Elandsfontein mining right was also subject to an appeal, that challenged some of the internal processes followed within the DMR. Late last year Elandsfontein received confirmation from the Minister of Mineral Resources that the internal review had been completed and the appeal was overturned. The WUL has also been the subject of an appeal. Concerns were raised that the operations at the mine would negatively impact the Elandsfontein aquifer which flows towards the environmentally sensitive Langebaan Lagoon, a RAMSAR site. The application for the WUL stated that mining could continue with minimal negative impacts to the ground water and the environment. Elandsfontein Mine does not use the water that it pumps out of the aquifer, except for a very small portion of pit seepage water. A ring of boreholes has been drilled around the mining area to intercept, bypass and reinject the aquifer water back into the same aquifer, away from the mining area. This creates a localised depression in the water table in the mining pit allowing access to the phosphate deposit for safe mining. A small amount of water seeps into the pit basin, through the ring of boreholes. As a precaution, this water is classified as contaminated and must therefore be used in the plant or should be treated before being pumped back into the aquifer. The case regarding the WUL appeal and suspension of water use activities was heard by the Cape High Court in December 2017, where the matter was referred back to the Water Tribunal of the DWS. No date has been set by the Tribunal yet. The suspension of the water use activities was lifted by the Minister of Water and Sanitation after it was determined that it was better to continue with pumping than to allow the pit to flood, which could be more detrimental to
Above: Mark Maynard, General Manager of the Elandsfontein Mine.
Darelle Scheepers, chairperson of the West Coast Business Chamber.
ground water quality. When the plant commissioning was suspended at the end of July 2017, all mining and processing activities were stopped, which resulted in the retrenchment of 258 employees. It was a difficult decision to be made but all the prescribed labour relations retrenchment processes were followed. The pumping of the aquifer has continued since July 2017, to draw the water table down to the required levels. Once the mining activities were halted, additional drilling and metallurgical test work was undertaken. Mineral samples were sent to a phosphate research facility in Israel as well as Mintek in Johannesburg for confirmation. The mine is nearing completion of its test work phase and will shortly be able to finalise the circuit modifications required. Additional construction will take place between now and September 2019 when it is planned for the plant to start.
Care and maintenance activities continue on the mine where certain activities are ongoing with a small core of operational and maintenance staff. As can be understood, sections of the plant are started up routinely to ensure operational integrity and that equipment is properly lubricated and maintained. The dewatering system, comprising of the 36 boreholes, is also serviced. The mine expressed its ongoing commitment to the community, especially Hopefield, who have “adopted the mine as theirs”. An agreement was reached with the retrenched employees who will have first right of refusal when vacancies become available again once operations restart in September 2019. In closing it was mentioned that Elandsfontein Mine is still required to adhere to the Mining Charter through its SLP (Social and Labour Plan) and is working closely with its local community regarding their requirements.
4
8 Augustus 2018
Dagboek • Diary Geleenthede
Wednesday 8 August: Mad Hatter`s Ladies Afternoon, NG Kerksaal, Oostewalstraat, Langebaan, R100 pp, includes goodie bag & snacks, Riana 078 179 8775. Proceeds for CANSA Relay for Life Vredenburg 2019. Donderdag 9 Augustus: Vrouedag-ete te Blue Bay Lodge, Saldanha tussen 09h00 en 14h00. Motiveringspreker Marciel Hopkins, kosdemonstrasie Sanet Eigelaar van Weskus Koekedoor-faam. Besprekings noodsaaklik (022) 714 1177, kaartjiekoste R260 pp of R240 pp vir tafel van 10. Zelda la Grange is die gasspreker by `n Vrouedagfunksie om 11h00 by Klub Mykonos se Athene Konferensiesentrum, Kaartjies beskikbaar teen R100 pp by www.mykonoscasino.co.za, Mykonos Casino Klientedienstoonbank.
Pets:
Pets less fortunate than our own have been given a boost of pet food and cash donated to the Velddrif Animal Care thanks to the caring and community minded spirit of Doris and Bill Powell. For her 70th birthday, Doris Powell requested friends and family to give pet food donations in lieu of gifts. Above is Dennis Roberts (far right) collecting the donations of pet food from Doris and Bill Powell.
