Skip to main content

480 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

1 Augustus 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 480

1 Augustus 2018

•'EK KAN NOOIT IN MYSELF ROEM NIE'

Hoof se passie vir onderwys brand helder •Madi Pieterse “Alles wat ek is, en alles wat ek in die lewe bekom het, is net deur die genade van God. Daarom kan ek nooit in myself roem nie, want alles kom van Hom. Hy is nommer een in my lewe.” Só praat veteraanonderwyseres en skoolhoof van Steenberg's Cove Primêr, Virginia Vraagom. Virginia se hele lewe lê opgesluit in hierdie skool op St Helenabaai, waar sy in 1966 haar skoolloopbaan begin het. Sy is na Panorama Primêr op Vredenburg om graad 8 te voltooi en daarna na Schoonspruit Sekondêr vir graad 9 en 10. Dit was altyd Virginia se droom om onderwyseres te word en ná graad 10 het sy haar opleiding as onderwyseres by Zonnebloem Kollege in Woodstock voltooi. In 1978 het haar onderwysloopbaan by Steenberg’s Cove Primêr begin en sy is na bykans 41 jaar steeds by dié skool. Hierdie merkwaardige vrou het in alle fases onderrig gegee en enorme kennis in die onderwys opgedoen. By Steenberg's Cove is sy eers aangestel as departementshoof, waarna sy in 2009 gesekondeer is na die kringkantoor waar sy adviseur was vir die intermediêre- en senior fase. In 2010 word Virginia as prinsipaal aangestel by haar geliefde Steenberg's Cove Primêr. “Sedertdien het ons skool sukses na sukses deur die genade van die Here ervaar. “Ons skool behaal op alle terreine sukses. Hierdie spasie is te min om alle suksesverhale op te teken.” By Steenberg's Cove Primêr word daar uit die

Fokus val op bottende blomme

boks gedink om die beste vir die 246 kinders te bied. Ten spyte van die feit dat die skool geen sportgronde of oefengeriewe behalwe 'n netbalbaan het nie, het hulle vanjaar twee atlete in die Wes-Kaap-atletiekspan gehad naamlik Ralton Gardiner vir verspring en Gregan Mentoor vir

Nuwe leraar vir Vredenburg

die 100m waar hy die derde plek behaal het, wat hom die derde vinnigste 100m atleet in sy ouderdomsgroep in die land maak. Hul oefenbaan is Steenberg's Cove se strate. In rugby spog die skool met twee o.13 Cravenweek-rugbyspelers, Gregan Mentoor en Jordan Marais. Die kinders oefen op die kerk se parkeerarea neffens die skool. Op die netbalbaan het Jordan Africa haar staal gewys en sy is opgeneem in die Weskus-streekspan. En nog is dit het einde niet. Onder leiding van tannie Helena de Kock het kinders se kunstalente aansienlik verbeter en hulle is tans besig met hulle kunsstukke vir die eisteddfod. Graad 1 en 2 leerders het vanjaar vir die eerste keer aan beginnerskaakkompetisies begin deelneem en kwyt hulle goed van hulle taak. Sukses by hierdie skool behoort aan almal en sluit leerders, onderwysers, ouers, borge en die gemeenskap in. Virginia glo die hoofrede vir sukses in die skool is hulle familie-eenheid. Almal werk saam as ‘n span deur dik en dun. Leerders is vir elkeen wat betrokke is by die skool die hoofprioriteit en alles in elkeen se vermoë word gedoen om net die beste vir die leerders te gee. “Ek glo dat sukses nie net oor prestasie gaan nie, maar ook oor hoe die dinge in jou lewe ander mense motiveer en inspireer om ook iets inspirerend in hul eie lewens te doen. Ek is passievol om ‘n verskil te maak en die ekstra myl te stap deur voortdurend ‘n bevorderlike leeromgewing vir elke kind in elke klaskamer te help

skep.” Virginia het onlangs bekend gemaak dat sy nuwe toekomsplanne het en met die hulp, krag en wysheid van God weet sy dat dit suksesvol sal wees. Sy wou nog nie oor die planne uitbrei nie.

