Skip to main content

479 dié courant Wellington 25 Julie 2018

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

25 Julie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 479

25 Julie 2018

•CORNAL HENDRICKS HET SAGTE PLEK VIR BOLAND

Springbok ploeg terug in gemeenskap

•Jaomi Zeeman Wellington se eie Springbok rugbyspeler, Cornal Hendricks, het op Mandeladag besluit om in sy eie gemeenskap terug te ploeg. Sy tuisdorp het hom nog altyd na aan die hart gelê en hy het al talle plaaslike gemeenskapsinisiatiewe onder die vaandel van sy organisasie, die Cornal Hendricks Foundation, geloods. Cornal het Woensdagoggend, 18 Julie, reeds vroeg met ‘n graaf op die terrein van die Maranatha Crèche begin werskaf. Vir Mandeladag wou hy veel meer as 67 minute aan die crèche, wat hom baie na aan die hart lê, gee. “Ek was self op my dag in hierdie crèche en hier lê baie goeie herinneringe. Hierdie is my grootword-area. Dis my plek hierdie,” het hy oor sy verbintenis met dié instansie gesê. Cornal het ‘n hele paar vrywilligers uit die gemeenskap gevra om hom met sy beoogde werk by die Maranatha te help. “Ons wil die hele terrein skoonmaak, die speel- en klimapparaat regmaak, die toegangshek herstel en die algemene veiligheid van die crèche vebeter. Hier is baie werk om te doen,” het hy gesê. Terwyl Cornal en sy helpers rondom die crèche geswoeg en sweet het, is die kinders in

die crèche ook elkeen met ‘n spesiale kospakkie wat deur die Cornal Hendricks Foundation

geskenk is, bederf. Cornal se ma, Rachel, wat ook by die crèche werk, het met die uitdeel van die kospakkies gehelp. Pastoor Gerald Hendricks, verbonde aan die Maranatha-kerk wat die crèche op hul terrein huisves, was baie dankbaar vir Cornal se mooi gebaar. “Ons is baie bly oor dit wat Cornal hier doen om te help en trots op die manier waarop hy in sy gemeenskap terugploeg,” het hy laat hoor. Alhoewel sy beoogde werk by die crèche baie langer as 67 minute sal verg, het dit Cornal glad nie afgeskrik nie. “Ek weet wat die behoeftes hier is en wil dit graag aanspreek. Dit maak nie saak hoe lank dit my gaan neem nie. Ek het my daartoe verbind om Maranatha te help en sal met liefde al hierdie werk vir hulle doen,” het hy gesê. Cornal Hendricks saam met sy ma, Rachel (regs van hom), pastoor Gerald Abrahams (links van hom), personeel van die Maranatha Crèche en vrywilligers wat op Mandeladag met die beveiliging en verbetering van die crèche gehelp het.

NUUS • NEWS


2

25 Julie 2018

NUUS • NEWS

Drakenstein Sakekamer vier Mandeladag

Lede van Drakenstein Sakekamer saam met verteenwoordigers van borge wat tot die geleentheid bygedra het en raadslid Rita Andreas (middel) wat as spreker opgetree het. Links: Raadslid Rita Andreas was die geleentheidspreker. Die Drakenstein Sakekamer het op Woensdag 18 Julie ‘n heerlike geleentheid vir plaaslike senior burgers by die Paarl Mall aangebied. Hulle het dit in samewerking met Pick ‘n Pay by Paarl Mall, wat as borg vir die geleentheid opgetree het, gedoen. Senior burgers van verskeie dienssentrums en bejaarde klubs in die omgewing, waaronder die Bosman Adama Bejaarde Klub, sowel as die Aandblom Bejaarde Klub, kon by pragtig gedekte tafels vir ‘n oggend vol bederf aansit. Elke senior burger het ‘n heerlike ete gekry. Elkeen het ook ‘n geskenkpak, ‘n serp en ‘n warm bord kos wat hul kon huis toe neem, ontvang. Willem Liebenberg het die geleentheid geopen, waarna raadslid Rita Andreas die geleentheidstoespraak gelewer het. Sy het in haar boodskap hulde gebring aan Nelson Mandela