Basaar: Soos gewoonlik het Huis Wittekruin se jaarlikse basaar weer groot aftrek
geniet by talle inwoners van Vredenburg en omgewing. `n Bedrag van R96 311 is tydens die basaar ingesamel en sal met groot vrug tot voordeel van Huis Wittekruin se inwoners aangewend word. Kleinkoekies en pannekoek het soos gewoonlik baie vinnig van hand verwissel. Foto: Wilna Brandt
Vrydag 10 Augustus: Badisa Aan Oewer Dienssentrum, Velddrif hou `n musiek-, kuier- en dansaand met Willie Traut en Vriende, 19h30 in Velddrif Stadsaal, R60 pp. Bring eie glas, eet- en drinkgoed. Kerrie & rys te koop, Karin Hubbard (022) 783 0048, 082 341 5354. NG Kerk Langebaan Markie. Om 15:00. Vir enige navrae skakel die kerkkantoor by 022 772 2813 Vrydag 24 Augustus: Jennifer Zamudio. Nuwe CD – “Goud is my woorde” Vanaf 20:00 @ R120 per persoon te Velddrif. Vir besprekings kontak 022 783 1137
NUUS • NEWS
Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za. SPORT
Weekliks West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com. Neem deel/ gaan kyk:
Saturdag 25 August: Simply Bee Observation Centre - Western Cape Beekeeping Assocation is hosting Beekeeping day - themes of the day - building equipment and catch hive etc. From 8:30 till 14:00 at Church Hall in Hopefield, Church street - Opposite Simply Bee, Hopefield. This is a bring and braai, please bring own drinks and meat
Saturday 25 August: Langebaan Half Marathon at Club Mykonos Resort, distances 21km, 10km, 5km. Information at www.entrytime.co.za/ 083 462 4400.
Sondag 26 Augustus: Maandelikse markdag by Pelikaanhawe, Velddrif. Stalletjies beskikbaar. Mariette 083 230 4422. P.L.A.Y. Country Craft Market, Denlynpark, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed, lynne.p@mweb.co.za.
Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30.
Dinsdag 28 Augustus: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk Vredenburg Moedergemeente, 18h30 - Anna-Marie 084 577 7752, admin@ weskusfotoklub.co.za
Saturday 6 October: 24 Hour MTB Challenge, Yzerfontein – 022 451 2202.
Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag 31 Augustus: NG Kerk St Helenabaai bied aan hul Agterbaai konsert om 19:00 by die Kerksaal. Volwassenes is R50 en kinders R20. Verversings sal te koop wees. Saterdag 1 September: NG Saldanha Basaar. Vanaf 10:00 tot laat by Weskus Skool Saterdag 8 September: NG Gemeente Velddrif hou Basaar op hul kerkterrein. ‘n Heerlike onbyt sal reeds van 9:00 af beskikbaar wees. Vanaf 9:30 kan u heerlik kom kuier en u verlustig aan al die stalletjies. Roosterkoek, melkkos, Kerrie-en-rys, afvalpotjie, kontreikos, worsie-op-‘n-stokkie, vetkoeke, pannekoek, poeding en nog vele meer. Braaivleis, wors en slaai sal die middag aankondig…U hele gesin kan ook kom bie op die pragtigste handgemaakte opveilitems ens. Vir die kinders sal daar ‘n pragtige kindertafel met vele verrassings wees. Almal baie welkom. Navrae by kerkkantoor, Tenique, 022 783 0005 Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees,
Saturday 1 September: Thys du Toit Memorial MTB Challenge, Hopefield, four routes – Willem 082 923 2553.
Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@mweb.co.za.
KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór 10:00 Maandae.
NUUS • NEWS
5
8 Augustus 2018
Duiwe trotseer winde in vlug Update on water crisis
Saterdag, om 08h00 en 08h20 onderskeidelik is die jongduiwe en ope afdeling duiwe van die Weskus Duiwe-Unie te Leeu-Gamka losgelaat om die terugtog van 357 kilometer aan te pak. Alhoewel hulle min wind en mooi weer langs die pad was het hulle tog met tye kopwinde en bietjie reen gehad. Uitslae Velddrif: Die jongduiwe (167 deelnemers) se wenner vandeesweek is Keith en Anna de Vos in ‘n wentyd van 14:24:43. Die res van die uitslae is as volg: Danie en Petro 2de; Manie Lira 3de en 4de; Dennis en Linda Robinson 5de en 7de; Nico Wiid 6de; Andre Clarke 8ste en Andre Clarke Jnr
9de en 10de. Die ope afdeling (171 deelnemers) is gewen deur Jannie Burger in `n wentyd van 14:54:07. Hy behaal ook die 9de plek. Die res van die uitslae soos volg: Jutie denWitt 2de, 3de en 4de; Manie Lira 5de, 8ste en 10de; Johannes Basson 7de; en Tollie Basson Jnr 7de. • Die Weskus Duiwe-unie val onder die Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) en sluit die volgende dorpe in: Piketberg, Velddrif, Vredenburg en Saldanha. Die voorsitter is Jannie Burger. Vir enige besonderhede kan hy gekontak word by 073 190 4838.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
The average dam level in the Western Cape remains at 51% with the dams feeding the City of Cape Town at 56%. Levels have not increased much over the past week, mainly due to warmer weather and little rain. Anton Bredell, the minister of Local Government, Environmental Affairs and Development Planning in the Western Cape says the situation is still better than it was a few months ago when the City of Cape Town was still considering a Day Zero scenario. “However, we want to point out that the levels we see at the moment correspond closely to the levels we saw two years ago. The fact is that within a year or so of those levels, the province was in a serious predicament. We want to avoid a repeat and so we want to urge the public to continue to save water and to allow the system
to recover further ahead of the coming summer period.” Bredell says there are still some forecasts that indicate more rain to come across large areas of the province, but the confidence and certainty remains low. “As a province we continue to engage our national counterparts as well as local government counterparts in managing the system better. That includes matters relating to water restrictions. We continue to urge our national government colleagues to use the breathing room we have at the moment to complete the long postponed bulk water infrastructure projects needed for the province. The mandate for the bulk provision of water to citizens remains with the national department of water and sanitation and we will continue to monitor the situation going forward.”