Bordjies in rugby verhang

NUUS • NEWS


2

AS

SURED

1 Augustus 2018

Q U A LIT Y

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

•STEYN-EGPAAR IN DIE TUIG

1 Augustus 2018

Nuwe leraar vir Vredenburg Na bykans 29 jaar van gebruik maak van afgetrede predikante om Sondagdienste waar te neem, spog die Gereformeerde Kerk Vredenburg/Saldanha weer met hulle eie leraarpaar, Karel en Susan Steyn en hulle seuntjie Sion. Die egpaar het sowat `n jaar gelede hier aangeland en dit het sommer nuwe lewe in die gemeente losgemaak. Daarom is besluit om `n fondsinsamelingsgeleentheid te hou in die vorm van `n kaas- en wynaand te Togryersvlei, Jacobsbaai. Sover hulle kon vasstel is dit die eerste geleentheid van die aard in die geskiedenis van die gemeente. Tydens die aand se verrigtinge sal die Weskus-jeugorkes en plaaslike kunstenaar Kobus Matthews vir die vermaak verantwoordelik wees. Om iets besonders van die aand te maak is Darling Kelders en Udderly Delicious genader om `n kaas- en wynproe te doen, waarna van die heerlike wyne en handgemaakte kase te koop aangebied sal word. By dit alles is `n vingerete en kontantkroeg vir die wat nie net wyn wil geniet nie.

Kaartjies kos R125 per persoon of R1000 vir `n tafel vir agt persone. Karel kan gekontak word by 072 476 8794 of karelsteyn@gmail.com. Moenie hierdie geleentheid misloop nie.

Leerders en onderwysers van Cove Primêr skrik vir niks

Die toppresteerders van Steenberg's Cove Primêr saam met hulle skoolhoof, Virginia Vraagom. Die klompie was juis op pad om deel te neem aan die naweek se sportdag te Lambertsbaai en het nie hulle normale skooldrag aangehad nie. Van links staan Craygon Maarman, Keagen Engelbrecht, Jordan Marais, Virginia, Gregan Mentoor, Jordan Africa en Miguel du Toit. Min geriewe skrik nie die leerders en onderwy- was ook die man wat die leerondersteuningsklas se deur vervrolik het met sy kuns. sers van Steenberg`s Cove Primer af nie. Gregan Mentoor is sy skool se buitesenter, Ook nie dat dinge in kategorieë geplaas word soos dit is vir seuns en dit is vir meisies nie. Van maar speel vleuel vir die Bolandspan waarin hy die skool se top-rugby- en atletiekpresteerders vanjaar opgeneem was. Hy is ook die skoolspan se kaptein. Gregan het `n derde plek losgehardwaag ook hulle hand aan skilder. `n Aantal presteerders die afgelope jaar het loop tydens die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in Paarl in die 100m-naellope en het die volgende bereik: Jordan Marais was lid van die o/13 Craven- ook aan die 200m deelgeneem. Sy span, wat weekspan wat van 1-6 Julie in Kimberley deelge- sommer so op die veld saamgeflans is, het ook neem het. Jordan is die span se haker en volg in die goue medalje vir aflos 0/13 gewen. Hy is ook die spore van sy pa en sy broer, wat destyds vir die skool se onderhoofseun. Keagan Engelbrecht presteer baie goed in Boland gespeel het. Hierdie kranige rugbyspeler neem ook kunsklasse by die skool en geniet dit kuns. Jordan Africa is `n nelbalspeelster wat baie. Miguel du Toit is Steenberg's Cove Primêr se as aanvallende vleuel en senter vir die 0/12 hoofseun. Hy doen atletiek en speel rugby en Weskusspan op die baan was waar hulle tydens het in die tweede kwartaal akademies eerste skoleproewe teen ander streke meegeding het. gestaan in sy klas. Miguel was deel van die Wes- Die span het tweede geëindig in die kompetisie. Alle leerlinge van die skool neem cirriculum-Boland-atletiekspan as 100m en 200m-atleet en het ook as binnesenter uitgedraf vir Wes-Boland. -kuns, maar die mees belowende kunstenaars Craygon Maarman is `n kuns- en kutuurman is tans besig met kunswerke vir die Eisteddfod wat al van kleintyd af teken. Hy geniet dit baie asook die Konica/Minolta landswye kunskomom kunsklasse te kry by tannie Helena de Kock petisie wat verskeie temas en mediums insluit. en soos die ander kunsleerlinge van die skool Die uitslae van laasgenoemde kompetisie word neem hy ook aan alle kunskompetisies deel. Hy in Januarie verwag.

Volg ons by @diecourant op Facebook! Besoek ons webtuiste by www.diecourant.co.za.

