c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
1 Augustus 2018
58.4%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 480
1 Augustus 2018
•TENNIS ARENDSE LEWENSAAR VIR DIE JEUG
Kitto slaan ‘n kishou
•Charlotte Lesch Baie tennisentoesiaste en selfs dié wat nog nooit ‘n rakket in hul lewe vasgehou het nie, het onlangs voor die kassie gesit om hul land se tennisster, Kevin Anderson in Wimbledon se tennis-finaal te ondersteun. Daar was egter nóg ‘n tennisheld se naam wat gedurende dié toernooi af op talle se lippe verskyn het en dit is oom Kitto van Malmesbury wat al vir meer as 40 jaar leerders tennis afrig. Vandag rig hy al die kinders van die kinders wat hy destyds afgerig het, af. Christian Anthony Arendse (65), beter bekend as Kitto, het al baie leerders tot op nasionale vlak met sy kennis en vaardigheid op die tennisbaan gebring. Niks het intussentyd verander nie. Sy passie en liefde vir dié spel strek oor die jare nóg verder as om net goeie tennisspelers te kweek. Vandag is dit vir hom belangrik om die kinders te bemagtig deur opvoeding en met dït wat hy ken en dit is tennis speel. “As die leerders op die strate beland, weet ons wat gebeur.” Kitto klop weekliks by onder meer St. Thomas aan waar hy leerders van gr. 3 tot gr.7 neem om tennis af te rig. Sy eie toerusting word boonop gebruik. Hy gee natuurlik glad nie om nie. Die R37 wat ‘n tennisbal kos, gaan soveel verder wanneer hy die glimlagte op die leerders se gesigte sien. Dié skool spog eerdsaags met splinternuwe tennisbane. Hy is ook deur die plaaslike regering van sport en kultuur gevra om tennisassistente te kry om
die inisiatief verder te neem. Dit is vir hom baie belangrik om die regte assistente te kry wat weet hoe om met kinders te werk, vertel hy. Kitto kom uit ‘n tennisfamilie. Hy het as kind baie goed tennis gespeel. Weens die Apartheidsjare, kon sy loopbaan as tennisspeler nie verder gaan nie. Hy sê die Here het hom op spesifieke paaie in sy lewe gesit vir goeie redes. Na skool waar hy aan Schoonspruit Sekondêr matrikuleer het, het hy in onder meer die motorbedryf ingegaan en raak ‘n gekwalifiseerde ambagsman. Kitto kry toe ‘n geleentheid om sy onderwysdiploma te voltooi.
In sy 40’s raak hy weer ‘n student, lag hy. Sy vrou, Heleen was ook vir 31 jaar ‘n gr.1 onderwyseres. Hy raak later die tegniese hoof by die Nywerheidsskool in Atlantis. Kitto kan vir dae praat oor die leerders wat daardie skool bygewoon het. Baie was kinders met ‘n kriminele rekord wat nie gevonnis is nie. Hy beskou daardie ervaring as goud werd, want hy het baie geleer oor hoe om met kinders te werk tot voordeel van hul toekoms. Dit is danksy sy drie dogters wat hy weer by tennis betrokke geraak het. Hy het ná sy uittrede uit die onderwys vir tennisafrigtingskursusse gegaan, gekwalifiseer en hulle begin afrig. Vandag skitter vier van sy vyf kleinkinders reeds op die tennisbaan met sakke vol trofees en bekers. Hy is in 2014 as ‘n tennislegende van Suid-Afrika deur die departement van sport en kultuur vereer. Kitto is vandag steeds geregistreer as ‘n professionele tennisafrigter by Tennis Suid-Afrika. Hy en ander professionele afrigters moet jaarliks weer registreer om te kan afrig. Kitto rig nog weekliks tennis op onder meer Riebeekvallei en by Laerskool én Hoërskool Swartland af, asook vir leerders by die dorp se tennisbane. Hy word deur baie ouers beskryf as ‘n held wat tennis onder leerders op die dorp weer laat opstaan het. Hy rig tot gr. R-leerders af. “Die Here het vir my die talent en passie gegee wat ek met passie uitvoer.” Hy bieg dat hy seker al lankal moes ophou speel het, maar dat dit nie binnekort ‘n opsie is nie. Solank die leerders dit geniet, weet hy hy het in sy doel geslaag.