en die senior burgers ook vir hul aandeel tot die opbou van ons gemeenskap bedank. Hierna kon die gaste hul verlustig in die sangitems van twee kunstenaars. Jan Visser en Seridia het as gaskunstenaars opgetree en die gaste het dit terdeë geniet. Volgens Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer is hulle baie dankbaar vir almal wat hierdie inisiatief help moontlik maak het. “Ons wil graag teruggee op Mandeladag en ons sou dit nie sonder die hulp van talle borge en vrywilligers kon doen nie. Ons sê dankie aan elkee wat ‘n bydrae tot die sukses van hierdie inisiatief gelewer het,” het sy gesê. Burgemeester Conrad Poole het ook ‘n draai by die verrigtinge gemaak en sy dank teenoor die organiseerders uitgespreek.

Museum se fotokompetisie: Wie is ons

eie mnr Suid-Afrika finalis? Stuur jou antwoord aan welmus@telkomsa.net of telefonies na Olivia of Shandré by 0218734710 of handig in by Wellington Museum. Die antwoord van die vorige kompetisie is Margaretha (Rita) Andreas.

Lions: Die plaaslike Lions het op Mandeladag sop en broodjies aan die 80 leerders van Voor-Groenberg Primêr gaan uitdeel. Die kinders was baie in hul noppies met hierdie groot bederf. Tim Steenberg, nuwe president van die Lions staan by die kinders.


NUUS • NEWS

25 Julie 2018

Inheemse produkte sal by Waterblommetjiefees pronk Die jaarlikse plaaslike Waterblommetjiefees sal op Saterdag 1 September plaasvind. Besoekers kan hierdie jaar na ‘n keur van waterblommetjie-produkte, heerlike vermaak en watertand-geregte en -kombinasies uitsien - alles natuurlik op ‘n waterblommetjie-tema gebaseer. Tydens ‘n bekenstellingsgeleentheid van hierdie jaarlikse fees, het die vier deelnemende Wynkelders besoekers ‘n voorsmakie van die interessante kos-, vermaak- en wynervarings wat tydens die fees genuttig kan word, gegee. Domaine Brahms, Windmeul Kelder, Boland Kelder en Rhebokskloof skud hul vere reeds behoorlik reg om besoekers aan hierdie jaar se Waterblommetjie Fees op die heerlikste geregte en ervarings te trakteer. Onder die interessante koservarings waarna mense hierdie jaar by die fees kan uitsien, is Domaine Brahms se waterblommetjie-chips en waterblommetjie-konfyt saam met roosterkoek. Bok Radio sal ook tydens die fees vanaf Domaine Brahms uitsaai en kinders, sowel as volwassenes kan na talle plaasaktiwiteite en kunstige gesigverf uitsien. Die Toeka-stoor se nostalgie sal die tradisionele kenmerke van waterblommetjies perfek komplementeer. By Windmeul Kelder kan besoekers na lewendige musiek en ‘n potjiekos-kompetisie uitsien. Hul heerlike waterblommetjiebredie,

saam met van die kelder se wyne, sal die monde laat water. ‘n Veilige speelterrein vir kinders sal vir hope vermaak sorg en die gesondheidsbewustes kan eers hul gewete met ‘n “Run the Vines” wedloop sus voordat hulle aan al die lekkernye weglê. By Boland Kelder sal besoekers aan heerlike waterblommetjiesop en muskadel kan smul terwyl hul deur musiek en ander interessante aktiwiteite vermaak sal word. Rhebokskloof se

waterblommetjie-roomys sal die monde laat water en ‘n perfekte pasmaat vir lentedag en die talle ander vermaak op die plaas wees. Besoekers kan hierdie jaar gratis toegang tot al vier kelders verseker deur die donasie van ‘n blikkie kos by elke kelder se ingang. Hierdie kos sal na afloop van die fees aan die amptelike begunstigde van die fees, naamlik die Haven Nagskuiling, geskenk word.