3

Pedal towards a safer society “What counts in life is not the mere fact that we have lived. It is what difference we have made to the lives of others that will determine the significance of the life we lead.” - Nelson Mandela The West Coast District Municipal Executive Mayor, Alderman Harold Cleophas, gave effect to these famous words together with his theme “Restoring the Social Fabric”, for his 2016 - 2021 term when he donated 48 bicycles to the 24 Community Policing Forums across the West Coast on Mandela Day. These bicycles will assist law enforcement officials in patrolling streets of towns which will enable them to reduce crime in these areas. “We will never be able to root out crime in society but we must strive to create safer environments for future generations. “The West Coast District Municipality recognize the need to form partnerships with key stakeholders which will enable us to play a meaningful role in creating social cohesion,” said

the Executive Mayor. Constable Hennie du Randt from Malmesbury Police Services welcomed the initiative of the municipality. “The South African Police Service welcome the support of the broader community and we want to utilize all resources and inputs to improve our services in the areas we serve. “The donation of these bicycles by the Executive Mayor of the WCDM indicates the commitment of the municipality to assist us in crime prevention. “Our hope is that this partnership will inspire other role players to join forces with the SAPS,” Du Randt said. During his keynote address the Executive Mayor thanked the men and women in uniform for their tiredless efforts and diligence in executing their duties. “Let`s make every day a Mandela Day,” was his closing remark.


4

NUUS • NEWS

1 Augustus 2018

Dagboek • Diary Geleenthede

Woensdag 25 Julie: Vredenburg Tuinbouklub, maandbyeenkoms – Ansie Loudon 083 284 3941. Vrydag 27 Julie: Paternoster Lodge hou Kersfees in Julie om 19h00. Kaartjies teen R250 pp sluit in `n welkomdrankie en 3-gang maal. Besprekings noodsaaklik (022) 752 2023, info@ paternosterlodge.co.za Saterdag 28 Julie: Huis Wittekruin Basaar vanaf 09h00. Gebak, poeding, handwerk, allerlei. Inligting (022) 713 2230/9. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Vrouedag, oggendtee met Wanda Bam, Klipzaam Onthaalsaal, R150 pp - Doret Hanekom 084 895 2823, Elnette du Toit 079 496 4885, Lindie Nelson 082 971 7961. Dinsdag 31 Julie: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, 18:30 – Anna-Marie 084 577 7752, admin@weskusfotoklub.co.za Donderdag 2 Augustus: Openbare vergadering vir Weskus-distrik oor grondonteiening, Grondwetlike Oorsigkomitee, 11:00-16:00, Citrusdal Thusongsentrum. Huis Wittekruin, algemene jaarvergadering, 09h30 vir 10h00, RSVP 23 Julie (022) 713 2230/9. Vrydag 3 Augustus: Kaas- en wynaand aangebied deur Gereformeerde Kerk Vredenburg/ Saldanha. Kobus Matthews en die Weskus-jeugorkes is die kunstenaars wat sal optree te Togryersvlei, Jacobsbaai. Koste van kaartjies R125 per persoon of R1000 vir `n tafel vir agt, Karel Steyn 072 476 8794, karelsteyn@gmail.com. Saterdag 4 Augustus: Kattebakverkoping by die Katolieke Kerk perseel op Langebaan tussen 09h00 en 12h00. Hier kan jy `n afsetpunt kry vir wit olifante, vars groente en vrugte, handwerk, of wat ookal. Heidi 083 779 5127, heidi.engelbrecht@gmail.com om te bespreek. NG Kerk Eendekuil se Damesoggend: 09:3012:30, NG Kerk Eendekuil se saal, praatjies deur Linda Kriel (Kry jou lyf), dr. Barnard (Leefstylsiektes) en Karlien Botha (Polkadot-modereeks), R200, sluit ligte ete en gelukstrekkings in – Elieda Matthee 082 823 3255. The Barn Owl St Helenabaai: bied die gewilde Solitary Souls aan met Johan Liebenberg wat hulde bring aan Johnny Cash, Cat Stevens, Don Williams, Eric Clapton en ander. Kaartjies teen R175 pp beskikbaar by Don 062 996 5406, barnowlonthebay@gmail.com. Sondag 5 Augustus: Mykonos Market at Athene, 10h00-15h00. Arts, crafts, food stalls, live entertainment, kids activities, local fisherman`s fair (022) 707 7000, info@clubmykonos. co.za Wednesday 8 August: Mad Hatter's Ladies Afternoon. Start at 13:15 for 13:30 at the NG Church Hall, Oostewal Street, Langebaan. R100 per person (includes goodie bag and snacks). Tickets available at Riana 078 179 8775 Donderdag 9 Augustus: Vrouedag-ete te Blue Bay Lodge, Saldanha tussen 09h00 en 14h00. Motiveringspreker Marciel Hopkins, kosdemonstrasie Sanet Eigelaar van Weskus Koekedoor-faam. Besprekings noodsaaklik (022) 714 1177, kaartjiekoste R260 pp of R240 pp vir tafel van 10. Zelda la Grange is die gasspreker by `n Vrouedagfunksie om 11h00 by Klub Mykonos se Athene Konferensiesentrum, Kaartjies beskikbaar teen R100 pp by www.mykonoscasino. co.za, Mykonos Casino Klientedienstoonbank. Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.