Brand new Louwville High receives architectural award
Regs: Die Louwville Hoërskool se Thabo Rhongo (naasregs) is onlangs as die Saldanhabaai Munisipaliteit se junior burgemeester ingehuldig. Saam met hom is die hoofargitek, Wilhelm Louw, skoolhoof Emile Petrus en Clive Truter van die Wes-Kaap se departement vervoer en openbare werke. Die ontwerp van die moderne Louwville Hoërskool in Vredenburg, wat verlede jaar in gebruik geneem is, is onlangs met 'n prestige toekenning in die argitekwêreld deur die Kaapse Instituut vir Argitekte geprys vir uitnemendheid. As die enigste openbare gebou wat in dié ronde toekennings vereer is, het die paneel van beoordelaars spesifiek verwys na die sukses wat deur hoofargitek Wilhelm Louw van 2A-D Space en sy span behaal is om 'n balans te vind tussen behoeftes en begrotingsuitdagings. Die Wes-Kaap se minister van vervoer en openbare werke, Donald Grant, het ná dié toekenning by die moderne R50miljoen-skool besoek afgelê. Gepols deur Grant oor of die personeel tevrede is, het skoolhoof Emile Petrus gesê sy personeel en leerders is só gelukkig nadat hulle uit die ou tydelike strukture (“hokkies”) nou in die nuwe fasiliteite in soveel meer gerief kan onderrig en onderrig word. Hy het ook melding gemaak van die goeie ventilasie in klaskamers wat dit vir almal aangenamer maak. Grant het hierop geantwoord dat onderwys 'n roeping is en dat 'n gelukkige personeel en leerderkorps noodsaaklik is vir suksesvolle onderwys. Hy het Louw ook geprys vir die optimale aanwending van natuurlike hulpbronne en die skool aangemoedig om daarop voort te bou ook met die aanwending van reënwater.
“Ons wil nie munisipaliteite uit besigheid sit met die minder gebruik van dienste nie,” het hy gesê, maar ons moet almal kyk na besparingsmaatreëls en modelle om volhoubaarheid na te streef. In hul onderskrywing van die projek en waarom dit so merkwaardig is, het die paneel van beoordelaars spesifiek melding gemaak van die unieke uitdagings en ingewikkelde argitektoniese behoeftes waarin 'n nuwe skool in vandag se kontemporêre Suid-Afrika moet voorsien. Dit is juis binne die raamwerk van die strewe daarna om gelyke toegang tot onderwysinfrastruktuur te verleen binne die bestek van beperkte begrotings dat belangrike aspekte dikwels prysgegee moet word omdat sommige mikpunte net te idealisties eerder as haalbaar blyk te wees. Hulle wys daarop dat in die geval van Hoërskool Louwville 'n besondere balans met groot sukses behaal word. Die reghoekige binnehowe skep goed-gebruikte ruimtes vir die ontruiming van of rotering van klasse. Dit bring die leerders en personeel ook tydens pouses in aanraking met sagter landskapkomponente in die vorm van groen beddings en bome wat met die ontwerp geïntegreer is. Ook is daar komponente van tipiese plaashuis-dakstrukture uit die omgewing in die ontwerp ingebou asook gebruiksvriendelike drempels wat met verloop van tyd die leerders
meer tuis sal laat voel in 'n aangenamer omgewing. Die paneel lê veral klem op die goeie oordeel in die balans van die skep van 'n ruimtelike karakter vir die skool aan die een kant en om steeds 'n unieke argitektoniese werk daar te stel binne die ekonomiese beperkinge. “Die projek ontvang ons erkenning as 'n bydrae tot ons kennis van en ontsluit ook skoolargitekstyle verder. “Dit is 'n noemenswaardige rigtingwyser aan owerhede om verder te belê in 'n tipe argitektuur wat die plek en omgewing vier as noodsaaklike komponent van ervaringsleer.” Louw het aan dié courant gesê dat daar aanvanklik beplan is vir 'n skool wat 1200 leerders kan akkommodeer, maar tydens die proses was dit duidelik dat die behoefte groter is en is meer klaskamers bygevoeg en die saal vergroot om nou 1500 leerders te kan huisves. Hy het ook melding gemaak van staatsvereistes dat 'n persentasie van die werk deur plaaslike inwoners verrig moet word. Dit, sê Louw, plaas syns insiens onnodige druk op 'n projek wat kostes en konstruksietyd sodanig verhoog dat dit onnodig duur raak. Hy is van mening dat só 'n projek baie vinniger en goedkoper voltooi kan word en dat die fondse wat bespaar word, dan in die plaaslike gemeenskap teruggeploeg kan word om vir werkskepping en opleiding aangewend te word.
