courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
1 Augustus 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 480
1 Augustus 2018
•MA DEUR EIE SEUNS GEÏNSPIREER TOT WELDAAD
Deur van Lewe gee babas tweede kans •Jaomi Zeeman Weggooi-babas sal binnekort ‘n veilige heenkome in Wellington hê wanneer die Door of Life, waar mammas ongewenste babas kan los, geopen word. Die Wellingtonner Marlet Meadon is die dryfveer agter hierdie projek en sy werk kliphard sodat hierdie inisiatief eersdaags van stapel gestuur kan word. Die 25-jarige Marlet is die ma van twee seuntjies en sy en haar gesin woon al ongeveer 6 jaar op ‘n plaas buite Wellington. Volgens Marlet kan sy en haar man hul liefde vir alle lewende dinge hier ten volle uitleef. “Ons is vreeslik lief vir diere en ek sou sê dis ook waar ons inneem- en aanneem-geaardhede seker vandaan kom. Ons neem graag diere aan en trek nou al by 14 honde!” lag sy. “Ons is lief daarvoor om by te dra tot gemeenskapsprojekte en ek dink dit is ook deel van die rede hoekom ons besluit het om iets groter vir ons gemeenskap te doen,” vertel Marlet oor die motivering vir die Door of Life inisiatief. Sy het die afgelope twee jaar as ‘n kantoorbestuurder gewerk, maar gaan dit binnekort verruil om haar droom om ‘n Graad R-onderwyseres te wees, te bewaarheid. “Ek studeer tans deur die pos en gaan nou voltyds hieraan aandag gee, asook om die Door of Life projek te bevorder,” sê sy. Maret se gedrewenheid om kinders te help, spruit uit ‘n eie ondervinding wat haar lewe handomkeer verander het. “Ek het ‘n week na my 20ste verjaardag uitgevind ek is swanger met my eerste seuntjie. "Dit was onbepland, ek was ongetroud en met geen kennis van kinders nie. Ek kan 'relate' met jong ma’s wat totaal en al geskok en onseker is van hul toekoms sodra hul uitvind hulle is swanger en dit is onbeplan. "Daar is soveel dinge wat bydra tot die besluitneming om jou kind te 'dump' of weg te gee, maar ek weet ek kan die meisies en vrouens se persoonlike besluite verstaan sónder om te oordeel, omdat ek self daardeur is. Ek het twee pragtige seuns wat my lewe so kom verander het en hulle het my liefde vir kinders laat 'spark'. Elke kind verdien die kans op lewe,`n liefdevolle gesin en `n blink toekoms,” sê sy. Marlet kan egter nie die Door of Life-projek sonder die samewerking van talle ander plaaslike instansies bedryf of op die been bring nie. Sy werk saam met NorSA Community Care, asook Procare. Dié organisasies behartig die tydelike plek van veiligheid vir die babas en die langtermyn-plasings. Die Baby Safe Organisation bied die fisiese boks en
die netwerk wat dit moontlik maak om so ‘n inisiatief volgens die regte kanale te bestuur. Die Door of Life-houer sal uiteindelik op die hoek van Mellingstraat geplaas word. “Dit sal op die skoolgronde van die Pauw Gedenk Primêre Skool, regoor die minibus-staanplek, geplaas word. Ons mik dat ons boks teen einde Augustus, begin September aktief sal wees. Dit sal 24/7 oop wees, met geen kameras en altyd anoniem bedryf word. Ons sal die dag van installasie aankondig,” sê Marlet. Volgens haar sal die boks deur die draad van die skool se perseel na buite kan oopmaak. Die mamma kan dan die baba binne die boks plaas. “Sodra sy die deurtjie toemaak, sal die boks outomaties sluit. Die mamma sal altyd anoniem bly en die boks is altyd oop vir gebruik. Ons gaan ook sorg dat daar `n instruksiebord is en dat die boks duidelik gemerk is. Ek, my man of ons ander lede sal binne minute by die boks wees as ons `n aanduiding op ons fone kry dat daar moontlik `n baba is. Die boks werk met `n sensor. `n Ambulans, asook sekuriteitspersoon sal ontbied word sodat die baba geëvaluuer kan word en dan hospitaal toe geneem kan word,” verduidelik Marlet. ‘n Maatskaplike werker van NorSA sal van hier af die proses verder voer. Marlet en haar man is ook verplig om gekwalifiseerd te wees om basiese noodhulp op ‘n baba te kan toepas indien daar hulp sou nodig wees totdat ‘n ambulans opdaag. Volgens Marlet maak die sensitiwiteit van die projek dat hulle voor talle uitdagings te staan kom. “Daar is hope mense wat opinies lewer en nie