Kore: Die skoolkore
van Hoërskole Dirkie Uys, Piketberg, Porterville en Swartland het by die Swartland-sangfees op Piketberg saam Amigos Para Siempre gesing. Die dirigent was Alison Müller. Foto: Johan Viljoen
NUUS • NEWS
2
Elkana strek vlerke uit
Elkana Kindersorgsentrum op Malmesbury wat daagliks ‘n nasorg met 100 leerders huisves, strek sy vlerke na Riverlands. Ronny Mehl van Elkana is baie opgewonde oor die instansie se deurbraak om nóg kinders in die Swartland te bereik. Die instansie vier eersdaags die amptelike opening van nóg ‘n nasorgsentrum by Riverlands Primêr. Mehl vertel dat die nasorgsentrum danksy verskeie rolspelers moontlik gemaak is. Die internasionale stigting, Kinderfonds Mamas wat Elkana Kindersorgsentrum al vir ‘n geruime tyd help befonds, het onder meer ingestem om die projek om Riverlands te befonds. Volgens Mehl, is daar ‘n behoefte vir ‘n nasorgdiens op Riverlands geïdentifiseer. “Ons nasorgsentrum van die afgelope 13 jaar op Malmesbury se hooffokus is om te voorkom
NUUS • NEWS
1 Augustus 2018
dat leerders die skool verlaat en op die straat beland en ons is sover suksesvol in hierdie doel,” voeg sy by. Sy sê verder dat die nasorg-fokus op huiswerk en om leerders met pret aktiwiteite stimmuleer. ‘n 100 Leerders sluit daagliks by die nasorgsentum op Malmesbury aan. Op Riverlands, sal daar ook na ‘n 100 leerders omgesien word. Een van die eerste aktiwiteite, behalwe vir huiswerk, sal ‘n orkes wees. “Ons sal verder probleemareas onder leerders wat byvoorbeeld sukkel met lees of wiskunde, identifiseer.” By die nasorg, word selfvertroue aangemoedig en bewusmaking en die regte van kinders word ook aangeraak. “Die belangrikste is dat die leerders moet pret hê, terwyl daar geleer word.” Riverlands Nasorgsentrum open amptelik op 1 Augustus.
N7 Alternative route between Bokomo and Darling Road Western Cape, 30 July 2018 - The South African National Roads Agency SOC Limited (SANRAL) would like to inform the public of alternative routes to accommodate traffic between Bokomo and Darling Roads in Malmesbury. The detour, which comes into place this week, involves rerouting traffic onto the new onand off-ramps. Bokomo/Darling Road will be closed for approximately 6 months, to facilitate safe construction on the new bridge. However, the team aims to have the road open to traffic over the December holidays. The detour is not likely to increase the travel time by more than 5 minutes, so should not require major adjustments in travel time by motorists. Pedestrians will be accommodated as part of the construction and clear pathways will be demarcated. “We do urge motorists to be on the look-out for pedestrians and to adhere to speed restrictions and directional signage at all times,” said Randall Cable, SANRAL’s Western Region Manager.
Smalls • Geklassifiseerd
BETREKKINGS VACANCIES Soek betroubare inslaap huishulp. Afrikaans sprekend wat kan kook en vorige ondervinding van huiswerk. Geen rook en drink. Skakel 082 630 0056
#4661
#4659
----SPEEDY MALMESBURY. Exhaust / Suspension fitter gesoek. Goeie ondervinding. Lang diensjare. Kontak David: 082 370 9521 / 022 482 1373/4 #4663
--------------------------------DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak : platters/ dosyne, terte, kaaskoeke, geleentheidskoeke,pasteie
2 Augustus. MARTHINUS “Tarra” SAMEULS. Een jaar dat jy so skielik van ons weggeneem is en soos die dae en jaar verbysnel sal die geliefde herinnering vir altyd in ons harte voortleef – Antoinette en kinders ---------------------------------
#4609
----------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!!AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843
#4604
----------------------------TE HUUR TO LET Besigheidsperseel te huur. Baie netjies 120m², lugversorgers, raadsaal, kantoor, kombuis en badkamer! Kontak 0224871811 #4662
----------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
our good memories keep us going. Lots of love – your wife, Carmen, children – Shirano, Chrisney and Cherell
THEODORE WAGENSTROOM. Born: 22-061969. Died: 04-08-2017. You’re the man I loved. And I was proud to be your wife, and every day in some small way, I celebrate your life. And though it’s sad to think about he way things were before, when we’re re-united, It will be forevermore. Love, your wife Tessa ----A father’s touch, a Daddy’s kiss. Grieving children, the Dad we will always miss. An empty house, father’s love, no longer there. Broken hearts, tear filled eyes. Another soul in the sky. The times we shared, the laughs we had. Things we miss when we think of our Dad. Love – Theona, Deidre and Wayde #4660
---------------------------------
In loving memory of ROLAND LOUIS PETERS. Born: 22-6-1941. Died: 3-082017. A year ago Jesus called you home. We lost a great father and husband, who was so dear to us. Daddy we miss you, but