6
Nuwe lewe vir Piketberg se Calendulastraat
Calendulastraat op Piketberg is die afgelope Vrydagoggend met groot opgewondenheid verleng om integrasie binne die Bergrivier Munisipaliteit te bevorder en daarop klem te lê. Die projek om gemeenskappe binne Piketberg bymekaar te bring, lê die nuwe uitvoerende burgemeester, Ray van Rooy baie ná aan die hart. Volgens Van Rooy, was dit ‘n baie spesiale geleentheid. Twee plaaslike kinders het die lint tydens die seremonie geknip. Calendulastraat was voorheen ‘n straat wat tot by die destydse skougronde doodgeloop het. Die opening en verlenging van die straat bied nou makliker toegang tot die dorp se besigheidsektor en sportgeriewe. “Inwoners moes voorheen ‘n ompad loop om by daardie deel van die dorp uit te kom,”
8 Augustus 2018
verduidelik hy. Met die verlenging van die straat wat deur die plaaslike regering se Streek Sosio-Ekonomiese Programme (RSEP) moontlik gemaak is, is verdere fondse bewillig vir ‘n buitelug-gimnasium én ‘n drieverdiepinggebou in die straat waarvan die boonste vloer gebruik sal word vir ‘n uitkykpunt om veiligheid te bevorder in samewerking met die SAPD en die plaaslike buurtwag. Sowat 100 inwoners van verskillende areas in Piketberg het bymekaar gekom, om “een Piketberg” te vier. Van Rooy, het die nuwe straat ter waarde van R1 miljoen geopen wat die voorheen aparte areas met mekaar verbind. Van Rooy sê die verlenging van Calendulastraat is simbolies, aangesien dit die twee kante van die dorp verbind en verdere integrasie bevorder. Tydens die verrigtinge het inwoners van Wyk 3 aan die een kant van die straat gestaan, terwyl Wyk 4 se inwoners aan die anderkant was. Die twee gemeenskappe het toe stadig na die middel van Calendulastraat gestap waar ‘n rooi lint gehang het. Die doel van hierdie aktiwiteit is om Piketberg te verenig. Leerders van Hoërskool Piketberg en Steynville Sekondêr, die dorp se toekomstige leiers, is gevra om die rooi lint te knip. Twee van die oudste inwoners wat al jarelank in Calendulastraat woon, Mev Sannie Moore (80) en Mnr Dawid Basson (87), het met trots die onthulling van twee Madiba 100 “Be the Legacy” gedenkplate gedoen. Bergrivier Munisipaliteit het in 2016 aansoek gedoen vir provinsiale fondse as deel van die RSEP. Dit is ‘n Wes-Kaap inisiatief en ‘n inter-regeringsprojek wat fokus daarop om die kwaliteit van lewe in die Wes-Kaap te verbeter. Piketberg is sedert 2017 deel van die projek en het begin om saam met die publiek te beplan aan verbeterings aan ons dorp wat dit meer geïntegreerd, meer vriendelik en nog meer toeganklik sal maak.
Woelies op Vredenburg dié winkel vir baba en speelgoed Vir die afgelope 21 jaar maak Woelies Babaen Speelgoedwinkel in Vredenburg se hoofstraat nie net kinders se harte bly nie, maar sorg dat ouers met ‘n huppel in hul stap daar uitstap. Woelies bied 'n wye reeks opvoedkundige produkte wat help om jou kleinding reg van geboorte af te stimuleer. Daar is ook 'n groot verskeidenheid babaprodukte wat bestaan uit bekende handelsmerke soos Nuk, Tommee Tippee, Chelino en Medela om van te kies en te keur.
