Skip to main content

481 dié courant Wellingting

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

8 Augustus 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 481

8 Augustus 2018

•BESOEK DUITSLAND VIR SAMEWERKING

Poole ondersoek energie, handel •Jaomi Zeeman Drakenstein se uitvoerende burgemeester, Conrad Poole, het pas van Neumarkt in Duitsland teruggekeer. Dit volg nadat Drakenstein Munisipaliteit en Stadt Neumarkt planne vir verdere samewerking ten opsigte van Die Klimaat Vennootskap, ‘n vier jaar oue samewerking tussen dié twee munisipaliteite wat op klimaatsverandering, billike handel en omgewingsopvoeding fokus, bespreek het. Burgemeester Poole het ook die stadsraad van Neumarkt formeel toegespreek. Met hernubare energie, billike handel en organiese boerdery bo-aan die agenda, het die munisipaliteite die Gesamentlike Program van Aksie, wat die strategiese raamwerk vir die Klimaat Vennootskap vorm, verfyn. Hulle het ook fokuspunte vir die samewerking tussen die twee munisipaliteite oor die volgende drie jaar bepaal. Die afvaardiging het terreinbesoeke aan reënwater-opvangareas en ‘n plaaslike verhittingsentrum en nuwe substasie gebring. Hulle het ook Munich besoek om die Klimaat Vennootskap binne die konteks van die huidige Vennootskap tussen die Wes-Kaap en Bavaria te bespreek. Burgemeester Poole is deur raadslid Lorraine Willemse, lid van die Drakenstein Burgemeesterskomitee, sowel as Lauren Waring, uitvoerende direkteur van Beplanning en Ontwikkeling by Drakenstein Munisipaliteit, vergesel. Hul besoek is ten volle deur Stadt Neumarkt befonds en aangebied. Die Klimaat Vennootskap is in 2014 tot stand gebring onder die “50 Municipal Climate Partnerships by 2015 Project” van Engagement Global, ‘n nie-winsgewende Duitse organisasie wat ontwikkeling en versterking van die burgerlike samelewing ondersteun. Hierdie vennootskap word deur die Duitse Federale Ministerie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling befonds en sluit personeel-uitruilings, met die oog op die uitruil van spesialis-kennis, tussen Drakenstein en Stadt Neumarkt in. Tydens sy amptelike toespraak voor die stadsraad van Neumarkt, het burgemeester Poole die voordele van die samewerking tussen die twee munisipaliteite beklemtoon. “Hierdie vier jaar oue vennootskap het ‘n

voortdurende positiewe impak op ons munisipaliteit en gemeenskappe. "Neumarkt en Drakenstein Munisipaliteit het betekenisvolle dinge oor die afgelope paar jaar by mekaar geleer en ek is daarvan oortuig dat hierdie verhouding positiewe uitkomste in die toekoms tot gevolg sal hê,” het hy gesê. Een van die voordele wat Drakenstein reeds uit hierdie vennootskap gekry het, is die befondsing wat hul deur die Neumarkt, Under Engagement Global’s NAKOPA Programme, ontvang het vir die uitroei van indringerspesies op die walle van die Bergrivier, sowel as vir die rehabilitasie van die area. “Die Bergrivier word as die lewensaar van die Drakenstein beskou wat ‘n kritieke waterbron vir veral boere, maar ook ander watergebruikers in die omgewing is,” het burgemeester Poole gesê. Buiten die uitruilprogram onder personeel van beide munisipaliteite, is daar ook ander voordele wat uit die vennootskap spruit. Die vestiging van ‘n Learning for Life Sentrum in Drakenstein, vennootskappe tussen skole en die betrokkenheid van UNESCO se Global Action Programme, die verbetering van gemeenskappe

se lewenskwaliteit deur die uitvoer van Fair Trade-produkte, werkskepping en die bemagtiging van vroue, sowel as die organisering van seminare en ander geleenthede waartydens die gemeenskap van Drakenstein kennis en vaardighede ten opsigte van die gebruik van hernubare energie kan opdoen, is maar ‘n paar van die voordele wat uit hierdie vennootskap spruit. “Hierdie is maar ‘n paar van die projekte wat deur Neumarkt onderneem is, maar dit is reeds duidelik dat hierdie vennootskap van groot waarde vir beide partye is,” het burgemeester Poole gesê. “Ons munisipaliteit streef daarna om ‘n stad van uitnemendheid te vestig en Neumarkt ondersteun hierdie visie. "Die kennis en vaardighede wat tussen hierdie twee munisipaliteite uitgeruil word, is ‘n bewys dat dit ongelooflik voordelig is. "Ek is 100% toegewy om hierdie verhouding in stand te hou en ek is opgewonde om te sien hoe ons mekaar verder in die verbetering van ons munisipaliteite en beter dienslewering aan ons gemeenskappe kan ondersteun,” het hy afgesluit.