SPORT Weekliks

West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com.

Neem deel/ gaan kyk: Saterdag 28 Julie: Hoërskool Vredenburg Pret Gholfdag, R350 inskrywingsfooi, versnaperings en pryse ingesluit, (022) 772 2408. Friday-Saturday 3-4 August: The Western Province Motor Club All Tar Rally will see rally competitors joined by the racing fraternity at the Killarney International Raceway at this extremely popular spectator event, round 5 of the 2018 West Coast Rally Championship - Patrick Vermaak 083 701 8116. Saturday 25 August: Langebaan Half Marathon at Club Mykonos Resort, distances 21km, 10km, 5km. Information at www.entrytime. co.za/ 083 462 4400. Saturday 1 September: Thys du Toit Memorial MTB Challenge, Hopefield, four routes – Willem 082 923 2553. Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za. Saturday 6 October: 24 Hour MTB Challenge, Yzerfontein – 022 451 2202. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00.

Weskus se netbalspan skitter in PE-toernooi

Bo is die vroue van die Weskus-netbalspan wat onlangs in Port Elizabeth deelgeneem het. Agter van links staan Marieta Coetzee (afrigter), Francis Pieters (Vredenburg), Mekayla Barnard (Malmesbury), Janine Heyns (Malmesbury), Aliche Schnetler (Vredenburg), Hannarie Schreuder (Darling), Retha Muller (tegniese beampte), Charne Sias (Darling), Benita Malgas (Wesbank), Danielle Sheldon (Malmesbury) en Esta Visagie (spanbestuurder). Voor van links is Amber Coraaizen (V����������������������� e Mouton (Citrusdal). Die derde dag is `n baie fisiese wedstryd teen Die Weskus Dames A netbalspan het van 9-14 Julie aan die SPAR Nasionale Netbalkampioenskap Emikwinini B en die eindtelling is 48-42 in die guns van Emkwinini. te Port Elizabeth deelgeneem. Die wedstryd teen Vembe lewer aan die Die senuwees het geknaag en die eerste dag se warm weer het nie bygedra om dit beter te Weskusspan `n wentelling van 59-11. Weskus speel hulle laaste wedstryd teen Emmaak nie. Weskus speel hulle eerste wedstryd kwinini A tydens `n nat en koue dag. Die sterk teen Alfred Nzo en wen 48-42. Die tweede dag se twee wedstryde teen Joe en ervare span van Emkwinini A klop die Weskus Nqabi en Royal Buffokeng lewer ook baie goeie 62-20. Weskus eindig algeheel derde in die B4-afderesultate met wentellings van 79-21 en 53-34 ling en ontvang brons medaljes. onderskeidelik.

Maandelikse mark ark bied baie

Elke laaste Saterdag van die maand bied P.L.A.Y. `n Country Craft Market aan te Denlynpark, Langebaan. By hierdie mark is `n baie groot verskeidenheid ware te koop waaronder tuisgemaakte produkte, kunswerke, vars plaasprodukte en nog baie meer by die 30+ stalletjies waar ware vertoon word.

Die mark vind plaas tussen 09:00 en 13:00 en musiek word deurentyd verskaf. Om dinge nog aantrekliker te maak is daar ook verskeie interessante dinge vir kleingoed om te doen soos om te ry op Thomas die Trein, met "paddle"-karretjies rond te ry en sandkuns te doen. Enige navrae kan gerig word by lynne.p@ mweb.co.za.