huiwer om negatief eerder as positief te wees nie. Maar ons verstaan elkeen het die reg tot sy opinie en respekteer dit. Ons het al gehoor dat ons seksuele gedrag aanmoedig en `n maklike manier skep vir ma`s om net `weg te kom` met hul dade. Ons redeneer liewer dat so `n lewe onskuldig is en dat ons eerder wil sien dat `n ma haar baba in veiligheid plaas as om die baba in `n drom te gooi, te vermoor of in die toilet af te spoel. Ons probeer altyd mense motiveer om te sien dat die baba steeds God se skepping is, ongeag die moeder se optrede. Finansieel het ons natuurlik ook struikelblokke, maar ons het `n hele paar helpende hande waarvoor ons so dankbaar is en ons spaar maar soos ons vorentoe beweeg met die projek. Dit was `n lang proses, maar ons is baie gelukkig om nou hier te wees,” sê sy. Op die oomblik is hul nommer een behoefte dat die nuus oor die baba-boks in die gemeenskap versprei sal word. As mense daarvan weet, sal hulle weet waarheen om te gaan as hulp benodig word. Op hul facbook-blad, Door of Life Baby Saver, is meer inligting oor die projek en ‘n PDF-dokument kan aangevra word wat mense sal toelaat om plakkate en pamflette hieroor te druk en te versprei. Volgens Marlet is skenkings van tweedehandse klere en kombersies, sowel as ‘n klompie gebede vir die projek, ook welkom. “My groot inspirasie is my seuns. As ek nie my oudste seun so jonk gehad het nie, sou ek seker nooit so na ‘n kind gekyk het nie. Ek weet êrens is daar ouers vir hierdie babas wat ook presies dieselfde oor hulle gaan voel,” sê Marlet.
NUUS • NEWS
2
1 Augustus 2018
•DARLING TRUST SE JEUG OOK BY PROJEK BETROKKE
NUUS • NEWS
Goldberg open Madiba-uitstalling •Jaomi Zeeman ‘n Uitstalling ter viering van Nelson Mandela se 100ste verjaardag en Mandeladag het op Saterdag 14 Julie in die Breytenbach-galery geopen. Hierdie uitstalling, met die naam Shwe-Shwe, bestaan uit kunswerke deur die kinders van die gemeenskap betrokke by die Darling Trust Kuns en Lewensvaardighede-program onder leiding van Adri van Aswegen-Janse van Vuuren. Die uitstalling is die uitbeelding van ‘n passievolle en intieme reis wat die groep kinders sedert 2008 as deel van die program meemaak en bestaan uit kunswerke in verskillende mediums. Die openingspreker by die geleentheid was Denis Goldberg. Goldberg, wat as destydse vryheidsaktivis self vir 22 jaar in die tronk was, het ‘n inspirerende toespraak gelewer. “Die swaarste ding wanneer ‘n mens so lank in die tronk is, is dat jy nooit kinders sien nie. Ek was net 22 jaar in die tronk. Vir Madiba was dit nog erger - hy was vir 27 jaar in die tronk. Dit is vandag wonderlik om hierdie kinders in die galery te sien. Die feit dat hulle die kunstenaars van hierdie pragtige kunswerke is wat Nelson Mandela se lewe en erfenis vereer, maak dit nog meer spesiaal,” het hy gesê. Goldberg het ook oor Afrikaans gepraat. “Ons is vandag hier in die Breytenbach-galery. Breyten Breytenbach was ook ‘n vryheidsvegter wat teen apartheid gekant was. Ons moet onthou dat Afrikaans almal se taal is. Mense soos Breyten en Jakes Gerwel het van Afrikaans ‘n taal gemaak waarin mense kan opstaan vir wat reg is,” het hy gesê.
