Skip to main content

481 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

8 Augustus 2018

59.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 481

•OUTEUR VAN TALLE BOEIENDE VERHALE

8 Augustus 2018

Skrywer vind tuiste in die Swartland •Charlotte Lesch As kind het Elani Venter saans in die gang afgesluip om haar ouers se Stephen King-boeke uit hul boekrak te gaps. Vandag is sy die skrywer van haar eie reeks boeke waarvan die nuutste een, Een onlangs op die winkelrak verskyn het. Een, ‘n aksiebelaaide spioenasiereeks, is die eerste van vyf boeke in die Nini-reeks. Venter wat saam met haar man en drie kinders op Malmesbury bly, het aanvanklik in Gauteng grootgeword voor sy saam met haar ouers op die ouderdom van 16 na Lambertsbaai verhuis het. Venter is nie net goed met woorde nie, maar ook met syfers. Sy het ná skool deur Unisa studeer, terwyl sy as ‘n finansiële klerk by ‘n rekenmeesters-firma in Malmesbury gewerk het. Nou is sy assistent-rekenmeester, terwyl sy in die aande en oor naweke tyd maak om te skryf. Haar talent as skrywer het reeds op skool begin kop uitsteek. “In gr. 12 het my Afrikaanse onderwyser, meneer Visser een van my kortverhale hardop in die klas gelees,” vertel sy. Dit was die oomblik waar sy besef het haar skryfwerk het potensiaal. “My familie het my nog altyd ondersteun, maar mens voel altyd half asof hulle verplig voel om mooi dinge te sê oor die goed wat jy skryf. Toe meneer Visser beïndruk was met my stories, het dit vir my die selfvertroue gegee om regtig te begin skryf vir die publiek.” Venter het ná skool begin om vir webtuistes artikels te skryf en het ook van haar kort stories en gedigte op die Facebook-blad ‘Praat Afrikaans’ geplaas. Die terugvoering was besonders positief wat haar laat besluit het om een van haar verhale vir Human & Rosseau publiseerders te stuur. Sy is gevra om haar kortverhaal, ‘Hart van Swart’ in te skryf vir hul ‘Nuwe Stories’-kompetisie net om later daardie jaar in die ‘Nuwe Stories 2013’ kortverhaal-bundel gepubliseer te word. In 2014 is twee van haar kortverhale in die volgende ‘Nuwe Stories 2014’-bundel gepubliseer, waarvan ‘Lettie se verlies’ die opvolgprys van die kompetisie gewen het, en ook oor die radio uitgesaai is. ‘n Tyd ná dit het Anna Emm (skrywer en uitgewer) Venter gekontak om vir haar ‘n kinderboek

te skryf. Tot op hede het sy twee kinderboeke en ‘n reeks van vyf tienerboeke (Nini-reeks) vir Anna geskryf, naamlik Deur die digitale orbis en Kaptein Ressiv en die Nini-tienerreeks wat uit vyf boeke bestaan. ‘n Paar van haar kortverhale is ook op Litnet se webblad én in die nuwe KOOS-tydskrif gepubliseer, vertel sy. Sy het tot dusver kinder- en tienerboeke vir Anna geskryf, terwyl haar kortverhale op volwassenes gemik is. “Ek geniet dit om vir die jonger generasie te skryf, maar weet ook dat ek iewers in die toekoms boeke vir volwassenes wil aanpak,” voeg sy by. Een gaan oor ‘n jong spioen wat haarself moet

bewys in ‘n veld van baie ervare elite-spioene. In boek Een is Nini ‘n “undercover” leerder in Hoërskool Vuurkloof. Die skool bied ‘n kuns-uitstalling aan waar daar van die Louvre-Museum se kuns uitgestal gaan word. ‘n Berigte Franse kuns-dief het onlangs uit die tronk ontsnap, en gaan vermoedelik probeer om die kunswerke van die Vuurkloof-uitstalling te steel. Dis Nini se werk om te keer dat die dief die kuns steel. Sy vertel dat die boek baie ‘modern’ geskryf is. Daar is Engelse karakters daarin, en die kinders meng hul taal soos dit in die regte lewe gebeur. Sy is klaar besig om aan die sinopsis van ‘n volgende reeks te werk. Venter leef haar behoorlik in haar skryfwerk in wanneer sy met ‘n boek afskop, verduidelik sy. “Ek begin heel eerste met ‘n sinopsis van so 3000 woorde van die verhaal wat ek wil skryf. Soos die geraamte van die storie. Dan skryf ek ‘n in-diepte beskrywing van my hoofkarakters om hulle beter te leer ken. Wanneer ek gemaklik genoeg voel met my hoofkarakters begin ek te skryf. Die storie verander áltyd wanneer ek eers aan die skryf is, so ek spandeer so min as moontlik tyd aan my sinopsis en soveel as moontlik tyd om eerder die karakters se binnekante te probeer verstaan.” Sy skryf die lekkerste wanneer alles stil en rustig is, afgesien van waar sy haarself vind. Met drie kinders is dit nie altyd moontlik nie, maar ongeag ‘n voltydse loopbaan en drie woelwaters, maak sy tyd daarvoor. “In die aande wanneer my kinders gebad- en in die bed is, gaan sit ek voor my rekenaar om te skryf. Ek luister altyd rustige klassieke musiek of musiek waar die see se golwe in die agtergrond rol terwyl ek skryf, sodat ek myself heeltemal kan afsluit, en die storie uit kan vloei.” Een kos R140 en is beskikbaar in die Anna Emm boekwinkel in Tygervallei, asook deur landwye agente. Malmesbury se agent is Helene De Clercq (082 826 1002) waar die boek bestel kan word. Besoek ook gerus www.annaemm.co.za, of die Anna Emm Uitgewer Facebook-blad vir meer inligting, en ‘n volledige lys van agente reg oor die land.

NUUS • NEWS


2

8 Augustus 2018

NUUS • NEWS

Intimate art encounters in the valley RIEBEEK-KASTEEL and RIEBEEK WES – An exciting new addition to this year’s Solo Studios, an annual upmarket art event from Thursday to Sunday, 9-12 August, is the chance to meet Jacques Pauw, the writer of “The President’s Keeper”. The meeting will take place at The Red Tin Roof, the very place where he wrote the book and which made headlines after being raided by the Directorate for Priority Crime Investigation (the Hawks). “Since the creation of the arts festivals like Aardklop and the Klein Karoo Nasionale Kunstefees, an estimated six hundred festivals have sprung up around the country,” says Klaus Piprek, originator and organiser of the third Solo Studios. “Solo Studios has introduced art tourism to the valley, and we have witnessed great economic injection into our community over this period, with the 2017 event bringing in approximately R4 million to the local businesses, residents and participating artists.”