NUUS • NEWS


2

8 Augustus 2018

Talle stroom na 6de Wellington-huismark

NUUS • NEWS

•SPORTMAN, MAN EN PA

Verhoudings kom eerste vir Neil

Oud en jonk kon heerlik inkopies doen, wyn proe en na die lewendige musiek by die Wellington Huismark luister. Die Wellington Huismark is ‘n jaarlikse instelling op ons dorp se kalender wat groot plaaslike aanhang geniet, maar ook talle besoekers van ander dorpe lok. Die Huismark het hierdie jaar van 2 tot 5 Augustus op Welbedacht plaasgevind. Die Wellington Huismark is die eerste keer in 2012 gehou en het vanjaar reeds vir die sesde keer plaasgevind. Sedert die eerste Huismark, het hierdie inisiatief elke jaar gegroei. Nelia Bester, die baasbrein agter die Huismark, het aanvanklik die behoefte gehad om self ‘n paar handwerk-items te maak en ‘n paar ander uitstallers te kry om hul produkte saam met hare in haar huis uit te stal. Voor sy haar oë kon uitvee, het sy 50 uitstallers vir haar eerste Huismark gehad. Hierdie eerste mark is in die kelder van die Napier Wynlandgoed gehou. Sedertdien het die mark elke jaar gegroei. In 2013 het die mark van die Napier Wynlandgoed na die wynkelder op Schalk Burger se Welbedacht-plaas verskuif om die groter opset te akkommodeer. Dit is tans een van die grootste markte in die omgewing. Volgens Nelia het sy baie geleer uit hierdie

inisiatief wat so vinnig gegroei het. Waar sy aanvanklik al die verkope met die hand opgeskryf het, maak sy die afgelope paar jaar van ‘n kode-stelsel gebruik om die voorraad en verkope te kontroleer. Ten spyte van die mark se vinnige groei, het dit egter nooit sy unieke, intieme kuier-atmosfeer verloor nie. Besoekers aan hierdie jaar se mark kon na lewendige musiek luister, terwyl hul heerlike kos, drinkgoed en items van die ongeveer 90 uitstallers in ‘n ontspanne atmosfeer kon bekyk en koop. Kwaliteit is beslis nie ten koste van kwantiteit ingeboet nie. Alhoewel die mark elke jaar van krag tot krag gegaan het, is dit die persoonlike afdruk van aandag aan detail, spesiaal uitgesoekte uitstalitems, sowel as die intieme atmosfeer wat hierdie jaar weer honderde besoekers gelok het. “Ek was al by baie markte, maar is aangenaam verras oor die lekker atmosfeer, hoe kindervriendelik dit is en die veelsydigheid en billike pryse van hierdie mark. "Ek het omtrént lekker inkopies gedoen!” het een van die besoekers gesê.

•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Neil Buchner kan talle dinge agter sy naam skryf. Gospelsanger, branderplankryer, digitale bemarker, wynkenner, “meneer dominee” en tweekampatleet is maar ‘n paar daarvan. Vir dié nederige, veelsydige lewensreisiger is daar egter één ding wat bo alles uitstaan, naamlik verhoudings. Neil, sy vrou, ds. Lettie Buchner, en drie kinders is al ‘n paar jaar deel van Wellington se gemeenskap waar Lettie ‘n predikant by die Moedergemeente is. Neil verwys spottenderwys na homself as “meneer dominee”, maar daar is definitief veel meer as hierdie titel wat hy met hom saamdra. Hy is oorspronklik van die Oos-Kaap waar hy as jong knaap in ‘n musikale familie grootgeword het. As jong seun het hy dikwels mense by ouetehuise met sy David Kramer vertonings, kompleet met middelpaadjie en rooi velskoene, vermaak. Hy is later na Grey Hoërskool in Port Elizabeth. Volgens Neil het hy belangrike lesse tydens sy hoërskoolloopbaan geleer. “Ek het leer Engels praat! Ek het nie eers geweet wat om by ‘initials’ op die vorm in te vul toe ek by Grey begin het nie,” lag hy. “Dit is ook waar ek leer kitaar speel het,” gaan hy voort. ‘n Besering het hom in graad 9 verhoed om verder rugby te speel - iets wat hom op ander sportsoorte en sy liefde vir musiek laat fokus het. “Ek is eintlik Grey toe oor rugby, maar na my besering kon ek op ander dinge begin fokus. Ek het altyd in die locker room gesit en kitaar speel. ‘n Onderwyser het my aangemoedig om te sing saam met die spelery en die koshuisvader het my uiteindelik gevra om die sang Sondagaande te lei. Ek het ‘n hele arsenaal van liedjies opgebou en op universiteit in pubs gesing en vakansies vir sakgeld opgetree,” vertel hy oor die onbeplande ontwikkeling van sy sangtalent. Neil, wat B.Com aan die Universiteit van Stellenbosch studeer het, was op die punt om ‘n musiekgroep saam met ‘n studentemaat te begin toe hy gevoel het dat hy vir die musiekbediening geroep word. Hy het op gospel-musiek begin fokus en was onder andere vir ‘n jaar lank voltyds die kreatiewe direkteur by Stellenbosch se Moederkerk. Sy aanvanklike kleedkamer-oefensessies het uiteindelik tot veel groter dinge gelei. In 2012 is ‘n cd, “In verwondering”, wat hy saam met Retief Burger, Louis Britz en Helmut Meijer opgeneem het, as beste Afrikaanse Gospel-album by die Crown Gospel-toekennings aangewys. Sy eerste solo album, Element, is vir vier ATKV Lier-toekennings benoem en “In verwondering” het ook ‘n