Kontak ons • Contact Us

Redakteur: Izélle Garcia- izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson- ads@diecourant.co.za Bemarkers: Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws - accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

W

Tyd vir blomme kyk

anneer moeder natuur glimlag, breek helderkleurige blomme deur die aardkors op soek na son. Lente is bekend as een van die mooiste maande met alles wat blom. Ná ‘n droë 2017 en goeie reën gedurende vanjaar se winterseisoen, het die gewilde blommeprag vroeër aan die Weskus se deur kom klop en is dit nie nodig om te wag vir Lente nie. Wees voorbereid en loer deur die volgende wenke as jy vanjaar die wêreldwonder van aangesig tot aangesig wil aanskou. ‘n Foto kan tog nooit by die ware Jakob kers vashou nie. Of jy nou op soek is na ‘n daguitstappie tussen die blomme of ‘n toer deur reservate en plate veldblomme al langs die Swartland- en Weskus-

1 Augustus 2018

-roetes, kan die volgende wenke jou help. Die blomme het vanjaar reeds begin knipoog en verwelk gewoonlik aan die einde van September. Die intensiteit van die kleurpalet wat die aarde in hierdie tyd bedek, hou verband met die hoeveelheid reën wat in die winter geval het. Die beste tyd om blomme te kyk is tussen 10:30 en 16:00 die dag, omdat dit die warmste tyd van die dag is met die blomme wat hul gesiggies oopmaak sodra die son opkom. Die blomme kyk altyd na die son. Veldblomme is op hul gelukkigste in 14 grade Celcius. Die gemiddelde dagtemperatuur is sowat 18 grade, so hoewel teperature van dag tot die dag kan verskil, onthou daardie sonblok of warm baadjie.

5

Onthou om die weervoorspellings dop te hou. Blomme is geneig om toe te bly wanneer dit onweer of bewolk is. Besoekers word aangeraai om in ‘n noordelike rigting te reis en dan hulle roete suidwaarts terug te werk. Sou blommekykers ‘n sirkelroete wil volg, probeer om in ‘n westerlike rigting te reis gedurende die oggend, gevolg deur ‘n suidelike rigting en dan terug te keer in ‘n oosterlike rigting. Daar sal op plekke ‘n plaat Namakwalandseen reёngousblomme wees of vygies te sien wees, maar klim gerus uit die motor en gaan stap tussen die blomme om daardie ander versteekte spesies te gaan ontdek.

Maak asseblief net seker om nie die blomme te vertrap of te beskadig nie en moet nooit die blomme pluk nie. Maak die petroltenk lekker vol voor julle vertrek, want van die blomme is somtyds weggesteek op afgeleë plekke en ver weg van ‘n vulstasie. Selfoonopvangs mag dalk beperk wees van plek tot plek. Pak altyd ekstra drinkwater vir die pad in. Hou die pragtonele van die Weskus, Swartland en Namakwaland skoon. Moet nie rommel strooi nie en verwyder asseblief enige plastiekverpakkings wat die natuurskoon kan vernietig. – Karin Belo, eienaar van ‘n reisagentskap langs die Weskus.

The Darling Wildflower Society has been around for more than a century and the Society’s Show takes place annually over the third weekend in September. It celebrates an integral part of the Cape Fynbos Kingdom comprised of Renosterveld, Rietveld, Sandveld, and Strandveld where more than 1200 different species of flowers can

be found. And that’s not all. You can also look forward to a range of workshops. Visit the website at www.wildflowershow.co.za for more information. The following workshops can be attended at the 101st Darling Wildflower Show. Join Dale Wright for an educational Bird Talk on 14 September at 10:00 for children and 11:00 for adults. No costs and no bookings needed. Join Ron Moller and Jacques van der Merwe for a fun and informative way to improve your photography skills while exploring the abundance of fynbos in the Renosterveld Nature Reserve. This is their second year that they will be part of the wonderful Darling Wildflower Show and they are supper excited to meet you there. The Renosterveld trail is a level one trail and can be walked with ease. This walk is open to persons of all ages and children under the age of 12 join for free, provided they are accompanied by a paying adult. Costs are R385 per person and includes a two hour guided walk, entrance to the Darling Wild Flower Show and transport from and back to the show from 14 to 16 September at 10:00 to 12:00. Bookings can be found online. Flowers on the stoep is a fun filled workshop, with the theme, Make your own flower crown by Karen Moyle on 15 and 16 September at 09:30. Costs are R300 p.p. Bookings are necessary at karen@flowersonthestoep.co.za or cell 0825737736. Another fun workshop is the Fisherman’s Cottage with beach and sea painting workshop with Louis Pretorius on 15 September at 13:30 – 16:30. Book with Louis by calling him at 072 524 6549 or send and email to louis.pretorius@live.com. Costs are R300 p/p to attend the workshop and use their own materials to complete the artwork and R400 p/p to attend the workshop plus the following will be supplied - a canvas board 500mm x 350mm / turpentine with container / oil paints on a palette board/brushes and the use of a palette knife. Simply Bee will be talking about the different colours of honey and the fact that our bees are in danger on 15 September at 11:30 to 12:30. A kids art class can be found at The Wire Bicycle Art Studio with Melanie Mulder on 14 September at 14:00 – 15:00 and 15:30 – 16:30. Costs are R50. For bookings contact Mariaan@iloveyzer. co.za / 022 451 2202