Piprek says that the inaugural year of Solo Studios brought in 350 weekend visitors, the second year 650 visitors came and it is expected that tickets will sell fast for this year’s limited numbers event. “Art Encounters” is participating Solo Studio artists opening their private homes and studios to a limited number of visitors over the weekend. They are Tamlin Blake, Claudia Gurwitz, Jenny Parsons, Antoinette von Saurma, Leila Fanner, Ivan Kirstein, Louisa Gerryts, Gordon Williams, Solly Smook, Andre van Vuuren, Tanya Majo, Riaan van Zyl, Raymond Oberholzer, Greta McMahon, Wiehan de Jager and Emma Willemse. This provides a rare opportunity for art collectors – from beginners to the very seasoned - to visit artists in their studios to view and purchase their art straight off the easel. Wine Wine-lovers can attend “The Art of Wine”, curated by Joseph Tongai Dhafana, one of South Africa’s leading sommeliers, in a collaboration

between the Solo Studios artists and a local boutique wine producer. Dhafana and winemaker Stompie Meyer collaborating to hold talks and host tastings over the course of the Solo Studios weekend. Limited edition box sets of curated wines will be available to purchase, with the labels having been specially designed by the Solo Studios artists. Music “’The Solo Sessions’ will see a select group of local musicians entertaining visitors throughout the weekend with ad-hoc performances and “jam-sessions”. Group exhibitions Galleries, pop-up group exhibitions and cultural collaborations open for the entire weekend are RK Contemporary, The Gallery, The Royal Gallery, The Collaborate and Pictorex Print Studio. For more information visit www.solostudios. co.za or contact Klaus Piprek on 074 209 6838, or email klaus@solostudios.co.za.

Geen wedloop te straf vir Marisa Marisa van der Merwe (36) van Malmesbury het al verskeie wedlope, waarvan sommige enige groentjie op die gebied van marathonne aan die bewe sal laat, aangedurf en voltooi. Dit is egter die eerste keer wat sy ‘n wedloop voltooi en wen. Marisa het op 28 en 29 Julie aan die Ultra Trail Raidlight Beachcomber (UTRB 2018) van 47 km in Mauritius deelgeneem en eerste op die podium geskitter. Sy was boonop uit die veld geslaan. Wedlope op kompeterende vlak het eers later deel van Marisa se lewe geword. Sy het aanvanklik op Porterville grootgeword en daar skoolgegaan waar sy as leerling aan atletiek deelgeneem het. Hoewel sy dit geniet het en ná skool tydens haar studentejare gedraf het om daardie kilo’s af te hou, was wedlope nog nie ‘n opsie nie. Marisa bly reeds vir die afgelope agt jaar saam met haar man Bouwer, twee honde, Wilson en Owen en katkind Oxo op Malmesbury. Dit was eers in 2011 wat sy aan haar eerste halfmarathon (21km) op Moorreesburg deelgeneem het.Die gogga om langer afstande aan te durf, het tóé behoorlik gebyt. “Dit is ‘n heerlike gevoel om so wedloop te voltooi, veral wanneer mens voor die tyd by jouself dink en wonder hoe dit moontlik gaan wees. Om te gaan van 10km na 21km dink ek is vir enige drawwer ‘n uitdaging, veral die eerste keer,” vertel sy. In September 2015 het sy haar eerste vol marathon (42km) voltooi en daarna het ‘n paar marathonne en korter wedlope gevolg. Van die groter wedlope waaraan sy tot vandag toe deelgeneem het is onder meer drie Sanlam Cape Town Marathonne, drie Peninsula Marathonne en Two Oceans Ultra Marathonne (56km). Sy het in Junie hierdie jaar haar eerste Comrades Marathon (90km) voltooi. In 2015 stel Marisa nuwe uitdagings vir haarself en neem saam met nóg ‘n Malmesburiër, Hildegarde Geldenhuys in die vroue-afdeling van die uitmergelende African X Trail Run deel wat ‘n wedloop van 90km oor drie dae behels en in spanne van twee die tog aandurf. Sy en haar man het die volgende jaar aan die

gemengde kategoriee deelgeneem. “En ek kan dit beslis aanbeveel,” moedig sy ander draf-entoestiaste aan. Haar lekkerste wedloop nóg was die Bay2Bay van 30km vroeër vanjaar. Volgens Marisa het dit baie te doen met hoe jy op die dag tydens die wedloop voel. “Alles het net goed gewerk, en ek het goed gevoel.” Die Comrades Marathon was haar moeilikste wedloop waaraan sy tot dusver deelgeneem het, maar beskryf dié riller van ‘n marathon as die beste ervaring ooit. ” Hulle het gemik om die wedloop onder nege ure klaar te maak, toe kon hulle dit voltooi in ‘n uitnemende agt uur en 45 minute. Sy sien reeds kans om volgende jaar terug te keer vir die “up-run” vanaf Durban na Pietermaritzburg. Die eerste plek vir dié drafroete van 47 in Mauritius was vir Marisa onverwags. Die wedloop bestaan uit vier afstande (100km, 47km, 25km en ‘n 10km) waaruit deelnemers kan kies, verduidelik sy. As reisagent is een van hul