ELRICH LYLE DANTE WELKOM. 4 Augustus. Een jaar is hy ‘n engeltjie by die Here. Die verlange is steeds daar en die trane sal nooit opdroog nie – Boeta, Pauline, Abigail, Adrian, Sebastiaan, Tina, Stanford, Stash-Lee en Ashwin ----Your first birthday in heaven. Not a day goes by when we don't think of you. I miss you - Chante ---------------------------------
KLAAS GEDULD. Jaar weg van ons. Mis jou grappies en jou liefde. Jy was ‘n wonderlike man. Mis jou – Jou vrou, kinders, kleinkinders en Geduld-familie ----------------------------TRIESJA KLAASEN. Een jaar weg van ons. Die hartseer en verlange is nog elke dag daar, maar ons koester elke mooi herinnering – Margie en Anneline ----------------------------TREVOR MAARMAN. My verloofde en Daddy. 31 Julie, reeds vyf jaar. Jy was ons alles - Verlangende en hartseer verloofde Alvona en dogter, Trevonia --------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS 30 Julie is MNR en MEV BLOM 15 jaar bymekaar. Geluk julle en bou voort op dit wat julle alreeds bereik het. Liefde Brander, Verwey, Thompson, van Boom, Goliath & van Rooyen-familie ----------------------------SASHEN, baie geluk met jou kroonverjaardag op 5 Augustus. Mammie is baie lief vir jou. Geniet jou dag – Ma Desiree, Nazirene, Mornico en Oupa Hennie ----------------------------JUSTIN WILLIAMS. 30 Julie. Geluk met jou mondigwording. Ons wens is geluk, liefde en voorspoed. Liefde – Ma, Stiefpa en ouma Grieta -----------------------------
NUUS • NEWS
3
1 Augustus 2018
•LEERDER VAN ST THOMAS PRIMÊR MAAK SY MERK
Marshall vertolk eersdaags Komoetie-rol op silwerdoek •Charlotte Lesch Leighmen Marshall is op pad na die silwer skerm en hy is maar net 10 jaar oud. Die produksiespan van Fiela se Kind by The Film Factory South Africa, het sy ma Jolene Peens, verlede week laat weet dat hy die rol van Dawid Komoetie, een van die hoof rolspelers, losgeslaan het. Leighmen, ‘n gr. 4-leerling by St. Thomas Primêr het op 21 Maart saam met nóg klasmaats wat drama as ‘n vak by die skool neem, vir die oudisies gegaan. Volgens Liezel Farao, sy onderwyseres wat vir hom drama gee, sê sy het geweet van Leighmen se verborge talente. “Hy praat baie goed mondeling,” voeg sy by. Hy het aanvanklik vir die rol van Tollie, een van Fiela Komoetie se kinders gemik. Leighmen het met sy eerste oudisie reeds deurgedring na die volgende rondte. Die tweede oudisie vir Tollie, het net so goed gegaan. Die laaste oudisie het aksenttoetste behels en gemaak dat hy eerder in Dawid se skoene pas. ‘n Gesoute aktrise wat Fiela sal vertolk, het gesê sy is baie beïndruk met hom, voeg Farao by. Die talent om sy lyf akteur te hou, loop duidelik in die familie. Sy ouer broer, Graham Watson, is ook onlangs gekies vir ‘n rol in die bekende sepie, Suidooster. Dit is daarom nie verbasend om te hoor dat hy eendag ‘n loopbaan as ‘n akteur vir nastreef nie.
Verfilming van Fiela se Kind skop amptelik op 20 Augustus in Knysna se bos af. Volgens Maricia Pieterse van The Film Factory, behoort verfilming teen 22 September klaar te wees. Leighmen het nie net toestemming gekry om die skool vir ‘n paar weke te verlaat nie, maar ook om sy hare te laat groei. Sy ma en Leighman het die skoolhoof en sy onderwysers belowe om ekstra hard te werk aan sy skoolwerk. Volgens Henry Felix, gaan sy onderwysers probeer om sy belangrikste skoolwerk en punte in te kry en af te handel.
Steelband tak����
Members of the Steelband Project, an NPO which aims to provide quality music education to young people in the Western Cape - with a particular focus on youth in under-resourced communities and ‘youth-at-risk’ - will be the recipients of a portion of the funds raised through the upcoming 2018 Solo Studios art event in Riebeek Kasteel. Klaus Piprek, the organiser of Solo Studios, explains that the Steelband Project is active in many suburban, township and rural schools as well as with street youth and with young people with learning difficulties. There are currently 16 steelbands being taught by the Steelband Project on a weekly basis, with an average size of 15 members each. The Steelband Project also runs a Rural Steelband Programme, whereby disadvantaged youth in rural communities are given access to steelband tuition. Through this programme bands are thriving in the towns of Riebeek Kasteel, Hermon and Malmesbury. The Project has also been instrumental in setting up
bands that are now run independently in the towns of Robertson, Hawston and Hermanus and are busy setting up bands that will run independently in the West Coast towns of Vredenburg and Clanwilliam. “Donny-Jay Styles and Granville Grazu are members of the Riebeek Kasteel Steelband. They are currently in their final year of studying part-time for a Diploma in Community Music Education at the University of the Western Cape and we hope to be able to raise enough funds through the 2018 Solo Studios event to support these young men with funding for their tuition, examinations and transport until the completion of their studies,” says Piprek.