Workshops available at ������� wershow


6

1 Augustus 2018

NUUS • NEWS

Belangrike nommers vir dié blommeseisoen

Dit is altyd ‘n goeie idee om die volgende nommers byderhand te hou en vooraf te skakel wanneer jy gaan blomme kyk.

Die Weskus-blomlyn: 072 938 8186 Sanparke: 022 772 2144 Weskus Toerisme: 022 433 8505 Clanwilliam Toerisme: 027 482 2024 Van Rhynsdorp Toerisme: 027 219 1552 Garies Toerisme: 027 652 1220 Springbok Toerisme: 027 712 8035.

As jy die blomme wil sien, is hierdie kaart van die Weskus-toerisme beslis een om naby te hou. Dit sal jou presies wys waar om te gaan om die mooiste blommeprag te geniet.


NUUS • NEWS

7

1 Augustus 2018

Blomme omskep Darling in 'n prentjie uit 'n droom Die natuur maak weer reg om ‘n blommeskouspel te lewer wat nie teleur sal stel nie. Danksy die Darling Veldblommevereniging se 101ste Darling Veldblommeskou, hoef aanhangers nie ver te gaan soek vir die prag wat jaarliks vir kilometers ver toeskouers bekoor nie. Vanjaar se veldblommeskou, wat al vir meer as ‘n eeu besoekers verwelkom, vind weer vanaf 14 tot 16 September by die Gholfklub plaas. Die skou vier ‘n geïntegreerde deel van die Kaapse Fynbos-koningkryk wat onder meer bestaan uit Renosterveld, Rietveld, Sandveld, en Strandveld waar meer as 1200 blommespesies gevind sal word. Die skou vier 101 jaar se bestaan met die tema wat gaan oor bewaring en die volgende generasie. Die uitstalling sal fokus op die Veldblommevereniging se ontwikkeling deur die 101 jare,

asook die Herbarium- projek. Die skou sal weer propvol aktiwiteite en vermaak wees vir jong en oud. Die kaartjies sluit die ingangsfooi tot die uitstalling in die landskapsaal wat die veldblomme in die area in hul natuurlike habitat ten toon stel. ‘n Kuns -en kosmark, ‘n veteraantrekker- en -motoruitstalling, ‘n vermaaklikheidstent wat regstreekse opvoerings sal bied en veilige parkering. Besoekers kan ook uitsien na ‘n verskeidenheid werkswinkels. Vir meer inligting oor die werkswinkels, kan die vereniging se webblad by www.darlingwildflowers.co.za besoek word. Besoekers kan vanjaar weer deur Darling rondrits met besoeke wat onder meer by die Darling Museum, Evita se Perron, die Duckitt Kwekerye, Darling se Hoofstraat en die Renosterveld Natuurreservaat sal aflê. Ouers sal ook bly wees om te hoor dat kinders

Hopefield skud hul vere reg vir nóg ‘n Fynbosskou. Die jaarlikse Fynbosskou is een van die grootste gemeenskapsgeleenthede van die area. Vanjaar vind die skou vanaf 30 Augistus tot 2 September plaas. Die skou fokus op die belangrikheid van die bewaring van die fynbosbiodiversiteit-sones wat direk rondom Hopefield geleë is. Hul blomme en plante-uitstallings word beskou as van die beste in Suid Afrika. Die unieke fynbosuitstallings sal in die Fiona Kotze-saal aangetref word. Die skou is vir die gemeenskap van die gemeenskap en is baie dankbaar om elke jaar vir die afgelope 29 jaar so baie mense te hê wat net spontaan kom deelneem om die skou die sukses te maak wat dit is. Hopefield Fynbosskou skop elke oggend vanaf 09:00 af. Op die eerste dag maak die deure om 17:00 toe. Die Vrydag en Saterdag, kan besoekers tot laat in die feestelikheid wat saam met ‘n skou kom, deel. Die skou sluit vir 2018 om 17:00 die Sondagmiddag. Toegangsfooie vir 30 Augustus sluit R25 vir volwassenes, R15 vir seniors en R10 vir kinders in. Vanaf Vrydag 31 Augustus tot Sondag 2 September kos kaartjies R45 vir volwassenes, R30