verskaffers wat gebruik word vir vakansiebesprekings na die eiland, Beachcomber Tours wat die wedloop by een van hul hotelle aanbied. Marisa het al haar tasse begin pak kort nadat sy deur Beachcomber Tours gevra is of sy wil deelneem. “Dit was ‘n geleentheid wat mens nie kan laat verbygaan nie,” vertel sy. Sy het die 47km binne ses uur en vyf minute voltooi. Die roete bestaan uit ‘n hele paar baie styl, nat en modderige opdraandes, waar jy op sommige plekke hande viervoet moet uitklim met eenspoor afdraandes wat op ander plekk weer alleenlik met die hulp van ‘n harnas gedoen kon word, beskryf Marisa die ervaring. “Die laaste 20km van die wedloop was al langs die suid-kus van die eiland, wat besonders mooi was.” By een van die waterpunte, het iemand vir haar gesê sy is die sesde vrou. Sy het toe geweet die drie vrouens in vyfde, vierde en derdeplek is nie ver voor haar nie. Ek kon dit regkry om hulle verby te gaan en vandaar af kon ek die ander inhaal. Dan probeer mens net aanhou beweeg want jy weet nie hoe ver hulle agter jou is nie,” verduidelik sy. Vir Marisa is daar iets aan die sport wat haar vir so lank as wat sy kan, beboei hou. “Om deur die pyn en swaarkry van ‘n moeilike wedloop of oefensessie uit te hou en klaar te maak, is baie lonend aan die einde. Drafroetes verg baie meer konsentrasie en inspanning as pad-hardloop, veral wanneer dit baie bergagtig en tegnies is. Maar die mooi natuurskoon rondom ons maak dit altyd die moeite werd. En om die liefde vir hierdie sport te kan deel met goeie vriende, en mekaar te kan ondersteun maak dit kosbaar.” Hoewel daar nie vinnig ‘n volgensde mylpaal is wat sy wil afmerk nie, is dit een van haar begeertes om nog ‘n vyf tot sewe multi-dag uithouwedloop te voltooi. Wanneer sy vir ‘n spesifieke wedloop voorberei, oefen tussen 60km tot 80/90km per week. En watter raad het sy vir opkomende drawers. “Begin klein en wees so konsekwent moontlik.” Sy moedig hulle aan om aan die vyf km parkdraf deel te nee om mee te begin. “Na jy daardie 5km onder die knie het kan jy aanbeweeg na langer afstande. Indien moontlik sluit aan by ‘n drafklub of kry iemand saam met wie jy kan oefen. Om fiks te raak gebeur nie oornag nie, maar as jy aanhou en hard werk sal jy beloon word.”

Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

8 Augustus 2018

Darling maak reg vir Voorkamerfest

Die allergewilde fees, die Voorkamerfest, is terug met mening nádat dié jaarlikse instelling op die kalender van Darling nie verlede jaar kon plaasvind nie. Organiseerders sien uit om dié fees vanjaar met passie en hernieude energie aan te pak en feesgangers wat gelukkig genoeg is om ‘n kaartjie te kry, te vermaak. Die Voorkamerfest is gewoonlik jaarliks uitverkoop, so spring vinnig vir ‘n kaartjie en maak gereed vir ‘n belewenis van ‘n fees vanaf 31 Augustus tot 2 September. Vir die wat nog nie ‘n ware Suid-Afrikaanse ervaring beleef het nie, is dit die fees vir jou. Hoe werk die fees: Feesgangers arriveer by Evita se Perron in Arcadiastraat 8 op Darling waar hul kleurkode kaartjies afgehaal word vir die verskeie roetes wat verskillende kleure verteenwoordig. Kaartjiehouers wag vir ‘n taxi om hulle na die eerste bestemming te neem wat ‘n vertoning van 25 minute insluit. Ná die eerste vertoning word nóg twee bestemming met vertonings van 25 minute elk besoek. Feesgangers keer dan terug na Evita se Perron waar ‘n mark geniet kan word. Binne ‘n kwessie van 100 minute word drie wonderwêrelde ervaar , gevier en nuwe vriende word gemaak. Die eienaars van die huise is ook die teaterbestuurders vir die duur van die fees. Na die sukses van die afgelope jare, weet Darling hoe spesiaal hierdie individue is wat die fees een groot suksesvolle projek maak. Die formaat van die fees bly dieselfde. Vrydag vertrek alle feesgangers op dieselfde tyd waartydens sewe roetes vir altesaam 21 vertonings onderneem word teen R200 per persoon per roete. Saterdag is daar twee vertrektye teen R250 per persoon per roete en Sondag weer slegs een vertrektyd teen R250 per persoon. Gedurende die naweek kan feesgangers ook gratis ‘n opelug vertoning vir almal geniet. Kry jou kaartjie vandag nog by www.quicket. co.za.

3

Mooistes: Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het verlede week hul mooistes gekroon in die jaarlikse ArtHSS. Bo is Chanté Retief (derde), Aluve Gweba (tweede) en Mischke Barlow (Mej HSS), Tertius Nel (Mnr HSS), Dewald Willemse (tweede) en Stehan Swanepoel (derde).

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


4 5 tot 8 September

8 Augustus 2018

Swartlandskou

NUUS • NEWS 5 tot 8 September

Uit die skoupresident se pen

Swartland Skou, een van die grootste landbouskoue in die hele Wes- en Suid-Kaap wat jaarliks meer as 10 000 besoekers lok, vier vanjaar hul 81ste bestaansjaar. Vanaf 5 tot 8 September kan ‘n skou vanuit die boonste rakke tussen die koringlande op Moorreesburg se skougronde verwag word. Met die goeie gesindheid van die gemeenskap, uitstallers, donateurs en borge is hierdie datum verseker een wat op die kalender aangeteken moet word as iets om by te woon. Vanjaar bars Swartlandskou behoorlik uit sy nate en kan die skou, net soos in die verlede, spog met die tentoonstelling van die mooiste perde, beeste en skape. Mededingers kom van reg oor die land en neem ywerig deel aan die bedrywighede. Optredes en vermaak wat vanjaar in die wyntuin aangebied word, het hoë prioriteit geniet en besondere aandag is gegee aan die samestelling van die program. Bekende kunstenaars in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf sal verseker dat ‘n fees-atmosfeer geskep word wat niemand mag misloop nie. Gaan loer gerus na die program. Daar is vermaak vir groot en klein. Die Swartlandskou spog jaarliks met ‘n motor/masjinerie en landbounywerheid uitstalling van hoogstaande gehalte. ‘n Uitstallings van die departement van landbou kan onder meer daar te sien wees. Nasionale- en streekskampioenskappe van perde, skaap, bees, boerbok en pluimvee vind vanjaar plaas. Perdry-entoesiaste en liefhebbers kan uitsien na ‘n vlaam-waspanne van agt gedurende die Saterdag. Verder sluit die landbouskou ‘n jeugskou, ‘n landbouseminaar met die tema: Die winsgewendheid van die graanbedryf (op uitnodiging) én ‘n boeredag in samewerking met Villa (graanproewe en masjinerie demonstrasies) in. Bergfietsry-entoesiaste moet nie uitmis op

die MTB-fietswedren wat weer plaasvind nie. ‘n Groot verskeidenheid van binne- en buite uitstallers kan besigtig word met heerlike smulgeregte by die Kafee, Wyntuin, Veepos, Cattle Inn en Swartland Deli. Vir meer inligting, besoek die skou se webblad by www.swartlandskou.co.za.