TENDERKENNISGEWING T06/18/19
NUWE VEILIGHEIDSHEINING EN MEGANIESE EN ELEKTRIESE TOERUSTING, WESBANK RESERVOIRS MALMESBURY Swartland Munisipaliteit vra hiermee tenders aan vir die konstruksie/installering van die volgende dienste in Malmesbury, Wes-Kaap: a. Die installering van ‘n nuwe 2m hoë elektriese veiligheidsheining rondom die bestaande reservoirs b. Die voorsiening en installering van beligting langs die nuwe veiligheidsheining c. Die opgradering van die aanverwante meganiese en telemetriese toerusting in die reservoirs en pompstasies. Tenderaars moet oor ‘n CIDB-registrasie in ‘n CE-klas vir konstruksiewerk beskik met ‘n graderingstoekenning gelykstaande aan of hoër as die gradering wat bereken word op grond van die tenderbedrag of ‘n waarde soos bepaal deur Regulasie 25 (1B) of 25(7A) van die Konstruksiebedryf-ontwikkelingsregulasies, 2004. Die geskatte waarde van die kontrak is tussen R650 000 en R2 000 000. Slegs tenderaars wat aan die nakomingskriteria in die Tenderdata voldoen, sal toegelaat word om tenders in te dien. Dokumente kan vanaf Maandag, 30 Julie 2018, van 09:00 gedurende kantoorure by die kantore van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste, Swartland Munisipaliteit, Piet Retiefstraat, Malmesbury, afgehaal word. ‘n Nie-verhaalbare tenderfooi van R355,00, in kontant of per tjek in die naam van die Swartland Munisipaliteit, is betaalbaar by die afhaal van tenderdokumente. Die deposito kan by die kassierkantore, in die administratiewe gebou in Kerkstraat betaal word. Dokumente kan by die ingenieurskantore in Piet Retief Straat, Malmesbury, afgehaal word. Die deposito is slegs betaalbaar in kontant of per bankgewaarborgde tjek in die naam van die Swartland Munisipaliteit. ‘n Kwitansie sal by betaling uitgereik word en moet getoon word wanneer dokumente by die Ingenieursdepartement in Piet Retiefstraat, Malmesbury afgehaal word. Geen betaling sal by die ingenieurskantore aanvaar word nie. Navrae rakende die uitreik van hierdie dokumente kan aan SKCM Raadgewende Ingenieurs, aandag: mnr Malcolm Loubser, tel. 021 871 1422, faks 021 872 7740 of e-pos: loubsermpj@skcm.co.za gerig word. ‘n Verteenwoordiger van die Munisipale Siviele Ingenieursdienste-departement sal op aanvraag beskikbaar wees om hulp te verleen met die voorbereiding vir tendervoorleggings, met uitsondering van die bepaling van die tenderprys. Tenderaars word versoek om me Esmarie Steenkamp by tel. 022 487 9400 voor die tendersluitingsdatum te skakel oor navrae rakende die voltooiing van die skedule of inligting oor die tender. ‘n Verpligte uitklaringsvergadering met verteenwoordigers van die Werkgewer sal op Dinsdag, 7 Augustus 2018 om 14:00 (registrasie sluit om 14:05) by die kantore van die Swartland Munisipaliteit, PEP-gebou, op die hoek van Hill- en Piet Retiefstrate in Malmesbury gehou word, waarna die konstruksieterrein besoek sal word. Tenders sal ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en die aangehegte spesifikasies geëvalueer word. Die kontrak sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Voorkeurpunte sal slegs toegeken word, indien Bylaag MBD 6.1 (deel van die tenderdokument) volledig voltooi is. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEE-statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEE-graderingseise te substansieër. Die Munisipaliteit behou die reg voor om bewyse van bemagtiging aan te vra en te verseker dat die skep van werksgeleenthede teen gepaste vergoeding inderdaad aan histories-benadeelde individue beskikbaar gestel word. ‘n Voorgeskrewe minimumdrumpel vir plaaslike produksie en inhoud is van toepassing op die lewering van staalprodukte en -komponente. Bylaag MBD 6.2 moet deur tenderaars voltooi word. Volledig voltooide tenders in ‘n geseëlde koevert, duidelik gemerk “T06/18/19: NUWE VEILIGHEIDSHEINING EN MEGANIESE EN ELEKTRIESE TOERUSTING, WESBANK RESERVOIRS MALMESBURY”, moet voor 12:00 op Vrydag, 17 Augustus 2018, in die tenderbus by die Munisipale kantore, Kerkstraat 1, Malmesbury ingedien word, waarna tenders in die openbaar oopgemaak sal word. Laat tenders sal nie aanvaar word nie en die Munisipaliteit is nie daartoe verbind om die laagste, ‘n gedeelte van ‘n tender of ‘n tender in geheel te aanvaar nie. Die Munisipaliteit behou die reg voor om enige deel van ‘n tender uit te laat. Geen tender sal per telegram, telefoon, teleks, faksimilee of e-pos aanvaar word nie. Tenders mag slegs op die uitgereikte tenderdokumentasie ingedien word. Voorskrifte vir die verseëling, adressering, aflewering, oopmaak en beoordeling van tenders word in die Tenderdata uiteengesit. Swartland Munisipaliteit Privaat Sak X52 Malmesbury 27 Julie 2018
JJ Scholtz Munisipale Bestuurder
www.thecandocompany.co.za 134416
25X4 PROOF 2
4
W
Tyd vir blomme kyk
anneer moeder natuur glimlag, breek helderkleurige blomme deur die aardkors op soek na son. Lente is bekend as een van die mooiste maande met alles wat blom. Ná ‘n droë 2017 en goeie reën gedurende vanjaar se winterseisoen, het die gewilde blommeprag vroeër aan die Weskus se deur kom klop en is dit nie nodig om te wag vir Lente nie. Wees voorbereid en loer deur die volgende wenke as jy vanjaar die wêreldwonder van aangesig tot aangesig wil aanskou. ‘n Foto kan tog nooit by die ware Jakob kers vashou nie. Of jy nou op soek is na ‘n daguitstappie tussen die blomme of ‘n toer deur reservate en plate veldblomme al langs die Swartland- en Weskus-
1 Augustus 2018
-roetes, kan die volgende wenke jou help. Die blomme het vanjaar reeds begin knipoog en verwelk gewoonlik aan die einde van September. Die intensiteit van die kleurpalet wat die aarde in hierdie tyd bedek, hou verband met die hoeveelheid reën wat in die winter geval het. Die beste tyd om blomme te kyk is tussen 10:30 en 16:00 die dag, omdat dit die warmste tyd van die dag is met die blomme wat hul gesiggies oopmaak sodra die son opkom. Die blomme kyk altyd na die son. Veldblomme is op hul gelukkigste in 14 grade Celcius. Die gemiddelde dagtemperatuur is sowat 18 grade, so hoewel teperature van dag tot die dag kan verskil, onthou daardie sonblok of warm baadjie.