Wanneer babas tande kry, kan die nagte lank raak, so besoek gerus vir Woelies vir die egte Baltiese amber krale wat in voorraad is om jou baba deur die tandekryproses te help. Baie ouers kan getuig dat dié krale net die ding is om die nare simptome van tandekry hok te slaan. Woelies bied verder ‘n wye verskeidenheid reeks van die pragtigste doopklere vir jou prins of prinses op hul spesiale dag. Besoek die Woelies wonderwêreld vandag nog as jy iets spesiaal vir jou kleinding soek.
NUUS • NEWS
Schoeman neem wenfoto Die Weskus Fotografiese Stigting se lede het weer eens vandeesmaand met foto’s van hoogstaande gehalte kon spog onder die tema Argitektuur. Die wenner in die spesifieke-onderwerp-afdeling, Petra Schoeman van Yzerfontein, se Tate Modern in London (die nuwe aangeboude gedeelte), is deur beoordelaar Dave Gordon geloof vir oorspronklikheid. Min fotograwe sou hierdie as ‘n foto herken. Alles aan hierdie foto, hoeke, simmetrie en die baie aksie, maak dit ‘n wenner. In die ope afdeling is daar gesamentlike wenners, Leatitia Bester met Hande en Hanneli Denner met Kakiebos As Die Son Sak. Vir Dave was die hande-foto baie goed geneem met ‘n mooi agtergrond wat die onderwerp toelaat om uit te staan. Die kleure in hierdie foto speel ook ‘n groot rol. Kakiebos In Die Son se sagte agtergrond, pragtige kleure en die kakiebos wat skerp uitstaan het die deurslag gegee. Volgens Dave net ‘n plesier om na te kyk. Vandeesmaand is nog ‘n groep foto’s beoordeel. ‘n Lid van die klub wat Kaap toe verhuis het en musiek gee by Aristea Laerskool het ook ‘n klein fotografiese klub by die skool begin. Tydens ‘n onlangse besoek het sy van die foto’s gewys wat deur die kinders geneem is, hoofsaaklik met selfone. Die voorsitter Koos Pieters was so beïndruk daarmee dat besluit is om die foto’s te beoordeel om sodoende verdere belangstelling in fotografie by die kinders aan te wakker. Almal was dit eens dat die jong aspirantfotograwe ‘n blink toekoms voor hulle het. Dave was hoogs beïndruk om die jonges se “uit-die-boks” denke te beoordeel wat indrukwekkende foto’s meegebring het. Toe hy van die skool-fotoklub hoor het hy foto’s van troeteldiere en boeties en sussies verwag maar was aangenaam verras met die jong fotograwe se kreatiwiteit. ‘n Tikkie Se Rooi is as wenfoto aangewys.
Volgens Dave ‘n baie goeie idee vir ‘n baie goeie foto. Die volgende vergadering is Dinsdag, 28 Augustus om 18h30, weer by die Ou Stalle. Inskrywings vir die maand moet teen 17 Augustus om 24h00 ingehandig wees. Die res van die jaar se maandelikse onderwerpe klink baie interessant: September - Die Ander Kant. Bekyk jou onderwerp vanuit ‘n ander hoek, van bo, onder, agter. Oktober - Perspektief. Moenie in die strik beland om alles op ooghoogte af te neem nie. Neem tyd om jou onderwerp te ondersoek en jou perspektief daarvan te verander. Hoe verander jou onderwerp as jy op jou maag lê, of van bo af daarna kyk? November - “Tools of the Trade". Beklemtoon gereedskap wat deur die ambagsman of professionele persoon gebruik word om sy daaglikse taak te verrig. Vir enige navrae in verband met die klub kan Anna-Marie gekontak word by 084 577 7752.
Porterville gives pure bliss
Art lovers, foodies, outdoor enthusiasts and those looking for a city escape – take note that an exciting new weekend long event called Pure Porterville has been launched onto the Cape events calendar. An event that promises to fast make a name for itself, Pure Porterville will be taking place in the picturesque Swartland town of Porterville from Friday 5 October to Sunday 7 October. Pure Porterville provides visitors with the opportunity to immerse themselves in the many wonderful country town offerings that make rural living so appealing - plus a rare opportunity to visit artists in their studios to view and purchase their art. Over ten artists will open their studios to the public for the weekend and visitors can expect jewellery, ceramics, art and craft, woodwork, crochet, quilting, beading, mosaics and more. Local artists will also be facilitating ceramic and painting workshops over the course of the weekend. In addition to special menus from the restaurants in the town and from the Farmers Market, foodies can look forward to treats like delicious traditional fare, high tea and Thai street food. The Farmers Market provides a not-to-be-missed opportunity to stock up on fresh local produce, baked goodies, artisanal breads, preserves and
many other delicacies. The regular Church Bazaar allows visitors the chance to purchase hand crafted goods made by community members. Beer and pizza lovers be sure not to miss a visit to the craft brewery, Indie Ale, for beer tasting and thin crust wood-fired pizzas. For the more active, Pure Porterville will also include a mountain bike cycling event, a fun run and a golfing day. Saturday morning will see a grand parade take place through the streets of the town that will feature a collection of vintage cars, cadette band and “trompoppies”. The Pure Porterville weekend has something for everyone, and in addition to the events listed above there will be special entertainment for children laid on at the school hall. Nearly all of the Pure Porterville attractions are within walking distance from each other, so visitors can park and stroll through the town, enjoying the art exhibitions, stopping for a meal, buying local fare – all with a beautiful mountain backdrop as Porterville is nestled at the foot of the Olifants Mountains. Tickets are NOT required for the Pure Porterville weekend. For more information visit www. portervilletourism.co.za or contact Porterville Tourism Office (022-931 3732).