3


4

25 Julie 2018

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS

Dr. Andrew Bosman

Die Ou Testament - 'n Voorbeeld en waarskuwing aan ons

Paulus skrywe aan die Korinthiërs dat die voorbeelde in die Ou Testament dien as voorbeelde en waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Hy begin deur te sê dat ons nie begerig moet word soos sommige in die Ou Testament begerig was na slegte dinge nie. Ons moet ook nie afgodedienaars wees soos sommige van hulle was nie. Ook moet ons Christus nie versoek soos sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur giftige slange omgekom. Daar is ook voorbeelde van manne wat vasgestaan het in die geloof, bereid om te sterf vir hulle geloof, dink aan Daniël se drie vriende wat nie voor die goue beeld wou buig nie. Hulle het aan koning Nebukadnesar gesê dat God in staat is om hulle te red, of Hy dit gaan doen of nie, maak nie saak nie, maar voor hierdie beeld sal hulle nie buig nie. Ons is reeds meer as tweeduisend jaar in die laaste dae, tussen hemelvaart en die wederkoms van die Here Jesus, is ons gereed om Hom te ontmoet? Jesus self het gesê, nie almal wat vir My sê, Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Ons moet Jesus aanneem as Verlosser en getuig dat Jesus die Christus is.

dié

courant

Die bril waarmee ons kyk

Nelson Mandela sou vanjaar op 18 Julie 100 jaar oud wees. Wêreldwyd, in ons land en ook in ons dorp is daar op hierdie dag onbaatsugtige inisiatiewe ter viering van hiervan geloods. Op Mandela Dag, soos wat 18 Julie die afgelope paar jaar bekendstaan, skuif mense hul alledaagse take ‘n bietjie rond om tyd in te ruim om diensbaar in die gemeenskap te wees. Sop en brood word uitgedeel, vrywillige dienste word gelewer, kruideniersware word onder behoeftiges versprei en skenkings van alle soort word gemaak. Op hierdie dag bring die goedheid van mense, die omgee vir mekaar, die behoefte aan vreedsame samehorigheid en die positiewe kruisbestuiwing binne ons diversiteit ‘n sprankie hoop binne die soms vooruitsiglose omstandighede waarin ons land en ons mense is. Nelson Mandela het waarskynlik nie sy ikoon-status verwerf omdat hy sonder foute was nie. Hy het, soos almal van ons, swak besluite geneem, wrokke gekoester en slegte dinge aangevang. Op sosiale media het dit duidelik geblyk dat baie mense verkies om hierdie foute, swak besluite en opstandige verset in sy jonger lewe te onthou. Die feit dat hy wêreldwyd as ‘n ikoon, inspirasie en goeie rolmodel beskou word, word egter nie hierdeur gedefinieer nie. Miskien is dit juis die feit dat Madiba die bril waardeur hy aanvanklik gekyk het vir een met ‘n nuwe visie verruil het. Waar wrokkigheid, bitterheid en opstandigheid aanvanklik sy dade bepaal het, het hy uiteindelik versoening, samehorigheid, menslikheid en diensbaarheid as beter oplossings gekies - iets wat ongehoord en onverwags in ‘n selfgeldende wêreld is.

As hy nog hier was, sou Nelson Mandela waarskynlik op 18 Julie met sy kenmerkende skuifeldansie hier in Wellington losgetrek en breed geglimlag het, want ons gemeenskap het gewys dat hulle ook deur sý bril kyk. Vrywilligers van die Museum en Wyk 18 het die stasie skoongemaak. Soetendal Primêr het nie in hul eie tekortkominge vasgekyk nie, maar na ander gemeenskapsinstansies uitgereik en self ook uit die oop hand van die gemeenskap ontvang. Pick ‘n Pay en Breaking Barriers het behoeftiges van kruideniersware voorsien en Ma’s vir Wellington het ook hierby gebaat. Die Drakenstein Sakekamer het bejaardes bederf, die Lions het Voor-Groenberg Primêr met sop en brood bedien, die CPUT-studente het verskeie skole besoek en van kos voorsien, Wyk 10 het ‘n skoonheidskompetisie aangebied en Cornal Hendricks het met sy nie-winsgewende organisasie by die Maranatha Crèche gehelp. Die Madiba-uitstalling by die Breytenbach Galery is ‘n toonbeeld van jongmense se agting vir Mandela se positiewe nalatenskap. Die bekendstelling van “’n Bek vol Strandveld” het mense weer herinner om deur ‘n bril wat die waarde van stories en mense se verbintenis tot mekaar ag, te kyk. En met die bekendstelling van die komende Waterblommetjie Fees kon ‘n mens deur ‘n bril van waardering na ons inheemse, plaaslike skatte kyk. Wayne Dyer het geskryf dat wanneer jy die manier waarop jy na dinge kyk, verander, die dinge waarna jy kyk, ook sal verander. Mag elkeen hierdie week met sagte lense na mense kyk, met hoopvolle lense na omstandigehede en met positiewe lense geleenthede van diensbaarheid raaksien.

Wyk 10:

Raadslid Christephine Kearns het ‘n heerlike skoonheidskompetisie in Wyk 10 ter viering van Mandeladag aangebied. Jongmense uit haar wyk kon vir die kompetisie inskryf en die geleentheid het vir groot vermaak en hope pret vir die gemeenskapslede gesorg. Daar was ook groot pryse vir alle deelnemers op die spel en twee reuse-Madiba-koeke was deel van die groot joligheid se lekkernye.

Plaaslike kettinggroep help gemeenskapsprojekte

Die plaaslike Pick ‘n Pay het, ter viering van vanjaar se Mandeladag, ‘n “Food Forward” inisiatief in hul winkel geloods. Met hierdie projek wou hul kruideniersware vir twee plaaslike nie-winsgewende organisasies, naamlik Breaking Barriers en Ma’s vir Wellington, insamel. Volgens Marlene Samson, Pick ‘n Pay se kliëntediensbestuurder, het hulle reeds ‘n tyd gelede dié twee plaaslike organisasies vir hul Mandela Dag inisiatief geoormerk. “Ons het juis hierdie twee instansies gekies omdat hulle op verskillende vlakke goed georganiseerd werk en uitreik na die gemeenskap. "Ons het vanaf 13 tot 15 Julie ‘n trollies binne

Nathalie Hendrikse (Winkelbestuurder - Pnp Malmesbury), Marlene Samson (Kliëntediens Bestuurder PnP) , lede van Breaking Barriers, Emily Alkaster (Kliëntediens PnP). ons winkel gehad waar kliënte ‘n sakkie kruideniersware aan Breaking Barriers en Ma’s vir Wellington kon skenk,” het sy verduidelik. Pick ‘n Pay kon uiteindelik op Woensdag 18 Julie ‘n totaal van 471,5kg kruideniersware aan Breaking Barriers oorhandig. Dié organisasie het die in landelike gebiede rondom Wellington aan behoeftiges uitgedeel. Ma’s vir Wellington het 472,38kg kruideniersware ontvang wat hulle vir hul diens in die gemeenskap kan aanwend. “Ons is regtig geseënd en geëerd om deel te kon hê aan hierdie twee instansies se wonderlike werk wat hulle in ons gemeenskap doen,” het Marlene gesê.

‘n Nuwe groepuitstalling het op Saterdag 21 Julie in die Breytenbach-galery geopen. Hierdie uitstalling, met die tema “Die naakte waarheid”, bestaan uit kunswerke wat deur mediese dokters geskep is. Die mediese kunstenaars wat aan die uitstalling deelneem is drr. Pierre Botes, Heinz Mödler, Hannes Loots, Emile Manefeldt, Richard Maske, Philip Chohen, Peter Nicolle en Wim Gericke. Die uitstalling bestaan uit sketse, houtkuns, beeldhouwerk, fotografie, pastelkuns, sowel as olieskilderye wat die tema vergestalt. Die menslike liggaam, landskappe en eerlikheid is elemente wat herhaaldelik in die kunswerke na vore kom om by die tema aan te sluit. Volgens Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, was dit ‘n plesier om met die dokters saam te werk. Die openingspreker by die geleentheid was die bekende neuroloog, dr. Dion Opperman. Hy is nie net ‘n mediese spesialis nie, maar ook ‘n kunskenner. In sy openingstoespraak het hy na die verbintenis tussen die mediese professie en kuns verwys. “’n Mens kan nie die eerste drie jaar van jou mediese studies slaag sonder om te teken nie.

‘n Paar van die dokters, waaronder heelwat spesialiste, wat aan die uitstalling deelneem saam met dr. Dion Opperman (tweede van links) wat die uitstalling geopen het. Teken vorm ‘n integrale deel van die verstaan van die menslike liggaam. Dít is maar een van die dinge wat die mediese beroep en kuns in gemeen het,” het hy gesê. “’n Mediese dokter moet ten volle verstaan en weet hoe die lyf onder die vel lyk. Jy moet ook jou regter- en linkerbrein kan inspan om besluite as dokter te neem, probleme op te los en jou oordeel oor sekere situasies te kan fel. Dieselfde beginsels geld in kuns. Jy moet die verskillende invloede tussen jou regter- en linkerbrein laat sinchroniseer ten einde ‘n geslaagde resultaat te kry,” het hy voortgegaan. Volgens Dion is daar nie net ‘n korrelasie tussen dokters en kunstenaars se werkswyse en denkprosesse nie, maar meen ook dat kuns as ‘n uitlaatklep vir dokters dien. “Nog ‘n rede waarom soveel dokters ook goeie kunstenaars is, is die stresvolle aard van die werk wat hulle doen. Kuns en kreatiewe werk bied ‘n alternatief en uitlaatklep vir ‘n beroep waar ‘n mens onder uiterste druk moet werk,” het hy gesê. Belangstellendes kan die galery by galery@ breytenbachsentrum.co.za of 021-864 2988/ 083 415 0002 kontak.

Uitstalling van medici se kunswerke geopen


NUUS • NEWS

25 Julie 2018

5


6

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361 NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273 Darling Brew 30 June: Darling Brew presents Winter Beer Festival from 10:00 till 18:00. Live music: The Stone Jets and Sunset Sweatshop As per last year - there will be food stalls Ticket Price: R120 per person (includes a free DB beer glass for over 18’s. Big Kids: R80 (12 – 18 years) Kids under 12 is free For enquiries please contact - 021 286 1099

NUUS • NEWS

25 Julie 2018

The Stage Door 17 -18 August: Wellington High in affiliation with Defying Gravity Theatre Productions is hosting a musical: 'The Stage Door' at 20:00. Admission fee: Adults and kids R20. The aim of the event is to educate young people of the importance of the finer arts in our community. Also educating the youth in music and dance as part of our arts and culture.

VLV-bestuur hou 'n omgee-vergadering

Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60 at 08:00, 40 at 08:05 and 12 km at 08:10. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars at 08:15 Registration from 06:00 on 18 August at Riebeek Cellars. Pre-online entries available. Late entries on the day. Enter online - www.roag.co.za !Khwa ttu 6-7 Oct: 24 hour MTB. Teams can be solo, team of two or team of four - 10km multi lap relay challenge For any further enquiries, please contact 022 451 2202 or send an email to info@darlingttu.co.za Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers

Bo: Dené Meintjies, Nelleke Sills, Juanita Loubser, voorsitter van die plaaslike VLV-tak, saam met Karen Petersen van HAM. Onder: Nelleke Sills en Dené Meintjies het hul wedervaringe tussen die armstes van armes in ons omgewing gedeel.

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens

op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Die bestuur van die plaaslike VLV het op Donderdag 19 Julie ‘n heerlike vergadering vir lede in die kerksaal van die Wellington-Noord gemeente aangebied. Die tema van gemeenskapsbetrokkenheid en omgee het soos ‘n goue draad deur al die aktiwiteite van die oggend geloop. Lede kon produkte vir die marktafel skenk, waarvan die fondse vir gebruik vir VLV-projekte aangewend sal word. Die sprekers van die oggend was twee hoërskoolleerders, Nelleke Sills en Dené Meintjies, sowel as Karen Petersen van Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum (HAM). Nelleke en Dené het van hul ondervinding tussen die armstes van armes in ons gemeenskap gesels. Dié twee hoërskoolleerders moes as deel van skooltaak ondersoek na armoede in ons omgewing instel. Hulle het besluit om na die armste gebiede in en om Wellington te gaan om meer hieroor uit te vind en eerstehandse kennis hieroor op te doen. “Ons wou interaksie met hierdie mense hê om hul lewensomstandighede te leer ken en beter te verstaan. Dit het ons oë oopgemaak. Ten spyte van hul armoede en moeilike omstandighede is die ma’s nog steeds lief vir hul kinders. Hulle bly letterlik in hokke wat lyk asof dit vir diere bedoel is, maar is vrygewig onder mekaar en deel alles. Dit laat ‘n mens besef dat jy soveel het om voor dankbaar te wees en dat jy eintlik meer het as wat jy dink,” het hulle vertel. Hierna het Karen Petersen van HAM meer oor hierdie instansie se geskiedenis, werk en projekte vertel. “Ek het drie jaar gelede by HAM begin werk nadat ek vir 16 jaar lank wyn vir KWV bemark het. Ek het vinnig besef dat die geheim van sukses by HAM jou geloof, jou passie vir kinders en die feit dat dit jou roeping is, moet wees. Ons

doelwit die afgelope drie jaar is dat daar nie ‘n onderskeid tussen HAM-kinders en ‘dorpskinders’ in die skole moet wees nie. Elke kind in HAM moet die basiese benodigdhede en ondersteuningsnetwerk hê om hul ‘n gelyke kans in die lewe te bied,” het sy vertel. Karen het ook HAM se verbintenis met Badisa, sowel as die strukture waarvolgens hul roetine bedryf word, aan die gaste verduidelik. Volgens haar het HAM, wat hierdie jaar hul 120ste bestaansjaar vier, baie nuwe inisiatiewe geloods om die kinders in hul sorg te help en toe te rus. “Ons het ‘n terapeutiese ontwikkelingsprogram waar kinders met uitvalle die nodige terapie kan ontvang. Daar is selfs ook donateurs wat perdeterapie vir van ons inwoners borg. ‘n Sportfonds is gestig om ons sportpresteerders met uitgawes vir sporttoere te help en ons mentorskap- en beursfonds verseker dat ons matrikulante die nodige ondersteuning vir studies of naskoolse opleiding ontvang. Dit alles is natuurlik nie moontlik sonder die ondersteuning en onbaatsugtige diensbaarheid van die gemeenskap en ons donateurs nie,” het sy gesê. Karen het die gaste ook aangemoedig om as vrywilligers by HAM betrokke te raak deur die kinders byvoorbeeld smiddae met huiswerk te help. Juanita Loubser, voorsitter van die plaaslike VLV-tak, het die lede tydens die vergadering vertel van die tak se besluit om ‘n inisiatief ten bate van Ma’s vir Wellington te loods. Met hierdie inisiatief wil hulle 20 kinders wat tans in Ma’s vir Wellington se sorg is en volgende jaar moet skool toe gaan, se skryfbehoeftes borg. Gaste en VLV-lede kon na afloop van die interessante vergadering heerlik saamkuier, terwyl hul aan die lekker macaroni-en-kaas en verskeidenheid soppe wat die bestuur voorgesit het, kon weglê.


NUUS • NEWS

25 Julie 2018

CPUT-studente doen hul deel op Mandeladag

Bo: Pieter Lammert (heel regs) van CPUT se studenteraad saam met Fulu Metshidzati, Mogammed Hendricks en Cobus Mitchell - die span wat hom met die inisiatief gehelp het. Studente van die plaaslike CPUT-kampus het ter nood daar soms by plaasskole is en het aan die stuur van sake vir hierdie inisiatief gestaan. behoorlik op Mandeladag gewoeker. Onder leiding van hul Studenteraad, het hul Volgens hom kon hierdie projek danksy die talle skole besoek waar hul sop en broodjies samewerking van ‘n hele span mense gestalte kry. uitgedeel het. “Van die koshuispersoneel en Boland CateVolgens ‘n verteenwoordiger van CPUT se studenteraad (SR), Pieter Lammert, het hul ring wat die sop vir ons gemaak het, die resibesluit om baie meer as 67 minute van hul tyd densiële bestuurder van CPUT, Fulu Metshidzati, Cobus Mitchell, CPUT se terreinbestuurder, tot op Mandeladag aan die gemeenskap te gee. “Ons SR het vier skole vir ons inisiatief geoor- Mogammed Hendricks, ons drywer, het gehelp merk, naamlik Blouvlei Akademie, Wagenmakers om hierdie inisiatief te laat slaag,” het Pieter Primêr, Soetendal Primêr en Weltevrede Hoër- gesê. Vrywilligers en studenteraadslede het die skool. Baie van die skole is in landelike gebiede waar dit soms swaar gaan en ons weet dat kin- hele dag lank met groot glimlagte sop en brood ders nie op ‘n honger maag kan leer nie. Ons het aan die leerders van altesaam vier skole bedien. “Dit is vir ons ‘n voorreg om op so ‘n manier daarom besluit om hierdie basiese behoefte aan te spreek deur die kinders van sop en brood te die nalatenskap van Nelson Mandela te vier en te laat voortleef,” het Pieter dankbaar laat hoor. voorsien,” het hy verduidelik. Pieter, wat self van ‘n plaas af kom, weet wat-

7

Museum en Wyk 18 maak saam stasie skoon

Personeel van die Wellington Museum saam met raadslid Albertus Buckle van Wyk 18 en gemeenskapslede wat gehelp het om die stasie op Mandeladag skoon te maak. Personeellede van die plaaslike museum en gemeenskapslede van Wyk 18 het op 18 Julie Mandeladag gevier deur hul moue op te rol en die Stasie skoon te maak. Wyk 18 se wyksraadslid, Albertus Buckle, het die voortou geneem met hierdie inisiatief. Die vrywilligers het Woensdag reeds vroegoggend by die Stasie opgedaag. Met grawe, harke, besems, vuilgoedsakke en handskoene as wapens, het hulle elke hoek en draai van die terrein in en om die stasie getakel. Alle rommel is opgetel, vuilgoed verwyder en oppervlakke skoongemaak.

“Dit is vir ons ‘n voorreg om op hierdie manier Mandela se nalatenskap te vier en te eer. Diensbaarheid in die gemeenskap moet eintlik elke dag by elkeen ‘n prioriteit wees. Elke bietjie help, en met die skoomaak van hierdie publieke area, wil ons ons klein bydrae lewer,” het Olivia le Cordeur, kurator van die museum gesê. Die goeie, positiewe gees waarmee die skoonmaakprojek aangepak en deurgevoer is, sowel as die deeglikheid waarmee elke vrywilliger gehelp het, het tot die sukses van die inisiatief bygedra. Die Stasie het op Mandeladag met ‘n skoon, blink nuwe baadjie gespog.


8

courant

dié

25 Julie 2018

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

25 Julie 2018

Hokkie:

Hugenote Hoërskool se Talitha Janse van Vuuren en Zoë Keyser, beide leerders van Hugenote Hoërskool, het van 6 – 12 Julie, die Boland 0/16 A Dogtershokkiespan verteenwoordig, by die Nasionaletoernooi in Pietermaritzburg.

Hugenote Laerskool:

Karate: Streekspanne: Toernooi:

Ruben Loedolf, graad 10 leerder van Hugenote Hoërskool, het as deel van die Boland Hokkiestreekspan ‘n tweedeplek verwerf by hul toernooi n Bloemfontein gedurende die Julie-vakansie.

Hugenote Hoërskool se Zoë Hendricks was opgeneem in die Boland o/16 Streekspan wat die vakansie 6 uit hul 7 wedstryde gewen het en ‘n goue medalje by die hokkietoernooi in Bloemfontein verwerf het.

Gimnastiek: Hugenote Laerskool se

Nadia de Waal, Keenan Afrika en Gerhrd van Zyl het op Donderdag, 21 Junie 2018 aan die Suid-Zone Trampolienkompetisie by Wynberg deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar in hul verskeie afdelings en medaljes verower.

Hugenote Laerskool se Josh Oostendorp het aan die Youth Karate Toernooi op 23 Junie in Oudtshoorn deelgeneem waar hy 2 silwer medaljes verower het in die afdelings, Kumutei & Kata.

Devan van Zyl het sy 9de Parkrun voltooi en Juan van Zyl sy 13de. Behalwe vir 2 Saterdae by Hartenbos het hulle almal in Wellington voltooi. Devan se PB staan op 29.04 en Juan s'n op 22.47. Juan het ook Saterdag sy sertifikaat ontvang onderteken deur Bruce Fordyce vir die 10de parkrun voltooi.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
479 dié courant Wellington 25 Julie 2018 by DieCourant - Issuu