SAMA-nominasie ingeoes. Alhoewel sang en musiek ‘n groot liefde van Neil is, is dit nie iets wat hy voltyds doen nie. Neil en Lettie het al in Engeland as ‘n huishoudster en terreinbestuurder gewerk. Neil het ook al gehelp om ‘n Boetiekhotel in Stellenbosch op die been te bring - ‘n hotel wat uiteindelik vir drie agtereenvolgende jare as die beste boetiekhotel in Suid-Afrika aangewys is. Hy werk tans as handelsmerkbestuurder by Bosman Familie Wingerde en Lelienfontein Wingerdkwekers en doen ook digitale bemarking vir besighede. “Daar is eintlik baie metafore in die wynwêreld wat in die godsdienswêreld toegepas kan word. Wyn is, soos geloof, ‘n gemene deler,” sê hy oor die verwantskap tussen die verskillende dinge wat hy doen. Buiten sy werk in musiekbediening, sy gesinslewe, sy werk in bemarking en die wynbedryf en sy rol as “meneer dominee”, is Neil ook ‘n kranige branderplankryer en tweekampatleet. “Ek wou eintlik na skool vir die Vlootspan gaan surf,” lag hy. “Ek het op skool so op ‘n ou paddle ski van my ma met ‘n groot sonsambreel in my hande op die branders probeer ry. My pa het toe vir my ‘n surf board gekoop en ek kon binne ‘n uur surf. Ek dink ek het seker maar ‘n hippie streep in my. Daar is soveel wat ‘n mens tussen die branders leer wat jy in jou lewe ook kan toepas - hoe om die see te lees, by die ritme aan te pas, jou verwagtinge te laat gaan en op jou intuïsie staat te maak,” sê Neil oor hierdie liefde. Alhoewel hy na matriek WP-kleure vir tweekamp verwerf het, is dit iets waaraan hy nie weer deelgeneem het totdat sy pa met kanker gediagnoseer is nie. “Met my pa se diagnose het ek besef dat ek oor niks wil spyt wees nie en dat ‘n mens moet doen wat jy kan terwyl jy kan. Ek het weer begin oefen, maar saam met my kinders. Dit is ‘n wonderlike ding om saam met jou kinders te doen,” vertel Neil, wat hierdie jaar Bolandkleure in die veteraanafdeling vir tweekamp verwerf het. ‘n Gospel-sanger-“surfer” wat swem, hardloop, in die wynbedryf werk en boonop in ‘n pastorie woon, is nie juis dinge wat in ‘n plattelandse dorp die boksies van die norm sal afmerk nie. Tog pas Neil perfek in binne Wellington se gemeenskap. Hoe kry hy dit reg? “Ek glo vas dat die Koninkryk op verhoudings gebou is. As die verhoudings reg is, sal die res in plek val. 'We listen people into existence.' ‘n Mens leer ook nie ‘n boot in die hawe seil nie, maar in ‘n storm. As jy jouself ken, deursettingsvermoë het en verhoudings eerste stel, kan jy met enigeen regkom,” sê hy.


NUUS • NEWS

8 Augustus 2018

•BEKEND VIR TALLE SKEPPINGS

Dot bak grootste Madiba-koek Die Wellingtonner Dorothy (Dot) Klerck het geen bekendstelling nodig nie. Sy is verlede jaar as die wenner in die kategorie vir die beste vertoonstuk-koek ter wêreld aangewys. Haar lewensgroot koek-weergawes van bedreigde dierespesies het al jaar na jaar internasionaal aandag getrek. Dot het onlangs haar koek-vernuf vir nog ‘n verdienstelike saak aangewend toe sy ‘n 3m-hoë standbeeld-koek van Nelson Mandela by die Sandton City-inkopiesentrum gebou het. Hierdie koek is nie net geskep om Mandela se 100ste verjaardag te vier nie, maar is ook ten bate van Cupcakes of Hope, wat kinders met kanker ondersteun, opgerig. Dot en haar span het van 24 Julie tot 28 Julie, met die bekendstelling van die voltooide koek, onverpoosd gewerk om hierdie allemintige taak te voltooi. Die geleentheid was ‘n bewusmakingsveldtog om die lewens en nalatenskap van kinders wat ‘n stryd teen kanker voer, of reeds verloor het, te eer. Mense kon die inisiatief ondersteun deur donasies ter ere van kankerhelde te maak. Hierdie kankerhelde se name is aan die voet van die reuse-koek geplaas. Besighede kon ook bydraes lewer deur borgskappe van kankerpasiënte moontlik te maak. Hul name is voor die Mandela-koek vertoon. Cup cakes of Hope, wat die dryfveer agter die inisiatief was, sien elke maand na 50 tot 70 jong kankerpasiënte om deur vir hul mediese kostes en dag-tot-dag behoeftes te betaal. Fondse wat deur die Mandela-koek gegenereer is, sal vir hierdie doel aangewend word. Dot en haar span het 12 ure per dag gewerk en elke dag ongeveer 30 000 trappe geklim om die 3m-hoë koek te voltooi. Die voltooide koek het ‘n allemintige 750kg geweeg. Na al die harde werk, is die koek na die bekendstellingsgeleentheid in ‘n oogwink opgesny en geëet.