Volgens Goldberg is Nelson Mandela se nalatenskap ‘n navolgenswaardige een. “Ons moet nie net onthou hoe Nelson Mandela gelyk het nie. Ons moet veral onthou wat hy gedoen en gesê het. Hy het byvoorbeeld gesê dat opvoeding voor bevryding moet kom, nie andersom nie. Dit is iets waarop mense, veral in vandag se politieke landskap, moet ag slaan. Dit is verstaanbaar dat daar nog mense is wat bitter voel oor die verlede, maar ons moet nou aan die toekoms dink. Ons grootste beloning vir die moeilike pad wat ons land tot hier moes loop, sal ‘n versoenende gemeenskap waar almal Mandela se erfenis vier, wees,” het hy afgesluit. Adri van Aswegen-Janse van Vuuren, wat die Darling Trust se Kuns en Lewensvaardighede program lei, het die prosesse en betekenis van die kinders se kunswerke verduidelik. Sy het ook lig op die keuse van die titel van die uitstalling, naamlik “Shwe-Shwe! Mandela Madiba”, gewerp. “Die shwe-shwe materiaal, wat so tipies Afrika is, het as inspirasie gedien. Dit is kleurvol, die patrone is ritmies en opwindend en dit word ook verbind met Madiba se kleurvolle hemde. Dit het as ‘n metafoor ontwikkel wat Madiba se kleurvolle bydrae in ‘n grys tyd in ons land verbeeld. Nelson Mandela se vermoë om met deursettingsvermoë en ‘n positiewe ingesteldheid aan te beweeg, ten spyte van moeilike en pynlike gebeure, sowel as sy humorsin is ‘n voorbeeld wat ons uitdaag om te kies hoe ons ons lewens wil lei,” het sy verduidelik. Die opening van die uitstalling is met die
voorlesing van ‘n ode aan Mandela deur Adri afgesluit. Daarna is 50 duiwe vrygelaat. “Dit is ‘n simbool van vryheid, van die feit dat ons weet waar ons hoort, maar ook ‘n teken van vrede,” het Adri gesê.
Die Wellington Boekklub het op Donderdag 19 Julie vir die bekendstelling van Piet van As se boek, ‘n Bek vol Strandveld, in die Bôrdienghuis Teater bymekaar gekom. Amanda Botha, ‘n samesteller, joernalis en wyd-gepubliseerde skrywer, het tydens die geleentheid met Piet oor sy nuwe boek in gesprek getree. Piet is ‘n gebore Strandvelder en Amanda het hom as ‘n “eenmalige verskynsel”, “iemand wat net is soos hy is” en “outentiek” beskryf. Sy boek is die resultaat van sy ryke geskiedenis, interessante ondervindings en sy vermoë om stories te vertel. “Ek het tussen mense met stories grootgeword in die Strandveld. "My familie was almal storie-mense. Stories is ‘n kombuistafel en ‘n om-die-vuur-ding en dit was my lewe lank my verwysingsraamwerk. "Al die stories in my boek het ‘n ware basis. Wat die res betref, loop hy maar sy eie loop,” het Piet, wat nie daarin glo om sy karakters fiktiewe name te gee nie, oor die egtheid van sy stories vertel. Amanda het tydens hul gesprek ook na Piet se noue verhouding, gedurige korrespondensie en samewerking met die bekende skrywer Dalene Matthee verwys. “Ek was baie lief vir daardie bedonderde antie,” het hy gelag. Piet het vir Dalene van inligting voorsien met die skryf van haar “Petronella van die Kaap”, sowel as met die skryf van haar laaste roman. “Ek het self vir jare op die see gewerk en het vir Dalene die inligting oor seilskepe, kos wat op skepe geëet word en ander see-verwante dinge vir haar boek gegee. "Ek het van kleins af saam met die ou visser-
manne op Struisbaai see toe gegaan en self op die Antarktiese navorsingskip, die RSA, asook die Augulhas 1 na Antarktika en Marion-eiland gewerk,” het hy vertel. Piet het Dalene ook van inligting vir haar laaste roman, Die Uitgespoeldes, voorsien. Hy het in der waarheid die idee vir die boek aan haar “verkoop”. Die karakters in die boek, Lord en Lady Springfield, is op ware karakters in die Strandveld gebaseer. “My pa was ‘n voorman op een van die Lord se plase. My oupagrootjie het ook altyd vertel van die vrou wat in die 1880’s by Brandfontein uitgespoel het en vir drie maande niks gepraat het nie,” het hy oor die idee vir Dalene se boek vertel. Piet is nie net ‘n storieverteller en skrywer nie - hy staan immers in die Strandveld as “Piet Prentjies” bekend. Hierdie titel verwys na die talle sketse wat hy sy herinneringe, omgewing en stories maak. Sy boek, ‘n Bek vol Strandveld, bevat ook talle van sy sketse. Hy het ook vir Dalene Matthee se boek “prentjies gemaak”. Amanda het Piet oor sy verbintenis en vriendskap met talle bekendes in die skryfwêreld en vermaaklikheidsbedryf gepols. Hy was onder andere groot vriende met Pieter Pieterse, Ronnie Belcher, George Weideman, asook Jan Rabie en Marjorie Wallace. Die film Krotoa is ook op sy plaas geskiet en Piet en sy vrou het vir die duur van die verfilming al die akteurs en die hele filmspan op hul plaas gehuisves en gevoed. “Dit is ‘n voorreg om Piet se boek in my hand te hou. Dit is iets wat ek hom jare al gun.