Septembermaand is om die draai en die Swartland is besig om ‘n baie mooi kleurvolle baadjie aan te trek waaraan ons alle dank aan ons Hemelse Vader gee. Met 2017 nog vars in alle landbouers se gedagtes, het Onse Liewe Vader vanjaar net kom wys dat die hef in sy Genadige Hand lê… Ons dank Hom met oorgawe vir Sy seëninge. Ons as ‘n plattelandse dorp is so afhanklik van genadiglike reën van Bo, dat jy die positiewe gevoel in jou dorp kan aanvoel. Op die 84ste bestaansjaar, bars Swartlandskou nog verder uit sy nate en word die mooiste perde, beeste en skape net nog groter ten toon gestel, asook ‘n pluimveeskou en angorabok kampioenskappe. Met uitstallers van reg oor die hele Wes-Kaap, beloop die masjinerie-afdeling nagenoeg R300 miljoen. Met uitstalruimte tot barstens toe vol kompeteer uitstallers ywerig om die beste tentoonstelling voor te hou. ‘n Nuwe toevoeging tot die vol skouprogram, bied die departement van Landbou Wes-Kaap vanjaar ‘n baie interessante uitstalling aan in samewerking met die nywerheidsafdeling. Ons as skou sien baie uit na hul aanbiedinge. ‘n Boeredag aanbieding, soos van ouds, in samewerking met Villa, nooi ons alle belangstellendes om te kom mee maak in masjineriede-

monstrasies en graanproewe. Met ‘n besonderse groep Suid-Afrikaanse kunstenaars en goeie klank, sal die vermaak in die Wyntuin weereens iets wees om te beleef. ‘n Fees atmosfeer wat u verseker moet ervaar met selfs ‘n area vir kinders, terwyl die ouers kan ontspan. Vermaak vir die hele familie word gewaarborg. Ten spyte van ekonomiese druk ondersteun donateurs/borge, uitstallers en die gemeenskap nog steeds die skou, waarvoor ons as skou baie dankbaar is. In my laaste jaar as president van ‘n skoubestuur om op trots te wees, bedank ek elke bestuurslid vir jul bydrae en bereidwilligheid. Sonder jul onbaatsugtige diens, sou dit nie moontlik gewees het om aanbiedinge van dié standaard aan te bied nie. Graag nooi ek almal uit om die skou te besoek vanaf 5-8 September 2018. Kom geniet die lekker verskeidenheid kosgeregte, die gasvryheid, die liefde en die styl van Swartlandskou. Ons dank gaan aan ons Hemelse Vader, want sonder Hom is dit nie moontlik om so ‘n platvorm aan te bied nie.

Jacques Bester President Swartlandskou


NUUS • NEWS

5

8 Augustus 2018

69

PnP Pork Pack Consists of Leg Roast, Chops and Rashers

PnP Bulk Cheddar

49

R

99

SAVE R30

24

Golden White Salted Butter 500g Brick

Sunshine D Lite 40% Fat Spread 1kg Tub

R

99

99 R

R

49

Jacobs Krönung Sweetened or Unsweetened ed Cappuccino 10s Pe Per Pack

Albany Everyday White Bread 700g

21

SAVE R7

Mrs H.S. Ball’s Chutney Assorted 450/470g Each

45

R

SAVE R13

Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each

99 R

SAVE R4

All Gold Tomato Sauce 700ml

STAND A CHANCE TO

SCRATCH

Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za. Some deals may not be available online.

SAVE R16

Bokomo Weet-Bix 1.35kg

TS

99

SAVE R2

Coca-Cola Regular 2 Litre

9

R

99

SAVE R5 Wild Island Fruit Flavoured Dairy Mix Concentrate Assorted 1 Litre Each

WIN

8

R

69

SAVE R5 Protex Soap Assorted 150/175g Each

YOUR SHARE OF MILLIONS IN PRIZES

Ts & Cs APPLY. WWW.PICKNPAY.CO.ZA

R10 000 IN SMART SHOPPER POINTS, AIRTIME AND OTHER GREAT PRIZES UP FOR GRABS

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Express Stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 10 - 12 AUGUST 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE

99

S

ODUC

21 17

R

Per kg

37 49

11

R

30

no name™ or Supreme Chicken Whole Frozen Chicken with BrineBased Mixture

OF GREAT BRANDED PR

99

s

Supreme Chicken Frozen Mixed Portions with Brine Based Mixture 4kg

WIN THOUSAND

R

te

R

NOW ONLY

SAVE R10

t a tio n I n s tit u

NOW ONLY

115

SAVE R10

SAVE R25

pu

R

Per kg

Per kg

tu

01

44

NOW ONLY

R

99

Re

WEEKLY DEALS

IBLE INCRED

R

dy

*2

7

MMWCHS2445_COPPERFIELDSTUDIOS_W24

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK


6

8 Augustus 2018

NUUS • NEWS

Tomis koop Basson se kampioen lam by Kuddedag Regs:

Leandri Kotze van Meadow, Nicol Mostert van Dasvlei (beste gemiddelde daaglikse toename), Juan Louw namens Louw-boerdery van Tweekuil (merino – derde plek), Abraham Cloete namens Elandsberg plase (merino-eerste plek) en Eben Schellink van Driefontein (merino-tweede plek).

Bo: Leandri Kotze van Meadow, Willem Bester (dormer – tweede plek), Kobus Basson (dormer – eerste plek) en Wilhelm Relihan (dormer – derde plek). Regs bo: Laendri Kotze van Meadow, Pieter Dreyer (SA Vleismerino- eerste plek en beste bouvorm) en Danie van Breda-boerdery (SA Vleismerino-tweede plek en beste wol).

Kampioen slaglam: Chris

Bruyns van Tomis Abattoir het die kampioenslaglam van Kobus Basson gekoop.


NUUS • NEWS

8 Augustus 2018

7

Swartlanders was weer goed verteenwoordig by vanjaar se Lutzville-skou wat Dirkie Uys: Hierdie leerders van Hoërskool Dirkie Uys het almal by die Wes-Boland Ruiters: die landbouskouseisoen op die Weskus die afgelope naweek ingelui het. Onder die deelne-

eisteddfod cum laude behaal vir voordrag en onvoorbereide lees. Voor: Christiaan Bester (vir 2 items), Franzel Basson (2). Middel: Judy Swarts, Jana de Waal (3), Anoshke Jansen, Bianca Engelbrecht. Agter: Luhzé Puren (2), Nesher Piek (2), Pierre van Heerden, Carla Bester (2).