Gemeenskap:

Een van Wellington se mees betrokke gemeenskapswerkers, Karel Dampies, het tydens Mandelamaand behoorlik gewoeker om aan sy gemeenskap terug te gee. Hy was by talle projekte wat opheffingswerk, vrywilligerswerk en donasies vereis het betrokke. Karel het onder andere saam met die Vriende van die Paarl Biblioteek ‘n plaaslike bewaarskool, besoek. Tydens sy besoek aan die Drakenstein Bewaarskool het hy saam met die bibliotekaresse vir die kinders stories gelees. Die kinders het ook speelgoed, sap en eetgoed gekry. Karel, wat ook ‘n gemeenskapswerker vir Drakenstein Munisipaliteit, sowel as vir die Kaapse Wynlande Distriksmunisipaliteit is, het sy slag met breipenne en wol ook tot die voordeel van sy gemeenskap aangewend. Hy het die breinaalde behoorlik laat klik en talle serpe en kombersies vir kinders en minderbevoorregtes gebrei. Hy beplan om hierdie inisiatief vir die res van die jaar vol te hou en soveel as moontlik breiwerk vir mense in nood te doen. “Dit is ‘n lekker stokperdjie en ek kan dit ook by ander NGO’s gebruik, selfs om geld te help insamel,” het hy gesê. Op die foto’s is Karel met sy breiwerk.

Bo: Dit Klerck langs die reuse Madiba-koek wat sy gebak het.

3

Bekende narkotiseur lewer praatjie by sentrum

Die bekende narkotiseur, kunstenaar en rubriekskrywer, dr. Heinz Modler, het op Saterdag 4 Augustus ‘n praatjie by die Breytenbachgalery gelewer. Sy praatjie is deur ‘n vertoning van Leon Gropp, wat gedigte van N.P. van Wyk Louw getoonset het, opgevolg. Hierdie geleentheid het deel gevorm van die uitstalling van kunswerke deur medici, Die naakte waarheid, wat tans by die Breytenbach-galery te sien is. Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, het tydens haar verwelkoming na die kundigheid van dokters op beide wetenskaplike en kunsgebied verwys. Heinz Modler het in sy praatjie, wat oor die brein gehandel het, ook oor die korrelasie tussen die wetenskap en kreatiwiteit gepraat. Volgens Modler is dit onmoontlik om die menslike brein regtig te verstaan. “’n Mens het iets hoër nodig om iets laer te verstaan. Die brein is die hoogste ding wat ons het, daarom sal ons dit nooit regtig kan verstaan nie,” het hy gesê. Modler het die verbysterende fisiese eienskappe van die menslike brein beskryf en genoem dat dit tussen 1,2 en 1,3 kg weeg en uit nagenoeg 100 biljoen neurone bestaan. “Die brein is ook die enigste orgaan wat moet

rus. Ons moet slaap sodat ons breine kan herlaai. As jou brein nie rus nie, sal jy doodgaan,” het hy gesê. Modler het ook na linker- en regterbrein dominansie, sowel as regs- en linkshandigheid verwys en interessante feite rondom hierdie verskynsels genoem. Hy het ook die brein en kreatiwiteit onder die loep geneem en die prosesse wat tydens kreatiewe aktiwiteite, sowel as tydens logiese, wetenskaplike aktiwiteite ter sprake is, bespreek. “As ‘n dokter, moet jy eers die bewyse en redes vir alles onder die knie hê. Die fondasies en wetenskaplike beginsels moet bemeester word voordat jy jou werk kan doen. Dit is eers wanneer jy jou beroep bemeester het, dat jy kreatief kan begin werk as ‘n dokter. Met kuns werk dit anders - kreatiwiteit kan vroeër in die proses ‘n rol speel,” het Modler verduidelik. Na afloop van sy praatjie kon gaste aan die Bôrdienghuis se heerlike pizzas weglê, waarna Leon Gropp ‘n vertoning van sy toonsettings van N.P. van Wyk Louw se gedigte gelewer het. Leon is een van die bekende kitaarduo, CH2, se stigterslede, het onlangs sy cd, Rooidag - NP van Wyk Louw, vrygestel en het met ‘n vertoning, Landskap, van hierdie werk groot welslae by kunstefeeste behaal.


4

8 Augustus 2018

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die Here spot met hulle

Bykans drie duisend jaar gelede is Psalm twee geskryf. Die vraag word gevra waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde. Die vorste en konings van die aarde wil loskom van die bande en slawerny van die HERE! Hulle wil seker onder die wet loskom, dan geld geen morele reëls meer vir hulle nie. In Daniël en Esegiël van konings en vorste, wat teen God in opstand kom. Hy wat in die hemel woon lag, die HEER spot met hulle! Die Gesalfde van die Here in Psalm twee verwys na Jesus, wat opgewek is deur die HERE, selfs Paulus verwys na Psalm twee in die boek Handelinge in die Nuwe Testament, asook die skrywer van die Hebreërboek haal die Psalm aan : U is My Seun, vandag het ek U gegenereer. Ons leef ook in ‘n tyd wat die vorste en konings van die aarde woel, en van God se gebod niks wil weet nie. Hulle word in die Psalm gewaarsku, wees nou verstandig o konings, en laat julle waarsku o regters van die aarde! Die HERE is nie bekommerd nie, Sy Seun is Koning en welgeluksalig is almal wat by Hom skuil.