Talle Wellingtonners het tougestaan om die skrywer te ontmoet en hul boeke te laat onderteken. "Met ‘n Bek vol Strandveld herwin hy iets van werklikheid ‘n mens slyp, en nie sosiale media ‘n nostalgiese tyd, ‘n sfeer van menslikheid. nie. Sy stories gaan oor mense wat regtig mense Dit is ‘n groot bydrae tot Suid-Afrikaanse was, oor ‘n reis van die een na die ander. streekstories. Piet is in die grond gevestig. "Dit is iets wat ons vandag, meer as ooit, "Hy verstaan dat die elemente, mense en die nodig het,” het Amanda afgesluit.
Agter is Adri van Aswegen-Janse van Vuuren, die begeleier van die kuns-en lewensvaardigheidsklasse, en Tasha St John-Reid van die Darling Trust, saam met die openingspreker, Denis Goldberg. Die gaste en kunstenaars het hierna heerlike eet- en drinkgoed geniet, terwyl hul hul aan die pragtige, kleurvolle kunswerke verwonder het. Die uitstalling duur tot 4 Augustus.
Bekendstelling van “’n Bek vol Strandveld” lok talle
NUUS • NEWS
1 Augustus 2018
Ouerskap by Depressie- en Angsondersteuningsgroep bekyk
Bederf:
Pauw Gedenk Primêr se leerders het as deel van Mandela-maand na die bejaardes van die Gemoedsrus Dienssentrum uitgereik en hulle met geskenkies bederf. Op die foto is die skoolhoof, Julius Williams, saam met leerders tydens die oorhandiging.
Sew-a-thon-projek maak komberse vir kinders
Die I love Sewing-naaldwerk-akademie het die afgelope week ‘n “Sew-a-thon” ten bate van minderbevoorregte kinders geloods. Hierdie projek is dié instansie se manier om ‘n bydrae tot die gemeenskap in Mandela-maand te lewer. Hulle wil soveel as moontlik komberse maak wat hul aan die Ma’s vir Wellington-organisasie se kinders wil skenk. Volgens Hestie van Wyk en Wilma Busse van I love Sewing, het hul deur middel van sosiale media lap-skenkings vir die projek gevra. “Ons is oorweldig deur die gemeenskap se reaksie op hierdie projek. "Mense het letterlik bokse en sakke vol lappe hier kom aflewer. Sommiges het selfs lappe gaan koop om tot die projek by te dra. "Wellington se mense is regtig wonderlik,” het hulle gesê. Op Woensdag 25 Julie was die werkkamer van die I love Sewing-naaldwerk-akademie ‘n behoorlike byenes van bedrywighede. Talle vrywilligers het ‘n tydjie in hul dag ingeruim om te help lappies sny, aanmekaar te speld en te stik om pragtige lappieskomberse vir die kinders van Ma’s vir Wellington te maak. “Ons wou baie graag in Mandela Maand iets in die gemeenskap terugploeg. "Ons het baie naaimasjiene en ons beskik oor sekere vaardighede. Ons het besluit om dit, met die hulp van die gemeenskap en vry-
3
willigers, te gebruik om iets nuttig te maak vir mense wat dit nodig het,” het Hestie verduidelik. Volgens Wilma en Hestie was Ma’s vir Wellington ‘n voor-die-hand-liggende keuse as ‘n begunstigde vir hierdie projek. “Ma’s vir Wellington doen ‘n ontsettende belangrike werk in ons gemeenskap. "Ons kinders is die toekoms en as ons in hulle belê, sal daar oor ‘n paar jaar goeie vrugte gepluk word. "Die instansie het hulle as ‘n integrale hulpbron in ons gemeenskap gevestig. "Hulle is geloofwaardig en daarom wil ons hulle ondersteun,” het hulle gesê. Die I love Sewing Naaldwerkakademie het reeds tydens die skoolvakansie met die maak van lappies vir hierdie projek begin. Kinders wat tydens die vakansie ‘n naaldwerkkursus gevolg het, het elkeen ‘n lappie gemaak en versier wat ook deel van ‘n kombers sal word. “Die projek is nie iets wat in een dag voltooi sal word nie. "Ons woeker om soveel as moontlik komberse klaar te maak, maar sal oor die volgende paar weke en maande voortgaan om die lap wat ons as skenkings ontvang het tot komberse te verwerk. Ons wil uiteindelik graag vir elke kind in die sorg van Ma’s vir Wellington ‘n kombers gee,” het Hestie gesê.