Spel:

Hierdie leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury het aan die WOW-spelkompetisie deelgeneem en deurgedring na die volgende rondte by Citrusdal einde Augustus.

mers wat hul slag gewys het, was Malmesbury se Stephan Basson, Erna Britz, Tarryn Uys, Johann Uys, Izak van Wyk, Jana Viljoen, Celente Nelson, Merelize Roux (bo), Mia Tap en Kaylin Vermeulen. Izak van Wyk op Roxy het die SA Vlaam Stap Draf o.18-klas gewen op die perd Roxy. Kaylin Vermeulen (onder) op Natasha het die klas vir beste stap en draf ruiter o.10 jaar gewen. Marelize Roux het die Benede-Olifantsrivier Kinderkoetsierkampioenskap ingepalm met die perd Ben. Foto's: Johan Viljoen


8

8 Augustus 2018

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

9

1 8 Augustus 2018

Christa Marais, Zelda Burger en John Dürr

Van links staan Nina-Mari en Pippie Cockrell, Daryl Arendse en Thys Cockrell.

Carol Jordaan, Hannilie Dippenaar en Mariska Rossouw

Roomyse vir spulpape

Hennie Vlok en Morné Du Plessis

Die lekkerste roomys is nou om die draai. Nina’s kry. Malmesbury was hul eerste keuse. Nina’s Ice Cream & Dairy, ‘n nuwe onderneming op Ice Cream & Dairy Malmesbury het hulle deure Malmesbury bring vir die Swartland die lekkerste amptelik op 26 Julie vanjaar oopgemaak. Restaurante is ook welkom om bestellings te roomys en suiwel produkte teen bekostigbare pryse. Dit is hulle missie om vir “Jan Alleman” plaas vir produkte in groot hoeveelhede met af‘n goeie kwaliteit produk teen ‘n sakpas prys te lewering wat gereël kan word. Nina’s Ice Cream het verder ‘n roomystrok op wiele, Roomys 2 bring. By Nina’s Ice Cream sal jy smullekker rome- WP, wat ideaal is vir sportdae en fondsinsarige roomys, jogurtprodukte, gevriese jogurt , melingsprojekte. Hulle bring die mobiele diens vars melk, amasi en vrugtesappe kry en dít alles tot by die bestemming en verkoop roomys en teen bekostigbare pryse en boonop vriendelike koeldranke, terwyl die instansie ‘n persentasie van die verkope kry. Wat meer wil jy nou hê. diens. Die eienaars, Thys en Pippie Cockrell verse- Skole en ander instansies is welkom om Nina’s ker kwaliteit produkte waarvoor voornemende Ice Cream vir die besonderse diens te kontak. Hulle bedank elkeen wat reeds vir Nina’s Ice kliëte keer op keer sal terugkeer. Thys beskik oor meer as 16 jaar se ondervinding in die suiwelbe- Cream & Dairy ondersteun het en nooi almal uit dryf. In 2017 besluit hulle om hul eie fabriek met na 1 Loedolfstraat (reg langs die Herehuis en ‘n fabriekswinkel in Blackheath oop te maak. oorkant Weskus Kollege) om te kom inloer vir watertand produkte. 021naweek 100 3688 vir Die Cockrells het kort daarná kyk na om- Kerk Die begin Prespeteriaanse op Darling het dieKontak afgelope weer inligting of bestellings. liggende dorpeblommeuitstalling waar ‘n roomyswinkel aftrek sou verdere hul jaarlikse in die kerkgebou gehou. ............ Het ook na dié jaarlikse instelling op die kalender kom kyk.

Blommeprag:

Wiskunde Olimpiade: Hierdie

Aletia van Antwerpen

leerders van Riebeek-Wes Primêr het aan die onlangse Wiskunde Olimpiade deelgeneem. Hulle is Aden Johnston (graad 6), Connor Adams (graad 5), Serah-Joan Fortuin (graad 4). Hulle het deurgedring na die finale van hierdie olimpiade.


10

8 Augustus 2018

Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Moorreesburg 5km run/walk - Every Saturday at 8:00 Weekly, free. Starting point - Moorreesburg park, Long Street. No dogs allowed. For any information contact Anel at 022 433 1072 / 082 731 3432 The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Riebeek Kasteel 9 Augustus: Kom geniet Vrouedag om 9:30 by die ACVV Saal. Tema is "Growing Together". Kuier saam met Ds Mariette Frantz, Kapelaan by Voorberg Korrektiewe Dienste. Gratis kaartjies beskikbaar by Marilie 078 768 8375 Swartland Local Drug Action Committee- Awareness programme 10 Augustus: Movie Night om 18:00 -20:30. Sal wees by RSEP speel parkie - Op die hoek van Alfastraat en Kiewietstraat in Saamstaan, Malmesbury. (Die agterkant van die Rooiwinkel) Indien dit reën sal die venue by die Ilingelethu Senior Sekondêr skool se skoolsaal wees. Swartland Toerisme 14 Augustus: Swartland Toerisme se Algemene Jaarvergadering by Nieuwedrift Wingerde, N7 voor Piketberg om 10:00 Vir enige navrae kontak : Anchen Ludick by 022 487 2989 PHS Oud Skoliere Bond 17 Augustus: Wees deel van die stigting van ons "Oud Skoliere Bond" en heerlike saam kuier Dans 18 Augustus : Dans in Malmesbury Stadsaal. Sit jou beste hoed op, bring julle vriende en kom geniet ‘n aand van lekker dans en kuier saam met ons as fondsinsameling. R100 pp Kontak Martie by 079 5066 889 vir kaartjies. Darling Museum 22 August: Darling Museum proudly presents a talk by Coral Louw at 18:30 for 19:00 - "Emotions in Dogs - understanding your dog's body language. Tickets are R70 (R60 for friends of the museum. Homemade soups, bread and refreshments will be served. To book call Dianne at the museum 022 492 3361

Swartland Haven 23 Augustus: Die Swartland Haven het hul Algemene Jaarvergadering om 19:00 tot 21:00 te Varingstraat 5, Wesbank. Vir enige navrae kontak Chantal Leng by 022 486 5191 of chantal.leng@haven. org.za