NUUS • NEWS
Onthou om die weervoorspellings dop te hou. Blomme is geneig om toe te bly wanneer dit onweer of bewolk is. Besoekers word aangeraai om in ‘n noordelike rigting te reis en dan hulle roete suidwaarts terug te werk. Sou blommekykers ‘n sirkelroete wil volg, probeer om in ‘n westerlike rigting te reis gedurende die oggend, gevolg deur ‘n suidelike rigting en dan terug te keer in ‘n oosterlike rigting. Daar sal op plekke ‘n plaat Namakwalandseen reёngousblomme wees of vygies te sien wees, maar klim gerus uit die motor en gaan stap tussen die blomme om daardie ander versteekte spesies te gaan ontdek.
Maak asseblief net seker om nie die blomme te vertrap of te beskadig nie en moet nooit die blomme pluk nie. Maak die petroltenk lekker vol voor julle vertrek, want van die blomme is somtyds weggesteek op afgeleë plekke en ver weg van ‘n vulstasie. Selfoonopvangs mag dalk beperk wees van plek tot plek. Pak altyd ekstra drinkwater vir die pad in. Hou die pragtonele van die Weskus, Swartland en Namakwaland skoon. Moet nie rommel strooi nie en verwyder asseblief enige plastiekverpakkings wat die natuurskoon kan vernietig. – Karin Belo, eienaar van ‘n reisagentskap langs die Weskus.
The Darling Wildflower Society has been around for more than a century and the Society’s Show takes place annually over the third weekend in September. It celebrates an integral part of the Cape Fynbos Kingdom comprised of Renosterveld, Rietveld, Sandveld, and Strandveld where more than 1200 different species of flowers can
be found. And that’s not all. You can also look forward to a range of workshops. Visit the website at www.wildflowershow.co.za for more information. The following workshops can be attended at the 101st Darling Wildflower Show. Join Dale Wright for an educational Bird Talk on 14 September at 10:00 for children and 11:00 for adults. No costs and no bookings needed. Join Ron Moller and Jacques van der Merwe for a fun and informative way to improve your photography skills while exploring the abundance of fynbos in the Renosterveld Nature Reserve. This is their second year that they will be part of the wonderful Darling Wildflower Show and they are supper excited to meet you there. The Renosterveld trail is a level one trail and can be walked with ease. This walk is open to persons of all ages and children under the age of 12 join for free, provided they are accompanied by a paying adult. Costs are R385 per person and includes a two hour guided walk, entrance to the Darling Wild Flower Show and transport from and back to the show from 14 to 16 September at 10:00 to 12:00. Bookings can be found online. Flowers on the stoep is a fun filled workshop, with the theme, Make your own flower crown by Karen Moyle on 15 and 16 September at 09:30. Costs are R300 p.p. Bookings are necessary at karen@flowersonthestoep.co.za or cell 0825737736. Another fun workshop is the Fisherman’s Cottage with beach and sea painting workshop with Louis Pretorius on 15 September at 13:30 – 16:30. Book with Louis by calling him at 072 524 6549 or send and email to louis.pretorius@live.com. Costs are R300 p/p to attend the workshop and use their own materials to complete the artwork and R400 p/p to attend the workshop plus the following will be supplied - a canvas board 500mm x 350mm / turpentine with container / oil paints on a palette board/brushes and the use of a palette knife. Simply Bee will be talking about the different colours of honey and the fact that our bees are in danger on 15 September at 11:30 to 12:30. A kids art class can be found at The Wire Bicycle Art Studio with Melanie Mulder on 14 September at 14:00 – 15:00 and 15:30 – 16:30. Costs are R50. For bookings contact Mariaan@iloveyzer. co.za / 022 451 2202
Workshops available at ������� wershow
NUUS • NEWS
1 Augustus 2018
5
6
1 Augustus 2018
NUUS • NEWS
Belangrike nommers vir dié blommeseisoen
Dit is altyd ‘n goeie idee om die volgende nommers byderhand te hou en vooraf te skakel wanneer jy gaan blomme kyk.
Die Weskus-blomlyn: 072 938 8186 Sanparke: 022 772 2144 Weskus Toerisme: 022 433 8505 Clanwilliam Toerisme: 027 482 2024 Van Rhynsdorp Toerisme: 027 219 1552 Garies Toerisme: 027 652 1220 Springbok Toerisme: 027 712 8035.