Die plaaslike Depressie- en Angsondersteuningsgroep het op Dinsdag 24 Julie ‘n byeenkoms in die Martha-saal gehad. Tydens hierdie byeenkoms het Luc Scheepers, ‘n Kliniese Sielkundige, meer lig op verskillende ouerskapstyle en die invloed wat dit op kinders het, gewerp. Hierdie byeenkoms was die Ondersteuningsgroep, wat voorheen onder leiding van Petro Greeff aktief was, se eerste vergadering onder leiding van die nuwe organiseerder, Riana Conradie. Riana het tydens haar verwelkomingstoespraak hulde gebring aan die werk wat haar voorganger by die groep gedoen het. “Ek eer die nalatenskap wat Petro, wat hierdie groep op die been gebring het, vir ons gelos het. Ek sal graag dit wat sy hier tot stand gebring het, wil laat voortleef. Ons betree nou ‘n nuwe era met die groep, maar ek sal steeds by Petro raad vra en haar kennis gebruik om voort te bou op die goeie werk wat sy hier gedoen het,” het Riana gesê. Luc, wat ‘n praktyk in die Paarl het, het oor die invloed van verskillende ouerskapstyle op kinders gepraat. Volgens hom is kennis mag. “As mense verstaan watter invloed hul optrede en toepassing van outoriteit in die opvoeding van kinders het, kan hulle beter daarop ag slaan en aanpassings maak, sowel as sekere negatiewe gevolge verhoed,” het hy gesê. Luc het die vier basiese ouerskapstyle, sowel as hul kenmerkende optredes en response bespreek. Hy het ook die gevolge van sekere leemtes in die ouerskapstyle met toepaslike voorbeelde van gevalle wat hy daagliks in sy spreekkamer sien, toegelig. Volgens hom is daar vier tipes ouerskapstyle wat mense toepas, naamlik die gesaghebbende styl, die permissiewe styl, die onbetrokke en die
outoritêre style. “Waar die outoritêre, permissiewe en onbetrokke ouerskapstyle voorwaardes vir kinders se waardes by hulle aanwakker - standaarde waaraan hulle glo hul moet voldoen voordat hul mense se liefde en goedgesindheid kan verdien - doen die gesaghebbende styl dit nie. Met die gesaghebbende ouerskapstyl vind ‘n mens effektiewe kommunikasie, ‘n wedersydse verstandhouding waar alle partye se gevoelens in ag geneem word, sowel as hulp met die oplossing van konflik,” het Luc gesê. Hy het elke styl met gevallestudies toegelig en benadruk dat niemand perfek is of noodwendig net een styl toepas nie. “Solank ouers goeie bedoelings het, hul kinders se beste belange op die hart dra en ondersteunend en met liefde, maar met gesag optree, sal hulle kinders okay wees, selfs al maak hulle soms foute,” het hy gesê. Die gaste kon, na afloop van Luc se praatjie, vrae stel. Die aand is met heerlike eetgoed en koffie afgesluit.
4
W
Tyd vir blomme kyk
anneer moeder natuur glimlag, breek helderkleurige blomme deur die aardkors op soek na son. Lente is bekend as een van die mooiste maande met alles wat blom. Ná ‘n droë 2017 en goeie reën gedurende vanjaar se winterseisoen, het die gewilde blommeprag vroeër aan die Weskus se deur kom klop en is dit nie nodig om te wag vir Lente nie. Wees voorbereid en loer deur die volgende wenke as jy vanjaar die wêreldwonder van aangesig tot aangesig wil aanskou. ‘n Foto kan tog nooit by die ware Jakob kers vashou nie. Of jy nou op soek is na ‘n daguitstappie tussen die blomme of ‘n toer deur reservate en plate veldblomme al langs die Swartland- en Weskus-
1 Augustus 2018
-roetes, kan die volgende wenke jou help. Die blomme het vanjaar reeds begin knipoog en verwelk gewoonlik aan die einde van September. Die intensiteit van die kleurpalet wat die aarde in hierdie tyd bedek, hou verband met die hoeveelheid reën wat in die winter geval het. Die beste tyd om blomme te kyk is tussen 10:30 en 16:00 die dag, omdat dit die warmste tyd van die dag is met die blomme wat hul gesiggies oopmaak sodra die son opkom. Die blomme kyk altyd na die son. Veldblomme is op hul gelukkigste in 14 grade Celcius. Die gemiddelde dagtemperatuur is sowat 18 grade, so hoewel teperature van dag tot die dag kan verskil, onthou daardie sonblok of warm baadjie.