dié

courant

NUUS • NEWS

Die Groot Plaasproe wink vir smulpape

Die bril waarmee ons kyk

Enigeen wat al ‘n wandelpad deur die berge wat ons vallei omring geneem het, weet van die wonderlike eggo’s wat ‘n mens uit die klowe kan laat opklink. Jou eie stem kom in ‘n vreemde gedaante, deur onsigbare versterkers en met repetisies na jou toe teruggesweef. Die bekende klanke uit ‘n mens se stembande word op ‘n effens herkenbare, maar ‘n ietwat toweragtige manier in ‘n eggo teruggekaats. Eggo’s kan soms ook onheilspellende klink. ‘n “Hallo!” in ‘n grot klink definitief meer ysingwekkend as een tussen die berge. Mikrofone wat soms nie lekker werk nie, kan weer vir hinderlike eggo’s in ‘n saal sorg. Hoe dit ookal sy, ‘n eggo is klank se weergawe van ‘n spieël. Wat uitgestuur word, kaats terug. Zig Ziglar het geskryf dat die lewe ‘n eggo is. Wat jy uitstuur, kom na jou toe terug. Wat jy saai, sal jy oes. Wat jy uitdeel, sal jy terugkry. Wat jy in ander sien, bestaan ook in jou. Dit wat mense in Wellington uitstuur, saai, uitdeel en in hul medemens sien, eggo in oorvloed in ons gemeenskap terug. Gelukkig is dit meesal positiewe dinge. Neil Buchner se positiewe energie, nuuskierigheid en liefde vir die lewe eggo terug in dít wat hy in sy verhoudings met mense belê. Die Vriende van die Museum se onlangse

Algemene Jaarvergadering was ‘n bevestiging van hoe mense se ywer die positiewe aspekte van ons erfenis vandag nog kan laat terugkaats. Linton Park se MCC wat onlangs as die beste in Suid-Afrika by die Novare SA Terroir Wine Awards aangewys is, kaats die veelsydige vrugbaarheid van ons vallei deur die hele land. Die nuwe fotografie klub sal aan lede die geleentheid bied om mense, oomblikke en gebeure vas te vang om vir altyd ‘n spesifieke oomblik terug te eggo. Die dekade-lange tradisie van die derby tussen Wellington Hoërskool en Charleston Hill Sekondêr weerspieël die goeie verhoudings en sportmangees wat tussen hierdie twee skole in stand gehou word. Dot se 3m-hoë Mandela koek herdenk nie net ‘n nalatenskap nie, maar laat dit ook in die bydrae wat dit tot jong kankerpasiënte se behandeling lewer, eggo. En al die positiewe inisiatiewe wat gedurende Mandelamaand deur Wellingtonners aangepak en deurgevoer is, eggo nie net dié ikoon se nalatenskap nie, maar weerspieël ook die oop harte van mense in ons gemeenskap. Al die positiewe dinge wat in ons gemeenskap gestalte kry, is voorwaar ‘n eggo van dít wat ons mense uitdeel, saai en in hul medemens sien. Mag elkeen se dapper pogings, goeie bedoelings en positiewe energie hierdie week veelvoudig terug eggo.

Liefhebbers van die plaaslewe, tradisionele lekkernye en plaaslike produkte kan solank 11 tot 13 Oktober in hul dagboeke afmerk. Die Groot Plaasproe sal vanjaar op die Sandringham-plaas op hierdie datums plaasvind. Talle plaaslike produkte en tradisionele lekkernye soos roosterkoek, wildsvleis, skaapstertjies, wyn en vele meer sal oor drie dae tydens hierdie geleentheid te kry wees. Smulpape kan ook na unieke kombinasies soos Bok&Bier (boerbokvleis en boetiekbier) en gewilde eetgoed soos Karoolam-sosaties, Wagyu-hamburgers en handgemaakte roomys uitsien. Die Groot Plaasproe beloof ‘n proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied. Ontmoet meer as 300 verskillende diere, sien skaaphonde aan die werk en leer hoe wol gespin en koeie gemelk word. Kinders kan ‘n melkbok rondlei, op ‘n ponie ry en saam met miniatuurperde en -donkies kuier. Talle interessante kompetisies sal ook vir groot vermaak sorg. As jy dink jy is die Kaap se Braaibroodjiekoning, kan jy vir Die Braai Crew se braaibroodjiekompetisie inskryf. Op Saterdag 13 Oktober kan groot en klein hul slag wys met

boeresport en ‘n Groot Roomys-eet-kompetisie, sokkie en langarm op die maat van die gewilde kunstenaars Die Broers en Wynand en Chereé, of saam met 250 lyndansers leer lyndans met musiek deur Die Wildberries. Die fees vind daagliks van 08:00 tot 18:00 plaas. Kaartjies is by Computicket en die hek beskikbaar teen R100 vir volwassenes en R30 vir skoliere (gratis op Donderdag en Vrydag). Toegang vir kinders onder ses jaar is gratis. Pensioenarisse betaal op Donderdag en Vrydag slegs R50. Vir meer inligting, besoek www.diegrootplaasproe.co.za, volg die Groot Plaasproe op Facebook, Twitter of Instagram, of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo. co.za.

Leserskompetisie!

Ses gelukkige lesers kan gratis kaartjies na die Groot Plaasproe wen. Al wat jy moet doen, is om jou naam, van en kontaknommer na admin@ agriexpo.co.za te e-pos met “Die Courant: Wellington, Die Groot Plaasproe Leserskompetisie” in die onderwerpreël.