NUUS • NEWS 5 tot 8 September
7
8 Augustus 2018
Swartlandskou
5 tot 8 September
Uit die skoupresident se pen
Die Swartlandskou, een van die grootste landbouskoue in die hele Wes- en Suid-Kaap wat jaarliks meer as 10 000 besoekers lok, vier vanjaar hul 81ste bestaansjaar. Vanaf 5 tot 8 September kan ‘n skou vanuit die boonste rakke tussen die koringlande op Moorreesburg se skougronde verwag word. Met die goeie gesindheid van die gemeenskap, uitstallers, donateurs en borge is hierdie datum verseker een wat op die kalender aangeteken moet word as iets om by te woon. Vanjaar bars Swartlandskou behoorlik uit sy nate en kan die skou, net soos in die verlede, spog met die tentoonstelling van die mooiste perde, beeste en skape. Mededingers kom van reg oor die land en neem ywerig deel aan die bedrywighede. Optredes en vermaak wat vanjaar in die wyntuin aangebied word, het hoë prioriteit geniet en besondere aandag is gegee aan die samestelling van die program. Bekende kunstenaars in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf sal verseker dat ‘n fees-atmosfeer geskep word wat niemand mag misloop nie. Gaan loer gerus na die program. Daar is vermaak vir groot en klein. Die Swartlandskou spog jaarliks met ‘n motor/masjinerie en landbounywerheid uitstalling van hoogstaande gehalte. ‘n Uitstallings van die departement van landbou kan onder meer daar te sien wees. Nasionale- en streekskampioenskappe van perde, skaap, bees, boerbok en pluimvee vind vanjaar plaas. Perdry-entoesiaste en liefhebbers kan uitsien na ‘n vlaam-waspanne van agt gedurende die Saterdag. Verder sluit die landbouskou ‘n jeugskou, ‘n landbouseminaar met die tema: Die winsgewendheid van die graanbedryf (op uitnodiging) én ‘n boeredag in samewerking met Villa (graanproewe en masjinerie demonstrasies) in. Bergfietsry-entoesiaste moet nie uitmis op
die MTB-fietswedren wat weer plaasvind nie. ‘n Groot verskeidenheid van binne- en buite uitstallers kan besigtig word met heerlike smulgeregte by die Kafee, Wyntuin, Veepos, Cattle Inn en Swartland Deli. Vir meer inligting, besoek die skou se webblad by www.swartlandskou.co.za.
Septembermaand is om die draai en die Swartland is besig om ‘n baie mooi kleurvolle baadjie aan te trek waaraan ons alle dank aan ons Hemelse Vader gee. Met 2017 nog vars in alle landbouers se gedagtes, het Onse Liewe Vader vanjaar net kom wys dat die hef in sy Genadige Hand lê… Ons dank Hom met oorgawe vir Sy seëninge. Ons as ‘n plattelandse dorp is so afhanklik van genadiglike reën van Bo, dat jy die positiewe gevoel in jou dorp kan aanvoel. Op die 84ste bestaansjaar, bars Swartlandskou nog verder uit sy nate en word die mooiste perde, beeste en skape net nog groter ten toon gestel, asook ‘n pluimveeskou en angorabok kampioenskappe. Met uitstallers van reg oor die hele Wes-Kaap, beloop die masjinerie-afdeling nagenoeg R300 miljoen. Met uitstalruimte tot barstens toe vol kompeteer uitstallers ywerig om die beste tentoonstelling voor te hou. ‘n Nuwe toevoeging tot die vol skouprogram, bied die departement van Landbou Wes-Kaap vanjaar ‘n baie interessante uitstalling aan in samewerking met die nywerheidsafdeling. Ons as skou sien baie uit na hul aanbiedinge. ‘n Boeredag aanbieding, soos van ouds, in samewerking met Villa, nooi ons alle belangstellendes om te kom mee maak in masjineriede-
monstrasies en graanproewe. Met ‘n besonderse groep Suid-Afrikaanse kunstenaars en goeie klank, sal die vermaak in die Wyntuin weereens iets wees om te beleef. ‘n Fees atmosfeer wat u verseker moet ervaar met selfs ‘n area vir kinders, terwyl die ouers kan ontspan. Vermaak vir die hele familie word gewaarborg. Ten spyte van ekonomiese druk ondersteun donateurs/borge, uitstallers en die gemeenskap nog steeds die skou, waarvoor ons as skou baie dankbaar is. In my laaste jaar as president van ‘n skoubestuur om op trots te wees, bedank ek elke bestuurslid vir jul bydrae en bereidwilligheid. Sonder jul onbaatsugtige diens, sou dit nie moontlik gewees het om aanbiedinge van dié standaard aan te bied nie. Graag nooi ek almal uit om die skou te besoek vanaf 5-8 September 2018. Kom geniet die lekker verskeidenheid van kosgeregte, die gasvryheid, die liefde en die styl van Swartlandskou. Ons dank gaan aan ons Hemelse Vader, want sonder Hom is dit nie moontlik om so ‘n platvorm aan te bied nie.