vir seniors en R20 vir kinders . Die ingangsfooie sluit vrye toegang tot die hele skouterrein in. Besoek hul webblad by www.hopefielskou. co.za om jou kaartjies te koop. Die amptelike skouterrein is bydie Hopefield Sportklub, maar die program sluit verskeie persele en aktiwiteite in wat op die dorp besoek kan word. Die organiseerders is baie opgewonde op besoekers te laat weet dat twee bussies van Hopefield Hoërskool beskikbaar gestel gaan word om besoekers vanaf die skouterrein op ‘n toer deur die dorp te neem. Van die bestemmings en aktwiwiteite sluit onder meer ‘n besoek aan die Anglikaanse Kerk met sy ryk geskiedenis in. Besoekers aan die skou kan onder meer varsgebakte brood vanuit ‘n kleioond daar aantref. ‘n Orrelvertoning vind in die NG-kerkgebou

ook heeldag besig sal bly met ‘n speelparkarea, terwyl ma en pa kan ontspan in die mini wyn- en biertent. Vier by vier entoesiaste kan uitsien na die vier-by-vier avonture op die plaas, Windhoek op 16 September. Vir meer inligting, kontak Charles by 072 723 2116. Jou ingangsfooi tot die skou help jaarliks om die bedreigde blommeryk vir die volgende generasies te bewaar. Besoek vanjaar die Darling Veldblommeskou en doen jou deel in die bewaring van die natuur Besoek die Darling Veldblommeskou op die Saterdag (15 September) vanaf 09:00 tot 17:00 en die Sondag vanaf 09:00 tot 15:00. Kaartjies kan reeds aanlyn by www.quicket.co.za gekoop word. Kaartjies vir volwassenes is R60, vir pensioenarisse, R40 (14 September) en vir kinders tussen 2 en 18, R40.

����� skud vere reg vir jaarlikse skou

plaas, asook ‘n skaapskeer-vertoning en ‘n insiggewende aanbieding oor onder meer bye, die voordeel van heuning en die belangrikheid van die spesie word by Simply Bee aangebied. Behalwe vir die fynbosuitstallings, is daar kunsstalletjies ook nog. En kom honger, want die heerslikste kosstalletjies met smullekker opsies is vanjaar op hul plek om van te kies en te keur. Vir meer inligting, kan ‘n e-pos aan info@ hopefieldfynbos .co.za gestuur word.

Datums om te onthou! Darling Veldblommeskou: 14 tot 16 September

Hopefield Fynbosskou: 30 Augustus tot 2 September

Clanwilliam Veldblomskou: 24 Augustus tot 2 September

Namakwaland Blommefees: 7 September tot 9 September


8

courant

NUUS • NEWS

dié

1 Augustus 2018

Tel: 022 487 3221

SPORT

1 Augustus 2018

Hoërskool Vredenburg

Raymond Papier (10) van St Helenabaai breek weg met die bal, terwyl Vredenburg se skrumskakel sy lopie probeer stuit.

Bo: Deanrow Snyders gaan druk vir St Helenabaai.

•KLOP VREDENBURG IN TWEEDE KRAGMETING TUSSEN SPANNE

St Helenabaai verhang bordjies in derby ST HELENABAAI:- St Helemabaai het Saterdag in ‘n opwindende Swartwes-rugbyliga se wedstryd van Boland Rugby-unie, die bordjies verhang, toe die span sy tweede derby-stryd teen Vredenburg met 19 – 13 gewen het. Vredenburg het met die eerste ronde wedstryd op sy tuisveld die septer geswaai, toe hulle die agterbaaiers naelskraap geklop het. St Helenabaai het die afgelope naweek egter nie gelyk soos ‘n span wat sy tweede tweestryd gaan verloor nie. Dit was veral in die tweede helfte duidelik, toe die tuisspan se voorspelers

duidelik begin domineer het. Die tuisspan se spelers was ook meer doelgerig op die aanval, met die plaasvervangerspelers wat ‘n reuse inpak gelewer het. Albei spanne se skoppers het ‘n nagmerrie namiddag gehad, met ‘n sterk suid-ooste wind wat skopwerk baie moeilik gemaak het. Die makropak van St Helenabaai was veral naby hulle doellyn gevaarlik, en hul rolmaal bewegings is moeilik deur die besoekers gestuit. “Ons span is nogal verswak, met sleutelspelers wat beseer is. “Ons gaan veral vir Ruan