NUUS • NEWS
Onthou om die weervoorspellings dop te hou. Blomme is geneig om toe te bly wanneer dit onweer of bewolk is. Besoekers word aangeraai om in ‘n noordelike rigting te reis en dan hulle roete suidwaarts terug te werk. Sou blommekykers ‘n sirkelroete wil volg, probeer om in ‘n westerlike rigting te reis gedurende die oggend, gevolg deur ‘n suidelike rigting en dan terug te keer in ‘n oosterlike rigting. Daar sal op plekke ‘n plaat Namakwalandseen reёngousblomme wees of vygies te sien wees, maar klim gerus uit die motor en gaan stap tussen die blomme om daardie ander versteekte spesies te gaan ontdek.
Maak asseblief net seker om nie die blomme te vertrap of te beskadig nie en moet nooit die blomme pluk nie. Maak die petroltenk lekker vol voor julle vertrek, want van die blomme is somtyds weggesteek op afgeleë plekke en ver weg van ‘n vulstasie. Selfoonopvangs mag dalk beperk wees van plek tot plek. Pak altyd ekstra drinkwater vir die pad in. Hou die pragtonele van die Weskus, Swartland en Namakwaland skoon. Moet nie rommel strooi nie en verwyder asseblief enige plastiekverpakkings wat die natuurskoon kan vernietig. – Karin Belo, eienaar van ‘n reisagentskap langs die Weskus.
The Darling Wildflower Society has been around for more than a century and the Society’s Show takes place annually over the third weekend in September. It celebrates an integral part of the Cape Fynbos Kingdom comprised of Renosterveld, Rietveld, Sandveld, and Strandveld where more than 1200 different species of flowers can
be found. And that’s not all. You can also look forward to a range of workshops. Visit the website at www.wildflowershow.co.za for more information. The following workshops can be attended at the 101st Darling Wildflower Show. Join Dale Wright for an educational Bird Talk on 14 September at 10:00 for children and 11:00 for adults. No costs and no bookings needed. Join Ron Moller and Jacques van der Merwe for a fun and informative way to improve your photography skills while exploring the abundance of fynbos in the Renosterveld Nature Reserve. This is their second year that they will be part of the wonderful Darling Wildflower Show and they are supper excited to meet you there. The Renosterveld trail is a level one trail and can be walked with ease. This walk is open to persons of all ages and children under the age of 12 join for free, provided they are accompanied by a paying adult. Costs are R385 per person and includes a two hour guided walk, entrance to the Darling Wild Flower Show and transport from and back to the show from 14 to 16 September at 10:00 to 12:00. Bookings can be found online. Flowers on the stoep is a fun filled workshop, with the theme, Make your own flower crown by Karen Moyle on 15 and 16 September at 09:30. Costs are R300 p.p. Bookings are necessary at karen@flowersonthestoep.co.za or cell 0825737736. Another fun workshop is the Fisherman’s Cottage with beach and sea painting workshop with Louis Pretorius on 15 September at 13:30 – 16:30. Book with Louis by calling him at 072 524 6549 or send and email to louis.pretorius@live.com. Costs are R300 p/p to attend the workshop and use their own materials to complete the artwork and R400 p/p to attend the workshop plus the following will be supplied - a canvas board 500mm x 350mm / turpentine with container / oil paints on a palette board/brushes and the use of a palette knife. Simply Bee will be talking about the different colours of honey and the fact that our bees are in danger on 15 September at 11:30 to 12:30. A kids art class can be found at The Wire Bicycle Art Studio with Melanie Mulder on 14 September at 14:00 – 15:00 and 15:30 – 16:30. Costs are R50. For bookings contact Mariaan@iloveyzer. co.za / 022 451 2202
Workshops available at ������� wershow
NUUS • NEWS
1 Augustus 2018
5
6
1 Augustus 2018
NUUS • NEWS
Belangrike nommers vir dié blommeseisoen
Dit is altyd ‘n goeie idee om die volgende nommers byderhand te hou en vooraf te skakel wanneer jy gaan blomme kyk.
Die Weskus-blomlyn: 072 938 8186 Sanparke: 022 772 2144 Weskus Toerisme: 022 433 8505 Clanwilliam Toerisme: 027 482 2024 Van Rhynsdorp Toerisme: 027 219 1552 Garies Toerisme: 027 652 1220 Springbok Toerisme: 027 712 8035.
As jy die blomme wil sien, is hierdie kaart van die Weskus-toerisme beslis een om naby te hou. Dit sal jou presies wys waar om te gaan om die mooiste blommeprag te geniet.