Jacques Bester President Swartlandskou
8
courant
dié
8 Augustus 2018
Tel: 022 487 3221
Hoërskool Vredenburg
General Manager at Langebaan Country Estate, Riette Laas, standing here with the winners De Wet Reyneke and Roscoe Wheeler and headmaster at Vredenburg High School, Derick Von Zeuner.
Golf for Vredenburg funds
On Saturday 28 July seventy players took on a beautiful day of golf at the Langebaan Country Estate to raise funds for Vredenburg High School. The golf was followed by a gala evening with an auction by Andries Vermeulen who entertained all with his hilarious sense of humour and
beautiful voice. Headmaster Derick Von Zeuner thanked all golfers and sponsors who participated in making the event a huge success. The day was won by De Wet Reyneke and Roscoe Wheeler on 57 points.
Porterville het Saterdag vir n groot opskudding gesorg toe hy die liga-voorloper, Darling, sy eerste loesing toegedien het. Porterville het sodoende die wedloop om 'n plek in die top 6 se deure wawyd oop gemaak met slegs drie punte wat die top 2 skei. Porterville het baie rugby gespeel en gewys dat hy nie net die getalle vol maak in die liga nie. Darling was duidelik in 'n gemaksone en het nie die aanslag verwag nie. Darling sal egter die loesing in 'n positiewe lig sien om sodoende hul volgende wedstryd meer strategies te benader om te verhoed dat hulle aanspraak op die Swartlandbeker nie verder in gedrang is nie. Darling ontvang Saterdag besoek van 'n Never Despair-span wat tans stert in die lug loop met sy oorwinning oor Never Despair. Albei Darling en Never Despair beskik oor 'n paar talentvolle spelers en die wedstryd behoort ook vir groot opwinding te sorg. Darling sal wil opmaak vir die vorige Saterdag en met meer ondernemingsgees speel, wanneer hy Never Despair klop met minder as tien punte. Moorreesburg het Saterdag die Rhino-span van Piketberg 'n groot pak slae gegee op Moorreesburg. Die Moorreesburg-span het van die
begin van die wedstryd geen genade getoon nie en het Piketberg voorlangs heeltemal domineer om sodoende die grondslag te lê vir sy agterspelers om te baljaar. Dit was veral die spoedvraat Jehann Bonn wat sirkels om sy teenstaanders gehardloop het en ook 'n driekuns van pragdrieë gelewer het. Jehann Bonn speel tans voortreflike rugby en sy naam sal onthou word in Boland-rugbykringe. Sy vernuf, taktiek en spoed laat teenstaanders omtrent bontstaan. Piketberg sal so gou as moontlik van die wedstryd wil vergeet, wanneer hy Saterdag gasheer speel vir Good Hopes van Riebeek-Wes. Piketberg sal wil opmaak vir sy eerste rondte loesing teen Good Hopes en behoort die wedstryd met minder as sewe punte te wen. Wesbank het Saterdag sy derde oorwinning van die tweede rondte behaal toe hy Good Hopes op sy tuisveld ore aangesit het. Die span sal verdere druk op Darling wil plaas, wanneer hy Porterville ontvang. Wesbank verloor nie sommer op sy tuisveld nie en behoort Saterdag Porterville terug aarde toe te bring met 'n oorwinning van meer as 10 punte. Moorreesburg geniet Saterdag 'n blaaskans. •Abri Adonis
Porterville sorg vir groot opskudding in rugbyliga
NUUS • NEWS
SPORT
8 Augustus 2018
Peiser and Peiser show their stuff in rally John Peiser (Plattekloof) and Weston Peiser (Plattekloof) showed their class on Saturday 4 August 2018 when they steered the Speed Pro Cycling Components 425 WPMC S5 Subaru Impreza 4x4 Turbo 2.0 to a convincing overall victory on the Killarney All Tar Rally, round five of the 2018 Western Cape Rally Championship, by winning all six stages. The father and son combination also now move into first position on the regional championship points log with two gravel events remaining, the 8 September 2018 (CEJ Plant Hire Malmesbury Rally) and 6 October 2018 (Riebeek Kasteel Rally). Though this was an official round of the Western Cape Rally Championship the event also presented a unique opportunity for cars from other motorsport categories to enter as challengers, going head-to-head with the rallyists on what could be considered their home territory, and a number of very interesting entries accepted the challenge. The All Tar is tough, in whatever format it might be presented as there is no hiding away from the stopwatches, time waits for nobody. Whatever