NUUS • NEWS

5

8 Augustus 2018

69

PnP Pork Pack Consists of Leg Roast, Chops and Rashers

PnP Bulk Cheddar

49

R

99

SAVE R30

24

Golden White Salted Butter 500g Brick

Sunshine D Lite 40% Fat Spread 1kg Tub

R

99

99 R

R

49

Jacobs Krönung Sweetened or Unsweetened ed Cappuccino 10s Pe Per Pack

Albany Everyday White Bread 700g

21

SAVE R7

Mrs H.S. Ball’s Chutney Assorted 450/470g Each

45

R

SAVE R13

Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each

99 R

SAVE R4

All Gold Tomato Sauce 700ml

STAND A CHANCE TO

SCRATCH

Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za. Some deals may not be available online.

SAVE R16

Bokomo Weet-Bix 1.35kg

TS

99

SAVE R2

Coca-Cola Regular 2 Litre

9

R

99

SAVE R5 Wild Island Fruit Flavoured Dairy Mix Concentrate Assorted 1 Litre Each

WIN

8

R

69

SAVE R5 Protex Soap Assorted 150/175g Each

YOUR SHARE OF MILLIONS IN PRIZES

Ts & Cs APPLY. WWW.PICKNPAY.CO.ZA

R10 000 IN SMART SHOPPER POINTS, AIRTIME AND OTHER GREAT PRIZES UP FOR GRABS

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Express Stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 10 - 12 AUGUST 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE

99

S

ODUC

21 17

R

Per kg

37 49

11

R

30

no name™ or Supreme Chicken Whole Frozen Chicken with BrineBased Mixture

OF GREAT BRANDED PR

99

s

Supreme Chicken Frozen Mixed Portions with Brine Based Mixture 4kg

WIN THOUSAND

R

te

R

NOW ONLY

SAVE R10

t a tio n I n s tit u

NOW ONLY

115

SAVE R10

SAVE R25

pu

R

Per kg

Per kg

tu

01

44

NOW ONLY

R

99

Re

WEEKLY DEALS

IBLE INCRED

R

dy

*2

7

MMWCHS2445_COPPERFIELDSTUDIOS_W24

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK


6

8 Augustus 2018

NUUS • NEWS

Soetendal Primêr gee én AJV propvol interessanthede ontvang op Mandeladag

Raadslid Zolani Masoka, die spreker, Anlen Boshoff, Olivia le Cordeur, kurator van die Museum, bestuurslede Chris en Isadene Pienaar, sowel as Herbert Sills en Christine Siebrits.

Wanneer ‘n onderwyseres jou met drie muffins inhardloop om jou welkom te heet, wéét jy dat jy by ‘n gasvrye plek opgedaag het. Soetendal Primêr is só ‘n plek, en op Mandeladag het hul hul positiewe ingesteldheid selfs verder laat strek deur na ander instansies in hul gemeenskap uit te reik. Volgens meneer Koopman, Soetendal se skoolhoof, is hulle dankbaar vir almal wat na hul skool uitgereik het, maar ook bly dat hulle self iets vir die gemeenskap kon teruggee. “Daar is talle aktiwiteite waarby ons leerders en personeel met Mandeladag betrokke is. Ons het sop en brood aan die pasiënte van die Soetendal-kliniek uitgedeel en ook muffins aan die Interkerklike Gebedsgroep gegee. Dan het ons self ook talle skenkings uit die gemeenskap ontvang. Ons het boeke vir ons biblioteek van me. Siebritz gekry en sporttoerusting van die Departement Sport en Kultuur ontvang.

Die CPUT-studente het sop en brood aan ons leerders kom uitdeel en ons het ook toebroodjies van Hugenote Laerskool gekry,” het hy dankbaar gesê. Nadat die leerders aan die heerlike eetgoed gesmul het, het personeel van die Departement van Kultuursake en Sport die hele skool aan sportontwikkelingsaktiwiteite laat deelneem. ‘n Hele bussie vol sporttoerusting en vele vrywilligers en helpers het gesorg dat al die leerders in groepe aan interessante aktiwiteite kon deelneem. “Dit is wonderlik dat Nelson Mandela se nalatenskap só iets kon inspireer. Om, ten spyte van uitdagings, te kan gee. "Maar ook die wonder daarvan om te kan ontvang. "Dit leerders geniet dit, leer waardevolle lesse en sal die viering van so ‘n ikoon vir nog baie lank onthou,” het Koopman gesê.

Die plaaslike Vriende van die Museum het op Saterdag 28 Julie hul Algemene Jaarvergadering in die museum gehou. Alhoewel sulke vergadering dikwels as styf of vervelig beskou word, was hierdie geleentheid propvol interessanthede. ‘n Verwelkomingsdrankie het die koue oggendlug verdryf en die formaliteite is op ‘n gesellige wyse afgehandel. Chris Pienaar, die voorsitter van die Museum se Trusteeraad, het almal welkom geheet en die notule van die vorige vergadering is deur Isadene Pienaar voorgelees. Die voorhou van die finansiële verslag deur die tesourier, Shandré Morris, het die deeglike boekhouding, oordeelkundige besteding en gesonde finansies van die instansie weerspieël. Tydens Christine Siebrits, voorsitter van die Vriende van die Museum, se voorlesing van die Algemene Jaarverslag, het sy na 2018 as die “jaar van verandering” verwys. “Die vooraansig van die museum is opgeknap en die Egiptiese uitstalling spog in ‘n splinternuwe gedaante,” het sy gesê. Christine het in haar verslag na die stigting van die Winnie Rust-toekenning, ‘n inisiatief deur die Wellington-museum, Ouma Granny-museum, die plaaslike ATKV-tak en die Rust-kinders verwys. Sy het ook hulde gebring aan die personeel van die museum wat toegewyd die bevordering van ons erfenis in stand hou en altyd beskikbaar is vir toeriste en ander persone wat navorsing oor verskeie aspekte van ons dorp wil doen. ‘n Brokkie goeie nuus wat uit die jaarverslag geblyk het, is die feit dat die restourasie van die Goodnow-saal besig is om momentum te kry - te danke aan die verbete pogings van onder andere rolspelers uit die Museum-kringe.

“Die argitekte vir die restourasie van die Goodnow-saal is aangestel en teen Oktober sal die boukontrakteurs aangestel wees sodat die werk kan begin. Die versekeringsmaatskappy is gereed om ‘n uitbetaling te maak so gou as wat die onkostes bereken en gefinaliseer is,” het sy gesê. Die museum se betrokkenheid by die gemeenskap, onder andere deur deelname aan gemeenskapsprojekte en spesiale uitstallings is in die verslag uitgelig. Die museum se maandelikse fotokompetisie is ook ‘n inisiatief wat die bevordering en bewusmaking ten opsigte van ons dorp se erfenis bevorder. Olivia le Cordeur, kurator van die museum, het die gasspreker, Anlen Boshoff, voorgestel. Anlen het ‘n MA-verhandeling oor baie vroeë Egiptiese keramiek in Iziko Museums se Sosiale Geskiedenis-versameling gedoen. Sy het oor die betekenis van die Egiptiese-uitstalling in die Wellington-museum, wat onlangs oorgedoen is, gepraat. Anlen het die agtergrond van hoe die Egiptiese uitstalling in Wellington beland het, geskets. Sy het ook die veranderings en vernuwings wat aan die uitstalling gedoen is, verduidelik. Haar passie en entoesiasme vir haar spesialisveld het uit haar interessante bespreking van versamelingsbestuur, voorkomende konservering, die opvoedkundige waarde van uitstallings, sowel as die spesifieke datering en herkoms van die artefakte in Wellington se Egiptiese-uitstalling geblyk. Herbert Sills het die bedankings gedoen en na afloop van die vergadering kon almal gesellig rondom sop en broodjies kuier.


NUUS • NEWS

7

8 Augustus 2018

Pauw Gedenk Primêr se leerders het as deel van Mandelamaand na die bejaardes van die Gemoedsrus-dienssentrum uitgereik en hulle met geskenkies bederf. Op die foto is die skoolhoof, Julius Williams, saam met leerders tydens die oorhandiging.

Splinternuwe fotoklub op die been gebring ‘n Nuwe fotoklub, wat aan lede die geleentheid sal bied om hul fotografiese vernuf te verbeter, maar ook interaksie met ander foto-entoesiaste te hê, is op Woensdag 1 Augustus in Wellington bekendgestel. Die bekenstellingsgeleentheid, wat by die Heritage-restaurant plaasgevind het, het meer as 25 belangstellendes gelok. Die meesterbrein en foto-ghoeroe agter hierdie inisiatief, is Wellington se eie avonturier en fotograaf, Johan Dempers. Volgens hom is die idee vir ‘n fotoklub op die Amasonerivier gebore. “Ek het tydens ons ekspedisie in die Amasone verlede jaar die idee vir ‘n fotoklub gekry. Die belangstelling in ons ekspedisie en die foto’s wat ek tydens die avontuur geneem het, was oorweldigend. Dit het gewys dat mense ongelooflik belangstel in die fynere kuns van fotografie en

dat daar ‘n behoefte aan ‘n platform waar sulke inligting gedeel en bespreek kan word, bestaan,” het hy gesê. Johan verduidelik dat die fotografie-klub met foto-kursusse, sowel as die Expedition Earth inisiatief sal inskakel. “Die klub is informeel. Lede sal een maal per maand op verskillende plekke vergader. "Alhoewel dit in Wellington begin is, sal dit na ander dele van die Wes-Kaap en die res van die land uitbrei,” het hy gesê. Volgens Johan is die doelwit met die klub om ‘n virtuele fotogemeenskap te stig wat nie aan grense gebonde is nie. Hul mikpunt is om van Oktober af ‘n maandelikse “webinar” te hou waar lede inligting kan bekom, vaardighede kan aanleer en interaktief kan deelneem.