VGKerk Riebeek Wes 24-26 Aug: VGK vier hul 120ste verjaardag-feesvieringe oor die naweek. Vir enige navrae kontak Mandy Julius by 022 461 2412 of Ds Samson by 072 103 4896 One Try - Praise and Worship 25 Augustus: One Try bied aan 'n prys en aanbidding aand om fondse te genereer om minderbevoorregtes te help voed. Toegang is gratis en is te Loedolfstraat 1 (on the deck) om 19:00. Daar sal verkope wees. Vir enige verdere navrae kontak Jennifer Blom by 076 536 0510 Riebeek Cellars 25 Augustus: Riebeek Cellars bied aan Triptruuk - Die kabaret met Stet Kruger, Petronel Baard en Soetmelk. Kostes beloop R140 per persoon - R130 pp vir 4 meer bespreking by die Bruid, die Pixie en die Vaalhond. Vir enige navrae kontak Jorina 084 585 2806 NG Kerk Koringberg 25 Augustus: NG Kerk Koringberg bied hul beroemde Basaar en Broodfees aan Cancer Vive 2 September: Ride for someone with cancer and bring hope. Depart from: Burger King Square, Heerengracht street, Cape Town. Cancervive launch show at 9:30. Brealfast run to Darling Brew at 10:00 (food and beveraged at Darling Brew for your own account) For more information contact Claude at claude@cancervive.co.za / 083 650 4109 The Darling Wildflower Show 14 - 16 September 2018: Brought to you. by: The Darling Wildflower Society Show Dates 14 - 16 September 2018 Times Friday & Saturday: 09:00 - 17:00; Sunday: 09:00 - 15:00 Venue Darling Golf Club, Jacaranda Street, Darling. Tickets can be purchased online via www.quicket.co.za - Group Specials on Application. Ticket Prices Adults: R60. Pensioners: R40 (Friday, 14 Sep, only). Children 2 - 18 years: R40 Children below 2 years: Free Steynville Sekondêr 29 September: Steynville Sekondêr bied aan hul gholfdag te PPC De Hoek Gholfbaan Vir enige navrae kontak F du Plessis by 083 725 9537 Meerhof & Laerskool Riebeek Kasteel 27 Oktober: Meerhof en Laerskool Riebeek Kasteel bied aan 'n Fun Run en Trail run by Meerhof Wine Estate, Riebeek Kasteel. Kostes beloop R30 vir die 5km wat afskop om 08:00. Die 10km is om 07:30 en beloop die koste van R120 (liquid metal) Vir enige navrae kontak Anneke Mouton by 022 448 1228 / 082 495 3234

NUUS • NEWS

Spel: Hier-

die leerders van die Laerskool Riebeek-Wes het aan die onlangse WOW-spelkompetisie deelgeneem. Hulle is agter Charmelyn Nero, Beyonce October en Na-Isha Fortuin. Voor is Daniell Adams, Ree-Alvo Fransman, Herschelle Russell


NUUS NUUS •• NEWS NEWS DIENSTE SERVICES JACO SWART STAALWERKE. Toegangsbeheer. Die beheer van elektriese hekke en motorhuisdeure, of enige kragtoerusting met die nuwe NANO oop, toe, aan- of afskakel en afstand is onbeperk. Beskikbaar by Jaco Swart Staalwerke. Tel: 082 780 0079 / 083 961 9009 #4656

------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843

11 11

81Augustus Augustus2018 2018

met jou verjaarsdag. Baie liefde Mamma, Pappa en Boeties -------------------------------------

WINNIE SEDEMAN. 7 Aug 2018. 77 jaar het die Hemelse vader Mammie, Mamma & Oumie uitgespaar alle eer kom Hom toe. Lekker verjaar. Liefde Lucille, kinders en kleinkind. -------------------------------------

MAMMA KATIE. 10 Augustus. Baie geluk met Ma se verjaarsdag. Dankie vir alles wat Ouma doen. Liefde – Manlief, kinders, kleinkinders, Klongkas, Susie en Barbie -------------------------------------

THEODORE BAL WAGENSTROOM. Een jaar is verby en dit voel nog steeds so onwerklik. Rus sag my kind. Van jou verlangende mammie Bawa. ------------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

#4604

------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATION

KEAGAN WITBOOI. 11 Augustus. Mag jou nuwe lewensjaar net gevul wees met seëninge, vreugde en baie liefde my pragkind – Mammie, Zenobia en Tristan ----Baie geluk my kleinseun. Lekker verjaar en ons is baie lief vir jou – Mamma, oupa Herman en Nicky -------------------------------------

08 Augustus 2018. “Happy birthday” JADAH LEAH. Jy is ons prinsessie. Lekker verjaar. Ons is almal baie lief vir jou - Brown en Arendse-familie -------------------------------------

8 Augustus. LINDON WILLIAMS. Mag die nuwe lewensjaar veel persoonlike vreugde, geluk en seeninge inhou. Liefde – Ma, Stiefpa en ouma Grieta -------------------------------------

HENRICO en MELISSA. 7 Augustus. Geluk met julle herdenkingsdag. Liefde – Mammie -------------------------------------

HENDRIK LOTTERING. 30 Julie. Baie geluk met jou 63ste verjaardag. Wens jou voorspoed en seëninge toe. Liefde – jou verloofde Aploon (Kaatjie), kinders en kleinkinders -------------------------------------

SHERNA VERMELEN. 32 op 8 Augustus.Mag daar nog vele jare voorlê en God se rykste seëninge Edwina, Johnny & Issie --Gelukkige verjaarsdag en mag jy jou dag geniet. Alles wat mooi is vir die toekoms. Aandskemering span. -------------------------------------

MARY-JANE STUURMAN. Ons Meisiekind baie geluk

LENESHER. “Happy birthday to my daughter”, vandag is jy 21 en mag jou dag geseënd wees en gevul met liefde. -------------------------------------

Kyk wie word 16 jaar oud. HAYGAN ANDREWS, baie geluk met jou verjaarsdag op 11 Augustus, Mammie wens jou nog vele liefdevolle jare en suksesvolle toekoms vorentoe. Onthou – “Hoe kan ‘n jongeling sy pad suiwer hou, deur te hou by God’s woord”. Geniet jou dag, met baie liefde my seun. Van: Mammie en familie #4664

------------------------------------Raai wie word 18 jaar. RENUSCHA APRIL. Veels geluk my kind met jou verjaarsdag. Mag jy jou dag geniet. Van jou ma Rosaline en suster Jacqueline -------------------------------------

GUSWILL CLEOPHAS. 12 August. Happy birthday to someone who is not only a dear friend, but a wonderful example for those aroud him! You motivate, people to be their best. From all your friends -------------------------------------