As jy die blomme wil sien, is hierdie kaart van die Weskus-toerisme beslis een om naby te hou. Dit sal jou presies wys waar om te gaan om die mooiste blommeprag te geniet.
NUUS • NEWS
7
1 Augustus 2018
Blomme omskep Darling in 'n prentjie uit 'n droom Die natuur maak weer reg om ‘n blommeskouspel te lewer wat nie teleur sal stel nie. Danksy die Darling Veldblommevereniging se 101ste Darling Veldblommeskou, hoef aanhangers nie ver te gaan soek vir die prag wat jaarliks vir kilometers ver toeskouers bekoor nie. Vanjaar se veldblommeskou, wat al vir meer as ‘n eeu besoekers verwelkom, vind weer vanaf 14 tot 16 September by die Gholfklub plaas. Die skou vier ‘n geïntegreerde deel van die Kaapse Fynbos-koningkryk wat onder meer bestaan uit Renosterveld, Rietveld, Sandveld, en Strandveld waar meer as 1200 blommespesies gevind sal word. Die skou vier 101 jaar se bestaan met die tema wat gaan oor bewaring en die volgende generasie. Die uitstalling sal fokus op die Veldblommevereniging se ontwikkeling deur die 101 jare,
asook die Herbarium- projek. Die skou sal weer propvol aktiwiteite en vermaak wees vir jong en oud. Die kaartjies sluit die ingangsfooi tot die uitstalling in die landskapsaal wat die veldblomme in die area in hul natuurlike habitat ten toon stel. ‘n Kuns -en kosmark, ‘n veteraantrekker- en -motoruitstalling, ‘n vermaaklikheidstent wat regstreekse opvoerings sal bied en veilige parkering. Besoekers kan ook uitsien na ‘n verskeidenheid werkswinkels. Vir meer inligting oor die werkswinkels, kan die vereniging se webblad by www.darlingwildflowers.co.za besoek word. Besoekers kan vanjaar weer deur Darling rondrits met besoeke wat onder meer by die Darling Museum, Evita se Perron, die Duckitt Kwekerye, Darling se Hoofstraat en die Renosterveld Natuurreservaat sal aflê. Ouers sal ook bly wees om te hoor dat kinders
Hopefield skud hul vere reg vir nóg ‘n Fynbosskou. Die jaarlikse Fynbosskou is een van die grootste gemeenskapsgeleenthede van die area. Vanjaar vind die skou vanaf 30 Augistus tot 2 September plaas. Die skou fokus op die belangrikheid van die bewaring van die fynbosbiodiversiteit-sones wat direk rondom Hopefield geleë is. Hul blomme en plante-uitstallings word beskou as van die beste in Suid Afrika. Die unieke fynbosuitstallings sal in die Fiona Kotze-saal aangetref word. Die skou is vir die gemeenskap van die gemeenskap en is baie dankbaar om elke jaar vir die afgelope 29 jaar so baie mense te hê wat net spontaan kom deelneem om die skou die sukses te maak wat dit is. Hopefield Fynbosskou skop elke oggend vanaf 09:00 af. Op die eerste dag maak die deure om 17:00 toe. Die Vrydag en Saterdag, kan besoekers tot laat in die feestelikheid wat saam met ‘n skou kom, deel. Die skou sluit vir 2018 om 17:00 die Sondagmiddag. Toegangsfooie vir 30 Augustus sluit R25 vir volwassenes, R15 vir seniors en R10 vir kinders in. Vanaf Vrydag 31 Augustus tot Sondag 2 September kos kaartjies R45 vir volwassenes, R30
vir seniors en R20 vir kinders . Die ingangsfooie sluit vrye toegang tot die hele skouterrein in. Besoek hul webblad by www.hopefielskou. co.za om jou kaartjies te koop. Die amptelike skouterrein is bydie Hopefield Sportklub, maar die program sluit verskeie persele en aktiwiteite in wat op die dorp besoek kan word. Die organiseerders is baie opgewonde op besoekers te laat weet dat twee bussies van Hopefield Hoërskool beskikbaar gestel gaan word om besoekers vanaf die skouterrein op ‘n toer deur die dorp te neem. Van die bestemmings en aktwiwiteite sluit onder meer ‘n besoek aan die Anglikaanse Kerk met sy ryk geskiedenis in. Besoekers aan die skou kan onder meer varsgebakte brood vanuit ‘n kleioond daar aantref. ‘n Orrelvertoning vind in die NG-kerkgebou
ook heeldag besig sal bly met ‘n speelparkarea, terwyl ma en pa kan ontspan in die mini wyn- en biertent. Vier by vier entoesiaste kan uitsien na die vier-by-vier avonture op die plaas, Windhoek op 16 September. Vir meer inligting, kontak Charles by 072 723 2116. Jou ingangsfooi tot die skou help jaarliks om die bedreigde blommeryk vir die volgende generasies te bewaar. Besoek vanjaar die Darling Veldblommeskou en doen jou deel in die bewaring van die natuur Besoek die Darling Veldblommeskou op die Saterdag (15 September) vanaf 09:00 tot 17:00 en die Sondag vanaf 09:00 tot 15:00. Kaartjies kan reeds aanlyn by www.quicket.co.za gekoop word. Kaartjies vir volwassenes is R60, vir pensioenarisse, R40 (14 September) en vir kinders tussen 2 en 18, R40.