the excuse, it always reflects to the occupants of the car! Twenty seven teams started the event and nineteen reached the final Parc Fermé and, thankfully, not a scratch on any building. Topping the challenge scoresheet was Paul-Hendrik Franken (Stellenbosch) and Hilton Auffray (Zevenwacht) in the Burly Pro GTi Challenge B25 WPMC / CCMCC VW Polo GTi 2.0 and the former rallyist turned racer certainly proved that he has matured into a formidable driver on any surface. Watch this space as this young talent certainly has rallying in his blood and a very interesting car could see his return to gravel in the not too distant future. Also great to note Henk Lategan and Barry White taking a debut Off-Road victory in their Gazoo Toyota. Beating “Oom” Dirk and Dirk Kruger Jnr is a tall order, even if the former Clubmans G&A Promotions A6 WPMC Toyota Corolla 1.8 possibly suffered from a lack of “works” preparation on the final stage of the event. Just 13 seconds separated the Polo from the Corolla after 82km of serious tarmac rallying and though both could actually be considered offroad experts (Dirk Snr a former SA Gravel Oval Champion and Paul-Hendrik Franken a WP rallyist) their result was possibly the best ever for the challengers as they would have been second and third overall. Ettiene du Toit (Edgemead) and Patrick Vermaak (Strand) the second rally team home in the Team 467 WBMK S3 Toyota Corolla RXi 1.6. Try as they might the little 1.6 simply could not live with the more powerful cars on the final two 8 lap oval races, but they certainly enjoyed irritat-
ing them. Emile Assure and Jer-Min Lyou traded their Honda for the Burly Pro GTi Challenge B58 WPMC VW Polo GTi 2.0 and it proved to be a wise option as they posted fifth overall on mixed result and a fine third as challengers. Undoubtedly their best All Tar result to date and holds much promise for future events. Ismaeel Davids (Rondebosch) and Yusuf Ganief (Surrey Estate) continued to impress as the third rally team home and sixth on mixed result in their neat ID Paving 431 CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1.6i. This combination certainly raising their game with each outing and with prospects of contesting the open category of the SA national championship in 2019 their S2000 / S5 Run X might be seen in a number of events outside the Western Cape. There is even a rumour of a national rally returning to the Western Cape in 2019? Andy Haigh-Smith (Malmesbury) and Tania Vermaak (Strand) also did not have a good day at the office as the Team AHS 432 CPMCC / WBMK S3 Mitsubishi Lancer GT1600 broke it’s power steering belt at the very first corner of SS1 and the now very tired driver had to play catch-up in conditions which certainly did not favour an underpowered car. John Clift (Struisbaai) and Derick Clift (Paarl) hot on their heel with the ACW Engineering 418 WBMK S4 Toyota Hilux 2.0. Steve and Seth Griffin-Wintle enjoyed an encouraging debut in their very impressive looking Linel B37 WPMC Ford Escort 2.0, but due to inexperience on the trackers side they incurred a rather hefty 3min early penalty. Possibly a good idea to have a training session with the track entries prior to the next all tar. They could most likely have reached the top ten in the combined result had they not been penalised. Compliments too on a very attractive build. The All Tar certainly proved that it demands 101% from everyone and that included those behind the scenes who worked tirelessly to make the event the success it was. In no particular order Daan Terblanche, Billy Thorpe, Ian Long, Brian Hoskins, Terri Philander, Ernest Leite, Paul Simon, Theo Croy, James Alexander, members of the WPMC Scrutineers and Track Marshals as well as the CRCG and Radio Marshals whose combined efforts even managed to keep the walls around Killarney International Raceway stationary for the entire event. A word of encouragement to Bill Bright and Craig Gray who are both on the path of recovery. Encouraging to see the Challenge entries on the rise and they are certainly getting stronger too. For the rallyists all paths now lead to the Swartland for round 6, the CEJ Plant Hire Malmesbury Rally on Saturday 8 September 2018. • Patrick Vermaak