NUUS • NEWS
7
1 Augustus 2018
Blomme omskep Darling in 'n prentjie uit 'n droom Die natuur maak weer reg om ‘n blommeskouspel te lewer wat nie teleur sal stel nie. Danksy die Darling Veldblommevereniging se 101ste Darling Veldblommeskou, hoef aanhangers nie ver te gaan soek vir die prag wat jaarliks vir kilometers ver toeskouers bekoor nie. Vanjaar se veldblommeskou, wat al vir meer as ‘n eeu besoekers verwelkom, vind weer vanaf 14 tot 16 September by die Gholfklub plaas. Die skou vier ‘n geïntegreerde deel van die Kaapse Fynbos-koningkryk wat onder meer bestaan uit Renosterveld, Rietveld, Sandveld, en Strandveld waar meer as 1200 blommespesies gevind sal word. Die skou vier 101 jaar se bestaan met die tema wat gaan oor bewaring en die volgende generasie. Die uitstalling sal fokus op die Veldblommevereniging se ontwikkeling deur die 101 jare,
asook die Herbarium- projek. Die skou sal weer propvol aktiwiteite en vermaak wees vir jong en oud. Die kaartjies sluit die ingangsfooi tot die uitstalling in die landskapsaal wat die veldblomme in die area in hul natuurlike habitat ten toon stel. ‘n Kuns -en kosmark, ‘n veteraantrekker- en -motoruitstalling, ‘n vermaaklikheidstent wat regstreekse opvoerings sal bied en veilige parkering. Besoekers kan ook uitsien na ‘n verskeidenheid werkswinkels. Vir meer inligting oor die werkswinkels, kan die vereniging se webblad by www.darlingwildflowers. co.za besoek word. Besoekers kan vanjaar weer deur Darling rondrits met besoeke wat onder meer by die Darling Museum, Evita se Perron, die Duckitt Kwekerye, Darling se Hoofstraat en die Renosterveld Natuurreservaat sal aflê. Ouers sal ook bly wees om te hoor dat kinders
Hopefield skud hul vere reg vir nóg ‘n Fynbosskou. Die jaarlikse Fynbosskou is een van die grootste gemeenskapsgeleenthede van die area. Vanjaar vind die skou vanaf 30 Augistus tot 2 September plaas. Die skou fokus op die belangrikheid van die bewaring van die fynbosbiodiversiteit-sones wat direk rondom Hopefield geleë is. Hul blomme en plante-uitstallings word beskou as van die beste in Suid Afrika. Die unieke fynbosuitstallings sal in die Fiona Kotze-saal aangetref word. Die skou is vir die gemeenskap van die gemeenskap en is baie dankbaar om elke jaar vir die afgelope 29 jaar so baie mense te hê wat net spontaan kom deelneem om die skou die sukses te maak wat dit is. Hopefield Fynbosskou skop elke oggend vanaf 09:00 af. Op die eerste dag maak die deure om 17:00 toe. Die Vrydag en Saterdag, kan besoekers tot laat in die feestelikheid wat saam met ‘n skou kom, deel. Die skou sluit vir 2018 om 17:00 die Sondagmiddag. Toegangsfooie vir 30 Augustus sluit R25 vir volwassenes, R15 vir seniors en R10 vir kinders in. Vanaf Vrydag 31 Augustus tot Sondag 2 September kos kaartjies R45 vir volwassenes,
R30 vir seniors en R20 vir kinders . Die ingangsfooie sluit vrye toegang tot die hele skouterrein in. Besoek hul webblad by www.hopefielskou.co.za om jou kaartjies te koop. Die amptelike skouterrein is bydie Hopefield Sportklub, maar die program sluit verskeie persele en aktiwiteite in wat op die dorp besoek kan word. Die organiseerders is baie opgewonde op besoekers te laat weet dat twee bussies van Hopefield Hoërskool beskikbaar gestel gaan word om besoekers vanaf die skouterrein op ‘n toer deur die dorp te neem. Van die bestemmings en aktwiwiteite sluit onder meer ‘n besoek aan die Anglikaanse Kerk met sy ryk geskiedenis in. Besoekers aan die skou kan onder meer varsgebakte brood vanuit ‘n kleioond daar aantref. ‘n Orrelvertoning vind in die NG-kerkgebou
ook heeldag besig sal bly met ‘n speelparkarea, terwyl ma en pa kan ontspan in die mini wyn- en biertent. Vier by vier entoesiaste kan uitsien na die vier-by-vier avonture op die plaas, Windhoek op 16 September. Vir meer inligting, kontak Charles by 072 723 2116. Jou ingangsfooi tot die skou help jaarliks om die bedreigde blommeryk vir die volgende generasies te bewaar. Besoek vanjaar die Darling Veldblommeskou en doen jou deel in die bewaring van die natuur Besoek die Darling Veldblommeskou op die Saterdag (15 September) vanaf 09:00 tot 17:00 en die Sondag vanaf 09:00 tot 15:00. Kaartjies kan reeds aanlyn by www.quicket.co.za gekoop word. Kaartjies vir volwassenes is R60, vir pensioenarisse, R40 (14 September) en vir kinders tussen 2 en 18, R40.