Kleinsmith (14) en Clement Bouwers (no. 8) mis.” So het een van die besoekers se bestuurslede voor die wedstryd aan die courant gese. Alhoewel daar weinig tussen die spanne te kies was, het St Helenabaai verdien om die wedstryd te wen. Vir ‘n derby-wedstryd was die wedstryd hard, maar skoon met aanskoulike hardloop-rugby. Vredenburg het eerste punte aangeteken met ‘n strafskop, nadat albei skoppers reeds maklike kanse verbrou het. Mark Botha druk Vredenburg se enigste vyf-punter, met die losskakel wat

doelskop en twee strafskoope oorsit. St Helenabaai se eerste vyf punter is deur Raymond Papier (losskakel) aangeteken, wat ook suksesvol was met skep en twee strafskoppe. Deanrow Snyders (vleuel) teken vir St helenabaai ‘n laaste vyf punte aan. Hopefield:- Die O/8 en O/9 spanne van verskeie laerskole aan die weskus, het Saterdagoggend behoorlik die rieme neergele in hul onderskeie rugby-wedstryde op die Ronnie Louw-sportgronde. -George April

All Tar! With a touch of gravel when you run wide or outbrake yourself, but take note! The scenery at the Killarney International Raceway are fixtures, rather solid concrete fixtures in most cases and you are advised to avoid making contact at all times! When in doubt do a Andy Haigh-Smith and spin Ettiene du Toit before disappearing down the hole in the wall, but remember to bring your own camera crew as the WPMC All Tar Rally on Saturday, 4 August 2018, will not be televised, but social media reaches everywhere and interest in the Western Cape Rally Championship extends far beyond the South African borders. Mix the current rally teams with a healthy dose of bichumen experts from various categories currently contesting the Wingfield Motors Power Series Regional Championships and you have the

recipe for quite a spectacle and the potential for this event to grow to premier status as even your service crew are able to spectate almost every stage as the entire event is run within the Killarney International Complex. Constituting round five of seven in the 2018 Western Cape Rally Championship one could expect the trackers to dominate overall as the rallyists will be focusing on earning points towards their individual class and overall championship status as drivers and navigators. To the trackers this is personal bragging rights that are at stake and flatout will hopefully see them achieve their respective goals. The surprise of the 2018 S3 category has to be the impressive pace and consistency shown by Darren van Greunen (Bellville) and Quinton Swarts

(Langebaan) in the Vyekraal Dairy 415 WBMK S3 Toyota Run X RSi 1.6. To date they have simply not made any mistakes and Darren holds the high jump record in the pits with his ex-Gugu Zulu VW Golf! Based on sheer determination this is the danger combination and they will not be reigning in the horses on Saturday. Team 432, another ultra consistent team with Andy Haigh-Smith (Malmesbury) and Tania Vermaak (Strand), intent on adding another fine result to their tally in the AHS Racing 432 CPMCC / WBMK S3 Mitsubishi Lancer GT1600. Not only are they currently third overall on the points log, they are actually heading the S3 despite them driving the oldest and most underpowered car in the category. Did we mention that at age 70 Andy Haigh-Smith is also the most senior active rally driver in South

Africa! The consistency of Andy Haigh-Smith (Malmesbury) / Tania Vermaak (Strand), Julian Calvert (Goodwood) and Marius Rudolph (Bothasig) and unpredictability of Erin Joshua (Retreat) and Dylan Timmes (Muizenberg), Faizel Davids / Terry Croy and a few more makes this the most competitive category of the championship for the second successive year and still they come! Oh, did we mention the fact that should it rain, this will become a completely different rally as wet tarmac presents yet another challenge to competitors? Worse still would be a little bit of rain that leaves the surface greasy difficult to judge, but that is why rallying remains the ultimate challenge in motorsport! Patrick Vermaak

Locals show their stuff at all tar race experience


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook