Skip to main content

479 dié courant Bergrivier en Swartland

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

25 Julie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 479

25 Julie 2018

•VERKIES TOT NUWE EERSTE BURGER

Van Rooy nou aan stuur van Bergrivier •Charlotte Lesch Ray van Rooy van Piketberg se ma en ouma het altyd met hom as kind gespog oor sy vermoë om te deel met ander. Vandag kan hy steeds sy passie vir sy medemens uitleef as die nuut aangestelde uitvoerende burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit. Sy missie is om te dien. Sy visie is om ‘n burgemeester vir almal te wees. Van Rooy was al van ‘n baie jong ouderdom by die plaaslike gemeenskap betrokke. Niks het intussen verander nie, behalwe dat die gemeenskapsprojekte aansienlik vermeerder het. Hy was veral bekend vir sy jaarlikse Kerfees-projek vir die kinders van Piketberg. Van Rooy het reeds as leerling aan Steynville Sekondêr aktief as ‘n aktivis opgetree en nog vóór matriek aan die Piketberg Inwonersvereniging behoort. Hy het ook baie van sy tyd aan gemeenskapsprojekte vir die jeug gegee. Hy is tot vandag toe aktief betrokke by die plaaslike krieket -en rugbyklubs. Sy begeerte om by die plaaslike politiek betrokke te raak, is reeds gekweek toe hy as 19-jarige by die ANC se kantoor in die stad gaan werk het. Kort daarna volg hy ‘n kursus in gemeenskapsontwikkeling aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Vier jaar later word hy vir die eerste tot raadslid van die Bergrivier Munisipaliteit verkies. In 2012 beklee hy die titel as raadsheer en dien ook al

Groen ontwikkeling vir Weskus

‘n geruime tyd op die uitvoerende burgemeesterskomitee. “As lid van die UBK kon ek reeds mense dien. Die burgemeesterskap is ‘n beter voertuig om te bestuur en gee my die geleentheid om nog meer te dien.” Volgens Van Rooy wil hy die behoeftes en die probleme van die armstes van die armes aanspreek. Hy wil ook met die geleentheid na ongelykheid binne die munisipale area kyk en daaraan aandag gee. “Ek wil die gemeenskap integreer.” Dis verder

Engelbrecht se seder val

vir hom ‘n prioriteit om veiligheid, opvoeding en gesondheid onder die gemeenskap te bevorder. Volhoubare dienslewering, ekonomiese ontwikkeling en ‘n goeie regering binne die munisipaliteit vorm ook deel van Van Rooy se visie en missie. “Ek wil ook goeie vennootskappe bou tussen ons sakegemeenskap, kommersiële landbou en die munisipaliteit,” voeg hy by. Kundige personeel is vir hom baie belangrik. Hy wil ook daarna streef om goeie verhoudinge te bou met die munisipale bestuurder, direkteure en groter administrasie. “Ons moet verseker dat dienslewering nommer een op ons lysie is.” Sy vrou Megan en vyf dogters is in ekstase. Hy beskryf Megan as sy dryfveer wat hom nog vir al die jare in sy projekte bystaan en help. “Dit is die rede hoekom die projekte altyd so ‘n groot sukses is. Soos hulle sê, is daar ‘n vrou agter elke man,” lag hy. Van Rooy is amptelik Vrydag tydens ‘n raadsvergadering as die nuwe burgemeester ingehuldig.

Sportnuus vanuit die rugby-liga

NUUS • NEWS www.applianceworld.co.za

VELDDRIF 022 783 2997 LANGEBAAN 022 495 0001 VREDENBURG 022 713 1121

Al die Top Handelsname Beste Pryse Deskundige Advies


NUUS • NEWS

SURED

25 Julie 2018

AS

2

Q U A LIT Y


NUUS • NEWS

25 Julie 2018

Engelbrecht: ‘n Seder het geval •Charlotte Lesch Johan Engelbrecht (48) wat as ‘n plaaslike held, ‘n getroue vriend en ‘n kollega van formaat deur raadslede van die Bergrivier Munisipaliteit beskryf word, is op 16 Julie verlede week skielik oorlede. Engelbrecht het vir byna 13 jaar vir die Bergrivier Munispaliteit gewerk. Sy leuse was dat werknemers van die munisipaliteit die trustees van die openbare belang is. Menseverhoudinge was vir hom baie belangrik. Sy passie vir sy werk was sigbaar in die sukses van sy projekte. Volgens Arthur Willemse van die munisipaliteit, was Engelbrecht seker van die bekwaamste onder die bekwame waarmee hy al in sy loopbaan gewerk het. Hy is aanvanklik aangestel as assistent-ingenieur by die departement van siviele dienste, maar het kort voor lank sy talente na vore gebring. Hy beklee daarna die posisie as projekingenieur van kapitaalprojekte by die departement korporatiewe dienste. Op 1 November 2015 word hy aangestel as hoof van ingenieursprojekte. Konstruksiewerk was sy passie. “Hy

was lief vir konstruktiewe projekte. Sy werk by die munisipaliteit was dus konstruktief van aard.” Hy kry weer bevordering en beklee sy laaste posisie van bestuurder oor boubeheer en projekbestuurder. Engelbrecht was in die afgelope jare by groot projekte van oor die miljoene rande betrokke.Hy was onder meer in beheer van die opgradering van die watersuiweringswerke van Bergrivier Munisipaliteit, die opgradering van die rioolsuiweringswerke op Piketberg, die opgradering van die rioolsuiweringswerke op Velddrif wat oor die R36 miljoen se projek was, die bou van die verkeersentrum, die aanbou van die nuwe munisipale kantore, opgradering van die watersuiweringswerke in Redelinghuys, herstel van paaie en nog vele meer. “Sy tuisdorp getuig dat Johan ‘n man was na wie ons kon opkyk. Hy was een van die skerpste ingenieurs en projekbestuurder. “’n Sterk boom, ‘n ster het op Piketberg geval.Jou werksplek is leeg. Rus in vrede Johan,” skryf rdl. Sammy Claassen. Engelbrecht se begrafnisdiens het die afgelope Saterdag plaasgevind.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Splinternuwe groen ontwikkeling langs Weskus beplan Darling kan uitsien na ‘n nuwe groen en unieke ontwikkeling wat beplan word op die Apolis-vleiland teen die dorp. Een van die hoof fokuspunte van die voorgestelde ontwikkeling is om omgewingsvriendelik te wees. Die voorgestelde ontwikkelingsprojek sluit onder meer 118 erwe vir huise, ‘n uitstallersdorp, ‘n voedsel en kunsmark, eenhede vir ‘n aftreeoord, oop spasies, paaie en dienste met ‘n totale grootte van 61ha in. Die mark vir uitstallers is spesiaal deelgemaak van die voorgestelde ontwikkeling as gevolg van die geleentheid vir landboutoerisme wat op

Darling geïdentifiseer is. Ongeag die boumateriaal wat plaaslik aangeskaf sal word, sal dit ook sover moontlik herwinbare boumateriaal wees. Volhoubare en omgewingsvriendelike vloere kan onder meer verwag word en volhoubare elektrisiteit word aangemoedig. Reënwater sal ook sover moontlik opgevang word om effektiewe waterverbruik te verseker. Dit is maar net van die faktore ingesluit in die voorgestelde ontwikkeling wat die landgoed uniek maak. Ralph Rabie, projekbestuurder van Darling Green Estate bied vanaand gedu-

rende die Darling Toerisme se algemene jaarvergadering ‘n voorlegging aan waartydens belangstellendes meer kan leer oor die voorgestelde ontwikkeling. Alle geïnteresseerde of geaffekteerde partye van die voorgestelde ontwikkeling op Darling word uitgenooi om te registreer by die omgewingsassesseringspraktisyn, Ecoimpact, verantwoordelik vir die omgewingsimpakassesseringsproses as deel van die publieke deelnameproses. Kontak gerus vir Nicolaas Hanekom by admin@ecoimpact.co.za vir meer inligting.

Youth to visit Germany soon A partnership between West Coast District Municipality and KIEZ in Germany made it possible for fourteen youth from the West Coast region to visit Germany as part of a cultural exchange programme. This social development project creates a platform for youth to exchange experiences which can change the social challenges within communities and enhance their abilities to rise above their circumstances. Since its induction in 2015 a total of 49 youth from towns within the West Coast District Municipal area such as Vredenburg, Saldanha Bay, Langebaan, Piketberg, Malmesbury, Porterville, Moorreesburg, Klawer and Citrusdal benefited from this programme. The Mayor of West Coast District Municipality, Ald Harold Cleophas, presented the delegation with a letter which they will deliver to the Mayor of Quedlinburg in Germany. “We view this exchange program as an ideal opportunity to encourage tolerance between cultures, develop leadership, broaden learners’

The Mayor of WCDM, Ald Harold Cleophas, with the delegation before their departure from Cape Town International Airport. vision and expand learners’ feeling of responsibility for the immediate environment. When I reflect on the successes of the last few years it is clear that we have most certainly reached

our objective” read an excerpt of the letter. A delegation of German youth will be visiting the West Coast district in October 2018.

3


4

25 Julie 2018

dié courant

Weskussers omtrent ‘n bont spul

Of ‘n mens nou na ‘n Christelike “human whisperer” luister oor haar uitkyk op die lewe of ‘n by kaasmaker kyk hoe sy haar fynere kunsies beoefen, die Weskus is ‘n bonte spul van talent, kreatiwiteit en kleurrykheid (en nou praat ons juis níé van die blomme nie ...) Saam met die vele "inkommers", raak dit ‘n al meer kosmopolitaanse plek. ‘n Mens moet elke soort mens op haar of sy eie baadjie takseer. Gegoede afgetrede Engelse mense in rykmansbuurte het gewoonlik al die wêreld gesien en kan wonderlike avontuurverhale vertel. ‘n Politikus was gebore en getoë is in een van die armste woonbuurte in die Weskus, het weer ‘n verhaal van sukses ten spyte van swaarkry. Dan is daar die sakelui wat wissel van ou ondernemings wat al generasies in dieselfde familie is tot mense van ver wat ‘n onderneming hier kom begin met baie sterre in hul oë. Die Staal en Tronox, Duferco, het ambagsmanne van oral laat instroom wat nou al amper twee vir dekades hier nesgeskop, kinders gekry en matriekafskeide beplan. Meestal hou mense by hul eweknieë. Die meeste mense kom in hulle leeftyd nooit in andersoortige leefwêrelde nie. Hulle hou eerder by die bekende. As koerantmense het ons die voorreg om alles te ervaar en oral te kom – van ‘n plakkershut waar ‘n jong meisie deur ‘n jaloerse kêrel vermoor is tot in argitektoniese wonder van luukse huise. Min weet die inwoners van die uiteenlopende plekke, dat hulle soveel in gemeen het. In dié land dra ons saam aan persoonlike leed. Aan ‘n regering wat maar net nie op dreef kan kom nie. Met politici wat net in die aanloop tot ‘n verkiesing ‘n aks omgee van wat in mense se daaglikse lewens aangaan. As ons maar net wil uitreik. Die meeste mense in Suid-Afrika is goeie mense wat wil werk, huis toe gaan en darem iets lekkers hê om te eet. Dit moet net waar wees, anders sou ons al lankal in anargie verval het.

Dagboek • Diary Geleenthede Woensdag 25 Julie: Vredenburg Tuinbouklub, maandbyeenkoms – Ansie Loudon 083 284 3941. Vrydag 27 Julie: Paternoster Lodge hou Kersfees in Julie om 19h00. Kaartjies teen R250 pp sluit in `n welkomdrankie en 3-gang maal. Besprekings noodsaaklik (022) 752 2023, info@ paternosterlodge.co.za Saterdag 28 Julie: Huis Wittekruin Basaar vanaf 09h00. Gebak, poeding, handwerk, allerlei. Inligting (022) 713 2230/9. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Vrouedag, oggendtee met Wanda Bam, Klipzaam Onthaalsaal, R150 pp - Doret Hanekom 084 895 2823, Elnette du Toit 079 496 4885, Lindie Nelson 082 971 7961. Dinsdag 31 Julie: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, 18:30 – Anna-Marie 084 577 7752, admin@weskusfotoklub.co.za Donderdag 2 Augustus: Openbare vergadering vir Weskus-distrik oor grondonteiening, Grondwetlike Oorsigkomitee, 11:00-16:00, Citrusdal Thusongsentrum. Huis Wittekruin, algemene jaarvergadering, 09h30 vir 10h00, RSVP 23 Julie (022) 713 2230/9. Vrydag 3 Augustus: Kaas- en wynaand aangebied deur Gereformeerde Kerk Vredenburg/ Saldanha. Kobus Matthews en die Weskus-jeugorkes is die kunstenaars wat sal optree te Togryersvlei, Jacobsbaai. Koste van kaartjies R125 per persoon of R1000 vir `n tafel vir agt, Karel Steyn 072 476 8794, karelsteyn@gmail.com. Saterdag 4 Augustus: Kattebakverkoping by die Katolieke Kerk perseel op Langebaan tussen 09h00 en 12h00. Hier kan jy `n afsetpunt kry vir wit olifante, vars groente en vrugte, handwerk, of wat ookal. Heidi 083 779 5127, heidi.engelbrecht@gmail.com om te bespreek. NG Kerk Eendekuil se Damesoggend: 09:3012:30, NG Kerk Eendekuil se saal, praatjies deur Linda Kriel (Kry jou lyf), dr. Barnard (Leefstylsiektes) en Karlien Botha (Polkadot-modereeks), R200, sluit ligte ete en gelukstrekkings in – Elieda Matthee 082 823 3255. The Barn Owl St Helenabaai: bied die gewilde Solitary Souls aan met Johan Liebenberg wat hulde bring aan Johnny Cash, Cat Stevens, Don Williams, Eric Clapton en ander. Kaartjies teen R175 pp beskikbaar by Don 062 996 5406, barnowlonthebay@gmail.com. Sondag 5 Augustus: Mykonos Market at Athene, 10h00-15h00. Arts, crafts, food stalls, live entertainment, kids activities, local fisherman`s fair (022) 707 7000, info@clubmykonos. co.za Wednesday 8 August: Mad Hatter's Ladies Afternoon. Start at 13:15 for 13:30 at the NG Church Hall, Oostewal Street, Langebaan. R100 per person (includes goodie bag and snacks). Tickets available at Riana 078 179 8775 Donderdag 9 Augustus: Vrouedag-ete te Blue Bay Lodge, Saldanha tussen 09h00 en 14h00. Motiveringspreker Marciel Hopkins, kosdemonstrasie Sanet Eigelaar van Weskus Koekedoor-faam. Besprekings noodsaaklik (022) 714 1177, kaartjiekoste R260 pp of R240 pp vir tafel van 10. Zelda la Grange is die gasspreker by `n Vrouedagfunksie om 11h00 by Klub Mykonos se Athene Konferensiesentrum, Kaartjies beskikbaar teen R100 pp by www.mykonoscasino. co.za, Mykonos Casino Klientedienstoonbank. Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.

NUUS • NEWS

It is today’s hope that will make them better tomorrow

Above: Brigadier General Mac Matanda, Officer Commanding at Air Force Base Langebaanweg, talking to the pupils of Holvlei Primary School.

SPORT Weekliks

West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com.

Neem deel/ gaan kyk: Saterdag 28 Julie: Hoërskool Vredenburg Pret Gholfdag, R350 inskrywingsfooi, versnaperings en pryse ingesluit, (022) 772 2408. Friday-Saturday 3-4 August: The Western Province Motor Club All Tar Rally will see rally competitors joined by the racing fraternity at the Killarney International Raceway at this extremely popular spectator event, round 5 of the 2018 West Coast Rally Championship - Patrick Vermaak 083 701 8116. Saturday 25 August: Langebaan Half Marathon at Club Mykonos Resort, distances 21km, 10km, 5km. Information at www.entrytime. co.za/ 083 462 4400. Saturday 1 September: Thys du Toit Memorial MTB Challenge, Hopefield, four routes – Willem 082 923 2553. Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za. Saturday 6 October: 24 Hour MTB Challenge, Yzerfontein – 022 451 2202. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00.

A small group of children, in a school next to the road between Hopefield and Malmesbury that can be missed easily, received a few big surprises on Madiba`s 100th birthday anniversary on July 18th, 2018. And could realise that they are not forgotten by people outside the fences of their small farm school. When a decision had to be made at Air Force Base Langebaanweg to commemorate Madiba`s 67 minutes initiative, Officer Commanding Brigadier General Mac Matanda had one place in mind, Holvlei Primary School. And not only were Holvlei Primary School the only school ever to receive a private airshow by the world-famous Silver Falcons, they also received gifts like stationery, two beds and bedding for when someone gets sick at school, shoes, beanies and scarfs for every pupil, curtains, toiletries, tinned food and Spur food for the day. Within the next two months a caravan will be built as extra space are needed for classrooms. Brigadier General Matanda said in his speech education comes in phases, the most important being primary school learning. This is where one`s future is built, and will determine what you will be in life. “Our contribution today is to ensure that Holvlei Primary provides a sound foundation for

the future of the children. It is our wish to make the children smile and be happy and furthermore generate hope in their hearts. “It is today`s hope that will make them better tomorrow people.” Chaplain Xolani Maholwana`s message was from Zechariah 7:8 and 9: “Long ago I gave these commands to my people: you must see that justice is done, and must show kindness and mercy to one another.” In those verses lie one of Madiba`s dreams, that children will be loved and not be forgotten and that they will receive a solid educational foundation. “You children are seen as the future leaders. Amongst you are principals, doctors, pilots and every profession you can think of. God can make your dreams come true. Listen to your teachers.” He ended his speech with a quote from Madiba: “Education is the most powerful weapon which can change the world.” Principal Collin Witbooi was at a loss for words to thank Brigadier General Matanda and members of the Air Force Base for the generosity shown to the school and especially the children. He thanked them for their commitment to better the lifes of the children of Holvlei Primary School and wished all well in their endeavour to protect our country and serve our nation.


NUUS • NEWS

Huishoudings baat by nuwe vennootskap

25 Julie 2018

Twintig huishoudings en organisasies het baat gevind by `n vennootskap tussen die Weskus-distriksmunisipaliteit en Sunrise Energy van Saldanha. Die samewerkingsooreenkoms het die munisipaliteit in staat gestel om gasstowe aan behoeftige huishoudings en instansies te skenk en installeer wat hul finansiële las aansienlik sal verlig. Die begunstigdes was Riverlands, Chatsworth, Kalbaskraal, Riebeek-Wes, Riebeek-Kasteel, Piketberg, Porterville, Lutzville, Klawer, Vredendal, Trawal, Citrusdal, Lambertsbaai en Elandsbaai. `n Oorhandigingseremonie is by Uitvlug-plaas tussen Wittewater en Piketberg deur die distriksmunisipaliteit se burgemeester, Harold Cleophas, waargeneem. Tydens die geleentheid het burgemeester Cleophas die belangrikheid van die herstel van maatskaplike welstand in

gemeenskappe beklemtoon deurdat behoeftes geïdentifiseer moet word en innoverende projekte aangepak moet word. “Daar word van munisipaliteite verwag om meer te doen met `n kleiner begroting. Daarom ag ons vennootskappe met die privaat sektor as uiters belangrik. Samewerkingsooreenkomste soos hierdie maak dit vir die munisipaliteit moontlik om `n groter impak in die gemeenskap te maak.” Bedankings vir die skenkings aan Uitvlug-plaas het gekom van `n tranerige Susana Booysen: “Ons maak buite vuur om krag te bespaar, maar die laaste paar weke was taamlik nat en koud. Daarom is dit `n bedekte seën dat julle vandag hier is. Hier op die plaas kan dit soms eensaam raak en dit is verblydend om te weet dat daar mense is wat weet wat ons behoeftes is.”

Young professionals are making a big impact at the Port of Saldanha through various engineering innovations that are improving infrastructure at Southern Africa’s largest and deepest natural port, also home to the country’s only dedicated iron ore export facility. Saldanha Port Manager, Vernal Jones, said Transnet National Ports Authority (TNPA) is committed to training a new generation of young engineers equipped with technical excellence. “With Youth Month recently celebrated under the theme ‘Live the Legacy: Towards a Socio-economically Empowered Youth’, I was reminded of our young engineers in the port who have proven that they can shape the future of the Port of Saldanha and the broader industry through their innovations and diligence,” he said. University of Stellenbosch civil engineering graduates Jade Cloete and Gareth Gertse successfully completed in-house designs that would have ordinarily been outsourced to external service providers. Cloete executed the design, project engineering and management of the Port’s Scour Protection Project, while Gertse designed the stormwater network for the port’s future Off-Shore Supply Base (OSSB). Cloete, 27, is originally from Laingville in St.

Helena Bay and started working as an Engineer in Training (EIT) at TNPA in February 2014, after receiving a bursary from the company in matric. She says: “Being a young engineer in the marine engineering field is challenging but has provided some amazing opportunities that most engineers don’t get exposed to. It is a field that is not focussed on heavily in any of the universities in the country and thus a lot of the knowledge regarding this field comes from the experience of other engineers. I have been fortunate to have been able to work with some of these individuals who have freely shared their knowledge.” TNPA’s Young Professionals in Training programme continues to expose young graduates and professionals to practical in-house work experience and takes pride in the stars that the programme has produced. The programme challenges students to explore their potential for achievement by nurturing their critical thinking, increasing scientific literacy, exposing them to all port and maritime activities, and enabling innovation. TNPA also continues to create platforms for engagement to encourage more young people to consider the maritime industry as a career path.

Engineering students new to Port of Saldanha

5


6

NUUS • NEWS

25 Julie 2018

Laat "kleintjies" vir jou werk Bel Chrizaan vir klein, kleiner en geklassifiseerde advertensies Chrizaan Witbooi (43) is al drie jaar deel van dié courant-span as ontvangsdame. Sy werk met adverteerders wat kleiner wil adverteer, soos diensadvertensies en geklassifiseerde advertensies. “Ek is mal oor die interaksie met mense en sien myself nogal as ‘n mense-mens. Ek het die voorreg om ‘n drukkie te gee as mense ‘n sterfgeval gehad het of om net met die oom of tannie ‘n woord te spreek wat die dag iets op die hart het.”” Chrizaan is baie opgewonde oor die promosie waarin die eerste 15 woorde van gelukwensings (verjaardae, huweliksherdenkings, ens.) asook In memoriums of sterfgevalle gratis is. By-

komende woorde kos ‘n ietsie én die ruimte vir gratis advertensies is beperk. Sy werk met al vier uitgawes van dié courant – Weskus, Malmesbury, Bergrivier en Wellington. Geklassifiseerder advertensies van 1-15 woorde, om byvoorbeeld van ‘n wit olifant ontslae te raak of ‘n huis te verhuur is sowat R70. Elke bykomende woord kos R4. Chrizaan is gebore en getoë in Malmesbury en hou van kosmaak saam met haar seuns, Tristan (16) en Keagan (13). In haar vrye tyd lees sy en is sy baie betrokke by kinderbedieningsaktiwiteite by haar kerk. Spertye vir gewone geklassifiseerde advertensies is Dinsdag 12:00. Bel haar by 022 487 3221 of epos na reception@diecourant.co.za

100: Tannie Lettie Kellerman van Porter-

ville en inwoner van Huis Nerina,’n tehuis vir bejaardes, het Vrydag 100 geword. Lettie bly al vir die afgelope 64 jaar op Porterville nádat sy op Napier grootgeword het. Een ding wat van haar verlede steeds baie uitstaan en deur die jare verander het, is perdekarre waarmee sy grootgeword het. Lekker verjaar Lettie.

Help for youth and parents In the day and age youngsters and parents find themselves in, complications and challenges facing these groups, are eminent. However, there is a place they can call upon for help – Girls and Boys Town. This organisation caters for the Swartland as well. Girls and Boys Town is a national non-profit organisation, established in 1958, committed to helping and empowering those South African girls and boys who are vulnerable, at-risk and unsafe – helping them to reclaim their lives and then shine! Holistic work with youth is central to being effective for their healing. They thus offer solutions from within four national service divisions: 1. Residential Service Division provides therapeutic residential care to over 300 boys and girls, on any given day in ten nationally located residential centres. We are the only South African organisation offering youth 2 alternative therapeutic residential programme options: 4 Youth Development Centres: The unique Peer-Group System of Self-government model significantly involves girls and boys in decision-

making concerning their own affairs. Youth elect a peer Mayor and Council and govern themselves under the guidance of adults, where they are taught to take responsibility for themselves and others. 6 Family “Group” Homes in the community: The Family Home Model, is unique in its focus on family-style living with emphasis on social skills teaching and meaningful self-governance by girls and boys. 2. Training and Education Service Division provides: Structured training workshops to parents (Common Sense Parenting), educators (Education Model in over 1009 schools since 2001), and all professionals working in the field. Direct youth education services via four national GBT operated Learning Support Centres for learners who are struggling in mainstream educational classes, either due to educational/remedial difficulties or challenging classroom behaviours (thus at risk of losing their school placements). To learn more and make a difference in the work we do, visit: www.girlsandboystown.org.za. For additional help, phone the hotline on 0861 58 58 58.

Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garciaizelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Patersonads@diecourant.co.za

Bemarkers: Desiré Kriel desire@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws - accounts@diecourant.co.za

Joernalis: Alida Bucklealida@diecourant.co.za

Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221


NUUS • NEWS

25 Julie 2018

Sharpen your security measures for your child

School’s back – time for a refresher on being safe at home, on your way to school, and on the world wide web. With the second half of the school year about to start, a local private security company has reminded parents of the safety measures their children should follow when walking to and from school. Verena Hulme, District Manager for Fidelity ADT (Cape Town North), has some advice that can help increase peace of mind. “We could look at the start of the second part of the year as the perfect chance for a refresher course, to make sure our kids know what to do and what to avoid.” She suggests the following tips are shared with the kids, and that they are encouraged to practise them every day: • Children must always walk to or from school with a friend or friends. If your child walks alone, it’s a good idea to ask a teacher or other parents if they know of other kids from the area who do the same. • Stick to streets you know and never take short cuts through unfamiliar or quiet areas. • If you get picked up at school, always wait inside the grounds for your lift to arrive; do not leave the premises to go and look for them in the street. • Remember, your parents would never send someone you don’t know to fetch you. Never get into a stranger’s car even if they claim that someone you love is hurt and that they are supposed to pick you up. • If a stranger approach you, do not talk to them no matter how friendly they may seem. If someone tries to grab you, fight, kick and scream that they are not your mom or dad. Hulme recommends that parents also talk to their children about being safe when they are alone at home: • It is important that they know to always keep entry and exit doors locked, and that

nobody is to enter the property without your permission. • If you have a home security system installed teach them how to activate and de-activate it and how and when to use other security devices like panic buttons. • It is a good idea to have a list of emergency contacts – including the 10111 number - near the telephone and to explain to children when and how it must be used. Any conversation about safety should also include a talk about online safety, says Hulme: • Never post any personal information online – like an address, email address or mobile number. • Think carefully before posting pictures or videos of yourself. Once you’ve put a picture of yourself online most people can see it and may be able to download it, it’s not just yours anymore. • Keep your privacy settings as high as possible. • Never give out your passwords. • Don’t befriend people you don’t know. • Don’t meet up with people you’ve met online. Your child should always tell you if an online contact they have never met suggests they meet up. • Remember that not everyone online is who they say they are. • Think carefully about what you say before you post something online. • Respect other people’s views, even if you don’t agree with someone else’s views don’t mean you need to be rude. • If a child sees something online that makes them feel uncomfortable, unsafe or worried: they should leave the website, turn off their computer and tell someone immediately. “Safety should ideally be something we talk about all year long. Let’s not waste this chance to again have this important talk with our kids,” says Hulme.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

7

Hoe gemaak met ... ... my Augustus-tuin ?

In die winter ondervind ons altyd ‘n paar probleme wat sommige tuiniers soms hande in die hare laat. Die eerste een waaraan ek kan dink is; met al die lieflike reëns is daar nou onkruid in oorvloed. Die eerste plek waar dit die meeste pla is in ons grasperke, baie tuiniers se grasperke het nou weer ontwaak na die reëns, maar nou is daar meer onkruid as grasperk. Hier moet ons gebruik maak van ‘n SELEKTIEWE onkruiddoder, dit wil sê, een wat net dit doodmaak wat ons wil weg hê en nie die gras benadeel nie. Daar is ‘n hele paar verskillende produkte beskikbaar, ons beveel aan dat jy ‘n paar voorbeelde saambring van die onkruide wat jou pla, dan kan ons ‘n regte aanbeveling maak. Dan is daar die geplaveide oprit en ook ander plaveisel waar die onkruid tussen die plaveisteentjies opkom, asook ander groot ongebruikte areas of sypaadjies wat welig toestaan met onkruid. Hier kan ons ‘n NIE SELEKTIEWE produk gebruik wat alles gaan doodmaak. Pasop net dat jy nie enige plante raakspuit wat jy nie wil verloor nie, want die onkruiddoders werk deur die chlorofil in die blare of stamme, wind kan ook die gif oorwaai, spuit verkieslik op‘n sonnige windstil dag met minstens ‘n dag of twee mooiweer daarna. Ons sal vir u van die regte produk voorsien vir hierdie taak. Nadat jy klaar die spuitwerk gedoen het, maak seker dat jy jou gifspuit deeglik skoonmaak met ‘n sterk Amoniak oplossing en dit ook deurspuit om pype en “nozzles” skoon te kry. ‘n Volgende probleem wat nou onstaan op die grasperk met die meer reën, veral in die areas wat in skadu is en min of geen son kry nie,

is dat die gras lyk of dit vrot. Hierdie probleem word nie maklik opgelos nie, want die produkte wat hiervoor help, is net in grootmaat beskikbaar. Sorg dat jou dreinering goed is, saag moontlik ‘n paar boomtakke weg om meer son deur te laat en wees geduldig, wanneer die langer dae aanbreek en die son se trajek verander, verdwyn die probleem redelik vinnig. Tydens die lang “droogte” het slakke nogal skaars geword in ons tuine, maar ons het vergeet dat moeder natuur kyk na haarself, en nou met die baie meer reëns het die slakke ontwaak en daar het weer nuwes bygekom wat uitgebroei het en nou het ons ‘n plaag op hande. Die gebruik van ‘n goeie SLAKLOKAAS is die mees effektiewe manier on hulle uit te roei. Daar is die pilvorm, gewoonlik BLOU, want voëls tel nie blou goed op nie. Nou hier dink party tuiniers dat hulle die pille moet gooi tot die tuin “figuurlik gesproke” potblou is, nee dit is nie nodig nie. Die beste metode is om so ± weekliks klein bietjie pille regdeur jou tuin te sprinkel, hou hiermee vol dwarsdeur die jaar en jy sal ondervind dat jou slakgetalle neem nie toe nie, inteendeel jy sal later wonder is daar nog slakke. Daar is ook ‘n vloeistof beskikbaar wat jy met jou gifspuit kan toedien, asook ‘n organiese produk. Sterkte met die tuintake. Ek wil weer herhaal, indien daar enige vrae is wat julle graag wil hê dat ons dit hier in die rubriek moet behandel, stuur ‘n epos aan: info@ malmesburykwekery.co.za en meld net dat dit vir die courant se tuinrubriek is, ek gee met graagte aandag. Tuingroete, George Retief


8

courant

dié

25 Julie 2018

Tel: 022 487 3221

NUUS • NEWS

SPORT

25 Julie 2018

Posduiwe Hoërskool vlieg Vredenburg al die pad Golf: Limited space available vanaf Victoria-Wes Saterdag, 21 Julie om 08h00 is 170 duiwe van die ope afdeling en 169 van die jongduiwe van die Weskus Duiwe-unie te Victoria-Wes losgelaat vir hulle terugvlug Weskus toe. Die jongduiwe se wenner vandeesweek is Jannie Burger in `n wentyd van 13:34:40. Hy behaal ook die 10de plek. Die res van die uitslae soos volg: Keith en Anna de Vos 2de, 3de en 4de; Dennis en Linda Robinson 5de, 8ste en 9de; Manie Lira 6de en Casper van Rensburg 7de. Die ope afdeling is gewen deur Jannie Burger in `n wentyd van 13:35:08.

Die res van die uitslae soos volg: Bobby Whitfield Jones 2de en 6de; Dennis en Linda Robinson 3de; Keith en Anna de Vos 4de; Jurie de Witt 5de; Jutie de Witt 7de en 8ste; Casper van Rensburg 9de en Tollie Basson 11de. Die Weskus Duiwe-unie val onder die Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) en sluit die volgende dorpe in: Piketberg, Velddrif, Vredenburg en Saldanha. Die voorsitter is Jannie Burger. Vir enige besonderhede kan hy gekontak word by 073 190 4838.

On 28 July the Langebaan Country Estate is hosting the Vredenburg High School Golf Day. The cost is R350 per golfer or R1400 per four balls. Price includes green fees, snacks and fabulous prizes. Following the prize-giving event there will be

an auction by the one and only Andries Vermeulen. Limited space still available. Book your spot now with the LCE Proshop team on (022) 772 2498 / proshop@LCE.co.za.

Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garcia izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson ads@diecourant.co.za Bemarkers:

Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za

Hopefield klop Pella oortuigend

`n Gestoei om balbesit tydens die wedstryd Saterdag tussen Saldanhabaai-rugbyklub en Paternoster op Paternoster se veld.. Saldanhabaai-rugbyklub wen die wedstryd 20-9 nadat die telling met halftyd gelykop 6 elk was. Foto: Alida Buckle

• George April In ‘n opwindende liga-rugbywedstryd op Hopefield, het die tuisspan die besoekers van Pella in ‘n Swartwes liga-wedstryd van Boland Rugby Unie oortuigend met 27 – 24 geklop. Die telling vlei Pella wat tweede op die punteleer van diè kompetisie is, omdat swak en onnodige aangeë van Hopefield spelers, deur die besoekers in maklike punte omskep was. Hopefield-rugbyspan wat met die wedstryd ‘n bonuspunt behaal het, het ‘n nagmerrie eerste ronde-wedstryd gehad. Alhoewel dieselfde spelers op die veld was, het dit Saterdag gelyk asof dit ‘n nuwe span was. Die tuisspan het soms die besoekers oorhoops gehad as hul agterlyn aan die hardloop gegaan het. Pella se makro-pak voorspelers het alles probeer om die oorhand in vasteskrums te kry. Marco Gurah, skrumskakel van Hopefield, was egter skitterend agter ‘n pak wat soms in tru-rat in die vaste skrums was. Dit was egter in die lynstane waar Pella lelik uit die bus geval het. Hopefield het in die eerste helfte binne agtien minute reeds met 19 punte voor geloop, met Pella se toeskouers wat in stilte verval het. Die stilte is verbreek toe Girston Apolus (6) oorgeval het vir vyf punte. Voor die einde van die eerste helfte, gaan kuier ook Pella se losskakel, Curwin Loubser, ook agter die doellyn. Sekondes na die afskop in die tweede helfte, gaan druk Aldo Booisen (15) van Pella, ná byna die hele agterlyn die bal hanteer het. Snel was suksesvol met die doelskop. ‘n Wilde aangee van ‘n Hopefield-speler besorg aan Gilmore Solomons (9) van Pella ‘n verspot maklike vyf punte, met Snel wat twee punte byvoeg. Skielik was Pella voor met vyf punte, met Hopefield-toeskouers wat die lirieke van hul sangitems verloor het. Toe die eindfluitjie blaas, wen die tuisspan ná ‘n drie en strafskop deur hulle aangeteken is.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
479 dié courant Bergrivier en Swartland by DieCourant - Issuu