����� skud vere reg vir jaarlikse skou
plaas, asook ‘n skaapskeer-vertoning en ‘n insiggewende aanbieding oor onder meer bye, die voordeel van heuning en die belangrikheid van die spesie word by Simply Bee aangebied. Behalwe vir die fynbosuitstallings, is daar kunsstalletjies ook nog. En kom honger, want die heerslikste kosstalletjies met smullekker opsies is vanjaar op hul plek om van te kies en te keur. Vir meer inligting, kan ‘n e-pos aan info@ hopefieldfynbos .co.za gestuur word.
Datums om te onthou! Darling Veldblommeskou: 14 tot 16 September
Hopefield Fynbosskou: 30 Augustus tot 2 September
Clanwilliam Veldblomskou: 24 Augustus tot 2 September
Namakwaland Blommefees: 7 September tot 9 September
courant
8
NUUS • NEWS
dié
1 Augustus 2018
Tel: 022 487 3221
SPORT
1 Augustus 2018
Ruiterkuns:
Die 2018 Ruiterkuns-wêreldbeker is onlangs by die Horsepark in Lexington, Kentucky, Verenigste State van Amerika aangebied. Spanne van die VSA, Kanada en Suid-Afrika het hier deelgeneem aan die 3-gang- asook die 5-gang-ruiterkunsdissiplines. Die Suid-Afrikaanse span het 'n silwer medalje in altwee afdelings ontvang. Michaela Mouton, 'n oud-leerder van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg, was deel van dié span wat Suid-Afrika verteenwoordig het.
Skoonskip:
Die eerste rugbyspan van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury het Saterdag gasheer gespeel vir 'n besoekende Augsburg-span wat van Clanwilliam na die Swartland gereis het. Scoonspruit se o.15-span het met 17-14 geseëvier. In die wedstryd van die o.19B-spanne het Augsburg vir Schoonspruit ore aangesit met 19-17. Die span van Vos de Jager, met die Boland Cravenweekspan se Connor Mahoney (regs), het hulself goed van hul taak gekwyt. Teen rustyd was die telling 31-0 in die guns van Schoonspruit. Teen die tyd wat die ������ geblaas het, het die telbord op 86-0 in die guns van Schoonspruit gestaan. Mahoney en Uclaine November het elk drie driee gedruk, met William Adams en Terence Lesch wat ook elk twee keer agter die pale gaan kuier. Mahoney het ses stelskoppe tussen die pale deurgestuur. Die span van Schoonspruit besoek hierdie week die span van Porterville in nog 'n naelbyt-stryd. Foto: Johan Viljoen
behaal met 'n oorwinning van meer as 7 punte. Moorreesburg het laat in die wedstryd hard teruggeveg en Wesbank tot die einde beproef, maar Wesbank het sterk gestaan en die wedstryd met 24-21 gewen. Wesbank reis Saterdag na Riebeek-Wes om Good Hopes aan te durf. Good Hopes het Saterdag diep gedelf om Darling te probeer klop. Darling het egter gewys waarom hy geag word as die gunsteling om die liga-titel met 'n goeie bonuspunt-oorwinning. Darling is tans in 'n liga van sy eie met sy onoorwonne status. Darling speel week na week goeie rugby en word beskou as een van die groot aanspraakmakers op die Boland-ligabeker. Porterville sal dus Saterdag weer 'n groot aanslag verwag van dié besoekers. Porterville speel altyd goeie rugby op sy tuisveld, maar Darling sal sy veldtog om soveel moontlike ligapunte op te bou, voort te sit met nog n bonuspunt oorwinning van meer as 10 punte.
DUIWE
Moorreesburg Duiweklub - Britstown JO1 1 Frikkie Bester 14:20:40 ; 2 Frans Jooste 14:22:44; 3 Boetie & Baron Hokke 14:39:22; 4 Henna & Melt Smit 14:28:37; 5 Frans Jooste 14:37:22; 6 KB en Seun 14:38:48; 7 KB en Seun 14:38:50; 8 Frikkie Bester 14:40:09; 9 Henna & Melt Smit 14:42:24; 10 Frikkie Bester 14:50:43; 11 Yt & Tuis 14:50:51; 12 Boetie & Baron Hokke 15:14:29; 13 Van Der Vyver Hokke 14:59:10; 14 Boetie & Baron Hokke 15:16:34; 15 Van Der Vyver Hokke 15:00:29 Britstown Ope 1 Frikkie Bester 14:46:27; 2 KB En Seun 14:50:03; 3 Henna & Melt Smit 14:58:47; 4 Frikkie Bester 14:59:09; 5 Frans Jooste 14:59:29; 6 Singleton Hokke 15:01:07; 7 Henna & Melt Smit 15:04:56; 8 Van Der Vyver Hokke 15:07:49; 9 Henna & Melt Smit 15:10:26; 10 Yt & Tuis 15:11:36; 11 Frikkie Bester 15:14:32; 12 Van Der Vyver Hokke 15:15:38; 13 Frikkie Bester 15:16:20; 14 Henna & Melt Smit 15:16:08; 15 Saunders Familie 15:16:55 Malmesbury Posduifklub Britstown 1 1 Hayman & Edas 1479.7163; 2 Paulus Fam 1410.1998; 3 LF van Dalen 1402.3077; 4 D De Villiers 1399.7324; 5 Jurie en Rina Strydom 1393.8823; 6 Bordeaux A 1376.7504; 7 Hayman & Edas 1369.8579; 8 Bordeaux B 1369.2906; 9 Kotze Familie Hokke 1366.8570; 10 Jurie En Rina Strydom 1365.9186; 11 J Steenkamp 1365.9138; 12 D De Villiers 1363.2467; 13 Bordeaux B 1362.9200; 14 Paulus Fam 1359.2177; 15 Bordeaux A 1355.9588; 16 Bordeaux A 1348.6072; 17 Lf Van Dalen 1346.3774; 18 Jurie En Rina Strydom 1342.6898; 19 Bordeaux B 1342.0880; 20 Kotze Familie Hokke 1340.1742;
MRB laat Wesbank groot skrik
Wesbank Rugbyklub moes Saterdag op Malmesbury bont staan toe Moorreesburg met 'n groot aanslag die span van Malmesbury aangedurf het. Moorreesburg het eerste toegeslaan met die briljante taktiese vernuf van Jaydon Markus wat gelei het tot 'n drie deur Jermaine Mentoor. Wesbank het egter teruggeslaan met ankerman Gavern Skippers, wie 'n voortreflike wedstryd beleef het en twee prag-drieë gedruk het. Moorreesburg het 'n baie goeie wedstryd beleef, maar sal daadwerklik 'n plan moet maak op verdediging vir die res van die seisoen. Moorreesburg speel Saterdag gasheer vir Piketberg en sal wil wraak neem vir sy eerste rondte-nederlaag op Piketberg. Wedstryde tussen die twee buurdorpe sorg gewoonlik vir groot opwinding en ondersteuners kan hulle gereed maak vir taai wedstryd. Moorreesburg het egter gewys dat dit moeilik is om hulle te klop en behoort hierdie week hul eerste oorwinning van die tweede rondte te
Sportuitslae Sports results
Coronations van Kalbaskraal het Saterdag vriend en vyand verras en vir 'n groot opskudding gesorg toe hy Never Despair van Malmesbury geklop het en sodoende sy tweede oorwinning van die seisoen behaal. Coronations het voortreflike rugby gespeel en Never Despair het geen antwoorde gehad op die verdediging nie. Coronations het die wedstryd in alle fasette oorheers. Never Desapir sal gou wil vergeet van hierdie wedstryd, wanneer hulle Saterdag 'n Abbotsdale-span aandurf wie tans hoog vlieg met 'n paar indrukwekkende oorwinnings agter die rug. Abbotsdale speel nou voortreflike rugby en sal wil voortbou op hul suksesse van die afgelope paar wedstryde. Never Despair is sover baie wisselvallig en Abbotsdale sal verdere sout in hul wonde vryf hierdie week wanneer Never Despair troef met meer as 7 punte. Coronations geniet hierdie week n blaaskans. •Abri Adonis
Britstown 1 Ope 1 Paulus Fam 1466.4397; 2 Bordeaux B 1448.3112; 3 Kotze Familie Hokke 1448.1506; 4 Hayman & Edas 1433.2146; 5 Bordeaux A 1427.0673; 6 M Hill 1417.9827; 7 M Hill 1416.8913; 8 J Steenkamp 1414.5233; 9 Bordeaux A 1414.5038; 10 Bordeaux B 1401.0497; 11 J Steenkamp 1399.4389; 12 Kotze Familie Hokke 1399.2828; 13 Hayman & Edas 1397.7114; 14 Bordeaux A 1396.5034; 15 Kotze Familie Hokke 1395.5649; 16 J Steenkamp 1394.7760; 17 LF van Dalen 1389.4095; 18 G Horn 1385.7460; 19 J Steenkamp 1385.6591; 20 LF van Dalen 1384.0037; Riebeek Wes - Victoria West 1 Mentoor Hokke 13.07.49; 2 MJ Hokke 13.12.36; 3 Mentoor Hokke 13.12.42; 4 Adams Hokke 13.14.59; 5 MJ Hokke 13.16.53; 6 Adams Hokke 13.20.50; 7 Adams Hokke 13.23.20; 8 Boltney Hokke 13.28.47; 9 Adams Hokke 13.29.52; 10 Persens Hokke 13.28.52 MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 25 Julie Sundowner - Supa Quick - Enkel Stableford : Pierre Burger 22, Billy Howberg 21, Lindsay Meyer 21, Sakkie Klasen 20 Saterdag, 28 Julie - Maandlikse Houespel: Helgard Rabie 68, Jan Prinsloo 69, Saberie Pietersen 69, Michael Julies 69, Eben Lingeveld snr 69, Eben Lingeveld jnr 69, Brian Harker 72, Sakkie Klasen 72, Johann Ackerman 72, Joniel Coetzee 73