“Daar is selfs mense in Amerika en Slowakië wat in die klub belangstel. Dit is nie ‘n rigiede klub nie. "Enigeen wat in ontdekking en fotografie belangstel en wat beelde van mense, plekke en gebeure wil vasvang, sal hierby baatvind,” het hy gesê. Johan is opgewonde oor die groot opkoms en belangstelling met die bekendstellingsgeleentheid van hierdie klub. Hy het die werkswyse en doelwitte van die klub tydens die gesellige geleentheid uiteengesit en talle mense het reeds by die klub aangesluit. “‘n Minimale lidmaatskapfooi sal aan lede toegang tot ‘n maandelikse byeenkoms bied. Tydens hierdie byeenkomste sal kundiges van byvoorbeeld Media 24 as sprekers optree. Lede sal ook gratis inligting op cd’s kry, cheat sheets

ten opsigte van fotografie ontvang en fotografie-kursusse teen halfprys kan bywoon. ‘n Webtuiste vir fotograwe sal ook aan lede ‘n platform bied om nie net inligting te bekom nie, maar ook gratis advertensies te plaas,” het Johan verduidelik. Hy is optimisties oor die vooruitsig van die fotografie-klub. Vir iemand wat al talle avonture aangedurf het, al meer as 400 mense in die kuns van fotografie opgelei het en wêreldwyd talle kontakte in die fotografiebedryf het, is hierdie klub iets wat hom baie opgewonde maak. “Die fotografie-klub is ‘n saambring van al my ondervinding en die dinge waaroor ek passievol is. "Ek sien my rol as iemand wat iets het om te deel en te gee, en hierdie klub is die ideale platform daarvoor,” het hy gesê.


courant

8

dié

8 Augustus 2018

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

8 Augustus 2018

Derby sorg vir opwinding Die jaarlikse derby tussen Wellington Hoërskool en Charleston Hill Sekondêr het vanjaar weer vir groot opgewondenheid gesorg. Dit was nie net die tiende jaar dat hierdie twee skole met mekaar kragte meet tydens die derby nie, maar Wellington Hoërskool vier boonop hierdie jaar ook hul 15de bestaansjaar. Die Derby het reeds op Donderdag 2 Augustus met ‘n Derbydiens in die Van Wyksvlei VGK afgeskop. Op Vrydag 3 Augustus het die twee skole se o/15, o/17, Old Boys en meisies mekaar op die sokkerveld die stryd aangesê. Die vete is verder op die netbalbane voltrek toe die o/14, o/15, o/16, o/17 en eerste netbalspanne teen mekaar kragte gemeet het. Beide skole se meisies- en seuns-vlugbalspanne het ook teen mekaar te staan gekom en leerders het dit ook op die skaakborde, tafeltennis-tafels en snoekertafels uitgespook. Wellington Hoërskool het hierdie jaar as gasheerskool vir die derby opgetree en volgens hul skoolhoof, mnr. Harvey Cupido, was dit vir hulle ‘n eer om hierdie rol in ‘n spesiale jaar soos 2108 te vervul. “Ons vier nie net ons skool se 15de bestaansjaar nie, maar dit is ook al ‘n dekade sedert hierdie derby sy ontstaan gehad het. Daarmee saam sou Nelson Mandela hierdie jaar 100 jaar oud wees. "Omdat sport die wonderlike vermoë het om sosiale kohesie teweeg te bring, gee dit ons die geleentheid om ons gemeenskap rondom ons mees kosbare besittings byeen te bring, naamlik ons kinders,” het hy gesê. Cupido het ook hulde gebring aan elke afrigter en spanbestuurder wat onbaatsugtig hul tyd, diens en vaardighede vir die ontwikkeling van

Derby:

jong sportmanne en -vroue gee. Volgens die tradisie van die derby, was die hoogtepunt die rugbywedstryde wat op Saterdag 4 Augustus tussen Wellington Hoërskool en Charleston Hill Sekondêr gespeel is. Die wedstryde het op die velde van CPUT plaasgevind en die ondersteuners van die onderskeie skole het reeds vroegoggend die pawiljoene volgepak om hul spanne aan te moedig. Wedstryde tussen die o/14’s, o/15’s, o/16’s, o/19 B’s en meisiespanne het as ‘n opwindende aanloop vir die hoofwedstryd tussen die bulle van die skole se o/19 A-spanne gedien. ‘n Baie vermaaklike voorprogram het die opwinding vir die hoofwedstryd laat opbou. Lewendige musiek en ‘n vertoning van dansers en sangers van Wellington Hoërskool het die volgepakte pawiljoen en talle ondersteuners rondom die veld in die regte stemming gebring. Die skoolhoofde, hoofseuns en hoofdogters, sjampanjenooientjies en eerste rugbyspanne van beide skole het in gelid op die veld aangetree voor die aanvang van die hoofwedstryd. Die kapteine van albei spanne het hul spanlede aan die hoofde bekendgestel, waarna die skoolliedere en volkslied oor die stadion opgeklink het. Nadat almal ‘n glasie op die viering van ‘n dekade-lange tradisie en goeie sportmangees geklink het, het die fluitjie vir die aanvang van die hoofwedstryd geblaas. Wellington Hoërskool het uiteindelik met ‘n telling van 20-7 as wenners van vanjaar se derby uit die stryd getree. “Ons is dankbaar vir die goeie gees waarin alle wedstryde gespeel is en die goeie dissipline van alle deelnemers en ondersteuners. Volgende jaar maak ons weer so,” het Cupido gesê.

Die sportspanne van St Albans en Hillcrest Primêr het die afgelope naweek in 'n derby-stryd kragte gemeet. Die finale telling in die eerste rugbyspan se wedstryd was St. Albans 34-14 Hillcrest. Foto's: Roswall de Vries


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
481 dié courant Wellingting by DieCourant - Issuu