����� skud vere reg vir jaarlikse skou
plaas, asook ‘n skaapskeer-vertoning en ‘n insiggewende aanbieding oor onder meer bye, die voordeel van heuning en die belangrikheid van die spesie word by Simply Bee aangebied. Behalwe vir die fynbosuitstallings, is daar kunsstalletjies ook nog. En kom honger, want die heerslikste kosstalletjies met smullekker opsies is vanjaar op hul plek om van te kies en te keur. Vir meer inligting, kan ‘n e-pos aan info@ hopefieldfynbos .co.za gestuur word.
Datums om te onthou! Darling Veldblommeskou: 14 tot 16 September
Hopefield Fynbosskou: 30 Augustus tot 2 September
Clanwilliam Veldblomskou: 24 Augustus tot 2 September
Namakwaland Blommefees: 7 September tot 9 September
8
courant
dié
1 Augustus 2018
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
1 Augustus 2018
•STER VERRAS ATLEET
Jong naelloper kry skoene van Wayde
Bestuur:
Die Wellington-rolbalklub spog met 'n splinternuwe bestuur vir die 2018/2019-seisoen. Voor is Frank Jardine, Gerda Maree, Pieter Myburg, Charmaine Theron. Agter vlnr Ossie Lawson, Theo Els, Zosia Greaves, Sonja Griesel, Piet Giliomee en Charles Stassen. Belangstellendes kan met Theo Els kontak maak by 071 324 0967.
•Jaomi Zeeman ‘n Jong plaaslike naelloop-ster het onlangs ‘n ongelooflike groot geskenk van een van ons land se grootste atlete ontvang. Die 11-jarige Keashan-Taye Pietersen, ‘n leerder van Wellington Primêr, het ‘n paar getekende spykerskoene van niemand anders as Wayde van Niekerk ontvang nie. Keashan-Taye is self ‘n kranige atleet wat in naellope en verspring uitblink en ook ‘n kranige netbalspeler is. Sy is tans die vinnigste 80m- en 100m-atleet in haar ouderdomsgroep in die Wes-Kaap en sy het boonop hierdie jaar ‘n silwer medalje by die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe in verspring verower. Keashan-Taye, wat onder haar familie as Kece bekendstaan, het onlangs twee kaartjies na die bekendstelling van Wayde van Niekerk se dokumentêr, “43.03, The Wayde van Niekerk Story”, gewen. Tydens hierdie spoggeleentheid kon sy en haar ma, Audrey, met van die land se bekendste glanspersone en top-sportlui op die rooi tapyt en onder flitsende kameras skouers skuur. Van die bekende gaste wat hierdie glansgeleentheid, wat in die V&A Waterfront gehou is, bygewoon het, was onder andere Chad le Clos, Cheslin Kolbe, Rachel Kolisi en Wayde se ma, Odessa Swarts. Keashan-Taye en haar ma kon
Wayde persoonlik ontmoet. Hulle het saam met hierdie wêreldrekordhouer foto’s geneem en ook sy handtekening gekry. Een van Wayde se borge, T-Systems, het die aand beloof om aan Keashan-Taye ‘n paar spykerskoene, wat deur Wayde geteken is, te stuur. Hulle het na die bekendstelling van die dokumentêr met Keashan in verbinding gebly en die belofte van die spykerskoene op Maandag 23 Julie nagekom toe die skoene by Keashan-Taye afgelewer is. Hierdie kranige jong sportvrou kon nie ophou glimlag toe sy die splinternuwe paar spykerskoene in haar hande hou nie. Dié skoene sal nie net haar reeds suksesvolle atletiekloopbaan ‘n hupstoot gee nie, maar is boonop deur die wêreldrekordhouer in die 400m geteken. Wayde het nie net elke skoen vir Keashan-Taye geteken nie, maar ook haar naam en boodskappies daarop geskryf. Volgens Audrey was haar Kece só opgewonde oor haar nuwe skoene dat sy beswaarlik die aand kon slaap. ‘n Wêreldrekordhouer het immers vir haar spykerskoene gestuur, sy handtekening daarop verewig en motiverende boodskappe daarop geskryf. Dit is nie net ‘n droom wat waar geword het nie, maar iets wat Keashan-Taye se eie drome nóg groter maak.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.