ARRIE EN EVELYN GOLIATH. 7 Augustus is dit ons 14de huwelikherdenking baie dankie HERE. 'n Huwelik wat saam met die HERE gebou word staan vas, want Hy is ons Anker en ons Rots. Al die eer aan die HERE. Liefde -------------------------------------

JAMIE STRYDOM. Baie geluk met jou verjaardag. Mag jou dag met blydskap gevul wees. Baie liefde antie Tessa en huisgesin ---Geluk met Mammie se verjaardag. Alle seënwense op u pad. Baie lief vir Mammie - Jaydin, Gursh-Nay, Jaydine en Cay'lo -------------------------------------

OUMA MYT. 8 Augustus. Baie geluk met u verjaarsdag. Mag daar nog vele jare wees. Liefde – Barbie, Dolla, Pokkel, Nico, Niesie en Gayline -------------------------------------

8 Augustus. CLINICIA BOLTNEY. Geluk ma se blom mag jy ‘n geseënde dag hê. Lief vir jou. Van: Ma, ouma Rozy, Vincenzo, Natalie en Ashley -------------------------------------

GESHAWN DYASON. 9 Augustus ‘n volle hand vol. Geluk my blom, Ma is baie lief vir jou. Lekker verjaar. Van Mammie, uncle Markham en twee oumas -------------------------------------

12 August 2003 ASHLEEN KAMIES. Baie geluk met jou 15de verjaarsdag, mag God jou vele jare spaar. Van Mamma, Pa, Atta, Heinie & Lee-Yakim ----Baie geluk Mammie se blom met jou verjaarsdag en mag al jou drome waar word. Liefde Mammie, Pappa en Boeta Marcelino -------------------------------------

ELIZABETH ERASMUS (BETTIE). Gebore: 31/07/1946. Oorlede: 04/08/2018. Troosdiens – . Woensdag, 8 Augustus om 19:30 te Baptiste Kerk, Malmesbury. Begrafnisdiens: Saterdag, 11 Augustus te Baptiste Kerk. Besigtiging om 09:00 en die Kerkdiens om 10:00. Bus gereël vanaf Abbotsdale te Winkelstraat om 08:45 ----Sag heengegaan. Ons koester die mooi herinneringe en weet Mamma is op die beste plek. Lief jou altyd. -------------------------------------

Funeral arrangements for HUGO ADAMS. Birth: 13 July 1970. Death: 4 August 2018. Memorial Service will be held on Thursday, 9August 2018 at 19:00 at the AGS Wesbank. Burial will be on Saturday 11August 2018 at 19Abelia Avenue at 9:00 and at 10:00 at the AGS Wesbank, Malmesbury #4665

-------------------------------------

NICOLE KATELAND FREDERICKS. 9 August. Happy "women's day" birthday. From: Mom, Dad and Luca ------------------------------------8 August. A Happy birthday to AMBER-LEE. May you enjoy your day with lots of love from, your Dad, Tanya and your sisters ------------------------------------ANDREW. 9/8/1980. To my Husband a Happy Birthday may you have lots of happiness and joy in your life filled with lots of love from ur wife Tanya and children Aj,Tamryn,Joey and Amber-lee ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

NICHOLAS DANIELS. 8 Augustus. Jou tweede jaar in die hemel. Verlang nog steeds en daar is baie vrae, maar geen antwoorde. Sal jou nooit vergeet – Jou vrou, Rykie, kinders en Sampie en kinders -------------------------------------

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

Internskap: Risikobestuur Malmesbury RAZEEN. 11.08.2018. Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Wond is nog rou, maar ons gun jou die ewige rus. Donnie & gesin, Samsodiens -------------------------------------

Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V13/18 • Salarisskaal: R8 000 – R12 000 per maand (Allesinsluitend)

Sluitingsdatum: 17 Augustus 2018 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za

134467


12

courant

NUUS • NEWS

8 Augustus 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

8 Augustus 2018

LSS meet kragte teen Outeniqua

Die wintersportspanne van die Laerskool Swartland op Malmesbury het Saterdag op hul tuisveld teen die spanne van Outeniqua Laerskool op George te staan gekom. Hierdie kragmeting is 'n jaarlikse instelling en 'n groot hoogtepunt op die kalender van albei skole.

Never Despair wys sy tande Never Despair het Saterdag teen alle verwagtinge Abbotsdale geklop op Malmesbury, en sodoende die Lillie-span 'n groot terugslag toegedien in hul veldtog om die top 6. Never Despair het gewys dat hy nie op sy tuisveld onderskat moet word nie, en van die begin van die wedstryd baie meer klinies en taktvol gespeel. Abbotsdale het Never Despair tot die einde gedruk, maar rotsvas verdediging deur die span van Hilton Adonis het daartoe bygedra dat Never Despairs sy vierde oorwinning van die seisoen behaal. Abbotsdale het 'n goeie kans verspeel om die druk op die top 2 te hou. Abbotsdale sal egter Saterdag wil vergeet en hierdie Saterdag sal daar geen genade betoon word wanneer Coronations van Kalbaskraal Abbotsdale besoek nie. Wedstryde tussen die twee buurdorpe sorg gewoonlik vir groot opwinding en Lillies sal die wedstryd met hals en mag wil benader en seker maak hulle sak nie verder uit nie. Coronations struikel tans onder aan die punteleer en sal wil speel vir oorlewing in die Groot Uitdaag-beker, maar Abbotsdale behoort Saterdag gemaklik maksimum punte in te palm met n oorwinning van meer as tien punte. Porterville het Saterdag vir 'n groot opskudding

gesorg toe hy die Liga voorloper Darling sy eerste loesing toegedien het. Porterville het sodoende die wedloop om 'n plek in die Top 6 se deure wawyd oopgemaak met slegs drie punte wat die top 2 skei. Porterville het baie rugby gespeel en gewys dat hy nie net die getalle volmaak in die liga nie. Darling was duidelik in 'n gemaksone en het nie die aanslag verwag nie. Darling sal egter die loesing in 'n positiewe lig sien en sodoende hul volgende wedstryd meer strategies benader om te verhoed dat hulle aanspraak op die Swartland-beker nie verder in gedrang bekom nie. Darling kry Saterdag besoek van 'n Never Despair-span wat tans stert in die lug loop met sy oorwinning oor Never Despair. Beide Darling en Never Despair beskik oor 'n paar talentvolle spelers en die wedstryd behoort ook vir groot opwinding te sorg. Darling sal wil opmaak vir die vorige Saterdag en met meer ondernemingsgees speel wanneer hy Never Despair klop met minder as tien punte. Moorreesburg het Saterdag die Rhino span van Piketberg 'n groot pak slae gegee op Moorreesburg. Die Moorreesburg-span het van die begin van die wedstryd geen genade getoon nie en

het Piketberg voorlangs heeltemal domineer om sodoende die grondslag te lê vir sy agterspelers om te baljaar. Dit was veral die spoedvraat Jehann Bonn wat sirkels om sy teenstaanders gehardloop het en ook 'n driekuns van pragdrieë behaal het. Jehann Bonn speel tans voortreflike rugby en sy naam sal onthou word in Boland rugbykringe. Sy vernuf, taktiek en spoed laat teenstaanders omtrent rondtsaan. Piketberg sal so gou as moontlik van die wedstryd wil vergeet wanneer hy Saterdag gasheer speel vir Good Hopes van Riebeek-Wes. Piketberg sal wil opmaak vir sy eerste rondte loesing teen Good Hopes en behoort die wedstryd met minder as sewe punte te wen. Wesbank het Saterdag sy derde oorwinning van die tweede rondte behaal toe hy Good Hopes op sy tuisveld ore aangesit het. Die span sal verdere druk op Darling wil plaas wanneer hy Porterville ontvang. Wesbank verloor nie sommer op sy tuisveld nie en behoort Saterdag Porterville terug aarde toe te bring met 'n oorwinning van meer as 10 punte. Moorreesburg geniet Saterdag 'n blaaskans. •Abri Adonis

Sportuitslae Sports results

DUIWE

Omega Duiwe Klub - Kenhardt 1. GS Sheldon 14.24.32; 2 Leukes Family 14.31.30; 3 Leukes Family 14.40.34; 4 Manuel Lofts 14.44.56; 5 J Morris Lofts 14.47.37; 6 S Zimiri 14.48.27; 7 S Zimiri 14.48.27; 8 R C Liedeman 14.51.09; 9 Sheldon Bros 14.49.07; 10 Sheldon Bros 14.50.07; 11 Sheldon Bros 14.51.10; 12 Manuel Lofts 14.51.08; 13 S Zimiri 14.52.20; 14 Manuel Lofts 14.52.13; 15 Manuel Lofts 14.54.50 Moorreesburg Duiweklub - Leeu Gamka JO3 1 Henna & Melt Smit 13:11:59; 2 Boetie & Baron Hokke 14:12:36; 3 Boetie & Baron Hokke 14:38:44; 4 Frans Jooste 14:05:30; 5 Singleton Hokke 14:08:42; 6 Boetie & Baron Hokke 14:42:46; 7 KB En Seun 14:12:48; 08 Henna & Melt Smit 14:22:17; 9 Singleton Hokke 14:23:39; 10 Van Der Vyver Hokke 14:29:16; 11 Boetie & Baron Hokke 15:06:44; 12 Frans Jooste 14:42:14; 13 Yt & Tuis 14:43:34; 14 Frikkie Bester 14:48:03; 15 Boetie & Baron Hokke 15:29:11 Leeu Gamka Ope 3 1 Henna & Melt Smit 13:48:06; 2 Singleton Hokke 13:49:47; 3 Frans Jooste 13:55:48; 4 Boetie & Baron Hokke 14:28:13; 5 Henna & Melt Smit 14:00:12; 6 Yt & Tuis 14:05:07; 7 Boetie & Baron Hokke 14:45:52; 8 Boetie & Baron Hokke 14:54:44; 9 Singleton Hokke 14:26:09; 10 Boetie & Baron Hokke 15:02:30; 11 Boetie & Baron Hokke 15:06:40; 12 Boetie & Baron Hokke 15:09:57; 13 Henna & Melt Smit 14:36:09; 14 Frikkie Bester 14:43:38; 15 Frikkie Bester 14:52:17 Malmesbury Posduifklub - Leeu Gamka 3 JO 1 Bordeaux B 1029.5589; 2 Kotze Familie Hokke 1029.2711; 3 Bordeaux B 984.8237; 4 Kotze Familie Hokke 982.5645; 5 G Horn 962.9250; 6 Jurie En Rina Strydom 961.1706; 7 J Steenkamp 938.0794; 8 Hayman & Edas 929.6144; 9 G Horn 921.7801; 10 Bordeaux B 915.6323; 11 J Steenkamp 913.9193; 12 G Horn 901.5860; 13 J Steenkamp 900.7817; 14 J Steenkamp 900.3056; 15 Jurie En Rina Strydom 896.5289; 16 G Horn 891.7535; 17 LF Van Dalen 874.0483; 18 LF Van Dalen 872.2150; 19 Kotze Familie Hokke 869.2004; 20 G Williams 867.0057; Leeu Gamka 3 Ope 1 Bordeaux A 1076.6131; 2 Bordeaux A 1056.8462; 3 G Horn 1053.6852; 4 Hayman & Edas 1045.8875; 5 Paulus Fam 990.5048; 6 Kotze Familie Hokke 961.6524; 7 G Horn 956.0421; 8 J Steenkamp 955.5416; 9 Bordeaux B 943.3871; 10 Hayman & Edas 940.8680; 11 G Horn 934.2900; 12 Bordeaux B 931.9561; 13 Hayman & Edas 928.0943; 14 Hayman & Edas 928.0024; 15 Lf Van Dalen 927.5093; 16 Kotze Familie Hokke 922.6166; 17 Kotze Familie Hokke 920.9853; 18 Kotze Familie Hokke 919.9912; 19 Bordeaux B 917.7817; 20 Bordeaux B 903.8143; Riebeek Wes - Kenhardt 1 Alex Fam 14.20.07; 2 Mentoor Hokke 14.20.34; 3 Alex Fam 14.22.39; 4 Mentoor Hokke 14.22.25; 5 Adams Hokke 14.22.50; 6 Daniels Hokke 14.23.50; 7 James Hokke 14.22.53; 8 Persens Hokke 14.26.19; 9 Alex Fam 14.27.50; 10 Alex Fam 14.29.25; 11 Daniels Hokke 14.30.25; 12 MJ Hokke 14.32.24; 13 Amerika Hokke 14.32.10; 14 Mentoor Hokke 14.33.11; 15 Persens Hokke 14.35.40 MALMESBURY GHOLFKLUB Saterdag, 4 Augustus : Beterbal Stableford - Natie Smith en Josef de Beer 43, Gerhard Spangenberg en William Matthysen 42, Peter Willemse en Riaan Lewis 41, Leon Carstens en Pierre Jackon 41


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
481 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu